Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202523 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN EKONOMIE – NSS OKT/NOV 2025 Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasien in alle provinsies te standaardiseer. NASIEN • ALLE vrae en antwoorde in kandidate se skrifte MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of verkeerd is. • Waar antwoorde meer is as wat die instruksies vereis, moet die volgende geld: ➢ In afdeling A, waar kandidate TWEE antwoorde gee, moet die eerste antwoord nagesien word. ➢ In afdeling B, (2.1.1, 3.1.1 en 4.1.1) merk die eerste TWEE antwoorde en dui aan M 2 vir antwoorde wat meer is as wat die vraag vereis het. ➢ In afdeling B, data-antwoordvrae wat 'n spesifieke aantal antwoorde vereis (bv. 2.2.1 en 2.2.2), merk die eerste antwoord en dui aan M 1 vir antwoorde wat oortollig is. ➢ In afdeling B en C (keusevrae), dui aan EKSTRA op vrae bo die vereiste aantal. ➢ Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke afdeling toegeken is, merk al die antwoorde tot by die maksimum punte vir die vraag en dui óf M 2 óf M 8 óf M 10 óf M 26 aan. Trek daarna 'n lyn aan die regterkant van die antwoorde wat oortollig is. • 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word: ➢ Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word:✓ ➢ Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word:✓✓ ➢ Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor 'n punt toegeken word. ➢ Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan plaasvind. • Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word: ➢ Gebruik een kruisie op elke verkeerde antwoord in vrae waar kandidate meer as een antwoord moet gee. ➢ Probeer om NIE die kandidate se antwoorde te onderstreep nie. • Vir die volgende aksiewoorde is EEN-woord antwoorde aanvaarbaar: lys, noem, identifiseer • Vir die volgende aksiewoorde moet 'n VOLLE sin geskryf word: beskryf, verduidelik, evalueer, ontleed, stel voor, onderskei, definieer, bespreek, waarom, hoe • Die volgende aksiewoorde moet binne hul konteks gelees word om te bepaal of 'n EEN-woord antwoord of 'n VOLLE sin vereis word: verskaf, wat, tabuleer, identifiseer en gee. • Waar kandidate 'n grafiek moet teken, merk die grafiek volgens 'n merkrubriek wat in die amptelike nasienriglyne verskaf word. • Waar kandidate berekeninge moet doen, sal die finale antwoord nie noodwendig volpunte kry nie. 3 punte word toegeken vir die berekeninge en1 punt vir die finale antwoord. LET OP DIE VOLGENDE • Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, kan kandidate gekrediteer word solank die volgorde van antwoorde op vrae gevolg word. • Waar daar spelfoute is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is. • Gee aandag aan die betekenis van antwoorde, wat op 'n ander manier gestel kan word. • In meerkeusevrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike antwoord skryf - ken punte toe. • Daar sal 'n bylaag tot die nasienriglyne wees vir die nasien van sekere vrae. TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE • Die subtotaal vir elke subvraag moet aan die regterkantse kantlyn aangeteken word. ➢ Vraag 1 in Afdeling A het DRIE onderafdelings en DRIE subtotale moet in die regterkantlyn aangeteken word. ➢ Vrae in Afdeling B het VYF onderafdelings en VYF subtotale moet in die regterkantlyn aangeteken word. ➢ Subtotale moet leesbaar geskryf word en spasie vir gemodereerde punte op die regterkantlyn laat. • Die totale punt vir elke vraag moet in die boonste linkerkantlyn langs die vraagnommer aangeteken word en na die voorblad van die antwoordboek oorgedra word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D – gemiddelde vaste  1.1.2 A – relatief elasties  1.1.3 D – minimumprys  1.1.4 C – produktiewe  1.1.5 B – daal  1.1.6 B – besigheids  1.1.7 C – kommunikasie  1.1.8 A – herwinning  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E- goedere wat identies is met betrekking tot voorkoms, verpakking en gehalte  1.2.2 D- 'n firma wat geen invloed oor die markprys het nie  1.2.3 G- 'n ooreenkoms tussen firmas in dieselfde bedryf om mededinging deur prysknoeiery te verminder  1.2.4 B- mense wat goedere en dienste geniet sonder om daarvoor te betaal  1.2.5 F- monetêre beleidsbenadering gebruik deur die SARB om prysveranderinge binne 3–6% te hou  1.2.6 I- aktiwiteite van mense wat plekke besoek om die natuurlike omgewing te geniet 1.2.7 C- die aktiwiteite van mense wat na en van plekke buite hulle normale omgewing reis en daar oorbly  1.2.8 A- metode gebruik om die uitwissing van niehernubare hulpbronne te voorkom  (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Ongereguleerde mark / Volmaakte mark / Vrye mark  1.3.2 Markaandeel  1.3.3 Kostevoordeel-ontleding  1.3.4 Kostedruk-inflasie  1.3.5 Wêrelderfenisterrein  1.3.6 Aardverwarming  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van oligopoliemarkte. • Motorvervaardigers  • Lugvaartbedryf  • Verskepingsbedryf  • Bankwese  • Versekering  • Selfoonnetwerk  • Brandstof  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom sou 'n volmaak mededingende firma dit oorweeg om sy bedrywighede te staak? 'n Volmaak mededingende firma sal bedrywighede staak omdat hulle gemiddelde inkome nie al die gemiddelde veranderlike koste kan dek nie/totale inkome kan nie hulle veranderlike produksiekoste dek nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die winsmaksimeringshoeveelheid in die tabel hierbo. 8 (1) 2.2.2 Noem die konsep wat verwys na die inkome wat deur 'n besigheid verdien word vir elke eenheid verkoop. Gemiddelde inkomste  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term implisiete koste. Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in die produksieproses gebruik word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Waarom is die grensinkome vir 'n volmaak mededingende firma dieselfde wanneer produksie toeneem? 'n Volmaak mededingende firma verkoop elke addisionele eenheid van 'n produk teen dieselfde prys.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die marginale koste (A) te bereken indien 10 eenhede geproduseer word. Toon ALLE berekeninge. Marginale koste (A) = ΔTC / ΔQ = (R256 – R196) / (10 – 8) = 60 / 2  = 30  (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys in die grafiek hierbo. P (1) 2.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van direkte belasting. • Lopend Betaal/LB/Persoonlike inkomstebelasting  • Maatskappybelasting  • Kapitaalwinsbelasting/KWB  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term Pareto-doeltreffendheid. 'n Situasie waar hulpbronne op so 'n wyse toegewys word dat niemand beter af gemaak kan word sonder dat iemand anders slegter af gemaak word nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Waarom hef die owerheid aksynsregte, soos sondebelasting, op niemerietegoedere? • Om eksterne koste te verhaal wat deur die verbruik van merietegoedere veroorsaak is.  • Om die verbruik van niemerietegoedere te ontmoedig deur dit duurder te maak.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.5 Hoe kan produsentesubsidies die ekonomie positief beïnvloed? • Produsente sal laer produksiekoste aangaan wat inflasie in die ekonomie kan verlaag.  • Besighede kan aangemoedig word om meer goedere en dienste te produseer wat ekonomiese groei stimuleer.  • Toename in produksie kan meer werksgeleenthede skep wat daardeur werkloosheid in die ekonomie kan verminder.  • Verbruikers betaal laer pryse vir goedere en dienste wat lei tot hoër verbruikerbesteding.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.4 Bespreek kortliks die immobiliteit van produksiefaktore en gebrek aan inligting as faktore wat tot die wantoedeling van hulpbronne in markte kan lei. Immobiliteit van produksiefaktore • Die meeste markte pas nie vinnig by veranderinge in vraag en aanbod aan nie as gevolg van die immobiliteit van produksiefaktore.  • Arbeid kan tyd neem om in nuwe beroepe in te beweeg as gevolg van vaardighede wat opgegradeer moet word/Die aanbod van vaardige arbeiders kan nie onmiddellik vergroot word nie omdat dit tyd neem om opgelei te word.  • Arbeid kan tyd neem om geografies te verskuif om te voldoen aan die verandering in verbruikervraag as gevolg van die hoë hervestigingskoste en sosiale bande.  • Fisiese kapitaal, soos fabrieksgeboue en infrastruktuur, kan nie verskuif word om by 'n verandering in vraag aan te pas nie.  • Ander fisiese kapitaal, soos masjinerie en toerusting, kan van een plek na die volgende, teen hoër koste, verskuif word.  • Tegnologiese toepassings verander produksiemetodes, maar vir die meeste nywerhede neem dit tyd om aan te pas, byvoorbeeld, soos die gebruik van robotte eerder as fisiese arbeid.  • Groter tegnologiese verandering vereis dat werkers meer buigsaam moet wees en hulle vaardighede aanpas om van werk, beroep en werkspatroon te verander wat tyd kan neem.  (2 x 2) Gebrek aan inligting • Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting tot hulle beskikking om rasionele besluite te neem nie.  • Ten spyte van die vooruitgang in tegnologie het verbruikers steeds 'n gebrek aan inligting oor produkte en produsente om hulle nuttigheid te maksimeer.  • Werkers kan onbewus wees van werksgeleenthede buite hulle huidige werk/poste om te verseker dat hulle hulle arbeid doeltreffend te gebruik.  • Entrepreneurs het moontlik 'n gebrek aan inligting oor die koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van sommige produksiefaktore wat kan lei tot produktiewe ondoeltreffendheid.  (2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 4) ('n Maksimum van 4 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.5 Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark altyd op lang termyn normale wins maak? • Die afwesigheid van toegangshindernisse gee nuwe besighede toegang tot die mark wanneer bestaande firmas op die korttermyn ekonomiese wins maak.  • Nuwe besighede kan vir die ekonomiese wins meeding totdat bestaande firmas op die langtermyn normale wins verdien.  • 'n Toename in die aantal besighede in 'n volmaakte mark kan die markaanbod verhoog wat tot 'n daling in pryse sal lei.  • Winste sal daal tot 'n punt waar gemiddelde inkome is gelyk aan gemiddelde koste en totale inkome is gelyk aan totale koste (GI = GK of TI = TK).  • Sommige bestaande besighede kan gedwing word om die mark te verlaat wanneer hulle op die korttermyn ekonomiese verliese ly.  • 'n Daling in die aantal besighede sal die markaanbod verklein wat tot 'n styging in pryse sal lei.  • Die ekonomiese verlies sal verklein word totdat al die firmas op die langtermyn normale wins maak.  • Normale wins op die langtermyn sal bly solank daar aansporing is om die mark te betree of te verlaat.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE benaderings wat in bevel-en-beheerstelsels gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. • Gehaltestandaarde  • Hoeveelheidstandaarde  • Sosiale-impak-standaarde  (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom word die toeristebedryf as arbeidsintensief beskou? • Toerisme-aktiwiteite vereis 'n groot werksmag omdat die bedryf menslike interaksie en persoonlike dienste insluit.  • Toerisme skep meer werksgeleenthede, in beide formele en informele sektore, vir elke eenheid kapitaal belê in vergelyking met enige ander bedryf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer 'n owerheidinisiatief in die uittreksel hierbo wat finansiële hulp vir toerismebeleggings verskaf. Toerisme Transformasie Fonds / TTF  (1) 3.2.2 Noem 'n ekonomiese sektor waaronder toerisme geklassifiseer word. Tersiêre sektor  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term kulturele toerisme. Die aktiwiteite van mense wat na museums en kunsgalerye reis om te leer en meer betrokke te raak by die kultuur van die plek wat hulle besoek. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van openbare-privaat- vennootskappe (OPV's) in die ontwikkeling van toeriste- bestemmings. • Openbare-privaat-vennootskappe stel die owerheid en privaatsektor-besighede in staat om hulpbronne en koste te deel in die ontwikkeling van toeristebestemmings in die land.  • Die owerheid kan kapitaal verskaf om infrastruktuur in toeriste- bestemmings te verskaf, terwyl privaatsektor-besighede kapitaal verskaf om toerismebesighede te vestig.  • Die openbare sektor kan finansiële aansporings aan die privaat sektor verskaf vir toerismebeleggings.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.2.5 Hoe kan natuurrampe 'n negatiewe impak op die toeristebedryf hê? • Natuurrampe, soos vloede en siklone, kan ongunstige toestande skep vir toeriste wat aan sekere toerisme-aktiwiteite deelneem.  • Beskadigde infrastruktuur as gevolg van natuurrampe kan mense ontmoedig om toerismebestemmings te besoek.  • Natuurrampe kan tot 'n verlies aan wildlewe, strande, woude en kulturele terreine lei wat tot 'n afname aan toerisme-aktiwiteite kan lei.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer, in die spotprent hierbo, die internasionale ooreenkoms wat na die wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling verwys. Johannesburg Beraad 2002  (1) 3.3.2 Noem die omgewingsprobleem wat met die verwydering van bome verband hou. Ontbossing  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term bemarkbare permit. 'n Lisensie wat deur die owerheid aan 'n besigheid verkoop word wat dit in staat stel om die omgewing tot 'n sekere mate te besoedel. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Verduidelik die impak van die verlies aan inheemse kennis op die omgewing. • Omgewingskade kan toeneem aangesien toekomstige generasies nie in staat sal wees om sonder inheemse kennis met die omgewing saam te leef nie.  • Verlies aan inheemse kennis kan tot oorbenutting van natuurlike hulpbronne lei.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Waarom slaag markte nie daarin om omgewingsvolhoubaarheid te verseker nie? • Die mark beskou die omgewing as 'n algemene hulpbron waar baie dele van die omgewing nie in privaat besit is nie, soos die lug en die see.  • Meeste van die hulpbronne wat deur die omgewing verskaf word, het nie 'n prys nie, so daar is geen ekonomiese aansporing om op die gebruik daarvan te spaar nie.  • Markte kan omgewingskade veroorsaak as gevolg van 'n gebrek aan kennis, selfs al wil hulle meer omgewingsvriendelik in hulle aktiwiteite wees.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Verbruikers en besighede toon onverskilligheid soos wat hulle voortgaan met verskillende skadelike praktyke en dit aan toekomstige generasies oorlaat om oor hulle omgewingsgevolge bekommerd te wees.  • Besighede oorproduseer goedere wat negatiewe eksternaliteite veroorsaak, want hulle dra nie die eksterne koste wat omgewingsagteruitgang tot gevolg het nie.  • Markte word deur die winsmotief gedryf en hulle kan hulle produksiekoste ten koste van die omgewing verlaag.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die gevolge van toerisme op bruto binnelandse produk (BBP) en armoede. Bruto binnelandse produk (BBP) • Toerisme het 'n groter impak op die dienstebedryf en dra direk tot die land se BBP by en indirek tot die ekonomie.  • Die direkte bydrae van toerisme word weerspieël in binnelandse besteding op toerisme deur inwoners en nie-inwoners vir besigheid- en vermaaklikheidsdoeleindes op items soos kos, akkommodasie, vervoer, ens.  • Die indirekte bydrae sluit aankope van verskaffers van goedere en dienste in deur die sektore wat direk met toeriste te make het, onder meer aankope van skoonmaakdienste by hotelle, brandstof en spysenieringsdienste deur lugdienste en dienste deur reisagente.  (2 x 2) Armoede • Toerisme word wyd erken as een van die vinnigste en meer doeltreffende herverdelingsmeganismes om ontwikkeling na die armes in landelike gebiede te bring.  • Toerisme gee 'n alternatief vir verstedeliking, en laat mense toe om voort te gaan om 'n landelike leefstyl te handhaaf en maak beide vroue en die jeug vry.  • Toerisme bied geleenthede om inkomstebronne vir arm mense te herverdeel. • Toerisme stel mense in staat om kleinskaalse toeristebesighede rondom gemeenskapsbates te begin en te bedryf, soos woude, parke en riviere.  • Huishoudings kan KMMO's stig om dienste soos kleinhandel, vervoer en akkommodasie te verskaf.  • Toerisme bemagtig mense in landelike gebiede om geleenthede vir indiensopleiding en ander opleiding te benut.  • Toerisme kan vennootskappe vir landelike gemeenskappe skep deur met hoofstroomtoerismebesighede te skakel om goedere of dienste te verskaf. (2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) ('n Maksimum van 4 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.5 Analiseer die verskillende internasionale maatreëls om klimaatsverandering te verminder. • Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering (UNFCCC) is gestig om kweekhuisgasvrystelling in die atmosfeer te verminder. • Die meeste lande kom ooreen om maatreëls te tref om die omgewing te beskerm, maar hulle verskil oor wie die meeste verantwoordelik is vir die skade en hoe om uitlaatgasverminderingsdoelwitte te stel.  • Die UNFCCC het nie geslaag nie omdat dit vrywillig vir individuele lande was.  • Die Kyoto Protokol was 'n verbetering op die UNFCCC aangesien hulle probeer het om ontwikkelde lande sover te kry om hulle te verbind tot die vermindering van hulle kweekhuisgasvrystelling.  • Die Kyoto Protokol het bindende teikens gestel waartoe nywerheidslande ingestem het om hulle kweekhuisgasvrystelling te verminder.  • Die grootste tekortkoming van die Kyoto Protokol was hulle fokus op slegs ontwikkelde lande en dat ontwikkelende lande by die ooreenkoms uitgesluit is.  • Die Kyoto Protokol het misluk want lande wat nie hulle teikens bereik het nie, is nie gepenaliseer nie.  • Groot besoedelaars (soos die VSA) het nie daarin geslaag om die teikens gestel deur die Kyoto Protokol te behaal nie en dra steeds tot aardverwarming by en is minder geïnteresseerd daarin om die probleem op te los as gevolg van duur tegnologie om besoedeling te verminder.  • Die Parys Ooreenkoms was 'n verbetering op die Kyoto Protokol want hulle doel was om aardverwarming tot ver onder 2 °C te verminder, verkieslik 1,5 °C, in vergelyking met voor-nywerheidsvlakke.  • Hulp in die vorm van subsidies is aan ontwikkelende lande belowe om kweekhuisgasvrystelling te verminder.  • Die sukses van die Parys Ooreenkoms sal bepaal word deur die finansiële, tegniese en kapasiteitbouende ondersteuning wat aan lande wat dit nodig het, gebied word. • Aardverwarmingsteikens word nie behaal nie want ons is vinnig besig om 'n styging in globale temperature van 2 °C te nader.  • Daar was 'n gebrek aan streng wetstoepassing aangesien strafmaatreëls nie toegepas is vir diegene wat nie die teikens behaal het nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van private koste wat met die bou van 'n skool geassosieer word. • Boumateriaalkoste  • Arbeidskoste  • Oorhoofse koste  • Die koste van grond  • Water en elektrisiteit  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan gronderosie 'n impak op landbouproduksie hê? • Gronderosie kan grondvrugbaarheid verminder wat tot 'n afname in landbouproduksielewering sal lei.  • Gronderosie kan die landskap en nabye waterbronne, soos damme, beskadig wat landbouproduksie sal ontwrig. • Gronderosie kan boere aanmoedig om grond- bewaringstegnieke, soos terrasvorming, toe te pas, wat langtermynproduktiwiteit verbeter.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die rede vir die ongelyke verspreiding van inkome en welvaart in die spotprent hierbo. Diskriminasie  (1) 4.2.2 Gee 'n ekonomiese term wat verwys na die laagste vergoeding van arbeid wat deur die owerheid vasgestel word. Minimumloon  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term progressiewe inkomstebelasting. Mense wat hoër inkomste verdien, betaal hoër inkomstebelastingkoerse, terwyl mense wat laer inkomste verdien, laer inkomstebelastingkoerse betaal.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.2.4 Waarom bied markte te min goedere aan wat positiewe eksternaliteite oplewer? • Goedere wat positiewe eksternaliteite oplewer, soos onderwys, word dikwels nie deur die mark hoog aangeslaan nie, wat lei tot onderaanbod.  • Besighede neem nie altyd volle verantwoordelikheid vir die toegevalle voordele aan die samelewing nie, gevolglik word hulle nie aangespoor om genoeg van die goedere te produseer nie, wat lei tot ondervoorsiening.  • Goedere met positiewe eksternaliteite is nie winsgewend nie omdat besighede nie vir die eksterne voordele beloon word nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.5 Hoe kan die owerheid herstelmetodes gebruik om welvaart in Suid-Afrika te herverdeel? • Die Wet op Gelyke Indiensneming kan gebruik word om regstellende aksie te bevorder om voorkeur vir werksgeleenthede aan voorheen benadeeldes te gee.  • Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) kan gebruik word om die aantal swart mense wat besighede besit, bestuur en beheer, betekenisvol te vermeerder. • Eiendomsubsidies en gratis behuising (HOP) kan gebruik word om die voorheen benadeelde groepe te help om residensiële eiendomme te besit.  • Grondrestitusie het ten doel om grond terug te gee of om geldelike vergoeding aan diegene te betaal wat hulle grond verloor het as gevolg van diskriminerende wette in praktyke ná 1913.  • Grondherverdeling het ten doel om die land se landbougrond te herverdeel aan voorheen benadeelde persone.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die omgewingsprobleem, in die uittreksel hierbo, wat verband hou met die vermindering van plant- en dierespesies. Biodiversiteitsverlies  (1) 4.3.2 Noem die metode wat deur die owerheid gebruik word om omgewingsbewustheid te skep. Onderwys  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term grondbesoedeling. Vind plaas wanneer huishoudelike en nywerheidsafval op die grondoppervlak geplaas/gegooi word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.3.4 Verduidelik die impak van chemiese afval op die omgewing. • Chemiese afval, soos insekdoders en onkruiddoders, kan die onmiddellike dood van diere-en plantspesies veroorsaak.  • Chemiese afval kan in die ondergrond insypel wat drinkwater kan besoedel.  • Diere kan onvrugbaar raak as gevolg van chemiese afval.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Hoe kan die Basel Konvensie help om gevaarlike afval te bestuur? • Die Basel Konvensie laat partye toe om gevaarlike afval na ander partye uit te voer wat nie deur die verbanning van sulke afval geraak word nie.  • Die Konvensie laat partye nie toe om na nie-partye uit te voer of in te voer nie.  • Partye is verplig om die invoer en uitvoer van gevaarlike afval te voorkom indien hulle redes het dat die afval nie op 'n omgewingsvriendelike manier by hulle bestemming hanteer sal word nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik ekonomiese verlies vir 'n volmaak mededingende firma. Prys/Koste/Inkomste  MK GK a P1/R12 Ekonomiese verlies   e V = GI = MI P/R10 0 H/100 Hoeveelheid  Puntetoekenning: • Korrekte benoeming van die asse = 1 punt • Korrekte posisionering en benoeming van kostekrommes = 1 punt • Korrekte posisionering en benoeming van inkomekrommes = 1 punt • Korrekte aanduiding van ekonomiese verlies =1 punt (Maks 4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • 'n Firma minimaliseer verlies by punt e, waar MI = MK / By punt e produseer die firma 100 eenhede teen die prys P/R10.  • Die firma maak ekonomiese verlies omdat die gemiddelde inkomste van (P/R10) minder as die gemiddelde koste van (P1/R12) is.  • Die firma maak totale ekonomiese verlies van TI (P x H) – TK (GK x H) = (10 x 100) – (12 x 100) = R1 000 – R1 200 = -R200.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) (8) 4.5 Analiseer die strategieë (maniere) wat gebruik kan word om toerisme in Suid-Afrika te bevorder. • Suid-Afrika kan toerisme bevorder deur verhoogde bemarking en advertering van verskillende toeristebestemmings om bewustheid van reis te skep en dit aan te moedig.  Byvoorbeeld die Shot 'left-veldtog.  • Verbetering van infrastruktuur, soos kommunikasie en vervoer, in toeristebestemmings wat kan help om toeriste na verskillende toeristeterreine oor die land heen te lok.  • Ontwikkeling van nuwe toeristeterreine en behoorlike instandhouding van bestaande terreine kan Suid-Afrika se toerismeprofiel te verbeter en meer toeriste te lok.  • Beloning van besighede en individue wat die gehalte van toerismedienste verbeter, kan help om voortreflikheid in toerisme te bevorder.  • Verbetering van die doeltreffendheid van toerisme-inligtingdienste kan help om toeriste na verskillende toeristebestemmings oor die land heen te versprei.  • Bevordering van spesiale vakansiepakkette, soos die spesiale buiteseisoentariewe, kan binnelandse toeriste aanmoedig om in die land te reis.  • Maak gebruik van die toerisme-indaba om Suid-Afrika se beste toerisme- produkte ten toon te stel en kan internasionale besoekers van oor die hele wêreld lok.  • Bevorder plaaslike kultuur en bied toeriste 'n outentieke ervaring, bv. by kulturele dorpies, soos die Basotho- en Shangana-dorpies in Mpumalanga, kan help om internasionale toeriste-aankomste te verhoog.  • Bevordering van die Wêrelderfenisterreine, soos Robbeneiland, kan toeriste lok om dit te besoek en die omgewings en kulturele uniekheid van Suid-Afrika te ervaar.  • Bevordering van kunsfeeste, soos die Nasionale Kunstefees wat in Grahamstad (Makhanda), gehou word, kan meer internasionale toeriste lok om Suid-Afrika te besoek.  • Die oplê van regverdige belastings op toerisme-aktiwiteite moedig buitelandse toeriste aan om Suid-Afrika te besoek.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, in detail, met 'n grafiek wat langtermyn- ekonomiese wins toon, die kenmerke van 'n monopoliemarkstruktuur. (26 punte) • Hoe kan die owerheid die misbruik van markkrag deur dominante besighede voorkom? (10 punte) INLEIDING Markstruktuur beskryf hoe kopers en verkopers organiseer is en in 'n mark op mekaar reageer/Verwys na die kenmerk van 'n mark wat hulle prestasie en die vlak van mededinging beïnvloed.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM HOOFDEEL MONOPOLIEMARKSTRUKTUUR Aantal firmas/besighede  • Die monopolis is die enigste verskaffer van 'n produk wat impliseer dat daar geen mededinging in hierdie markstruktuur is nie.  • Die monopolie is ook verantwoordelik vir die nywerheid se totale uitset , byvoorbeeld Eskom is verantwoordelik vir die termiese elektriese bedryf.  Aard van produk  • Die produk is uniek en het geen nabye plaasvervangers nie , byvoorbeeld De Beers verkoop unieke diamante. • Verbruikers se keuse is beperk tot die produk verkoop deur die monopolis.  • Die produk het 'n relatief onelastiese vraag wat beteken dat die hoeveelheid wat aangevra word, minder op prysveranderinge reageer.  Marktoegang  • Toegang tot 'n monopoliemarkstruktuur is heeltemal geblok wat impliseer dat nuwe besighede nie toegang tot die mark het nie.  • 'n Monopolie word beskerm deur toetredingshindernisse, wat toelaat dat dit gunstige marktoestande kan geniet.  Hierdie hindernisse kan in twee hoofgroepe verdeel word: Natuurlike monopolieë  ➢ Hoë ontwikkelingskoste is dikwels 'n rede vir die bestaan van natuurlike monopolieë.  ➢ In Suid-Afrika is Eskom 'n voorbeeld van 'n natuurlike monopolie omdat die voorsiening van elektrisiteit, die bou van kragstasies en transmissielyne vereis wat miljarde rande kos.  ➢ 'n Enkele besigheid in die bedryf kan die hele mark teen 'n laer prys bedien as twee of meer besighede aangesien dit deur die owerheid gereguleer word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Kunsmatige monopolieë  ➢ Kunsmatige monopolieë bestaan as gevolg van toetredingshindernisse wat nie ekonomies van aard is nie, soos 'n patent.  ➢ 'n Patent is die wettige en eksklusiewe reg van 'n patenthouer om 'n produk te vervaardig met gebruik van sy/haar unieke uitvindsel.  ➢ Lisensies beskerm monopolieë teen toegang van mededingers en is nog 'n manier waarvolgens 'n kunsmatige monopolie kan bestaan.  ➢ In Suid-Afrika word lisensies vir radio- en TV-uitsendings en telefoonkommunikasienetwerke vereis.  Prysbeheer  • 'n Monopolis kan die markprys beïnvloed en word as 'n prysmaker beskou.  • 'n Monopolis kan op 'n prys-hoeveelheid-kombinasie op die vraagkromme besluit wat dit die beste pas.  • Daar is altyd die moontlikheid van verbruikeruitbuiting omdat 'n monopolis die enigste verskaffer van 'n produk is.  • 'n Monopoliebesigheid kan uitset en verskaffing van die produk beperk om hoër pryse te vra alhoewel dit deur markvraag beperk word.  • 'n Monopolie kan nie buitensporige hoë pryse vra nie omdat verbruikers beperkte begrotings het.  • Die monopolis se produk moet meeding vir verbruikers se guns (en geld) met al die ander produkte wat in die ekonomie beskikbaar is.  Markinligting  • Beide koper en verkoper het volledige kennis van die marktoestande wat aandui dat daar volledige markinligting is.  • Daar is 'n hoë mate van deursigtigheid in die mark aangesien daar geen aansporing vir die monopolie is om inligting vir verbruikers weg te steek nie.  • In sommige gevalle word 'n monopolie miskien gekenmerk deur onvolledige inligting om deurdagte besluite te neem.  • Die monopolis kan inligting weerhou wat lei tot die uitbuiting van verbruikers en beperking van nuwe firmas wat die mark betree.  Vraagkromme  • 'n Monopolis kom te staan voor 'n normale vraagkromme wat afwaarts van links na regs neig.  • Die vraagkromme is relatief onelasties omdat die produk geen nabye vervangers het nie.  • Die vraagkromme van 'n monopolie is gelyk aan sy gemiddelde inkomstekromme. • Vir elke addisionele eenheid wat deur 'n monopolie verkoop word, is die grensinkome (marginale inkome) minder as die prys, dus lê die grensinkomekromme (marginale inkomekromme) onder die vraagkromme.  Ekonomiese wins/verlies  • 'n Monopolis kan op die korttermyn 'n ekonomiese wins of ekonomiese verlies verdien. • Ekonomiese verlies op die korttermyn sal die monopolie dwing om 'n nuwe produksie- aanleg te bou wat op die langtermyn ekonomiese wins sal lewer.  • Ekonomiese wins op die korttermyn stel die monopolie in staat om hulle produksieskaal of -kapasiteit uit te brei om op die langtermyn meer ekonomiese wins te maak.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 18 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Besluitneming  • 'n Monopoliebesigheid neem onafhanklik besluite omdat daar geen mededingers is nie.  • 'n Monopolie se besluite kan deur owerheidswette en -regulasies beïnvloed word.  Samespanning  • Samespanning is irrelevant omdat daar slegs een besigheid in die mark is.  Produktiewe en toedelingsdoeltreffendheid  • 'n Monopolie behaal nie produktiewe doeltreffendheid nie omdat uitset, geproduseer word sonder om die gemiddelde koste te minimaliseer.  • Toedelingsdoeltreffendheid word nie behaal nie omdat die uitset wat deur 'n monopolie geproduseer word, nie ooreenkom met die hoeveelheid deur verbruikers aangevra nie.  • Monopolie produseer uitsetvlakke waar die prys meer as die marginale koste is.  (Maks. 22) Langtermyn- ekonomiese wins Prys/Koste/Inkomste LMK LGK Ekonomiese wins V = GI MI Hoeveelheid Puntetoekenning: • Korrekte posisionering en benoeming van kostekrommes = 1 punt • Korrekte posisionering en benoeming van inkomekrommes = 1 punt • Korrekte aanduiding van ewewig / winsmaksimeringspunt = 1 punt • Korrekte aanduiding van ekonomiese wins =1 punt (Maks 4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 26) (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/subopskrifte/voorbeelde toe) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 19 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL: • Die owerheid kan die prysbepaling van goedere en dienste deur monopolieë reguleer om uitermatig hoë pryse te voorkom, ✓✓ byvoorbeeld NERSA reguleer die prysbepaling van elektrisiteit deur Eskom  • Verminder of verwyder toegangshindernisse, soos patente en lisensies, in oligopolie- en monopoliebedrywe om nuwe besighede te lok en mededinging te verhoog. ✓✓ • Moedig privaatsektor-beleggings aan deur subsidies en aansporings om die dominansie van regeringsmonopolieë in bedrywe soos elektrisiteit, spoorwegvervoer te verklein. ✓✓ • Versterk die implementering van die mededingingsbeleid wat regverdige mededinging aanmoedig deur die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en Mededingingsappélhof. ✓✓ • Die Mededingingskommissie kan hulle ondersoeke op oligopolieë en monopolieë te verskerp wat hulle markkragte misbruik deur meer amptenare te ontplooi om besigheidspraktyke te monitor. ✓✓ • Die Mededingingstribunaal moet boetes hef op alle dominante besighede wat skuldig is aan die misbruik van markkragte ten koste van ander besighede en verbruikers. ✓✓ • Voorkom markdominansie deur samesmeltings en oornames te verbied wat daartoe kan lei dat monopolieë verbruikers kan uitbuit. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 10) ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word) GEVOLGTREKKING Monopolieë kan lei tot lae ekonomiese groei en hoë inflasie wat tot 'n lae lewensstandaard kan lei.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-gevolgtrekking) (Maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 20 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, in detail, die maatreëls om inflasie te bekamp. (26 punte) • Hoe kan Suid-Afrika se handelsvennote, soos die VSA en China, die binnelandse inflasiekoers beïnvloed? (10 punte) INLEIDING Inflasie is 'n aansienlike en volhoubare styging in die algemene prysvlak van goedere en dienste oor 'n sekere tydperk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM HOOFDEEL: MAATREËLS OM INFLASIE TE BEKAMP MONETÊRE BELEIDSMAATREËLS ✓ • Monetêre beleid in Suid-Afrika word deur die SARB geformuleer en binne die inflasieteikenraamwerk van 3-6 % geïmplementeer. • Monetêre beleidsmaatreels wat geneem kan word, sluit die volgende in:- Rentekoerse ✓ • Die SARB bekamp inflasie deur die repokoers te verhoog wat dit duurder maak om geld te leen. ✓✓ • Banke dra die verhoogde leningskoste (repokoers) oor aan huishoudings en besighede deur die rentekoers te verhoog. ✓✓ • Hoë rentekoerse ontmoedig verbruikers om onnodige krediet aan te gaan wat help om verbruikerbesteding te ontmoedig. ✓✓ • 'n Vermindering van kredietskepping lei tot 'n vermindering in die geldvoorraad wat daardeur vraagtrek-inflasie verminder. ✓✓ • Die verhoging van rentekoerse stabiliseer die waarde van die geldeenheid wat help om kostedruk-inflasie te verminder deur laer invoerkoste. ✓✓ Opemark-transaksies / Opemark-werksaamhede ✓ • Die SARB kan die voorraad geld direk vergroot deur regeringseffekte op die ope mark te verkoop. ✓✓ • Wanneer banke effekte koop, vloei geld van banke na die SARB wat die geldvoorraad verklein. ✓✓ • Die verkleining van die geldvoorraad sal die totale vraag na geldvoorraad verlaag wat vraagtrekinflasie beheer. ✓✓ Kontantreserwevereistes ✓ • Daar word van handelsbanke vereis om 'n sekere minimum hoeveelheid kontant by die sentrale bank te hou. ✓✓ • 'n Verhoging in die kontantreserwevereiste-beperkings beperk die bedrag geld wat banke as krediet kan uitgee en help om inflasie te bekamp. ✓✓ Morele oorreding ✓ • Die SARB kan handelsbanke oorreed om op 'n verantwoordelike wyse op te tree wanneer krediet onder inflasionêre toestande toegestaan word. ✓✓ • Morele oorreding help om inflasie te verminder want krediet sal aan minder verbruikers toegestaan word. ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 21 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne FISKALE BELEIDSMAATREËLS✓ • Fiskale maatreëls is maatreëls wat deur die Minister van Finansies getref word met betrekking tot belasting en besteding. ✓✓ • Die volgende stappe kan gedoen word: Owerheidbesteding ✓ • Die regering kan besteding verminder deur sommige regeringsprojekte, soos pad-, hospitaal- en skoolkonstruksie, uit te stel. ✓✓ • Totale vraag sal verminder wat vraagtrek-inflasie sal verminder. ✓✓ • Die owerheid kan 'n begrotingstekort finansier uit die nie-bankwese-sektor om inflasie te beperk. ✓✓ Belasting ✓ • Die owerheid kan direkte belasting, soos persoonlike inkomstebelasting, verhoog om vraag te verminder. ✓✓ • 'n Verhoging in indirekte belasting (BTW) veroorsaak 'n verlaging in besteding omdat goedere te duur word. ✓✓ • Die regering kan 'n bybetaling hef op ingevoerde goedere wat die pryse daarvan sal laat styg, wat verbruikersbesteding sal ontmoedig. ✓✓ • 'n Leningsheffing kan gebruik word om die besteebare inkomste van verbruikers te verminder. ✓✓ • Die owerheid kan belasting op spaargeld verminder, of belastingvrye spaarrekeninge instel om spaar aan te moedig en besteding te verminder. ✓✓ ANDER MAATREËLS Addisionele maatreëls wat gebruik kan word om inflasie te bekamp, sluit in: Verhoog produktiwiteit ✓ • Verbeterde onderwys en opleiding om produktiwiteit te verhoog wat help om die gemiddelde produksiekoste te verlaag en totale aanbod te verhoog. ✓✓ • Investering in tegnologie om produktiwiteit te verbeter wat die produksiekoste sal verlaag.  Moedig mededinging aan: • Aanmoedinging van mededinging binnelands en van oorsee wat help om hoë winsgrense/winsmarges deur besighede te beheer.  • Aanmoediging van kleinsake-ontwikkeling om mededinging te verhoog en die verskaffing van goedere en dienste te verhoog Prysbeheer ✓ • Die owerheid verseker dat sekere noodsaaklike goedere bekostigbaar bly deur die pryse te beheer, soos maksimumpryse. ✓✓ Loonbeleid ✓ • Implementering van 'n loonbeleid om die inflasionêre spiraal van ‘n verhoging in lone en pryse te verbreek. ✓✓ Strenger voorwaardes vir verbruikerkrediet ✓ • Die Nasionale Kredietreguleerder kan strenger vereistes vir verbruikerkrediet instel wat die totale vraag sal verminder. ✓✓ Invoerbeheermaatreëls word verslap ✓ • Meer invoere kan help om die plaaslike voorraad/verskaffing van goedere en dienste aan te vul, wat inflasie sal verminder wat deur produktekorte veroorsaak word. ✓✓ • Vermindering in invoerbeheer help om die koste van ingevoerde produksie-insette te verlaag, soos landbou-chemikalieë, goedkoper en verminder produksiekoste.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 22 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Swewende wisselkoers: ✓ • Pryse word outomaties by internasionale toestande aangepas, wat vrye werking van die prysmeganisme (reële/werklike pryse) moontlik maak. ✓✓ Afname in die koste om sake te doen  • Verbeter die doeltreffendheid van infrastruktuur-dienste, soos energie en vervoer, om die koste om sake in die ekonomie te doen, te verlaag.  • Verskaf subsidies aan produsente van sekere goedere en dienste om hulle produksiekoste te verlaag.  • Verminder belastings wat deur besighede betaal word om hulle produksiekoste te verlaag wat hulle in staat stel om uitset te produseer.  Indeksering: ✓ • Skakeling van items soos lone, pensioene en rentekoerse op verbandlenings aan prysindekse om die gevolge van inflasie te elimineer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 26) (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/subopskrifte/voorbeelde toe) ADDISIONELE DEEL: • Groei van die ekonomieë van Suid-Afrika se handelsvennote kan die vraag na 'n verskeidenheid plaaslik vervaardigde goedere vergroot, sonder 'n ooreenstemmende toename in aanbod, wat vraagtrek-inflasie verhoog. ✓✓ • Prysverhogings in handelsvennootlande kan lei tot invoerinflasie aangesien Suid- Afrika goedere en dienste teen hoër pryse invoer. ✓ • Die verwydering van tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere in handelsvennootlande, soos China, kan vraag na plaaslike produkte verhoog wat tot hoër inflasie kan bydra. ✓✓ • 'n Styging van pryse van goedere-invoere kan lei tot hoër koste verbonde aan ingevoerde produksie-insette, soos olie en gas, wat tot kostedruk-inflasie bydra. ✓✓ • 'n Styging in die vraag na goedere-invoere, soos goud en steenkool, deur handelsvennote kan uitvoerverdienste verhoog wat lei tot vraagtrek-inflasie.✓✓ • Politieke spanning tussen Suid-Afrika en sy handelsvennote, soos die VSA, kan die aanbod van produksie-insette ontwrig wat lei tot 'n afname in produksie-uitsette en hoër pryse vir goedere en dienste. ✓✓ • 'n Verhoging in invoertariewe, veral op ingevoerde produksie-insette, kan die produksiekoste verhoog wat tot kostedruk-inflasie kan lei. ✓✓ • Invoere vanaf Suid-Afrika se handelsvennote kan mededinging op plaaslike markte laat toeneem, wat help om prysverhogings te beheer. ✓✓ • Invoertariewe wat deur Suid-Afrika se handelsvennote toegepas word, kan die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere verminder wat help om vraagtrek-inflasie te beheer.  • Afname in pryse van ingevoerde produksie-insette kan die koste van produksie in Suid-Afrika verminder wat die binnelandse inflasiekoers verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 10) ('n Maksimum van 2 punte mag vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 23 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne GEVOLGTREKKING Inflasie verminder die koopkrag van geld wat beteken verbruikers kan minder goedere koop wat lei tot 'n afname in die lewenstandaard.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-gevolgtrekking) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all