Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)


_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)

Economics Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 949.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND) 2025
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Skommelinge in ekonomiese aktiwiteit wat deur kragte binne die
markstelsel veroorsaak word, word as 'n … sakesiklusse beskou.
A endogene verduideliking van
B eksogene verduideliking van
C monetaristiese benadering tot
D klassieke benadering tot
1.1.2 Die som van marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) en marginale
spaargeneigdheid (msg) in 'n tweesektor-model is gelyk aan …
A 2.
B 1.
C 0,5.
D 0,75.
1.1.3 Wanneer staatsdepartemente te veel reëls en prosedures volg ten
koste van gehalte-dienslewering, staan dit as ... bekend.
A onverskilligheid
B doeltreffendheid
C gewinsoekende
D burokrasie
1.1.4 Wanneer 'n land meer uitsette as ander lande met dieselfde insette
produseer, word daarna as 'n ... voordeel verwys.
A mededingende
B relatiewe
C absolute
D vergelykende
1.1.5 'n Invoerreg wat as 'n vaste bedrag per eenheid, gewig of grootte
van ingevoerde goedere gehef word, word 'n ... tarief genoem.
A ad valorem-
B saamgestelde
C enkele
D spesifieke
1.1.6 Die Suid-Afrikaanse regering verseker 'n meer billike herverdeling
van inkomste deur 'n ... belastingstelsel te gebruik.
A proporsionele
B progressiewe
C regressiewe
D veelvoudige
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.7 Die nywerheidsontwikkelingstrategie wat op verbetering van
mededingendheid in produksie fokus, staan as die ... bekend.
A Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
B Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk
C Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie
D Nywerheidsbeleid-aksieplan
1.1.8 Die ekonomies aktiewe bevolking bestaan uit mense tussen die
ouderdom van ...
A 15 en 54.
B 15 en 34.
C 15 en 64.
D 15 en 74. (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Bruto binnelandse A die waarde van 'n geldeenheid word slegs
besteding deur die kragte van vraag en aanbod
bepaal
1.2.2 Tendenslyn
B ontwikkelende lande wat vinnige
1.2.3 Mediumtermyn- ekonomiese groei en industrialisasie
begrotingsbeleids- ondergaan
verklaring
C die verhouding tussen reële uitset en
1.2.4 Vryswewende faktorinset
wisselkoersstelsel
D 'n geografiese gebied wat 'n groepering
1.2.5 Opkomende markte van besighede in 'n spesifieke sektor
aandui, soos vervaardiging en tegnologie
1.2.6 Monetêre beleid
E bestaan uit 'n drie-jaar- aaneenlopende
1.2.7 Nywerheidskern uitgawe en inkome-vooruitskatting van
die owerheid
1.2.8 Produktiwiteit
F veranderinge in rentekoerse en
geldvoorraad om die ekonomie te
beïnvloed
G die bedrag geld bestee aan finale goedere
en dienste binne die grense van 'n land
H die waarde van 'n geldeenheid word deur
die owerheid vasgepen
I toon die algemene rigting waarin die
ekonomie beweeg
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 'n Afname in die reële bruto binnelandse produk vir ten minste twee
agtereenvolgende jare
1.3.2 Die kromme wat die verhouding tussen belastingkoerse en
belastinginkome vir die owerheid illustreer
1.3.3 Die ruil van goedere en dienste tussen verskillende lande
1.3.4 'n Handelsbeleid wat owerhede gebruik om plaaslike nywerhede
teen onregverdige buitelandse mededinging te beskerm
1.3.5 'n Grondhervormingsprogram wat beoog om mense wat hulle grond
as gevolg van diskriminerende wette van die verlede verloor het, te
vergoed
1.3.6 Die sosiale aanwysers wat met die inligting oor die grootte en
struktuur van 'n bevolking verband hou (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van leidende aanwysers. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan die owerheid niebetalers van die verbruik van openbare
goedere uitsluit? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FINANSIЁLE REKENING VAN BETALINGSBALANS (BB) – 2024
ITEMS R miljoen
Netto direkte investering 68 622
Netto portefeulje-investering -23 348
Netto finansiële afgeleides 4 311
Netto ander investering 13 481
Reserwebates A
Saldo op die finansiële rekening 62 869
Memo-item: saldo van finansiële rekening, 63 066
reserwebates uitgesluit
Onaangetekende transaksies -18 613
'n Toename in reserwebates word deur 'n negatiewe (-) teken en 'n afname
deur 'n positiewe (+) teken aangedui.
[Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2024]
2.2.1 Identifiseer die item in die tabel hierbo wat die koop van aandele
aanteken. (1)
2.2.2 Noem die subrekening van die Betalingsbalans wat transaksies
aanteken wat met skuldvergewing verband hou. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term direkte investering. (2)
2.2.4 Verduidelik die doel van onaangetekende transaksies in die
Betalingsbalans. (2)
2.2.5 Gebruik die inligting hierbo om te bepaal of daar 'n toename of
afname in die reserwebates (A) is. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PHILLIPS-KROMME
PK
Inflasiekoers (%)
0
Werkloosheids-
koers (%)
2.3.1 Identifiseer in die grafiek hierbo die vlak van inflasie waar die
werkloosheidskoers 10% is. (1)
2.3.2 Gee die konsep wat verband hou met die vlak van werkloosheid
waar die inflasiekoers nul is. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die konsep nuwe ekonomiese paradigma in verband
met sakesiklusse. (2)
2.3.4 Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie soos
deur die grafiek hierbo geïllustreer. (2)
2.3.5 Hoe kan die owerheid doeltreffendheid van markte in die ekonomie
verbeter? (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek kortliks volle indiensneming en ekonomiese gelykheid as makro-
ekonomiese doelwitte van die owerheid. (2 x 4) (8)
2.5 Hoe kan die appresiasie van die rand die Suid-Afrikaanse ekonomie
beïnvloed? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE internasionale organisasies wat vereis dat
lidlande ekonomiese en sosiale aanwysers standaardiseer. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan uitvoerbevordering tot ekonomiese groei lei? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die staafgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE ALGEMENE HUISHOUDINGSOPNAME
OOR TOEGANG TOT DIENSTE – 2024
Persentasie van huishoudings met
100
87% 89,8%
90 83,3%
80
70
60%
60
toegang
50
40
30
20
10
0
Sanitasie Drinkwater Elektrisiteit Vullis-
verwydering
[Aangepas uit StatsSA GHS, Mei 2024]
3.2.1 Identifiseer in die grafiek hierbo die diens waartoe huishoudings die
minste toegang het. (1)
3.2.2 Noem die sosiale aanwyser wat verband hou met die migrasie van
mense van plaaslike na stedelike gebiede. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term sanitasie. (2)
3.2.4 Verduidelik die impak van 'n toename in die bevolking op 'n land se
arbeidsmag. (2)
3.2.5 Hoe kan toegang tot skoon water 'n land se ekonomiese prestasie
verhoog? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HANDELSOOREENKOMSTE
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) administreer 'n aantal
handelsooreenkomste of protokolle sowel as ander internasionale instrumente
ten opsigte van die Wet op Doeane en Aksyns, 1964 (Wet 91 van 1964).
Onder hulle is die Suider-Afrikaanse Doeane-unie(SADU)-ooreenkoms tussen
die owerhede van sommige Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
(SAOG)-state.
[Aangepas uit SAID, Handelsooreenkomste, September 2024]
3.3.1 Identifiseer in die uittreksel hierbo die handelsooreenkoms wat
beoog om Suider-Afrika se maatskaplike en ekonomiese raamwerk
te herbou en ontwikkel. (1)
3.3.2 Noem die internasionale organisasie wat vryhandel fasiliteer. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term handelsliberalisering. (2)
3.3.4 Verduidelik 'n voordeel van die Wet op Groei en Geleenthede in
Afrika (AGOA) vir Suid-Afrika. (2)
3.3.5 Hoe kan storting produsente in invoerlande beïnvloed? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtigingprogram
(BBSEB) en die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) as Suid-
Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en strategiese inisiatiewe. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan veranderinge in die verskillende ekonomiese aanwysers gebruik word
om verbetering in die prestasie van die ekonomie te toon? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE vraagredes vir internasionale handel. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan geletterdheidsvlakke in ontwikkelende lande verbeter
word? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Aangepas uit Dall-e, Januarie 2025]
4.2.1 Identifiseer EEN faktor in die spotprent hierbo wat tot swak
openbaresektor-voorsiening bydra. (1)
4.2.2 Noem die soort openbare goedere wat gratis verskaf word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term openbaresektor-mislukking. (2)
4.2.4 Verduidelik die uitwerking van 'n styging in belasting op
toegevoegde waarde (BTW) op besighede. (2)
4.2.5 Hoe kan die privatisering van parastatale die owerheid positief
beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITGEBREIDE OPENBARE WERKE-PROGRAM (UOWP)
Die implementering van die UOWP fokus op sleuteldienslewering-intervensies,
soos afvalbestuur, die teer van paaie, die herstel van slaggate en die
onderhoud van openbare fasiliteite.
Die program sal versterk word om werksgeleenthede te skep vir die jeug, vroue
en plaaslike arm gemeenskappe, wat die las van lae ekonomiese groei en
werkloosheid dra.
[Aangepas uit https://www.gov.za/news/media]
4.3.1 Identifiseer in die uittreksel hierbo 'n sosio-ekonomiese probleem
wat deur die Uitgebreide Openbare Werke-program hanteer word. (1)
4.3.2 Noem die groei en ontwikkelingsbeleid wat beoog om teen 2030
armoede uit te skakel en ongelykhede te verminder. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term arbeidsintensief. (2)
4.3.4 Verduidelik die impak van swak infrastruktuur op ekonomiese groei. (2)
4.3.5 Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke-program help om die
lewenstandaard te verbeter? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks spesialisasie en innovasie as argumente ten gunste van
vryhandel. (2 x 4) (8)
4.5 Ontleed die fiskale beleidsmaatreëls wat gebruik kan word om die ekonomie te
demp. (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
• 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
definieer of te omskryf.
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
• MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/ Maks. 10
Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van wat reeds bespreek is, sonder die herhaling van
feite wat reeds genoem is
• Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die markte in die viersektor- ekonomiesekringloop-model.
(26 punte)
• Evalueer die bydrae van die sakesektor tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse
ekonomie. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in streeksontwikkeling.
(26 punte)
• Hoe kan die owerheid aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling te bevorder?
(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper