NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Economics Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 650.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN EKONOMIE – NSS OKT/NOV 2025
Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasien in alle provinsies te standaardiseer.
NASIEN
• ALLE vrae en antwoorde in kandidate se skrifte MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of
verkeerd is.
• Waar antwoorde meer is as wat die instruksies vereis, moet die volgende geld:
➢ In afdeling A, waar kandidate TWEE antwoorde gee, moet die eerste antwoord nagesien word.
➢ In afdeling B, (2.1.1, 3.1.1 en 4.1.1) merk die eerste TWEE antwoorde en dui aan M 2 vir
antwoorde wat meer is as wat die vraag vereis het.
➢ In afdeling B, data-antwoordvrae wat 'n spesifieke aantal antwoorde vereis (bv. 2.2.1 en 2.2.2),
merk die eerste antwoord en dui aan M 1 vir antwoorde wat oortollig is.
➢ In afdeling B en C (keusevrae), dui aan EKSTRA op vrae bo die vereiste aantal.
➢ Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke afdeling toegeken is, merk al die antwoorde tot by
die maksimum punte vir die vraag en dui óf M 2 óf M 8 óf M 10 óf M 26 aan. Trek daarna 'n lyn
aan die regterkant van die antwoorde wat oortollig is.
• 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word:
➢ Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word:✓
➢ Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word:✓✓
➢ Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor 'n punt toegeken word.
➢ Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word:
➢ Gebruik een kruisie op elke verkeerde antwoord in vrae waar kandidate meer as een antwoord
moet gee.
➢ Probeer om NIE die kandidate se antwoorde te onderstreep nie.
• Vir die volgende aksiewoorde is EEN-woord antwoorde aanvaarbaar: lys, noem, identifiseer
• Vir die volgende aksiewoorde moet 'n VOLLE sin geskryf word: beskryf, verduidelik, evalueer,
ontleed, stel voor, onderskei, definieer, bespreek, waarom, hoe
• Die volgende aksiewoorde moet binne hul konteks gelees word om te bepaal of 'n EEN-woord
antwoord of 'n VOLLE sin vereis word: verskaf, wat, tabuleer, identifiseer en gee.
• Waar kandidate 'n grafiek moet teken, merk die grafiek volgens 'n merkrubriek wat in die amptelike
nasienriglyne verskaf word.
• Waar kandidate berekeninge moet doen, sal die finale antwoord nie noodwendig volpunte kry nie.
3 punte word toegeken vir die berekeninge en1 punt vir die finale antwoord.
LET OP DIE VOLGENDE
• Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, kan kandidate gekrediteer word solank die
volgorde van antwoorde op vrae gevolg word.
• Waar daar spelfoute is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is.
• Gee aandag aan die betekenis van antwoorde, wat op 'n ander manier gestel kan word.
• In meerkeusevrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike antwoord
skryf - ken punte toe.
• Daar sal 'n bylaag tot die nasienriglyne wees vir die nasien van sekere vrae.
TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE
• Die subtotaal vir elke subvraag moet aan die regterkantse kantlyn aangeteken word.
➢ Vraag 1 in Afdeling A het DRIE onderafdelings en DRIE subtotale moet in die regterkantlyn
aangeteken word.
➢ Vrae in Afdeling B het VYF onderafdelings en VYF subtotale moet in die regterkantlyn
aangeteken word.
➢ Subtotale moet leesbaar geskryf word en spasie vir gemodereerde punte op die regterkantlyn
laat.
• Die totale punt vir elke vraag moet in die boonste linkerkantlyn langs die vraagnommer aangeteken
word en na die voorblad van die antwoordboek oorgedra word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A – endogene verduideliking van
1.1.2 B – 1
1.1.3 D – burokrasie
1.1.4 C – absolute
1.1.5 D – spesifieke
1.1.6 B – progressiewe
1.1.7 A – Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
1.1.8 C – 15 en 64 (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 G – die bedrag geld bestee op finale goedere en dienste
binne 'n land
1.2.2 I – dui die algemene rigting waarin die ekonomie beweeg aan
1.2.3 E – bestaan uit 'n drie-jaar aaneenlopende uitgawe en inkome
vooruitskatting van die owerheid
1.2.4 A – die waarde van 'n geldeenheid word deur die kragte van
vraag en aanbod bepaal
1.2.5 B – ontwikkelende lande ondergaan vinnige ekonomiese groei en
industrialisasie
1.2.6 F – veranderinge in rentekoerse en geldvoorsiening om die
ekonomie te beïnvloed
1.2.7 D – 'n streek wat aktiwiteite konsentreer en fasiliteer binne 'n
bepaalde sektor
1.2.8 C – die verhouding tussen reële uitset en faktorinset (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Resessie
1.3.2 Laffer-kromme
1.3.3 Internasionale handel/ Buitelandse handel
1.3.4 Beskerming
1.3.5 Grondrestitusie
1.3.6 Demografiese aanwyser (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van leidende aanwysers.
• Vakature advertensiespasie
• Aantal bouplanne goedgekeur
• Aantal voertuie verkoop
• Netto goud en ander buitelandse reserwes
• Reële handelsware uitvoere
• Nuwe maatskappye geregistreer
• Gouderts gemaal
• Rentekoerse verspreiding
• Saamgestelde leidende sakesiklus aanwysers vir Suid-Afrika se
vernaamste handelsvennoot-lande
• Kommoditeitspryse-indeks vir Suid-Afrika se belangrikste
uitvoerkommoditeit (gebaseer op Amerikaanse dollar)
• Gemiddelde ure per fabriekwerker in vervaardiging gewerk (halwe
gewig)
• Volume van bestellings in vervaardiging (halwe gewig)
• Sakevertroue-indeks
• Reële M1
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan die owerheid niebetalers van die verbruik van openbare
goedere uitsluit?
• Die owerheid kan gebruikstariewe/ fooie/ heffings hef vir die gebruik
van kollektiewe goedere, soos stadions en nasionale paaie.
• Die owerheid kan belasting gebruik om te verhoed dat niebetalers (2)
openbare goedere verbruik deur almal te dwing om finansieel by te
dra.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer die item in die tabel hierbo wat die koop van aandele
aanteken.
Netto portefeulje-investering (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.2.2 Noem die subrekening van die betalingsbalans wat transaksies
aanteken wat met skuldvergewing verband hou.
Kapitaaloordragrekening (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term direkte investering.
'n Belegging in vaste eiendom en die verkryging van 'n betekenisvolle
aandeel (10%+) of beheer van sodanige besigheid / Dit sluit
transaksies wat verband hou met beleggings in buitelandse besighede
en vaste eiendom in.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.4 Verduidelik die doel van onaangetekende transaksies in die
betalingsbalans.
Om voorsiening te maak vir foute en weglatings in terme van
tydsberekening, dekking en waardasie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.5 Gebruik die inligting hierbo om te bepaal of daar 'n toename of
afname in die reserwebates (A) is. Toon ALLE berekeninge.
Saldo op Finansiële Rekening 62 869
Min: Saldo op finansiële rekening reserwebates
uitgesluit 63 066
= Reserwebates -197
OF
Reserwebates = 62 869 – 13 481 – 4 311 + 23 349 – 68 622
= -197
Daar is 'n toename in reserwebates, omdat die waarde van
reserwebates 'n negatiewe teken (-) het. (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer in die grafiek hierbo die vlak van inflasie waar die
werkloosheidskoers 10% is.
6% (1)
2.3.2 Gee die konsep wat verband hou wat met die vlak van
werkloosheid waar die inflasiekoers nul is.
Natuurlike werkloosheidskoers/ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.3.3 Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma in
verband met sakesiklusse.
Dit is die gladstryking van sakesiklusse (die bereiking van
prysstabiliteit) deur die gebruik van vraagkant- en
aanbodkantbeleide./ Dit is moontlik om ekonomiese groei te
bevorder sonder om inflasie uit te lok deur vraagkant- en
aanbodkantbeleide te gebruik.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie
soos deur die grafiek geïllustreer.
Daar is 'n inverse/ afruilende/ negatiewe verhouding tussen
werkloosheid en inflasie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.5 Hoe kan die owerheid doeltreffendheid van markte in die
ekonomie verbeter?
• Die owerheid moet wette en regulasies verwyder (deregulering)
om die buigsaamheid van markte te verbeter.
• Moedig mededinging aan deur die stigting van nuwe besighede
te bevorder, buitelandse direkte investerings uit te nooi en
magwanbalanse te verwyder.
• Gelykmaking van die speelveld om te verseker dat alle
markdeelnemers gelyke geleenthede het en geen besigheid
onregverdig benadeel word nie. (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.4 Bespreek kortlik volle indiensneming en ekonomiese gelykheid as makro-
ekonomiese doelwitte van die owerheid.
Volle indiensneming
• Volle indiensneming is wanneer alle mense wat werk soek in diens geneem
word.
• Die doel van die owerheid is om ordentlike en volhoubare
werksgeleenthede te skep
• Indiensnemingskoers word gemeet as die persentasie van die ekonomiese
aktiewe bevolking (EAB) wat in diens is.
• Op die kort termyn, kan indiensneming verhoog word deur direkte
indiensnemingskemas en subsidies, soos jeugindiensneming-subsidies te
gebruik.
• Op die mediumtermyn, kan die owerheid arbeidsintensiewe aktiwiteite
ondersteun, veral in landbousektor en om investeringaansporings aan
besighede in nywerhede te bied wat baie mense in diens neem, soos die
vervaardigingsbedrywe.
• Op die langtermyn kan die owerheid kennis- en kapitaalintensiewe-sektore
ondersteun om mededingend te bly of die gehalte van onderwys en
opleiding om die indiensneembaarheid van die toekomstige arbeidsmag te
verhoog. (2 x 2)
Ekonomiese gelykheid
• Ekonomiese gelykheid verwys na 'n situasie waar die hulpbronne van die
ekonomie eweredig onder die bevolking versprei word.
• Inkomste word meer eweredig versprei wanneer die Gini-koëffisiënt minder
as 0,5 is.
• Die verdeling van inkomste in die ekonomie is nie regverdig nie, aangesien
sommige mense 'n groot hoeveelheid geld verdien terwyl andere minder
verdien.
• In SA is die inkomstegaping steeds hoog, soos blyk uit die Gini-koëffisiënt
van bo 0,6.
• Die owerheid kan inkomste deur die progressiewe belastingstelsel
herverdeel.
• Progressiewe belasting beteken dat hoër inkomsteverdieners 'n hoër
belastingkoers betaal.
• Die owerheid kan die armes met gratis basiese onderwys, gratis basiese
gesondheidsorg, maatskapliketoelae, gratis dienste en subsidies help.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2)
('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
voorbeelde) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.5 Hoe kan die appresiasie van die rand die Suid-Afrikaanse ekonomie
beïnvloed?
Positiewe uitwerking
• Die invoer van produksie-insette soos ru-olie, landbou-chemikalieë en
voertuigonderdele sal goedkoper word, wat kostedrukinflasie sal
bekamp.
• Laer koste van die invoer van produksie-insette kan binnelandse produksie
verhoog, wat ekonomiese groei stimuleer en pryse vir goedere en dienste
sal verlaag
• Buitelandse beleggers kan aangetrokke wees om meer in die ekonomie te
belê aangesien 'n sterker rand die opbrengs op hul beleggings verhoog.
• Invoerbetalings sal afneem, wat welsyn kan verhoog, aangesien meer
hulpbronne gebruik kan word om meer uitvoere te produseer om die hoër
invoerkoste te finansier.
• Uitvoerverdienste sal toeneem, wat tot 'n verbetering in handelsbalans tot
gevolg sal lei.
• Op die korttermyn, sal die ruilvoet verbeter aangesien die pryse van uitvoere
hoër as die invoerpryse sal wees.
• Uitgaande toerisme-aktiwiteite sal toeneem namate meer Suid-Afrikaanse
toeriste ander lande sal besoek as gevolg van die sterker rand.
Negatiewe uitwerking
• Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere soos basismetaal en
mineraalprodukte sal afneem namate dit relatief duurder raak.
• Plaaslike besighede sal in terme van winste ly omdat hul produkte minder
mededingend in wêreldmarkte raak.
• Werkloosheidsvlakke kan styg aangesien plaaslike besighede gedwing sal
word om hul produksie te verminder as gevolg van verminderde
uitvoere.
• Inkomende toerisme-aktiwiteite sal afneem aangesien minder toeriste die
land besoek as gevolg van die sterker rand.
• Betalingsbalanstekorte sal toeneem namate minder goedere uitgevoer
word terwyl meer goedere ingevoer word as gevolg van 'n sterker
geldeenheid.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/ [40]
voorbeelde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE internasionale organisasies wat lidland
vereis om ekonomiese en sosiale aanwysers te standaardiseer.
• Internasionale Monetêre Fonds
• Wêreldbank
• Verenigde Nasies
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan uitvoerbevordering tot ekonomiese groei lei?
Uitvoersubsidies en aansporings kan die produksie van goedere en
dienste vir uitvoere aanmoedig, wat die bruto binnelandse produk
verhoog en ekonomiese groei stimuleer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer in die grafiek hierbo die dienste waaraan die
huishoudings die laagste toegang het.
Vullisverwydering (1)
3.2.2 Noem die sosiale aanwyser wat verband hou met die migrasie
van mense van plaaslike na stedelike gebiede.
Verstedeliking (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term sanitasie.
Die voorsiening van fasiliteite en dienste, soos toilette,
vullisverwydering en rioolstelsel, om veilige wegdoening van
menslike afval te verseker, higiëne en skoon omgewing, om mense
se gesondheid te beskerm.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.4 Verduidelik die impak van 'n toename in bevolking op 'n land se
arbeidsmag.
• 'n Toename in die bevolking verhoog die aantal mense wat
beskikbaar is om te werk, wat die arbeidsmag verhoog.
• 'n Toename in die aanbod van arbeid kan tot laer lone en
salarisse vir die arbeidsmag lei.
• 'n Groter bevolking bring 'n verskeidenheid vaardighede en
ervarings na die arbeidsmark.
• 'n Groeiende bevolking kan werkloosheid veroorsaak omdat daar
dalk nie genoeg werk, vir almal wat werk soek is nie.
• Die gaping in sosiale en ekonomiese ongelykhede kan
verbreed, aangesien sommige groepe nie toegang tot
onderwys, opleiding en werksgeleenthede kan kry nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.2.5 Hoe kan toegang tot skoon water 'n land se ekonomiese
prestasie verhoog?
• Skoon water help om siektes te voorkom, en hou sodoende
werkers gesond, verminder siekdae en verhoog
produktiwiteit.
• Toegang tot skoon water bevorder gereelde skoolbywoning wat
tot 'n beter opgeleide arbeidsmag met hoër potensiale verdienste
lei.
• Toegang tot skoon water kan toeriste na die land lok, wat
ekonomiese aktiwiteit verhoog.
• Lande met betroubare voorsiening van skoon water is meer
aantreklik vir besighede wat wil belê.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer in die uittreksel hierbo die handelsooreenkoms wat
beoog om Suider-Afrika se maatskaplike en ekonomiese
raamwerk te herbou en ontwikkel.
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap / SAOG (1)
3.3.2 Noem die internasionale organisasie wat vryhandel fasiliteer.
Wêreldhandelsorganisasie/ WHO (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term handelsliberalisering.
Die afskaffing van owerheidsinmenging in handelsvloei aan beide
die invoer en uitvoerkant/ Die verwydering van handelbeperkinge
soos tariewe en kwotas op uitvoere en invoere om vrye vloei van
goedere en dienste tussen lande toe te laat.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.4 Verduidelik 'n voordeel van die Wet op Groei en Geleenthede in
Afrika (AGOA) vir Suid-Afrika.
• Plaaslike produsente mag belastingvrye toegang op hul uitvoere
na die VSA- mark geniet, wat hul goedere meer mededingend
maak.
• AGOA bevorder nywerheidsgroei en diversifikasie in Suid-
Afrika.
• Toename in uitvoerproduksie kan tot 'n toename in
indiensneming in Suid-Afrika lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.3.5 Hoe kan storting produsente in invoerlande beïnvloed?
• Produsente in invoerlande kan onregverdige mededinging in die
gesig staar, aangesien buitelandse ondernemings hul produkte
teen baie lae pryse verkoop.
• Plaaslike produsente mag gedwing word om bedrywighede te
sluit weens lae vraag na hul produkte.
• Besighede in invoerlande kan gedwing word om hul pryse te
verlaag om by pryse van buitelandse produkte te pas, wat tot lae
winsgrense kan lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die Breëbasis-Swart Ekonomiese
Bemagtigingprogramme (BBSEB) en die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) as Suid-Afrikaanse groei en
ontwikkelingsbeleide en strategiese inisiatiewe.
Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtigingprogramme (BBSEB)
• BBBEE bevorder inklusiewe ekonomiese deelname vir swart Suid-
Afrikaners om historiese ongelykhede aan te spreek.
• Die strategie bied 'n regsbasis vir die transformasie van die Suid-
Afrikaanse ekonomie.
• Die doelwitte is herstel en regstellende aksie in die werkplek- en
besigheidsomgewings.
• BBBEE bevorder groei en ontwikkeling deur voorkeurverkryging,
ondernemingsontwikkeling, vaardigheidsontwikkeling, en die
bevordering van eienaarskap en bestuur.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2)
Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
• Die NVOS het ten doel om die vaardighede van die Suid-Afrikaanse
arbeidsmag te verbeter om ekonomiese behoeftes te bevredig,
werkloosheid te verminder en gelykheid te bevorder.
• Die NVOS is bedoel om onderwys en opleiding in Suid-Afrika radikaal te
transformeer.
• Die strategie identifiseer en bied opleiding vir vaardighede wat in hoë
aanvraag is om ekonomiese produktiwiteit te verhoog.
• Die NVOS verbeter die kwaliteit opleidingsprogramme deur vennootskappe
tussen opvoedkundige instellings, werkgewers en SOOO’s (SETA’s).
• Die strategie fokus daarop om vaardigheidsverkrygingsgeleenthede aan
histories benadeelde groepe te bied om rasse- en geslagsongelykhede in
die arbeidsmag te transformeer. (2 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
voorbeelde) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.5 Hoe kan veranderinge in die verskillende ekonomiese aanwysers gebruik
word om verbetering in die prestasie van die ekonomie te toon?
• 'n Afname in die Verbruikersprysindeks (VPI) toon laer lewenskoste in die
ekonomie, wat 'n toename in vraag vir goedere en dienste veroorsaak.
• 'n Daling in die Produsenteprysindeks (PPI) dui op laer produksiekoste en
moedig die produksie van meer goedere en dienste aan.
• 'n Verbetering in die ruilvoet beteken dat Suid-Afrika meer inkomste uit
uitvoere kry, wat gebruik word om invoeruitgawes te finansier, wat
ekonomiese stabiliteit op die kort termyn versterk.
• 'n Verbeterde ruilvoet kan 'n surplus in die lopende rekening weerspieël, wat
as maatstaf vir 'n gesonde ekonomie dien.
• 'n Hoër indiensnemingskoers weerspieël ekonomiese stabiliteit wat
verbruikersbesteding, belastinginkomste en ekonomiese groei
bevorder.
• Hoër arbeidsproduktiwiteit dui op verbeterde ekonomiese doeltreffendheid,
mededingendheid en BBP-groei.
• Laer rentekoerse moedig besteding en investering aan om ekonomiese
aktiwiteite te bevorder.
• Hoër rentekoerse beperk inflasie en lok buitelandse investering wat tot 'n
toename in ekonomiese groei sal lei.
• 'n Swakker wisselkoers beteken dat uitvoere goedkoper en meer
mededingend in die wêreldmarkte sal word, wat die handelsbalans van die
lopende rekening verbeter.
• 'n Sterker wisselkoers toon dat die land minder vir invoere sal betaal, wat
inflasie verminder.
• 'n Toename in geldvoorraad (M1, M2 en M3) weerspieël hoër likiditeit,
uitbreiding van kredietbeskikbaarheid en 'n hupstoot van
korttermynbesteding.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
voorbeelde)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE vraagredes vir internasionale handel.
• Grootte van die bevolking
• Inkomstevlakke
• Verandering in die welvaart van die bevolking
• Voorkeure en smake
• Die verskil in verbruikerspatrone
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan geletterdheidsvlakke in ontwikkelende lande verbeter
word?
• Die owerheid moet meer skole bou en toegang tot onderwys
verhoog.
• Implementeer beleide en programme wat leerders aanmoedig
om met betekenis op laerskoolvlak te lees.
• Maak befondsing vir alle gemarginaliseerde gemeenskappe
beskikbaar en toeganglik.
• Implementeer beleide wat dit verpligtend maak vir alle kinders
om skool by te woon.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer in die spotprent hierbo EEN faktor wat tot swak
openbaresektor-voorsiening bydra.
Aanspreeklikheid (1)
4.2.2 Noem die soort openbare goedere wat gratis verskaf word.
Gemeenskapsgoedere (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term openbaresektor-mislukking.
• Openbaresektor-mislukking is wanneer die owerheid nie daarin
slaag om die ekonomie en die hulpbronne onder sy beheer
optimaal te bestuur nie.
• Vind plaas wanneer die owerheid versuim om openbare goedere
in die verlangde hoeveelhede en gehalte te voorsien.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
4.2.4 Verduidelik die uitwerking van 'n styging in Belasting op
Toegevoegde Waarde (BTW) op besighede.
• Besighede kan bykomende koste aangaan wanneer hulle die
pryse van goedere en dienste wat aan BTW gekoppel is,
aanpas.
• Besighede kan gekonfronteer met laer vraag na goedere en
dienste, wat tot 'n afname in verkoopsinkomste kan lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.5 Hoe kan die privatisering van parastatale positief die owerheid
beïnvloed?
• Privatisering verminder die fiskale las en staatslenings,
aangesien die verkoop van openbare bates aan die private
sektor, bykomende inkomste vir die owerheid genereer.
• Die belastingbasis vir die owerheid kan uitbrei, wat
belastinginkomste sal verhoog en tot groter finansiële vermoë
lei, om ander dienste te lewer.
• Privatisering help die owerheid om ontwikkelingsdoelwitte, soos
swart ekonomiese bemagtiging deur verhoogde eienaarskap en
beheer van besighede deur die voorheen benadeelde groepe, te
bereik.
• Privatisering van staatsbeheerde ondernemings kan
onmiddellike inkomste vir die owerheid genereer, wat gebruik
kan word om staatsskuld te verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3 DATAREPONS
4.3.1 Identifiseer in die uittreksel hierbo 'n sosio-ekonomiese
probleem wat deur die Uitgebreide Openbare Werke-program
aangespreek word.
Werkloosheid (1)
4.3.2 Noem die groei en ontwikkelingsbeleid wat beoog om armoede
uit te skakel en ongelykhede teen 2030 te verminder
Nasionale Ontwikkelingsplan/ NOP (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term arbeidsintensief.
Prosesse of take wat meer menslike pogings as kapitaal verg om
goedere en dienste te produseer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Verduidelik die impak van swak infrastruktuur op ekonomiese
groei.
• Swak infrastruktuur, soos verouderde padnetwerke kan die
verspreiding van produksie-insette en finale goedere ontwrig,
wat tot lae produksie en afname in ekonomiese groei lei.
• Swak infrastruktuur kan buitelandse en binnelandse investering
ontmoedig, wat die produksievermoë van die ekonomie beperk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
omdat dit duur sal wees vir entrepreneurs om hul besighede te
bedryf.
• Gebrekkige energievoorsiening sal veroorsaak dat besighede
minder produksie produseer, wat ekonomiese groei
verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.5 Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke-program help om die
lewenstandaard te verbeter?
• Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) bied tydelike
werkgeleenthede wat 'n inkomstebronne vir die benadeelde
huishoudings skep.
• UOWP bied geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling sodat die
deelnemers in die arbeidsmark opgeneem kan word.
• UOWP dra tot armoedeverligting by deur huishoudings toe te laat
om klein besighede te begin met behulp van vaardighede wat
verkry is.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks spesialisasie en innovasie ten gunste van vryhandel.
Spesialisasie
• Vergelykende voordeel wys dat wêreldproduksie verhoog kan word as
lande spesialiseer in wat hulle relatief goed kan produseer.
• As lande spesialiseer, sal die goedere waarvoor hulle 'n vergelykende
voordeel het, wêreldhandel en verbruik gemaksimeer word.
• Die effek van verhoogde lewenstandaarde lei tot die verhandeling van meer
goedere en dienste.
• Laat bedrywe toe wat 'n vergelykende voordeel met 'n laer
geleentheidskoste het.
• Spesialisasie verhoog ekonomiese doeltreffendheid en voorkom die
vermorsing van hulpbronne.
• Elke land wat die beste geskik is vir spesifieke goedere of dienste, sal meer
van daardie goedere of dienste produseer. (2 x 2)
Innovasie
• Vryhandel lei tot verhoogde mededinging, wat ‘n kragtige aansporing vir
innovasie bied.
• Vryhandel laat lande toe om nuwe produkte bekend te stel wat na
buitelandse markte uitgevoer kan word.
• Ondernemings ding mee om produksiemetodes te vind wat koste sny en
die kwaliteit en betroubaarheid van goedere verbeter.
• Mededinging op internasionale markte kan besighede dwing om die nuutste
tegnologie te implementeer en hul stelsels voortdurend te verbeter.
(2 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
4.5 Ontleed die fiskale beleidsmaatreëls wat gebruik kan word om die
ekonomie te demp.
• Beperkende of krimpende fiskale beleid word tydens die voorspoedfase van
die sakesiklus gebruik om die ekonomie te demp.
• Afnemende owerheidsbesteding aan infrastruktuurprojekte verminder die
vraag na goedere en dienste.
• Die sny van openbare sektorlone (vergoeding van werknemers) kan help
om die totale vraag na goedere en dienste te verminder en produksie te
ontmoedig.
• Om belasting op besighede te verhoog, sal winsvooruitsigte in die ekonomie
verminder, wat tot 'n algehele afname in ekonomiese aktiwiteite lei.
• Verhoging van persoonlike inkomstebelasting kan beskikbare inkomste
verminder, wat tot 'n daling in verbruikersbesteding lei.
• Verhoging van indirekte belasting soos BTW, aksynsbelasting, ens sal die
prys van goedere en dienste laat styg, wat besteding verminder.
• Vermindering in maatskaplike besteding, soos welsynstoelae, kan die
huishoudings se inkomstevlakke verlaag wat tot laer verbruiksbesteding
lei.
• 'n Afname in subsidies en aansporings wat aan besighede aangebied word,
kan tot laer produksie-uitset lei namate die werklike produksiekoste wat
produsente aangaan styg
• Die owerheid kan aansporings vir spaargeld bied, soos belastingvrye
spaarrekeninge, om mense aan te moedig om te spaar eerder as om te
spandeer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
voorbeelde) (4 x 2)
(8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die markte in die viersektor ekonomiesekringloop-model.
(26 punte)
• Evalueer die bydrae van die sakesektor tot die ontwikkeling van die
Suid-Afrikaanse ekonomie. (10 punte)
INLEIDING
Die ekonomiese kringloop is 'n vereenvoudigde ekonomiese model wat die onderlinge
verhouding tussen die ekonomiese deelnemers illustreer.
OF
'n Mark is 'n meganisme wat kopers en verkopers bymekaar bring om verskillende soorte
produkte uit te verruil.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
VIER TIPE MARKTE IN DIE EKONOMIESE KRINGLOOP
(a) Goederemarkte/Produktemarkte/Uitsetmarkte
• Die produktemark is waar goedere en dienste gekoop en verkoop word.
• Firmas, owerheid en die buitelandse sektor verskaf goedere en dienste binne die oop
ekonomie, wat die reële vloei verteenwoordig.
• Verbruikers, firmas, die owerheid en buitelandse sektor koop goedere en dienste van
die goederemark en hul betalings verteenwoordig geldvloei.
• Goedere word gedefinieer as enige tasbare items soos voedsel, klere en motors wat
aan sekere menslike behoeftes voldoen.
• Dienste word gedefinieer as nie-tasbare aksies wat vervoer, kleinhandel en finansiële
transkasies insluit.
• Verbruikersgoederemark behels die handel in duursame-, semi-duursame en nie-
duursame verbruiksgoedere.
• 'n Verdere onderskeiding word tussen die volgende verbruikgoedere gemaak:
- Nie-duursame goedere is daardie items wat opgebruik word wanneer dit verbruik
word en nie hergebruik kan word nie, soos petrol en drankies.
- Semi-duursame goedere hou vir 'n kort tydperk en kan meer as een keer gebruik
word, soos drukkerpatroon en 'n pen.
- Duursame goedere kan oor en oor gebruik word en verslyt nie baie maklik nie,
soos voertuie en meubels.
• Kapitaalgoedere is daardie goedere wat deur besighede gekoop word vir gebruik in
die produksieproses en hulle word in die kapitaalgoederemark aangekoop.
(b) Faktormarkte/Hulpbronmarkte/insetmarkte
• Faktormark is waar produksiefaktore verruil word,
• Die arbeidsmark, eiendomsmark en die finansiële markte is deel van die
faktormark.
• Huishoudings is die eienaars van produksiefaktore en verkoop dit aan firmas om
goedere en dienste te produseer.
• Die produksiefaktore is arbeid, entrepreneurskap, kapitaal en natuurlike hulpbronne
en hulle word onderskeidelik vir lone, wins, rente en huur verruil.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Die faktormark kan verder onderverdeel word in die volgende markte waarin
verskillende produksiefaktore verhandel word:
- 'n Arbeidsmark waar arbeid verhandel word, byvoorbeeld, die besigheid wat in
indiensnemingsagente en arbeidsmakelaars gedoen word.
- 'n Natuurlike hulpbronmark waar land (grond) en ander natuurlike hulpbronne
verhandel word.
• Faktordienste is reële vloeie en dit gaan gepaard met teenvloei van inkomste op die
faktormark.
(c) Finansiële markte
• Finansiële markte is nie direk betrokke in die produksie van goedere en dienste nie,
maar dien as 'n skakel tussen huishoudings en besighede met surplusinkomste en
ander deelnemers wat fondse benodig.
• Banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse vorm deel van die finansiële
markte.
• Finansiële markte lewer finansiële dienste aan ander deelnemers in die ekonomie
deur surplusfondse in te samel en dit uit te leen aan diegene wat finansiering
benodig.
Geldmark
• Die geldmark is die mark vir korttermyn spaargeld en lenings.
• Geldmark sluit interbanklenings vir 'n tydperk so kort as oornag in.
• Die sekuriteite wat verhandel word sluit korttermyndeposito’s, korttermynskuldbriewe
(-obligasies) en skatkiswissels in.
• Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is die sleutelinstelling in die geldmark.
• Die SARB administreer die funksie van wetgewing en die bestuur van die
geldmark.
Kapitaalmark
• Die kapitaalmark is die mark vir langtermyn spaargeld en lenings.
• Die sekuriteite wat in hierdie mark verhandel word, is langtermyndeposito’s,
verbandlenings en aandele.
• Die Johannesburgse Sekuriteitsbeurs (JSE) is 'n sleutelinstelling in die
kapitaalmark.
(d) Buitelandse valutamark/ buitelandse geldeenheidmark/ Forex-mark
• Die buitelandse valutamarkte is waar verskillende geldeenhede van al die lande
verhandel word, bv. Die Suid-Afrikaanse rand kan in hierdie mark vir die
Amerikaanse dollar verruil word.
• Die buitelandse valutamarkte ontstaan wanneer een land goedere van ‘n ander land
invoer en binnelandse geldeenheid omgerruil moet word om vir sulke invoere te
betaal.
• Buitelandse valuta kan by banke en buitelandse valuta-agente gekoop en verkoop
word.
• Die Suid-Afrikaanse rand word vrylik in die forex-markte verhandel en die waarde
daarvan word deur die markkragte van vraag en aanbod bepaal.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks.26)
(Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/ sub-hofies/voorbeelde toe)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
ADDISIONELE DEEL
POSITIEWE
• Besighede skep direk en indirek werkgeleenthede, wat help om werkloosheidskoerse
te verlaag.
• Die sakesektor bied vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede, soos indiensopleiding
en werkswinkels, wat die vaardighede van die werksmag verbeter en produktiwiteit
verhoog.
• Besighede dra grootliks by tot die bruto binnelandse produk (BBP) van 'n land deur
die produksie van goedere en dienste as die hoof dryfveer van ekonomiese groei.
• Die sektor belê in navorsing en ontwikkeling, wat innovasie en entrepreneurskap
aanmoedig.
• Besighede betaal maatskappybelasting aan die owerheid, wat dan gebruik word om
openbare dienste en infrastruktuurprojekte te finansier.
• Besighede kan in vennootskap met die owerheid werk om infrastruktuur te ontwikkel
soos die bou van paaie, vervoer en kommunikasiestelsel wat ekonomiese aktiwiteite
en ekonomiese groei bevorder.
• Besighede neem aan internasionale handelaktiwiteite deel wat die mededingendheid
van 'n land se uitvoere verbeter.
• Besighede neem deel aan korporatiewe maatskaplike beleggingsprojekte (KMB) wat
help om die welsyn van gemeenskappe te verbeter.
NEGATIEF
• Die sakesektor verbreed die ongelykheidsgaping deur lae lone aan werkers te betaal.
• Besighede wat winsgedrewe is, versuim soms om die negatiewe impak van hul
aktiwiteite op die omgewing, soos besoedeling, in ag te neem.
• Onbillike besigheidspraktyke soos samespanning, kan tot verbruikersuitbuiting lei,
deur hoë pryse.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10)
('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/
voorbeelde)
SLOT
Markte is uiters belangrike instellings in die ekonomiese stelsel, aangesien hulle die
mark reguleer, prysstabiliteit beskerm en beide die besigheid- en verbruikersvertroue
verbeter.
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot) (Maks. 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in streeksontwikkeling.
(26 punte)
• Hoe kan die owerheid aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling te
bevorder? (10 punte)
INLEIDING
Streeksontwikkeling fokus op beleide wat gemik is op gebiede of streke van 'n land wat
minder ontwikkel is, te verbeter. OF
Streeksontwikkeling is die implementering van beleide wat daarop gemik is om die
ekonomiese lewensvatbaarheid van spesifieke gebiede of geografiese direkte te
verhoog.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe (ROI)
• Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe kan gedefinieer word as 'n skakel tussen
belangrike ekonomiese middelpunte (spilpunte) en streke in 'n land.
• ROI is 'n beleid om volhoubare nywerheidsontwikkeling in gebiede waar armoede en
werkloosheid die hoogste is, te bevorder.
• ROI stimuleer ekonomiese aktiwiteite in die onderontwikkelde gebiede om
indiensneming en ekonomiese groei te stimuleer.
• Die owerheid het ten doel gehad om die private sektor en direkte buitelandse
investering te verbeter deur aansporings toe te staan.
• Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe bevorder die vestiging van openbare-privaat-
vennootskappe (OPV) om die ekonomiese potensiaal van onderontwikkelde gebiede
te verbeter.
• In 'n OPV, kan private besighede die kapitaal verskaf om die fabrieke te bou,
grondstowwe te koop en arbeid in diens te neem.
• Die owerheid voorsien kapitaal vir die infrastruktuur soos paaie en
watervoorsieningsnetwerke.
• Die ROI behels 'n interdepartementele beleggingstrategie wat die Departement van
Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM) en die Departement van Vervoer (DoT)
lei.
• DHNM is die dryfveer agter nywerheid- en ruimtelike ontwikkeling, aangesien dit die
vestiging en groei van besighede ondersteun.
• ROI fokus op hoëvlak ondersteuning in gebiede waar sosio-ekonomiese
omstandighede gekonsentreerde owerheidsondersteuning vereis en inherente
ekonomiese potensiaal bestaan.
• ROI versnel investering en maksimeer medewerkendheid tussen verskeie tipes
beleggings.
• Voorbeelde van ROI’e in Suid-Afrika sluit in KwaZulu-Natal ROI, Wildekus ROI,
Visrivier ROI, Weskus Investeringsinisiatief, Platinum ROI, Phalaborwa ROI,
Gauteng Spesiale Ekonomiese Sone, Lubombo ROI en Richardsbaai-inisiatief.
('n Maksimum van 1 punt kan toegeken word vir voorbeelde van ROI’e)
Nywerheidsontwikkelingsones (NOS)
• NOS’e is geografiese ontwerpte, doelgeboude en fisiese omheinde
nywerheidsgebiede, wat met 'n internasionale lughawe of hawe verbind is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 21 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Die fokus van NOS’e is om private en direkte buitelandse investering na
uitvoergedrewe nywerhede te lok.
• Nywerheidsontwikkelingsones laat belastingvrye invoer van produksieverwante
grondstowwe en insette toe.
• Besighede in NOS’e het toegang tot toegewyde doeanedienste om inspeksie en
goedkeuring meer doeltreffend te maak.
• Die strategie was daarop gemik om die internasionale mededingendheid van
plaaslike nywerhede in uitvoermarkte te verbeter.
• NOS fokus op werkskepping deur die uitvoer van waarde-toegevoegde produkte te
bevorder.
• Besighede wat in NOS’e geleë is, geniet wêreldklas infrastruktuur, 'n zerokoers BTW
op voorrade uit Suid-Afrikaanse bronne en verminderde belasting op sommige
produkte.
• NOS is gestig om maatskappye wat investeer te bevoordeel, deur finansiële
ondersteuning wat deur die owerheid verskaf word.
• Besighede in NOS’e het toegang tot vervoer vir uitvoerdoeleindes en nuutste
tegnologie vir wêreld-kommunikasie.
• NOS is ontwerp om skakels tussen binnelandse en sone-gebaseerde nywerhede te
bevorder en ontwikkel.
• Voorbeelde van NOS’e in Suid-Afrika sluit in: Coega NOS, OR Tambo Internasionale
Lughawe, Oos-Londen NOS, Richardsbaai NOS en Saldanhabaai NOS.
('n Maksimum van 1 punt kan toegeken word vir voorbeelde van NOS’e)
Spesiale Ekonomiese Sones (SES)
• Spesiale Ekonomiese Sones is geografiese afgebakende gebiede waar spesifieke
ekonomiese aktiwiteite geïdentifiseer is om ontwikkel te word.
• Besighede wat in SES’e geleë is, kan aansporings soos belastingverligting en
ondersteuningsdienste geniet om nywerheidsontwikkeling te bevorder.
• SES’e skep 'n basis vir 'n breër reeks van nywerheidsparke en verskaf ekonomiese
infrastruktuur om die groepering van vervaardigers moontlik te maak.
• Die doel van die skep van SES’e is om nuwe besighede te lok wat nuwe
produksielyne ontwikkel en werkgeleenthede skep.
• Die DHNM het aangedui dat die bestaande NOS’e waar spesiale
belastingaansporings nie van toepassing is nie, na SES'e gegradeer sal word.
• SES’e is nie noodwendig aan internasionale lug- of seehawens gebind nie en die
doel van vervaardiging is om vir beide binnelandse en uitvoermarkte te voorsien.
Korridors
• 'n Korridor is 'n landstreek wat 'n deurgang vorm wat toegang verleen van een gebied
na 'n ander en as deel van streeksontwikkeling ontwikkel is.
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat aan mynbou, vervaardiging en
ander besighede voordele bied.
• Die voordele sluit die teenwoordigheid van behoorlike infrastruktuur en die
spesialisering van produkte of dienste in.
• Korridors is ontwikkelde gebiede binne Suid-Afrika en is die prioriteite van al die
ontwikkelingsagentskappe.
• Die DHNM bied hulp ter ondersteuning van die ontwikkelingkorridors soos die
Maputo-ontwikkelingskorridor, wat in Gauteng begin en deur Mpumalanga tot by die
Maputo-hawe strek, en geleenthede vir die vervoerbedryf bied.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks.26)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir opskrifte/ sub-hofies/voorbeelde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 22 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
ADDISIONELE DEEL
• Verminder maatskappybelasting en bied belastingvakansie of kwytskeldings om die
winsvooruitsigte te verhoog, wat investering in bestaande nywerhede sal lok.
• Verskaf subsidies op kapitaalinvestering om die ontwikkelingskoste vir potensiële
investeerder in spesifieke nywerhede te verminder.
• Owerheid kan kontanttoelae of lae rente lenings aan besighede verskaf wat wil uitbrei
en nuwe tegnologieë wil aanneem.
• Die owerheid kan 'n ondersteunende omgewing vir nywerhede om te floreer skep
deur in infrastruktuurontwikkelingsprojekte, soos paaie, nutsdienste en
nywerheidsparke te belê.
• Die vereenvoudiging van die registrasieprosedure vir besighede, die vermindering
van burokratiese struikelblokke en die verskaffing van makliker toegang tot lisensies
kan nywerhede help om doeltreffend te groei.
• Bied uitvoeraansporings soos inligting oor uitvoermarkte en konsessies op
vervoerkostes, om die produksie van goedere en dienste vir uitvoere aan te
moedig.
• Voorsien belastingvrye aansporings om die produksiekoste vir besighede wat
produksie-insette invoer, te verminder.
• Die owerheid kan direkte finansiële ondersteuning vir vaardigheidsontwikkeling bied
wat help om die vaardigheidsbasis en produktiwiteit van besighede te verhoog.
• Verskaf sakeondersteuningsprogramme om die lewering van
kleinsakeondersteuning aan klein besighede en entrepreneurs te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10)
('n Maksimum van 2 punte toegeken vir blote lys van feite/ voorbeelde)
SLOT
Streeksontwikkelingsbeleide los die langtermynprobleme van werkloosheid en armoede
op, alhoewel sekere beperkinge soos vaardigheidstekorte en hoë kostes steeds
aangespreek moet word.
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot) (Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper