Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 




%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND) 2025
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die koste wat altyd sal daal wanneer produksie styg, staan as …
koste bekend.
A gemiddelde
B gemiddelde veranderlike
C totale
D gemiddelde vaste
1.1.2 Die vraagkromme van 'n monopolistiese mededinger is …
A relatief elasties.
B relatief onelasties.
C volmaak elasties.
D volmaak onelasties.
1.1.3 Die prys wat deur die owerheid vasgestel word, wat hoër as die
ewewigsprys is, om produsente in staat te stel om 'n billike wins te
maak, word … genoem.
A markprys
B verkoopsprys
C maksimum prys
D minimum prys
1.1.4 Die onvermoë van besighede om goedere en dienste teen die laagste
moontlike gemiddelde koste te vervaardig, word …
ondoeltreffendheid genoem.
A toedelings-
B mark-
C produktiewe
D verdelings-
1.1.5 Wanneer die algemene prysvlak styg, sal die werklike waarde van
spaargeld …
A styg.
B daal.
C dieselfde bly.
D toeneem.
1.1.6 Die aktiwiteite van mense wat plekke vir vergaderings en
konferensies besoek, staan as …-toerisme bekend.
A paleo
B besigheids
C ontspannings
D eko
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.7 Internetfasiliteite wat deur toeriste benodig word, word …-
infrastruktuur genoem.
A vervoer
B energie
C kommunikasie
D basiese-dienste
1.1.8 Die proses om afvalmateriaal na ekonomiese goedere te verwerk,
staan as … bekend.
A herwinning
B hergebruik
C rommel strooi
D herstel (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Homogene produkte A metode gebruik om die uitwissing van
niehernubare hulpbronne te voorkom
1.2.2 Prysnemer
B mense wat goedere en dienste geniet
1.2.3 Samespanning sonder om daarvoor te betaal
1.2.4 Saamryers/Niebetalers C die aktiwiteite van mense wat na en van
plekke buite hulle normale omgewing
1.2.5 Inflasieteiken/Stel
reis en daar oorbly
inflasiemikpunte
D 'n firma wat geen invloed oor die
1.2.6 Ekotoerisme
markprys het nie
1.2.7 Toerisme
E goedere wat identies is met betrekking
1.2.8 Bewaring tot voorkoms, verpakking en gehalte
F monetêre beleidsbenadering gebruik
deur die SARB om prysveranderinge
binne 3–6% te hou
G 'n ooreenkoms tussen firmas in
dieselfde bedryf om mededinging deur
prysknoeiery te verminder
H 'n firma wat beheer oor die markprys
het
I aktiwiteite van mense wat plekke
besoek om die natuurlike omgewing te
geniet
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 'n Mark waar besluite, sonder owerheidsinmenging, aan individuele
kopers en verkopers oorgelaat word
1.3.2 Die persentasie totale verkope in 'n bedryf wat deur 'n spesifieke
besigheid beheer word
1.3.3 'n Tegniek wat gebruik word om die maatskaplike koste en voordele,
wat met openbare projekte geassosieer word, te evalueer
1.3.4 'n Algemene styging in pryse wat deur toenames in die koste van
produksiefaktore veroorsaak word
1.3.5 Plekke wat deur die Verenigde Nasies as plekke van kulturele,
historiese en wetenskaplike belang genoem word
1.3.6 Die geleidelike styging in die temperatuur van die Aarde se
atmosfeer as gevolg van 'n toename in koolstofuitstralings (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van oligopoliemarkte. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom sou 'n volmaak mededingende firma dit oorweeg om sy
bedrywighede te sluit? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOSTE-EN-INKOMESKEDULE
Hoeveelheid Totale Grens- Marginale Totale
inkome inkome koste koste
(rand) (rand) (rand) (rand)
0 0 - - 100
2 40 20 10 120
4 80 20 8 136
6 120 20 10 156
8 160 20 20 196
10 200 20 A 256
2.2.1 Identifiseer die winsmaksimeringshoeveelheid in die tabel hierbo. (1)
2.2.2 Noem die konsep wat verwys na inkome verdien deur 'n besigheid
vir elke eenheid verkoop. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term implisiete koste. (2)
2.2.4 Waarom is die grensinkome vir 'n volmaak mededingende firma
dieselfde wanneer produksie toeneem? (2)
2.2.5 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die marginale koste (A)
te bereken indien 10 eenhede geproduseer word. Toon ALLE
berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BELASTING OP PRODUKSIE
A1
PRYS V
A
e1
P1
e
P
A1 A V
O H1 H
HOEVEELHEID
2.3.1 Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys in die grafiek hierbo. (1)
2.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van 'n direkte belasting. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term Pareto-doeltreffendheid. (2)
2.3.4 Waarom hef die owerheid aksynsregte, soos sondebelasting, op
niemerietegoedere? (2)
2.3.5 Hoe kan produsentesubsidies die ekonomie positief beïnvloed?
(2 x 2) (4)
2.4 Bespreek kortliks die immobiliteit van produksiefaktore en gebrek aan inligting
as faktore wat tot die wantoedeling van hulpbronne in markte kan lei. (2 x 4) (8)
2.5 Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark altyd op lang termyn normale wins
maak? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE benaderings wat in bevel-en-beheerstelsels
gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom word die toeristebedryf as arbeidsintensief beskou? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOURISM TRANSFORMATION FUND
('TOERISMETRANSFORMASIEFONDS')
Die Tourism Transformation Fund (TTF) is 'n befondsingsmeganisme vir
kapitaalbelegging wat deur die Departement van Toerisme ingestel is. Dit is in
samewerking met die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF) ingestel en fokus
op finansiële steun vir entrepreneurs wat in die toerismesektor belê.
Die TTF verskaf fondse vir skenkings, skuldfinansiering en aandelebydraes om
kapitaalbelegging in die toerismesektor te fasiliteer. Deur vennootskappe is die
NBF verantwoordelik vir die administrasie van die TTF.
[Aangepas uit http://www.tourism.gov.za]
3.2.1 Identifiseer 'n owerheidinisiatief in die uittreksel hierbo wat finansiële
hulp vir toerismebeleggings verskaf. (1)
3.2.2 Noem 'n ekonomiese sektor waaronder toerisme geklassifiseer
word. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term kulturele toerisme. (2)
3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van openbare-privaat-vennootskappe
(OPV's) in die ontwikkeling van toeristebestemmings. (2)
3.2.5 Hoe kan natuurrampe 'n negatiewe impak op die toeristebedryf hê?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERNASIONALE PROTOKOLLE EN OOREENKOMSTE
OOR OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID
STOCKHOLM PROTOKOL
1972
RIO+20-BERAAD
2012
[Bron: Caglecartoons.com]
3.3.1 Identifiseer, in die spotprent hierbo, die internasionale ooreenkoms
wat na die wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling verwys. (1)
3.3.2 Noem die omgewingsprobleem wat met die verwydering van bome
verband hou. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term bemarkbare permit. (2)
3.3.4 Verduidelik die impak van die verlies aan inheemse kennis op die
omgewing. (2)
3.3.5 Waarom slaag markte nie daarin om omgewingsvolhoubaarheid te
verseker nie? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die effekte van toerisme op bruto binnelandse produk (BBP)
en armoede. (2 x 4) (8)
3.5 Analiseer die verskillende internasionale maatreëls om klimaatsverandering te
verminder. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van private koste wat met die bou van
'n skool geassosieer word. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan gronderosie 'n impak op landbouproduksie hê? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ONVOLMAAKTE VERSPREIDING VAN INKOME EN WELVAART
NEE
NEE–– DIS
DIS
HEELTEMAL
HEELTEMAL
NATUURLIK!
NATUURLIK!
HAAI, DAAR IS
INKOME-
ONGELYKHEID JA, MAAR DIS
IN DIE MARK. MENSGEMAAK.
[Aangepas uit https://www.bostonglobe.com/]
4.2.1 Identifiseer die rede vir die ongelyke verspreiding van inkome en
welvaart in die spotprent hierbo. (1)
4.2.2 Gee 'n ekonomiese term wat verwys na die laagste vergoeding van
arbeid wat deur die owerheid vasgestel word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term progressiewe inkomstebelasting. (2)
4.2.4 Waarom bied markte te min goedere aan wat positiewe
eksternaliteite oplewer? (2)
4.2.5 Hoe kan die owerheid herstellingsmetodes gebruik om welvaart in
Suid-Afrika te herverdeel? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESTUUR AFVAL
Die bestuur van gevaarlike afval en chemiese afval vereis behoorlike
identifikasie, hantering, berging en vervoer om biodiversiteitsverlies te
voorkom. Die berging van afval in aangewese, goed geventileerde areas en die
gebruik van geskikte houers voorkom lekplekke en reaksies.
Maatskappye moet werknemers oplei oor veilige hanteringsprosedures en
duidelike etikettering van houers met gevaarsimbole en afvalbeskrywings.
[Aangepas uit https://www.vetorstock.com]
4.3.1 Identifiseer die omgewingsprobleem in die uittreksel hierbo, wat met
die vermindering van plant- en dierespesies verband hou. (1)
4.3.2 Noem die metode wat deur die owerheid gebruik word om
omgewingsbewustheid te skep. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term grondbesoedeling. (2)
4.3.4 Verduidelik die impak van chemiese afval op die omgewing. (2)
4.3.5 Hoe kan die Basel Konvensie help om gevaarlike afval te bestuur?
(2 x 2) (4)
4.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik ekonomiese verlies vir
'n volmaak mededingende firma. (8)
4.5 Analiseer die strategieë (maniere) wat gebruik kan word om toerisme in
Suid-Afrika te bevorder. (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
• 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
te definieer of te omskryf.
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
• MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Bespreek in detail met die hulp van grafieke/ Maks. 26
Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
van feite wat reeds genoem is
• Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, met 'n grafiek wat langtermyn- ekonomiese wins toon, die
kenmerke van 'n monopoliemarkstruktuur. (26 punte)
• Hoe kan die owerheid die misbruik van markkrag deur dominante besighede
voorkom? (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, die maatreëls om inflasie te bekamp. (26 punte)
• Hoe kan Suid-Afrika se handelsvennote, soos die VSA en China, die binnelandse
inflasiekoers beïnvloed? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Memorandum