Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 Supplementary 2015 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201519 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings verdeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te gebruik)). 4. Maak seker dat jy die vrae volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word, beantwoord. Punte sal slegs volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet uit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag nie die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik nie. 8. Alle datastrukture moet deur jou as programmeerder verklaar word. Jy mag nie komponente wat in die koppelvlak voorsien is, gebruik om data te stoor en later weer op te roep nie. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket wat aan jou gegee is of op die skyfspasie wat aan jou vir hierdie eksamen toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal 'n halfuur tyd vir drukwerk gegun word na die eksamensessie. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat jou werk op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is, gestoor is. Maak seker dat alle lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is in die vorm van 'n wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêer: • Delphi-leerders moet die lêer DelphiDataAFR.exe gebruik. • Java-leerders moet die lêer JavaDataAFR.exe gebruik. Doen die volgende: • Dubbelklik op die lêer. • Klik op die 'extract'-knoppie. • Sleutel die volgende wagwoord in: ProperTies87&% Wanneer die lêer onttrek is, sal die volgende lys van lêers in die DelphiDataAFR/JavaDataAFR-lêergids beskikbaar wees: Delphi-lêers Java (Netbeans)-lêers Vraag1: Vraag1: Vraag1_P.dpr meter1.png Vraag1_P.res Vraag1.form Vraag1_U.dfm Vraag1.java Vraag1_U.pas Vraag2: Vraag2: Abdul Brouwer.txt Abdul Brouwer.txt HuisLening_U.pas Paula Redhat.txt Paula Redhat.txt Xavier Outland.txt Vraag2_P.dpr Vraag2_P.res HuisLening.java Vraag2_U.dfm Vraag2.form Vraag2_U.pas Vraag2.java Xavier Outland.txt Vraag3: Vraag3: Vraag3_P.dpr Vraag3.form Vraag3_P.res Vraag3.java Vraag3_U.dfm VulSkikkings.java Vraag3_U.pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS SCENARIO Jy is by ʹn maatskappy wat eiendomme koop, opknap en verkoop, as ʹn sagteware- ontwikkelaar in diens geneem. AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE INSTRUKSIES: Delphi-programmeerders Java-programmeerders • Die projek Vraag1 is in die Delphi- • Die projek Vraag1 is in die Netbeans- lêergids voorsien. lêergids voorsien. • Maak die onvoltooide projeklêer • Maak die onvoltooide klas met die Vraag1_P.dpr in die Vraag1-lêergids naam Vraag1.java in die lêergidse oop. Source Packages (src) en Vraag1Package oop. • Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van die hoofvormeenheid Vraag1_U.pas by. klas Vraag1.java by. Doen die volgende: • Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon drie verskillende oortjies (ʹtabsʹ), naamlik Advertensie, Woonkamer-opknapping en Water en elektrisiteit. Voorbeeld van die oortjies (ʹtabsʹ): • Voltooi die kode vir elke oortjie (ʹtabʹ) soos wat dit in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.3 beskryf word. LET WEL: VRAAG 1.1 verwys na die Advertensie-oortjie (ʹtabʹ). VRAAG 1.2 verwys na die Woonkamer-opknapping-oortjie (ʹtabʹ). VRAAG 1.3 verwys na die Water en elektrisiteit-oortjie (ʹtabʹ). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.1 Koppelvlak vir die Advertensie-oortjie (ʹtabʹ) LET WEL: Die markwaarde van ʹn eiendom is die munisipale waarde waarvoor die eiendom gewaardeer is. Die verkoopprys van ʹn eiendom is die waarde van die verkoop van die eiendom. [Knoppie – Genereer advertensie] Skryf kode om die volgende te doen: • Gebruik inligting uit die teksblokkies (ʹtext boxesʹ) wat voorsien is om 'n advertensie in die volgende formaat saam te stel: Huis te koop: <verkoopprys>#<getal slaapkamers>Bed#<getal badkamers>Bad# Gebruik die volgende inligting om die advertensie saam te stel: o Die verkoopprys wat in die advertensie voorkom, moet met ʹn geldeenheid geformateer wees. Moenie enige desimale waardes vertoon nie. o As die Swembad-merkblokkie (ʹcheck boxʹ) geselekteer is, moet die teks ʹSwembad#ʹ by die advertensie se teks gevoeg word. o As die verkoopprys van die eiendom minder as die markwaarde is, moet die woord ʹWinskoopʹ by die advertensie se teks gevoeg word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS • Vertoon die inligting van die advertensie in die afvoer-area wat voorsien is. Voorbeelde van saamgestelde advertensies: Voorbeeld 1: As die markwaarde van die eiendom R950 000 is, die verkoopprys R850 000 is en die huis drie slaapkamers, twee badkamers en ʹn swembad het, moet die advertensie soos volg vertoon: Huis te koop: R850000#3Bed#2Bad#Swembad#Winskoop Voorbeeld 2: As die markwaarde van die eiendom R750 000 is, die verkoopprys R800 000 is en die huis twee slaapkamers, een badkamer en geen swembad het nie, moet die advertensie soos volg vertoon: (11) 1.2 Koppelvlak van die Woonkamer-opknapping-oortjie (ʹtabʹ) Skryf kode om die volgende te doen: 1.2.1 [Radioknoppie – Verfwerk] As die Verfwerk-radioknoppie (ʹradio buttonʹ) geselekteer is, gebruik ʹn veranderlike om die tipe opknapping as die karakter V te stoor. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.2.2 [Radioknoppie – Teëlwerk] As die Teëlwerk-radioknoppie (ʹradio buttonʹ) geselekteer is, gebruik ʹn veranderlike om die tipe opknapping as die karakter T te stoor. (1) 1.2.3 [Knoppie – Bereken en vertoon opknappingskoste] Die gebruiker moet die getal vierkante meter wat opgeknap moet word, as ʹn heelgetal insleutel en die tipe opknapping wat gedoen moet word, kies. Die koste van elke tipe opknapping moet bereken word soos hieronder verduidelik. (a) As die tipe opknapping Verfwerk is, gebruik die volgende inligting om te bereken hoeveel verf benodig word, asook die totale koste: • Een liter verf word gebruik om ʹn oppervlakte van agt vierkante meter te verf. • Die prysstruktuur van verf per drom is soos volg: o 1 liter-drom R 55.50 o 2 liter-drom R 92.30 o 5 liter-drom R 199.00 Vertoon die berekende waardes in die afvoerarea wat voorsien is en gebruik die volgende formaat: Oppervlakte: <oppervlakte> vierkante meter Volume verf wat benodig word: <volume> liter 1 liter-dromme: <getal 1 liter-dromme> 2 liter-dromme: <getal 2 liter-dromme> 5 liter-dromme: <getal 5 liter-dromme> Totale koste: <Totale koste van verf> Die totale koste moet vertoon word, afgerond tot twee desimale plekke. Voorbeeld: As die oppervlakte wat ingesleutel is, 148 m2 is, sal die afvoer soos volg wees: Oppervlakte: 148 vierkante meter Volume verf wat benodig word: 18.5 liter 1 liter-dromme: 0 2 liter-dromme: 2 5 liter-dromme: 3 Totale koste: R 781.60 (17) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS (b) As die tipe opknapping Teëlwerk is, moet ʹn dialoogblokkie (ʹdialog boxʹ) gebruik word om die gebruiker toe te laat om die koste van teëlwerk per vierkante meter in te sleutel. Voeg vyf vierkante meter by die vierkantemeter-waarde wat ingesleutel is om vir breekskade voorsiening te maak en bereken dan die koste. Vertoon die oppervlakte wat geteël moet word in vierkante meter. Die totale koste moet vertoon word, afgerond tot twee desimale plekke. Voorbeeld: As ʹn oppervlakte van 100 m2 ingesleutel is en die koste om te teël R50,00 per vierkante meter is, sal die volgende vertoon word: Oppervlakte: 100 vierkante meter Totale koste: R 5250.00 (6) 1.3 Koppelvlak vir Water en elektrisiteit-oortjie (ʹtabʹ) Skryf kode om die volgende te doen: 1.3.1 [Knoppie – Bereken bedrag verskuldig] Die vorige lesing vir elektrisiteit wat gebruik is, is as ʹn heelgetal in ʹn teksblokkie (ʹtext boxʹ) voorsien. Die gebruiker moet die huidige lesing as 'n heelgetal in ʹn teksblokkie (ʹtext boxʹ) insleutel. • As die huidige lesing wat deur die gebruiker ingesleutel word, minder as die vorige lesing is, vertoon ʹn geskikte boodskap en maak die teksblokkie (ʹtext boxʹ) met die huidige lesing skoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS • As die huidige lesing gelyk is aan of groter is as die vorige lesing, gebruik die volgende tariewe om die bedrag verskuldig vir elektrisiteit wat gebruik is, te bereken: Eenhede Tariewe 0–600 R1,00 per eenheid >600 R600 + R1,50 per eenheid vir alle eenhede wat 600 oorskry • Vertoon die bedrag in die byskrif (ʹlabelʹ) wat voorsien is, in ʹn formaat wat ʹn geldeenheid korrek tot twee desimale plekke insluit. Voorbeeld: (11) 1.3.2 [Knoppie – Lys geisers] In ʹn poging om elektrisiteit te bespaar word songeisers as ʹn moontlikheid ondersoek. Drie groottes songeisers is beskikbaar op grond van hulle kapasiteit in liter. Daar word van die gebruiker verwag om een van die drie groottes in te sleutel: 50 (liter), 100 (liter) of 150 (liter). ʹn Skikking wat stringe teks bevat wat elk 'n tipe geiser beskryf, word as deel van die gegewe kode voorsien. Die beskrywing van elke tipe geiser begin met die kapasiteit van die geiser in liter, gevolg deur ʹn aandagstreep en die handelsnaam van die geiser. Voorbeeld: Die geiser wat as ʹ50-Small Wonderʹ beskryf word, kan 50 liter water hou en die handelsnaam van die geiser is ʹSmall Wonderʹ. Skryf kode om die tipes geisers te vertoon in die skikking wat ooreenstem met die kapasiteit wat deur die gebruiker ingesleutel is wanneer die Lys geisers-knoppie (ʹbuttonʹ) geklik word. Geen validering van die invoerwaarde word vereis nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Voorbeeld: Lys van geisers as die waarde 50 ingesleutel word: (6) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. • Stoor jou program. • 'n Drukstuk van die kode mag vereis word. TOTAAL AFDELING A: 53 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING B VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING Kliënte wat eiendomme wil koop, doen gewoonlik aansoek vir huislenings. Die volgende inligting oor aansoeke wat ingedien is, word gewoonlik vereis: • Kwalifiseer die aansoeker vir 'n huislening? • Wat is die status van die aansoek, gebaseer op die duur van die lening in jaar en die rentekoers? • Wat is die bedrag van die paaiement wat elke maand terugbetaalbaar moet word? INSTRUKSIES: Delphi-programmeerders Java-programmeerders • Die projek Vraag2 is in die Delphi- • Die projek Vraag2 is in die Netbeans- lêergids voorsien en bevat: lêergids voorsien en bevat: o 'n Hoofvormlêer met die naam o 'n GGK ('GUI') -klaslêer met die Vraag2_U.pas naam Vraag2.java o 'n Onvoltooide eenheidlêer met o 'n Onvoltooide objekklas met die die naam HuisLening_U.pas naam HuisLening.java o 'n Tekslêer vir elke aansoeker o 'n Tekslêer vir elke aansoeker • Maak die onvoltooide projeklêer met • Maak die onvoltooide lêer met die die naam Vraag2_P.dpr in die naam Vraag2.java en Vraag2-lêergids oop. Huislening.java in die lêergidse Source Packages (src) en Vraag2Package oop. • Besigtig ('View') (Ctrl+F12) die • Voeg jou eksamennommer as eenheidlêer HuisLening_U.pas en kommentaar in die eerste reël van die voeg jou eksamennommer as klasse Vraag2.java en kommentaar in die eerste reël van HuisLening.java by. beide eenheidlêers Vraag2_U.pas en HuisLening_U.pas by. Doen die volgende: • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die koppelvlak (sien volgende bladsy): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS • Voltooi die kode soos wat dit in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word om funksionaliteit aan die program te gee. 2.1 Voltooi die kode in die huisleningklas THuisLening/HuisLening soos hieronder beskryf: 2.1.1 Skryf kode om die volgende vyf attribute by die klas te voeg: Name van attribute Beskrywing Delphi Java Naam van aansoeker fAansoekerNaam aansoekerNaam Besteebare inkomste fBesteebareInkomste besteebareInkomste Huisleningbedrag waarvoor fLeningBedrag leningBedrag aansoek gedoen is Getal jaar om huislening terug fJare jare te betaal Rentekoers fRentekoers rentekoers (4) 2.1.2 Skryf kode om ʹn konstruktor te skep wat die volgende parameterwaardes ontvang: naam van aansoeker besteebare inkomste leningbedrag waarvoor aansoek gedoen is Inisialiseer die relevante attribute deur die parameterwaardes te gebruik. Inisialiseer die attribute vir die getal jaar en die rentekoers na 0. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 2.1.3 Skryf ʹn toegangsmetode (ʹaccessor methodʹ) vir die naam van die aansoeker. (2) 2.1.4 Skryf wysigingsmetodes (ʹmutator methodsʹ) vir die attribute Jare en Rentekoers. (4) 2.1.5 ʹn Metode met die naam berekenPaaiement is voorsien. Dekommenteer ('Uncomment') die kode wat die maandelikse paaiemente bereken sodat die metode funksioneel gemaak word. (1) 2.1.6 Skryf kode vir ʹn metode met die naam isGoedgekeur wat ʹn Boolese waarde, wat aandui of die huislening goedgekeur is of nie, sal terugstuur. ʹn Huislening sal slegs goedgekeur word as daar aan die volgende kriteria voldoen word: • Lenings van meer as R800 000 moet oor ʹn tydperk van meer as 20 jaar (25 of 30 jaar) terugbetaal word. • Die maandelikse besteebare inkomste van ʹn aansoeker wat vir ʹn lening van tot R600 000 aansoek doen, moet ten minste 130% van die maandelikse paaiemente wees. (9) 2.1.7 Skryf kode om ʹn toString-metode te skep om ʹn string terug te stuur wat soos volg geformateer is: Naam van aansoeker: <aansoeker se naam> Besteebare inkomste: <besteebare inkomste> Leningbedrag: <leningbedrag> Getal jaar: <getal jaar> Rentekoers: <rentekoers> % (5) 2.2 Jy is voorsien van drie tekslêers wat elk inligting oor 'n ander huisleningaansoek bevat. Die naam van elke tekslêer is die naam van die aansoeker. Voorbeeld: As die aansoeker se naam ʹAbdul Brouwerʹ is, is die naam van die tekslêer Abdul Brouwer.txt. Elke tekslêer bevat vier reëls met inligting oor 'n aansoeker vir ʹn huislening in die volgende formaat: <naam en van van aansoeker> <maandelikse inkomste> <maandelikse uitgawes> <huisleningbedrag waarvoor aansoek gedoen is> Inhoud van die drie tekslêers vir elk van die volgende aansoekers: Abdul Brouwer, Paula Redhat en Xavier Outland Abdul Brouwer Paula Redhat Xavier Outland 28000 25785 44741 12500 11190 20384 750000 888000 978000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Die GGK ('GUI') is voorsien van die name van die verskillende aansoekers wat gestoor is in die kombinasielys (ʹcombo boxʹ) wat voorsien is. ʹn Objek van die THuisLening/HuisLening-klas is globaal verklaar. 2.2.1 [Knoppie – Vind aansoeker] Die gebruiker moet die naam van ʹn aansoeker uit die kombinasielys (ʹcombo boxʹ) kies. Skryf kode om die volgende te doen: • Toets of ʹn aansoeker gekies is of nie en vertoon ʹn geskikte boodskap. • Toets of ʹn tekslêer met die aansoeker se naam bestaan of nie, en vertoon ʹn geskikte boodskap wat die naam van die aansoeker insluit, en of ʹn aansoek ingedien is of nie. o As ʹn tekslêer nie gevind word vir die aansoeker wat in die kombinasielys (ʹcombo boxʹ) gekies is nie, is geen aansoek vir ʹn huislening ingedien nie. Voorbeeld van afvoer van ʹn huisleningaansoek deur John Smith wat nie ingedien is nie: Geen huisleningaansoek is deur John Smith ingedien nie. As ʹn huisleningaansoek nie ingedien is nie, maak die ʹEvalueer aansoekʹ-knoppie (ʹbuttonʹ) onaktief. o As ʹn tekslêer met die aansoeker se naam bestaan (ingedien is), doen die volgende: - Lees die inkomste, uitgawes en leningbedrag uit die tekslêer. - Bereken die besteebare inkomste deur die uitgawes van die inkomste af te trek. - Instansieer ʹn THuisLening/HuisLening-objek vir die aansoeker. - Maak die ʹEvalueer aansoekʹ-knoppie (ʹbuttonʹ) aktief. (18) 2.2.2 [Knoppie – Evalueer aansoek] Die gebruiker moet die getal jaar vir die lening om terugbetaal te word, kies uit die kombinasielys (ʹcombo boxʹ) wat voorsien is en die rentekoers in die teksblokkie wat vir hierdie doel voorsien is, insleutel. Skryf kode om die volgende te doen: • Gebruik die wysigingsmetodes en die inligting wat deur die gebruiker voorsien is om die toepaslike attribute van die huisleningsobjek van die aansoeker op te dateer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS • Toets of die lening goedgekeur is (aan die vereistes voldoen het) of nie. o As die lening goedgekeur is, vertoon die besonderhede van die leningaansoek in die afvoerarea deur die toString- metode te gebruik. Vertoon ʹn boodskap met die volgende formaat: Lening GOEDGEKEUR met ʹn maandelikse paaiement van <maandelikse paaiement> Voorbeeld van afvoer vir die goedgekeurde huisleningaansoek deur Abdul Brouwer vir R750 000 oor 20 jaar teen ʹn rentekoers van 9%: Naam van aansoeker: Abdul Brouwer Besteebare inkomste: R 15500.00 Leningbedrag: R 750000.00 Getal jaar: 20 Rentekoers: 9.0% Lening GOEDGEKEUR met ʹn maandelikse paaiement van R 6847.00 o As die huislening nie goedgekeur is nie, vertoon die aansoeker se naam en van en ʹn boodskap wat aandui dat die lening nie goedgekeur is nie. Voorbeeld van afvoer vir ʹn huisleningaansoek deur Xavier Outland vir R870 000 oor 20 jaar teen 'n rentekoers van 9% wat nie goedgekeur is nie: Naam van aansoeker: Xavier Outland Lening NIE GOEDGEKEUR NIE (12) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die vorm verskyn. • Stoor al die lêers. • 'n Drukstuk van die kode vir beide klasse/eenhede mag vereis word. TOTAAL AFDELING B: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING C VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING Ses eiendomsagente is deur 'n plaaslike eiendomsagentskap in diens geneem. Die bestuurder van die agentskap wil sagteware hê wat in staat is om die profiele van hulle verkoopsagente jaarliks te evalueer. INSTRUKSIES: Delphi-programmeerders Java-programmeerders • Die projek Vraag3 is in die Delphi- • Die projek Vraag3 is in die Netbeans- lêergids voorsien. lêergids voorsien. • Maak die onvoltooide projeklêer • Maak die onvoltooide klasse met die Vraag3_P.dpr in die Vraag3-lêergids name Vraag3.java en oop. VulSkikkings.java in die lêergidse Source Packages (src) en Vraag3Package oop. • Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van die hoofvormeenheid-lêer Vraag3_U.pas klaslêer Vraag3.java by. by. Doen die volgende: • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van koppelvlak: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Twee skikkings met die name arrAgente en arrVerkope is voorsien. Jy mag addisionele skikkings as deel van jou oplossing skep en gebruik. Die skikking arrAgente stoor die kodes en name van ʹn aantal verkoopsagente in die volgende formaat: <Agent se kode>:<Agent se naam> Voorbeeld: A120:Wes Seelig LET WEL: Die inligting van verkoopsagente met agentkodes A120–A125 is voorsien. Die skikking arrVerkope stoor inligting oor eiendomme wat verkoop is in die volgende formaat: <maand>#<tipe>#<agent se kode>;<prys> Beskrywing van inligting wat in een teksreël voorsien word: o maand: Die nommer van die maand van die jaar waarin die verkooptransaksie gedoen is o tipe: Die tipe eiendom wat verkoop is: - K: Kommersieel - R: Residensieel - L: Landbou o agent se kode: Die kode van die agent wat die eiendom verkoop het o prys: Die prys waarteen die eiendom verkoop is Voorbeeld: 02#K#A123;650000 • Voltooi die kode vir VRAAG 3 soos wat dit hieronder in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 beskryf is. 3.1 [Knoppie – Vind agent se naam] Die gebruiker moet die kode van ʹn agent in die teksblokkie (ʹtext boxʹ) wat voorsien is, insleutel. Skryf kode wat die kode van die agent wat deur die gebruiker ingesleutel is, in die arrAgente-skikking sal soek. Die soekproses moet op so ʹn manier saamgestel word dat die soekproses sal staak wanneer die agent se kode gevind word. As die agent se kode gevind word, vertoon die agent se naam in die byskrif (ʹlabelʹ) wat vir die naam van die agent voorsien is. As die agent se kode nie gevind word nie, vertoon die boodskap ʹOngeldige agentkodeʹ in die byskrif (ʹlabelʹ) wat vir die naam van die agent voorsien is en maak die teksblokkie (ʹtext boxʹ) wat vir die insleutel van die agentkode voorsien is, skoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Voorbeeld van afvoer as die agentkode wat ingesleutel is, A123 is: Voorbeeld van afvoer as die agentkode wat ingesleutel is, B123 is: (11) 3.2 [Knoppie – Agent se verkope] (2) 3.2.1 Voeg ʹn geskikte afvoerkomponent by in die Vertoon-area op die GGK ('GUI') om voorsiening te maak vir die afvoer vir VRAAG 3.2.2. Hernoem die komponent met 'n geskikte naam. 3.2.2 ʹn Opsomming van die verkope wat gedoen is deur die agent wat in VRAAG 3.1 geïdentifiseer is, moet in die komponent wat in die GGK ('GUI') van VRAAG 3.2.1 bygevoeg is, vertoon word. Gebruik die inligting in die arrVerkope-skikking en som die verkope van die agent op soos hieronder aangetoon. Voorbeeld van afvoer as die agent se kode A123 is: LET WEL: Die waardes wat in die laaste kolom vertoon word, dui die totale getal van die verskillende tipes eiendomme wat deur hierdie agent verkoop is, aan Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS Die totale waarde van die verkope wat onderkant die opsomming vertoon word, dui die totale waarde aan van al die eiendomme wat deur hierdie agent verkoop is. Enige ander geskikte afvoerkomponent kan gebruik word behalwe die een wat in die gegewe voorbeeld gebruik is. (24) • Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is. • Stoor jou program. • 'n Drukstuk van die kode mag vereis word. TOTAAL AFDELING C: 37 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all