Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 Supplementary 2015 Memo

MemorandumInformation TechnologyGrade 12201512 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 memorandum from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 FEBRUARIE/MAART 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE VRAAG 1 1.1 C (1) 1.2 C (1) 1.3 B (1) 1.4 A (1) 1.5 D (1) 1.6 B (1) 1.7 B (1) 1.8 D (1) 1.9 C (1) 1.10 A (1) TOTAAL AFDELING A: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1.1 'n Bedryfstelsel is (stelsel-) programmatuur  wat al die aktiwiteite wat in die rekenaar plaasvind bestuur / beheer.  (2) 2.1.2 Android  (1) 2.1.3 Enige EEN:  • Indien die opgraderingsproses onderbreek word mag die toestel nie meer funksioneer nie. • Die opgraderingsprogrammatuur mag foute/haakplekke (bugs) bevat. (1) 2.1.4 • Die bedryfstelsel verdeel/deel die tyd van die SVE tussen die aktiewe programme.  • Dit wil voorkom asof die rekenaar meervuldige programme terselfdertyd uitvoer.  (2) 2.2 Enige TWEE:  • Fisiese grootte is kleiner as HDD • Dit is meer robuus as HDD • Dit gebruik minder krag as HDD • Dit is vinniger as HDD (2) 2.3.1 Sparteling ('Thrashing')  (1) 2.3.2 Dit maak gebruik van spasie op sekondêre geheue/stoorspasie/hardeskyf en gebruik dit as primêre geheue/RAM. Virtuele geheue (slegs een punt) (2) 2.3.3 Dit kan moeilik wees om ETG-skyfies ('RAM chips') /DIMMs wat aanpasbaar is met ouer die moederborde in die hande te kry. (1) 2.4.1 Elke kern kan 'n aparte programme op dieselfde tyd verwerk . OF Elke kern tree op soos 'n aparte SVE wat dit moontlik maak om meervuldige take gelyktydig uit te voer. (2) 2.4.2 3Tb HDD  Grootte van die hardeskyf kan verminder word (1) 2.4.3 (a) Die klokpulse bepaal die tempo waarteen aktiwiteite in die SVE plaasvind, data-oordrag/verwerking vind slegs plaas met elke puls van die stelselklok. (2) 2.4.3 (b) Die spoed van die stelselklok  sal met 'n spesifieke waarde vermenigvuldig word om die vereiste klokspoed vir die spesifieke SVE te verkry. Klokvermenigvuldiging – slegs een punt (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.4.4 (a) Dit verbind die verskillende komponente op die moederbord.  OF Die interne busse dra data en instruksies tussen komponente oor. (1) 2.4.4 (b) Punt-tot-punt-konneksies is toegewyde konneksies wat nie onderbreek/ gedeel kan word nie  en dus die werking van die SVE bespoedig terwyl busse tussen komponente gedeel word/data tussen meervuldige komponente oordra.  (2) 2.5.1 Dit kan in toegangsbeheer gebruik word om ongemagtigde toegang tot skootrekenaar te voorkom  OF 'n soortgelyke beskrywing bv. - gebruik vir biometriese toegangsbeheer (2) 2.5.2 Enige EEN:  • Retina-skandeerder • Gesigherkenning-skandeerder • Stemherkenning (1) TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1.1 Regte uitleg  rekenaar Diagram sluit in: Skakelaar/Spil ('Switch/Hub')  skakelaar Rekenaars  (3) 3.1.2 Enige TWEE:  • Maklik om foute op te spoor • Maklik om individuele rekenaars te vervang • Indien een toestel ophou werk word die res van die netwerk nie onderbreek nie • Maklik om te installeer/op te stel/onderhou (2) 3.1.3 Bus  of Ring (1) 3.2.1 Mobiliteit  OF kostebesparing/makliker om op te stel (1) 3.2.2 Enige TWEE:  • WiFi-reikwydte is beperk. • Geboue/obstruksies mag 'n verspreide uitleg vereis • Meervoudige rekenaars wat een toegangspunt deel sal die spoed drasties verminder • 'n Toegangspunt kan slegs 'n beperkte getal konneksies ondersteun. (2) 3.2.3 Omdat die sein uitgesaai word, is dit maklik om die data te ondervang en daarom kan toegang tot die data en wagwoord verkry word. (1) 3.3.1 Dit is die proses waardeur 'n baie egte weergawe van 'n webtuiste (of e-pos) geskep word in 'n poging om 'n gekskeerdery/poets ('hoax')/vals webblad te skep wat voorgehou word as 'n ander geldige webblad.  OF Die skep van 'n gekskeerdery/poets ('hoax')/vals webblad wat 'n ander geldige webblad baie goed weergee. (2) 3.3.2 Enige TWEE van die volgende konsepte  • Gebruik 'n antivirusprogram en anti-klikprogramme • Dateer programmatuur/antivirus gereeld op • Moenie eposse of aanhangsels van bronne wat onder verdenking is oopmaak nie • Skandeer eksterne toestelle voordat jy dit gebruik • Moenie roofprogrammatuur/onbetroubare programmatuur installeer nie • Aktiveer die netskans (firewall) • Moenie aflaai/besoek aflê aan suspisieuse webtuistes nie • Lees en gehoorsaam sekuriteitswaarskuwings op webtuistes/ programmatuur (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 3.4.1 • Tegnologie wat in webtuistes gebruik word, is nie aanpasbaar nie/beskikbaar op mobiele toestelle nie, bv. Flash player.  • Die webtuiste is nie ontwerp vir 'n kleiner skerm nie/is vir 'n groter rekenaarskerm ontwerp.  (2) 3.4.2 Bluetooth word deur toestelle soos sleutelborde gebruik en WiFi word deur kabellose netwerke gebruik  twee aparte tegnologieë. OF Die mobiele toestel beskik oor twee kabellose tegnologieë – slegs EEN punt (2) 3.5.1 VoIP  (1) 3.5.2 Enige TWEE:  • Data is duur. • Bandwydte van konneksies is dikwels baie laag • Internetkonneksies is nie betroubaar nie/nie orals beskikbaar nie. • Nie alle skole sal oor die nodige hardeware beskik nie. (2) 3.5.3 Oor-platform beteken dat programmatuur ontwerp is om op verskillende bedryfstelsels te kan uitvoer.  (1) 3.6.1 Die bestuurder moet met die Internet verbind wees.  Daarna koppel die bestuurder met die hulpbronsentrum se bediener  waarvan toegang deur 'n gebruikersnaam en 'n wagwoord beheer word.  (3) 3.6.2 Die tafelrekenaar van die afstandstoegang-tafelrekenaar verskyn as 'n aparte toepassing op sy rekenaar wat hom toelaat om op die rekenaar te werk asof hy voor die self rekenaar sit.  (2) TOTAAL AFDELING C: 27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR VRAAG 4 4.1 'n Tafelrekenaardatabasis word gewoonlik vir enkel-gebruikertoepassings gebruik en op persoonlike rekenaars geïnstalleer.  'n Bedienerdatabasis word op 'n bediener geïnstalleer en word toegang word daartoe verkry deur die gebruikers van die netwerk en dit word gedeel deur gebruikers.  (2) 4.2.1 (a) 1 (ToestelleTb) tot baie (UitgeneemTb)  (1) (b) ToestelID in ToestelleTb en ToestelID in UitgeneemTb  (2) (c) UitgeneemTb het ToestelID as die vreemde sleutel  en ToestelleTb het ToestelID as primêre sleutel  (2) 4.2.2 (a) SELECT Maak, Tipe, Waarde FROM ToestelleTb WHERE Tipe = 'T' ORDER BY Waarde DESC • Regte velde en tabel: Maak, Tipe, Waarde uit ToestelleTb  • Voorwaarde: Tipe = 'T'  • Sorteer: ORDER BY  Waarde DESC  (4) (b) DELETE FROM ToestelleTb WHERE Tipe = 'F' • Regte Tabel: ToestelleTb  • Regte veld: Tipe  • Regte voorwaarde: 'F'  (3) (c) UPDATE ToestelleTb SET Waarde= Waarde- Waarde*10% • Regte instruksie en tabel:- UPDATE ToestelleTb • Regte veld om te verander := Waarde  • Regte berekening:- Waarde-Waarde *10%  OF Waarde- Waarde*0.01 (3) (d) SELECT LidID, Tipe, DatumUitgeneem FROM ToestelleTb, UitgeneemTb WHERE ToestelleTb.DeviceID = UitgeneemTb. ToestelID AND DatumTerug IS NULL • Regte velde: LidID, Tipe, DatumUitgeneem  • Regte Tabelle: ToestelleTb, UitgeneemTb  • Konneksie: ToestelleTb. ToestelID = UitgeneemTb. ToestelID  • Regte veld in voorwaarde: DatumTerug  • Regte voorwaarde: IS NULL  (5) 4.3.1 • Boete – currency  • GeboorteDatum – date (2) 4.3.2 Enige TWEE van die volgende:  Kan slegs twee boeke uitneem/geen spasie om meer as twee boeke uit te neem nie Herhalende velde Velde is afhanklik van 'n ander veld as die primêre sleutel Twee verskillende entiteite (lede/boeke) is in een tabel ingesluit (2) TOTAAL AFDELING D: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING E: ONTWIKKELING VAN OPLOSSINGS VRAAG 5 5.1.1 (a) Ouderdom: die gebruiker moet uit 'n lys van opsies kies wat ongeldige toevoer voorkom.  OF voorkom tikfoute/al die moontlike waardes word vertoon/spaar tyd (1) (b) Geslag: slegs een van die gegewe opsies mag gekies word.  OF voorkom dat beide opsies gekies kan word/voorkom tikfoute (1) 5.1.2 Enige EEN:  • Enige karakter kan in 'n string-veranderlike gestoor word • Teksblokkie is tipe string en die van-veranderlike sal van dieselfde tipe wees • Geen omskakeling van tipes is nodig as waardes gebruik word nie (1) 5.1.3 'n Verkeerde dag kan vir 'n spesifieke maand gekies word  29 Februarie kan in 'n jaar wat nie 'n skrikkeljaar is nie gebruik word OF 30 Februarie/31 April, ens.  (2) 5.1.4 Enige TWEE:  • Vertoon wat die fout veroorsaak het/Gee 'n spesifieke foutboodskap • Dui aan hoe die fout reggestel kan word • Die gebruiker kan die opsie gegee word om voort te gaan of die huidige bewerking te kanselleer. (2) 5.2.1 Dit word gebruik om 'n objek te skep.  (1) 5.2.2 Die attribute is privaat  /toegang tot attribute kan nie direk verkry word nie (1) 5.2.3 (a) Hulp ('Auxiliary')  (1) 5.2.3 (b) if (oud >=10 AND adres Not Null)  OR (oud > 16 AND lidmaatskap gevalideer)  return true else return false  (4) 5.3.1 (a) Lees dae  (1) 5.3.1 (b) (dae > 0)  AND (dae < 100) LET WEL: AND moet gebruik word. Aanvaar indien Java of Delphi kode gebruik word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 5.3.2 (a) Tel Tel < 10 1 True 2 True 3 True 4 True 5 True 6 False Tel inkrementeer van 1 tot 6  Tel < 6 True vir 1 tot 5  Tel < 6 False vir 6  (3) 5.3.2 (b) Tel <= 6  (1) 5.3.2 (c) Teller sal 1 groter wees as die regte teller ( tel sal 7 word)  OF Gemiddeld sal foutief bereken word (1) 5.3.2 (d) Reël 1: Tel = 0  (1) 5.4 Punte word gegee vir: • Neem die eerste indeks as die hoogste of maak hoogste = 0 • Stap met lus deur dae om te vergelyk • Toets waarde van skikking teen die hoogste of waarde van hoogste indeks • then Verander hoogste of hoogste indeks  Moontlike algoritme van oplossing Neem eerste indeks as hoogste Lus van 2 tot 5 (4 keer)  Toets waarde van skikking teen hoogste indeks se skikkingswaarde Verander indeks na nuwe hoë waarde Vertoon uit die Weeksdae skikking die dag in die hoogste Indeks se posisie LET WEL: Lus en if se afhanklikheid moet duidelik aangedui word/ingekeep word. Moontlike pseudokode van oplossing hoogIndeks  1 indeks  1 Herhaal todat indeks = 5 indeks  indeks + 1 If GetalBoeke[indeks] > GetalBoeke[hoogIndeks] hoogIndeks  indeks end herhaal Vertoon uit die Weeksdae skikking die dag in die hoogIndeks posisie (4) TOTAAL AFDELING E: 27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 6.1.1 Enige TWEE:  • Spaar papier • Spaar ink/kassette • Makliker om te versprei/kan via epos of dropbox stuur • Goedkoper om aan baie mense te stuur • Makliker om te bêre/rugsteun/stoor (2) 6.1.2 Dui aan dat die rekenaar effektief met energie werk sonder om werkverrigting in te boet. OF Toestel is ontwerp om minder elektrisiteit te gebruik. (1) 6.1.3 Enige TWEE:  • Herwin • Gebruik vir spaarparte • Maak gebruik van maatskappye wat e-afval weggooi (2) 6.2.1 4G word deur sellulêre diensverskaffers voorsien as 'n uitbreiding van mobiele stemdienste terwyl WiMAX 'n diens is wat slegs aan Internetkonneksie toegewyd is  (2) 6.2.2 Sellulêre data/Internetkonneksie is in die algemeen duur.  (1) 6.2.3 Beide gebruik radiogolwe/mikrogolftransmissie  (1) 6.3.1 Enige EEN:  • Diefstal van data • Diefstal van hardeware • Beskadig data per ongeluk/Vee uit terwyl met data werk (1) 6.3.2 Enige TWEE voorbeelde met verduidelikings: RAID – gebruik meervuldige skywe om om verlies van data te voorkom/ verlore data te herwin Rugsteun – voorsien 'n addisionele kopie van data wat gebruik kan word nadat data verlore gegaan het Anti-skadelike sagteware (malware) - beskerm teen kwaadwillige programme wat data mag beskadig Netskans ('Firewall') – voorkom ongemagtigde toegang tot plaaslike netwerk om toegang tot of diefstal van data te voorkom Opleiding van personeel – leer mense hoe om risiko's soos strikroof ('phishing') en spoef ('spoofing') te identifiseer. (4) 6.4.1 Dit is 'n klein tekslêer wat op jou rekenaar gestoor word wanneer jy 'n webtuiste besoek wat jou gebruike en voorkeure vir spesifieke webtuistes aanteken.  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 6.4.2 Enige TWEE:  • Koekies word nie gestoor nie. • Persoonlike besonderhede is nie toegangklik nie. • Geen rekord van blaai-geskiedenis nie/blaai-geskiedenis word nie gestoor nie • Maak die opspoor van blaaipatrone moeiliker (2) 6.5.1 'n Wiki is 'n saamgestelde  verwysingsbron waar enige gebruiker bydraes kan maak.  (2) 6.5.2 Enige TWEE:  • Die administrateur kan inhoud modereer voordat dit gepubliseer word • Gepubliseerde inhoud kan kruisgekontroleer word met ander bronne op die web • Versoek kundige mense om te help om inhoud te modereer • Verwyder inhoud wat nie akkuraat is nie • Maak voorsiening vir die plaas van kommentaar van professionele hoogaangeskryfde persone op die tuiste (2) 6.6.1 Lêer word verdeel in afdelings  en gedeel deur 'n aantal gelyke persone  in plaas van 'n bediener. (2) 6.6.2 Enige EEN:  • You Tube • Stroming (Streaming) • Die cloud/DropBox/GoogleDrive/SkyDrive (1) 6.7.1 Die (a) sleutel is 'n formule wat gebruik word om te enkripteer/die inligting te verander  sodat dit nie gelees kan word nie, die (a) sleutel word gebruik om weer te dekripteer na transmissie  en maak dit weer leesbaar. (2) 6.7.2 (a) Enige EEN:  • Aanlyn stoorspasie • Stoor in die wolk (cloud) (1) 6.7.2 (b) Enige TWEE:  • Toegang tot enige toestel deur middel van die Internet • Nie nodig vir groot stoorkapasiteit in toestelle nie • Lêers kan van enige plek af deur middel van die Internet verkry word • Maklik om te onderhou/materiaal op te dateer (2) 6.8.1 Globalisering beskryf die toenemende tendens en gemak waarmee mense goedere, dienste en inligting  rondgaan regoor die wêreld met die gebruik van tegnologie.  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 6.8.2 Enige DRIE:  • Kan inligting baie vinniger bekom • Toegang tot inligting is nie beperk tot 'n sekere plek, mense, tyd nie/geen grense • Verwerking/bymekaarmaak van groot hoeveelhede data soos met 'n stemproses is makliker en vinniger • Veilig: Elektroniese geld • Gerieflik: aanlyn bankdienste/ATM's • Indiensneming: tegnologie bied werk vir geskoolde arbeiders • Telemedisyne/ontwikkeling van toerusting • Telekommunikasie (3) TOTAAL AFDELING F: 35 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all