NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 

%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb/v1-a52d38d34bbb677fc423/card.webp)
_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)


View all



_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Information Technology Grade 12 P2 Supplementary 2015 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 470.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Supplementary Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae (10)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (25)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (27)
AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur (26)
AFDELING E: Ontwikkeling van Oplossings (27)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (35)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Die puntetoekenning gee gewoonlik 'n aanduiding van die getal feite wat in
jou antwoord verskaf moet word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 'n ... is 'n versameling velde oor 'n enkele entiteit.
A Databasis
B Tabel
C Rekord
D Greep (1)
1.2 Watter ontwerphulpmiddel ('design tool') is die geskikste vir 'n sagteware-
ontwikkelaar wat die afvoer van 'n algoritme wil bepaal?
A Gebruik-geval-diagram ('Use case diagram')
B TVA ('IPO') -diagram
C Naspeurtabel
D TOE-kaart (1)
1.3 'n ... is 'n versameling programme wat ontwerp is om 'n rekenaar te infiltreer
en die hoogste vlak van voorregte te bekom om beheer oor te neem van die
geïnfekteerde rekenaar.
A Trojaanse perd
B Skimverklikker ('Rootkit')
C Klikprogram ('Spyware')
D Wurm (1)
1.4 ... is spesifiek ontwikkel om vinnige data-oordrag vir 'n videokamera en
eksterne databerging te voorsien.
A FireWire
B VGP ('AGP')
C RTK ('PCI')
D SATA (1)
1.5 Watter EEN van die volgende opsies van kabellose netwerke se
dekkingsarea is van die kleinste tot die grootste gerangskik?
A WiMAX, Wi-Fi, Bluetooth
B Wi-Fi, WiMAX, Bluetooth
C WiMAX, Bluetooth, Wi-Fi
D Bluetooth, Wi-Fi, WiMAX (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.6 Watter tipe datavalidering kan NIE deur middel van programmeringskode
gedoen word NIE?
A Teenwoordigheidstoets
B Korrektheidstoets
C Intervaltoets
D Formaattoets (1)
1.7 'n ... kompileer en voer een reël programmeringskode op 'n slag uit.
A Kompileerder ('Compiler')
B Interpreteerder ('Interpreter')
C Vertaler ('Translator')
D Saamsteller ('Assembler') (1)
1.8 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van wolkberging ('cloud
storage')?
A Web 3.0
B Mobi
C Skype
D Google Drive (1)
1.9 Data-ontginning verwys na die proses van die ...
A onderhoud van die akkuraatheid en bestendigheid van data.
B versekering dat data aan 'n spesifieke stel vereistes voldoen.
C analisering van groot versamelings data.
D beskerming van data teen verlies of diefstal. (1)
1.10 Wat sal die afvoer wees as die volgende algoritme uitgevoer word?
nom 5
produk 0
lus (herhaal) nom keer
produk produk * nom
vertoon produk
A 0
B 25
C 5
D 625 (1)
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
'n Plaaslike gemeenskapsentrum word met 'n moderne IKT-hulpbronsentrum toegerus.
Die hulpbronsentrum sal toegang tot digitale hulpbronne, die Internet en mobiele
tegnologieë insluit.
2.1 Mobiele toestelle sal by die sentrum beskikbaar gestel word om toegang tot
die Internet te verkry. Hierdie mobiele toestelle het 'n voorafgelaaide
bedryfstelsel.
2.1.1 Definieer 'n bedryfstelsel. (2)
2.1.2 Watter mobiele bedryfstelsel word met die terme Ice Cream
Sandwich en Jelly Bean geassosieer? (1)
2.1.3 Noem EEN probleem wat kan voorkom as die bedryfstelsel op 'n
mobiele toestel opgegradeer word. (1)
2.1.4 Verbeterings in tegnologie het dit vir mobiele bedryfstelsels
moontlik gemaak om multitaakverwerking ('multitasking') te
ondersteun.
Verduidelik die konsep multitaakverwerking. (2)
2.2 Die mobiele toestelle wat die lede van die gemeenskap in die
hulpbronsentrum sal gebruik, gebruik soliede-staat-aandrywers ('solid-state
drives').
Gee TWEE redes waarom soliede-staat-aandrywers ('solid-state drives') in
plaas van hardeskyfaandrywers ('hard disk drives') vir berging op mobiele
toestelle gebruik word. (2)
2.3 Ou tafelrekenaars is aan die sentrum geskenk. Hierdie rekenaars raak baie
stadig as 'n aantal toepassings gelyktydig oop is. Nadere inspeksie toon dat
daar 'n hoë vlak van aaneenlopende hardeskyf-aktiwiteit is.
2.3.1 Watter term word gebruik vir die probleem wat hierbo beskryf
word? (1)
2.3.2 Beskryf hoe 'n rekenaar steeds in staat is om 'n aantal toepassings
oop te maak ten spyte daarvan dat dit beperkte ETG ('RAM') het. (2)
2.3.3 Watter moontlike probleem (probleme) sal ervaar word as die
sentrum sou probeer om die ETG ('RAM') van hierdie rekenaars op
te gradeer? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.4 'n Kwotasie met die spesifikasies vir nuwe rekenaars vir die IKT-
hulpbronsentrum hieronder is ontvang.
Intel Core i5 2.6 GHz SVE ('CPU')
2 GG ('GB') LAG ('RAM')
3 TB HDD
2.4.1 Die Intel Core i5 SVE ('CPU') bevat veelvuldige kerne ('cores').
Verduidelik kortliks hoekom hierdie eienskap die werkverrigting van
die SVE ('CPU') verbeter. (2)
2.4.2 Die kwotasie is nie aanvaar nie omdat dit te duur was.
Identifiseer die enkele komponent in die kwotasie wat duidelik
geïdentifiseer kan word as die een met 'n onnodige hoë
spesifikasie-vlak. (1)
2.4.3 Die verwerkingspoed van die SVE ('CPU') word direk bepaal deur
die klokspoed waarteen dit loop. Die klokspoed van die SVE
('CPU') is normaalweg baie hoër as die spoed van die stelselklok.
(a) Beskryf hoe die klokspoed die verwerkingspoed van die SVE
('CPU') beïnvloed. (2)
(b) Verduidelik hoe dit moontlik is dat die SVE ('CPU') teen 'n
baie hoër spoed as die spoed van die stelselklok werk. (2)
2.4.4 Die rekenaar se moederbord gebruik beide busse en punt-tot-punt-
konneksies ('point-to-point connections') om data oor te dra.
(a) Wat is die doel van die interne bus op 'n moederbord? (1)
(b) Verduidelik die verskil tussen 'n punt-tot-punt-konneksie en 'n
bus. (2)
2.5 Die hulpbronsentrumbestuurder sal 'n nuwe skootrekenaar vir kantoorgebruik
kry. Die skootrekenaar is met 'n vingerafdruksensor toegerus.
2.5.1 Noem die voordeel van die vingerafdruksensor in 'n
skootrekenaar? (2)
2.5.2 Gee 'n ander voorbeeld van 'n biometriese toestel/stelsel wat
gebruik kan word om individue op 'n unieke manier te identifiseer. (1)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Die rekenaars by die nuwe hulpbronsentrum moet 'n Internetverbinding deel; daarom
sal die rekenaars in 'n netwerk verbind wees.
3.1 Verskillende topologieë kan gebruik word om 'n gekabelde Ethernet LAN in
die hulpbronsentrum op te stel.
3.1.1 Teken 'n skets met byskrifte om die uitleg van toestelle in 'n ster-
topologie te illustreer.
LET WEL: Sluit byskrifte vir die toestelle by jou skets in. (3)
3.1.2 Gee TWEE redes waarom 'n stertopologie in die meeste moderne
LAN's gebruik word. (2)
3.1.3 Noem EEN ander tipe topologie wat in 'n LAN gebruik kan word. (1)
3.2 'n Toegangspunt sal ook in die hulpbronsentrum geïnstalleer word om 'n
kabellose netwerk (WLAN) te skep.
3.2.1 Wat is die grootste voordeel van die gebruik van 'n WLAN eerder
as 'n kabelgebaseerde LAN? (1)
3.2.2 Een toegangspunt is nie voldoende vir die hulpbronsentrum nie.
Gee TWEE redes waarom meer as een toegangspunt nodig mag
wees. (2)
3.2.3 'n Wagwoord is nodig om toegang tot die WLAN te kry.
Waarom waarborg die gebruik van 'n wagwoord nie die veiligheid
van die WLAN nie? (1)
3.3 Wanneer lede van die gemeenskap toegang kry tot die Internet, word hulle
aan aanlynrisiko's, soos spoef ('spoofing') en kwaadwillige sagteware
('malware'), blootgestel.
3.3.1 Verduidelik die konsep van spoef kortliks. (2)
3.3.2 Noem TWEE maatreëls wat getref kan word om te voorkom dat die
rekenaars met kwaadwillige sagteware geïnfekteer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.4 Gemeenskapslede gebruik soms mobiele toestelle om met die Internet te
koppel.
3.4.1 Gee TWEE redes waarom sommige webtuistes nie reg vertoon
wanneer daarna op mobiele toestelle gekyk word nie. (2)
3.4.2 Waarom is dit moontlik vir mobiele toestelle, soos tablette, om
kabelloos met 'n toestel soos 'n sleutelbord te koppel, terwyl dit
terselfdertyd 'n kabellose konneksie met die Internet op 'n WLAN
gebruik? (2)
3.5 Die personeellede by die hulpbronsentrum word aangemoedig om met ander
gemeenskapshulpbronsentrums via videokonferensies en kitsboodskappe
('instant messaging') te netwerk.
3.5.1 Noem die protokol wat vir videokonferensies gebruik word. (1)
3.5.2 Beskryf kortliks TWEE uitdagings van videokonferensies in Suid-
Afrika. (2)
3.5.3 Die meeste kitsboodskapprogramme is oor-platform ('cross-
platform').
Wat beteken oor-platform? (1)
3.6 Die hulpbronsentrumbestuurder moet in staat wees om oor 'n afstand met die
sentrum te kan koppel wanneer hy/sy nie by die sentrum is nie. Die
bestuurder het 'n keuse van 'n afstand-tafelrekenaarkonneksie of VPN.
3.6.1 Beskryf hoe die bestuurder in staat sal wees om oor 'n afstand te
konnekteer deur 'n VPN te gebruik. (3)
3.6.2 Verduidelik kortliks hoe die gebruiker van 'n afstand-tafelrekenaar-
konneksie die konneksie aan sy/haar kant (die gebruiker se kant)
sien en wat dit bied. (2)
TOTAAL AFDELING C: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
Die nuwe hulpbronsentrum benodig 'n databasis om hulpbronne, soos boeke, DVD's,
iPad's, te bestuur.
4.1 'n Bediener-databasis eerder as 'n tafelrekenaar-databasis sal gebruik word.
Onderskei tussen 'n tafelrekenaar-databasis en 'n bediener-databasis. (2)
4.2 Die hulpbronsentrum het mobiele toestelle wat deur gemeenskapslede
uitgeneem kan word. Inligting oor die uitneem van hulpbronne word in 'n
databasis met die naam Hulpbronne gestoor.
Die tabel met die naam ToestelleTb stoor inligting oor die mobiele toestelle
en die tabel met die naam UitgeneemTb stoor inligting oor wanneer 'n toestel
uitgeneem is.
Die tabelstrukture is soos volg:
ToestelleTb
Sleutel Veldnaam Datatipe Beskrywing
ToestelID Text Unieke toestel-ID
Maak Text Die vervaardiger van die toestel
Tipe Text F-Foon/T-Tablet/S-Skootrekenaar
Waarde Currency Waarde van die toestel
UitgeneemTb
Sleutel Veldnaam Datatipe Beskrywing
UitneemID Number Unieke kode vir elke
uitneemgebeurtenis
DatumUitgeneem Date Datum waarop toestel uitgeneem is
DatumTerug Date Datum waarop toestel teruggebring
is – by verstek oopgelaat
LidID Text ID van die persoon wat die toestel
uitneem
ToestelID Text ID van toestel wat uitgeneem is
4.2.1 Skryf die verwantskap tussen ToestelleTb en UitgeneemTb neer
en dui die volgende duidelik aan:
(a) Tipe verwantskap gevorm – soos vanaf die ToestelleTb se
kant (1)
(b) Die velde wat in die verwantskap gebruik is en van watter
tabelle (2)
(c) Die sleuteltipe van beide sleutels in die verwantskap – dui
ook die tabelname en veldname van die sleutels aan (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.2.2 Gebruik die tabelstrukture in VRAAG 4.2.1 om SQL-stellings vir elk
van die volgende navrae te skryf:
(a) Vertoon die maak, tipe en waarde van al die tablette in
dalende volgorde volgens waarde. (4)
(b) Vee die rekords van die toestelle wat telefone is, uit. (3)
(c) Verminder die waarde van elke toestel met 10%. (3)
(d) Vertoon die volgende inligting oor al die toestelle wat nog nie
teruggebring is nie:
• ID van die persoon wat die toestel uitgeneem het
• Die tipe toestel wat uitgeneem is
• Die datum waarop die toestel uitgeneem is (5)
4.3 Die tabel hieronder, met die naam LedeTb, is geskep en by die Hulpbronne-
databasis gevoeg. Die tabel hou tred met boeke wat uitgeneem word, maar
dit is nie goed ontwerp nie.
LedeTb
Sleutel Veldnaam Datatipe Beskrywing
LidID Text Lid se ID
Voornaam Text Lid se voornaam
Van Text Lid se van
Adres Text Lid se adres
Boete Text Boete wat betaal moet word vir
uitgeneemde boeke wat uitstaande is
GeboorteDatum Text Lid se geboortedatum
BoekTitel Text Titel van die eerste boek wat
uitgeneem is
BoekSkrywer Text Skrywer van die eerste boek wat
uitgeneem is
BoekTitel Text Titel van die tweede boek wat
uitgeneem is
BoekSkrywer Text Skrywer van die tweede boek wat
uitgeneem is
4.3.1 Sommige velde in die tabel hierbo se datatipes is nie geskik nie.
Kies TWEE velde en beveel meer geskikte datatipes aan. (2)
4.3.2 Gee TWEE redes as motivering hoekom die deel van die databasis
wat die LedeTb-tabel bevat, nie genormaliseer word nie. (2)
TOTAAL AFDELING D: 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING E: ONTWIKKELING VAN OPLOSSINGS
VRAAG 5
'n Administratiewe program is vir die hulpbronsentrum ontwikkel.
5.1 Die GGK ('GUI') hieronder word gebruik om lede se besonderhede in te lees.
5.1.1 Gee 'n moontlike motivering waarom elk van die volgende
komponente gekies is:
(a) Kombinasielys ('combo box') vir die kies van die ouderdom (1)
(b) Radioknoppies ('radio buttons') vir die kies van geslag (1)
LET WEL: Dieselfde motivering sal NIE vir beide antwoorde
aanvaar word NIE.
5.1.2 Waarom sal 'n waarde wat in die Van-veld ingesleutel word, selde
tot 'n looptydfout lei? (1)
5.1.3 Die komponente wat vir datum-seleksie gebruik word, sal nie
voorkom dat 'n ongeldige datum gekies word nie.
Motiveer hierdie stelling en gebruik 'n voorbeeld om jou antwoord
te illustreer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.1.4 Wanneer die Stoor Besonderhede-knoppie geklik word sonder
dat die naam- of van-velde voltooi is, word die dialoogblokkie
hieronder vertoon.
Lewer kritiek op die ontwerp van die dialoogblokkie. (2)
5.2 Die administrasieprogram gebruik 'n objekklas met die naam Lid om die lid se
besonderhede te stoor.
Die Lid-klas is met die volgende attribute en metodes verklaar:
Lid
- naam: String
- adres: String
- ouderdom: integer
- geldigeLidmaatskap: boolean
+ getNaam(): String
+ setAdres(nuweAdres)
+ magUitneem(): boolean
+ toString(): String
5.2.1 Wat is die doel van 'n konstruktor in objek-georiënteerde
programmering? (1)
5.2.2 Waarom word metodes gebruik om die waardes van die attribute
van 'n Lid-objek te verander? (1)
5.2.3 Die magUitneem()-metode dui aan of 'n lid toegelaat kan word om
toestelle by die sentrum uit te neem, of nie.
(a) Klassifiseer die magUitneem()-metode as 'n wysigings-,
toegangs- of hulp ('auxiliary') -metode. (1)
(b) 'n Lid mag toestelle uitneem as enige EEN van die volgende
voorwaardes nagekom word:
• Die lid is 21 jaar of ouer en het 'n bekende adres
• Die lid is ouer as 16 jaar en lidmaatskap is getoets vir
geldigheid
Skryf pseudokode vir die magUitneem()-metode om te
bepaal of 'n lid toestelle mag uitneem, of nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.3 Die administrasieprogram bied die fasiliteit om 'n opname te doen wat die
getal dae vasstel waarop lede items laat terugbring. Vir die opname word
items slegs in ag geneem as dit van 1 tot op 'n maksimum van 100 dae laat
teruggebring is.
Die pseudokode hieronder is ontwerp om die gemiddelde getal dae waarop
items laat teruggebring is, te bereken deur die dae laat vir 'n ewekansige
steekproef van ses items wat laat is, aan te teken. Die kode bevat enkele
foute wat reggemaak moet word.
Reël Pseudokode
1 Tel 1
2 Totaal 0
3 Terwyl Tel < 6
4 Lees Dae
5 Herhaal
6 As Dae < 0 of Dae > 100 Dan
7 Vertoon “Ongeldige dae ingelees”
8 ... ontbrekende kode ...
9 Totdat ... ontbrekende kode ...
10 Totaal Totaal + Dae
11 Tel Tel + 1
12 End Terwyl
13 GemDae Totaal / Tel
5.3.1 Die doel van die geneste Herhaal-Totdat-gedeelte is om seker te
maak dat slegs dae binne die gespesifiseerde interval ingelees sal
word.
(a) Voltooi die ontbrekende kode in reël 8. (1)
(b) Skryf neer die ontbrekende voorwaarde in reël 9 wat nodig is
om die Herhaal-Totdat-lus te voltooi. (2)
5.3.2 Met die geneste Herhaal-Totdat-gedeelte wat nou funksioneer
soos vereis, stel ontfouting vas dat die program slegs toelaat dat
vyf waardes ingelees word in plaas van die vereiste ses waardes.
(a) Gebruik die volgende opskrifte en teken en voltooi jou eie
naspeurtabel met twee kolomme in jou ANTWOORDEBOEK:
Tel en Tel < 6 (WHILE-voorwaarde)
Gebruik die naspeurtabel om aan te dui waarom die fout
voorkom. (3)
(b) 'n Voorstel is gemaak dat die voorwaarde van die WHILE-lus
verander moet word sodat die fout reggestel word.
Toon aan hoe die voorwaardes van die WHILE-lus verander
kan word om te verseker dat ses waardes ingelees kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
(c) Hoekom sal die verandering van die voorwaarde van die
WHILE-lus nie die regte oplossing vir die probleem wees nie? (1)
(d) Gee die reëlnommer en die korrekte instruksie vir die reël wat
verander moes word om die probleem op te los, eerder as om
die voorwaarde van die WHILE-lus te verander. (1)
5.4 • Die administrasieprogram hou rekord van die getal boeke wat daagliks
deur die lede uitgeneem word.
• 'n Skikking met die naam GetalBoeke stoor die getal boeke wat per dag
van Maandag tot Vrydag uitgeneem word.
Voorbeeld van moontlike data: GetalBoeke (16, 19, 21, 13, 17)
• 'n Skikking met die naam Weeksdae stoor die name van die dae van die
week.
Voorbeeld: Weeksdae(Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag,
Vrydag) (4)
Gebruik pseudokode en skryf 'n algoritme om die dag van die week waarop
die meeste boeke uitgeneem word, te bepaal.
TOTAAL AFDELING E: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SCENARIO
Die IKT ('ICT') -hulpbronsentrum het nuwe geleenthede en uitdagings na vore gebring.
'n Hulpbronsentrum-administrateur is aangestel om die hulpbronsentrum te bestuur.
6.1 'n Voorlopige Aanvaarbare Gebruiksbeleid (AGB) ('Acceptable Use Policy'
(AUP)) -dokument wat vir die hulpbronsentrum saamgestel is, sluit 'n afdeling
oor groenrekenarisering ('green computing') in.
6.1.1 Die AGB stel dit dat elektroniese dokumente, waar moontlik, in
plaas van gedrukte dokumente gebruik moet word.
Noem TWEE voordele van die gebruik van elektroniese dokumente. (2)
6.1.2 Die AGB stel dit dat die simbool hieronder op al die rekenaars wat
vir die hulpbronsentrum aangekoop word, moet verskyn.
Wat dui hierdie simbool aan? (1)
6.1.3 Die AGB gee nie daaraan aandag om van ou rekenaars ontslae te
raak nie.
Stel TWEE maatreëls voor wat by die beleid ingesluit kan word om
daaraan aandag te gee om van ou rekenaars ontslae te raak. (2)
6.2 4G-tegnologie is 'n moontlike alternatiewe opsie vir Internet-konneksie vir die
hulpbronsentrum wat tans WiMAX gebruik.
6.2.1 In watter opsig verskil 4G-tegnologie van WiMAX? (2)
6.2.2 Gee 'n belangrike rede waarom 4G nie die geskikste opsie vir
Internet-konneksie vir die hulpbronsentrum mag wees nie. (1)
6.2.3 Watter ooreenkoms is daar tussen die tegnologie wat vir 4G- en
WiMAX-konneksies gebruik word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
6.3 Twee van die uitdagings van die hulpbronsentrum is om te voorkom dat data
verlore gaan en dat ongemagtigde toegang tot data verkry word.
6.3.1 Gee EEN voorbeeld van menslike aksies wat kan veroorsaak dat
data verlore gaan. (1)
6.3.2 Noem en verduidelik kortliks enige TWEE tegnieke wat gebruik kan
word om die hulpbronsentrum se data te beskerm. (4)
6.4 Die administrateur wil gemeenskapslede bewus maak van hul digitale
voetspoor en privaatheid wanneer hulle op die Internet rondblaai.
6.4.1 Wanneer iemand op die Internet rondblaai, stoor die webblaaier
koekies ('cookies').
Wat is 'n koekie? (2)
6.4.2 Moderne webblaaiers bied 'n privaatheidmodus aan gebruikers
wanneer hulle op die Internet rondblaai.
Noem TWEE redes waarom 'n gebruiker die privaatheidmodus sal
wil gebruik. (2)
6.5 Die administrateur het 'n wiki vir die hulpbronsentrum opgestel. Die
bestuurder is bekommerd oor die kwaliteit van inligting wat op die wiki
bygevoeg word.
6.5.1 Hoe verskil 'n wiki van ander verwysingsbronne? (2)
6.5.2 Beskryf TWEE maniere waarop die administrateur kan seker maak
dat die inligting wat op die wiki geplaas word, van 'n toepaslike
standaard is. (2)
6.6 Die hulpbronsentrum bied ook ekstra klasse vir leerders aan. Video's word vir
hierdie klasse vervaardig en deur middel van BitTorrent op die Internet
gedeel.
6.6.1 Verduidelik hoe die BitTorrent-protokol werk. (2)
6.6.2 Noem 'n alternatiewe manier waarop die video's gedeel kan word. (1)
6.7 Die hulpbronsentrum het die opsie om hulpbronne aanlyn van ontwikkelaars
en mediawinkels aan te koop.
6.7.1 Die ontwikkelaars gebruik 'n enkripsie-sleutel om hul inligting wat
oor die Internet oorgedra word, te beveilig.
Verduidelik hoe sleutel-enkripsie werk. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
6.7.2 Sommige aanlyn-mediawinkels verskaf 'n fasiliteit waar media
bewaar word ('media repository').
(a) Wat is 'n mediabewaarplek ('media repository')? (1)
(b) Identifiseer TWEE maniere waarop die hulpbronsentrum
voordeel kan trek uit die gebruik van 'n mediabewaarplek-
diens. (2)
6.8 Die hulpbronsentrum is 'n ontwikkeling wat tot die gebruik van tegnologie
bygedra het ten opsigte van baie aspekte van die gemeenskapslewe. In
hierdie era van globalisering probeer die hulpbronsentrum om die digitale
kloof wat steeds in baie gemeenskappe voorkom, op te los.
6.8.1 Wat beteken die term globalisering? (2)
6.8.2 Die gebruik van tegnologie deur groot organisasies, soos die
regering, banke en hospitale, vereis dat almal in staat moet wees
om 'n verskeidenheid nuwe digitale toestelle te kan gebruik.
Daarom het die aanmoediging van globalisering by die sentrum 'n
positiewe impak op die alledaagse lewens van gemeenskapslede
gehad.
Gee DRIE voorbeelde om hierdie stelling te ondersteun. (3)
TOTAAL AFDELING F: 35
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb/v1-a52d38d34bbb677fc423/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2012 QP (Afr)
_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2015 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper