Skip to content

Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12201617 pages

Grade 12 Business Studies question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2016 10720 BESIGHEIDSTUDIES TYD: 3 uur PUNTE: 300 17 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 2 10720/16 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN BESIGHEIDSTUDIES TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word. 1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdeling en handel oor al die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling. 2 Lees die instruksies by elke vraag deeglik en maak seker van wat gevra is. 3 Nommer vrae in ooreenstemming met die nommeringstelsel op die vraestel. Geen punte sal toegeken word vir vrae wat foutief genommer is nie. 4 Tensy anders vermeld moet antwoorde in volsinne beantwoord word. 5 Gebruik die totaal van die punte wat toegeken word by ʼn vraag as ʼn aanduiding van die lengte en diepte van die antwoord. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 3 10720/16 6 Gebruik die onderstaande vraag as ̍n aanduiding van die tyd wat aan elke vraag bestee moet word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A: Verpligtend 1 40 30 minute Opjektiewe vrae oor alle werk B: VYF direkte / 2 60 30 minute indirekte tipe vrae. 3 60 30 minute (Kies DRIE vrae uit 4 60 30 minute hierdie afdeling.) 5 60 30 minute 6 60 30 minute C: VIER langvrae. 7 40 30 minute (Kies TWEE vrae 8 40 30 minute uit hierdie afdeling.) 9 40 30 minute 10 40 30 minute 300 180 minute 7 Begin die antwoord vir elke vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy; VRAAG 2 nuwe bladsy, ens. 8 Nie-programeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 9 Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 4 10720/16 AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 B. 1.1.1 Hierdie wet reguleer die voorwaardes van krediet tussen die besigheid en verbruikers. A Breed Gebasseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet, 2003. (Wet 53 van 2003) B Wet op Basiese diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) C Diensbillikheidswet, 1998 (Wet 55 van 1998) D Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.2 Visserye is deel van die … sektor. A sekondêre B primêre C tersiêre D informele 1.1.3 Hierdie instellings is verantwoordelik vir die ontwikkeling en implementering van sektorale vaardigheidsplanne. A SOOS’s B Banke C Johannesburgse Sekuriteitebeurs D Vakbonde 1.1.4 Hierdie vorm van eienaarskap word gestig deur ʼn groep wat instem om saam te werk, hulle bates saam te verpoel sodat hulle ekonomies meer effektief is. A Nie-winsgewende maatskappy B Koöperasie C Beslote Korporasie D Publieke maatskappy b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 5 10720/16 1.1.5 Henry belê sy jaarlikse bonus van R25 000 in ʼn vaste deposito- rekening vir 3 jaar. Indien hy 11% saamgestelde rente per jaar verdien, hoeveel rente sal hy in 3 jaar verdien? A R 34 190,78 B R 33 250 C R 9 190,78 D R 8 250 1.1.6 Die volgende visuele hulpmiddel is nie geskik vir groot groepe nie. A PowerPoint B Tru-projektor C Plakkate D Interaktiewe witbord 1.1.7 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van etiese gedrag? A Dra vanpaste klere tydens ʼn raadsvergadering B Betaal werknemers billike lone C Stel familie aan in bevorderingsposte D Vermy die betaling van BTW en belasting 1.1.8 Tydens die toepassing van hierdie kreatiewe denkmetode word voorstelle gegee sonder om enige idee te kritiseer. A Delphi tegniek B Dinkskrum C Nominale groep-tegniek D Laterale denke 1.1.9 ʼn Dispuut tussen ʼn werkgewer en werknemer word opgelos deur voorstelle te maak vir ʼn moontlike oplossing. A Mediasie B Arbitrasie C Werksplekforum D Gemenereg-aksie 1.1.10 Inligting wat akkuraat, volledig, betekenisvol en maklik is om te gebruik is ʼn kwaliteitsaanwyser van die … funksie. A administrasie B produksie C finansiële D menslike hulpbron (10x2) (20) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 6 10720/16 1.2 Kies die korrekte woord(e) / afkorting in hakies vir die beskrywing. Skryf slegs die woord(e) / afkorting(s) langs die vraagnommer neer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK. 1.2.1 ʼn Aksieplan om die besigheid se doelwitte te bereik (Taktiek / Strategie) 1.2.2 Een van die beginsels van versekering is (Sekuriteit / Subrogasie) 1.2.3 ʼn Dokument wat deur die maatskappy gegee word aan persone wat aan die maatskappy geld leen en dit teen spesifieke paaiemente terug te betaal (Prospektus / Skuldbrief) 1.2.4 ʼn Verskil tussen twee partye in die werkplek (Konflik / Grief) 1.2.5 ʼn Instelling wat standaarde in Suid-Afrika reguleer (SABS / SARS) (5x2) (10) 1.3 Kies die beskrywing uit KOLOM B om te pas by die term in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6. H KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Ontbondeling A ʼn Styging in brandstofpryse 1.3.2 Kwaliteitsirkel B ʼn Nuwe mededinger in die mark 1.3.3 Makro-omgewingsuitdaging C Die proses om ʼn nuwe werknemer 1.3.4 Inklusiwiteit vertroud te maak met die werkplek 1.3.5 Roofwerwing D Om die regte persoon te soek vir ʼn spesifieke pos E ʼn Groep persone wat poog om kwaliteit te verhoog in die werksplek F ʼn Voorbeeld van eksterne werwing G Gee senior poste aan manlike personeel H Om aan almal gelyke geleenthede te gee sonder diskriminasie I Verkoop ʼn gedeelte van die besigheid se bates om die krediteure te betaal (5x2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 7 10720/16 AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 2 BESIGHEIDSOMGEWING 2.1 Identifiseer die magte van Porter se model in elk van die volgende stellings. 2.1.1 Ravi se tuindienste koop al hulle benodigdhede van Gert BK, wat die enigste besigheid is wat tuingereedskap en toerusting verkoop. 2.1.2 Tshidi se landskapdienste bied goedkoper dienste aan as John se landskapdienste. 2.1.3 Alhoewel Ravi se pryse hoog is, het hy baie klante, want hy bied hoë kwaliteitdiens aan sy klante. 2.1.4 Dit was nie maklik vir Sam om ̍n besigheid te begin nie, want hy moes ʼn handelslisensie bekom. 2.1.5 Sommige klante verkies om hulle eie tuinwerk te doen. (5x2) (10) 2.2 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Ekasi-Sporttoerustingvervaardiger (Edms) Bpk. Wesley is die eienaar van Ekasi-Sporttoerustingvervaardiger wat geleë is in Midrand. Sy besigheid verkoop sportdrag en toerusting aan verskeie gholf- en tennisklubs. Wesley het ʼn meestersgraad in Bemarking en Entrepreneurskap by Unisa verwerf. Onlangs het die aanvraag na sportdrag en toerusting sodanig gegroei dat hy nog ʼn tak geopen het in Braamfontein. Wesley het aansoek gedoen vir ̍n lening by NFB bank om sy nuwe winkel te open. Die bank het die rentekoers verhoog tot 15%. Wesley het vir Clara aangestel as verkoopsdame by die Braamfonteintak. Sy tree onprofessioneel op teenoor die klante en weet ook nie hoe om met die kasregister te werk nie. Die Johannesburgse munisipaliteit het die water- en elektrisiteittariewe verhoog. 2.2.1 Noem die sektor waarbinne Ekasi-Sporttoerusting funksioneer. (2) 2.2.2 Identifiseer die uitdagings waarmee Ekasi-Sporttoerusting gekonfronteer word. (4) 2.2.3 Meld die wet wat van toepassing is as Wesley aansoek doen vir die lening van NFB bank. (2) 2.2.4 Maak voorstelle hoe Wesley se besigheid kan voldoen aan die vereistes van die wet genoem in Vraag 2.2.3. (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 8 10720/16 2.3 Bespreek die negatiewe impak wat die Vaardigheidsontwikkelingswet het op die besigheid. (8) 2.4 Beskryf VIER regte van verbruikers soos beskryf in die verbruikersbeskermings- wet, 2008 (Wet 68 van 2008). (12) 2.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Mnr Gerry is die eienaar van ʼn melkplaas in Limpopo wat melk verkoop aan klein- en medium entrepreneurs. Hy dink daaraa̍n om sy dienste te diversifiseer deur ook ʼn opleidingsentrum vir jong boere, ʼn slaghuis en ʼn karwas vir plaaslike taxibestuurders te open. 2.5.1 Noem die diversifikasiestrategie wat van toepassing is op Mnr Gerry. (2) 2.5.2 Evalueer die negatiewe impak van die diversifikasiestrategie waarna daar verwys word in Vraag 2.5.1. (8) 2.6 Onderskei tussen produkontwikkeling en markontwikkeling. (4) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 9 10720/16 VRAAG 3 BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Definieer die term RSA kleinhandelstaatseffekte. (2) 3.2 RSA kleinhandelstaatseffekte bied aan die belegger DRIE beleggingstermyne. Noem TWEE beleggingstermyne van RSA kleinhandelstaatseffekte. (2) 3.3 Lees die onderstaande scenario deur en beantwoord dan die vrae wat volg. VERSEKERING Rex Duke het besluit om sy bates te verseker. Indien daar ʼn onverwagte gebeurtenis sou plaasvind, wil hy in dieselfde posisie gelaat word as voor die verlies op skade. Hy het sy huis verseker vir R1 000 000, maar sy huis is in werklikheid R1 200 000 werd. Daar word ook elke maand geld afgetrek vanaf sy salaris en oorbetaal aan die Werkloosheid-versekeringsfonds WVF. Rex het ook ʼn lewenspolis uitgeneem wat na sy dood ̍n kapitaalbedrag sal uitbetaal aan sy naasbestaandes om in hulle behoeftes te voorsien en sy skuld te betaal. Hy het ook versekering op sy motor uitgeneem. Haal gedeeltes uit die bostaande scenario aan om elk van die volgende versekeringsterme te illustreer. 3.3.1 Verpligte versekering 3.3.2 Nie-verpligte versekering 3.3.3 Awery-klousule 3.3.4 Skadeloosstelling 3.3.5 Langtermynversekering (5x1) (5) 3.4 Bespreek die voorsiening wat die WVF maak. (4) 3.5 Noem EEN tipe voorkeuraandeel. (1) 3.6 Ontleed gewone aandele met verwysing na die volgende: 3.6.1 Regte (4) 3.6.2 Beperkings (2) 3.7 Tabuleer die verskille tussen versekering en assuransie. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 10 10720/16 3.8 Verduidelik wat die belangrikheid is van versekering vir Rex Duke se besigheid. (4) 3.9 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Faruk Abdul het as ʼn restaurantbestuurder gewerk in Irene Mall vir 10 jaar. Hy en sy broer Janez, wat ʼn rekenmeester is, wil hulle eie tak koop van Super Star restaurant-groep vir R 400 000. Hy en sy broer wil̍ ʼn besigheid begin waar hulle vaardighede en geld kan bydra en saam verantwoordelik is vir die skuld van die onderneming. 3.9.1 Identifiser die ondernemingsvorm in die bostaande scenario. (2) 3.9.2 Beskryf hoe die volgende faktore kan bydrae tot die sukses of mislukking van die ondernemingvorm in Vraag 3.9.1. (a) Kapasiteit (4) (b) Bestuur (4) (c) Kapitaal (4) 3.10 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. (Nota: 1ste kwartaal = Januarie tot Maart; 2de kwartaal = April tot Junie; 3de kwartaal = Julie tot September; 4de kwartaal = Oktober tot Desember.) BURGER SE ELEKTRONIKA VERKOPE VAN SAMSUNG TABLETTE 1ste kwartaal 2de kwartaal 3de kwartaal 4de kwartaal 3.10.1 Noem die tipe grafiek wat gebruik word in die bostaande uitbeelding. (2) 3.10.2 Waarom is die 4de kwartaal se verkope die hoogste? (2) 3.11 Fikile is ʼn bemarkingsbestuurder by Burger’s Elektronika. Sy sukkel om ʼn multimediavoorlegging voor te berei. 3.11.1 Gee Fikile raad hoe om ʼn multimediavoorlegging met visuele hulpbronne voor te berei. (6) 3.11.2 Evalueer die effektiwiteit van ʼn PowerPoint voorlegging. (8) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 11 10720/16 VRAAG 4 BESIGHEIDSROLLE 4.1 Definieer die begrip Korporatiewe Sosiale Investering. (2) 4.2 Meld VIER fokusareas van Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid (KSV) vir die besigheid. (4) 4.3 Brei uit op die verband tussen drievoudige basislyn en sosiale verantwoordelikheid van die besigheid. (9) 4.4 Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg. Die Grondwet bevat die Handves van menseregte wat duidelikheid gee oor hoe om op te tree teenoor ongelykheid, respek en waardigheid. Volgens die Handves van menseregte het werkers ekonomiese, sosiale en kulturele regte. 4.4.1 Noem DRIE ekonomiese regte van werkers. (3) 4.4.2 Maak voorstelle vir strategieë wat die besigheid kan gebruik om kulturele regte in die werkplek te bevorder. (6) 4.5 Identifiseer die verskillende stadiums van spanontwikkeling in die onderstaande scenarios. 4.5.1 Spanning / argumente kom voor en dit ontstel die spanlede. 4.5.2 Spanlede streef almal daarna om die span se doelwitte suksesvol te bereik. 4.5.3 Die spanlede is nou almal bevoeg en gewillig on die besluitnemings- proses sonder toesig suksesvol af te handel. 4.5.4 Individue versamel inligting en vorm menings oor mekaar, oor die taak wat hulle moet verrig asook hoe om dit te benader. (4x2) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 12 10720/16 4.6 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vraag wat volg. Die Wet vir Beroepsgesondheid en Veiligheid van 1993 in verhouding met die Wet op Beroepsbeserings en Siektes voorsien dat daar voorsiening gemaak moet word vir die gesondheid en veiligheid van werkers in verhouding met die gebruik van masjienerie asook die dra van beskermende klere. Bespreek die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in die werkplek. (6) 4.7 Maak aanbevelings hoe die besigheid ʼn omgewing kan skep in die werkplek wat bevorderlik is vir kreatiwiteit. (8) 4.8 Stel wyses voor hoe ʼn span hulself kan assesseer deur die kriteria van kommunikasie te gebruik. (4) 4.9 Verduidelik hoe die besigheid kan bydra tot die welstand van sy werkers. (4) 4.10 Bespreek die korrekte prosedure om met griewe in die werksplek te handel. (6) [60] VRAAG 5 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Definieer die term werknemerskontrak. (2) 5.2 Beskryf die wetlike vereistes van ̍n werknemerskontrak. (4) 5.3 Die Arbeidsverhoudingewet reguleer die verhouding tussen die werkgewer en die werknemer. Bespreek die implikasies van die Arbeidsverhoudingewet vir die Menslike hulpbronbestuurder. (10) 5.4 Evalueer die impak van byvoordele op die besigheid. (8) 5.5 Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vraag wat volg. Die Menslikehulpbron-behoefte van ʼn besigheid moet bepaal word voordat werwing gedoen kan word. Hierdie proses vind plaas deur taakanalise wat dan uitvloei in taakbeskrywing en taakspesifikasie. Onderskei tussen taakbeskrywing en taakspesifikasie. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 13 10720/16 5.6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Bright Spark Bpk. Bright Spark is ʼn groot maatskappy wat gloeilampe en ligtoebehore vervaardig. Onlangs het hulle heelwat klagtes van klante begin kry. Heelwat bestellings is laat gelewer en klante het ook foutiewe ligtoebehore kom teruggee. Hulle het geen kwaliteitsbeheermaatreëls in plek nie en die maatskappy gebruik verouderde prosesbeheerstelsels en afleweringstelsels. Daar word ook nie ʼn vaardigheidsoudit met die werkers gedoen om te bepaal of hulle oor die nodige kwalifikasies en vaardighede beskik nie. Die direkteure het bepaal dat die fout van swak kwaliteit toegeskryf kan word aan die Algemene bestuurs- en Aankoopfunksies. 5.6.1 Haal TWEE elemente aan van Totale Gehaltebestuur (TGB) en motiveer jou antwoord uit die bostaande scenario. (6) 5.6.2 Bespreek die elemente van TGB waarna jy in Vraag 5.6.1 verwys het. (6) 5.6.3 Verduidelik die verskil tussen kwaliteitversekering en kwaliteitbeheer. (4) 5.7 Adviseer die raad van direkteure van Bright Spark Bpk hoe hulle die kwaliteit van die Algemene bestuursfunksie kan verbeter. (10) 5.8 Analiseer die impak van Totale Gehaltebeheer (TGB) op Bright Spark Bpk. (6) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 14 10720/16 VRAAG 6 ALGEMEEN BESIGHEIDSOMGEWING 6.1 Identifiseer die PESTWO-elemente in elke van die volgende stellings. 6.1.1 Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die repokoers onveranderd te laat. 6.1.2 Die regering het ʼn regstellende aksiebeleid ingestel om ongelykhede van die verlede reg te stel. 6.1.3 Daar word regeringsaansporings gegee aan besighede wat natuurbewarings projekte borg. 6.1.4 Besighede skakel oor na aanlynhandel om sodoende papierwerk te verminder. 6.1.5 Die aanvaarding van die Verbruikersbeskermingswet, 2008 (Wet 68 van 2008) elimineer die uitbuiting van die verbruiker deur besighede. (10) 6.2 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg: Palesa padverf en onderhoudsprojekte George is aangestel as ̍n instandhoudings werker van Palesa se projekte. Sy taak behels verfwerk asook verskeie ander take. George is baie versigtig as hy werk. Hy dra beskermende klere en kom ook die veiligheidsregulasies getrou na. Op ̍n dag terwyl hy besig was met verfwerk, het hy geval en sy arm gebreek. Hy het dit dadelik aangemeld by die veiligheidsverteenwoordiger wat dit op sy beurt by die baas aangemeld het. 6.2.1 Noem die wet wat van toepassing is op George se situasie by die werk. (2) 6.2.2 Haal TWEE redes uit die scenario aan wat George se eis ondersteun vir die beserings wat hy by die werk opgedoen het. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 15 10720/16 6.3 BESIGHEIDSGELEENTHEDE Trek ̍n soortgelyke tabel in jou ANTWOORDBOEK. Voltooi die tabel om die verskille aan te toon tussen die verskillende tipes verpligte versekering. Versekering Hoe word dit Een voordeel vir die Positiewe impak befonds? publiek / werkers op die besigheid Padongelukkefonds Vergoeding vir beroepsbeserings en –siektes (10) 6.4 Rex koop 10 000 aandele teen ʼn koste van 1200c (R12) per aandeel. Die dividend beloop 60c / aandeel. Die huidige rentekoers by die bank beloop 7% op ʼn belegging van R100 000 of meer. Evalueer of die belegging in aandele ʼn goeie belegging is of nie. (8) BESIGHEIDSROLLE 6.5 Identifiseer die volgende leierskapstyle. Skryf slegs die nommer en die styl neer. 6.5.1 Hierdie tipe leier maak hoofsaaklik staat op reëls en beleide. Hy volg die reëls en sorg dat die werkers ook streng daarby hou om die taak af te handel. (2) 6.5.2 Hierdie tipe leier verduidelik aan die werkers wat die taak behels, maar is nie voorskriftelik oor die uitvoering daarvan nie. (2) 6.6 Die King-Kode bevat die beginsels vir etiese sakebestuur. Verduidelik hoe die besigheid dit moet toepas t.o.v. dissipline in die onderneming. (6) 6.7 Bespreek hoe die volgende teorieë ʼn spanleier kan help om sy span ten volle te laat presteer: 6.7.1 Belbin se teorie (2) 6.7.2 Jung se teorie (2) BESIGHEIDSOPERASIES 6.8 Noem VIER aspekte wat ingesluit moet word in ʼn werknemerskontrak. (4) 6.9 Verduidelik watter voordele goeie kwaliteitbestuur vir die aankoopfunksie inhou. (10) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 16 10720/16 AFDELING C Beantwoord enige TWEE lang vrae uit hierdie afdeling. Dui die vraagnommer wat jy kies duidelik aan. Die antwoord vir elke vraag moet op ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 7 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 8 op ʼn nuwe bladsy, ens. VRAAG 7 BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Swart ekonomiese bemagtiging was gekritiseer om verskeie redes. As teenvoeter daarvoor het die regering die Breedgebasseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet, 2003 (Wet 53 van 2003) ingestel. Dit moet Suid-Afrikaanse besighede transformeer en deelname van benadeelde swart persone in ekonomiese bedrywighede bevorder.  Verduidelik wat is die verskil tussen Swart Ekonomiese bemagtiging en die BBSEB-wet.  Regverdig die instelling van BBSEB in verhouding met die SEB.  Evalueer die effektiwiteit van BBSEB vir die besigheid.  Ontleed die implikasies van VYF pilare van die BBSEB-wet op die besigheid. (40) VRAAG 8 BESIGHEIDSGELEENTHEDE (TEORIEË VAN LEIERSKAP, BESTUUR EN DIE GESINDHEID VAN DIE LEIER) Kurt Lewin het in die 1930’s drie leierskapstyle geïdentifiseer. Sedertdien was daar baie ontwikkeling op die gebied van leierskapstyle en teorieë in ̍n poging om die eienskappe van ʼn goeie leier te bepaal.  Bespreek DRIE verskillende leierskap teorieë: situasionele; transformerende en oordragteorieë.  Onderskei tussen ʼn leier en ʼn navolger.  Evalueer die rol van die leier  Evalueer die rol van die persoonlike ingesteldheid van die leier / bestuurder op die sukses van die besigheid.  Maak voorstelle oor situasies wanneer die outokratiese leierskapstyl effektief gebruik kan word. (40) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 17 10720/16 VRAAG 9 BESIGHEIDSROLLE (PROBLEEMOPLOSSING) Sue Williams is die eienares van ʼn wassery in Edenvale. Sy het vier werkers in diens geneem. Onlangs het sy ontdek dat een van die werkers van die wassery se seeppoeier vir haar eie gebruik huistoe neem. Een van die ander dames kom gereeld laat en maak ook lang oproepe met haar selfoon in werkstyd. Die huidige toedrag van sake veroorsaak spanning tussen die werkers. Sue moet die verskillende probleem-oplossingstegnieke oorweeg om haar probleme op te los.  Bespreek die Delphi, Kragveldanalise en die Nominale groeptegnieke deur aandag te gee aan die volgende aspekte: - beskrywing van die tegniek, - die praktiese toepassing van die tegniek, en - aan te toon wat die impak is van elke tegniek op die besigheid.  Adviseer Sue hoe sy met behulp van die probleemoplossingsiklus haar uitdagings te bowe kan kom. (40) VRAAG 10 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) Petra Skoenvervaardigers (Edms) Bpk. is ʼn skoenmaatskappy in Gauteng. Die maatskappy stel jou aan as hulle menslike hulpbronbestuurder. Die maatskappy se kwaliteitskontroleur het onlangs bedank. Daar word van jou verwag om ʼn nuwe kwaliteitskontroleur aan te stel. Met inagneming van die bostaande scenario, skryf ʼn opstel oor die indiensneming van die kwaliteitskontroleur en neem die volgende subopskrifte in ag:  Verduidelik wat is die doel van ʼn onderhoud.  Regverdig waarom dit nodig sal wees om die nuwe kwaliteitskontroleur te onderwerp aan ʼn weeklange induksieprogram.  Analiseer die impak van eksterne werwing op Petra Skoenvervaardiger (Edms) Bpk.  Brei uit oor omstandighede wanneer ʼn dienskontrak beeïndig sal word. (40) TOTAAL AFDELING C: 80 TOTAAL: 300 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all