Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10022
AFRIKAANS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 70
39 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers 

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020, 39 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 39 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 39
- File size
- 597.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 39
This exam
Gauteng Mock Exam 2020
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)38 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)58 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 2
(Vraestel 2) 10022/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die
tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies
die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
7. Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.
8. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 3
(Vraestel 2) 10022/20
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn Bos 35 5
2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 Nie getoets in Gauteng nie
4. Lien se lankstaanskoene 35 13
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
5. Poppie – Die Drama 35 17
6. Paljas 35 21
7. Fiela se kind – Die Drama 35 26
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
8.1 “Veertig sinkplate teen die suidewind” 17 31
EN
8.2 “Rot in ʼn val” 18 33
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
9.1 “Rondom my” 17 35
EN
9.2 “By die robot in Eerste Laan” 18 37
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 4
(Vraestel 2) 10022/20
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–4 1
B: Drama 5–7 1
C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale)
D: Gedigte 9 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 5
(Vraestel 2) 10022/20
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
“Hoe oud is jy?”
“Veertien gewees, mister.” Wat wil almal skielik weet hoe oud hy is?
“Mm … jy is groot vir veertien. Is jy seker jy is nie dalk sestien nie? Ek is
nie so seker dat julle altyd weet hoe oud julle is nie.”
***
Êrens in hierdie bos treur Jozef vannag oor sy seun. Die lewe het hulle 5
sulke ompaaie om mekaar laat leef dat hy nie vandag sy hand na Jozef kan
uitsteek nie en sê: Ek is jammer oor wat met jou kind gebeur het. Nee! keer
hy homself, soos wat sy vinger sonder gevoel die sneller moet trek, só moet
sy gedagtes sonder gevoel vir Jozef bly. Van kleins af het hulle bymekaar
verbygedink. Vir Jozef het die bloubokkie se gal nog altyd in sy kop gesit. Vir 10
Jozef is hy, Saul, verraaier en klaar!
“Jozef,” het hy eendag vir hom probeer sê wat in sy hart is, “die Bos is
besig om dood te gaan. Oral slaan die seerplekke soos pokke uit en dit word
nie weer gesond nie.”
“Begin jy alweer met Harison se stories?” 15
“Maar kan jy dit dan nie self sien nie? Kan jy dan nie sien dat ons die Bos
doodmaak en die Bos óns doodmaak nie?”
“Ons is honderde teen jou en Harison se ouvroupraatjies, nie een van
julle gaan ons hier uitkry nie!”
1.1 Saul het as veertienjarige die Bos verlaat en op die dorp gaan werk.
1.1.1 Beskryf die gebeure wat daartoe gelei het dat Saul die Bos verlaat
het.
Gee TWEE feite. (2)
1.1.2 By wie het Saul gaan werk? (1)
1.1.3 Watter vergoeding het Saul ontvang vir die werk wat hy gedoen
het?
Noem TWEE dinge. (2)
1.2 Wie was Jozef? (Reël 5) (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 6
(Vraestel 2) 10022/20
1.3 Jozef se seun is dood.
Wat het gebeur? (1)
1.4 Hoe het Jozef se seun se dood bygedra tot die situasie waarin Saul nou
is?
Gee TWEE feite. (2)
1.5 “Vir Jozef het die bloubokkie se gal nog altyd in sy kop gesit.” (Reël 10)
Wat is die konnotatiewe betekenis van die aanhaling? (1)
1.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.6) neer.
Waarom moet Saul die sneller “sonder gevoel” (reël 8) trek?
A Saul se teiken is nie onbekend nie.
B Saul het geen gevoel vir sy teiken nie.
C Saul is ʼn ervare jagter en weet dat gevoelens nie ʼn plek in die Bos
het nie.
D Saul kan dit nie bekostig om emosioneel betrokke te raak by sy
teiken nie. (1)
1.7 Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul. Skryf
slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.7) neer.
Alhoewel Saul Oupoot gevolg het om hom te skiet, het Saul nog altyd groot
(1.7 …) vir die olifante in die Bos gehad. (1)
1.8 Waarna verwys “die seerplekke”? (Reël 13) (1)
1.9 Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul. Skryf
slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.9.1 tot 1.9.2) neer.
Saul was baie (1.9.1 …) oor die toekoms van die Bos en dit het Saul
gedurig met sy familie laat (1.9.2 ...). (2)
1.10 “Maar kan jy dit dan nie self sien nie?” (Reël 16)
Wat kan ons hieruit aflei omtrent Saul se gevoel teenoor Jozef? (1)
1.11 Waarom, dink jy, was dit so maklik vir Jozef en baie ander Bosmense om
te glo dat Saul ʼn verraaier was?
Gee TWEE feite. (2)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 7
(Vraestel 2) 10022/20
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
Dit was ʼn kwaai winter daardie eerste jaar. Meulbosstroom se water het
soos smeltwater geword; ʼn uur daarin en jou bene was koud. Jou hande
ook. Dan moes jy eers weer vuur toe om die bloed warm te kry.
Maar die trog het gewerk! Aan die begin het hy gesukkel om die val reg te
kry sodat die water nie met die gruis deurhardloop nie; hy moes eers 5
agterkom dat jy die water met dieselfde snelheid waarmee dit in die stroom
afkom, oor die trog moet laat loop. Die gruis moet oor die lap rol sodat jy
elke klip as’t ware kan hoor. Die geluid moet ook net reg wees.
Hy moes twee keer dorp toe om kos te koop en nog ferweel. By Gouna
het hy vir ʼn pennie ʼn beeshoring by ʼn man gekoop. Hy was onrustig oor die 10
ander delwers in die Bos. As hy net kon weet hoeveel daar van hulle was …
Die tweede keer dat hy moes dorp toe, het hy ou Anneries gekry. Die
speke was baie duidelik klaar verkwansel en die ou was goed gedop.
“Nee, dit gaan goed, Saul. En met jou? Het jy darem al iets uitgegrou?”
1.12 Waarvoor het Saul in Meulbos gedelf? (1)
1.13 “Maar die trog het gewerk!” (Reël 4)
1.13.1 Aan wie het die trog behoort voordat dit aan Saul behoort het? (1)
1.13.2 Dink jy dat Saul die trog op ʼn eerlike manier gekry het?
Verduidelik jou antwoord. (1)
1.14 Op watter manier het die beeshoring (reël 10) Saul gehelp? (1)
1.15 Verskillende karakters het ʼn rol in Saul se lewe gespeel.
Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (1.15.1 tot 1.15.4)
neer.
KOLOM A KOLOM B
1.15.1 Het vir Saul ʼn kwartponder geleen A Crompton
1.15.2 Het vir Saul ʼn boek geleen wat vir hom baie B Maska
beteken het
C Anneries
1.15.3 Het vriende met Saul geword en was ʼn Australiër
D Kate
1.15.4 Het die Bos probeer bewaar
E Harison
(4 × 1) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 8
(Vraestel 2) 10022/20
1.16 Die houtkappers mag nie delf nie.
Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
1.17 “As hy net kon weet hoeveel daar van hulle was …” (Reël 11)
Wat is die funksie van die ellips aan die einde van hierdie sin? (1)
1.18 Kate was baie belangrik vir Saul. Haar pa was bewus daarvan en hy het uit
sy pad gegaan om Kate en Saul uitmekaar te hou.
Noem DRIE maniere waarop Kate se pa dit gedoen het. (3)
1.19 Waarom kan ons sê dat Saul innerlike konflik ten opsigte van Oupoot se lot
beleef het? (1)
1.20 Na Saul se tyd in Meulbos het hy Swellendam toe gegaan.
Watter vaardigheid het hy daar aangeleer? (1)
1.21 Saul se tyd in die Bos het hom laat besef dat die lewe ʼn skewe sirkel is.
Noem EEN voorbeeld van ʼn skewe sirkel wat in ons gemeenskap vandag
nog sigbaar is. (1)
1.22 Waarom kan ons sê dat Saul se verhouding met die Bos bittersoet was? (1)
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 9
(Vraestel 2) 10022/20
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
........................Juffrou Liebenberg is my Afrikaans-onderwyseres. Sy’s erg
opgetrek met die opstelle wat ek inlewer. Wonderlike verbeelding! skryf sy in
die kantlyn. Ek wil nou nie ondankbaar klink nie, maar ek sou meer gehou
het van: Wonderlike skryfkuns!
***
Die ander ding wat my onderskei, natuurlik, is my ingewikkelde 5
gesinslewe. En dit steek ek meestal ook maar weg. Die kinders wat wel
daarvan weet, soos Sharon, dink dit moet fantasties wees om so ʼn
buitengewone gesin te hê.
***
Maar ek hét darem nog ʼn pa. Een wat van bloed en bene gemaak is. Dink
hoe moet die arme Tibo voel. 10
***
...................Wel, dis die storie wat sy vir Tibo vertel het toe hy nog simpel
genoeg was om dit te glo.
Interessant, nè? Ek is geskep, hy is vervaardig. Ek voel soos ʼn skildery
(soms ʼn middelmatige skildery, soms ʼn mislukking, nooit juis soos ʼn
kunswerk nie) en hy klink soos iets wat uit ʼn fabriek kom. ʼn Onderdeel van ʼn 15
masjien.
***
En nuwe huis is nie heeltemal die regte beskrywing vir hierdie
dubbelverdiepinghool aan die gatkant van Tafelberg nie. Toe Mana en
Beyers teen die einde van laas jaar trou, moes ons ʼn groter huis vir die hele
spul van ons soek. En soos ek reeds laat glip het, rol ons nie juis rond in die 20
rande nie. Probeer jy nou ʼn huis met minstens vyf slaapkamers soek, en
boonop ʼn garage of ʼn buitekamer of ʼn plek wat Mana as ateljee kan gebruik,
teen ʼn prys wat twee mense sonder ʼn vaste inkomste kan bekostig.
***
Dis hoe hulle verhouding begin het. En dis hoe hulle waarskynlik vir altyd
en altyd bymekaar gaan bly. 25
2.1 “Wonderlike verbeelding! skryf sy in die kantlyn.” (Reël 2 – 3)
2.1.1 Wie is aan die woord in hierdie uittreksel? (1)
2.1.2 Hierdie spreker het ʼn vrugbare verbeelding gehad.
Gee TWEE voorbeelde uit die roman om te bewys dat hierdie
stelling WAAR is. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 10
(Vraestel 2) 10022/20
2.1.3 Aan die einde van die verhaal het die spreker besluit om ʼn ware
verhaal te skryf.
Watter titel wou die spreker hierdie verhaal gee? (1)
2.2 Die spreker het ’n “ingewikkelde gesinslewe” (reël 5 – 6) gehad.
Verduidelik hierdie stelling deur te verwys na die spreker se ma en haar eie
pa. (2)
2.3 Die spreker se ma en stiefpa het mekaar op ’n snaakse manier ontmoet.
2.3.1 Hoe het hulle mekaar ontmoet?
Noem TWEE feite. (2)
2.3.2 Waarom het die spreker gedink dat sy/haar ma en stiefpa se
huwelik vir “altyd en altyd” (reël 24 – 25) gaan hou? (1)
2.3.3 Die spreker en sy/haar stiefpa het ʼn goeie verhouding gehad.
Gee TWEE redes om hierdie stelling te motiveer. (2)
2.4 Verskillende karakters het ʼn rol in die spreker se lewe gespeel.
Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.4.1 tot 2.4.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.4.1 Tibo A Het ʼn obsessie met TV gehad
2.4.2 Yann B Was mal oor towenaars en toorkuns
2.4.3 Amos C Het alles van moderne musiek geweet
2.4.4 Beyers D Het alles van skilderye en skilders geweet
E Het alles van teater en toneelstukke geweet
(4 × 1) (4)
2.5 “Ek is geskep, hy is vervaardig.” (Reël 13)
Waarom sê die spreker dat Tibo “vervaardig” is? (1)
2.6 “Ek voel soos ʼn skildery (soms ʼn middelmatige skildery, soms ʼn
mislukking, nooit juis soos ʼn kunswerk nie ...)” (Reël 13 – 15)
Dink jy die spreker het rede gehad om so te voel?
Motiveer jou antwoord. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 11
(Vraestel 2) 10022/20
2.7 Waarom het die spreker na hulle nuwe huis as ʼn dubbelverdiepinghool
verwys? (Reël 18) (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
14. Nog ʼn onverwagse gas 1
Ons is ʼn taamlik bedrukte spulletjie wat die aand aan tafel sit.
***
Mana het ons probeer opbeur deur
pasta pleks van sop te kook, maar niemand lyk juis opgebeur nie.
***
“Maar dis nie ... dit kan tog nie ... dis mos heeltemal te vroeg?” stotter 5
Beyers, sy gesig doodsbleek.
“Hanna is ook ʼn paar weke vroeg gebore,” sê Mana terwyl sy weer stadig
regop sit.
“As ek dít geweet het,” roep Beyers uit, “het ek nóóit hier op die berg kom
vakansie hou nie!” 10
***
“En nou?” Beyers hap na lug soos een wat besig is om te verdrink. Ek het
hom nog nooit so paniekerig sien lyk nie. “Wat nóú?”
“Wel, dit lyk nie of hierdie babatjie in ʼn hospitaal gebore gaan word nie,”
sê my ma met ʼn dapper glimlag.
“Maar waar ... wat gaan ons ... wat gaan gebeur?” stotter Tibo, amper so 15
bleek soos Beyers.
“Dis te vroeg!” kerm Beyers.
“Hanna was ʼn gesonde baba, Bey, al het sy te vroeg opgedaag. Ek weet
nie, miskien het ek my misgis met die datum. Jy weet hoe sleg is ek met
datums ...” 20
Beyers staar na haar met verwilderde oë.
“Ek sal jou help, Mana,” sê Margot en staan op om my ma se skouers te
kom masseer.
2.8 “14. Nog ʼn onverwagse gas” (Reël 1)
Wie was die onverwagse gas wat opgedaag het? (1)
2.9 “Ons is ʼn taamlik bedrukte spulletjie wat die aand aan tafel sit.” (Reël 2)
Waarom was almal so bedruk? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 12
(Vraestel 2) 10022/20
2.10 “Maar dis nie ... dit kan tog nie ... dis mos heeltemal te vroeg?” (Reël 5)
2.10.1 Wat het, volgens Beyers, heeltemal te vroeg gebeur? (1)
2.10.2 Hoe het die omstandighede van hierdie gebeurtenis verskil van die
geboorte van Hanna? Onthou om beide kante te noem. (2)
2.11 “As ek dít geweet het,” roep Beyers uit, “het ek nóóit hier op die berg kom
vakansie hou nie!” (Reël 9 – 10)
2.11.1 Mana noem hierdie vakansie op die berg ʼn “wittebrood”.
Dink jy hierdie vakansie was ʼn wittebrood? Motiveer jou antwoord. (1)
2.11.2 Die wittebrood was uiteindelik voordelig vir die gesin.
Gee TWEE redes waarom hierdie stelling WAAR is. (2)
2.12 Hanna het saam met haar uitgebreide gesin in ’n huis op die berg gaan
vakansie hou.
Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
A Die gesin hou ʼn koolstoofkonsert.
B Die gesin eet Gavin se afskeidsmaal.
C Margot knip haar lang, rooi naels kort.
D Margot lees haar Tarot-kaarte vir die kinders. (4)
2.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (2.13) neer.
Margot het die situasie tydens die baba se geboorte baie goed hanteer as
gevolg van haar …
A vroulike intuïsie.
B verpleegondervinding.
C ondervinding as ouer.
D ondervinding as aktrise. (1)
2.14 Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoorde in te vul.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.2) neer.
Tydens die baba se geboorte het (2.14.1 …) aanhoudend in Mana se oor
gefluister terwyl (2.14.2 …) hom soos ʼn senuweeagtige pa in ʼn outydse
fliek gedra het. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 13
(Vraestel 2) 10022/20
2.15 Gavin was nie altyd ʼn voorbeeldige ouer nie.
Dink jy ouers móét altyd voorbeeldig wees? Motiveer jou antwoord. (1)
2.16 Watter volwassene in hierdie verhaal was, volgens jou, die beste voorbeeld
vir kinders?
Motiveer jou antwoord. (1)
[35]
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
Sy wens half Wouter wil ʼn draai maak, maar sy dink nie hy sal kom ná
haar tantrum by die skoolhek nie. Sy loop ingedagte kombuis toe met ʼn
skinkbord vol leë koppies en bordjies. Toe sy die swaaideur oopstoot, kom
Agnes met ʼn vaart uit die kombuis met ʼn vol gelaaide skinkbord wat sy soos
gewoonlik op haar hand hoog in die lug balanseer. Hulle tref mekaar met ʼn 5
vaart en breekgoed en stukke koek spat in alle rigtings. Dis vir ʼn oomblik stil
in die coffee shop. Mense sit skeef gedraai in hulle stoele om die petalje te
bekyk.
Lien en Agnes maak verbouereerd glasstukke bymekaar.
“O vrek,” sê Agnes angstig. “Nou gaan die hel losbreek ... ” 10
Lien sien onderlangs dat tant Malie besig is om ʼn vrou by die kasregister
te help. Hulle staan vir Lien en Agnes en kyk.
“Oeps,” hoor sy tant Malie sê. Daar is ʼn glimlaggie om haar mond wat ʼn
paar grade kouer is as die ysblokkies in haar stem.
***
Haar ma se deur is toegetrek toe sy by die huis kom. Dit beteken sy lê en 15
slaap en sy moet geel van die werk af gekom het. Hoe dit werk, kon Lien
nog nie uitgewerk kry nie.
***
Sy nooi hom langtand in, voel half verspot in haar ou rooi sweetpak wat
saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Braam lê op sy
gunstelingplek. 20
“Sit die blerrie ding af,” sis Lien. Braam kom vinnig regop, groet die
predikant en skakel die TV alles in een beweging af.
4.1 Noem EEN rede waarom Lien van Wouter (reël 1) gehou het. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 14
(Vraestel 2) 10022/20
4.2 “Sy loop ingedagte kombuis toe met ʼn skinkbord vol leë koppies en
bordjies.” (Reël 2 – 3)
4.2.1 Wat lei jy van Lien se gemoedstoestand af? (1)
4.2.2 Wie het vir Lien gehelp om die werk by die koffiewinkel te kry? (1)
4.2.3 Waarvoor wou Lien geld spaar? (1)
4.3 “Oeps,” hoor sy Tant Malie sê. (Reël 13)
4.3.1 Wat is ironies omtrent Tant Malie se opmerking? (1)
4.3.2 Lien het geweier om die skade te betaal.
Stem jy saam met Lien se besluit?
Motiveer jou antwoord. (1)
4.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (4.4) neer.
Uit hierdie teks kan ons aflei dat Agnes baie ... vir Tant Malie was.
A skaam
B bang
C kwaad
D vies (1)
4.5 Christien, die spreker se ma, was altyd “geel.” (Reël 16)
Verduidelik die figuurlike betekenis van “geel”. (1)
4.6 Wat het die predikant later gedoen om die Jooste-gesin te help?
Noem TWEE dinge. (2)
4.7 Braam (reël 19) was ʼn baie hardwerkende tiener.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 15
(Vraestel 2) 10022/20
4.8 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (4.8.1 tot 4.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.8.1 Lien moet weer vir hierdie persoon gaan werk. A Agnes
4.8.2 Een van Lien se vriende wat saam gebedel het. B Sue-Ellen
4.8.3 Lien gaan met hierdie vriend matriekdans toe. C Donovan
4.8.4 Lien het tydelik in dié persoon se plek gewerk. D Hein
E Tibbey
(4 × 1) (4)
4.9 Het jy enige simpatie met Lien se ma?
Motiveer jou antwoord. (1)
4.10 Noem enige TWEE morele lesse wat Lien se karakter ons leer. (2)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
Daar is nie baie mense in die Wimpy nie en hulle gaan sit by ʼn tafeltjie in
die hoek. ʼn Vriendelike kelner gee vir elkeen ʼn spyskaart. Lien se mond
water. Sy wonder vir hoe duur sy mag eet. Alles lyk vir haar lekker. Sy
besluit om te wag tot Miemie bestel.
Miemie bestel steak en tjips. Lien kan nie onthou wanneer laas sy ʼn 5
behoorlike stuk steak geëet het nie. Sy bestel dieselfde. Sy ruik knoffel en
haar maag maak krampe van die honger.
Sy weet nie wat om met Miemie te gesels nie.
“Gaan julle vanaand jou verjaarsdag vier?” vra sy ná ʼn rukkie.
“Ons celebrate mos nou. En nee, my pa-hulle wil my vanaand vir ete vat, 10
maar ek eet sommer nou. Dit gaan my nie vanaand pas nie,” sê Miemie.
“Daar is iets wat ek op televisie wil kyk,” voeg sy bietjie geïrriteerd by. Dit lyk
asof sy nie oor haar mense by die huis wil praat nie.
Lien besluit om oor die toneelstuk te gesels. Miemie se gesig verhelder.
Sy vertel van haar planne om haar rol ʼn bietjie op te tert. 15
“Ek kan nog nie besluit of ek met ʼn gewone, outydse besem gaan vee of
nie. Ek dink ek moet ʼn statement of some sort maak. Dalk net ʼn fluorescent
besemstok sonder ʼn veegedeelte, of ʼn besem met ʼn ketting aan, of so iets –
in elk geval iets wat kommentaar op die vrou se rol in die samelewing lewer,”
sê sy ingedagte ... 20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 16
(Vraestel 2) 10022/20
4.11 Waarom, dink jy, het Lien moeilik vriende gemaak? (1)
4.12 “Lien se mond water. Sy wonder vir hoe duur sy mag eet. Alles lyk vir haar
lekker.” (Reël 2 – 3)
Wat kan ons aflei uit Lien se woorde en reaksie? (1)
4.13 Miemie is die eerste skoolmaat wat vir Lien na die Wimpy uitgenooi het.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
4.14 “Gaan julle vanaand jou verjaarsdag vier?” (Reël 9)
Hoe oud het Miemie geword? (1)
4.15 “Lien besluit om oor die toneelstuk te gesels.” (Reël 14)
Watter rol het Lien in die toneelstuk gekry? (1)
4.16 Skryf die volgende vier gebeure in Lien se lewe onder mekaar in die
korrekte VOLGORDE neer.
A Lien bedel by die verkeersligte om ekstra geld te verdien.
B Lien kry ʼn tydelike werk by Tant Malie.
C Lien begin haar nuwe skooljaar by Hoërskool Voortrekker.
D Lien kry ʼn tydelike werk by Millennium Creations. (4)
4.17 Tannie Bets was baie liefdevol teenoor Lien en Braam.
Noem enige TWEE dinge om te bewys dat hierdie stelling WAAR is. (2)
4.18 Noem enige TWEE karaktereienskappe wat Lien openbaar het nadat
Tibbey deur ʼn motor gestamp is. (2)
4.19 Sal jy vir ʼn bedelaar geld gee?
Motiveer jou antwoord. (1)
4.20 Noem TWEE dinge wat Lien kan doen om al haar uitdagings reg te
hanteer. (2)
4.21 Verduidelik die figuurlike betekenis van die titel, “Lien se
Lankstaanskoene.” (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 17
(Vraestel 2) 10022/20
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
HOEDJIE. Die skoonmense was tevrede met Poppie … en Stone was
tevrede.
STONE. (kniel langs Poppie, neem haar hande). Poppie … as jy eendag
kinders kry, dan moet jy jou meisiekinders grootmaak net soos jou ouma
vir jou grootgemaak het … 5
PLANK. En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie, maar Bhuti-
ka-nombi …
***
POPPIE. Molo. (Sy gee vir hom hand.)
STONE. Molo.
POPPIE (terwyl hulle begin loop). Bly jy goed waar jy nou is? 10
STONE. Hulle is goed vir my.
POPPIE. En hoe gaan dit met Mama en bhuti Plank en buthi Hoedjie?
STONE. Hulle het eers rondgebly, maar toe het hulle maar weer ingetrek by
ou Makhulu, in ons huis. Sy kyk goed na hulle.
POPPIE. En buthi Mosie? 15
STONE. Hy het twee jaar gewag en toe sy eie huis gekry.
POPPIE. (met bitterheid). Dit gaan goed met almal. Almal het huise. En ons
dan? Ek wat hier ver by die vreemde mense moet bly? Almal kom klaar
sonder my.
HOEDJIE. Maar tata-ka-Bonsile was tevrede met die huis en die mielies wat 20
Poppie geplant het. Die kinders het goed gedoen in die skool, dis net
Bonsile wat nog steeds sy eie pad geloop het, vir wie Poppie snags
wakker gelê het, lê en wag het dat hy moet inkom.
PLANK. Ná twee weke is Stone weer huis toe.
JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop. 25
5.1 Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul. Skryf
slegs die antwoord langs die vraagnommer (5.1) neer.
Stone en Poppie het mekaar (reël 8 en 9) gegroet omdat Stone by Poppie
in (5.1 …) kom kuier het. (1)
5.2 Poppie en Stone was getroud, maar het nie in dieselfde huis gebly nie.
5.2.1 Gee TWEE redes waarom hulle nie in dieselfde huis gebly het nie. (2)
5.2.2 Op watter manier was Stone ʼn goeie man vir Poppie al het hulle
nie in dieselfde huis gebly nie? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 18
(Vraestel 2) 10022/20
5.3 “JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop.”
(Reël 25)
5.3.1 Wat was die “moeilikheid” waarna Jakkie verwys? (1)
5.3.2 Die mans wat die nuus van die “moeilikheid” gebring het, wou
vergoeding hê.
Watter vergoeding het die mans gevra? (1)
5.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (5.4) neer.
Poppie noem Stone “tata-ka-Bonsile” as ʼn teken van …
A liefde.
B respek.
C tradisie.
D vertroue. (1)
5.5 Poppie se kinders was in die skool en kennis en opvoeding was vir Poppie
belangrik.
Noem TWEE feite uit die drama wat bewys dat kennis en opvoeding vir
Poppie belangrik was. (2)
5.6 “Ná twee weke is Stone weer huis toe.” (Reël 24)
5.6.1 Watter ontstellende nuus kry Poppie ʼn paar weke later per
telegram? (1)
5.6.2 Bespreek die rol wat die “iggira” in die situasie in VRAAG 5.6.1
gespeel het. (2)
5.7 Poppie het besluit om die kans te waag om sonder ʼn pas in die Kaap werk
te soek.
5.7.1 Waar het Poppie se dogters gaan bly terwyl sy in die Kaap werk? (1)
5.7.2 Wat het Poppie van Bonsile verwag terwyl sy in die Kaap is? (1)
5.8 Hoewel Stone en Vukile mekaar nie geken het nie, was daar in Poppie se
gedagtes ʼn spesiale band tussen die twee mense.
Wat was die spesiale band? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 19
(Vraestel 2) 10022/20
5.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (5.9) neer.
POPPIE (met bitterheid). ... En ons dan? Ek wat hier ver by die vreemde
mense moet bly? (Reël 17 – 18)
Die doel van Poppie se retoriese vrae is om haar …
A woede uit te druk.
B frustrasie met die situasie uit te druk.
C begeerte na antwoorde te beklemtoon.
D onsekerheid oor die toekoms te beklemtoon. (1)
5.10 Waarom was Jakkie kwaad toe Poppie se nuwe werkgewer,
Mrs Swanepoel, vir haar ʼn sesmaandelikse pas laat regmaak? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
POPPIE. Dit was in ’76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.
***
MAMA (praat oor “telefoon”; klink asof sy haar eie woorde nie glo nie). Dit
lyk baie sleg by die lokasie, Poppie. Maar ons is almal in die lewe.
Poppie, ons het getel daar staan tien nylons uitgebrand voor die
paskantoor. En die skollies het die KTC-basaar in Guguletu uitgerob. ... 5
***
MOSIE. .............. Toe die migrants nie na die kinders luister nie, gaan al die
lokasie se kinders na die special quarters waar die migrants bly. Daar
beginne hulle breek vensters, en bottels wat hulle uithaal, het hulle breek
gegooi. Die city-borners sê toe: ons baklei nou same met onse kinders
teen die migrant werkers van die homelands. 10
HOEDJIE. Die migrants dink nie verder as hulle drank nie.
***
MOSIE. Toe is dit Kersdag 1976.
MAMA (aan Poppie). Die kinders sê dis ʼn tyd van rou, Poppie. Niks
trimmings nie, niks paarties nie. Jy moet niks Krismisklere koop nie. Niks
skape soos die mense gewoond is om te doen nie. Die mense moet try 15
om te rou vir dié wat doodgeskiet is. Niks klere, nie ʼn skoen, niks wat
nuut is nie.
POPPIE. Ja, ek het gehoor, Mama. Maar moet ons nou bang wees vir die
kinders, Mama?
MAMA. Dit kom van Jakkie, Poppie. As die kinders iets sê, moet die mense 20
luister, sê hy.
POPPIE. Jakkie mors sy lewe met die kinders saam. ...
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 20
(Vraestel 2) 10022/20
5.11 “Dit was in ’76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.” (Reël 1)
Waarna verwys “die moeilikheid”? (1)
5.12 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
En die skollies het die KTC-basaar in Guguletu uitgerob. (Reël 5)
Die woord skollies is ʼn voorbeeld van (eufemisme / slengtaal). (1)
5.13 Die kinders het die aksies van die leiers ondersteun.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
5.14 “Die city-borners sê toe: ons baklei nou same met onse kinders teen die
migrant werkers van die homelands.” (Reël 9 – 10)
5.14.1 Na wie het die “city-borners” verwys? (1)
5.14.2 Na wie het die “migrant werkers” verwys? (1)
5.15 Die migrants dink nie verder as hulle drank nie. (Reël 11)
Wat impliseer hierdie aanhaling? (1)
5.16 Die polisie het betrokke geraak by die aksies.
Waarom kan ons sê dat die polisie verkeerd opgetree het? (1)
5.17 Die volgende gebeure is deel van Poppie se lewe as jong meisie voor
enige “moeilikheid” oor haar pad gekom het.
Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer:
A Poppie werk by ʼn visfabriek in Lambertsbaai.
B Poppie verlaat die skool om haar jonger broers op te pas.
C Poppie kry ʼn nuwe naam, Nonkosiathi.
D Poppie ontmoet die 23-jarige Stone Nongwena. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 21
(Vraestel 2) 10022/20
5.18 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (5.18.1 tot 5.18.4)
neer.
KOLOM A KOLOM B
5.18.1 Hierdie karakter het Poppie se noemnaam A Vukile
gegee.
B Mama
5.18.2 Poppie was die liefste vir hierdie stiefbroer.
C Ouma Hannie
5.18.3 Hierdie karakter het vir Poppie vertel dat die
kinders hulleself “comrades” noem. D Stone
5.18.4 Hierdie karakter het die plek van tata-ka- E Jakkie
Bonsile ingeneem.
(4 × 1) (4)
5.19 Hoe sal jy vir Poppie as ʼn persoon beskryf?
Gee TWEE beskrywings. (2)
5.20 Hoekom, dink jy, kon Poppie se kinders trots op haar wees? (1)
[35]
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
............................................................................ Katrien se silhoeët word
sigbaar waar sy vinnig voor die oop venster orent sit in haar bed.
Die leeu brul weer. En Hendrik se katel kraak.
KATRIEN: Hendrik? Hoor jy dit?
HENDRIK: Dit klink kompleet nes ʼn leeu! 5
ʼn Vuurhoutjie kras en Hendrik steek ʼn kers op. Die leeu brul weer.
HENDRIK (kyk verbysterd op na Katrien toe): Dis God weet ʼn leeu!
26. Dis vroegdag. Die stasie en die werf is net-net lig. Hendrik, in sy
nagklere en spoorwegstewels, haelgeweer in die hande, kom onseker
aangestap. Katrien, in haar nagkabaai, reg agter hom. Klein Willem drie tree 10
agter haar. Emma tien tree agter Willem.
***
Oplaas word dit duidelik wat die vier sien: ʼn trein. Die trein staan op die
syspoor. ʼn Goederetrein. Vol dierehokke. Hokke met olifante, perde – en
leeus!
***
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 22
(Vraestel 2) 10022/20
HENDRIK: Wie’s julle, as ek mag vra. 15
SAMBO: Wie’s jy?
HENDRIK: Ek is Hendrik McDonald en dis my stasie hierdie.
Die mans kyk om hulle rond.
SOLLIE (bo-op die trok): Moerse ou stasietjie.
***
SOLLIE: Foeter jy al klaar weer met die vroumense? 20
Hendrik kom om die trok – en steek vas.
HENDRIK: Wat gaan hier aan?
BERTIE: Ek wou net hello sê.
Hendrik kom staan voor Bertie en pomp met sy vinger onder Bertie se
neus in. 25
HENDRIK: Vat net aan my dogter, knapie, en jy vat aan my. Verstaan?
***
Klein Willem staan vir die aankomende prosessie en kyk.
Die nar stap reg op Willempie af. En kom staan voor hom.
NAR: Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?
6.1 “Dis vroegdag. Die stasie en die werf is net-net lig.” (Reël 8)
6.1.1 Teen watter agtergrond staan hierdie stasie? (1)
6.1.2 Waarom, het Hendrik vir Katrien gesê, is hy gelukkig op hierdie
stasie? (1)
6.2 “Katrien se silhoeët word sigbaar waar sy vinnig voor die oop venster orent
sit in haar bed.” (Reël 1 – 2)
Hendrik en Katrien het elkeen in hulle eie bed geslaap.
Wat kan die leser hieruit aflei? (1)
6.3 “Oplaas word dit duidelik wat die vier sien: ʼn trein.” (Reël 12)
Gee TWEE bewyse dat Hendrik ongelukkig was oor die trein wat op die
stasie arriveer. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 23
(Vraestel 2) 10022/20
6.4 Sollie spot Hendrik met sy opmerking “Moerse ou stasietjie”. (Reël 19)
Verduidelik waarom hierdie opmerking satiries is. Onthou om beide kante
te stel. (2)
6.5 “Vat net aan my dogter, knapie, en jy vat aan my. Verstaan?” (Reël 26)
6.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Nollie het Emma teen Bertie (beskerm / gewaarsku), want Bertie
wou haar misbruik. (1)
6.5.2 Watter een groot probleem het Nollie met Hendrik gehad? (1)
6.5.3 Waarom, dink jy, het Emma nie aan die begin van die drama in
Nollie belanggestel nie? (1)
6.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (6.6) neer.
Emma het vir die eerste keer grimering gedra nadat …
A die sirkustrein op die stasie verskyn.
B Willempie sy nargesig inkleur.
C Nollie aan haar aandag gee.
D Hendrik dit opmerk. (1)
6.7 Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?
(Reël 29)
6.7.1 Willem is met ʼn spraakgebrek gebore.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.7.2 Wat was die eerste geluid wat die nar Willem gekry het om te
maak? (1)
6.7.3 Waarom, dink jy, het Willem begin praat. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 24
(Vraestel 2) 10022/20
6.8 Kies die karakter of die sin uit KOLOM B wat by die literêre term in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers
(6.8.1 tot 6.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.8.1 Protagonis A “Jy’t nie eintlik baie om vir mens te
vertel nie, het jy Hendrik?”
6.8.2 Dramatiese ironie
B Manuel
6.8.3 Motoriese moment
C Die gesin word met eiers en tamaties
6.8.4 Konflik gegooi.
D ʼn Sirkustrein het by die stasie stilgehou.
E Frans
(4 × 1) (4)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
Op daardie oomblik tref iets Katrien teen die hals. Dis iets soos ʼn
oorryp tamatie wat uitmekaar spat. Sy steek geskok vas, en vat aan die
gemors en kyk daarna.
Dan tref ʼn eier Hendrik teen die kop. En nog een tref Emma voor op
haar rok. 5
Mense begin lag. Dan reën die eiers en tamaties op Hendrik-hulle.
Nollie gaan staan voor Emma om te keer dat sy raak gegooi word. Hy
probeer haar en Katrien terug kry in die motor. Willem staan doodstil,
heeltemal versteen, terwyl party van die tamaties en eiers oor hom
verbyvlieg en ander hom tref. 10
Maar Hendrik vlieg tussen die spul in. Hy soek waar kom die tamaties
en eiers vandaan. In die gedruis van stemme en gelag en die
orkesmusiek in die skuur kan ʼn mens nie hoor wat hy sê nie.
Twee, drie mans probeer keer. Hulle hou Hendrik vas.
Maar terselfdertyd kan ʼn mens sien hoe hulle die tamatie-gooiers 15
probeer oorreed om op te hou met die gooiery. Die manne kry Hendrik
tot by die motor, en dwing hom by ʼn agterdeur in. Katrien-hulle klim aan
die ander kant in. Die motor kom aan die
gang en trek ruk-ruk weg. Met Nollie agter die stuur.
Jan Mol en ʼn paar jong knape hardloop agterna en gooi klippe na die 20
motor.
***
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 25
(Vraestel 2) 10022/20
Wat, wil jy weer op ʼn hoop sit?
***
Willem vat die konsertina en begin speel met sy oor teen die instrument. ʼn
Eenvoudige wysie. Vier of vyf note oor en oor.
6.9 Tydens watter seremonie het die gebeure in hierdie teks plaasgevind? (1)
6.10 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die atmosfeer terwyl die gesin vir die seremonie gereedgemaak het, was
(vrolik / hartseer). (1)
6.11 “Dan reën die eiers en tamaties op Hendrik-hulle.” (Reël 6)
6.11.1 Noem TWEE karakters wat oor hierdie gebeure om verskoning
gaan vra het. (2)
6.11.2 Waarom, dink jy, het die mense wat by die McDonalds se huis
bymekaarkom, ongemaklik gelyk toe hulle uit hulle motors klim? (1)
6.11.3 Wat is ironies van die eier- en tamatiegooiery wat by die
seremonie plaasgevind het? (1)
6.12 “Wat, wil jy weer op ʼn hoop sit?” (Reël 22)
6.12.1 Wat het Hendrik vir Emma met hierdie woorde probeer sê? (1)
6.12.2 Wat het Emma, volgens Hendrik, gedoen as daar ʼn probleem is? (1)
6.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (6.13) neer.
Na hierdie seremonie was daar in die McDonalds se huis …
A baie dinge wat hulle negatief verander het.
B baie dinge wat die gesin gepla het.
C motors op Hendrik hulle se werf.
D baie vrolikheid op die stoep. (1)
6.14 Dink jy Willem kon konsertina speel?
Motiveer jou antwoord. (1)
6.15 “Hy probeer haar en Katrien terug kry in die motor.” (Reël 7 – 8)
6.15.1 Watter karaktereienskap is tydens die konflik by die dans in Nollie
se optrede duidelik? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 26
(Vraestel 2) 10022/20
6.15.2 Waarom probeer Nollie Emma en Katrien in die motor terugkry? (1)
6.16 Bespreek die progressie in die volgende karakters se verhouding:
6.16.1 Hendrik en sy seun, Willem (1)
6.16.2 Emma en Nollie (1)
6.17 Die mense het almal teen die einde ritmies hande geklap terwyl Hendrik en
Emma dans.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.18 Beskryf in een sin wat die hooftema van die drama is. (1)
6.19 Sou jy die soort mense wat die McDonald-gesin met eiers en tamaties
gegooi het, by julle huis innooi?
Motiveer jou antwoord. (1)
[35]
VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
ELIAS: Jy vra nog? Hulle het my op ʼn haar na fyn getrap gehad.
(Verbitterd.) Maar ek sal hulle kry, sê ek julle. Elias van Rooyen sal
hulle kry! (Op band.) Ek het hulle dae lank ingewag. Het die boom so
gekap dat as hulle daarteen aandruk, dan val hulle by die afgrond af en
dan het ek daardie dik, geelwit tande. Drie mooies het aangestap 5
gekom, maar iets het hulle gekeer. Die volgende dag loop ek in hulle
vas en met godsgenade het ek weggekom.
WILLEM: Moes Pa neergooi?
ELIAS: Die laaste ding. Die handbyl, die kortsaag, die osrieme, alles. Jy
moet môre loop kyk of jy nie iets kry nie. Boggers. 10
BARTA: Wat van die kombers, Elias?
ELIAS: As die grootvoete jou skraap, kies jy nie wat jy wil los en wat jy wil
hou nie, vrou!
BARTA: Dis net dat ons so kort van komberse is, Elias.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 27
(Vraestel 2) 10022/20
NINA: (kom binne): Wat raas julle so? Daar sit die mooiste uil op die afdak 15
en hy maak hoot-hoot-hoot in sy krop. Netnou vlieg hy weg.
***
BOSWAGTER: Van Rooyen?
ELIAS: Meneer, as meneer kom moeilikheid wegbring het, het meneer na
die verkeerde man toe gekom. Ek is ʼn vernielde man, ek was op niks
na nie onder die grootvoete vertrap. Kyk hoe lyk ek. 20
BOSWAGTER: Ek kom nie moeilikheid wegbring nie, ek bring net vir jou ʼn
boodskap van die magistraat op Knysna af.
7.1 Waarmee was Elias besig toe die grootvoete hom getrap het? (Reël 1) (1)
7.2 “… dan val hulle by die afgrond af en dan het ek daardie geelwit tande.”
(Reël 4 – 5)
7.2.1 Waarna verwys die dik, geelwit tande? (1)
7.2.2 Wat wou Elias met die tande doen? (1)
7.2.3 Noem TWEE items wat Elias in hierdie proses verloor het. (2)
7.3 Barta is ʼn tragiese figuur.
Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
7.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Barta se reaksie op die uil wat op die afdak sit (reël 15), is dat die uil
(geluk / ongeluk) bring. (1)
7.5 Noem DRIE karaktereienskappe wat hierdie teks omtrent Elias openbaar. (3)
7.6 “ek bring net vir jou ʼn boodskap van die magistraat op Knysna af.”
(Reël 21 – 22)
7.6.1 Wat was die boodskap wat die Boswagter kom gee het? (1)
7.6.2 Hoe het Elias op die boodskap van die Boswagter gereageer? (1)
7.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (7.7) neer.
In watter gebied het Lukas weggeraak?
A Wolwekraal
B Knysna, die Bos
C Knysna, die dorp
D Die Lange Kloof (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 28
(Vraestel 2) 10022/20
7.8 Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (7.8.1 tot 7.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.8.1 Barta A Die sterk een in die gesin en neem die besluite
7.8.2 Magistraat B Wou graag nog ʼn kind gehad het.
7.8.3 Fiela C ʼn Swak en passiewe figuur
7.8.4 Die lange D Wou seker maak of Benjamin iets uit sy verlede
onthou
E Het Barta voorgesê om die kind met die blou
hempie te kies.
(4 × 1) (4)
7.9 Waarom is die koms van die sensusmanne die motoriese moment in die
drama? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
LUKAS: Hoe gaan dit nou met Pa se gesondheid?
ELIAS: Ellendig. Julle weet nie waar ek deur is nie en nog minder waar ek in
is. Ek sê dit heeldag, maar jou ma is ook nie meer wat sy was nie.
Hierdie regterarm van my wil glad nie oplig nie, ek sweer hy’s af. En my
been is ook nog lank nie aangegroei nie. 5
***
BARTA: Ek yl nie, Elias, ek sal magistraat toe gaan en dit loop sweer. Ek
kan dit nie langer in my dra nie, dit het te swaar geraak vir my. Ons
Lukas se gebeendere is langs die Homtini opgetel. Hy’t geverdwaal en
geverhonger en die engels het hom gevat.
ELIAS: Vrou jy yl! Jy’t hom oombliklik uitgeken, voor die magistraat. 10
BARTA: Ek het nie. Die man wat sy trommel gaan haal het, die lange met
die bril, het agter my in die gang kom staan net voordat ek moes ingaan
en toe’t hy in my nek gesê: die een met die blou hempie aan. Ek was so
bang en deurmekaar, ek kon nie dink nie, toe’t hulle die deur opgemaak
en my in die kamer ingestoot en toe staan die ry kinders daar en die 15
een in die middel het ʼn blou hempie aan.
LUKAS staan op en loop uit terwyl die ligte uitdoof. Musiek.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 29
(Vraestel 2) 10022/20
LUKAS (op band): Die een met die blou hempie aan. Een man se wil. Een
man se mag. Ek kan hom met my kaal hande vermoor. Die een met die
blou hempie aan. Een simpele sin. Een simpele sin wat Fiela Komoetie 20
soos ʼn mal ding oor die berg laat loop het en Selling die pad hoe lank
laat dophou het. Ek is niemand.
7.10 In watter ruimte speel die verhaal in TEKS N af? (1)
7.11 “Julle weet nie waar ek deur is nie en nog minder waar ek in is.”
(Reël 2 – 3)
7.11.1 Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (7.11.1(a) tot
7.11.1(b)) neer.
Elias het nie daaraan geglo om te werk nie. Hy het geglo aan ʼn
(7.11.1(a) ...), want ʼn man het net (7.11.1(b) ...) en dié moet lank
uitkom. (2)
7.11.2 Elias het reeds planne gehad vir hoe sy seuns vir ʼn inkomste kan
sorg as Lukas weer huis toe kom.
Noem die DRIE planne. (3)
7.11.3 Op watter manier het die Komoeties hulle geld gemaak?
Noem TWEE dinge. (2)
7.12 Waarom het die magistraat gedink dat die verlore Van Rooyen-kind en
Benjamin dieselfde persoon was? (1)
7.13 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Uit TEKS N lei ons af dat Barta nie meer met haar (gedagte / gewete) kon
saamleef nie. (1)
7.14 “Ek is niemand.” (Reël 22)
7.14.1 Wat kan ʼn mens uit hierdie woorde van Lukas aflei? (1)
7.14.2 Wanneer, dink jy, het Benjamin sy eerste identiteitskrisis ervaar? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 30
(Vraestel 2) 10022/20
7.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (7.15) neer.
Toe Benjamin by Fiela wou weet wie hy is, het Fiela gesê hy is ʼn
weggooilam wat God aan Fiela Komoetie toebetrou het.
In hierdie konteks is “weggooilam” ʼn voorbeeld van …
A metafoor.
B hiperbool.
C vergelyking.
D personifikasie. (1)
7.16 Die klimaks in die drama was toe Benjamin vir Fiela vertel dat hy op sy
suster, Nina, verlief geraak het.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
7.17 Was jy verbaas toe Barta die waarheid oor Lukas openbaar het?
Motiveer jou antwoord. (1)
7.18 Dink jy dit is reg dat ouers alleen besluite neem oor ʼn kind se toekoms?
Motiveer jou antwoord. (1)
7.19 Hierdie drama het meer as een tema. Noem EEN tema. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 31
(Vraestel 2) 10022/20
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale.
VRAAG 8: SPIEЁLBEELDE
8.1 “VEERTIG SINKPLATE TEEN DIE SUIDEWIND” – Dana Snyman
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS O
Marokkastraat 143, Extension Four, Tshing, Ventersdorp, Suid-
Afrika.
Ons klim uit my bakkie, ek en Johannes. Ek kuier ʼn paar dae by
my pa op Ventersdorp, en Johannes, wat al ʼn ruk by my pa werk,
het gevra of ek nie vir hom ʼn rol ogiesdraad hier kan kom aflaai 5
nie. My pa het pakkamer skoongemaak en besluit Johannes kan
maar die rol draad kry.
***
Die huis se deur is groen – presies dieselfde Bitter Lemongroen
as my pa se pas geverfde tuinhekkie en posbus. Langs die deur is
ʼn venster. Of eintlik is dit net ʼn vensterraam, met masonite waar 10
die ruite moet wees.
“Waar kry jy dié een?” Ek tik met my vinger op die langwerpige
staalplaat wat die muur tussen die deur en die hoek van die huis
vorm. Dit moes die een of ander tyd ʼn kennisgewingbord by ʼn
kafee of ʼn restaurant gewees het, wat in ʼn brand was. 15
***
“Ek kry hom by ʼn anner mannetjie van Extension Two” sê
Johannes.
“Waar kry daai mannetjie hom?”
“Die plaat was by sy pa se donkiekar, maar toe sterwe sy pa
mos. Toe steek sy antie die donkiekar brand in die aand. Toe vra 20
ek vir die mannetjie hierdie plaat toe dit nie meer brand nie.”
“En dié een?” Ek wys na die sinkplaat onder die venster. Dit lyk
of iets oor die plaat gery het. Breed sit die twee spore daar oor die
riffels.
8.1.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.1.1) neer.
Hierdie kortverhaal is ʼn voorbeeld van ʼn ...
A reisverhaal.
B liefdesverhaal.
C dramatiese verhaal.
D humoristiese verhaal. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 32
(Vraestel 2) 10022/20
8.1.2 Watter tipe verteller kom in hierdie verhaal voor? (1)
8.1.3 Watter aanspreekvorm het Johannes vir die verteller gebruik? (1)
8.1.4 Wat is die motoriese moment in hierdie verhaal?
Noem TWEE feite. (2)
8.1.5 Waarom kon Johannes presies onthou hoekom daar veertig
sinkplate was? (1)
8.1.6 Noem DRIE plekke waar Johannes van die sinkplate vir sy huis
gekry het. (3)
8.1.7 Die sinkplate vervul ʼn simboliese rol in die verhaal.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
8.1.8 Wat kan die figuurlike betekenis van die woorde “Bitter Lemon-
groen” wees? (1)
8.1.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
“Ek kry hom by 'n anner mannetjie van Extension Two,” sê
Johannes.
Hierdie woorde is ʼn voorbeeld van (vaktaal / streekstaal). (1)
8.1.10 Verduidelik waarom Johannes se bed op verfblikke gestaan het. (1)
8.1.11 Wat was Johannes se regte naam? (1)
8.1.12 Hoe kon dit die verteller beïnvloed toe hy besef hy ken nie
Johannes se regte naam nie? (1)
8.1.13 Wat is die tema van die verhaal? (1)
8.1.14 Watter les leer ʼn mens uit hierdie kortverhaal? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 33
(Vraestel 2) 10022/20
8.2 “ROT IN ’N VAL” – H. du Plessis
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS P
Onder in die gang beweeg ʼn skaduwee. Kuku! Lerato se vingers
sluit om die gladde hef. Die lang blink lem rinkel effens toe sy die
mes vasvat en lig. Sy is by die telefoon. Die nommer, die nommer
van die blitspatrollie, die polisie. Haar oë beangs op Angelina,
begin sy skakel. 5
Die rot se snor wikkel onrustig en Kuku, snuiwend in die lug,
groen oë glinsterend, smelt weg teen die muur. Hy het die rot
gewaar.
“Ambulansdienste hier ...”
Lerato wil huil van teleurstelling. Wat makeer haar, hoe, hoe? 10
“Juffrou, luister mooi, juffrou, dis Lerato Pitsoane van
Slovosingel 3, Ndlovu, die nuwe ontwikkeling. Hoor u my? Ja, ja.
Nood, polisie, bel die polisie, ʼn moorddadige vrou, ʼn rower,
gewapende rower, ek weet dis nie u werk nie, ’seblief, ’seblief. Ek
ken nie die polisie se nommer nie ...” Die sweet tap Lerato af. 15
Kuku, oë geskreef, sluip geluidloos nog nader, sy lyf plat getrek,
sy stert kwispelend ...
Ek moet haar vasbind, enigiets voor Kuku ... As hy roer, hol
Igundane weg. Die tyd stol. Lerato voel hoe haar bene kramp, sien
Kuku se lyf span. 20
8.2.1 Waarom was Lerato baie ontsteld omdat Grace die dag nie vir
werk opgedaag het nie? (1)
8.2.2 Wat was die verskil tussen Groot Penuel en Lerato se
benadering ten opsigte van sekuriteit? Noem beide kante. (2)
8.2.3 Lerato het Angelina geglo dat sy desperaat vir werk was.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
8.2.4 Hoe het Angelina geweet dat Lerato geld getrek het? (1)
8.2.5 “Die lang blink lem rinkel effens toe sy die mes vasvat en lig.”
(Reël 2 – 3)
Hoe het dit gebeur dat Lerato die mes (reël 3) in die hande gekry
het? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 34
(Vraestel 2) 10022/20
8.2.6 “Hy het die rot gewaar.” (Reël 7 – 8)
Waarom was Lerato bekommerd dat Kuku, die kat, die rot gesien
het?
Gee TWEE redes. (2)
8.2.7 “Ambulansdienste hier ...” (Reël 9)
Waarom was dit ʼn normale reaksie dat Lerato die verkeerde
nooddiensnommer geskakel het? (1)
8.2.8 Angelina se planne het lelik skeefgeloop. Skryf die volgende vier
gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer.
A Lerato gryp die mes wat geval het.
B Angelina word gearresteer.
C Lerato bel die ambulans per ongeluk.
D Angelina staan vreesbevange stil op die stoel. (4)
8.2.9 Waaruit kan jy aflei dat Groot Penuel duidelik verlig was dat
Lerato veilig was na die hele gevaarsituasie? (1)
8.2.10 Waarop was Lerato se seun, Penuel, baie trots? (1)
8.2.11 Is dit ʼn goeie idee om ʼn ongewone troeteldier soos ʼn rot of ʼn
slang aan te hou?
Motiveer jou antwoord. (1)
8.2.12 Verduidelik die ironie in die verhaal. Onthou om beide kante van
die ironie te noem. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 35
(Vraestel 2) 10022/20
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
9.1 “RONDOM MY” – Dawie de Jager
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
RONDOM MY – Dawie de Jager
1 Ek wil my tyd vat hierdie keer
2 ek moet my tyd vat hierdie keer
3 want die haastigheid in my
4 het my al veels te veel keer
5 ondergekry
6 my ondergekry.
7 Ek wil my tyd vat hierdie keer
8 ek moet my tyd vat hierdie keer.
9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.
10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla
11 dinge wat jou terughou.
12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.
13 Kom wees net jy, kom wees net jy.
14 As jy wil tyd vat hierdie keer
15 kom vat ʼn rukkie hier by my
16 As jy wil tyd vat
17 kom wees hier rondom my
18 kom wees hier rondom my
19 net as jy wil …
20 net as jy wil.
9.1.1 Wat beteken die titel van die gedig? (1)
9.1.2 Wat is die hooftema in die gedig? (1)
9.1.3 Waarom is die gebruik van die voornaamwoorde soos ek, my en
jy in die gedig paslik? (1)
9.1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In reël 3 en 4 dui die woord (haastigheid / veels) daarop dat die
verhouding té vinnig was en daar nie kans was dat die geliefdes
mekaar kon leer ken nie. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 36
(Vraestel 2) 10022/20
9.1.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.1.5) neer.
Ons kan die gedig as ʼn liriek beskryf omdat …
A die gedig ʼn titel het.
B daar herhaling voorkom.
C daar verskillende strofes is
D die versreëls in lengte verskil. (1)
9.1.6 Strofe 1 bestaan uit EEN sin.
(a) Hoe weet jy dat strofe 1 uit EEN sin bestaan? (1)
(b) Wat noem ons die verskynsel wanneer een versreël
oorvloei in die volgende versreël sonder leestekens? (1)
9.1.7 Wat, dink jy, sien die spreker in sy geliefde se oë? (Reël 9) (1)
9.1.8 Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoorde in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer
(9.1.8(a) tot 9.1.8(b)) neer.
Die woorde, “wil” in reël 7 en “moet” in reël 8, beklemtoon die feit
dat (9.1.8(a) …) hulle (9.1.8(b)…) hierdie keer sal laat werk. (2)
9.1.9 Waarom kan die spreker se geliefde nie dadelik weer met die
verhouding aangaan nie? Gee TWEE feite uit strofe 2. (2)
9.1.10 Met watter EEN WOORD wat in versreël 12, 13 en 15 herhaal
word, nooi die spreker sy geliefde uit? (1)
9.1.11 Watter DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE dui daarop dat die
spreker die geliefde nie forseer om ʼn besluit te neem nie?
(Versreël 14) (1)
9.1.12 Wat is die boodskap in die gedig? Gee TWEE feite. (2)
9.1.13 Wat is die doel van die ellips aan die einde van versreël 19? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 37
(Vraestel 2) 10022/20
9.2 “BY DIE ROBOT IN EERSTELAAN” – Marita van Aswegen
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BY DIE ROBOT IN EERSTELAAN – Marita van Aswegen
1 twee pare voete girts oor die teer
2 sy arm en nek is so styf en seer
3 sy bene so lam van gister se staan
4 ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan
5 motors se bande knars tot stilstand
6 in die blikkie klingel vyf sent en ʼn rand
7 hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan
8 hier by die robot waar hy die dag omstaan
9 sy arm word gepluk en geruk en hy skrik
10 toe sy voet dom oor ʼn pyp eenkant toe swik
11 “ons beter geld kry, of ek los jou hier,”
12 sis die tsotsi en sy asem ruik na bier
13 sy hart klop vinnig soos dié van ʼn bang kind
14 hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?
15 die verkeerslig klik en die enjins brul saam
16 sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan
17 trieng, trieng lui ʼn fiets se klokkie
18 hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie
19 die verkeerslig klik en bande skuur oor teer
20 sy arm en skouer is so styf en so seer
21 ʼn motorruit tjier af en ver weg dreun ʼn bus.
22 as die dood hom tog net wil kom haal
23 dan kan hy vir ewig en altyd rus
24 die tsotsi skraap sy keel en spoeg ʼn straal
25 geld klingel in die blikkie en lê dan stil
26 die duiwe koer en ʼn kindjie jil
27 “mammie hy’s blind,” piep ʼn dogtertjie sag
28 hy draai sy kop skuins en hy wag
29 “hier is nog tien rand,” sê die vrou
30 “koop vir jou iets om aan te kou”
31 die verkeerslig klik en hy hou aan met wag
32 die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag.
9.2.1 “Robot” in die titel van hierdie gedig is dubbelsinnig.
Verduidelik waarom die woord “robot” dubbelsinnig is. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 38
(Vraestel 2) 10022/20
9.2.2 “twee pare voete girts oor die teer” (Reël 1)
Aan wie behoort hierdie twee pare voete? (2)
9.2.3 Die spreker vergelyk die tsotsi met ʼn dier.
(a) Met watter dier vergelyk die spreker die tsotsi? (1)
(b) Haal EEN versreël aan om jou antwoord in VRAAG
9.2.3(a) te bewys. (1)
(c) Waarom, dink jy, is dit gepas dat die tsotsi juis met
hierdie dier vergelyk word? (1)
(d) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die tsotsi se karakter kan as (hulpvaardig / ʼn boelie)
opgesom word. (1)
9.2.4 Voltooi die volgende paragraaf deur die KORREKTE antwoord in
te vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer
(9.2.4(a) tot 9.2.4(c)) neer.
Die (9.2.4(a) ...) -sintuig word regdeur hierdie gedig beklemtoon
deur van (9.2.4(b) ...) gebruik te maak. Die bedelaar is blind en
daarom werk sy (9.2.4(c) ...) -sintuig nie. (3)
9.2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.2.5) neer.
Die tsotsi ... die blinde man om geld te bedel.
A versoek
B oortuig
C dwing
D smeek (1)
9.2.6 “hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?” (Reël 14)
Wat kan jy aflei uit hierdie gedagte van die bedelaar? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 39
(Vraestel 2) 10022/20
9.2.7 Kies die letterkundige term uit KOLOM B wat by die aanhaling in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die
vraagnommers (9.2.7(a) tot 9.2.7(d)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) “twee pare voete” (Reël 1) A Inversie
(b) “ingehaak volg hy gedwee tot B Eufemisme
stilstand” (Reël 4)
C Alliterasie
(c) “dan kan hy vir ewig en altyd rus”
(Reël 23) D Assonansie
(d) “die tsotsi skraap sy keel en spoeg ʼn E Sinekdogee
straal” (Reël 24)
(4 × 1) (4)
9.2.8 Die vrou het twee keer vir die bedelaar geld gegee.
Haal EEN WOORD uit die gedig aan om te bewys dat hierdie
stelling WAAR is. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
TOTAAL: 70
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper