Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2017
10022
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
TWEEDE VRAESTEL
TYD: 2 uur
PUNTE: 70
41 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)

View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 41
- File size
- 1010.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 41
This exam
Gauteng Mock Exam 2017
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)38 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 2
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
AFRIKAANS
(Eerste Addisionele Taal)
Tweede Vraestel
TYD: 2 uur
PUNTE: 70
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
4. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
julle behandel het.
5. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het op die kontrolelys
aan.
6. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het.
7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
10. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 3
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn bos 35 5
2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 13
4. Lien se lankstaanskoene 35 17
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – die drama 35 21
6. Paljas 35 25
7. Fiela se kind 35 29
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8. "Rot in ʼn val" 18 34
EN
"Oom Dries se sorge met Jantjie" 17 36
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9. "Huiskat" 18 38
EN
"Die nuwe kind" 17 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 4
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI
BEANTWOORD AAN
(✓)
A: Roman 1–4
B: Drama 5–7
C: Kortverhale 8
D: Gedigte 9
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 5
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: KRINGE IN ʼN BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 Hy het Patterson se pan onder die notsung gaan uithaal en blindelings koers
2 gekry die dikbos in en tot donker toe geloop, totdat die lewe weer stadig in hom
3 teruggekom het, totdat omgee en hoop weer in hom kom roer het.
4 Die volgende oggend, toe hy onder in die diep kloof wakker word, het hy van
5 Kate se boek onthou: David Copperfield wat hy onder die sakke in die skuur
6 vergeet het. Esau kan dit maar vir hom vat as hy dit eendag daar kry, het hy
7 besluit en sy half verkluimde lyf uit die douklam onderbos gelig.
8 Toe die son opkom, was hy met sy bondel en sy pan die eerste kloof deur.
9 Kate.
10 Sy was ʼn droom. ʼn Kind wat met haar kop in storieboeke geleef het, met haar
11 verbeelding vir haar mense uit die stories gehaal en hulle met vlees en bloed
12 aangetrek het. Soos hy. Oor ʼn jaar of twee, wanneer sy groot is, sal sy haar
13 storieboekmense afsterf en sal sy agter kanthandskoentjies saam met die ander
14 van haar soort giggel as die boswaens die dorp inkom. Maar Saul Barnard sal
15 nie op die wa wees nie. Dit sweer hy.
***
16 "Sanna het gesê Pa-hulle kap hierdie kant toe."
17 "Ja. Ons gaat saans huis toe."
18 Jozef en Izak het by die staankuil gesaag en die tweemansaag het net ʼn
19 oomblik vasgesteek toe hulle hom groet. Ou Anneries het darem met die hand
20 kom groet.
1.1 Wat wou Saul met die pan gaan doen het? (Reël 1) (1)
1.2 Saul was ongelukkig om terug te keer bos toe.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.3 Wanneer het Saul die boek, David Copperfield gelees? (1)
1.4 Volgens Saul was Kate ʼn droom.
Noem TWEE dinge wat verduidelik waarom Kate vir Saul ʼn droom was. (2)
1.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (1.5) neer.
Saul se beskrywing van Kate wat storieboekmense met vlees en bloed
aangetrek (reël 11–12) het, vertel die leser dat Kate die karakters
(onrealisties/realisties) voorgestel het. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 6
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
1.6 "... en sal sy agter kanthandskoentjies saam met die ander van haar soort
giggel ..." (Reël 13–14)
Verduidelik wat die verteller met hierdie stelling bedoel het. Gee TWEE feite. (2)
1.7 Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.7.1–1.7.4) neer,
byvoorbeeld 1.7.5 F.
KOLOM A KOLOM B
1.7.1 Izak A Een van die bosvrouens
1.7.2 Sanna B Die hoofkarakter
1.7.3 Saul C Saul se broer
1.7.4 Anneries D ʼn Ou delwer
E Een van die houtkappers
(4 x 1) (4)
1.8 "Maar Saul Barnard sal nie op die wa wees nie." (Reël 14–15)
Waarom sou Saul nie op die wa wees nie? (1)
1.9 "Ja. Ons gaat saans huis toe." (Reël 17)
1.9.1 Waar het Saul se pa-hulle gewoon? (1)
1.9.2 Waarom het hulle saans huis toe gegaan? (1)
1.10 In hierdie roman is ʼn derdepersoonsverteller aan die woord.
Wat is die funksie van ʼn derdepersoonsverteller? (1)
1.11 Sou jy tevrede wees as jou broers jou nie met die hand groet nie? Motiveer
jou antwoord. (1)
.
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 7
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 Die hele dag deur die Bos moes hy homself maan om voor sy voete te dink
2 en nie agter sy rug nie. Dit was deurmekaar in hom, maar dit sou aan die kant
3 kom as hy eers terug is in Meulbos, het hy geglo. Maar voor Meulbos het Groot
4 Eiland gelê en daar moes hy nog een keer langs.
5 Hulle het hom soos verskrikte goed ontvang.
6 "Jy sê nie jy is Joram Barnard se seun nie!" Sy pa was vreesbevange. Saul
7 het geskrik.
8 "Waarvan praat Pa?"
9 "Ek het Maska Meulbos toe gestuur om jou te loop soek en jou te sê."
10 "Wat te loop sê?" Selfs Jozef en ou Anneries het in ʼn hoek ingekruip gestaan.
11 "Lat jy nie moet sê jy is Joram Barnard se seun nie."
***
12 Dit was een van die slimste stories wat ooit die Bos ingegooi is: Die
13 houtkapper, of een van sy span, wat byl neerlê en loop goud vat, se houtliksens
14 sal afgeneem word. Dis die Goewerment se goud en dit lê onder die Wet in die
15 Bos. Sodra dit uitgemaak is of daar regtig goud is, sal die Goewerment sy eie
16 mense stuur om die penne in te slaan en te laat delf.
17 Hy kon hulle op geen manier gerusstel nie. Hulle was bang.
18 Die laaste ent Meulbos toe was soos die losbreek van alles wat agter gelê
19 het.
1.12 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (1.12) neer.
Op pad uit Knysna terug Meulbos toe het (Kate/Jane) vir Saul gewaarsku dat
Esau en Tanda hom inwag by die melkhoutbome. (1)
1.13 "Jy sê nie jy is Joram Barnard se seun nie!" (Reël 6)
1.13.1 Hoe, dink jy, het Saul ná hierdie woorde van sy pa gevoel? (1)
1.13.2 Wat sou die gevolg wees as Joram nie meer ʼn liksens gehad het
nie? (1)
1.14 Dink jy Joram het ʼn rede gehad om so bang vir die boswagters te wees?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.15 "Ek het Maska Meulbos toe gestuur om jou te loop soek en jou te sê."
(Reël 9)
Verduidelik watter rol Maska in Saul se lewe gespeel het. Gee DRIE feite. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 8
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
1.16 "Dit was een van die slimste stories wat ooit die Bos ingegooi is: ..." (Reël 12)
Waarom het Saul só reageer op die Goewerment se storie? (1)
1.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer, byvoorbeeld 1.17 E.
Dis die Goewerment se goud en dit lê onder die Wet in die Bos (reël 14–15)
beteken dat die regering ...
A hulle eie wette oor gouddelwery kon maak.
B wetgewing gehad het oor goud wat gedelf is.
C nie omgegee het as die mense goud gedelf het nie.
D die eienaar van die goud was en die wette neergelê het. (1)
1.18 Waarom wou die houtkopers nie hê dat die houtkappers goud moet delf nie?
Gee TWEE redes. (2)
1.19 "Hy kon hulle op geen manier gerusstel nie." (Reël 17)
Waaroor kon Saul nie sy pa-hulle gerusgestel het nie? (1)
1.20 Dink jy Saul sou Joram-hulle verraai het? Verduidelik jou antwoord. (1)
1.21 Waarom was die laaste ent Meulbos toe die losbreek van alles? (Reël 18–19) (1)
1.22 Noem TWEE maniere waarop Saul die delwers weg van sy gebied in
Meulbos gehou het. (2)
1.23 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.23) neer, byvoorbeeld 1.23 E.
Die tydsverloop in die verhaal is ...
A teenwoordige tyd.
B achronologies.
C chronologies.
D verlede tyd. (1)
1.24 Daar was ʼn misverstand tussen Saul en sy familie.
Watter les kan jy by Saul oor die oplossing van ʼn misverstand in jou familie
leer? (1)
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 9
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
1 Ek was nog nooit so dankbaar dat ek in die een-en-twintigste eeu lewe nie. Ná ʼn
2 enkele aand sonder elektrisiteit, almal van ons koulik saamgekoek om die
3 koolstoof in die kombuis, wéét ek dat ek enige vorige eeu sou gehaat het. Gʹn
4 wonder die meisies het aanmekaar flou geval of waansinnig geword nie. Wat
5 anders was daar om te doen?
6 Ons was gisteraand uitgelewer aan mekaar se geselskap. Sonder televisie,
7 rekenaar, telefoon of enige van die ander moderne masjiene wat ons gewoonlik
8 so wonderlik teen mekaar beskerm. Ons was so verveeld dat ons ʼn vasvra-
9 speletjie begin speel het. ʼn Skielike floute of ʼn vinnige vlaag waansin sou ʼn
10 welkome afwisseling gewees het.
11 Die vasvraery het glad nie gewerk nie. Die punt van so ʼn speletjie is tog om
12 mekaar se algemene kennis te toets, maar nie een van ons se kennis is juis
13 algemeen nie. Beyers weet alles van teater, van Shakespeare tot die nuutste
14 toneelstukke op Broadway, en Mana weet alles van elke skildery op aarde, waar
15 die skilder gebore is en watse kos hy graag geëet het. Yann kan ure lank
16 praat oor moderne musiek en ek kan amper net so lank praat oor boeke.
***
17 Liewe leser, ek weet nie of ek hierdie vakansie gaan oorleef nie.
2.1 Wie is die hoofkarakter van die roman? (1)
2.2 Die vakansie was op ʼn plek sonder elektrisiteit.
2.2.1 Op watter plek het die gesin die vakansie gaan hou? (1)
2.2.2 Hoekom het die gesin spesifiek op hierdie plek in VRAAG 2.2.1
gaan vakansie hou? (1)
2.3 "Wat anders was daar om te doen?" (Reël 4–5)
Wat lei jy uit hierdie woorde van Hanna af oor haar gevoel oor die vakansie? (1)
2.4 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (2.4) neer.
Yann het die vakansie as ʼn strafkamp beskryf waaruit die leser kan aflei dat
hy (positief / negatief) oor die vakansie was. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 10
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
2.5 "Sonder televisie, rekenaar, telefoon of enige van die ander moderne
masjiene wat ons gewoonlik so wonderlik teen mekaar beskerm."
(Reël 6–8)
Op watter manier, dink jy, het die moderne masjiene Hanna teen haar gesin
beskerm? (1)
2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (2.6) neer, byvoorbeeld 2.6 E.
Die familie se algemene kennis was nie baie goed nie omdat hulle ...
A in spesifieke dinge geïnteresseerd was.
B verveeld met mekaar was.
C nie baie gelees het nie.
D nie intelligent was nie. (1)
2.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.7) neer, byvoorbeeld 2.7 E.
Hanna wou eerder ... as om saam met haar gesin te wees.
A om die koolstoof sit
B in haar kamer sit
C op die tafel dans
D boek lees (1)
2.8 Waarom het Sharon gevra om saam met Hanna se gesin met vakansie te
gaan? (1)
2.9 Verduidelik waarom Hanna gedink het dat sy die vakansie meer sou geniet
as Sharon daar was. (1)
2.10 Noem ʼn verskil tussen Hanna en Sharon se gesinne. Verwys in jou
antwoord na Hanna én Sharon. (2)
2.11 Hoe het Sharon in die roman gehelp om realiteit in Hanna se lewe te bring? (1)
2.12 Hanna is die verteller in hierdie roman.
2.12.1 Watter soort verteller is Hanna? (1)
2.12.2 Wat is die funksie van Hanna as verteller? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 11
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
TEKS D
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 "Wat eet ons?" het hy met ʼn lieftallige glimlaggie vir Mana gevra. "Sop?"
2 "Nie sop nie," het Mana gelag. "Nie op Hanna se verjaardag nie."
3 My verjaardagete was ʼn Chinese roerbraai, stukkies groente en hoender
4 saam met noedels, waaraan almal gesmul het. Ja, selfs Margot. Daarna het
5 ek al vyftien kersies op ʼn sjokoladekoek met een asem doodgeblaas en toe
6 verslind ons die koek tot daar net ʼn paar krummels oorbly. Nee, nie Margot
7 nie.
8 Toe stel Beyers voor dat ons ʼn speletjie speel en Gavin slaan sy hande
9 saam in vervoering (ek dog eers hy spot weer) en vra wat van charades?
10 "Ek het skoon vergeet van charades," sê Beyers met ʼn ingenome glimlag.
11 Hy is ʼn akteur, onthou. Vir my het so ʼn konsertspeletjie glad nie aanloklik
12 geklink nie. Maar nou ja, met twee professionele akteurs in die geselskap,
13 en my peroksiedpa wat in elk geval aanmekaar konsert hou, en my ma wat
14 ook maar ʼn drama queen kan wees as sy die dag wil, en Tibo wat dink
15 Hollywood is net een trappie onder die hemel, en Sharon Bester wat pas
16 gehoor het sy kan vir Julia Roberts gaan onttroon ... Ek het nie eens ʼn kans
17 gekry om beswaar aan te teken nie.
2.13 "Wat eet ons?" het hy met ʼn lieftallige glimlaggie vir Mana gevra. "Sop?" (1)
(Reël 1)
Wat kan die leser omtrent Mana aflei uit Gavin se vrae?
2.14 Mana het sop gemaak, want dis vinnig en maklik.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
2.15 Beyers was ʼn akteur (reël 11) en het soms verhoogwerk gedoen.
Wat anders het Beyers vir ʼn loopbaan gedoen? Gee DRIE feite. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 12
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
2.16 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (2.16.1 – 2.16.4)
neer, byvoorbeeld 2.16.5 F.
KOLOM A KOLOM B
2.16.1 Die karakter het Hanna ondersteun in A Luke
haar droom om te skryf.
B Yann
2.16.2 Die karakter het gevoel dat hy Hanna
in die steek gelaat het. C Beyers
2.16.3 Die karakter het gelag toe hy van D Tibo
Hanna se lewensverhaal gehoor het.
E Gavin
2.16.4 Die karakter het Hanna se gedig
sonder toestemming gelees.
(4 x 1) (4)
2.17 Waarom wou Hanna graag vir Gavin bel voordat hy by hulle opgedaag het? (1)
2.18 Waarom het Hanna gedink Gavin was nie baie beïndruk met haar as dogter
nie? Noem TWEE feite. (2)
2.19 Wat het aan die einde van die roman veroorsaak dat Hanna besef het dat
Gavin wel baie lief vir haar was? (1)
2.20 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (2.20) neer.
Margot se (sterk karakter/min selfvertroue) kom later na vore toe die baba
gebore is. (1)
2.21 Waarom was dit vir Hanna so vreemd dat selfs Margot van die Chinese
roerbraai geëet het? (1)
2.22 Margot was bekend as ʼn aktrise.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
2.23 Hoe was Hanna se vyftiende verjaarsdag anders as haar vorige
verjaarsdae? Gee TWEE feite. (2)
2.24 Watter belangrike les het jy aan die einde van die roman by Hanna geleer
oor gesinslewe? (1)
2.25 Dink jy dit was reg van Margo om haar kinders te los vir ʼn oorsese werk?
Motiveer jou antwoord. (1)
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 13
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
1 MEEULAND. SATERDAG, 23 SEPTEMBER 1978
2 My eerste twee brode het nie reg uitgekom nie. Jannerik sê die stoof was te
3 koud. Ek het dit vir die meeue gekrummel en gekyk hoe hulle in swerms op
4 my afpyl. Ek was weer by die malgaswyfie met die twee kuikens en het lank
5 vir hulle gesit en kyk. Sy weet nie haar een kind is ʼn duikertjie nie. Maar die
6 klein malgassie lyk vir my swak. Die mannetjie het kos gebring en die
7 duikertjie het hom dik geëet. Ek wil die wyfie teken.
***
8 Hy moes wal toe.
9 Toe hy die volgende dag die katrol draai sodat die jettietrap kan sak, is sy
10 gesig stroef. Hy dra sy enigste pak klere, reeds dun geskuur om die elmboë,
11 en ʼn jas oor die arm. "Jy kan nie langer as vier dae kry nie, Jannerik," sê
12 Jacob en help hom om die Sterretjie, wat opgehys is, te laat sak. "Jou verlof
13 is reeds opgebruik. Twilight moet Vrydag ingaan dokter toe, dan kan jy saam
14 terugkom. Vieruur."
15 "Is reg, kaptein."
16 "En julle moet onthou om die nuwe lem vir die windlaaier saam te bring.
17 Voor die battery pap is. Hulle het gesê Vrydag."
18 "Janne-ri-ik, Janne-ri-ik!" kom Ryna met ʼn vaart oor die jettie aange-
19 hardloop. Sy het twee warm brode, in waspapier toegedraai, in haar hande.
20 "Janne-ri-ik!"
3.1 Lees weer die skuinsgedrukte deel in die uittreksel.
3.1.1 Waarna verwys die skuinsgedrukte deel in die uittreksel? (1)
3.1.2 Watter soort verteller word in die skuinsgedrukte deel gebruik? (1)
3.2 Volgens Jannerik was die stoof te koud toe die brode platgeval het.
Watter ander rede was daar dat Ryna se brode platgeval het? (1)
3.3 "Ek wil die wyfie teken." (Reël 7)
Waarom pas dit Ryna se persoonlikheid dat sy juis hierdie wyfie wou teken? (1)
3.4 Watter slegte nuus het Ousanna na Jannerik gestuur? (1)
3.5 Verduidelik hoe Ousanna die slegte tyding by Jannerik gekry het. Gee DRIE
feite. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 14
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
3.6 Dink jy Ryna kon met Jannerik se pyn identifiseer? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (1)
3.7 Wat was Kinnie se regte naam? (1)
3.8 Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (3.8.1 – 3.8.4) neer,
byvoorbeeld. 3.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
3.8.1 Elsabet A ... is Jakob se pa.
3.8.2 Matthys B ... is Jakob se vrou.
3.8.3 Jannerik C ... is Jannerik se suster.
3.8.4 Ousanna D ... help vir Jacob op Meeuland.
E ... word die voëlvrou genoem.
(4 x 1) (4)
3.9 Watter karaktereienskap van Jacob kom na vore toe hy vir Jannerik gesê het
dat hy nie meer verlof kon neem nie? (1)
3.10 Twilight moes die Vrydag ingaan dokter toe.
Watter slegte nuus het die dokter aan Twilight meegedeel? (1)
3.11 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (3.11) neer.
Ryna se volgende baksel brood was suksesvol. Dit was simbolies van
(Meeuland se probleme / Ryna en Jannerik se seer wat sou regkom). (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 15
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
TEKS F
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 "Ek besef dat u baie angstig is. ʼn Mens moet positief bly, maar
2 ek wil u ook nie vals hoop gee nie. Tot dusver kon ons nie vasstel of daar
3 gevoel in haar bene is nie."
4 "Kan ons haar sien, dokter?" vra Jacob.
5 "Sekerlik. Vir ʼn rukkie. Sy lê in die hoësorg-eenheid. Suster Jacobs sal u
6 soontoe neem."
7 ʼn Nagliggie brand bokant die bed en skyn oor ʼn monitor wat eentonig biep-
8 biep-biep. ʼn Verpleegster beweeg geruisloos en gaan die drup na en vul ʼn
9 kaart in. Dis Janka wat hier lê, sê Ryna vir haarself. Janka wat altyd kaalvoet
10 oor Meeuland se rotse spring. Sy maak haar handsak oop en haal vir Pikkie-
11 Dikkie daaruit en lê dit in die buiging van die kaal armpie neer.
12 "Pikkewyntjie?" sê-vra Jacob. "Ons is hier by jou."
13 Die ogies gaan traag oop en weer toe.
14 Toe hulle later in die gange verby ʼn telefoon stap, bel hulle vir Hansie, wat
15 sê dat sy en Matthys later die oggend saam met die Blanckenbergs deurkom.
16 Dan skakel Ryna ook Prof. van Keulen se nommer. Toe sy haar ná ʼn rukkie
17 by Jacob aansluit waar hy vir haar staan en wag, glimlag sy fyn: "Die Kaapse
18 kêrel het ons genooi vir ʼn Kersontbyt. Wil jy?"
19 "Graag."
3.12 Wat het met Janka gebeur? (1)
3.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (3.13) neer, byvoorbeeld 3.13 E.
Pikkie-Dikkie is die ...
A hasie wat Janka getroetel het.
B teddiebeer wat Janka getroetel het.
C pikkewyn wat Ryna grootgemaak het.
D pikkewyn wat Ryna vir Janka van lap gemaak het. (1)
3.14 Waarom, dink jy, was Pikkie-Dikkie so spesiaal vir Janka? (1)
3.15 "Die Kaapse kêrel het ons genooi vir ʼn Kersontbyt." (Reël 17–18)
3.15.1 Hoe het Jakob en hierdie Kaapse kêrel oor die weg gekom? (1)
3.15.2 Watter belangrike rol het die Kaapse kêrel in Ryna se lewe
gespeel? (1)
3.16 Watter belangrike inligting omtrent Ryna het die Kaapse kêrel aan Jacob
vertel? Gee TWEE feite. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 16
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
3.17 Hoe het Jacob uiteindelik vir Skalla Blanckenberg laat boet vir Janka se
skietvoorval? (1)
3.18 Een van die Blanckenbergs het Jacob ondersteun.
3.18.1 Watter Blanckenberg het Jacob ondersteun? (1)
3.18.2 Hoe het die persoon in VRAAG 3.18.1 Jacob ondersteun? (1)
3.19 Fred het persoonlike belang in Janka gehad.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
3.20 Waarom kan ʼn mens saamstem dat Jacob se lewe daardie Kersaand (1)
verander het?
3.21 Waarom het Ryna so verantwoordelik vir Janka gevoel? (1)
3.22 Skalla het baie foute gemaak.
3.22.1 Op watter TWEE maniere het Skalla Fred op sy foute gewys? (2)
3.22.2 Watter positiewe invloed het Janka se ongeluk op Skalla gehad? (1)
3.23 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (3.23) neer.
Die feit dat prof. Van Keulen gesorg het dat Ryna van Kaapstad af kon
wegkom, suggereer sy (besorgdheid vir / onbetrokkenheid by) Ryna. (1)
3.24 Watter lewensles oor genesing het Ryna op Meeuland geleer? (1)
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 17
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
1 "Ek wou al lankal bietjie met jou praat." Sy sit weer haar brilletjie op.
2 "Waarom is jy so kwaad vir ons?" vra sy ernstig.
3 Die wind is heeltemal uit Lien se seile gehaal. "Juffrou?" vra sy verbaas.
4 "Ek ken nie jou agtergrond nie en ek weet ook nie wat by julle huis gebeur
5 nie, maar dit is vir my duidelik dat jy vir iets of iemand baie kwaad is. En dis
6 nie regverdig dat jy dit op ons uithaal nie. Jy is nou meer as ʼn jaar hier en
7 steeds maak jy nie vriende nie. Dis asof jy nie wíl nie. Jy ontwyk alle
8 buitemuurse aktiwiteite en as jy aan iets móét deelneem, is dit duidelik ʼn
9 halfhartige poging. Ek weet nie wat in jou lewe verkeerd geloop het nie, maar
10 is dit reg dat jy onskuldige mense daarvoor blameer?"
11 Lien is sprakeloos.
12 Die juffrou skep asem.
13 "Jy is slim, al wys jou punte dit nie. Ek dink jy het baie potensiaal, maar
14 dan sal jy moet ophou om so stilletjies onder die radar deur te oorleef. Jy
15 gaan nooit jou volle potensiaal bereik as jy nie jou probleme uitpluis en die
16 wêreld in die oë kyk nie. Dit sal dalk help as jy met iemand praat oor wat jou
17 pla. My deur staan ook vir jou oop," sê die juffrou sagter.
18 Lien is steeds sprakeloos.
4.1 Wie is die hoofkarakter in hierdie roman? (1)
4.2 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (4.2) neer.
Juffrou Breytenbach was die (Afrikaansonderwyseres/Engelsonderwyseres)
by Hoërskool Jakaranda. (1)
4.3 Juffrou Breytenbach het vir Lien skool gehou.
4.3.1 Watter ander belangstelling het Lien en Juffrou Breytenbach
gedeel? (1)
4.3.2 Dink jy dat Lien rede gehad het om vir almal by die skool kwaad te
wees? Motiveer jou antwoord. (1)
4.4 Op watter manier het juffrou Breytenbach ʼn positiewe rol in Lien se
uiteindelike loopbaankeuse gespeel? (1)
4.5 Lien het nie vriende by die skool gehad nie.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 18
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
4.6 Waarom, dink jy, het Lien nie regtig deel van die groep by die skool geword
nie? (1)
4.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer, byvoorbeeld 4.7 E.
Lien het verkies om onder die radar te bly, omdat sy ...
A nie van die skatryk Miemie gehou het nie.
B nie meer huiswerk by die skool wou kry nie.
C bang was dat sy die skoolbiblioteek belet sou word.
D bang was dat mense die waarheid oor haar gesin sou uitvind. (1)
4.8 Lien het eers in die Wiskundeklas besef dat sy eintlik baie kwaad vir juffrou
Breytenbach was.
Waarom was Lien so kwaad vir juffrou Breytenbach? (1)
4.9 Hoekom was dit belangrik dat Lien vir juffrou Breytenbach met sensitiewe
inligting kon vertrou? (1)
4.10 Watter sosio-ekonomiese probleem het die Jooste-gesin gehad? (1)
4.11 Waar het Christien Jooste gewerk? (1)
4.12 Lien was bang die mense by haar ma se werk sou van haar probleem uitvind.
Waarom was Lien bang dat hulle die waarheid sou uitvind? (1)
4.13 Verduidelik wat daartoe aanleiding gegee het dat Lien by die restaurant
bedank het. Gee TWEE feite. (2)
4.14 Toe Lien die middag by die huis kom, het sy gesien haar ma se kamerdeur is
toegetrek en sy het geweet dat haar ma "geel" van die werk af gekom het.
4.14.1 Word die woord "geel" letterlik of figuurlik bedoel? (1)
4.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.14.1 deur te verduidelik wat die
aangehaalde woord beteken. (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 19
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
1 "Hoe op aarde gaan hy regkom?" vra Lien moedeloos toe hulle by die
2 hek uitry.
3 "Hy sal moet leer. Hy sal," sê Hein terwyl hy na tweede rat oorskakel.
4 Sy sit op ʼn vreemde bus en kyk deur die venster na vreemde huise en
5 vreemde tuine en vreemde honde. Sy dink aan Tibbey en sy lelike karretjie
6 en wat van hom gaan word. En sy dink aan Braam en sy dink aan hóm. En
7 sy dink aan haar ma en die twee jaar wat verby is en hulle almal se lewens
8 wat so verskriklik verander het. Sy voel partymaal ... sy weet nie eintlik hóé
9 nie. So asof sy iemand anders is.
10 Sy klim by die straathoek ʼn paar blokke duskant die kliniek af. Sy stap
11 stadig. Dis ʼn boomryke straat. Gewone huise waar gewone mense bly met
12 gewone goed wat hulle elke dag doen, en saans sit hulle voor die televisie
13 en naweke kyk hulle rugby of sokker of tennis en dan braai hulle en
14 Maandag begin alles weer van voor af. Werk dinge in London ook só?
15 Sekerlik nie in Tibet nie en definitief nie in Japan nie.
16 Sy sien die baksteengebou met die groot heining van ver af. Sy weet dit
17 moet die kliniek wees. Haar maag trek op ʼn knop. Die groot hek is gesluit,
18 maar daar is ʼn klein hekkie met ʼn interkomknoppie waar ʼn mens kan in.
4.15 "Hoe op aarde gaan hy regkom?" (Reël 1)
4.15.1 Wie is die "hy" van wie Lien gepraat het? (1)
4.15.2 Verduidelik wat met die "hy" gebeur het. Gee DRIE feite. (3)
4.16 "En sy dink aan Braam en sy dink aan hóm." (Reël 6)
4.16.1 Wie is die "hóm" aan wie Lien gedink het? (1)
4.16.2 Waar was die persoon in VRAAG 4.16.1 op daardie oomblik? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 20
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
4.17 Kies die KORREKTE naam tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (4.17) neer.
Lien het vir (Hein / Wouter) gevra om haar te help om ʼn karretjie vir Tibbey te
maak. (1)
4.18 Lien het gereël dat Tibbey ʼn ander karretjie kry.
Op watter TWEE ander maniere het Lien vir Tibbey gehelp? (2)
4.19 Lien het ver na die kliniek toe gery.
Waarom wou Lien nie by die kliniek se hek ingaan nie? (1)
4.20 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs vraagnommer (4.20.1 – 4.20.4) neer,
byvoorbeeld 4.20.5 E.
KOLOM A KOLOM B
4.20.1 Hierdie karakter het vir Lien en Braam A Wouter
gesorg terwyl hulle ma weg was.
B Roos
4.20.2 Hierdie karakter het Lien raad gegee oor
hoe om te bedel. C Tannie Bets
4.20.3 Hierdie karakter het Johnny gereeld van D Gerhard
die ander mense se hoeke af weggejaag.
E Tibbey
4.20.4 Hierdie karakter het ook sonder ʼn pa se
leiding grootgeword.
(4 x 1) (4)
4.21 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (4.21) neer, byvoorbeeld 4.21 E.
Lien se ma het begin drink omdat sy ...
A nie meer wou werk nie.
B alleen en eensaam was.
C op die straathoek staan en bedel het.
D gesukkel het om haar nuwe leefstyl te verwerk. (1)
4.22 Waaruit kan jy aflei dat Lien aan die einde van die verhaal vrede gemaak het
met alles wat met haar gebeur het? (1)
4.23 Hoe sou jy voel as een van jou vriende in dieselfde posisie is as wat Lien was? (1)
4.24 Elke hoofstuk in die roman het ʼn titel.
Waarom is dit funksioneel in hierdie roman? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 21
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
1 Poppie sit op blik, skryf aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop.
2 POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sȇ: Iets het
3 verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. Die
4 moeilikheid is met ons meisiekind.
5 Aan die ander kant van die verhoog ontvang en lees Stone die brief.
6 STONE. Hulle vra damage-geld, soveel soos jy kan stuur. Die meisie is ʼn
7 weeskind. Sy gaan saam met Bonsile skool, sy is saam met hom in st. 8.
8 Die mense wat die geld vra, sȇ hulle het haar grootgemaak en nou is sy
9 pregnant deur hom. Bonsile het haar geleerdheid bederf.
10 MOSIE. Tata-ka-Bonsile het veertig rand gestuur en die mense was tevrede.
11 Maar daar het hierdie tyd ʼn groot eensaamheid en verlange in Poppie se
12 hart gekom. Sy het gevoel: ek is ver van my mense af. Ek moet omsien na
13 my kinders en ek is alleen. Wat gaan van my en my kinders word?
14 JAKKIE. Sy besluit om werk te soek in Oos-Londen as char, om te help betaal
15 vir die kinders se skoolgeld. Maar voordat sy begin werk soek het, kry sy ʼn
16 telegram.
17 POPPIE (skrik; lees telegram). "Jou man is baie siek, verwag geld. Mama."
18 (Na gehoor.) Toe skrik ek, want ek weet as hulle sê verwag geld, is daar
19 moeilikheid.
5.1 Wie was tata-ka-Bonsile? (Reël 1) (1)
5.2 Bonsile wou nie in Mdantsane bly nie.
5.2.1 Gee TWEE redes waarom Bonsile nie in Mdantsane wou bly nie. (2)
5.2.2 Hoekom wou Poppie hê dat Bonsile in Mdantsane bly? (1)
5.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (5.3) neer, byvoorbeeld 5.3 E.
Die leser kan uit die uittreksel aflei dat Poppie ... haar kinders was.
A bekommerd oor
B gelukkig met
C tevrede met
D trots op (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 22
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
5.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (5.4) neer.
Poppie het nie (alleen by haar huis gebly/baie vriende in Mdantsane gehad)
nie. (1)
5.5 Stone het raad by ʼn kruiedokter gevra.
Dink jy dat die kruiedokter se medisyne Stone se dood veroorsaak het?
Motiveer jou antwoord. (1)
5.6 Waaruit kon Poppie aflei dat Stone nie klere vir homself gekoop het nie? (1)
5.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (5.7) neer, byvoorbeeld 5.7 E.
Die leser kan aflei dat Stone ...
A sy geld roekeloos gebruik het.
B sy geld aan sy ma gestuur het.
C al sy geld in die bank gesit het.
D al sy geld op sy familie spandeer het. (1)
5.8 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.8.1–5.8.4) neer,
byvoorbeeld 5.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
5.8.1 Hierdie karakter het pasprobleme A Stone
gehad.
5.8.2 Hierdie karakter het ʼn polisieman B Pasbeampte
geskiet.
5.8.3 Hierdie karakter se kind het by Poppie C Jakkie
gaan bly.
5.8.4 Hierdie karakter het geweier om D Poppie
Poppie se papiere te hernu.
E Bonsile
(4 x 1) (4)
5.9 Poppie het haarself in ʼn krisis bevind na Stone se dood.
5.9.1 In watter krisis was Poppie? (1)
5.9.2 Verduidelik wat Poppie gedoen het om hierdie krisis op te los. (1)
5.10 Dink jy dat dit regverdig was om Poppie se verblyfprobleme aan haar
huwelik met Stone te koppel? Motiveer jou antwoord. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 23
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
5.11 Wat is die funksie van die kursiefgedrukte gedeeltes in die drama? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
1 MOSIE. Toe skrywe die kinders groot notices, en plak hulle by die
2 busstoppe vir migrant werkers wat nie wil ophou wyn verkoop nie. Toe
3 die migrants nie na die kinders luister nie, gaan al die lokasie se kinders
4 na die special quaters waar die migrants bly. Daar beginne breek hulle
5 vensters, en bottels wat hulle uithaal, het hulle breek gegooi. Die city-
6 borners sȇ toe: ons baklei nou same met onse kinders teen die migrant
7 werkers van die homelands.
8 HOEDJIE. Die migrants dink nie verder as hulle drank nie. En die poeliesse
9 sê vir die migrants: donder julle maar die kinders vir ons part ook op.
10 MAMA. Dis ʼn jammerlike ding, want ons is almal AmaXhosa en die kinders
11 soek om ʼn slegte ding reg te maak. Hulle sê nie die special quarters se
12 mense moet die wyn aflos en die lokasie se mense mag wyn verkoop
13 nie. Hulle soek om almal te help.
14 PLANK. Maar die migrants sê: Ons laat ons nie rule deur die amathole
15 bonomokhwe nie.
***
16 MOSIE. Toe is dit Kersdag 1976.
17 MAMA. (aan Poppie). Die kinders sê dis ʼn tyd van rou, Poppie. Niks
18 trimmings nie, niks paarties nie. Jy moet niks Krimisklere koop nie. Niks
19 skape soos die mense gewoond is om te doen nie. Die mense moet try
20 om te rou vir dié wat doodgeskiet is.
5.12 Wie was een van die leiers tydens die kinders se opstand? (1)
5.13 Waarom, dink jy, het die polisie die migrants beskerm? (1)
5.14 Verduidelik waarom Mama die kinders se bakleiery teen die migrants
ondersteun het. (1)
5.15 Wat het die kinders hulleself begin noem? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 24
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
5.16 Die enigste rede waarom die kinders in opstand gekom het, was Afrikaans as
taal in die skole.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
5.17 "... ons baklei nou same met onse kinders ..." (Reël 6)
Watter afleiding kan jy maak oor die grootmense se gevoel teenoor die
migrant werkers? (1)
5.18 Poppie en Jakkie het die stryd teen Apartheid op verskillende maniere
hanteer.
Vergelyk Poppie en Jakkie se hantering in die stryd teen Apartheid. Verwys in
jou antwoord na Poppie én Jakkie. (2)
5.19 Hoe het die sosio-ekonomiese omstandighede Jakkie se gedrag beїnvloed? (1)
5.20 Noem DRIE aspekte van die 1960-opstande wat dit anders as die
1976-opstande gemaak het. (3)
5.21 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (5.21) neer.
Die kinders wat op die strate rondgelê het, het veroorsaak dat die kinders (nie
geweet het wat om met hulle tyd te doen nie/nie die ouer mense
gerespekteer het nie). (1)
5.22 Dink jy die kinders het verstaan waarom Poppie nie vir hulle Kersgeskenke
gekoop het nie? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
5.23 Kersdag was ʼn hartseerdag met die opstande in Nyanga.
5.23.1 Hoe kan jy aflei dat Poppie tydens die opstande op Kersdag gelowig
gebly het? (1)
5.23.2 Watter persoon se dood het later ook vir Poppie laat rou? (1)
5.24 Watter gevolgtrekking het Poppie aan die einde van die drama gemaak? (1)
5.25 Op watter manier slaag die skrywer daarin om die taalgebruik vir die leser
verstaanbaar te maak? (1)
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 25
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
1 34. ʼn Leë stuk Karoolandskap met die horison hier naby. Net ʼn bossiebult.
2 Dan verskyn die kop en rug van ʼn olifant oor die horison. En eers wanneer hy
3 halfpad oor die bult is, word die nar sigbaar wat voor hom stap; ʼn nar in volle
4 mondering, wat hom aan ʼn tou lei. Die olifant hou die tou met sy slurp vas.
5 Klein Willem staan vir die aankomende prosessie en kyk.
6 Die nar stap reg op Willempie af. En kom staan voor hom.
7 NAR: Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?
8 (Nog geen reaksie nie. Willempie kyk net vir die olifant.) Dè. (Hy druk die tou
9 in die kind se hand.) Loop bietjie met hom. (Die kind staan net met die tou.)
10 Trek hom. Jy sal sien. Hy sal loop as jy trek. (Willempie staan net. En die nar
11 begin aanstap. Hy stap weg van hulle af. Tien tree weg kyk hy om.) Bring
12 hom! Trek; hy sal kom. (En Willempie kyk vir die olifant. En trek. En die olifant
13 kom.) Jy sien?
14 35. ʼn Montage van die olifant wat al agter Willempie aanstap. Eers met die
15 nar naby hulle. Dan met die nar op die agtergrond. Daarna net Willempie en
16 die olifant. Oor ʼn bult, deur ʼn land vol koringbale, deur ʼn stroom water, oor ʼn
17 brug, deur ʼn bos.
6.1 Waarom is die beskrywing van die ruimte belangrik in hierdie uittreksel? (1)
6.2 Waarom het Willem nie geantwoord toe die nar hom gevra het wat sy naam
was nie? (1)
6.3 Daar word deurgaans in hierdie gedeelte na die seun as "Willempie"
verwys.
Watter indruk van Willem word deur die verkleiningsvorm by die leser
geskep? (1)
6.4 Kies die KORREKTE pleknaam tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (6.4) neer.
Die sirkustrein het verkeerdelik op Toorwater beland. Die trein was
eintlik op pad na (Oudtshoorn / Uniondale). (1)
6.5 "Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?"
(Reël 7)
Wat was, volgens Oudokter, die redes waarom Willem nie gepraat het nie?
Noem DRIE feite. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 26
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
6.6 Die nar het Willem op baie verskillende maniere in die drama probeer
vermaak.
6.6.1 Waarom, dink jy, het die nar Willem aangemoedig om alleen met die
olifant te gaan stap? (1)
6.6.2 Noem TWEE ander aktiwiteite wat die nar en Willem later saam
geniet het. (2)
6.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (6.7) neer, byvoorbeeld 6.7 E.
Die montage in reël 14–17 dui ʼn ... aan.
A krisis
B verandering
C tydsverloop
D motoriese moment (1)
6.8 Kies elke keer die plek uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.8.1 – 6.8.4) neer,
byvoorbeeld 6.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
6.8.1 Mense staar openlik na die McDonalds. A Skuur
6.8.2 Hendrik en Nollie luister na ou plate. B Kerk
6.8.3 Dié plek het lank leeg gestaan. C Dorp
6.8.4 Manuel word gevra om dié plek te verlaat. D Stoep
E Werf
(4 x 1) (4)
6.9 Verduidelik waarom Willem nie aan die begin vir sy ouers van die nar vertel
het nie. (1)
6.10 Die nar het nie druk op Willem geplaas om te praat nie.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
6.11 Daar was ook ander diere wat saam met die sirkus gekom het, byvoorbeeld ʼn
leeu en perde.
Dink jy dit is reg dat diere in sirkusse gebruik word? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 27
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
1 Hendrik sit met pikgare en ʼn dik naald ʼn ou leersak se hingsel en
2 vaswerk. Emma is besig om af te dek. Sy het ʼn voorskoot aan. Katrien maak
3 Manuel se narrepak reg.
4 KATRIEN: Ek weet nie of jy die regte ding doen nie, Manuel. Jy’s nog ver
5 van gesond af.
6 HENDRIK: Hy’t miere, dis wat hy het. Of wat sê jy, Willem?
7 MANUEL: Dis seker maar waar – die storie van once a clown, always a fool.
8 Ek mis die ou groot tent. Ek weet nie hoekom nie.
9 HENDRIK: Al wat ek weet is: hierdie hingsel gaan wragtig nie weer breek
10 nie. (Hy weeg die leersak aan sy vasgewerkte hingsel.)
11 MANUEL (vat die sak by Hendrik): Dankie, Hendrik.
12 KATRIEN: Hierdie broek van jou het gate op plekke wat ʼn broek liewer nie
13 gate moet hê nie.
***
14 WILLEM: Kyk, Manuel! (Hy sien Manuel reageer nie en gaan staan reg voor
15 hom. Manuel is ʼn bietjie aangedaan.) Haai, Manuel. Wat nou?
16 MANUEL: Nou niks.
17 WILLEM: Jy’t gesê lag is beter as huil.
18 MANUEL (ruk homself oombliklik reg): Julle was baie goed vir my.
19 HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy’t hierdie kind se tong weer losgeknoop!
20 MANUEL (verbaas): Wie – ek?
21 KATRIEN: Ja, jy. Jy’t die paljas op hom gesit.
22 Willem sien hoe Manuel sy oë droog vee.
23 WILLEM (haal tekengoed uit sy hempsak): Kom ons teken vir jou ʼn gesig
24 wat nie huil nie.
6.12 Hendrik en Katrien was besig om Manuel se besittings te herstel.
6.12.1 Waarom het Manuel die leersak nodig gehad? (1)
6.12.2 Verduidelik waarom Manuel se narrepak vol gate was. Gee TWEE
feite. (2)
6.13 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (6.13) neer.
Toe Hendrik opgemerk het dat Manuel "miere" het (reël 6), het hy bedoel dat
Manuel (nie te lank op een plek kan bly nie / nie in Toorwater welkom is nie). (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 28
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
6.14 "MANUEL (vat die sak by Hendrik): Dankie, Hendrik." (Reël 11)
Hoe weet ʼn mens dat Manuel nie nét vir Hendrik vir die sak se regmaak
bedank nie? (1)
6.15 Hoe kan ‘n mens uit die drama aflei dat Hendrik nie bevooroordeeld teenoor
Manuel gevoel het nie? (1)
6.16 Watter les leer jy uit hierdie uittreksel oor wat dit vir jou kan beteken as jy
iemand anders help? (1)
6.17 Manuel het veroorsaak dat Willem weer begin praat het.
Watter ander dinge het Willem by Manuel geleer? Noem EEN ding. (1)
6.18 "HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy’t hierdie kind se tong weer losgeknoop!"
(Reël 19)
6.18.1 Hoe het Willem met sy gesin kommunikeer voordat Manuel sy tong
losgeknoop het? (1)
6.18.2 Verduidelik waarom die dorpsmense se bewering dat Hendrik
Willem se tong uitgesny het, so absurd was. (1)
6.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (6.19) neer, byvoorbeeld 6.19 E.
Die krisis wat die McDonald-gesin gedwing het om werklik met mekaar te
begin praat, was toe ...
A die motor langs die pad gebreek het.
B Emma beweer het dat sy nooit gaan trou nie.
C Willem die hele nag op die stoep geslaap het.
D die McDonalds van die Volstruisdans weggejaag is. (1)
6.20 "WILLEM (haal tekengoed uit sy hempsak): Kom ons teken vir jou ʼn gesig
wat nie huil nie." (Reël 23–24)
By watter vorige geleentheid het Manuel vir Willem ʼn nargesig geteken om
hom te troos? (1)
6.21 Verduidelik waarom ons kan sê Manuel ʼn baie positiewe invloed op Willem
gehad het. (1)
6.22 Wat was die paljas waarvan Katrien gepraat het? (1)
6.23 Waarom sou dit vir Manuel beter wees om Toorwater te verlaat? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 29
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
6.24 Hierdie was nie die enigste keer wat die McDonalds ʼn buitestander welkom
laat voel het nie.
Noem nog ʼn geleentheid waartydens die McDonalds baie gasvry opgetree
het. (1)
6.25 Watter vooroordeel kom in hierdie drama voor? (1)
[35]
VRAAG 7: FIELA SE KIND – Dalene Mathee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
1 ELIAS: Ek moes tog ʼn spoor gekry het.
2 TANT MALIE: Hier’s baie kinders op die eiland, baie spore.
3 ELIAS: Ek verstaan dit nie.
4 TANT MALIE: Wat van Flip Lourens wat die slag weggeraak het? Net sulke
5 dikke mis gewees en hulle het hom nou nog nie gekry nie.
6 ELIAS: Flip het nie weggeraak nie, Malie. Almal reken tog maar dat die
7 grootvoete hom getrap het.
8 TANT MALIE: Die grootvoete het heelweek in die omgewing gebreek en
9 gevreet, hulle sal nie eers voel as hulle in die donker op ʼn kleine kind trap
10 nie.
11 ELIAS: Grootvoete trap nie op kinders nie.
12 MARTIENS op saam met ʼn paar ander.
13 MARTIENS: Die mis klaar op. Ek sal suid soek. Dawid, jy soek wes. Koos,
14 jy soek noord. En Elias, jy soek oos. Elke honderd tree roep ons, en op die
15 tiende roep draai ons om tot weer hier en swaai ons die rigtings so vyftig
16 tree om. Is die lanterns reg?
17 TANT MALIE: Ja. Hierso. Ek en Sofie het hulle reggekry.
18 Lanterns word uitgedeel en opgesteek.
19 TANT GERTJIE: Wat van die grootvoete?
20 DAWID: Die naastes is in Gouna se Bos. Ons kan met gerustheid soek.
21 Almal beweeg uit met lanterns en ons hoor die roepe uit verskillende dele in
22 die Bos. Doof daglig stadig op. Een na die ander kom hulle terug.
23 STEM OP BAND: Op die agtste dag is Lukas steeds nie gevind nie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 30
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
7.1 Watter soort werk het Elias gedoen? (1)
7.2 "ELIAS: Ek moes tog ʼn spoor gekry het." (Reël 1)
Waarom, dink jy, was dit baie maklik vir ʼn driejarige kind om daardie
spesifieke dag in die Bos te verdwaal? (1)
7.3 Waar het die boswagter sewe maande later ʼn geraamte gevind wat
vermoedelik dié van die jong Lukas kon wees? (1)
7.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (7.4) neer.
Die dag toe Lukas weggeraak het, was Elias besig om planne te maak hoe
om (ivoor in die hande te kry om te verkoop / Nina as kinderoppasser uit te
verhuur). (1)
7.5 Die van Rooyen-kinders het onder slegte omstandighede en in ʼn liefdelose
omgewing grootgeword.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
7.6 Waarom kan Barta van Rooyen as ʼn swak karakter gesien word? (1)
7.7 Dit was Barta se aksies wat Benjamin / Lukas se lewe ontwrig het.
Verduidelik hierdie stelling deur na TWEE insidente in die drama te verwys. (2)
7.8 Die Bos was baie verskillend van die Lange Kloof, waar Benjamin
grootgeword het.
Beskryf die Bos-omgewing. Gee DRIE feite. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 31
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
7.9 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (7.9.1 – 7.9.4) neer,
byvoorbeeld 7.9.5 F.
KOLOM A KOLOM B
7.9.1 Die persoon was ʼn goeie ma wat hard gewerk A Nina
het om haar gesin te onderhou.
7.9.2 Die persoon het gedurig baklei. B Kittie
7.9.3 Die persoon was Benjamin se broer. C Kaliel
7.9.4 Die persoon het Lukas leer roei. D Dawid
E Fiela
(4 x 1) (4)
7.10 Watter tegniek gebruik die skrywer om spanning in die drama te bou? (1)
7.11 "Een na die ander kom hulle terug." (Reël 22)
Verduidelik wat die implikasie van hierdie woorde is. (1)
7.12 ʼn Mens lees gereeld in die koerante en hoor op die nuus van vermiste
kinders.
Hoe sal jy voel as iemand na aan jou spoorloos wegraak? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 32
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
1 FIELA: Ek het hulle destyds gesê om hulle pote van jou af te hou, maar hulle
2 wou nie na my luister nie. Ek het soos ʼn mal ding vir jou gekeer, maar
3 hulle was te sterk en te veel vir my. Jy was Fiela Komoetie se kind en as
4 hulle nie alles kom staan en verkonkel het nie, het jy nie vandag hier voor
5 my deurmekaar gestaan nie.
6 BENJAMIN (bedaard; steek pyn weg): Weet Ma wie ek is?
7 FIELA: Jy is ʼn weggooilam wat God aan Fiela Komoetie toebetrou het en so
8 moes jou hart dit gevat het, maar toe kom neuk hulle alles met ander
9 stories deurmekaar!
10 BENJAMIN: Ek wou nie gehad het Ma moet Ma so ontstel nie.
11 FIELA: Moenie wegdraai nie. Laat ons hierdie ding lostorring en reg
12 aanmekaar sit vandag. Want ek gaan vandag vir jou voor God net een
13 vraag vra: Voel jy soos Benjamin Komoetie of soos Lukas van Rooyen?
14 Wie is jy in jou siel in? Antwoord my, Benjamin!
15 BENJAMIN: Die dag toe ek teruggekom het, toe ek daar onder in die pad
16 staan, het ek geweet ek is weer by die huis.
17 FIELA (kalm): Laat dit dan so wees. Moenie vandag die ooi probeer soek
18 wat jou eerste weggegooi het nie; jy sal haar nie nou meer kry nie. Fiela
19 Komoetie het jou opgetel, jy’s haar seun. Vergeet van die van Rooyens.
20 Jy’s by die huis.
7.13 Watter gebeurtenis in die land het tot die ontdekking van die wit kind in die
Lange Kloof gelei? (1)
7.14 "Ek het soos ʼn mal ding vir jou gekeer, maar hulle was te veel en te sterk vir
my." (Reël 2–3)
Wie is die "hulle" na wie Fiela hier verwys het? (1)
7.15 Hoekom is dit onregverdig dat ander mense oor Benjamin se toekoms besluit
het? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 33
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
7.16 "BENJAMIN (bedaard; steek pyn weg): Weet Ma wie ek is?" (Reël 6)
7.16.1 Dink jy Benjamin het die reg gehad om hierdie vraag vir Fiela te
vra? Motiveer jou antwoord. (1)
7.16.2 Wie het uiteindelik vir Benjamin die antwoord op hierdie vraag
gegee? (1)
7.17 Fiela word deur haar taalgebruik gekarakteriseer.
Verduidelik waarom haar verwysing na ʼn "weggooilam" (reël 7) so gepas is. (1)
7.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (7.18) neer, byvoorbeeld 7.18 E.
Benjamin is uiteindelik verlos van die van Rooyen-naam, gevolglik besluit hy
om ...
A weg te gaan met die skip.
B vir John Benn te gaan werk.
C terug te keer Lange Kloof toe.
D nie weer oor sy verlede te dink nie. (1)
7.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (7.19) neer, byvoorbeeld 7.19 E.
Die ander ding wat Benjamin vir Fiela wou vertel, was dat ...
A hy verlief geraak het op sy suster, Nina van Rooyen.
B sy pa, Elias, deur die grootvoete getrap is.
C hy sy naam na Komoetie verander het.
D sy broer, Tollie, in die tronk is. (1)
7.20 "Vergeet van die van Rooyens." (Reël 19)
7.20.1 Hoeveel jaar het Benjamin / Lukas by die van Rooyens in die Bos
gebly? (1)
7.20.2 Waarom sou dit nie vir Benjamin moontlik wees om ooit van die Van
Rooyens te vergeet nie? (1)
7.21 Verduidelik hoe Barta daarin geslaag het om Benjamin tussen die ander
seuns in die magistraatskantoor uit te wys. (1)
7.22 Wie is die protagonis in hierdie drama? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 34
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
7.23 Fiela het ʼn stuk grond van die Laghaans gekoop.
7.23.1 Watter innerlike konflik ondervind Benjamin as Fiela die Laghaans
se grond op sy naam wil oordra? (1)
7.23.2 Verduidelik waarom Fiela aangedring het dat Benjamin die offer
aanvaar. (1)
7.24 Watter raad sou jy aan Benjamin wou gee oor wat hy vir Nina moes sê,
noudat hy geweet het dat hy nie haar biologiese broer was nie? (1)
7.25 Watter vooroordeel kom in hierdie drama voor? (1)
7.26 Verduidelik waarom Benjamin as ʼn rolmodel beskou kan word. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
AFDELING C: KORTVERHALE
SPIEËLBEELDE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale.
VRAAG 8
"ROT IN ʹN VAL" – H. du Plessis
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Ma moet ʹseblief vir antie Grace sê sy moenie vir Igundane uitvee wanneer sy
2 huis aan die kant maak nie," Penuel se stem is angstig, sy oë soekend op die
3 vloer. "En Kuku moet buite bly. Hoor Ma? Tot julle vir Igundane kry."
4 "Ja, ja, steek in jou hemp, ons moet ry. Dis al halftien en ek wil gaan
5 kruideniersware koop," jaag Lerato aan.
6 "Toe nou, vrou," maan Groot Penuel.
7 Lerato se mond trek styf. "Dis oor jy nie parkeerplek moet loop soek en met
8 die ellendige trollie vol kos moet sukkel nie. Kom nou Penuel, is jy klaar?"
9 "Jaa, Maaa, net my blikkie kry. Wieʹt nou weer my blikkie gehad?"
10 "Jou blikkie lê by die agterdeur." Groot Penuel du hom speels in die rug.
11 "Bietjie roer, seun."
12 "Jy moet jou kar uittrek," kom dit wanhopig van Lerato.
13 Eindelik na ʼn skewe mondveeg en ʼn haastige "Moenie jou sleutel vergeet
14 nie en onthou om vir my geld te trek," van Groot Penuel, is hulle op pad.
15 "Jy moet jou vroeër lig soggens. Jou kamer lyk nes ʼn rotnes. Nie ʼn wonder
16 Igundane is weer weg nie."
17 "Ma moet ʹseblief self kyk waar hy is. Ma sal mos, hè?"
18 Sy knik onwillig. "Ek het jou al duisend keer gesê om op te hou om slange,
19 spinnekoppe en ander ongediertes aan te hou. Antie Grace hou niks daarvan
20 nie, ek ook nie."
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 35
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
8.1 Wie was antie Grace? (1)
8.2 "Penuel se stem is angstig, sy oë soekend op die vloer." (Reël 2–3)
8.2.1 Wat kan jy aflei uit Penuel se soektog na Igundane wat weg was? (1)
8.2.2 Penuel was bang dat Gracie vir Igundane sou uitvee.
Noem nog ʼn rede hoekom Penuel wou seker maak sy ma-hulle kry
vir Igundane. (1)
8.3 Waarom was dit maklik vir Groot Penuel om in te stem tot enige soort
troeteldier? (1)
8.4 Lerato het Penuel by die skool gaan aflaai.
Noem een van die plekke waarheen Lerato daardie oggend moes gaan. (1)
8.5 Die werkers in die skuur het van die rot gehou.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
8.6 Waaruit kan jy aflei dat die gesin op ʼn onveilige plek gebly het? (1)
8.7 Waarom was Groot Penuel altyd bekommerd oor Lerato? (1)
8.8 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (8.8.1–8.8.4) neer,
byvoorbeeld 8.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
8.8.1 Die karakter het nie opgedaag vir werk nie. A Penuel
8.8.2 Die karakter se kamer was deurmekaar. B Angelina
8.8.3 Die karakter was ʼn gevaarlike skelm. C Grace
8.8.4 Die karakter moes met die motor jaag. D Groot Penuel
E Lerato
(4 x 1) (4)
8.9 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (8.9) neer.
Die kortverhaal gaan (letterlik/figuurlik) oor ʼn rot wat in ʼn valletjie gevang is. (1)
8.10 Waarom is die titel "Rot in ʼn val" gepas vir die verhaal? (1)
8.11 Verduidelik die ironie in die kortverhaal. (2)
8.12 Wat is die boodskap van die kortverhaal? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 36
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
EN
"OOM DRIES SE SORGE MET JANTJIE" – Felicia Goosen
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 In die groot kombuis voor die Aga-stoof sit hy die bobbejaantjie in ʼn
2 kartondoos neer en maak melk warm. En dis net hier waar oom Dries se
3 sorge met Jantjie begin.
***
4 Soos Jantjie grootword, groei die probleme. Getrou aan sy natuur vaar
5 hy die boord in en saai verwoesting onder die ryp koejawels. Nie uit honger
6 nie, nee, elke vrug kry net ʼn bytmerk en word dan net so gelos of op die
7 grond neergesmyt. Die ryp dadelpruime loop ook lekker deur. Hy gooi
8 meesterlik teiken met die hoenders se eiers en uitgekuier met die
9 plaaskatte, byt hy sommer ʼn hele rits van hulle dood. Een oggend toe
10 Abraham, een van die plaaswerkers se kind, niksvermoedend op Jantjie se
11 swaai skoppelmaai, storm Jantjie hom, ruk die swaai tot stilstand en hap
12 hom geniepsig aan die kuit. Die kind hol al skreeuende weg terwyl Jantjie
13 op sy swaai klim en die res van die oggend daar hang soos ʼn verwende,
14 jaloerse kind.
15 Sofie, wat hom soggens kosgee, ontgeld dit ook. Nes sy omdraai
16 kombuis toe nadat sy die kos voor hom neergesit het, blaker hy haar met
17 die kosbak tussen die blaaie. Die kosgeëry ontaard in ʼn stryd met Sofie te
18 bang om om te draai en te loop.
8.13 Hoe het oom Dries vir Jantjie gekry? Gee TWEE feite. (2)
8.14 Die Aga-stoof het Jantjie warm gemaak.
Watter ander rol het die Aga-stoof in Jantjie se lewe gespeel? (1)
8.15 Op watter DRIE maniere het Jantjie verander soos wat hy groter geword
het? (3)
8.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (8.16) neer, byvoorbeeld 8.16 E.
Die leser kan aflei dat oom Dries ... , daarom het hy Jantjie versorg.
A ʼn moeilike man was
B ʼn sagte hart gehad het
C baie lief vir bobbejane was
D met moeilike bobbejane kon werk (1)
8.17 Op watter manier het Jantjie die waterpyp beskadig? (1)
8.18 Wat het veroorsaak dat oom Thysie Jantjie geskiet het? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 37
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
8.19 Waarom, dink jy, het niemand met oom Dries oor Jantjie se dood gepraat
nie? (1)
8.20 Oom Dries het Jantjie die eerste keer weer met volmaan "gesien".
8.20.1 Waar het oom Dries vir Jantjie gesien? (1)
8.20.2 Waarom, dink jy, was Jantjie op die plek in VRAAG 8.20.1? (1)
8.21 Aan die einde van die verhaal het oom Dries en oom Thys besluit om seker
te maak dat Jantjie nie sou kom spook nie.
8.21.1 Wat was oom Dries se plan? (1)
8.21.2 Wat was oom Thys se plan? (1)
8.22 Watter soort verteller tref ons in hierdie kortverhaal aan? (1)
8.23 Glo jy dat Jantjie by oom Thys gespook het? Motiveer jou antwoord. (1)
8.24 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (8.24) neer, byvoorbeeld 8.24 E.
Die ruimte waarin die kortverhaal afspeel, is ʼn ...
A stad.
B dorp.
C plaas.
D wildtuin. (1)
8.25 Watter les kan die leser uit oom Dries se betrokkenheid by Jantjie leer? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 38
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
AFDELING D: GEDIGTE
VERSKUNS
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte.
VRAAG 9
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
HUISKAT – Elizabeth Eybers
1 Die kat strek hoog op vier strak bene, buig
2 behaaglik om haar luiperdlies te lek,
3 rol om en lê fluwelig oopgevlek
4 dat keel en bors en buik die son kan suig.
5 Ons noem haar "kat" want sy is sonder siel
6 en anoniem. Smal skerwe van agaat
7 staar koud uit die driehoekige gelaat.
8 Arglistig, vloeibaar, soos ʼn blink reptiel
9 van los en lenig wees versadig: sy
10 sal nooit – die veearts het haar "reggemaak"–
11 ekstase en angs van lewe voortbring smaak,
12 sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.
13 Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit
14 sy haar oë, kronkel by my greep verby.
9.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (9.1) neer.
Hierdie gedig se uiterlike bou is ʼn voorbeeld van ʼn (Italiaanse/Engelse)
sonnet. (1)
9.2 Die titel is net "Huiskat".
Waarom is daar nie ʼn lidwoord in die titel nie? (1)
9.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (9.3) neer, byvoorbeeld 9.3 E.
Reël 4: "dat keel en bors en buik die son kan suig", verwys na die kat wat ...
A op haar rug gelê het.
B in die son gelê het.
C gelê en slaap het.
D rustig gelê het. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 39
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
9.4 Gee TWEE redes waarom die spreker die kat net "kat" genoem het. (2)
9.5 Kies elke keer die term uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (9.5.1 – 9.5.4) neer,
byvoorbeeld, 9.5.5 F.
KOLOM A KOLOM B
9.5.1 "… om haar luiperdlies te lek," (Reël 2) A Personifikasie
9.5.2 "dat keel en bors en buik die son kan suig." B Metafoor
(Reël 4)
9.5.3 "Ons noem haar "kat" want sy is sonder siel en C Vergelyking
anoniem." (Reël 5–6)
9.5.4 "Arglistig, vloeibaar, soos ʼn blink reptiel" (Reël 8) D Enjambement
E Ellips
(4 x 1) (4)
9.6 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (9.6) neer.
Die rymsoort in strofe 2 is (paarrym/omarmende rym). (1)
9.7 Reël 9: "van los en lenig wees versadig:"
Wat is die funksie van die dubbelpunt in hierdie versreël? (1)
9.8 "sal nooit – die veearts het haar "reggemaak" –
ekstase en angs van lewe voortbring smaak," (Reël 10–11)
Wat is die funksie van die parentese in hierdie reëls? (1)
9.9 Hoe sluit die inhoud van die gedig by die titel van die gedig aan?
Verwys in jou antwoord na die titel én die inhoud van die gedig. (2)
9.10 Watter EEN woord sê dat die ek-spreker die kat versigtig hanteer? (1)
9.11 Watter tegniek, dink jy, gebruik die spreker om die kat se lui, aaneenlopende
bewegings in die gedig uit te beeld? (1)
9.12 Op watter manier wys die kat dat sy nie van aanraking hou nie? (1)
9.13 Hoe slaag die gedig daarin om ʼn goeie beeld van ʼn huiskat aan die leser oor
te dra? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 40
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
DIE NUWE KIND – Pieter Strauss
1 Ons oë pen jou in jou spore vas:
2 die nuwe kind hier in ons klas.
3 In óns skooldrag, langs óns meneer,
4 jou hare volgens die reëls geskeer.
5 "Hector Sobukwe," hoor ons jou naam,
6 " ʼn koningskind" – al is jy skaam.
7 Bedees klink jy, asof jy ons bedank
8 en gaan sit dan stil in jou bank.
9 Uit ʼn Tupperware-bakkie, soos dit hoort,
10 eet jy pouses jou snytjies brood.
11 Maar eenkant, alleen, onder ʼn boom
12 gaan staan jy dan en droom.
13 In die kunsklas word jou pen ʼn mas,
14 hys jy prentjieseile uit jou ribbekas,
15 vaar jy weg oor wit papier
16 die toekoms in, nog ver van hier …
9.14 Wat kan ʼn mens uit die titel van die gedig oor Hector Sobukwe aflei? (1)
9.15 ʺOns oë pen jou in jou spore vas:" (Reël 1)
Wie is die "ons" in hierdie versreël? (1)
9.16 Wat is die funksie van die beklemtoning van ons? (Reël 3) (1)
9.17 Wat noem ʼn mens ʼn strofe van vier reëls? (1)
9.18 Hector het nie anders probeer wees as die ander leerlinge nie.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
9.19 Waarom staan "ʼn koningskind" (reël 6) tussen aanhalingstekens? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 41
(Tweede Vraestel) 10022 / 17
9.20 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (9.20) neer, byvoorbeeld 9.20 E.
Hector eet sy snytjies brood uit ʼn Tupperware-bakkie omdat dit so hoort.
Hieruit kan ons aflei dat ...
A dit was wat almal gebruik het.
B dit al bakkie is wat Hector gehad het.
C Hector nie wou afsteek teen die ander kinders nie.
D die parentese verduidelik waarom Victor Tupperware gebruik het. (1)
9.21 Waar was Hector tydens pouses ? (1)
9.22 "maar eenkant, alleen, onder ʼn boom" (Reël 11)
9.22.1 Op watter wyse word "alleen" uitgehef? (1)
9.22.2 Wat kan jy uit die versreël aflei? (1)
9.23 Op watter DRIE maniere het Hector sy passie uitgeleef? (3)
9.24 Waarom is die beeld van die skip wat wegseil geslaagd in hierdie gedig? (1)
9.25 "die toekoms in, nog ver van hier ..." (Reël 16)
Waarom het die digter die ellips gebruik? (1)
9.26 Benoem die rymsoort in die gedig. (1)
9.27 Dink jy die kind was gelukkig in sy nuwe skool? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper