Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2019
10022
AFRIKAANS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 70
36 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)

%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9/v1-346aa4f8a56359c010be/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019, 36 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 36 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 36
- File size
- 457.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 36
This exam
Gauteng Mock Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)43 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)47 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)52 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 2
(Vraestel 2) 10022 / 19
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
AFRIKAANS
(Eerste Addisionele Taal)
Vraestel 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 70
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die
tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies
die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
7. Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.
8. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 3
(Vraestel 2) 10022 / 19
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn bos 35 4
2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 8
3. Meeulanders 35 Nie getoets in Gauteng nie
4. Lien se lankstaanskoene 35 12
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
5. Poppie – die drama 35 16
6. Paljas 35 20
7. Fiela se kind – die drama 35 24
OF
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord ALBEI vrae.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
8.1 “Die weldoener” 18 29
EN
8.2 “Van Precious: ʼn Buisie salf” 17 31
OF
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord ALBEI vrae.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
9.1 “Palimpses” 18 33
EN
9.2 “Boekmerk” 17 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 4
(Vraestel 2) 10022 / 19
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
“Maar ek het net twee koeëls!” skiet hoop die ou man binne. “En niemand
in hierdie bos sal vir jou ʼn enkelte koeël bysit nie, hulle sal jou nie help nie, baas
Saul.”
“Twee koeëls is genoeg. Het jy kruit?”
“Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!” … “Lyk vir my jy 5
vergeet lat Oupoot Oupoot is! Lat al die slim van al die olifante …” Hy bly stil en
staan ʼn oomblik verbyster.
***
“Gaan baas Saul met hierdie skip saam weg?” Dit was ʼn versigtige,
agterdogtige vraag.
“Ja.” 10
“Ver?”
“Baie ver.” Hy het sy oë oorkant die meer teen die swart-groen koppe
gehou. Die inkomende gety het ʼn swerm modderlopers uit ʼn sandbaaitjie
opgejaag … Maar hy sou nie omdraai voordat hy nie elke moontlike teken van
emosie onder beheer had nie. 15
“Hulle sê dis Oupoot wat dit gedoen het.”
Dit was of ʼn tweede hou hom tref. Sy eerste gedagte was dat dit ʼn slim
set van die ou man was en hy het die waarheid in sy oë gesoek toe hy omdraai.
1.1 “Maar ek het net twee koeëls!” (Reël 1)
1.1.1 Wie is die ‘ek’ in die aanhaling? (1)
1.1.2 Waarom het die ou man Saul as ‘baas’ aangespreek? (1)
1.1.3 Waarom het die ou man gesê dat hy net twee koeëls het? (1)
1.2 Waarom wou Saul ʼn geweer by die ou man leen? (1)
1.3 “Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!” (Reël 5)
Watter werk het Saul ryk gemaak? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 5
(Vraestel 2) 10022 / 19
1.4 “Lat al die slim van al die olifante …” Hy bly stil en staan ʼn oomblik verbyster.”
(Reël 6 – 7)
1.4.1 Waarom het die spreker stilgestaan en waarom was hy verbyster? (2)
1.4.2 Watter woord het die bosmense gebruik wanneer hulle van die olifante
praat? (1)
1.5 Waarom wou Saul Oupoot gaan skiet? (1)
1.6 Daar was ʼn goeie verhouding tussen Saul en die bosmense.
Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.7 Gee TWEE feite uit die roman wat die bosmense se verhouding met Saul
beskryf. (2)
1.8 “Gaan baas Saul met hierdie skip saam weg?” (Reël 8)
Op watter skip was Saul hier? (1)
1.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (1.9) neer.
“Maar hy sou nie omdraai voordat hy nie elke moontlike teken van emosie
onder beheer had nie.” (Reël 14 – 15)
Ons kan dit ʼn ... noem.
A woedeuitbarsing
B liefdesverklaring
C ontkenningsmetode
D verdedigingsmeganisme (1)
1.10 “Dit was of ʼn tweede hou hom tref.” (Reël 17)
1.10.1 Wat was die eerste hou wat Saul getref het? (1)
1.10.2 Die ou man het met ʼn derde hou gekom.
Wat was hierdie troefkaart? (1)
1.11 Waarom glo Saul dat Oupoot nooit vir die seun se dood verantwoordelik kon
wees nie? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 6
(Vraestel 2) 10022 / 19
1.12 Dink jy dis moontlik dat ʼn mens ʼn ‘dier-broer’ kan hê?
Motiveer jou antwoord. (1)
[18]
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
Daar was ʼn tyd toe hy wou glo dat daar tussen hom en Oupoot ʼn
vreemde band lê. Intussen het hy die ding met homself uitgemaak … Om jou
verbeelding toe te laat om in daardie wêreld in te loop, is wegskram van
werklikhede af, en voor jy weet waar jy is, sit jy vasgegroei in liegte. Soos die
houtkappers ... 5
Nee, nie soos Oupoot nie. Oupoot het sy eie wette. Boswet. Die wet wat
neergelê is deur dieselfde hand wat die dag ná die nag laat breek …
Net die mens het wetteloos hier kom intrek. Net die mens het skynbaar
reg om te maak soos hy wil, te vernietig soos hy wil ... Liegte te glo soos hy wil.
En weer moet die Bos die hoogste prys betaal; hierdie keer met sy 10
koning-olifant. Die leier van die leiers!
***
“Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.”
Die woorde het hulleself in sy kop herhaal voordat die werklikheid hom
getref het. Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard? Hy het die
eienaardige gevoel gekry dat een van die groot kalanders in die Bos omgekap 15
was en dat daar êrens ʼn groot oopte oorbly ...
1.13 Lees reël 1 – 5.
1.13.1 Watter TWEE kontrasterende wêrelde word in hierdie reëls teenoor
mekaar gestel? (2)
1.13.2 Wat het die bosmense geglo oor die bloubokkie? (1)
1.14 Na wie verwys “dieselfde hand” in reël 7? (1)
1.15 Op watter TWEE maniere word daar beklemtoon dat Oupoot uitsonderlik is? (2)
1.16 Dink jy dis belangrik dat ʼn mens die natuur se wette gehoorsaam?
Motiveer jou antwoord. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 7
(Vraestel 2) 10022 / 19
1.17 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (1.17.1 – 1.17.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.17.1 Saul se jonger broer A Izak Barnard
1.17.2 Meubelmaker van Swellendam B Jozef Barnard
1.17.3 Bestuurder van die mynmaatskappy C Abraham Steyn
1.17.4 Kaptein van die boot waarmee Saul wil D Frank Jefferson
wegvaar
E James Stopforth
(4 x 1) (4)
1.18 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.
“Hy is nie meer op die aarde nie.” (reël 12) is ʼn voorbeeld van (eufemisme /
hiperbool). (1)
1.19 “Joram Barnard dood?” (Reël 14)
1.19.1 Waarmee het Saul sy pa vergelyk? (1)
1.19.2 Hoe is Joram dood? (1)
1.19.3 Waarom het Saul gehuil? (1)
1.20 Saul het dikwels in opstand gekom teen sy pa.
Gee TWEE voorbeelde uit die roman van waar Saul teen sy pa gerebelleer het. (2)
[17]
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 8
(Vraestel 2) 10022 / 19
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita
van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
Toe sy laas jaar met Beyers getrou het, het dit gelyk of sy wéér nie ʼn
wittebrood gaan hê nie. Daar was nie geld nie, nie met die groter huis wat gekoop
moes word nie, en selfs as hulle dalk nog iewers geld in die hande kon kry, sou
hulle nie weet wat om met al die kinders te maak nie. Toe bied ʼn vriend van Beyers
vir hulle die huis op die berg aan, heeltemal verniet, vir so lank as wat hulle dit wil 5
hê. Vir omtrent ʼn minuut, een van die langste minute in my lewe, dog ek hulle wil
hê ons moet vir altyd daar gaan woon.
Beyers het die nuus vir ons aan tafel meegedeel (die slegste nuus in hierdie
huis word altyd aan tafel meegedeel, gewoonlik terwyl ons sop eet) en toe begin
almal gelyk gil en skreeu. 10
Ek wil nie soos Josef op ʼn berg gaan sit nie! Dit was Moses wat op die berg
gesit het! Ek sal ʼn eetstaking hou! Ha-ha, jy kla elke halfuur jy’s honger! Nou maar
dan kan jy ʼn eetstaking hou! Ek wil nie ʼn eetstaking hou nie! Ek wil nie na ʼn ander
skool toe gaan nie! Ek dog jy haat jou skool! Ek haat my skool maar ek sal enige
ander skool nog méér haat! Ons sal almal saam ʼn eetstaking hou! Ek wil nie ʼn 15
eetstaking hou nie!
2.1 “Toe sy laas jaar met Beyers getrou het, het dit gelyk of sy wéér nie ʼn wittebrood
gaan hê nie.” (Reël 1 – 2)
2.1.1 Wie is die verteller in hierdie uittreksel? (1)
2.1.2 Wie is verlede jaar met Beyers getroud? (1)
2.1.3 Wat is die familieverband tussen die verteller en die persoon in
Vraag 2.1.2? (1)
2.2 Die beklemtoning van “wéér” (reël 1) impliseer dat hierdie persoon al voorheen
getroud was.
Verduidelik waarom die wittebrood by die vorige TWEE geleenthede nie
plaasgevind het nie. (2)
2.3 Die wittebroodsvakansie gaan hulle ʼn paar rand kos.
Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 9
(Vraestel 2) 10022 / 19
2.4 “Daar was nie geld nie, nie met die groter huis wat gekoop moes word nie, …”
(Reël 2 – 3)
Waarom moes die gesin ʼn groter huis gekoop het? Gee TWEE feite. (2)
2.5 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer (2.5.1 – 2.5.4) neer.
Hulle het uiteindelik ʼn huis gekry, maar nie een van hulle het baie van die huis
gehou nie. Die huis lyk soos ʼn (2.5.1) … wat te groot vir sy skoene geword het. Die
onderste verdieping het (2.5.2) … en growwe baksteenmure. Daar was selfs ʼn
tuinhuis wat die ma as ʼn (2.5.3) … kon gebruik. Die tuin was vol (2.5.4) … en
deurmekaar. (4)
2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (2.6) neer.
Beyers en sy vrou het besluit dat die hele gesin saam na die berghuis moes gaan
omdat …
A hulle mekaar beter moes leer ken.
B dit normaal was om so iets te doen.
C hulle te veel na hulle kinders sou verlang.
D die kinders graag in die berghuis wou gaan bly. (1)
2.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die gesin se rit na die berghuis was ʼn (droomrit / nagmerrierit). (1)
2.8 “(die slegste nuus in hierdie huis word altyd aan tafel meegedeel, gewoonlik terwyl
ons sop eet)” (Reël 8 – 9)
Wat is die funksie van hierdie parentese of ekstra inligting tussen hakies? Gee
TWEE feite. (2)
2.9 Beyers is die verteller se stiefpa.
2.9.1 Wie was die verteller se biologiese pa? (1)
2.9.2 Watter beroep het die verteller se biologiese pa gehad? (1)
[18]
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 10
(Vraestel 2) 10022 / 19
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
Toe ons eindelik in die bed klim, lank ná middernag, vra Sharon of ek
darem my verjaardag geniet het.
“Hmm,” antwoord ek ongeërg. “Dit was nie sleg nie.”
Ek wil nou ook nie niksgewoond klink nie, nè? Maar ek glimlag so breed
dat sy sweerlik my tande in die donker kan sien blink. 5
***
Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek amper
van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die eerste
queen, die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou nie. Steeds
nie. En my verjaardag, natuurlik.
Maar dis nou nie asof my lewe skielik in ʼn sprokie verander het nie. Ek is 10
steeds vasgekeer in ʼn huis met ʼn lekkende dak op ʼn verlate berg … En ek is
steeds geïrriteer deur Margot wat nie rooivleis of koek wil eet nie, nie koffie of
tee of enigiets behalwe kookwater wil drink nie, en aanmekaar kla oor hoe haar
hare lyk. En oor sy nie oefening kry nie.
Vanoggend het sy darem nie weer probeer draf nie. Sy het nog een 15
van haar glimmende eenstukpakke aangetrek, dié keer skokpienk met turkoois
strepe, en ʼn aërobiese klas op die sitkamervloer begin gee.
2.10 “Toe ons eindelik in die bed klim, ... vra Sharon of ek darem my verjaardag geniet
het.” (Reël 1 – 2)
2.10.1 Hoe oud het Hanna by die berghuis geword? (1)
2.10.2 Waarom glimlag Hanna so breed oor haar verjaardag? (Reël 4) (1)
2.10.3 Hoeveel van Hanna se vorige verjaardae het haar biologiese pa
bygewoon? (1)
2.11 Tydens Hanna se verjaardag op die berg het sy geskenke van die uitgebreide
familie ontvang.
Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing van die geskenk in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.11.1 – 2.11.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.11.1 ʼn Grimeerstel A Yann
2.11.2 ʼn Bundel met Shakespeare-sonette B Mana
2.11.3 ʼn Pen met ʼn tiervelpatroon op die doppie C Gavin
2.11.4 ʼn Grys trui met GAP voorop in oranje letters D Sharon
E Beyers
(4 x 1) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 11
(Vraestel 2) 10022 / 19
2.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (2.12) neer.
Aan die begin van die verhaal noem Hanna die berg Bitterberg in plaas van
Botterberg. Dit is omdat sy ...
A nie die naam reg gehoor het nie.
B niks van die vakansieplek geweet het nie.
C geweet het dat sy en haar broers net in die pad sou wees.
D gedink het dat dit ʼn baie onaangename vakansie sou wees. (1)
2.13 Dink jy Beyers en sy vrou se plan om die gesin saam op wittebrood te neem, was ʼn
sukses?
Motiveer jou antwoord. (1)
2.14 Waarom het Hanna se ma vir haar die bynaam Hanna Hoekom gegee? (1)
2.15 Hoofstuk 10 begin met die woorde “Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die
afgelope paar dae …” (Reël 6)
Waarom is die titel van hoofstuk 10 “Die lewe is ʼn verhoog”? (1)
2.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In die aanhaling, “... die koms van die tweede queen.” (reël 8) verwys die tweede
queen na (Gavin / Margot). (1)
2.17 Waarom word die woord “steeds” (reël 11 – 12) herhaal? (1)
2.18 Dink jy Hanna se ma het haar tog onvoorwaardelik liefgehad?
Motiveer jou antwoord. (1)
2.19 Hanna se ma was ʼn kunstenaar, maar sy was ook ʼn goeie ma.
Noem TWEE dinge wat bewys dat Hanna se ma wel goed vir haar gesin gesorg
het. (2)
2.20 Watter belangrike les kan jy uit Hanna se lewensverhaal leer? (1)
[17]
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 12
(Vraestel 2) 10022 / 19
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
Toe Lien amper by die deur is, roep juffrou Breytenbach haar terug.
“Lien, het jy ʼn minuut?” Sy beduie met haar hand dat Lien moet sit.
Lien verstyf. Haar eerste reaksie is om te maak dat sy wegkom. Sy kan
nie dink wat tot dié onverwagse oudiënsie aanleiding gegee het nie. Haar punte
is nie wonderlik nie, maar sy kom tog deur. Sy gaan sit ongemaklik by een van 5
die voorste banke, maar ʼn hele entjie weg van die juffrou.
Juffrou Breytenbach pak ʼn paar dokumente op ʼn hoop. Dit lyk asof sy na
woorde soek. Sy haal haar John Lennon-brilletjie af en sit dit op die hopie
dokumente voor haar op die lessenaar neer. Sy vou haar hande en kyk reguit
na Lien. 10
“Ek wou al lankal bietjie met jou praat.” Sy sit weer haar brilletjie op.
‟Waarom is jy so kwaad vir ons?” vra sy ernstig.
Die wind is heeltemal uit Lien se seile gehaal. “Juffrou?” vra sy verbaas.
“Ek ken nie jou agtergrond nie en ek weet ook nie wat by julle huis
gebeur nie, maar dit is vir my duidelik dat jy vir iets of iemand baie kwaad is. En 15
dis nie regverdig dat jy dit op ons uithaal nie. Jy is nou meer as ʼn jaar hier en
steeds maak jy nie vriende nie. Dis asof jy nie wíl nie. Jy ontwyk alle
buitemuurse aktiwiteite en as jy aan iets móét deelneem, is dit duidelik ʼn
halfhartige poging.”
4.1 Waarom het juffrou Breytenbach se vraag Lien verras? (Reël 11 – 13) (1)
4.2 Lien het geen vriende nie.
Motiveer uit die roman waarom die stelling ONWAAR is. (1)
4.3 Wie is die persoon wat na die gesin omsien en ook vir Lien werk kry? (1)
4.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (4.4) neer.
Lien het hierdie dag na skool koers oor die besige straat gevat omdat …
A sy vinnig by die huis wou kom.
B sy net van Wouter af wou wegkom.
C Wouter gesê het dat sy Lientjie Lieflik is.
D juffrou Breytenbach met haar gepraat het. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 13
(Vraestel 2) 10022 / 19
4.5 Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.5.1 – 4.5.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.5.1 “Village Idiot” A Braam
B Wouter
4.5.2 Die “Garden of Evil”
C Christiaan
4.5.3 “Afrika is wreed, hier’s leeus!”
D Lien se ma
4.5.4 Het deesdae gereeld ʼn “runny tummy” E Malie se koffiewinkel
(4 x 1) (4)
4.6 Lien probeer oplossings vind om die gesin te onderhou.
4.6.1 Waar kry Lien die eerste keer werk? (1)
4.6.2 Waarom kon Lien se ma die gesin nie werklik onderhou nie? (1)
4.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Lien het besluit om na die oudisie toe te gaan omdat sy Wouter wou (beïndruk /
uitdaag). (1)
4.8 Waarom, dink jy, was juffrou Breytenbach ongemaklik om met Lien te praat? (1)
4.9 Voltooi die sin hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul. Skryf slegs
EEN woord langs die vraagnommers (4.9.1 – 4.9.2) neer.
Lien se ma kan moontlik haar werk (4.9.1) … as gevolg van haar probleem met
(4.9.2) … (2)
4.10 Braam was lui en het nie vir Lien gehelp met die huishouding nie.
Gee TWEE feite om bogenoemde stelling te bewys. (2)
4.11 Tannie Bets het ʼn belangrike rol in die gesin se lewe gespeel.
Noem EEN ding wat sy vir die gesin gedoen het. (1)
[17]
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 14
(Vraestel 2) 10022 / 19
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
Die bus stop voor ʼn vreemde, kleinerige sentrum wat sy nie ken nie. Hulle het al
hier verbygery, maar sy was nog nooit binne nie. Sy klim huiwerig af, oorweeg
dit om terug te klim en verder te ry totdat die bus weer voor die bekende
sentrum naby hulle huis stop. Sy staan ʼn rukkie met haar een voet in die bus en
een buite die bus. 5
“Wil jy af of nie?” vra die vrou wat die bus bestuur, nie onvriendelik nie,
net bietjie ongeduldig.
Lien huiwer. Sy kan nog omdraai …
Sy klim af.
Stadig stap sy in die rigting van die besige kruising oorkant die sentrum. 10
Sy kyk na die onvriendelike mense wat vinnig by haar verbyjaag sonder om in
haar rigting te kyk. Haastig. Doelgerig op pad. Almal lyk so onvriendelik, scary,
in control, nie tyd vir onnodige dingetjies nie. Sy voel skielik bang vir al die
vreemde gesigte.
Die besige kruising kom nader. Dit voel asof die hele wêreld vir haar kyk. 15
Die pruik laat haar kopvel jeuk en die brilletjie wil kort-kort afval. Dis omdat sy so
sweet, hoekom weet sy nie, want dit is nie eintlik warm nie. Sy gaan staan op
die sypaadjie, ʼn tree van die verkeerslig af, so na as moontlik aan die straat.
***
… ʼn Krom vroutjie met baie plooie, bruin gebrand deur die son, kom vinnig oor
die kruising op haar afgestap. 20
4.12 Waarom kies Lien ʼn vreemde, kleinerige sentrum om van die bus af te klim? (1)
4.13 “Wil jy af of nie?” vra die vrou wat die bus bestuur ...” (Reël 6)
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Uit hierdie aanhaling kan ʼn mens aflei dat Lien (verward / ywerig) is oor dit wat
sy gaan doen. (1)
4.14 Na watter TWEE afhanklikes verwys Lien op haar plakkaat? (2)
4.15 “ ʼn Krom vroutjie met baie plooie, bruin gebrand deur die son, kom vinnig oor
die kruising op haar afgestap.” (Reël 19 – 20)
4.15.1 Waarom baklei hierdie vroutjie met Lien? (1)
4.15.2 Wat is die vroutjie se naam? (1)
4.15.3 Waar moes Lien volgens die vroutjie gaan staan? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 15
(Vraestel 2) 10022 / 19
4.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (4.16) neer.
Die ding wat die meeste ongemak gedurende die eerste dag vir Lien
veroorsaak het, was die …
A warm pruik en die rok.
B skoene wat sy aangehad het.
C mense saam met wie sy bedel.
D geld wat sy van die mense vat. (1)
4.17 Watter ironie vind ons in die optrede van die ou vroutjie teenoor Lien? (1)
4.18 Waarom het Tibbey ʼn bloubulvlag en bloubulpetjie? (1)
4.19 Noem TWEE dinge waarvoor Lien haar geld, waarvoor sy gebedel het, wou
gebruik. (2)
4.20 Dink jy dat Lien se plan om geld te bedel, suksesvol kan wees?
Motiveer jou antwoord. (1)
4.21 Verduidelik waarom die volgende karakters die hoofoorsaak van Lien se
probleme is.
4.21.1 Christien Jooste (1)
4.21.2 Anton Jooste (1)
4.22 Watter talent het Christien Jooste gehad wat moontlik die gesin sou kon red uit
hul situasie? (1)
4.23 Aan die einde van die roman is dit duidelik dat Lien TWEE groepe vriende
gehad het.
Gebruik die opskrifte VORIGE LEWE en HUIDIGE LEWE om Lien se twee
groepe vriende te beskryf. (2)
[18]
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 16
(Vraestel 2) 10022 / 19
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
POPPIE (aan Mama). En Ouma ... en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle
sorg?
MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.)
Almal “vries”. Luister na stem oor megafoon.
STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet 5
weggaan na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk
soek.
HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit. Die
poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur so
ʼn skop na binnetoe en dan word die mêtjie getrek. 10
MOSIE. Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die
huis wat brand. (Die hele groep kyk na ʼn huis wat brand.)
POPPIE. Toe die wet nou sterk word dat die Xhosa-mense moet uitgeroei word
uit die dorpe uit, toe hulle nou baie gebrand het daar by Lambertsbaai, toe
het ons ook maar begin dink aan weggaan. 15
STEM. Daar word op die vlakte by die Kaap ʼn spesiale dorp vir die Bantoe-
mense gebou, wat hulle Nyanga roep. Daarnatoe moet julle gaan.
STONE. Poppie se mama en bhuti Mbatane en Hoedjie en Plank en Mosie het
in 1955 weggegaan.
Die familie draai na Poppie en Stone. Hulle waai, beweeg stadig na agter toe. 20
Gaan staan met rûe na gehoor. Poppie en Stone bly voor.
5.1 “Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet weggaan
na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk soek.”
(Reёl 5 – 7)
Watter advies sou jy die regering kon gee om ʼn beter manier te gebruik wat die
familieband kon behou? (1)
5.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
“Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die huis wat
brand.” (Reёl 11 – 12)
Uit bostaande stelling kan die leser aflei dat die kinders en almal (angstig /
moedeloos) kyk na hulle brandende huise. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 17
(Vraestel 2) 10022 / 19
5.3 Verduidelik hoekom dit noodsaaklik was dat die mense moes deelneem aan die
1960-staking. Gee TWEE feite. (2)
5.4 Bhuti Mbatane is Poppie se biologiese pa.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
5.5 “Die familie draai na Poppie en Stone. Hulle waai, beweeg stadig na agter toe.
Gaan staan met rûe na gehoor. Poppie en Stone bly voor.” (Reёl 20 – 21)
5.5.1 Hoekom het Poppie besluit om agter te bly en nie saam met haar ma-
hulle te gaan nie? (1)
5.5.2 Noem DRIE redes hoekom Poppie gedink het dat Stone aantreklik
was. (3)
5.6 Pas die rolspeler uit KOLOM B by elkeen se rol in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (5.6.1 – 5.6.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.6.1 Antagonis A Jakkie
5.6.2 Tritagonis B Poppie
5.6.3 Protagonis C Hoedjie
5.6.4 Newekarakter D Mbatane
E Regering
(4 x 1) (4)
5.7 “Toe die wet nou sterk word …” (Reёl 13)
Na watter wet verwys Poppie? (1)
5.8 Wie sou jy kies as jy tussen jou familie en jou man of vrou moes kies?
Motiveer jou antwoord. (1)
5.9 Vergelyk die verskillende redes waarom die mense se huise aan die brand
gesteek is.
5.9.1 Waarom het die munisipaliteit die huise afgebrand? (Reël 8) (1)
5.9.2 Waarom het die kinders teen die einde van die drama die huise aan
die brand gesteek? (1)
[17]
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 18
(Vraestel 2) 10022 / 19
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
STONE. Ek gaan saam met haar terug. Eers met die bus van Nyanga na
Claremont, dan met die trein na Wynberg, dan met die bus na Constansie.
Ons wag ieder keer lank, maar dit gee ons kans om te praat met mekaar,
soos ons nie by die huis kon praat nie. (Aan Poppie.) Jy moet nou stilbly. Ek
het my permit gekry. 5
POPPIE. Hoe’t jy dit gekry?
STONE. Ek het kontrak gevat.
POPPIE. Ja, ek weet. Die dairies in Philippi. Dis die kontrak wat jy vat as jy niks
anders kan kry nie. Maar die werk is swaar. Hoe gaan jy dit hou? Die mense
sê dat hulle vingers seer word en opswel en die kliere onder die arms swel. 10
STONE. Maar dis naby die huis. Ek kan met die voet loop. Ons begin vieruur in
die oggend melk, en ons melk tot twee-uur. As die melkkanne terugkom,
begin ons die kanne was. Maar ek is vyfuur terug by die huis. (Hy was nors,
nou word hy aggressief.) Dis vroeёr as wat jy klaarkry.
POPPIE. Ja, maar jy begin vieruur in die oggend. 15
STONE. En jy dan?
POPPIE. Sesuur.
STONE. Tot neёnuur in die aand!
POPPIE. Dis nie dieselfde ding nie. (Skud haar kop.)
STONE. Daar was nie ander werk nie. Omdat ek die kontrak gevat het, sal ek ʼn 20
erf kry en vir ons ʼn huis daarop bou.
POPPIE. En hoe lank sal dit nog vat …
STONE. Hoe lank sal dit vat as ek nie kontrak gevat het nie?
5.10 “... dit gee ons kans om te praat met mekaar, ...” (Reёl 3)
Hoekom het Stone dié tyd saam met Poppie waardeer? (1)
5.11 Sou jy, soos Stone, die werk by die dairies aanvaar het?
Motiveer jou antwoord. (1)
5.12 Verduidelik die ironie met betrekking tot Stone se kontrakwerk by die dairies. (2)
5.13 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (5.13) neer.
Die positiewe uitkoms van Stone se kontrak was dat Stone …
A langer ure gewerk het.
B blyplek by die dairies sou kry.
C sy gesondheid in gevaar kon stel.
D se werkloosheidsprobleem opgelos was. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 19
(Vraestel 2) 10022 / 19
5.14 Pas die karakter uit KOLOM B by die aanhaling in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (5.14.1 – 5.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.14.1 “Jy moet papiere kry, Sisi.” A Mama
5.14.2 “Ons sal in vrede saamleef, Mama.” B Stone
5.14.3 “Enige oomblik kan die poeliesse my C Hoedjie
voorkeer.”
D Poppie
5.14.4 “Hy wag al vir jou vandat hy uit die werk
gekom het.” E Pasbeampte
(4 x 1) (4)
5.15 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer (5.15.1 – 5.15.3) neer.
Na Stone se afsterwe het Poppie tot die Here gebid dat Hy Stone 5.15.1 ...,
want hy het na die 5.15.2 ... toe gegaan, daarom is hy dood. Stone se afsterwe
was ʼn 5.15.3 ... vir Poppie. (3)
5.16 Die paswet en permit het net die vrouens geaffekteer.
Gee ʼn rede waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
5.17 “Ek het kontrak gevat.” (Reël 7)
5.17.1 Na watter kontrak word daar verwys? (1)
5.17.2 Was Stone tevrede met die kontrak wat hy gevat het?
Motiveer jou antwoord. (2)
5.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Poppie was (verlig / ontsteld) dat Stone die werk by die dairies gevat het. (1)
5.19 Hoe het die paswet Stone en Poppie se huwelik geaffekteer? (1)
[18]
[35]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 20
(Vraestel 2) 10022 / 19
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
EMMA: Wat is dit, Willem? (Katrien frons vir Emma. Maar nou is Emma se oë
vasgenael op Willem – nie verwytend nie, eerder vraend. Dis of sy nou iets van
sy kant af aanvoel.) Jy kan maar sê …
KATRIEN: Toe nou, julle twee.
Willem stoot sy stoel terug; hy staan op en loop om die tafel; hy gaan 5
staan naby Emma met ʼn vae, effense selfbewuste glimlag.
EMMA: Ja? (Hy loop tot by die klavier, lig die deksel op, haal die lappie af en
draai dan om na Emma toe.) Wat, Willem?
WILLEM: … Speel.
Hendrik, sy hand halfpad na sy mond toe met ʼn sny brood, laat die brood 10
sak.
Katrien sit die bord neer wat sy pas opgetel het.
Nollie kyk vir Emma, vir Willem, vir Emma.
Emma sit net lam vir Willem en kyk.
Willem kom terug na haar toe en vat haar hand. Sy staan op en loop agter 15
hom aan tot by die klavier. Sy gaan sit. Kyk net vir die klawers.
EMMA (ná ʼn rukkie): Ek kan nie. (Sy kyk vir Willem wat amper teen haar staan.)
Ek … kan nie meer nie.
Willem lig sy hand stadig op en bring dit tot by ʼn klawer. En druk dit baie
versigtig. Die noot hang huiwerig in die vertrek. 20
Ná ʼn rukkie lig Emma haar hand op en druk ʼn ander noot. Sy kyk vir hom,
en hy knik en glimlag.
WILLEM: Speel, Emma.
6.1 Wie het vir Emma leer klavier speel? (1)
6.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (6.2) neer.
“Katrien frons vir Emma.” (Reël 1)
Uit Katrien se optrede kan ʼn mens aflei dat sy nie …
A wou hê dat die gesin in stilte moes eet nie.
B gewoond daaraan was dat Emma praat nie.
C oor Willem se vreemde gedrag wou praat nie.
D wou hê dat Emma en Willem moes baklei nie. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 21
(Vraestel 2) 10022 / 19
6.3 “Dis of sy nou iets van sy kant af aanvoel.” (Reël 2 – 3)
6.3.1 Waarom was Willem vroeër daardie dag baie ontsteld? (1)
6.3.2 Hoe moes die gesin, volgens Katrien, optree toe Willem by die
etenstafel kom sit? (1)
6.4 In hierdie uittreksel praat Willem vir die eerste keer in byna twee jaar.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.5 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wanneer Emma weer begin klavier speel, is dit ʼn aanduiding dat die gesin
begin (ontspan / kommunikeer). (1)
6.6 “Hendrik, sy hand halfpad na sy mond toe met ʼn sny brood, laat die brood sak.”
(Reël 10 – 11)
Noem DRIE maniere waarop Hendrik probeer het om Willem te laat praat. (3)
6.7 Waarom, dink jy, het Willem ophou praat? (1)
6.8 Die dorpsmense het baie skinderstories oor Willem vertel. Dink jy die stories
was waar?
Motiveer jou antwoord. (1)
6.9 Wat was die naam van die persoon wat met die stories oor Willem begin het? (1)
6.10 Ná hierdie insident het omstandighede vir die McDonalds begin verander.
Kies die karakter uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die antwoord (A – E) langs die vraagnommers (6.10.1 – 6.10.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.10.1 Hierdie karakter se selfvertroue het verbeter. A Katrien
6.10.2 Hierdie karakter het weer naaldwerk begin doen. B Willem
6.10.3 Hierdie karakter se verhouding met Emma het C Manuel
verbeter.
D Hendrik
6.10.4 Hierdie karakter het begin om dinge by die huis
reg te maak. E Nollie
(4 x 1) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 22
(Vraestel 2) 10022 / 19
6.11 “Speel, Emma.” (Reël 23)
6.11.1 Wat het die gesin gedoen toe Emma begin klavier speel? (1)
6.11.2 Hierdie optrede van die gesin reflekteer hoe die verhouding tussen
die McDonald-gesin begin verander het.
Hoe het die verhouding tussen die McDonald-gesin begin verander? (1)
[18]
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
120. Die jagters bars by die huis se agterdeur in. In ʼn montage sien ʼn mens
hoe hulle van vertrek tot vertrek beweeg, kaste ooppluk en deure oopstamp
en soek, woordeloos en natgesweet en verbete.
Emma staan vreesbevange langs die klavier en wag vir die lawaai wat al
nader kom. Twee, drie van die mans kom binne en steek vas wanneer hulle 5
haar sien.
Dis Thys Briekman wat praat.
THYS: Waar’s hy? (Sy is te verskrik om ʼn woord uit te kry.) Ek vra jou!
EMMA: Wie?
THYS: Die clown. (Sy weet nie waarvan hy praat nie. Hy druk sy gesig teen 10
hare.) Is jou tong ook afgesny?
Hy stamp haar dat sy op die klawers gaan sit. Hulle gaan uit die vertrek.
Die natrilling van dertig note wat gelyk gedruk is bly hang in die vertrek.
121. Willem klim uit ʼn ou motorwrak en hardloop oor ʼn oop stuk veld.
122. Vier of wat van die ander jagters hardloop almal na ʼn bakkie toe en 15
spring in en ry. Op die agtergrond hardloop die nar met die fiets. Hy sien hulle
pyl met mening op hom af; hy gooi die fiets weg, swaai om en hardloop in ʼn
ander rigting.
123. Willem hardloop koes-koes tussen die bome. En dit lyk soos dieselfde
stuk veld. 20
124. Die bakkie rem woes; almal spring uit en lê aan met die gewere.
ʼn Paar skote klap gelyk.
PIETA: Vuilgoed!
JAN MOL: Ek het hom!
PIETA: As jy my vra, was dit ʼn kopskoot. 25
JAN MOL: Toe maar, ons het Dominee aan ons kant.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 23
(Vraestel 2) 10022 / 19
6.12 “Die jagters bars by die huis se agterdeur in.” (Reël 1)
Gee TWEE redes waarom die jagters se gedrag onaanvaarbaar was. (2)
6.13 Die klimaks van hierdie drama is wanneer Jan Mol vir Manuel skiet.
Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (6.13.1 – 6.13.4) neer.
Nadat (6.13.1) … by die McDonalds huisbesoek kom doen het om oor
(6.13.2) … se vreemde gedrag te kom praat, het (6.13.3) … besluit om kerk toe
te gaan. Daardie middag het die (6.13.4) … onverwags by die McDonalds se
huis opgedaag. (4)
6.14 Hoe weet ons dat die jagters gekom het met die doel om die “clown” (reël 10)
te skiet? (1)
6.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
“Willem klim uit ʼn ou motorwrak en hardloop oor ʼn oop stuk veld.” (Reël 14)
Die jagters kon daardie middag per ongeluk vir Willem geskiet het, omdat hy
(dieselfde narrepak as Manuel aangehad het / in hulle pad was). (1)
6.16 Hoekom het die nar ʼn “fiets” (reël 16 – 17) by hom gehad? (1)
6.17 “As jy my vra, was dit ʼn kopskoot.” (Reël 25)
Noem die TWEE plekke waar Manuel as gevolg van die skietery gewond was. (2)
6.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (6.18) neer.
“Toe maar, ons het Dominee aan ons kant.” (Reël 26)
Hierdie woorde beklemtoon die groot ... van die kerk.
A invloed
B vertroue
C opoffering
D versoening (1)
6.19 Die dorpsmense se houding teenoor die McDonalds verskil in hierdie uittreksel
van hulle houding teenoor die McDonalds aan die einde van die drama.
Dui die verskil aan. (2)
6.20 ʼn Mens kan sê dat Manuel ook die gemeenskap positief beïnvloed het.
Hoe sluit hierdie stelling by die titel van die drama aan? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 24
(Vraestel 2) 10022 / 19
6.21 Waarom, dink jy, het Manuel besluit om terug te gaan sirkus toe? (1)
6.22 As Willem jóú jonger broer was, watter raad sou jy hom gegee het oor hoe om
vriende by die skool te maak? (1)
[17]
[35]
VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
LUKAS: Sal jy my wys om daar te kom?
NINA: Die geheim wat ek jou wil wys, is op pad daarheen. Miskien kan ons tot in
Kom-se-bos se sleeppad hardloop. Om van daar af by die hardepad by
Diepwalle te kom sonder verdwaal, is niks.
LUKAS: Waar is die olifante? 5
NINA: Ek weet nie. Kom!
LUKAS: Sal hulle ons nie jaag nie?
NINA: Sorg net dat jy ʼn dik boom kies om te klim.
LUKAS (op band as volwassene): Ek het haar nie vertrou nie. Sy’t my
slaaphemp as ʼn rok gedra. Dit was bondels te groot vir haar en het tot onder 10
haar knieë gehang. Haar voete was so rats soos ʼn klipbok sʼn. Sy het al
vinniger geloop.
NINA: Trap kant langs, dis glad tot onder.
LUKAS: Waarheen gaan ons?
NINA: Onder na die bosspruit toe. 15
LUKAS: Hoe ver is ons van die pad wat Lange Kloof toe gaan?
NINA: Ver. Kom!
NINA gly en val. Hemp vol modder.
LUKAS: Kyk hoe lyk my slaaphemp nou! Hoe dink jy moet my ma weer die
hemp skoon kry? 20
NINA: Ma sal hom maklik skoon kry.
LUKAS: Ek praat van my ma.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 25
(Vraestel 2) 10022 / 19
7.1 Wat was die “geheim” (reël 2) wat Nina vir Lukas wou gaan wys? (1)
7.2 Hoekom het Nina op hierdie tydstip in die drama die Bos beter as Lukas
geken? (1)
7.3 “Waar is die olifante?” (Reël 5)
Hoe weet die leser uit hierdie vraag dat Lukas nie in die Bos grootgeword het
nie? (1)
7.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Lukas het vir Nina gevra om hom te help om uit die bos te kom, omdat (Nina op
pad dorp toe was / Willem en Kristoffel te besig was). (1)
7.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (7.5) neer.
“Ek het haar nie vertrou nie.” (Reël 9)
Lukas se gedagtes is ironies, omdat dit juis Nina is wat later sy … geword het.
A biologiese suster
B goeie vertroueling
C betroubare mentor
D moeilike teenstander (1)
7.6 Noem DRIE ooreenkomste tussen die karakters van Nina en Lukas. (3)
7.7 Dit was Lukas se gevoelens vir Nina wat hom uiteindelik gedwing het om sy
identiteit te bevraagteken.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
7.8 “Hoe ver is ons van die pad wat Lange Kloof toe gaan?” (Reël 16)
7.8.1 Wat was die naam van die plaas in die Lange Kloof waar Lukas ʼn
groot deel van sy kinderjare deurgebring het? (1)
7.8.2 Wie was die eienaar van dié plaas? Gee die person se naam en van. (1)
7.9 “Ek praat van my ma.” (Reël 22)
7.9.1 Wie het uiteindelik vir Lukas gedwing om te erken dat Nina se ma ook
sý ma was? (1)
7.9.2 Waarom was dit belangrik vir dié persoon dat Lukas by hulle moes
bly? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 26
(Vraestel 2) 10022 / 19
7.10 Verskillende karakters het ʼn invloed op Lukas se lewe gehad.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die antwoord (A – E) langs die vraagnommers (7.10.1 – 7.10.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.10.1 Fiela A Hierdie karakter het Lukas mishandel.
7.10.2 Selling B Hierdie karakter het Lukas as kind leer roei.
7.10.3 Elias C Hierdie karakter het Lukas as 3-jarige “aangeneem”.
7.10.4 Barta D Hierdie karakter het vir Lukas werk op ʼn skip
aangebied.
E Hierdie karakter het erken dat die uitkenning in die
hof ʼn leuen was.
(4 x 1) (4)
7.11 Die leser het deur die hele drama simpatie met Barta.
Hoe slaag die dramaturg daarin om dit te doen? (1)
[18]
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 27
(Vraestel 2) 10022 / 19
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
NINA: Lukas! Ek het jou gesoek! (Gooi haar arms om hom.)
LUKAS (op band): Haar lyf was teen myne en ek het myne voel antwoord gee
Was ek van my verstand af? (Stoot haar weg. Sy vleg haar vingers deur
syne. Hy praat gewoon.) Waar die duiwel kom jy vandaan?
NINA: Ek soek jou al dae lank. Ek het begin glo dat jy seker maar weg is … 5
LUKAS: Die laaste wat ek van jou gehoor het, was by miss Weatherbury toe jy
sommer net weer aangeloop het. Vir wat het jy dit gedoen?
NINA: Maar jy het dan gesê ek moet vir Pa loop sê jy kom nie weer terug nie. Jy
het my dan gestuur. Ek het toe maar net ʼn bietjie langer in die Bos gebly.
Dis al. 10
LUKAS: Waar in die Bos?
NINA: By die ou plek. (Los sy hand en draai haar weg.) Dis nie meer soos eers
nie, Lukas. Die mondfluitjie is vals geroes, die bottels is vuil en van die torre
ingeneem – ek het hulle toe maar begrawe. Miskien gaan ek ook nie weer
terug Bos toe nie. 15
LUKAS: Nina … (Hy kan sy oë nie van haar weghou nie.) Nina, jy kon nie meer
as twee maande in die Bos gebly het nie. Waar was jy nog?
NINA: Ek het op die dorp gewerk. (Met skuldige laggie.) By die winkel waar ek
die slag die mondfluitjie gesteel het. Ek werk nie meer daar nie, ek het
geloop; daar kom te veel snaakse seemanne in wat nie plek het vir hul 20
hande nie.
7.12 Deur die loop van hierdie drama ontwikkel die verhouding tussen Lukas en
Nina geleidelik tot iets dieper.
Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (7.12.1 – 7.12.4) neer.
As kinders in die bos het Lukas en Nina baie tyd saam spandeer. Dit was eers
as grootmens, toe Nina in 7.12.1 … gewerk het, dat Lukas bewus geword het
van sy 7.12.2 ... vir Nina. Fiela het vir Lukas gesê dat bloed bloed sou gekeer
het. Sy het ook vir hom gesê dat net Barta vir hom die 7.12.3 ... kon vertel.
Nadat Lukas met Barta gaan praat het, het hy weer sy ou naam, 7.12.4 …,
teruggevat. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 28
(Vraestel 2) 10022 / 19
7.13 “Lukas! Ek het jou gesoek! (Gooi haar arms om hom.)” (Reël 1)
7.13.1 Vir wie het Lukas op hierdie stadium gewerk? (1)
7.13.2 Wat kan ʼn mens aflei uit die feit dat Nina haar arms om Lukas gooi? (1)
7.14 Watter boodskap het Nina vir Lukas tydens hierdie gesprek gegee? (1)
7.15 Wie was miss Weatherbury? (1)
7.16 Noem TWEE redes waarom miss Weatherbury Nina in diens geneem het. (2)
7.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Lukas se taalgebruik “waar die duiwel” (reël 4) toon dat hy gefrustreerd was
omdat hy bekommerd was oor Nina se (veiligheid / geld). (1)
7.18 “Miskien gaan ek ook nie weer terug Bos toe nie.” (Reël 14 – 15)
Dink jy kinders het die reg om hulle eie lewens te lei sonder hul ouers?
Verduidelik jou antwoord. (1)
7.19 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (7.19) neer
“Ek werk nie meer daar nie, ek het geloop; …” (Reël 19 – 20)
Hierna het Nina as ʼn ... gewerk.
A bediende
B companion
C kroegmeisie
D kinderoppasser (1)
7.20 Lukas se gevoel vir Nina dwing hom uiteindelik om sy identiteit te
bevraagteken.
7.20.1 Waarom het Lukas sy naam verander? (1)
7.20.2 Verduidelik waarom dié naam nie regtig ʼn “nuwe” naam was nie. (1)
7.20.3 Hoe sluit hierdie naamsverandering by die titel van die drama aan? (1)
7.21 Verduidelik waarom hierdie drama vir tieners relevant is. (1)
[17]
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 29
(Vraestel 2) 10022 / 19
AFDELING C: KORTVERHALE
VRAAG 8: SPIEЁLBEELDE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die kortverhale.
8.1 “DIE WELDOENER” – T.T. Cloete
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
“Ja,” sê Gawie, “en toe jy goed dronk is, toe laat hulle jou in die
steek. Toe het jy nie meer vriende nie. Toe loop hulle almal weg en hulle
los jou hier. Laat dit vir jou ʼn les wees. Hoekom doen jy so iets?”
“Groepdruk,” mompel hy, “groepdruk”.
“En toe die groep jou goed en klaar en katswink gedruk het, los hulle 5
jou, voos. Laat dit vir jou ʼn les wees.”
Maar daar was teleurstelling by, wat hom te veel laat drink het teen
die einde. Verydeling.
Gawie gaan sit op sy hurke by die seun en probeer hom helder
praat. “Watse teleurstelling, watse verydeling?” vra hy. 10
Hy wou konservatorium toe gaan om musiek te gaan loop, want hy
het gedink hy het ʼn goeie stem. Hy wou so iets van ʼn beroemde
operaster word. Hulle het gedans, gesing en gedinges, toe het hulle
hiernatoe gekom, bekend en onbekend, met die drank wat hulle
oorgehou het. Van die bekendes het geweet hy wil sang gaan studeer 15
en het dit rondvertel in die groep. Van die onbekendes het hom gevra
om te sing. Onder hulle was daar party wat al op konservatorium is. Hy
het gesing. In die donker het hy gehoor hoe party giggel, dalk daardie
studente wat al ver gevorder is aan die konservatoruim. Toe hy klaar is,
het iemand geroep: jy sing vals. 20
8.1.1 Beskryf die kontrasterende gebruik van die saal. (2)
8.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Gawie se werksplek is die (Werner Beck- / Marin Marais-)
konservatorium. (1)
8.1.3 Gee die tema van hierdie verhaal in EEN volsin. (1)
8.1.4 Watter belangrike rol het Gawie, as ʼn weldoener, in die jong man se
lewe gespeel? (1)
8.1.5 Watter tegniek het die skrywer gebruik om die boodskap van die
verhaal oor te dra? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 30
(Vraestel 2) 10022 / 19
8.1.6 “En toe die groep jou goed en klaar katswink gedruk het, los hulle jou,
voos.” (Reёl 5 – 6)
Watter afleiding kon die leser uit Gawie se woorde maak? (1)
8.1.7 Die jongman se vriende het gedink dat hy mooi kon sing.
Gee ʼn rede hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
8.1.8 Noem DRIE dinge wat Gawie by die konservatorium doen.
8.1.9 Kies die plek uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer
(8.1.9(a) – 8.1.9(d)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Alles is doodstil A Ontspanningsaal
(b) Naglig brand nog B Konservatoruim
(c) Krakende plankvloer C Stranddorp
(d) Musikante se drome nakom D Strandhuis
E Koshuis
(4 x 1) (4)
8.1.10 “Groepdruk,” mompel hy, “groepdruk”. (Reёl 4)
(a) Verduidelik hoe groepsdruk daardie aand die jongman se
gedrag beïnvloed het. (1)
(b) Hoe is die jongman se toekomsplanne deur sy pelle verpletter? (1)
8.1.11 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (8.1.11) neer.
“Laat dit vir jou ʼn les wees.” (Reёl 6)
Met hierdie woorde suggereer Gawie dat ...
A vriende nooit betroubaar kan wees nie.
B vriende kan maak dat jy jou drome verloor.
C hy nie dinge sou doen wat hy later sou berou nie.
D alles wat ander mense oor jou dink, die waarheid is. (1)
[18]
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 31
(Vraestel 2) 10022 / 19
8.2 “VAN PRECIOUS: 'N BUISIE SALF” – Maretha Maartens
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
“Hoekom?” fluister sy.
As jy so lê met die afgrond onder jou en die windverwaaide son
soos ʼn deurmekaar vuur bo jou, sê jy dit. “Oor my vel,” sê hy. “Oor die
… gemors op my gesig.”
Sy draai haar kop en maak ʼn geluid soos ʼn hond wat in die straat 5
raakgery is.
“ ʼn Vel is niks nie,” sê sy. “Dit kom reg … later. My broer sukkel ook.
Hy smeer spiritus aan. En room. En hy was sy gesig met soutwater. Dit
help vir hom. Jy kan dit probeer.”
“My vel is te rou,” sê hy. 10
“ ʼn Mens moet vasbyt, al het jy so ʼn stupid vel,” sê sy. “ ʼn Mens
moet eers verkrag word … om te kan weet … doodgaan is beter.”
“Is … jy?” vra hy oplaas.
Sy knik. “Drie maande gelede. Ek het … van die skool af gekom.
Daardie dag het hulle by die skool afgekondig dat ek … een van die 15
finaliste in hierdie kompetisie is.”
Hy sit haar verdwaas en aankyk. Die hande wat sy teen haar ribbes
druk, is skraal en fyn, met goedversorgde vingernaels.
“Weet jou ... ma-hulle?” vra hy.
“Niemand weet nie,” sê sy. 20
“Dan … is hierdie ... ʼn sitting van die Waarheidskommissie,” sê hy.
“Ons vertel … die waarheid vir mekaar. Eindelik.”
Sy lig haar wenkbroue, verstaan meteens. “Sowaar,” sê sy.
‟Miskien is dit ... goed so.”
“Ek wonder ... wat die ander drie ... se ware storie is,” sê hy. “Elke 25
mens het seker sy eie ... nagmerrieverhaal?”
8.2.1 “As jy so lê met die afgrond onder jou en die windverwaaide son soos
ʼn deurmekaar vuur bo jou, sê jy dit.” (Reёl 2 – 3)
(a) Waarheen was Coenie-hulle op pad toe die ongeluk gebeur
het? (1)
(b) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Coenie-hulle het per (trein / bussie) na hulle bestemming gery. (1)
8.2.2 Skryf in EEN volsin waaroor die verhaal gaan. (1)
8.2.3 Verduidelik die groot invloed wat die ongeluk op Coenie én Precious
gehad het. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 32
(Vraestel 2) 10022 / 19
8.2.4 Die puisies op Coenie se gesig het emosionele littekens agtergelaat.
Motiveer waarom die stelling WAAR is. (1)
8.2.5 Kies die aanhaling uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs vraagnommer (8.2.5(a) – 8.2.5(d))
neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Mari A “Dis ʼn goeie teken”
(b) Coenie B “Maar ek wil dit vir jou sê!”
(c) Vasillis C “Ek het dit korter gemaak,”
(d) Willem D “Ek hou nie van die tema nie,”
E “Ag, ek wou nooit deelgeneem het nie,”
(4 x 1) (4)
8.2.6 Verduidelik waarom dit toepaslik was om die Waarheidskommissie in
die verhaal te noem. (1)
8.2.7 “ ʼn Mens moet eers verkrag word … om te kan weet … doodgaan is
beter.” (Reёl 11 – 12)
(a) Watter afleiding kan jy maak nadat jy Precious se verhaal
(1)
gelees het?
(b) Watter raad sou jy kon gee aan iemand wie se menseregte
geskend is? (1)
8.2.8 Wie is die ander drie leerlinge waarna Coenie in reёl 25 verwys? (3)
8.2.9 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (8.2.9) neer.
Die tema van die verhaal, spieёlbeelde van onsself, beteken dat ons
spieëlbeeld …
A beter as ander mense se spieëlbeeld is.
B ʼn refleksie is van hoe ander mense ons sien.
C ons altyd ongelukkig maak oor ons lewensverhaal.
D ooreenstem met dit wat die buitewêreld van ons dink. (1)
8.2.10 Wat is die klimaks in die verhaal?
Motiveer jou antwoord. (1)
[17]
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 33
(Vraestel 2) 10022 / 19
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
9.1 “Palimpses” – Johann de Lange
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
PALIMPSES – Johann de Lange
1 Bome skryf teen die blou
2 kreukellose lug dinge
3 wat niemand verstaan nie.
4 Houtkappers kom met byle
5 en vel die bome.
6 Meulens saag en maal
7 en pulp en plet die hout.
8 Stil is die bome;
9 stil, net tot hy kletterend
10 met sy tikmasjien
11 uit selfs die fynste grein
12 die hele gamma van woord
13 en pyn ring op ring
14 deur hierdie oggend laat dein.
9.1.1 Wat is vir ons ʼn aanduiding dat die gedig gedeeltelik ʼn Engelse
sonnet is? (1)
9.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die titel van die gedig dui op antieke (perkamentrolle / pulp) wat oor
en oor gebruik word. (1)
9.1.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.1.3) neer.
Die beeldspraak in reël 1 is …
A ʼn metafoor.
B assonansie.
C ʼn vergelyking.
D personifikasie. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 34
(Vraestel 2) 10022 / 19
9.1.4 Watter ooreenkoms is daar tussen die teks op die palimpses en die
boodskap wat die bome skryf? (1)
9.1.5 Wat gebeur volgens reël 5 – 7 met die bome? Noem DRIE dinge. (3)
9.1.6 Verduidelik die kontras tussen reël 1 tot 7 en reël 8. (1)
9.1.7 Die herhaling van die woord “stil” in reël 8 – 9 beklemtoon die feit dat
die tikmasjien die stilte verbreek het.
Gee ʼn rede waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
9.1.8 Voltooi die sin hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer (9.1.8(a) en
9.1.8(b)) neer.
Die digter laat die stem van die bome weer (a) ... deur die gebruik van
die (b) .... (2)
9.1.9 In strofe 2 is daar ʼn voorbeeld van klanknabootsing.
Skryf die klanknabootsende woord neer. (1)
9.1.10 Reël 11 – 12:
“uit selfs die fynste grein
die hele gamma van word”
(a) Skryf DRIE opeenvolgende woorde uit strofe 2 neer wat verband
hou met die onderstreepte woorde. (1)
(b) Waarna verwys “gamma van word”? (1)
9.1.11 Dui die assonansie in reël 11 aan. (1)
9.1.12 By watter ding in die natuur begin die proses van “die hele gamma
van woord”? (1)
9.1.13 Na watter tipe “pyn” verwys die spreker in reël 13? (1)
9.1.14 Watter tyd van die dag begin die digter met sy werk? (Strofe 2) (1)
[18]
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 35
(Vraestel 2) 10022 / 19
9.2 “Boekmerk” – Marlise Joubert
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BOEKMERK – Marlise Joubert
1 kinders
2 met wange soos mossies
3 wat teen elke oggend stoei
4 hande altyd woerende vlerke
5 elke lyfie ʼn seilende gesang –
6 vlak bo die waterspieël
7 van ʼn klipvloergang
8 vlytig stort die druppels klank
9 oor haar uit totdat sy verbaas
10 die reuk van bittersoet jasmyn
11 uit haar skooljare proe
12 waar sy ook kon mor
13 en protesteer:
14 waarom is alles altyd ver
15 waarom is alles altyd hier
16 waarom moet ek leer
17 van optel aftrek deel
18 van dooie digters
19 uit die toentertyd
20 en watter land sit waar
21 en waarom draai die son
22 toe maak sy die dag weer oor –
23 met elke skoolklok werk sy
24 namens mossiekind:
25 kom ons pars die wind
26 met wange soos soldaatjies
27 totdat elkeen net die geur
28 van jasmyn kan boekmerk
29 teen die onheil van ons
30 ellelange reis
9.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies
Die titel Boekmerk word (konnotatief / denotatief) gebruik. (1)
9.2.2 “kinders” (Reël 1)
(a) “kinders” staan alleen in die reël. Wat word hierdie tegniek in
reël 1 genoem? (1)
(b) Waarom staan “kinders” alleen in reël 1? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 36
(Vraestel 2) 10022 / 19
9.2.3 Kies die aanhaling uit KOLOM B wat by die letterkundige aspek in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer
(9.2.3(a) – 9.2.3(d)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Oksimoron A “waar sy ook kon mor” (Reël 12)
(b) Vergelyking B “met wange soos mossies” (Reël 2)
(c) Personifikasie C “elke lyfie ʼn seilende gesang –” (Reël 5)
(d) Metafoor D “vlytig stort die druppels klank” (Reël 8)
E “die reuk van bittersoet jasmyn” (Reël 10)
(4 x 1) (4)
9.2.4 Die kinders is opgewonde om skool toe te gaan.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is deur EEN woord uit
strofe 1 aan te haal. (1)
9.2.5 “elke lyfie ʼn seilende gesang –” (Reël 5)
(a) Wat suggereer die woorde in reël 5? (1)
(b) Waarom is die gebruik van die verkleiningsvorm “lyfie” so
effektief? (1)
9.2.6 Noem DRIE dinge wat die onderwyser ook as kind op skool gedoen
het. (3)
9.2.7 Dink jy die houding van kinders oor skoolgaan verskil tussen lank
gelede en vandag?
Motiveer jou antwoord. (1)
9.2.8 Wat, volgens jou, kan ʼn onderwyser doen om skoolgaan vir ʼn leerder
lekker te maak? Noem TWEE dinge. (2)
9.2.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.2.9) neer.
Die stemming in die gedig is ...
A hoopvol.
B liefdevol.
C genotvol.
D passievol. (1)
[17]
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
TOTAAL: 70
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9/v1-346aa4f8a56359c010be/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper