Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2018
10720
BESIGHEIDSTUDIES
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
19 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2018 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 349.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng Mock Exam 2018
- Paper 2Question paperMemoMemo (2)
- Other filesQuestion paperMemoMemo (2)
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 2
10720/18
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en handel oor al die
hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies by elke vraag deeglik en maak seker van wat gevra is.
3. Nommer vrae korrek in ooreenstemming met die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir vrae wat
foutief genommer is nie.
4. Tensy anders vermeld, moet antwoorde in volsinne beantwoord word.
5. Gebruik die totaal van die punte wat by ʼn vraag toegeken word as ʼn aanduiding
van die lengte van die antwoord.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 3
10720/18
6. Gebruik die onderstaande tabel as ̍n aanduiding van die tyd- en punte-indeling
wat aan elke vraag bestee moet word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Verpligte objektiewe
vrae oor alle werk 1 40 30 minute
B: VYF direkte / 2 60 30 minute
indirekte tipe vrae 3 60 30 minute
(Kies DRIE vrae uit 4 60 30 minute
hierdie afdeling.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER langvrae 7 40 30 minute
(Kies TWEE vrae 8 40 30 minute
uit hierdie afdeling.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
300 180 minute
7. Begin die antwoord vir elke vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy; VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 4
10720/18
AFDELING A: (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) in jou ANTWOORDBOEK
neer, langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) byvoorbeeld 1.1.11 E.
1.1.1 Hierdie wet verhoed dat lenings roekeloos aan verbruikers gegee
word.
A Verbruikersbeskermingswet, 2008 (Wet 68 van 2008)
B Breed Gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet,
2003 (Wet 53 van 2003)
C Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
D Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
1.1.2 Die funksies van SOOS’s is om …
A werkers op te lei.
B opleiding van vaardigheidsontwikkelings-fasiliteerders.
C om bestuursplanne te ontwikkel.
D leerderskapprogramme te registreer.
1.1.3 ʼn Aksieplan om ʼn spesifieke doel te bereik:
A Monitering
B Strategie
C Strategiese bestuursplan
D Strategiese evaluering
1.1.4 Watter een van die volgende is ʼn voorbeeld van verpligte
versekering?
A Mediese fonds
B Pensioenfonds
C Padongelukkefonds
D Lewensversekering
1.1.5 Die prosedure wanneer CV’s wat ontvang is gemeet word teen
vooraf vasgestelde kriteria:
A Seleksie
B Opleiding
C Plasing
D Werwing
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 5
10720/18
1.1.6 Een van die sosiale regte van werkers is die reg om …
A tradisionele drag werk toe te dra op erfenisdag.
B by ʼn vakbond van sy / haar keuse aan te sluit.
C mediese sorg en toegang tot mediese sorg te kry.
D billike lone te kry.
1.1.7 Watter een van die volgende is NIE ʼn beginsel van die King-kode
NIE?
A Deursigtigheid
B Verantwoordelikheid
C Aanspreeklikheid
D Winsgewendheid
1.1.8 In hierdie stadium van spanvorming begin lede mekaar se idees en
menings bevraagteken.
A Vorm
B Storm
C Norm
D Prestasie
1.1.9 Die proses om nuwe gekwalifiseerde werkers te kry om aansoek te
doen vir ʼn vakante betrekking.
A werwing
B seleksie
C onderhoude
D plasing
1.1.10 Elmar Busdienste spesialiseer in die vervoer van toeriste van en na
die lughawe. Hulle funksioneer in die … sektor
A publieke
B primêre
C sekondêre
D tersiêre
(10x2) (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 6
10720/18
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die onderstaande woord(e) te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou
ANTWOORDBOEK neer.
besluitneming; STRATE; Menslike Hulpbron Ontwikkelingstrategie; tien
probleemoplossing; staatsbeheerde maatskappy; SENS; publieke
maatskappy; Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie; drie.
1.2.1 ESKOM is ʼn ... omdat die regering die meerheid aandele besit.
1.2.2 ʼn Persoon / besigheid kan aandele elektronies op die JSE via …
koop.
1.2.3 ʼn Senior bestuurder oorweeg verskillende alternatiewe en kies dan
die beste oplossing. Dit is ʼn voorbeeld van …
1.2.4 Die … moedig kwaliteit opleiding in die werkplek aan.
1.2.5 Werknemers mag ʼn maksimum van ... ure oortyd per week werk.
(5x2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 7
10720/18
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om te pas by die term in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – J) neer in jou ANTWOORDBOEK langs die
vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5), byvoorbeeld 1.3.6 K
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 RSA A Verskil tussen twee werknemers by
kleinhandelstaatseffekte die werkplek
B Dit word uitgereik aan aandeelhouers
1.3.2 Grief as vergoeding in die plek van
dividende.
1.3.3 Bonus-aandele C Inspeksie van die finale produk om te
verseker dat dit voldoen aan die
1.3.4 Stukvergoeding gestelde standaarde
D Dit vereis ʼn minimum beleggings-
1.3.5 Kwaliteitsbeheer bedrag van R500.
E Die situasie wanneer ʼn werknemer
ongelukkig is oor iets by die werkplek
F Word uitgevoer tydens en na die
produksieproses om te verseker dat
produksiestandaarde bereik is tydens
elke fase van produksie
G Werkers word betaal vir die aantal
eenhede wat hulle geproduseer het.
H Dit word uitgereik aan die stigters van
ʼn maatskappy.
I Dit vereis ʼn minimum beleggings-
bedrag van R1 000.
J Werknemers word vergoed vir die tyd
wat spandeer is om ʼn taak af te
handel of item te voltooi.
(5x2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 8
10720/18
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin word,
byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VYF komponente van die PESTWO-analise. (5)
2.2 Identifiseer telkens die pilaar van die Breed Gebaseerde Swart Ekonomiese
Bemagtigingswet (BGSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) in elk van die volgende
stellings.
2.2.1 Die maatskappy het onlangs vier swart vroue aangestel as senior
bestuurders van verskillende afdelings.
2.2.2 Die maatskappy maak gebruik van die dienste van swart verskaffers
wat voldoen aan BGSEB voorskrifte.
2.2.3 Die werknemers word uitgenooi om aandele in die maatskappy te
koop.
2.2.4 Werknemers word aangestel vanuit uiteenlopende agtergronde.
2.2.5 Werknemers word gestuur vir opleiding om hulle kennis en
vaardigheid te verbeter. (10)
2.3 Bespreek die strategiese bestuursproses. (6)
2.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
THEMBI KLEREVERVAARDIGERS (TKV)
Thembi klerevervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van winterbaadjies.
TKV koop voorrade by Piet tekstiele wat gereeld nie voorraad het nie. Personeel
van TKV is dikwels afwesig van die werk. TKV het ʼn lening teen ʼn hoë
rentekoers bekom by Mzansi Bank om die besigheid te finansier.
2.4.1 Noem die sakesektor waarbinne TKV funksioneer. Haal aan uit die
scenario om jou antwoord te motiveer. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 9
10720/18
Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord.
UITDAGING SAKEOMGEWING MATE VAN BEHEER
2.4.2 2.4.3 2.4.4
2.4.2 Haal DRIE uitdagings vir TKV uit die scenario aan. (3)
2.4.3 Klassifiseer TKV se uitdagings in ooreenstemming met die DRIE
sakeomgewings. (3)
2.4.4 Noem die mate van beheer wat TKV in elke omgewing het soos
geïdentifiseer in VRAAG 2.4.2. (3)
2.5 Beskryf DRIE tipes defensiewe strategieë. (9)
2.6 Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se VYF kragte
model kan toepas.
2.6.1 Mag van die verskaffer (4)
2.6.2 Bedingingsmag / Kopersmag (4)
2.6.3 Bedreigings / Hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark (4)
2.7 Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg.
THEMBA BOUKONTRUKSIE (TBK)
Die werknemers van TBK herinner mekaar gereeld aan veiligheid in die
werkplek om sodoende onnodige ongelukke te vermy.
2.7.1 Noem die Wet wat van toepassing is op die bogenoemde stelling. (2)
2.7.2 Beveel maniere aan waarop TBK kan voldoen aan die wet genoem
in VRAAG 2.7.1. (4)
[60]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 10
10720/18
VRAAG 3
BESIGHEIDSONDERNEMINGS
3.1 Identifiseer die tipe belegging wat in elk van die volgende stellings
voorgestel word.
3.1.1 MMM Bpk. het die publiek genooi om geld in die maatskappy te
belê.
3.1.2 Peter Zama het sy geld belê by TAX Bank vir 3 jaar teen ʼn koers
van 6% p.j.
3.1.3 Sizwe Handelaars leen geld by Floyd Peterson teen 7% p.j. wat na 5
jaar terugbetaalbaar is.
3.1.4 Patrick Shoba betaal maandeliks R200 aan Sunland wat ʼn
fondsbestuurder sal aanwys om dit kollektief vir hom in veilige
aandele te belê.
(8)
3.2 Onderskei tussen saamgestelde en enkelvoudige rente. (8)
3.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
Samson het besigheidseiendom ter waarde van R5 000 000. Hy het die
eiendom verseker vir R 4 000 000. Tydens ʼn brand is skade van R 100 000
aan die eiendom aangerig.
3.3.1 Identifiseer die klousule wat die assessor sal gebruik om te bepaal
hoeveel hulle aan Samson moet betaal. (2)
3.3.2 Bereken die bedrag wat aan Samson uitbetaal moet word. (4)
3.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
JANE SE AANBIEDING
Jane is die finansiële bestuurder van Jewels Bpk. Sy moet ʼn aanbieding
maak aan die aandeelhouers tydens die algemene jaarvergadering. Sy het
besluit om gebruik te maak van uitdeelstukke sowel as ʼn “PowerPoint”
aanbieding.
3.4.1 Identifiseer TWEE visuele hulpmiddele uit die scenario hierbo. (2)
3.4.2 Evalueer die positiewe impak van EEN van die visuele hulpmiddels
soos geïdentifiseer in VRAAG 3.4.1 (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 11
10720/18
3.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
MATATO SAKEKAMER (MSK)
MSK het besigheidseienaars na hulle jaareindfunksie genooi. Die volgende
besigheidseienaars deel hulle leierskapstyle met die ander:
• Richard laat nie toe dat sy werkers enige bydraes lewer tydens
besluitneming nie.
• Paul laat sy werkers toe om self alle besluite te neem op voorwaarde
dat dit nie in stryd is met maatskappybeleide nie.
• Themba beloon sy werkers as hulle die gestelde doelwitte behaal.
3.5.1 Identifiseer die leierskapstyle van Richard, Paul en Themba. (6)
3.5.2 Stel DRIE moontlike situasies voor waar Richard se styl toegepas
word. (6)
3.6 Bespreek die volgende leierskapteorieë:
3.6.1 Situasionele leierskap (4)
3.6.2 Transformerende leierskap (4)
3.7 Gee advies aan ʼn aanbieder oor aspekte wat hy / sy in ag moet neem
tydens ʼn aanbieding. (8)
[60]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 12
10720/18
VRAAG 4
BESIGHEIDSROLLE
4.1 Big Bus BK wil graag bydraes lewer in hul gemeenskap.
4.1.1 Noem VYF komponente van Korporatiewe Sosiale
Verantwoordelikheid wat Big Bus BK kan oorweeg. (5)
4.1.2 Verduidelik die verwantskap tussen die drievoudige basislyn (triple
bottom line) en die sosiale verantwoordelikheid. (9)
4.2 Bespreek DRIE kriteria om suksesvolle spanne se werksaamhede te
assesseer. (9)
4.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
BEN KOMMUNIKASIE (BK)
Andrew is ʼn bestuurder by Ben Kommunikasie. Hy wil ʼn intieme verhouding
met Sue hê in ruil vir bevordering. Andrew gebruik ook die besigheid se
petrolkaart vir persoonlike ritte. Andrew se senior bestuurder het ook
opgemerk dat hy baie lank wegbly na etenstye.
Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord
ONETIESE PRAKTYK TIPE AANBEVELING
4.3.1 4.3.2 4.3.3
4.3.1 Haal DRIE onetiese praktyke uit die scenario aan. (3)
4.3.2 Identifiseer die tipe onetiese besigheidspraktyk vir ELKEEN soos
uitgewys in VRAAG 4.3.1. (6)
4.3.3 Beveel EEN strategie aan hoe BK die onetiese praktyk van
VRAAG 4.3.2 kan hanteer. (6)
4.4 Stel wyses voor waarop die volgende moeilike persoonlikheidstipes hanteer
kan word in die werkplek.
4.4.1 Klaer (2)
4.4.2 Deskundige (2)
4.4.3 Agressiewe persoon (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 13
10720/18
4.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
PETS DELIGHT (PD)
Melville is die eienaar van ʼn klein troeteldierwinkel in Krugersdorp. Een van sy
werkers het ʼn tydjie gelede ʼn fout begaan deur per ongeluk 300 voëlkoutjies te
bestel. Sedert dit afgelewer is, het hulle slegs 2 koutjies verkoop. Hierdie fout
skep ernstige kontantvloeiprobleme vir Melville en hy het besluit om kreatiewe
denke in te span om sy besigheid se probleem op te los.
4.5.1 Noem VIER kreatiewe denke-oplossingstegnieke wat die bestuur
van PD kan gebruik (behalwe SCAMPER), om die uitdaging te
oorbrug. (4)
4.5.2 Gee advies aan Pets Delight hoe SCAMPER gebruik kan word om
hulle probleem op te los. (6)
4.6 Brei uit oor die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (6)
[60]
VRAAG 5
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
5.1 Benadruk die doel van ’n onderhoud as ʼn menslike hulpbronfunksie
aktiwiteit. (6)
5.2 Verduidelik die betekenis van taakspesifikasie. (4)
5.3 Lees die scenario hieronder en antwoord dan die vrae wat volg.
LETHABO HANDELAARS (LH)
Lethabo Handelaars het onlangs vir Maria in diens geneem. Die bestuur van
LH het Maria aan die senior bestuurspan en haar kollegas voorgestel. Hulle
het ook aan Maria die geleentheid gegee om opleidingsessies by te woon
om meer te leer van die maatskappy se prosesse en prosedures.
5.3.1 Identifiseer die menslike hulpbronaktiwiteit in die bogenoemde
scenario. Haal aan uit die scenario om jou antwoord te motiveer. (3)
5.3.2 Beskryf die plasingsprosedure wat LH moet volg. (6)
5.3.3 Adviseer LH oor die verskillende aspekte wat die menslike
hulpbronbestuurder moet insluit in die aktiwiteit soos geïdentifiseer
in VRAAG 5.3.1. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 14
10720/18
5.4 Bespreek die implikasie van die Vaardigheidsontwikkelingswet op die
menslike hulpbronfunksie. (8)
5.5 Identiseer die besigheidsfunksie wat in elk van die volgende stellings
verantwoordelik is vir die verbetering van die kwaliteit van prestasie.
5.5.1 Die bestuur van Marula Lodge gebruik verouderde inligting om
strategiese besluite te neem. (2)
5.5.2 Baba Skoenfabriek koop grondstowwe by Bibi verskaffers wat nie
betyds aflewer nie. (2)
5.5.3 Zazi Vervaardigers produseer swak kwaliteit produkte. (2)
5.6 Verduidelik die impak van totale kwaliteitsbestuur (TKB) op die vermindering
van die koste van kwaliteit. (6)
5.7 TSHEPO KONSTRUKSIE (TK)
Tifo is die direkteur van Tshepo Konstruksie en hy is bekommerd oor die
kwaliteit van hulle produkte. Hy versoek spesialiste uit elke afdeling om
saam ’n span te vorm. Hulle word versoek om voorstelle te maak om die
probleem op te los.
5.7.1 Identifiseer die span wat verantwooordelik is om die kwaliteit van die
produkte in die besigheid te verbeter. (2)
5.7.2 Bespreek die belangrikheid van die span, genoem in VRAAG 5.7.1,
wat verantwoordelik is vir die verbetering van die kwaliteit van
produkte. (7)
5.8 Gee advies aan die besigheid oor hoe om die BDKH-model / siklus toe te
pas om die kwaliteit van produkte te verbeter. (6)
[60]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 15
10720/18
VRAAG 6
ALGEMENE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Noem enige SEWE voorsienings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
(WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (7)
6.2 Lees die onderstaande scenario en antwoord dan die vrae wat volg.
GERT ALARMSISTEME (GAS)
GAS spesialiseer in die installasie van CCTV en alarmsisteme. GAS het vir
Mpho aangestel as ʼn gekwalifiseerde tegnikus. Hulle het voldoende fondse
om die nuutste toerusting aan te skaf. Kate, die nuwe werknemer het nie
ervaring in die hantering van afsprake vir nuwe installasies nie. Die
besigheid gebruik tans ʼn verouderde toetsmasjien wat onakkurate inligting
verskaf.
Daar is ʼn groot aanvraag vir GAS se dienste in ʼn nuut ontwikkelde area. Die
besigheid is geleë in ʼn gebied waar baie misdaad voorkom.
ʼn Nuwe mededinger beplan om ook in dié area in te beweeg. GAS het
getender om die kontrak te kry om alarms te installeer in die nuwe hotel.
6.2.1 Stel ʼn SSGB-analise vir GAS op. (4)
6.2.2 Stel EEN strategie voor hoe om die swakpunte en bedreigings soos
geïdentifiseer in VRAAG 6.2.1 te oorkom. (4)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Noem DRIE tipes aandele. (3)
6.4 Bespreek kortliks die volgende konsepte:
6.4.1 Skadeloosstelling (2)
6.4.2 Aftree-annuïteit (2)
6.5 Gee advies aan ʼn aanbieder oor hoe sy / hy die volgende aanbieding kan
verbeter. (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 16
10720/18
BESIGHEIDSROLLE
6.6 Bespreek die negatiewe impak van Korporatiewe Sosiale Investering op
gemeenskappe. (8)
6.7 Stel maniere voor waarop die besigheid ʼn omgewing kan skep wat
bevorderlik is vir kreatiewe denke. (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.8 Definieer die term werknemerskontrak. (2)
6.9 Noem VYF voorbeelde van byvoordele. (5)
6.10 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
HOUSE & HOME DEKOR (HHD)
HHD wat spesialiseer in binnenshuise versiering, is op soek na ʼn grafiese
ontwerper. Hulle het die vakante betrekking in ʼn koerant geadverteer.
6.10.1 Identifiseer die tipe werwing wat HHD gebruik. Motiveer jou
antwoord deur aan te haal uit die scenario. (3)
6.10.2 Gee advies aan HHD oor die positiewe impak van dié tipe werwing
wat deur hulle gebruik word soos geïdentifiseer in VRAAG 6.10.1. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 17
10720/18
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Dui die VRAAGNOMMER van
elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet bo-aan ʼn
NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 7 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 8 op ʼn
NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7
BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die verhouding tussen werkgewers en werknemers word bestuur deur die
Arbeisverhoudingewet(AVW), 1995 (Wet 66 van1995). Besighede wat nie
gehoor gee aan hierdie wet nie, mag beboet word.
Voorsien ʼn gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte van die Arbeidsverhou-
dingewet:
• Lig die regte uit van beide die werkgewer en werknemer volgens die AVW.
• Bespreek die doel van die Arbeidsverhoudingewet.
• Evalueer die impak van hierdie Wet op besighede.
• Stel wyses voor hoe besighede kan voldoen aan AVW. [40]
VRAAG 8
BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME EN LEIERSKAP)
Mpho en Andrew is aptekers wat ʼn nuwe apteek in Benoni wil oopmaak.
Hulle moet kies tussen ʼn vennootskap en ʼn privaat maatskappy. Hulle het
ooreengekom om die demokratiese leierskapstyl in die nuwe apteek te
gebruik.
Gee advies aan Mpho en Andrew oor die volgende aspekte:
• Onderskei tussen ʼn vennootskap en ʼn privaat maatskappy.
• Verduidelik hoe die volgende kriteria kan bydra tot die sukses en / of
mislukking van ʼn vennootskap:
- Kapasiteit
- Bestuur
- Kapitaal
• Bespreek die rol van persoonlike gesindheid tot suksesvolle leierskap.
• Gee advies aan Mpho en Andrew oor situasies waartydens die demokratiese
leierskapstyl gebruik kan word in die besigheid. [40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 18
10720/18
VRAAG 9
BESIGHEIDSROLLE (DIVERSITEIT EN OMGEWINGSAKE)
Daar word van besighede verwag om mense uit diverse agtergronde in
diens te neem en die wat dit nie doen nie, kry altyd negatiewe verslae
in die media. In hierdie verslae word daar gefokus op diversiteit en
veiligheid in die werkplek. Sommige besighede het gesondheids- en
veiligheidsverteenwoordigers aangestel om te verseker dat
veiligheidsmaatreëls in die werkplek ingestel en nagekom word.
Skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:
• Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.
• Verduidelik die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in die
werkplek.
• Gee advies aan die besigheid oor hoe hulle die volgende diversiteitsaspekte
moet hanteer:
- Geslag
- Taal
- Ouderdom
• Maak aanbevelings oor die wyse waarop die besigheid die omgewing en
menslike gesondheid kan beskerm. [40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 19
10720/18
VRAAG 10
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (KWALITEIT VAN PRESTASIE)
INZO SKOENVERVAARDIGER BPK (ISV)
Inzo Skoenvervaardigers is ʼn groot maatskappy wat skoene verkoop
aan kleinhandelaars. ISV het besef dat alle besigheidsfunksies
verantwoordelikheid moet neem vir die effektiewe implementering van
totale kwaliteit bestuur (TKB). Dit sal lei tot ʼn verbetering in die kwaliteit
van produkte.
Jy moet as kwaliteitsversekeraar, ʼn opstel skryf oor die volgende aspekte:
• Onderskei tussen kwaliteitprestasie en kwaliteitsbeheer.
• Bespreek die positiewe impak van die volgende elemente van (TKB) op ISV
as ʼn groot besighede:
- Totale klantetevredenheid
- Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
• Brei uit oor die impak as TKB swak geïmplementeer word.
• Verduidelik wat die gehalte-aanwysers van die volgende besigheidsfunksies
is:
– Finansiële
– Bemarking [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
TOTAAL: 300
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum