Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
NASIENRIGLYN
10781
GEOGRAFIE
VRAESTEL 1
30 bladsye
1
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
_hlayiso.com_--4c59a80f-eefb-4b65-9ca9-51658f6452b0/v1-e79e48ec611b0f079df9/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
View all





Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Geography Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 397.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 30
This exam
Gauteng Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather14 marks
- Question 1.4Climate and weather16 marks
- Question 1.5Geomorphology16 marks
- Question 1.6Geomorphology14 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather14 marks
- Question 2.4Climate and weather16 marks
- Question 2.5Geomorphology14 marks
- Question 2.6Economic geography of South Africa16 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements14 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa17 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING VOOR DIE AANVANG VAN NASIEN VIR
INTERNE EN EKSTERNE MODERERINGSDOELEINDES
1. Gebruik een regmerkie vir die toekenning van EEN (1) punt. ✓
2. Gebruik TWEE regmerkies vir die toekenning van TWEE (2) punte. ✓✓
3. Regmerkies MOET bo/bo-aan of aan die einde van die korrekte antwoord in
die sin geplaas word.
4. ʼn Kruisie (✗) MOET aan die einde van elke verkeerde/ongeldige antwoord
gemaak word.
5. Alle paragraafvrae moet die volgende simbool:
M … insluit sodra die kandidaat 8 punte verdien het.
(MOET NIE punte aan die kandidaat toeken in die geval waar die paragraaf nie
in volsinne beantwoord is nie.)
(MOET NIE punte toeken waar die antwoord in die paragraaf vaag is of nie ʼn
toepaslike skakel met die antwoord op die nasienriglyne toon nie.)
6. Elke subafdeling MOET ʼn totaal in die regterkantste kantlyn toon bv. 1.1 moet
ʼn totaal uit (7) toon en 1.2 moet ʼn totaal uit (8) toon en 1.3 moet ʼn totaal uit
(14/16) toon ...
7. Die subtotaal vir elke subafdeling moet KORREK opgetel word en ʼn TOTAAL
moet vir die vraag gegee word, in die middel van die bladsy, aan die begin van
die antwoord, geskryf word.
8. Die totaal van elke voltooide vraag MOET op die VOORSTE blad geskryf word
met die TOTAAL uit 225.
9. Nasien MOET in ROOI ink gedoen word.
10. Eerste vlak moderering (HOD/Senior Onderwyser) MOET in SWART ink voltooi
word.
11. Tweede vlak moderering (‘Cluster’/Distrik) MOET in GROEN ink voltooi word.
12. U word aangemoedig om betrokke te raak by die Nasienriglyn en toepaslike
(geldige) antwoorde BY TE VOEG wat tydens die samestelling van die
nasienriglyn weggelaat is. Vir modereringsdoeleindes moet u die byvoegings in
ROOI op u nasienriglyn voeg en die gewysigde riglyne as deel van die
onderwysersportefeulje vir eksterne modereringsdoeleindes, insluit.
2
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, wat ʼn dwarssnit van ʼn tropiese sikloon toon. Kies die
korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om die stellings WAAR
te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in
die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 Stygende lug.
1.1.1 Lae druk (1)
1.1.2 bo (1)
1.1.3 noordelik (1)
1.1.4 oos na wes (1)
1.1.5 cumulonimbus (1)
1.1.6 daling (1)
1.1.7 volwasse (1) (7 x 1) (7)
1.2 Die volgende beskrywings dui faktore aan wat die ontwikkeling van spesifieke
dreineringspatrone beïnvloed. Toon aan watter dreineringspatroon na elk van
die volgende beskrywings verwys. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.1 to 1.2.8)
en die antwoord in u ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 Traliepatroon (1)
1.2.2 Sentripetale patroon (1)
1.2.3 Traliepatroon (1)
1.2.4 Dendritiese patroon (1)
1.2.5 Radiale/sentrifugale patroon (1)
1.2.6 Parallelle patroon (1)
1.2.7 Reghoekige patroon (1)
1.2.8 Ontwrigte patroon (1) (8 x 1) (8)
3
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
1.3 FIGUUR 1.3 toon die ligging van anti-siklone oor Suid-Afrika aan.
1.3.1 Identifiseer die anti-siklonestelsels wat as A en B op FIGUUR 1.3
aangedui is.
A – Suid-Atlantiese/Antisikloon (1)
B – Suid-Indiese/Antisikloon (1) (2 x 1) (2)
1.3.2 Beskryf die verandering in die ligging van hierdie anti-siklonestelsels
van die somer na die winter oor Suid-Afrika.
Hulle beweeg noordwaarts in die winter (2)
Noordwaarts in die winter (2)
(ENIGE EEN) (1 x 2) (2)
1.3.3 Verduidelik die invloed wat die posisie van die anti-siklonestelsel A
op die reënval oor die Suidwes-Kaap in die winter sal hê.
Die noordelike ligging van stelsel A sal koue fronte oor Suid-
Afrika laat beweeg (2)
Die koue front sal die opheffing van warm vogtige lug
veroorsaak (2)
Opheffing lei tot afkoeling van lug, kondensasie en toename in
wolkbedekking (2)
Toename in wolkbedekking lei tot 'n toename in reënval (2)
Toename in reënval namate middelbreedte siklone oor die land
beweeg (2)
(ENIGE TWEE) (2 x 2) (4)
1.3.4 Evalueer die positiewe en negatiewe impak wat reënvaltoestande
gedurende die winter op eko-toerisme in die Wes-Kaapstreek sal hê.
POSITIEF
Verhoogde watervoorraad vir buitelug hidro-aktiwiteite (2)
Verhoogde water onderhou verskillende unieke flora en fauna
stelsels gedurende die winter (2)
Gereelde winterreënval dra by tot die estetiese skoonheid van
die streek (2)
Verhoogde watervoorsiening lei tot – meer boerdery en laer
voedselpryse
(Kan voorbeelde verduidelik)
NEGATIEF
Winterreënval kan oorstromings veroorsaak wat ekotoerisme
sal beperk (2)
Winterreënval kan bydra tot gesondheidsprobleme (2) soos
waterdraende siektes en virusse (2)
Ongunstige weerstoestande (temperatuur, wind) sal hidro-
aktiwiteite buite verminder (2)
Dit sal onaangename weerstoestande veroorsaak wat
buitelugaktiwiteite sal beperk (2)
(Kan voorbeelde verduidelik)
(ENIGE DRIE. Moet verwys na POSITIEWE en NEGATIEWE
impak.) (3 x 2) (6)
4
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 wat temperatuurverskille tussen ʼn landelike en
stedelike gebied toon.
1.4.1 Definieer die term/konsep stedelike hitte-eiland.
ʼn Stedelike gebied wat aansienlik warmer as die omliggende
landelike omgewing is (KONSEP) (1) (1 x 1) (1)
1.4.2 Identifiseer die hoof strukturele (geboude) eienskappe van ʼn
stedelike gebied wat die ontwikkeling van ʼn stedelike hitte-eiland sal
beïnvloed.
Hoë gebou digtheid (1)
Groot beboude gebied (1)
Hoogte van geboue (1)
Groot plat oppervlaktes van dakke en syoppervlaktes van
geboue (1)
Geboue bestaan uit meer kunsmatige materiale (1)
(ENIGE EEN) (1 x 1) (1)
1.4.3 Onderskei tussen die absorbering van hitte in die stad en die
landelike gebied.
Die hitte-absorbsie en terughouding in die stedelike gebied as
in die landelike gebied (2)
Die hitte-opname en terughouding is minder in die landelike
gebied as in die stedelike gebied (2)
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
1.4.4 Verduidelik hoe die strukturele eienskappe genoem in Vraag 1.4.2
die verskil in absorbering en terughouding van hitte tussen landelike
en stedelike gebiede tot gevolg het.
Stedelike gebiede wat van kunsmatige materiale gebou is,
absorbeer meer hitte (2)
Kunsmatige materiale hou hitte langer (2)
Landelike gebiede het natuurlike materiale wat minder hitte
absorbeer (2)
Natuurlike materiale behou nie hitte vir lank nie (2)
(ENIGE TWEE) (2 x 2) (4)
5
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
1.4.5 Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die hitte-
absorbering en -terughouding in die stad die gesondheid van
stedelike inwoners negatief beïnvloed en gee volhoubare oplossings
vir hierdie negatiewe impak.
VERHOOGDE HITTE KAN GESONDHEIDSKWESSIES
VEROORSAAK SOOS:
Inwoners ervaar ongemak/laer lewenskwaliteit as gevolg van
voortdurend hoër temperature (2)
Asemhalingsprobleme as gevolg van verhoogde temperatuur
en besoedeling (2)
Hitte-krampe veroorsaak deur dehidrasie (2)
Hitte-uitputting as gevolg van dehidrasie (2)
Sonsteek veroorsaak deur die blootgestelling aan
buitensporige hoë temperature (2)
Hittestres kan lei tot hartsiektes wat tot die dood kan lei (2)
VERWARMING KAN VERLAAG WORD DEUR:
Gebruik van eko-vriendelike/natuurlike (groen) materiale in
konstruksie (2) (Kan voorbeelde gee)
Aanplanting van bome en ander plantegroei om die hitte te
absorbeer (2)
Installeer groen dakke/daktuine om die hitte te absorbeer (2)
Gebruik van energie-effektiewe beligting en toestelle (2)
Alternatiewe/Groen energie-vervanging vir
fossielbrandstowwe (2)
(MOET VERWYS NA DIE IMPAK OP GESONDHEID EN
VOLHOUBARE OPLOSSINGS) (4 x 2) (8)
1.5 FIGUUR 1.5 is ʼn illustrasie van ʼn fluviale kenmerk.
1.5.1 In watter stadium van ʼn rivier kom stroomversnellings meestal voor?
Boloop stadium. (1) (1 x 1) (1)
1.5.2 Noem die dominante tipe erosie wat in die stadium van ʼn rivier soos
geïdentifiseer in VRAAG 1.5.1, voorkom.
Afwaartse/vertikale erosie (1) (1 x 1) (1)
1.5.3 Verduidelik die effek van die tipe erosie wat in VRAAG 1.5.2
geïdentifiseer is op die vorm van die riviervallei.
Veroorsaak ʼn v-vormige vallei (2)
Veroorsaak ʼn diep/steil vallei (2)
(ENIGE EEN) (1 x 2) (2)
1.5.4 Waarom kan die stroomversnelling beskryf word as ʼn tydelike
erosiebasis?
Stroomversnellings verhoed die rivier tydelik om dieper te
erodeer (2)
Die rivier sal met tyd die stroomversnelling weg erodeer(2)
(ENIGE EEN) (1 x 2) (2)
6
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
1.5.5 Beskryf wat met die tydelike erosiebasis sou gebeur as die
erosietempo voortduur.
Die fluviale funksie/stroomversnelling sou verdwyn. (2)
Die rivierprofiel sal ʼn konkawe vorm hê (2)
Die rivierprofiel sal gegradeer word (2)
(ENIGE EEN) (1 x 2) (2)
1.5.6 Stel in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, maniere voor waarop
stroomversnellings vir ekonomiese gewin ontgin (gebruik) kan word.
Ontwikkel die gebied om voorsiening te maak vir
buitelugaktiwiteite soos stroomversnellingvlotvaarte wat
inkomste vir plaaslike inwoners sal genereer (2)
Ekotoerisme sal inkomste vir die plaaslike omgewing
genereer (2)
Plaaslike inwoners kan opgelei word as gidse en inkomste
genereer (2)
Bewaar die gebied vir ekotoerisme wat sal lei tot
werksgeleenthede wat in die toerisme- en ontspanningssektor
geskep word (2)
Indiensneming verhoog die plaaslike besteding (2)
Meer buitelandse beleggings in gebied as gevolg van
toerismepotensiaal (2)
(ENIGE VIER) (4 x 2) (8)
1.6 FIGUUR 1.6 toon die proses van stroomroof oor ʼn lang tydperk.
1.6.1 Definieer die term/konsep stroomroof.
ʼn Proses waar ʼn meer energieke rivier die water van ʼn ander
(hoërliggende) stroom steel/onderskep [KONSEP] (1) (1 x 1) (1)
1.6.2 Dui aan watter rivier op FIGUUR 1.6 onderskeidelik die roofstroom
en geroofde stroom is.
Roofstroom: Coloradorivier (1)
Geroofde stroom: Dawson rivier (1) (2 x 1) (2)
1.6.3 (a) Noem die tipe erosie wat die roofstroom verleng het.
Terugwaartse erosie (1) (1 x 1) (1)
(b) Beskryf hoe die erosie genoem in VRAAG 1.6.3(a) die
roofstroom verleng het.
Hierdie tipe erosie veroorsaak dat die rivierkanaal
verleng omdat erosie in die rigting van die rivierbron
plaasvind (2) (1 x 2) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
1.6.4 Beskryf die impak van stroomroof op die water volume in die
Dawsonrivier.
Die water in die Dawsonrivier sal na die Coloradorivier gelei
word (2)
Dit veroorsaak dat die volume water in die Dawson rivier
verminder (2)
(2 x 2) (4)
1.6.5 Lewer kommentaar oor die impak wat die snelheidsverandering op
die tempo van afsetting in die Dawsonrivier sal hê.
Die stroomsnelheid sal afneem (2)
Laer snelheid sal meer afsetting tot gevolg hê (2)
(2 x 2) (4)
[75]
8
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat ʼn uittreksel uit ʼn sinoptiese weerkaart toon. Verskaf
ʼn term/frase vir die volgende klimatologiese beskrywings. Skryf slegs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) en die antwoord in u ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 2.1.9 Hoogdruk.
2.1.1 Koue front (1)
2.1.2 Cumulonimbus wolke (1)
2.1.3 Oostelike (1)
2.1.4 2° (C) Celsius (1)
2.1.5 23° (C) Celcius (1)
2.1.6 Kuslaagdruk (1)
2.1.7 1 016 mb/hPa (1)
2.1.8 Trog (1)
(8 x 1) (8)
2.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om die
geomorfologiese stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
2.2.8 Vingerpuntstroom.
2.2.1 verjonging (1)
2.2.2 Basisvloei (1)
2.2.3 dreineerbekken (1)
2.2.4 interfluviale gebied (1)
2.2.5 watertafel (1)
2.2.6 permanente basisvlak (1)
2.2.7 Samevloeiing (1) (7 x 1) (7)
9
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat ʼn middelbreedtesikloon toon.
2.3.1 Verskaf EEN sigbare bewys in FIGUUR 2.3 om te staaf dat die
betrokke middelbreedtesikloon in die volwasse stadium van
ontwikkeling is.
Warm en koue fronte is duidelik sigbaar/goed gedefinieerd (1)
(1 x 1) (1)
2.3.2 Watter halfrond word in FIGUUR 2.3 voorgestel?
Suidelike halfrond (1) (1 x 1) (1)
2.3.3 Teken ʼn dwarsprofiel van E tot by F in FIGUUR 2.3 en dui die
volgende daarop aan:
(a) ʼn Pyl wat die bewegingsrigting van die front aandui
(b) Identifiseer en illustreer die wolkformasie by F
(c) Die gebied van koue lug
(d) Die gebied van warm lug
Warm Lug
Koue Lug Cumulonimbus
Neerslag
(4 x 1) (4)
2.3.4 Bespreek die waarskynlikheid (kans) dat die verwagte reënval by
ligging A in FIGUUR 2.3 sagte reën sal wees.
A is die warm sektor (2)
Die lug is warm met beperkte kondensasie van (2) (2 x 2) (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
2.3.5 Daar word beplan om ʼn buitelug musiekfees binne die volgende
24 uur by ligging D in FIGUUR 2.3 aan te bied. Beveel die
herskedulering van die geleentheid aan deur TWEE klimatologiese
redes te verskaf oor hoe die musiekfees deur die verwagte
weerverandering, negatief beïnvloed mag word.
Sterk konveksie voor die koue front lei tot die ontwikkeling van
cumulonimbus wolke en reën (2)
Swaar reënval met donderstorms en hael (2)
Weerlig wat in donderstorms voorkom kan gevaarlik wees (2)
Reën kan die geleentheid verspoel (2)
Reën kan toerusting beskadig (2)
Onvoldoende onderdak skuiling vir besoekers by die
geleentheid (2)
Toename in windsnelheid kan ongemak veroorsaak (2)
Verhoging in windsnelheid kan tot gevaarlike vlieënde
voorwerpe lei (2)
Losstaande toerusting kan beskadig word deur ʼn toename in
windsnelheid (2)
Verlaagde temperature sal ongemak vir besoekers
veroorsaak (2)
(ENIGE TWEE) (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4. wat wintertoestande oor Suid-Afrka toon.
2.4.1 Benoem die antisikloon wat as X aangedui is.
Kalahari antisikloon (1) (1 x 1) (1)
2.4.2 Is die plaaslike wind by Y ʼn aflandige of aanlandige wind?
Aanlandige wind (1) (1 x 1) (1)
2.4.3 Verskaf klimatologiese bewyse uit FIGUUR 2.4 wat aandui dat
wintertoestande op die skets voorgestel word.
Temperatuurinversie is onder die platorand (2)
Midelbreedte sikloon nader die Wes Kaap (2)
Kalahari/Kontinentale antisikloon is prominent (goed
ontwikkeld) oor die binnelandse plato (2)
(ENIGE EEN) (1 x 2) (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
2.4.4 Verduidelik die posisie van die inversielaag soos aangedui in
FIGUUR 2.4.
Die Kalahari Antisikloon/Kontinentale Antisikloon is
oorheersend gedurende die winter (2)
Die oppervlak word minder verhit nie, daarom is daar minder
stygende lugstrome om die inversielaag bo die platorand te
lig (2)
Die lugmassa bo die binneland daal en skep stabiele
atmosferiese toestande (2)
Inversielaag is naby die oppervlak geleë (2)
(ENIGE TWEE) (2 x 2) (4)
2.4.5 Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls die impak van die
posisie van die inversielaag en die plaaslike wind Y in FIGUUR 2.4,
op die hoeveelheid reënval wat in die binneland en die ooskus van
Suid-Afrika ervaar sal word.
BINNELAND
Die inversielaag is nader aan die oppervlak omdat die
landmassa te koud is om die lugmassa oor die binneland te laat
styg (2)
ʼn Temperatuurinversie ontwikkel onder die oppervlak van die
platorand in die winter (2)
Vogtige lug vanaf die Indiese Oseaan (wind Y) kan nie die plato
bereik nie (2)
Dit veroorsaak stabiele atmosferiese toestande in die binneland
met min/geen kondensasie en min/geen reënval (2)
Binneland sal die beskikbaarheid van water verminder (2)
OOSKUS
Die ooskus het stabiele reënvaltoestande omdat die vogtige lug
vanaf die Indiese Oseaan die kus deur wind Y kon bereik en
teen die platorand gedwing word om te styg (2)
Kondensasie vind plaas en lei tot reënval (2)
Aan die ooskus sal daar konstant water beskikbaar wees (2)
(ENIGE VIER/MOET VERWYS NA DIE OOSKUS EN BINNELAND)
(4 x 2) (8)
12
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat die dreineringsdigtheid van twee
dreineringsbekkens voorstel.
2.5.1 Definieer die term/konsep dreineringsdigtheid.
Die totale lengte van al die strome en riviere in ʼn
dreineringsbekken gedeel deur die totale oppervlakte van dié
dreineringsbekken (KONSEP) (1) (1 x 1) (1)
2.5.2 Weerspieël (toon) dreineringsbekken A of dreineringsbekken B ʼn
hoër dreineringdigtheid?
Dreineringsbekken B (1) (1 x 1) (1)
2.5.3 Verskaf bewyse uit FIGUUR 2.5 om u antwoord op VRAAG 2.5.2 te
ondersteun.
Daar is meer strome/sytakke per eenheidsarea in
dreineringsbekken B (2) (1 x 2) (2)
2.5.4 Bespreek hoe deurdringbaarheid die dreineringsdigtheid, soos
aangetoon in die dreineringsbekken A beïnvloed het.
ʼn Groter mate van deurlaatbaarheid wat gelei het tot meer
infiltrasie en minder afloop (2)
Minder strome lei tot ʼn laer dreineringsdigtheid (2)
(Leerders kan minder deurdringbaarheid verduidelik) (2 x 2) (4)
2.5.5 Bepaal die stroomorde van die hoofstroom in dreineringsbekken B.
Stroomorde 4/orde 4/4 (2) (1 x 2) (2)
2.5.6 Verduidelik die verband tussen ontbossing en die deurlaatbaarheid
van die onderliggende rotsstruktuur, en die stroomorde wat in
dreineringsbekken B geïdentifiseer is.
Ontbossing lei tot meer afloop van die oppervlak en lei tot meer
strome wat ʼn hoër stroomorde tot gevolg het (2)
Minder deurlaatbaarheid van die onderliggende rotsstruktuur
lei tot minder infiltrasie/meer afloop, meer strome en ʼn hoër
stroomorde (2) (2 x 2) (4)
13
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6, ʼn uittreksel van ʼn artikel oor die
Vaalrivieropvangsgebied-agentskap.
2.6.1. Definieer die term/konsep opvangsgebied.
Die area wat reënval/neerslag opvang (1)
Die gebied van waar reënval na ʼn rivier, meer of reservoir
vloei (1)
(KONSEP) (1 x 1) (1)
2.6.2 Noem EEN sekondêre ekonomiese aktiwiteit wat in die artikel
genoem word wat water uit die opvangsgebied van die Vaalrivier
gebruik.
Industrie (1)
Kragopwekking (1)
(ENIGE EEN) (1 x 1) (1)
2.6.3 Bespreek TWEE gevolge wat die agteruitgang van water op
landbouaktiwiteite in die streek sal hê.
Minder water beskikbaar vir landbouaktiwiteite (2)
Laer produksie van landbouprodukte (2)
Swakker gehalte van landbouprodukte (2)
Kommersiële plase verminder (2)
Afname in ekonomiese aktiwiteite wat verband hou
met/afhanklik is van landbou (2)
Afname in indiensneming in die landbousektor (2)
(ENIGE TWEE) (2 x 2) (4)
2.6.4 Stel ʼn rede voor waarom dit belangrik is om die gemeenskap in die
bestuur van die opvangsgebied te betrek.
Om plaaslike gemeenskapsbehoeftes te identifiseer (2)
Om te verseker dat die plaaslike gemeenskap die belangrikheid
van opvangsgebiedbestuur verstaan (2)
Om gemeenskapsdeelname aan die bestuur van die
opvangsgebiedprosesse te verseker (2)
Gemeenskap moet in koop/saamstem met bestuurstrategie (2)
Hul kennis van die gebied kan help om die opvangsgebied te
bestuur (2)
(ENIGE EEN) (1 x 2) (2)
14
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
2.6.5 Beveel in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare
maatreëls aan wat die boeregemeenskap in die
Vaalrivieropvangsgebied kan implementeer, om water te bespaar.
Bewaring van bogrond/grond sal meer water opneem/meer
infiltrasie moontlik maak (2)
Bewaring van natuurlike plantegroei om water in die grond te
behou (2)
Gebruik meer doeltreffende/wetenskaplike besproeiingstelsels
om vermorsing te verminder (kan voorbeelde gee) (2)
Opvang en berging van reënwater om die gebruik van
grondwaterbronne te verminder (2)
Plant droogtebestande gewasse om besproeiing te
verminder (2)
Beoefen rotasieweiding om natuurlike grondbedekking te
bewaar (2)
Bedek gewasse na besproeiing om verdamping te voorkom (2)
(ENIGE VIER) (4 x 2) (8)
15
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
EKONOMIESE GEOGRAFIE
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat straatpatrone voorstel. Pas die onderstaande
beskrywings by straatpatroon A, B of C. Kies die antwoord en skryf slegs die
letter A, B of C langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.9 A.
3.1.1 B/Rooster (1)
3.1.2 A/Radiaal (1)
3.1.3 C/Beplan oneweredig (1)
3.1.4 B/Rooster (1)
3.1.5 C/Beplan oneweredig (1)
3.1.6 A/Radiaal (1)
3.1.7 B/Rooster (1)
3.1.8 C/Beplan oneweredig (1)
(8 x 1) (8)
3.2 Kies die term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die verskillende tipes
industrieë(nywerhede) in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs
die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 3.2.8 I.
3.2.1 B/Ligte nywerheid (1)
3.2.2 A/Grondstofgerigte nywerheid (1)
3.2.3 D/Swaar nywerheid (1)
3.2.4 H/Ongebonde nywerheid (1)
3.2.5 F/Alomteenwoordige nywerheid (1)
3.2.6 C/Vragverbrekingspunt nywerheid (1)
3.2.7 E/Markgerigte nywerheid (1)
(7 x 1) (7)
16
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, ʼn sirkelgrafiek aangaande(oor) redes vir landelike-
stedelike migrasie.
3.3.1 Definieer die term/konsep landelike-stedelike migrasie.
Die beweging van mense van landelike na stedelike gebiede (1)
(KONSEP) (1 x 1) (1)
3.3.2 Verskaf EEN fisiese stootfaktor op die sirkelgrafiek wat landelike-
stedelike migrasie tot gevolg gehad het.
Swak infrastruktuur (1) (1 x 1) (1)
3.3.3 Bereken die verskil tussen die TWEE sosiale faktore op die
sirkelgrafiek wat veroorsaak dat mense landelike gebiede verlaat.
19% (2) (1 x 2) (2)
3.3.4 Volgens die diagram word 32% van die landelike-stedelike migrasie
deur ander redes as wat in die diagram voorgestel word, veroorsaak.
Verduidelik TWEE ander sosiale faktore in landelike gebiede wat tot
landelike-stedelike migrasie kan lei.
Lae lone wat armoede veroorsaak en daartoe lei dat mense na ʼn
beter lewe in die stad soek (2)
Werkloosheid veroorsaak dat mense in die stad werk soek (2)
ʼn Gebrek aan diversiteit in indiensneming lei daartoe dat mense
beter werk in die stad soek (2)
Swak dienslewering (kan voorbeelde verduidelik) (2)
Gebrek aan dienste (kan voorbeelde verduidelik) (2)
Misdaad en plaasmoorde dwing mense om na veiliger gebiede te
verhuis (2)
Geen vermaak moedig die jeug aan om na die stede te migreer
nie (2)
Jong mense vertrek na beter lewensgehalte (2)
Gesinslede volg broodwenners na stedelike gebiede (2)
(ENIGE TWEE) (MOET NIE WERKLOOSHEID EN KORRUPSIE
AANVAAR NIE) (2 x 2) (4)
17
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.3.5 Skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarin jy volhoubare
maatreëls verduidelik wat die regering kan implementeer om
ontvolking, as gevolg van swak sosiale omstandighede in die
landelike gebiede, te voorkom.
Moedig musiek-/kunsfeeste aan om werksgeleenthede te
skep (2)
Verbeter infrastruktuur vir makliker toegang tot sosiale
geleenthede (2)
Verbeter dienslewering bv. beter skole/hospitale/klinieke (2)
Restoreer historiese geboue om toeriste te lok en ontwikkel
ekotoerisme besoekpunte (2)
Inisieer avontuur- aktiwiteite vir die jeug (2)
Advertensies op snelweë naby die omgewing om toeriste buite
die landelike nedersetting te lok/Vestiging van ʼn toerismeraad
om die gebied te bevorder (2)
Desentralisasie van nywerhede om werksgeleenthede vir die
jeug te skep sodat die jongmense vriende het om mee te
kommunikeer (2)
Ontwikkel toerisme plase/oorde/trou-onthaalareas (2)
Lok alomteenwoordige tegnologiese nywerhede wat hoog
gekwalifiseerde mense sal inbring (2) en ontwikkel groter
verskeidenheid werksgeleenthede (2)
Aftreeoorde sal meer sosiale geleenthede vir ouer mense in
landelike gebiede, skep (2)
Ontwikkel aftree oorde wat werksgeleenthede skep, veral by jong
mense (2)
(ENIGE VIER) (4 x 2) (8)
3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4, ʼn informele nedersetting en ʼn gebied met lae koste
behuising.
3.4.1 Pas A en B op FIGUUR 3.4 by die TWEE terme lae koste behuising
en informele nedersetting.
A = Informele behuising (1)
B = Lae koste behuising (1) (2 x 1) (2)
3.4.2 Verwys na die boumateriaal wat in FIGUUR 3.4 gebruik word, en
onderskei tussen nedersettings A en B.
Nedersetting A – informele nedersetting: afval
materiaal/hout/karton (1)
Nedersetting B – lae koste behuising: bakstene/sterk(er)
materiaal/sement/glas/hout (1) (2 x 1) (2)
18
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.4.3 Benewens die formele boustrukture, noem enige TWEE basiese
dienste, sigbaar in FIGUUR 3.4, wat by nedersetting A mag
ontbreek.
Elektrisiteit (1)
Rioolverwydering (1)
Afvalverwydering (1)
Lopende water (1)
Veilige geboue om in te woon (1)
Mediese dienste (2 x 1) (2)
(ENIGE TWEE)
3.4.4 Waarom verkies baie mense steeds om in nedersetting A te bly,
ondanks ongunstige toestande?
Daar is lae lewenskostes (2)
Hulle kan nie ander formele behuising bekostig nie (2)
Daar is nie genoeg formele behuising nie (2)
Hulle het geen ander keuse as om daar te bly nie want hul het nie
ander blyplek nie (2)
Wil nader aan werk woon (2) (2 x 2) (4)
(ENIGE EEN)
3.4.5 Beveel TWEE strategieë aan wat die regering van Suid-Afrika in
nedersetting A kan implementeer om die impak van die ongunstige
toestande wat jy in VRAAG 3.4.3 genoem het, te verminder.
Installasie van sonkrag (2)
Verminder die oorbevolking deur die voorsiening van ander
grond/HOP-behuising/laekostebehuising in ander gebiede (2)
Verskaf basiese dienste/benoeming van voorbeelde van dienste
word aanvaar (2)
Waterpypleidings om lopende water na ʼn sentrale punt te
voorsien (2)
Krane op ʼn sentrale plek waar mense water kan gaan haal (2)
Geskeduleerde afvalverwydering (2)
Mobiele toilette moet aan area voorsien word (2)
Toegang tot mobiele klinieke (2)
(ENIGE TWEE TYDELIKE MAATREËLS) (2 x 2) (4)
19
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.5 Bestudeer die artikel in FIGUUR 3.5 aangaande voedselsekerheid en
hidroponiese boerdery.
3.5.1 Definieer die term/konsep voedselsekerheid.
Genoegsame produksie van voedsel om in die behoeftes van die
mense te voorsien, om ʼn gesonde en produktiewe lewe te lei.
(KONSEP) (1 x 1) (1)
3.5.2 Noem TWEE omgewingsfaktore vanuit die artikel wat ʼn negatiewe
invloed op tradisionele voedselproduksie en voedselsekerheid, gehad
het.
Onvoldoende water (1)
Wisselvallige reënval (1)
Droogtes (1)
Minder vrugbare grond (1)
Swak boerdery metodes (1)
Onvrugbare grond (1)
Gronderosie (1)
(ENIGE TWEE) (2 x 1) (2)
3.5.3 Beskryf hoe die negatiewe invloed van die omgewingsfaktore van
voedselsekerheid tot die ontwikkeling van hidroponiese boerdery
aanleiding gegee het.
Die vrugbare oplossing is ʼn goeie plaasvervanger vir te min
water (2)
Die vrugbare oplossing is ʼn goeie plaasvervanger vir
onbetroubare reënval (2)
Droogtes beïnvloed nie die voedselproduksie nie (2)
Bewerkbare lande beïnvloed nie die voedselproduksie nie (2)
Die plante word in die vrugbare oplossings gekweek – en word
nie deur swak grond beïnvloed nie (2)
Hidroponiese boerdery het nie swaar masjinerie nodig wat
gronderosie veroorsaak nie (2)
Slegte boerderymetodes word tot ʼn minimum beperk omdat
herhaalde bewerking van grond vermy word, dus minder erosie
van grond (2)
Onkruid en siektes word makliker beheer en verbeter die gehalte
van die grond (2)
(ENIGE TWEE, MOET NA OMGEWING VERWYS) (2 x 2) (4)
3.5.4 Verwys na die artikel en noem TWEE omgewingsvoordele van
gewasse, wat in ʼn vrugbare oplossing volgens die hidroponiese
boerderymetode, gekweek word.
Die boer kan plantvoedingstowwe direk aan die wortels van
plante toedien om die kwaliteit van plante te verhoog (2)
Onkruid en siektes kan beheer word sonder om chemikalieë te
spuit (2)
Erosie van grond word vermy (2)
[MOET OMGEWINGSVOORDELE WEES]
(ENIGE TWEE) (2 x 2) (4)
20
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.5.5 Is hidroponiese boerdery na u mening volhoubaar as alternatief vir
tradisionele gewasboerdery om voedselsekerheid in ʼn land soos
Suid-Afrika te verseker? Verduidelik u antwoord.
JA (1)
Suid-Afrika benodig groter lande om voedselonsekerheid hok te
slaan (2)
Suid-Afrika het baie erosie en hidroponiese boerdery help
daarteen (2)
Suid-Afrika se grond is dun en onvrugbaar en produseer minder
gewasse (2)
Dit kan gewasse teen gereelde vloede en droogtes beskerm (2)
Dit kan ondervoeding en hongersnood in Suid-Afrika voorkom
indien meer produksie plaasvind (2)
Mense kan hidroponiese boerdery op klein skaal beoefen om vir
hulself te sorg (2)
Produksie kan dwarsdeur die jaar voorkom en is nie onderhewig
aan ekstreme weersomstandighede nie (2)
OF
NEE(1)
Suid-Afrika is reeds ʼn droë/semi-droë land en water is skaars (2)
Suid-Afrika het nie die hulpbronne (aanvaar voorbeelde soos
water, fondse ens. vir navorsing ens.) om dit lewensvatbaar te
maak nie (2)
Suid-Afrika is steeds ʼn ontwikkelende land en navorsing word
nie ordentlik gedoen nie (2)
Suid-Afrika is steeds ʼn ontwikkelende land en besit nie die
infrastruktuur om dit te ondersteun nie (2)
Suid-Afrika het nie genoeg elektrisiteit nie en hidroponiese
boerdery gebruik baie krag (2)
(ENIGE EEN)
(1 + 2) (3)
21
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.6 Bestudeer die diagram en artikel oor die Platinum ROI in FIGUUR 3.6.
3.6.1 Verduidelik die hoofdoel van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe.
Die hoofdoel is om groei te bevorder in onontwikkelde gebiede,
maar wat ekonomiese potensiaal het (byvoorbeeld die skepping
van nuwe werkgeleenthede en verbeterde infrastruktuur om
buitelandse beleggers te lok) (2) (1 x 2) (2)
3.6.2 In watter provinsie is die Platinum Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief
geleë?
Noord Westelike (1) (1 x 1) (1)
3.6.3 Noem TWEE groot uitdagings wou die regering aanspreek deur die
Platinum ROI in die gebied te ontwikkel. 1+(1 x 2)Wa
Hulle wou die ruimtelike uitdagings vir ekonomiese
ontwikkeling in die gebied/streek aanspreek (1)
Om gemeenskappe die geleentheid te gee om aan ekonomiese
aktiwiteite deel te neem, bv. toerisme en die ontwikkeling van
infrastruktuur (1)
Bevorder volhoubare werkskepping vir mense wat in
onderontwikkelde landelike gebiede met ʼn hoë armoede- en
onderverskaffingsvlak leef (1)
Om werk en ʼn beter lewenstandaard vir die landelike gebied te
skep (1)
Gebruik die plaaslike hulpbronne van ʼn gebied om ekonomiese
groei te bewerkstellig (1)
Om gebiede buite gevestigde nywerheidsgebiede te
ontwikkel (1)
Om ekonomiese groei van nywerheidsaktiwiteite te
stimuleer (1)
Om industriële infrastruktuur gekoppel aan internasionale see-
of lughawens vir uitvoergerigte vervaardigingsbedrywe te
voorsien (1)
(Enige EEN) (2 x 1) (2)
3.6.4 Na aanleiding van die artikel, was die Platinum ROI suksesvol?
Bewys jou antwoord deur inligting in FIGUUR 3.6 te gebruik,
aangaande die bydrae tot die BBP.
Nee (1)
“na meer as 'n dekade is daar nog steeds min bewyse dat die
Platinum SDI in die nabye toekoms doeltreffend sal wees ”(2)
“Op die oomblik het die Platinum SDI weinig te bied ”(2)
“.. om suksesvol te wees, sal meer inspanning verg ...” (2)
(ENIGE EEN)
(1 + 2) (3)
22
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
3.6.5 Bestudeer die aanwysers van die effektiwiteitsindeks en verduidelik
in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom dit bygedra het tot
die her-evaluering van die Platinum Ruimtelike
Ontwikkelingsinisiatief.
Daar was nie ʼn toename in die hoeveelheid bevolking wat in die
17 jaar postmatriek kwalifikasies behaal het nie (2)
Daar was geen verbetering in die bevolking se opvoeding en
lewensstandaard nie (2)
Die persentasie van die bevolking wat onder die
voedselsekerheidsgrens leef, het toegeneem (2)
Die projek het nie meer werksgeleenthede geskep wat
verbeterde voedselsekerheid kon veroorsaak nie (2)
Die misdaadindeks het met 8% toegeneem wat dui op ʼn afname
in die sosiale omstandighede in die gebied (2)
ʼn Groot persentasie van die werkersmag is nie geleerd nie (2)
Die kwaliteit van werk is nie op standaard nie a.g.v. die
persentasie bevolking sonder skoolkwalifikasies (2)
Daar is ʼn groot persentasie van die bevolking wat benede die
armoedelyn leef (2)
Die algemene misdaad-indeks is hoër in die gebied (2)
(ENIGE VIER) (4 x 2) (8)
23
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
VRAAG 4
4.1 Kies ʼn term uit KOLOM B wat ooreenstem met die beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.
4.1.1 C/Stedelike groei (1)
4.1.2 G/Stedelike uitbreiding (1)
4.1.3 H/Kommersiële Desentralisasie (1)
4.1.4 A/Verstedeliking (1)
4.1.5 B/Stedelike spreiding (1)
4.1.6 E/Teenverstedeliking (1)
4.1.7 F/Stedelike hiërargie (1)
(7 x 1) (7)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat verskillende soorte boerdery toon. Pas die beskrywings
hieronder by die tipe boerdery A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A
of B langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 4.2.9 A..
4.2.1 A/Kleinskaalse boerdery (1)
4.2.2 A/Kleinskaalse boerdery (1)
4.2.3 A/Kleinskaalse boerdery (1)
4.2.4 B/Grootskaalse boerdery (1)
4.2.5 A/Kleinskaalse boerdery (1)
4.2.6 B/Grootskaalse boerdery (1)
4.2.7 B/Grootskaalse boerdery(1)
4.2.8 B/Grootskaalse boerdery(1)
(8 x 1) (8)
24
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3, wat die ligging van nedersettings toon.
4.3.1 Onderskei tussen die ligging van `n nat-punt nedersetting en `n
droë- punt nedersetting.
Nat-puntnedersettings: is naby die waterbron/rivier geleë omdat
dit 'n droë gebied is (1)
Droë-puntnedersettings is weg van die water geleë weens die
gevaar van oorstromings (1) (2 x 1) (2)
4.3.2 Is die nedersetting in FIGUUR 4.3 ʼn nat- of droë-punt nedersetting?
Gee TWEE redes vir jou antwoord.
Nat-punt nedersetting (1)
Hulle is naby die waterbron/rivier geleë (2)
Daar is geen ander waterbronne in die buurt nie (2) (1 + 4) (5)
4.3.3 Wat is die patroon van die nedersetting wat in FIGUUR 4.3
geïlustreer is?
Gekern (1) (1 x 1) (1)
4.3.4 Verduidelik sosiale voordele van die nedersettingspatroon
geïllustreer in FIGUUR 4.3.
Veiligheid aangesien huise naby geleë is (2)
Daar is meer sosiale kontak (2)
Meer mense om werklas te deel (2)
(Enige TWEE) (2 x 2) (4)
4.3.5 Die nedersettingsvorm in FIGUUR 4.3 is lineêr. Gee EEN voordeel
van hierdie vorm ten opsigte van toeganklikheid tot die waterbron.
Alle eenhede van die nedersetting is in ʼn lyn langs die rivier
geleë (2) (1 x 2) (2)
25
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, ʼn grafiek oor stedelike funksies.
4.4.1 Verduidelik die verskil tussen ʼn lae orde funksie en ʼn hoë orde
funksie.
Lae orde funksie: Verkoop gewoonlik goedkoper
goedere/mense koop gereeld hier/besoek op ʼn daaglikse
basis (1)
Hoë orde funksie: Gewoonlik duur/mense koop nie hier op ʼn
gereelde basis nie/verkoop gespesialiseerde goedere (1)
(EEN BESKRYWING VIR HOË ORDE EN EEN BESKRYWING VIR
LAE ORDE) (2 x 1) (2)
4.4.2 Noem EEN voorbeeld van ʼn lae orde funksie en EEN voorbeeld van
ʼn hoë orde funksie aangaande onderrig in FIGUUR 4.4.
Lae orde: publieke skool, primêre skool (1)
Hoë orde: universiteit, sekondêre skool, tegniese kollege (1)
(EEN lae orde en EEN hoë orde) (2 x 1) (2)
4.4.3 Verduidelik die betekenis van die byskrif “bevolkingsgrootte van
nedersettings” op die horisontale as.
Hoeveelheid mense wat in die nedersetting bly of werk /die
grootte van die bevolking in die nedersetting/Aantal mense in
die nedersetting (2)
(MOET NA HOEVEELHEID MENSE EN NEDERSETTING
VERWYS) (1 x 2) (2)
4.4.4 Bespreek die algemene neiging tussen die “bevolkingsgrootte van
die nedersettings” en die “aantal dienste gelewer”.
Hoe groter die bevolkingsgrootte, hoe hoër is die aantal
dienste (2)
Hoe laer die bevolkingsgrootte, hoe minder is die aantal
dienste (2)
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
26
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
4.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, analiseer die verhouding
tussen die grootte van die nedersetting en die orde van dienste en
bespreek redes vir die verhouding.
ANALISE
Die kleiner nedersettings bevat lae-orde-funksies (2)
Daar is meer dorpies met lae-orde-funksies (2)
Die groter nedersettings bevat lae en hoë orde dienste (2)
(MOET DIE GROOTTE EN ORDE BESPREEK)
REDES
Kleiner nedersettings voorsien in die behoeftes van die
onmiddellike gemeenskap (2)
Kleiner nedersettings het nie 'n groot mark om hoë-ordedienste
te ondersteun nie (2)
Groot nedersettings voorsien in 'n groot gebied wat die kleiner
nedersettings insluit (2)
Groter nedersettings het 'n groot genoeg mark om hoë-orde-
dienste te ondersteun (2)
(ENIGE VIER-MOET ANALISE EN REDES INSLUIT) (4 x 2) (8)
4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5 wat ʼn grafiek voorstel met die bydrae van verskillende
ekonomiese sektore tot werksgeleenthede.
4.5.1 Definieer die term/konsep primêre sektor.
Die sektor ontgin rou materiaal vanuit die aarde/Materiaal van
die natuurlike omgewing [KONSEP] (1) (1 x 1) (1)
4.5.2 (a) Gee die aantal mense wat deur die mynbousektor in diens
geneem was tussen 2016 en 2018.
2016: 222 000 tot 388 000 (1)
2018: 222 000 tot 334 000 (1) (2 x 1) (2)
(b) Verduidelik hoe meganisasie die werksgeleenthede in die
mynbousektor van 2016 tot 2018, beïnvloed het.
Dit neem af omdat mense deur masjinerie vervang word
(en minder mense nodig is om dieselfde werk te
verrig) (2) (1 x 2) (2)
4.5.3 (a) Watter tersiêre sektor verskaf die meeste werksgeleenthede
in Suid-Afrika?
Handel (1) (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik die ekonomiese belang van hierdie tersiêre
sektor, geïdentifiseer in VRAAG 4.5.3(a), met betrekking tot
buitelandse inkomste.
Meer mense wat by die handel betrokke is, sal meer
uitvoer moontlik maak, wat meer buitelandse valuta tot
gevolg het (2) (1 x 2) (2)
27
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
4.5.4 Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls faktore wat die
mynbousektor belemmer en die effek wat dit op die tersiêre sektor
geïdentifiseer in VRAAG 4.5.3(a), het.
Betogings en arbeidstakings verminder die ontginning van
grondstowwe wat die hoeveelheid materiaal wat verwerk moet
word, verminder (2)
Minimum lone in die primêre sektor verhoog die
produksiekoste (2)
In die primêre sektor verhoog die mynrampe, byvoorbeeld
vallende rotse, ens. die mynkoste en verlaag die winste in
vervaardiging (2)
In die primêre sektor is die minerale meestal binnelands geleë.
Dit verhoog vervoerkoste wat die vervaardiger se koste
verhoog (2)
Minerale is nie-hernubaar en daag die beplanning en produksie
in die vervaardigingsektor uit (2)
Oorstromings en brande kan veroorsaak dat produksie sluit (2)
MIV/VIGS veroorsaak dat geskoolde werkers afwesig is en dit
verhoog die produksiekoste (2)
Myne moet mediese fondse en versekerings betaal wat die
onttrekkings- en vervaardigingskoste verhoog (2)
As produkte as grondstof uitgevoer word, veroorsaak dit
werksverlies in die vervaardigingsektor (2)
Wisselende pryse van minerale daag die beplanning en
produksie in die vervaardigingsektor uit (2)
Handel met grondstowwe verlaag die winste met onverwerkte
materiale (2)
(ENIGE VIER) (4 x 2)
(8)
28
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
4.6 Bestudeer gevallestudie in FIGUUR 4.6 van die PWV-industriële streek.
4.6.1 Die industriële sone van Gauteng staan ook bekend as die PWV-
streek. Waarvoor staan die afkorting PWV?
Pretoria Witwatersrand Vereeniging (1) (1 x 1) (1)
4.6.2 Wat is die verhouding tussen beurtkrag en groei in die BBP?
Beurtkrag het ʼn negatiewe impak op die BBP (1)
Meer beurtkrag lei tot minder groei in die BBP (1)
(KONSEP) (1 x 1) (1)
4.6.3 Benewens beurtkrag, lys TWEE faktore wat volgens die
reserwebank ʼn invloed op die BBP van die PWV - sone het.
Aantal werksstakings (1)
Onderhoud en swak plaaslike en globale aanvraag (1)
Politieke onsekerheid (1)
Besighede en verbruikers se vertroue is geskend (1)
(ENIGE TWEE) (2 x 1) (2)
4.6.4 Verduidelik hoe die vierde industriële revolusie die afhanklikheid van
nywerhede van elektrisiteitsvoorsiening in die PWV-streek
beïnvloed.
Die vierde industriële revolusie is ʼn kombinasie van veelvuldige
faktore wat in elektronika afhanklik is van elektrisiteit. (2)
Tegnologie is grootliks afhanklik van elektrisiteit (2)
Hoëspoedverbindings is belangrik om inligting te
versamel/vinnig te kommunikeer (2)
Tegnologie verseker verhoogde rekenaarkrag, die wolk, ens vir
groei in die vervaardigingsektor (2)
Sonder krag kan groot masjinerie nie bedryf word nie. (2)
Besighede het tegnologie nodig om die data wat hulle vandag
benodig beter te gebruik en te bestuur (2)
Nywerhede moet die inligting (data) wat hulle het, verstaan, dit
sal produksie en dienste verbeter (2)
(ENIGE TWEE)(KONSEP) (2 x 2) (4)
29
Downloaded from hlayiso.com
10781/20
4.6.5 Bespreek hoe beurtkrag ʼn negatiewe uitwerking op die
vermenigvuldigingseffek van die PWV-ekonomie en YSKOR (ʼn groot
onderneming in die PWV-gebied), het
VERMENIGVULDIGINGSEFFEK
Beurtkrag beïnvloed die mark/invoer en uitvoer (2)
Ander bedrywe maak staat op staalvervaardiging by Yskor, wat
hul produksie negatief beïnvloed (2)
Handel sal negatief beïnvloed word in enige produk wat uit
staal bestaan (2)
Beurtkrag sal die BBP beïnvloed (2)
Die land sal minder inkomste verdien as gevolg van minder
handel (2)
Die beurtkrag lei tot minder internasionale handel in
staalprodukte (2)
YSKOR
Groot ondernemings soos YSKOR benodig krag/elektrisiteit om
na die beste vermoë te funksioneer (2)
Sodra beurtkrag geïmplementeer is, stop die produksie (2)
YSKOR streef daarna om ʼn kwaliteit lae koste produsent te bly.
Sodra beurtkrag plaasvind, verhoog dit die koste van
staalproduksie (2)
Bedryfsuitnemendheid is nie moontlik as daar onbetroubare
kragvoorsiening bestaan nie (2)
(ENIGE DRIE. Moet na YSKOR en die
VERMENIGVULDIGINGSEFFEK verwys) (3 x 2) (6)
[75]
TOTAAL: 225
30
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
Addendum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Addendum (Afrikaans)
_hlayiso.com_--4c59a80f-eefb-4b65-9ca9-51658f6452b0/v1-e79e48ec611b0f079df9/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 GAU June 2023 Question Paper

Question paper