Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10781
GEOGRAFIE
VRAESTEL 1
TYD: 3 uur
PUNTE: 225
17 bladsye + ʼn bylaag van 14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 265.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather14 marks
- Question 1.4Climate and weather16 marks
- Question 1.5Geomorphology16 marks
- Question 1.6Geomorphology14 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather14 marks
- Question 2.4Climate and weather16 marks
- Question 2.5Geomorphology14 marks
- Question 2.6Economic geography of South Africa16 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements14 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa17 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 2
(Vraestel 1) 10781/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat een reël oop tussen die onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek soos die nommeringstelsel op die vraestel.
Nommer in die MIDDEL van die reël.
7. Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf nie.
8. Illustreer jou antwoorde met diagramme en byskrifte, waar moontlik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 3
(Vraestel 1) 10781/20
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, wat ʼn dwarssnit van ʼn tropiese sikloon toon. Kies die
korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om die stellings WAAR
te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in
die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 Stygende lug.
1.1.1 Die drukstelsel wat in FIGUUR 1.1 uitgebeeld word, is ʼn (hoë druk /
lae druk) stelsel.
1.1.2 Die oppervlaktemperatuur van die oseaan om hierdie tropiese
sikloon te handhaaf, moet (bo / onder) 27 grade Celsius wees.
1.1.3 Die sikloniese oppervlakvloei dui aan dat hierdie stelsel in die
(noordelike / suidelike) halfrond voorgekom het.
1.1.4 Die algemene bewegingsrigting van die tropiese sikloon is (van wes
na oos / oos na wes).
1.1.5 Die wolkformasie in die gevaarlike halfsirkel (voorste linker
kwadrant) is (cumulonimbus / cirrus) wolke.
1.1.6 Wolklose toestande in die oog van die sikloon is die gevolg van die
(daling / styging) van die lug.
1.1.7 Hierdie lugdrukstelsel is in die (volwasse / aanvanklike)
ontwikkelingstadium. (7 x 1) (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 4
(Vraestel 1) 10781/20
1.2 Die volgende beskrywings dui faktore aan wat die ontwikkeling van spesifieke
dreineringspatrone beïnvloed. Toon aan watter dreineringspatroon na elk van
die volgende beskrywings verwys. Skryf slegs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.8) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 Die dreineringspatroon wat in gebiede met wisselende sagte en
weerstandbiedende rots ontwikkel.
1.2.2 Die dreineringspatroon waar die sytakke na ʼn sentrale punt of
laagtepunt vloei.
1.2.3 ʼn Dreineringspatroon wat algemeen in gebiede met hellende rotslae
voorkom, wat daartoe lei dat sytakke by die hoofstroom met regte
hoeke aansluit.
1.2.4 ʼn Dreineringspatroon wat ontwikkel wanneer sytakke met skerp
hoeke by die hoofrivier aansluit.
1.2.5 ʼn Koepel lei tot die ontwikkeling van hierdie dreineringspatroon.
1.2.6 Die dreineringspatroon wat in gebiede met steil plooigesteentes
aangetref word.
1.2.7 Hoogs genate rotsformasies veroorsaak die ontwikkeling van die
dreineringspatroon.
1.2.8 Die dreineringspatroon wat ontwikkel wanneer 'n bestaande
dreineringspatroon ontwrig word, bv. deur gletsers. (8 x 1) (8)
1.3 FIGUUR 1.3 toon die ligging van anti-siklone oor Suid-Afrika aan.
1.3.1 Identifiseer die anti-sikloniesestelsels wat as A en B op FIGUUR 1.3
aangedui is. (2 x 1) (2)
1.3.2 Beskryf die verandering in die ligging van hierdie anti-
sikloniesestelsels van die somer na die winter oor Suid-Afrika.
(1 x 2) (2)
1.3.3 Verduidelik die invloed wat die posisie van die anti-sikloniesestelsel
A op die reënval oor die Suidwes-Kaap in die winter sal hê. (2 x 2) (4)
1.3.4 Evalueer die positiewe en negatiewe impak wat reënvaltoestande
gedurende die winter op eko-toerisme in die Wes-Kaapstreek sal hê.
(3 x 2) (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 5
(Vraestel 1) 10781/20
1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 wat temperatuurverskille tussen ʼn landelike en ʼn
stedelike gebied toon.
1.4.1 Definieer die term stedelike hitte-eiland. (1 x 1) (1)
1.4.2 Identifiseer die hoof strukturele (geboude) eienskappe van ʼn
stedelike gebied wat die ontwikkeling van ʼn stedelike hitte-eiland sal
beïnvloed. (1 x 1) (1)
1.4.3 Onderskei tussen die absorbering van hitte in die stad en die
landelike gebied. (1 x 2) (2)
1.4.4 Verduidelik hoe die strukturele (geboude) eienskappe genoem in
VRAAG 1.4.2 die verskil in absorbering en terughouding van hitte
tussen landelike en stedelike gebiede tot gevolg het. (2 x 2) (4)
1.4.5 Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die hitte-
absorbering en -terughouding in die stad die gesondheid van
stedelike inwoners negatief beïnvloed en gee ʼn volhoubare
oplossings vir hierdie negatiewe gevolge. (4 x 2) (8)
1.5 FIGUUR 1.5 is ʼn illustrasie van ʼn fluviale kenmerk.
1.5.1 In watter stadium van ʼn rivier kom stroomversnellings meestal voor?
(1 x 1) (1)
1.5.2 Noem die dominante tipe erosie wat in die stadium van ʼn rivier soos
geïdentifiseer in VRAAG 1.5.1, voorkom. (1 x 1) (1)
1.5.3 Verduidelik die effek van die tipe erosie, wat in VRAAG 1.5.2
geïdentifiseer is, op die vorm van die riviervallei. (1 x 2) (2)
1.5.4 Waarom kan die stroomversnelling beskryf word as ʼn tydelike
erosiebasis? (1 x 2) (2)
1.5.5 Beskryf wat met die tydelike erosiebasis sou gebeur as die
erosietempo voortduur. (1 x 2) (2)
1.5.6 Stel in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, maniere voor waarop
stroomversnellings vir ekonomiese gewin ontgin (gebruik) kan word.
(4 x 2) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 6
(Vraestel 1) 10781/20
1.6 FIGUUR 1.6 toon die proses van stroomroof oor ʼn lang tydperk.
1.6.1 Definieer die term / konsep stroomroof. (1)
(1 x 1)
1.6.2 Dui aan watter rivier in FIGUUR 1.6 onderskeidelik die roofstroom
en geroofde stroom is. (2 x 1) (2)
1.6.3 (a) Noem die tipe erosie wat die roofstroom verleng het.
(1 x 1) (1)
(b) Beskryf hoe die erosie genoem in VRAAG 1.6.3(a) die
roofstroom verleng het. (1 x 2) (2)
1.6.4 Beskryf die impak van stroomroof op die water volume in die
Dawsonrivier. (2 x 2) (4)
1.6.5 Lewer kommentaar oor die impak wat die snelheidsverandering op
die tempo van afsetting in die Dawsonrivier sal hê. (2 x 2) (4)
[75]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 7
(Vraestel 1) 10781/20
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat ʼn uittreksel uit ʼn sinoptiese weerkaart toon. Verskaf
ʼn term / frase vir die volgende klimatologiese beskrywings. Skryf slegs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 2.1.9 Hoogdruk.
2.1.1 Die tipe front wat deur B aangedui word
2.1.2 Die tipe wolke wat kenmerk B gewoonlik voorafgaan
2.1.3 Die windrigting by Port Elizabeth
2.1.4 Die doupunttemperatuur by Port Elizabeth
2.1.5 Die lugtemperatuur by Port Elizabeth
2.1.6 Die tipe laagdruk by D
2.1.7 Die atmosferiese druklesing by A
2.1.8 Die isobariese patroon voorgestel deur lyn C (8 x 1) (8)
2.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om die
geomorfologiese stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
2.2.8 Vingerpuntstroom.
2.2.1 Die verrnuwing van erosie-aktiwiteite in ʼn rivier staan bekend as
(verjonging / abstraksie).
2.2.2 (Basisvloei / Plaatvloei) is die vloei van grondwater in dieselfde
rigting as die rivier.
2.2.3 ʼn Gebied wat deur ʼn rivierstelsel gedreineer word, staan bekend as
die (dreineerbekken / dreineringspatroon).
2.2.4 Hoogliggende gebied wat die sytakke van die hoofstroom skei, word
(interfluviale gebied / waterskeidings) genoem.
2.2.5 Die (watertafel / versadigingsone) is die boonste grens van water
wat ondergronds voorkom.
2.2.6 Die laagste punt tot waar ʼn rivier kan erodeer, word ʼn (knakpunt /
permanente basisvlak) genoem.
2.2.7 ʼn (Delta / Samevloeiing) is die kruispunt van twee riviere. (7 x 1) (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 8
(Vraestel 1) 10781/20
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat ʼn middelbreedtesikloon toon.
2.3.1 Verskaf EEN sigbare bewys in FIGUUR 2.3 om te staaf dat die
betrokke middelbreedtesikloon in die volwasse stadium van
ontwikkeling is. (1 x 1) (1)
2.3.2 Watter halfrond word in FIGUUR 2.3 voorgestel? (1 x 1) (1)
2.3.3 Teken ʼn dwarsprofiel van E tot by F in FIGUUR 2.3 en dui die
volgende daarop aan:
(a) ʼn Pyl wat die bewegingsrigting van die front aandui
(b) Identifiseer en illustreer die wolkformasie by F
(c) Die gebied van koue lug
(d) Die gebied van warm lug (4 x 1) (4)
2.3.4 Bespreek die waarskynlikheid (kans) dat die verwagte reënval by
ligging A in FIGUUR 2.3, sagte reën sal wees. (2 x 2) (4)
2.3.5 Daar word beplan om ʼn buitelug musiekfees binne die volgende
24 uur by ligging D in FIGUUR 2.3 aan te bied. Beveel die
herskedulering van die geleentheid aan deur TWEE klimatologiese
redes te verskaf oor hoe die musiekfees deur die verwagte
weerverandering, negatief beïnvloed mag word. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4, wat wintertoestande oor Suid-Afrka toon.
2.4.1 Benoem die antisikloon wat as X aangedui is. (1 x 1) (1)
2.4.2 Is die plaaslike wind by Y ʼn aflandige of aanlandige wind? (1 x 1) (1)
2.4.3 Verskaf klimatologiese bewyse uit FIGUUR 2.4 wat aandui dat
wintertoestande op die skets voorgestel word. (1 x 2) (2)
2.4.4 Verduidelik die posisie van die inversielaag soos aangedui in
FIGUUR 2.4. (2 x 2) (4)
2.4.5 Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls die impak van die
posisie van die inversielaag en die plaaslike wind Y in FIGUUR 2.4,
op die hoeveelheid reënval wat in die binneland en die ooskus van
Suid-Afrika ervaar sal word. (4 x 2) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 9
(Vraestel 1) 10781/20
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat die dreineeringsdigtheid van twee
dreineringsbekkens voorstel.
2.5.1 Definieer die term / konsep dreineringsdigtheid. (1 x 1) (1)
2.5.2 Weerspieël (toon) dreineringsbekken A of dreineringsbekken B ʼn
hoër dreineringsdigtheid? (1 x 1) (1)
2.5.3 Verskaf bewyse uit FIGUUR 2.5 om u antwoord op VRAAG 2.5.2 te
ondersteun. (2 x 1) (2)
2.5.4 Bespreek hoe deurdringbaarheid die dreineringsdigtheid, soos
aangetoon in dreineringsbekken A, kan beïnvloed, (2 x 2) (4)
2.5.5 Bepaal die stroomorde van die hoofstroom in dreineerbekken B.
(1 x 2) (2)
2.5.6 Verduidelik die verband tussen ontbossing en die deurlaatbaarheid
van die onderliggende rotsstruktuur, en die stroomorde wat in
dreineringsbekken B geïdentifiseer is. (2 x 2) (4)
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6, ʼn uittreksel oor die Vaalrivieropvangsgebied-
agentskap.
2.6.1. Definieer die term / konsep opvangsgebied? (1 x 1) (1)
2.6.2 Noem EEN sekondêre ekonomiese aktiwiteit wat in die artikel
genoem word wat water uit die opvangsgebied van die Vaalrivier
gebruik. (1 x 1) (1)
2.6.3 Bespreek TWEE gevolge wat die agteruitgang van water op
landbouaktiwiteite in die streek sal hê. (2 x 2) (4)
2.6.4 Stel ʼn rede voor waarom dit belangrik is om die gemeenskap in die
bestuur van die opvangsgebied te betrek. (1 x 2) (2)
2.6.5 Beveel in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare
maatreëls aan wat die boeregemeenskap in die
Vaalrivieropvangsgebied kan implementeer, om water te bespaar.
(4 x 2) (8)
[75]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 10
(Vraestel 1) 10781/20
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
EKONOMIESE GEOGRAFIE
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat straatpatrone voorstel. Pas die onderstaande
beskrywings by straatpatroon A, B of C. Kies die antwoord en skryf slegs die
letter A, B of C langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.9 A.
3.1.1 Die straatpatroon is baie maklik om te beplan, konstrueer en uit te
brei
3.1.2 Alle hoofpaaie lei na die sentrale deel van die stad
3.1.3 Word gebruik in die ontwikkeling van nuwe voorstede en kan
verkeersopeenhopings verlig
3.1.4 Baie stopstrate verhoog die moontlikheid van ongelukke
3.1.5 ʼn Heuwelagtige omgewing gee aanleiding tot die straatpatroon
3.1.6 Min kruisings kom in die straatpatroon voor
3.1.7 Die straatpatroon veroorsaak meer verkeersopeenhopings
3.1.8 Dit is maklik om te verdwaal met die straatpatroon (8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 11
(Vraestel 1) 10781/20
3.2 Kies die term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die verskillende tipes
industrieë(nywerhede) in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die
vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 3.2.8 I.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Die nywerheid is dikwels in of naby aan A Grondstofgerigte
die SSG. nywerheid
3.2.2 Nywerheid wat materiaal wat groot en B Ligte nywerheid
swaar is verwerkte en die materiaal
beïnvloed die nywerheid se ligging. C Vragverbrekingspunt
nywerheid
3.2.3 Grootskaalse produksie wat gewoonlik
aan ander nywerhede verkoop word en D Swaar nywerheid
nie aan die eindverbruiker nie.
E Markgerigte nywerheid
3.2.4 Die nywerheid is nie aan die mark of
grondstowwe gekoppel nie. F Alomteenwoordige
nywerheid
3.2.5 ʼn Internetnywerheid wat by enige
ligging kan voorkom. G Verspreidings-
nywerheid
3.2.6 Die nywerheid kom voor waar die vrag
na kleiner eenhede(metodes) van H Ongebonde nywerheid
vervoer oorgedra word.
3.2.7 Die nywerheid vervaardig goedere naby
aan die verbruiker.
(7 x 1) (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 12
(Vraestel 1) 10781/20
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, ʼn sirkelgrafiek aangaande(oor) redes vir landelike-
stedelike migrasie.
3.3.1 Definieer die term / konsep landelike-stedelike migrasie. (1 x 1) (1)
3.3.2 Verskaf EEN fisiese stootfaktor vanaf die sirkelgrafiek wat landelike-
stedelike migrasie tot gevolg gehad het. (1 x 1) (1)
3.3.3 Bereken die verskil tussen die TWEE sosiale faktore op die
sirkelgrafiek wat veroorsaak dat mense landelike gebiede verlaat.
(1 x 2) (2)
3.3.4 Volgens die diagram word 32% van die landelike-stedelike migrasie
deur ander redes as wat in die diagram voorgestel word, veroorsaak.
Verduidelik TWEE ander sosiale faktore in landelike gebiede wat tot
landelike-stedelike migrasie kan lei. (2 x 2) (4)
3.3.5 Skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarin jy volhoubare
maatreëls verduidelik wat die regering kan implementeer om
ontvolking, as gevolg van swak sosiale omstandighede in die
landelike gebiede, te voorkom. (4 x 2) (8)
3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4, ʼn informele nedersetting en ʼn gebied met lae koste-
behuising.
3.4.1 Pas A en B op FIGUUR 3.4 by die TWEE terme lae koste behuising
en informele nedersetting. (2 x 1) (2)
3.4.2 Verwys na die boumateriaal wat in FIGUUR 3.4 gebruik word, en
onderskei tussen nedersettings A en B. (2 x 1) (2)
3.4.3 Benewens die formele boustrukture, noem enige TWEE basiese
dienste, sigbaar in FIGUUR 3.4, wat by nedersetting A mag
ontbreek. (2 x 1) (2)
3.4.4 Waarom verkies baie mense steeds om in nedersetting A te bly,
ondanks ongunstige toestande? (2 x 2) (4)
3.4.5 Beveel TWEE strategieë aan wat die regering van Suid-Afrika in
nedersetting A kan implementeer om die impak van die ongunstige
toestande wat jy in VRAAG 3.4.3 genoem het, te verminder.
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 13
(Vraestel 1) 10781/20
3.5 Bestudeer die artikel in FIGUUR 3.5 aangaande voedselsekerheid en
hidroponiese boerdery.
3.5.1 Definieer die term / konsep voedselsekerheid? (1 x 1) (1)
3.5.2 Noem TWEE omgewingsfaktore vanuit die artikel wat ʼn negatiewe
invloed op tradisionele voedselproduksie en voedselsekerheid, gehad
het. (2 x 1) (2)
3.5.3 Beskryf hoe die negatiewe invloed van die omgewingsfaktore van
voedselsekerheid tot die ontwikkeling van hidroponiese boerdery
aanleiding gegee het. (2 x 2) (4)
3.5.4 Verwys na die artikel en noem TWEE omgewingsvoordele van
gewasse, wat in ʼn vrugbare oplossing volgens die hidroponiese
boerderymetode, gekweek word. (2 x 2) (4)
3.5.5 Is hidroponiese boerdery na u mening volhoubaar as alternatief vir
tradisionele gewasboerdery om voedselsekerheid in ʼn land soos
Suid-Afrika te verseker? Verduidelik u antwoord. (1 + 2) (3)
3.6 Bestudeer die diagram en artikel oor die Platinum ROI in FIGUUR 3.6.
3.6.1 Verduidelik die hoofdoel van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe.
(1 x 2) (2)
3.6.2 In watter provinsie is die Platinum Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief
geleë? (1 x 1) (1)
3.6.3 Noem TWEE groot uitdagings wat die regering wil aanspreek deur die
Platinum ROI in die gebied te ontwikkel. (2 x 1) 1+(1 x 2)
(2)
3.6.4 Na aanleiding van die artikel, was die Platinum ROI suksesvol?
Bewys jou antwoord deur inligting in FIGUUR 3.6 te gebruik,
aangaande die bydrae tot die BBP. (1 + 2) (3)
3.6.5 Bestudeer die aanwysers van die effektiwiteitsindeks en verduidelik in
ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom dit bygedra het tot die
her-evaluering van die Platinum Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief.
(4 x 2) (8)
[75]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 14
(Vraestel 1) 10781/20
VRAAG 4
4.1 Kies ʼn term uit KOLOM B wat ooreenstem met die beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Die toename in die aantal mense in A Verstedeliking
stedelike gebiede
B Stedelike spreiding
4.1.2 Die uitbreiding van die stedelike
'beboude gebied' C Stedelike groei
4.1.3 Die uitwaartse verskuiwing van D Stedelike ontvolking
besighede vanuit die sentrale gebiede
E Teenverstedeliking
4.1.4 Toename in die persentasie mense wat
in stedelike gebiede woon F Stedelike hiërargie
4.1.5 Onbeheerde stedelike groei sonder G Stedelike uitbreiding
enige stedelike beplanning
H Kommersiële
4.1.6 Die proses waar mense na die desentralisasie
buitewyke van die stad trek
4.1.7 Die gradering van stedelike gebied
volgens die graad van spesialisasie
(7 x 1) (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 15
(Vraestel 1) 10781/20
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat verskillende soorte boerdery toon. Pas die beskrywings
hieronder by die tipe boerdery A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of
B langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 4.2.9 A.
4.2.1 Hierdie boere gebuik meer arbeid as masjinerie.
4.2.2 Die boere besit ʼn klein stukkie grond en boer om ʼn klein wins te
maak.
4.2.3 Boere gebruik beperkte landbouchemikalieë en kunsmisstowwe en
verskaf aan die plaaslike of omliggende markte.
4.2.4 Hierdie tipe plase benodig gesofistikeerde toerusting en groot
stoorplek.
4.2.5 Hierdie soort boerdery word meestal gekenmerk deur intensiewe
arbeid en in die meeste gevalle diere-trekkrag.
4.2.6 Die boere produseer gewasse om aan hul provinsie te verskaf.
4.2.7 Die boere beoefen monokultuur op ʼn groot stuk grond.
4.2.8 Boerdery wat die uitvoer van gewasse behels. (8 x 1) (8)
4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3, wat die ligging van nedersettings toon.
4.3.1 Onderskei tussen die ligging van ʼn nat-punt nedersetting en ʼn droë-
punt nedersetting. (2 x 1) (2)
4.3.2 Is die nedersetting in FIGUUR 4.3 ʼn nat- of droë- punt nedersetting?
Gee TWEE redes vir jou antwoord. (1 + 4) (5)
4.3.3 Wat is die patroon van die nedersetting wat in FIGUUR 4.3
geïlustreer is? (1 x 1) (1)
4.3.4 Verduidelik sosiale voordele van die nedersettingspatroon geïllustreer
in FIGUUR 4.3. (2 x 2) (4)
4.3.5 Die nedersettingsvorm in FIGUUR 4.3 is lineêr. Gee EEN voordeel
van hierdie vorm ten opsigte van toeganklikheid tot die waterbron.
(1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 16
(Vraestel 1) 10781/20
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, ʼn grafiek oor stedelike funksies.
4.4.1 Verduidelik die verskil tussen ʼn lae orde funksie en ʼn hoë orde
funksie. (2 x 1) (2)
4.4.2 Noem EEN voorbeeld van ʼn lae orde funksie en EEN voorbeeld van
ʼn hoë orde funksie aangaande onderwys in FIGUUR 4.4. (2 x 1) (2)
4.4.3 Verduidelik die betekenis van die byskrif “bevolkingsgrootte van
nedersettings” op die horisontale as. (1 x 2) (2)
4.4.4 Bespreek die algemene neiging tussen die “bevolkingsgrootte van
die nedersettings” en die “aantal dienste gelewer”. (1 x 2) (2)
4.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, analiseer die verhouding
tussen die grootte van die nedersetting en die orde van dienste en
bespreek redes vir die verhouding. (4 x 2) (8)
4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5 wat ʼn grafiek voorstel met die bydrae van verskillende
ekonomiese sektore tot werksgeleenthede.
4.5.1 Definieer die term / konsep primêre sektor. (1 x 1) (1)
4.5.2 (a) Gee die aantal mense wat deur die mynbousektor in diens
geneem was tussen 2016 en 2018. (2 x 1) (2)
(b) Verduidelik hoe meganisasie die werksgeleenthede in die
mynbousektor van 2016 tot 2018, beïnvloed het. (1 x 2) (2)
4.5.3 (a) Watter tersiêre sektor verskaf die meeste werksgeleenthede
in Suid-Afrika? (1 x 2) (2)
(b) Verduidelik die ekonomiese belang van hierdie tersiêre
sektor, geïdentifiseer in VRAAG 4.5.3(a), met betrekking tot
buitelandse inkomste. (1 x 2) (2)
4.5.4 Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls faktore wat die
mynbousektor belemmer en die effek wat dit op die tersiêre sektor
geïdentifiseer in VRAAG 4.5.3(a), het. (4 x 2) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 17
(Vraestel 1) 10781/20
4.6 Bestudeer die gevallestudie in FIGUUR 4.6 oor die PWV-industriële streek.
4.6.1 Die kern industriële sone van Gauteng staan ook bekend as die
PWV-streek. Waarvoor staan die afkorting PWV? (1 x 1) (1)
4.6.2 Wat is die verhouding tussen beurtkrag en groei in die BBP? (1 x 1) (1)
4.6.3 Benewens beurtkrag, lys TWEE faktore wat volgens die
reserwebank ʼn invloed op die BBP van die PWV - sone het. (2 x 1) (2)
4.6.4 Verduidelik hoe die vierde industriële revolusie die afhanklikheid van
nywerhede van elektrisiteitsvoorsiening in die PWV-streek
beïnvloed. (2 x 2) (4)
4.6.5 Bespreek hoe beurtkrag ʼn negatiewe uitwerking op die
vermenigvuldigingseffek van die PWV-ekonomie en YSKOR /
Mittal Staal (ʼn groot onderneming in die PWV-gebied), het. (3 x 2) (6)
[75]
TOTAAL: 225
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum