Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2019
10831
LEWENSWETENSKAPPE
VRAESTEL 1
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
18 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)

%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262/v1-9fddf458683371f84878/card.webp)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 939.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)20 marks
- Question 1.2MEIOSIS7 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)22 marks
- Question 1.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)7 marks
- Question 1.6HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS5 marks
Show all 15 questions
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION13 marks
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION10 marks
- Question 2.3MEIOSIS7 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)20 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)5 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
- Question 3.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 3.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 3.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 2
(Vraestel 1) 10831/ 19
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE
(Vraestel 1)
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.
3. Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy KAN ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 3
(Vraestel 1) 10831/ 19
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1. – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 In watter deel van die vroulike voortplantingstelsel vind bevrugting plaas?
A Ovarium
B Buis van fallopius
C Serviks
D Vagina
1.1.2 ʼn Uittreksel vanuit ʼn klier van ʼn volwasse aap was ingespuit in die
bloedstroom van ʼn jong aap. Dit het veroorsaak dat die aap abnormaal
lank groei.
Vanuit watter klier was dié uittreksel verkry?
A Hipotalamus
B Pituïtêre
C Adrenale
D Tiroïed
1.1.3 Bestudeer die onderstaande sisteme.
(i) Gaswisseling
(ii) Spysvertering
(iii) Uitskeiding
Watter van die bogenoemde sisteme is nie-funksioneel in die menslike
fetus nie?
A (i) en (ii) alleenlik
B (ii) en (iii) alleenlik
C (i), (ii) en (iii)
D (i) en (iii) alleenlik
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 4
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.1.4 Die onderstaande diagram toon die strukture wat betrokke is in die
refleksaksie.
Warm pan
Wat is die volgorde waarin diè strukture betrokke is?
A P →Q →R →S
B P →S →R →Q
C Q →R →S →P
D Q →S →P →R
1.1.5 Watter grafiek toon die effek van besoedeling deur rioolafval op die
hoeveelheid opgeloste suurstof in ʼn rivier?
Opgeloste Opgeloste
suurstof suurstof
Afstand stroomaf Afstand stroomaf
Rioolafval vloei in Rioolafval vloei in
die rivier in die rivier in
Opgeloste Opgeloste
suurstof suurstof
Afstand stroomaf Afstand stroomaf
Rioolafvalvloei in Rioolafval vloei in die
die rivier in rivier in
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 5
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.1.6 Watter EEN van die volgende sluit die uitbroei van bevrugte eiers in die
vroulike liggaam in, sodat die kleintjies lewendig gebore word?
A Uitwendige bevrugting
B Ovipaar
C Vivipaar
D Ovovivipaar
1.1.7 Die deursnit van ʼn persoon se pupil is gemeet oor ʼn tydperk. Die
resultate word hieronder getoon.
Deursnit van pupil
(mm)
Tyd(sekondes)
Gedurende watter tydperiode neem die ligintensiteit die vinnigtse toe?
A 5 – 10 s
B 15 – 30 s
C 35 – 45 s
D 55 – 60 s
1.1.8 Monokultuur moet vermy word omdat dit …
A bestaande plae se bevolkingsgrootte laat toeneem.
B biodiversiteit laat toeneem.
C gewasopbrengste laat afneem.
D grondvoedingstowwe laat toeneem.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 6
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.1.9 Die vlakke van tiroksien in die liggaam word beheer deur die…
A hipotalamus en pituïtêreklier.
B tiroïdklier en hipotalamus.
C adrenale- en tiroïdklier.
D pituïtêre- en tiroïdklier.
1.1.10 Bestudeer die onderstaande diagram.
1 2
3
4
7
6 5
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte byskrifte?
A 3 –blinde vlek; 4 - choroïed
B 2 –glasvog; 1 – suspensoriese ligament
C 5 –optiese senuwee; 7 - pupil
D 6 –konjuktiva; 3 – geelvlek
(10 x 2) (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 7
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.7) in die
ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 Die tipe ontwikkeling in voëls waar die nakomelinge nie op hul eie kan
beweeg nie
1.2.2 ʼn Chemiese stof wat deur endokriene kliere afgeskei word
1.2.3 Die proses waartydens volgroeide, haploïede sperm geproduseer word
van die kiemepiteel in die testes gedurende meiose
1.2.4 Die mislukking van chromosome wat nie skei en segregeer in dogterselle
gedurende meiose nie
1.2.5 Die tipe bevrugting wat met vivipaar geassosieer word
1.2.6 Die groei van dele van ʼn plant wat reageer op swaartekrag
1.2.7 Die deel waar die oorkruising in chromosome voorkom gedurende
meiose
(7 x 1) (7)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B,
beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B,
beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.3) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Oorkruising vind plaas A Profase I
B Profase II
1.3.2 Embrio gevoed van dooier wat in die A Ovipaar
eier gevind word B Ovovivipaar
1.3.3 Bevorder reabsorpsie van soute in A ADH
die niere B Aldosteroon
(3 x 2) (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 8
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.4 Bestudeer die onderstaande diagram.
1.4.1 Identifiseer deel:
(a) D (1)
(b) G (1)
1.4.2 Noem die sisteem van membrane wat die brein omring. (1)
1.4.3 Identifiseer die LETTER alleenlik van die deel van die brein wat:
(a) Liggaamstemperatuur beheer
(b) Prolaktien produseer
(c) Onwillekeurige aksies soos hartklop beheer
(d) Geheuestoor beheer en willekeurige aksies (4)
(7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 9
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.5 Die onderstaande grafiek toon die hoeveelheid afval wat van verskillende
produkte af ontwikkel het en die tyd wat dit elke produk neem om af te breek.
Die hoeveelheid afval wat ontwikkel van verskillende produkte en die tyd
wat dit neem om af te breek.
Hoeveelheid afval (tonne)
Tyd wat dit neem vir afval om af te breek (jare) Batterye Aluminiumblikkies Plastieksakke Nylonvesels Leerskoene
Produkte
Hoeveelheid afval (tonne) Tyd wat dit neem vir afval om af te breek (jare)
1.5.1 Vanaf die grafiek identifiseer EEN biodegradeerbare produk. (1)
1.5.2 Volgens die grafiek, hoe lank neem dit plastieksakke om af te breek? (1)
1.5.3 Bereken die persentasie bydrae van plastieksakke tot die totale
hoeveelheid afval wat vanaf die produkte soos getoon ontwikkel het.
Toon ALLE berekeninge. (3)
(5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 10
(Vraestel 1) 10831/ 19
1.6 Bestudeer die onderstaande diagram.
Verhoog bloedglukose
Verlaag bloedglukose
1.6.1 Identifiseer:
(a) Orgaan A (1)
(b) Hormoon 2 (1)
(c) Orgaan B (1)
1.6.2 Noem die siekte wat moontlik kan ontwikkel van ʼn onderafskeiding
van hormoon 1. (1)
1.6.3 Hoe word hormoon 1 en 2 na teikenorgaan A vervoer? (1)
(5)
TOTAAL AFDELING A: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 11
(Vraestel 1) 10831/ 19
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande grafiek toon die veranderinge in die konsentrasie van hormone
in die bloed van ʼn vrou gedurende haar menstruele siklus.
LH
Hormoonvlakke in die bloed Progesteroon
(arbitrêre eenhede)
Estrogeen
FSH
Dag 1 Dag 14 Dag 28
Tyd (dae)
2.1.1 Verduidelik hoekom die konsentrasie FSH in die bloed toeneem na Dag
1. (3)
2.1.2 Meld wat sal gebeur met die estrogeenvlakke in die bloed wanneer die
LH vlakke toeneem. (1)
2.1.3 Verduidelik hoekom die estrogeenvlakke afneem na Dag 14. (2)
2.1.4 Met verwysing na hormoonbeheer, beskryf wat menstruasie veroorsaak
tussen Dae 1 – 4. (2)
2.1.5 Beskryf die proses oögenese. (5)
(13)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 12
(Vraestel 1) 10831/ 19
2.2 Die onderstaande diagram toon die manlike voortplantingsorgaan.
2.2.1 Identifiseer:
(a) A (1)
(b) C (1)
2.2.2 Verduidelik EEN funksie van deel D. (2)
2.2.3 Verduidelik EEN gevolg vir reproduksie indien B teen dieselfde
temperatuur was as die res van die liggaam. (2)
2.2.4 Verduidelik TWEE aanpassings van sperm om te verseker dat
bevrugting suksesvol is. (4)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 13
(Vraestel 1) 10831/ 19
2.3 Die onderstaande diagram toon ʼn fase in meiose.
2.3.1 Watter fase van meiose word deur die diagram voorgestel? (1)
2.3.2 Gee ʼn sigbare rede vir jou antwoord in Vraag 2.3.1. (2)
2.3.3 Noem deel A. (1)
2.3.4 Hoeveel chromosome …
(a) was teenwoordig in die ouersel voor dié sel meiose ondergaan het? (1)
(b) sal teenwoordig wees in elke sel aan die einde van meiose? (1)
2.3.5 Gee EEN biologiese belangrik van meiose. (1)
(7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 14
(Vraestel 1) 10831/ 19
2.4 Maria wou ʼn ondersoek instel oor die effek van lig wat van een rigting af kom,
op die groei van saailinge. Sy het boontjiesade in twee saadbakke geplant en
dit toegelaat om te ontkiem. Toe die jong saailinge begin verskyn bo die
grondvlak, is hulle vir drie dae aan lig van alle rigtings blootgestel.
Na drie dae, het die saadbakke die volgende verskillende behandelinge
ontvang:
• Saadbak A: Die saailinge is blootgestel aan lig vanuit alle rigtings.
• Saadbak B: Die saailinge is blootgestel aan lig vanuit slegs een rigting.
Die onderstaande diagram toon die effek van die behandelinge.
Lig vanuit een
Tydens Lig vanuit
rigting
begin alle rigtings Tydens
begin
2.4.1 Verduidelik hoekom dit belangrik is om Saadbak A deel van die
ondersoek te maak. (2)
2.4.2 Verduidelik die resultate wat verkry is in Saadbak B in terme van die rol
van ouksiene. (6)
2.4.3 Gee TWEE faktore wat konstant gehou moes word tydens dié
ondersoek. (2)
(10)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 15
(Vraestel 1) 10831/ 19
VRAAG 3
3.1 Beskryf hoe akkommodasie plaasvind in die oog vir ver visie. (5)
3.2 Motorbestuurders het vinnige reaksies nodig om ongelukke te vermy. ʼn Leerder
gebruik ʼn rekenaar om die reaksietyd te meet. Die rekenaarskerm wys ʼn
verkeerslig wat rooi is. Die verkeerslig verander dan na groen. Die onderstaande
diagram toon die veranderinge wat die persoon op die rekenaarskerm sien.
Rooi lig
Groenlig
Wanneer die verkeerslig na groen verander moet die persoon die rekenenaar se
muis so vinnig as moontlik druk. Die rekenaarprogram werk die tyd uit wat dit
neem om te reageer as die lig van kleur verander.
Die leerder het elke afmeting drie keer gedoen om die gemiddelde waarde te
bereken. Die onderstaande tabel toon die resultate.
Ouderdom in Gemiddelde reaksietyd
jare (millisekondes)
30 182
45 221
60 258
75 364
90 526
3.2.1 Teken ʼn lyngrafiek om die resultate in die bostaande tabel te toon, in jou
ANTWOORDBOEK. (6)
3.2.2 Sommige mense dink dat ouer mense, wat in die ouderdomsgroep
75 – 90 nie toegelaat moet word om ʼn motor te bestuur nie.
Gebruik die inligting van die tabel om te verduidelik hoekom dit meer
gevaarlik is vir ouer mense om ʼn motor te bestuur. (2)
3.2.3 Gee EEN manier hoe die leerder die betroubaarheid van die resultate kan
verhoog. (1)
(9)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 16
(Vraestel 1) 10831/ 19
3.3 Die onderstaande diagram toon ʼn deel deur die menslike oor.
3.3.1 Verskaf die LETTER ALLEENLIK van die deel van die oor waar die
volgende ingesit sal word:
(a) ʼn dreineringsbuisie (1)
(a) ʼn kogleêre inplanting (1)
3.3.2 Verduidelik hoe die funksionering van die oor geaffekteer sal word indien
die bene by C versmelt is. (2)
3.3.3 ʼn Doelwagter duik om ʼn bal te keer wat na die doelhok geskop word.
Verskaf ʼn beskrywing oor hoe sy ore en senuweestelsel sy balans
beheer terwyl hy duik om die bal te keer. (6)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 17
(Vraestel 1) 10831/ 19
3.4 Globale verwarming en osoonvernietiging is twee omgewingsuitdagings.
3.4.1 Wat word met die term koolstofvoetspoor bedoel? (2)
3.4.2 Gee TWEE maniere hoe ons, ons koolstofvoetspoor kan verminder om
sodoende globale verwarming te laat verminder. (2)
3.4.3 Gee TWEE moontlike gesondheidseffekte op die menslike liggaam,
indien die osoonlaag verder vernietig word. (2)
3.4.4 Meeste van Suid-Afrika se elektrisiteit word van steenkool geproduseer.
Beskryf die impak van die gebruik van dié energiebron op globale
verwarming. (4)
(10)
3.5 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.
HOEKOM AFRIKA SE GEWASBOERE PLAAGDODERS MOET
BALANSEER MET ANDER PLAAGBEHEERMETODES
Wanneer ʼn insekplaag gewasse bedreig, sal baie kleinboere plaagdoders
gebruik. Dit verminder die plaagvoorvalle direk, wat gewasse erg beskadig.
Dit beteken hoër opbrengste, hoër inkomste vir boere en minder
wanvoeding.
Op die lange duur, is die gebruik van plaagdoders nie volhoubaar nie, want
baie insekte raak baie gou weerstandig. Die aanhoudende gebruik van
plaagdoders veroorsaak groot skade aan die natuurlike omgewing.
3.5.1 Verduidelik wat met die term voedselsekerheid bedoel word. (2)
3.5.2 Gee TWEE voordele met verwysing na die artikel, van die gebruik van
plaagdoders om plae dood te maak. (2)
3.5.3 Verduidelik ʼn meer gepaste alternatief, om plae dood te maak. (2)
(6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 18
(Vraestel 1) 10831/ 19
AFDELING C
VRAAG 4
Simphiwe het deelgeneem aan die Comrades Maraton, wat ʼn langafstand resies is wat
op ʼn vroeë, koue wintersoggend begin.
Beskryf die effek van adrenalien op sy liggaam en hoe sy liggaamstemperatuur
gereguleer was is terwyl hy gewag het om die resies op die koue dag, te begin. Beskryf
ook die veranderinge wat plaasgevind het in sy oë sodat dit kon aanpas by die
toenemende lig, soos die son opgekom het.
Inhoud (17)
Sintese (3)
(20)
NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir ʼn antwoord in die vorm van ʼn vloeidiagram,
diagramme of tabelle nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262/v1-9fddf458683371f84878/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum