Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VISUELE KUNSTE V1
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Visuele Kunste/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:
Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks
Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord ENIGE VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die
regterkantste bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het in die tweede deel van elke
vraag gebruik.
Jy MAG NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou
voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik NIE.
Jy MAG NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende
vrae herhaal NIE.
7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. Onderstreep die titel van 'n
kunswerk of die naam van 'n gebou/struktuur.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Tydbestuur en lengte van antwoorde:
Jy moet ongeveer 36 minute per vraag aan jou gekose VYF vrae bestee.
Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
o 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy
o 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
o 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
LAAT HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Phillemon Hlungwani en Jonathan Guy-Gladding beeld tonele uit van mense wat water
gaan haal of drink as deel van hulle alledaagse lewe.
1.1 Bespreek FIGUUR 1a en FIGUUR 1b.
Verwys na die volgende riglyne:
Kleur en lyn
Fokuspunt. Verduidelik jou antwoord.
Liggaamshouding en gesigsuitdrukkings van die figure
Hoe vorm water 'n deel van die storie in ELKE kunswerk? (10)
1.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer
het (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek, wat die lewe van mense in die
gemeenskap weerspieël.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Onderwerp
Invloede
Formele kunselemente
Media en tegniek
Betekenis/Boodskap (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 1a: Phillemon Hlungwani, Byala Leswinene eka vanau ta tshovela
leswinene (As jy 'n goeie saadjie in jou kinders plant, sal jou oes goed wees),
houtskool en pastel op papier, datum onbekend.
FIGUUR 1b: Jonathan Guy-Gladding, Stand Pipe #3 (Standpyp #3), olie op doek, c. 2019.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Die San-mense was die vroegste jagter-versamelaars in Suider-Afrika. Lady Skollie is
'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat geïnspireer is deur die lewensreis wat ons in San-
rotskuns sien.
2.1 Vergelyk FIGUUR 2a en FIGUUR 2b.
Gebruik die volgende riglyne:
Kleur
Vereenvoudiging en verwringing
Beweging
Herhaling (10)
2.2 Skryf 'n opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer het
(EEN kunswerk per kunstenaar) en wat 'n diep verbintenis met Afrika- en/of
inheemse kunsvorms uitdruk.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Onderwerpe
Styl en tegniek(e)
Invloed van inheemse kunsvorms
Betekenis/Boodskappe
(10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 2a: Kopie/Afdruk van San-rotskunsskildery
FIGUUR 2b: Lady Skollie, Lust Politics (Welluspolitiek), muurskildery, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Visuele beelde van oorlog beklemtoon ongeregtighede en kan ons help om die lyding
van mense te verstaan.
3.1 Hoe word ongeregtighede en lyding in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b
uitgebeeld?
Gebruik die volgende riglyne:
Die uitbeelding van die twee groepe mense en moontlike betekenisse
van hulle klere, gesigsuitdrukkings en aksies in beide FIGUUR 3a en 3b
Bespreking van die komposisie en die impak daarvan in beide
FIGUUR 3a en 3b
Vergelyking van kleur en styl van FIGUUR 3a en FIGUUR 3b (10)
3.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke (EEN werk per kunstenaar)
bespreek wat sosiopolitieke kwessies ontbloot.
Die volgende kan as riglyne gebruik word
Komposisie
Medium(s) en tegniek(e)
Styl
Verduideliking van die sosiopolitieke kwessies wat in die kunswerke
aangeraak word (10)
[20]
Ongeregtigheid: gebrek aan regverdigheid of 'n skending van ander se regte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 3a: Pablo Picasso, Massacre in Korea (Slagting in Korea),
olie op doek, 1951.
FIGUUR 3b: Leon Golub, Vietnam II (Viëtnam II), akriel op doek, 1973.
FIGUUR 3c: Leon Golub, Vietnam II (detail) (Viëtnam II), akriel op doek, 1973.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Die Keiskamma Kunsprojek is 'n gemeenskapsgebaseerde werkswinkel in die
Oos-Kaap.
Die projek is deur 'n mediese dokter en kunstenaar, Carolyn Hofmeyr, begin, wat
tapisserie onderrig het om die gemeenskap op te hef. Deur die projek het sy
gemeenskapslede gehelp om toegang tot mediese sorg vir MIV/Vigs-pasiënte te kry.
Twintig jaar later floreer die Keiskamma Kunsprojek steeds en het dit lede van die
gemeenskap bemagtig.
4.1 Bespreek FIGUUR 4 volgens die volgende riglyne:
Wat die titel ons oor die kunswerk vertel
Simboliek/Betekenis van die vliegtuig en die opkomende son
Identifiseer nog EEN visuele beeld en die betekenis daarvan
Die gebruik van helder kleure
Die gebruik van lyn
Aktiwiteite van die menslike figure (10)
4.2 Bespreek TWEE kunswerke, kunsvlyt of geestelike werke van landelike
Suid-Afrika wat jy bestudeer het.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Onderwerp
Tegniek(e) en materiaal/materiale
Formele kunselemente
Invloede (10)
[20]
Tapisserie: 'n geborduurde tweedimensionele kunswerk van wol of gare gemaak
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 4: Siyabonga Maswana en Sanela Maxengana (Keiskamma Kunsprojek),
Our Vision for Africa (Ons Visie vir Afrika), tapisserie, 2020.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
'Ek het 'n liefde-haat-verhouding met die materiale wat ek in my kuns gebruik. Ek word
daardeur geïnspireer en ek word daardeur gewalg.
- Tom Deininger
Tom Deininger skep grootskaalse driedimensionele collages uit rommel en donasies
van afvalprodukte. Die nabyfoto's in FIGUUR 5b en FIGUUR 5c verwys na die
kunswerk Portrait (Portret) in FIGUUR 5a.
5.1 Bespreek FIGUUR 5a en FIGUUR 5c.
Gebruik die volgende riglyne:
Die gebruik van voorwerpe om kleur, vorm en tekstuur te skep, soos in
die detail in FIGUUR 5c gesien
Die impak van skaal en hoe die kunswerk in FIGUUR 5a uitgestal is
Hoe Deininger ons verhouding met die weggooimateriale (rommel) wat hy
gebruik, verander (8)
5.2 Skryf 'n opstel waarin jy enige TWEE kontemporêre kunswerke wat nuwe of
alternatiewe media gebruik om kunswerke te skep (EEN kunswerk per
kunstenaar), bespreek.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Beskrywing
Gebruik van nuwe of alternatiewe media en/of tegnieke
Invloede
Betekenisse/Boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 5a: Tom Deininger, Portrait FIGUUR 5b: Naby-aansig van Tom Deininger
(Portret), herwinde materiale, besig om te werk.
datum onbekend.
FIGUUR 5c: Tom Deininger, Portrait (Portret) (naby-detail), herwinde materiale, datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
In post-apartheid Suid-Afrika ontwikkel identiteitskwessies voortdurend en dra by tot
ons gevoel van die 'self' in Suid-Afrika. Die kunswerke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b
vertel elk 'n storie oor die rol van selfone in kontemporêre identiteit.
6.1 Vergelyk hoe elke kunstenaar die impak van selfone in FIGUUR 6a en 6b
uitbeeld.
Gebruik die volgende riglyne:
Die handelinge, kleredrag en omgewing van die figure
Kleur
Fokuspunt
Die rol van die selfoon om identiteit te beheer (10)
6.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerk bespreek van enige TWEE Suid-
Afrikaanse kunstenaars ná 1994 wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per
kunstenaar) wat hulle identiteit ondersoek.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Onderwerp/Beskrywing
Medium(s) en tegniek(e)
Formele kunselemente
Betekenisse/Boodskappe (10)
[20]
Gelykenis ('Parable'): 'n eenvoudige storie wat gebruik word om 'n morele les te
illustreer
Oneindige ('Self- aanhoudende of konstant herhalende handeling/gedrag
perpetuating'):
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 6a: Welcome Danca, So Near and Yet So Far (So Naby en Tog So Ver),
olie en akriel op doek, 2021.
FIGUUR 6b: Diane Victor, The Parable of the Selfie and the Self-perpetuating Problem
(Die Gelykenis van die Selfie en die Oneindige Probleem), houtskool, pastel en
as op papier, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Geslagsrolle word aan kinders geleer. Seuns word dikwels geleer om aktief, rof en taai
te wees, terwyl meisies voorberei word om mooi en sag te wees.
FIGUUR 7b is 'n detail van die kunswerk in FIGUUR 7a.
7.1 Bespreek die manier waarop die kunstenaars in FIGUUR 7a en FIGUUR 7c
geslagsrolle uitbeeld.
Gebruik die volgende riglyne:
Kleur van FIGUUR 7a en FIGUUR 7c
Die herhaling van figure, hulle liggaamshoudings en harnasse/
wapenrusting in FIGUUR 7a
Die herhaling van figure, aktiwiteite en kleredrag in FIGUUR 7c
Die kwasse op die helms in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b (detail)
Die geslagsrolle wat in FIGUUR 7a en FIGUUR 7c gevestig word (10)
7.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE kunstenaars (EEN
kunswerk per kunstenaar) wat geslagskwessies as 'n tema gebruik,
bespreek.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Onderwerp/Beskrywing
Komposisie
Styl en tegnieke
Geslagskwessies aangeraak (10)
[20]
Liggaamlike opvoeding ook as fisiese opvoeding of oefening bekend
('P.T./physical training'):
Harnas/Wapenrusting beskermende items wat gedurende konflik gedra word
('Armour'):
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 7a en 7b (detail): Haidee Nel, Infantry Children/Kaalvoetsoldate
(Barefoot Soldiers), beeldhou-installasie, gemengde media (sement, plastiek,
metaal, kwasse en marmer), 2015.
FIGUUR 7c: JP Meyer, P.T. (Physical Training) (Liggaamlike Opvoeding), olie op bord, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
VOLHOUBARE ARGITEKTUUR
Die Green School South Africa in die Wes-Kaap is deur argitekte gebou wat gevoelig is
vir die plaaslike omgewing en dierelewe. Die gebou is omgewingsvriendelik, geskep
met plaaslike materiale met sisteme wat energie opwek, afval suiwer, asook
herwinning.
Die argitekte het doelbewus areas vir boerdery en voedselproduksie geskep. Dit toon
hulle bewustheid van die verhouding tussen die skool en die gemeenskap.
FIGUUR 8b en FIGUUR 8c verwys na die gebou wat in FIGUUR 8a getoon word.
8.1 Verwys na FIGUUR 8a, 8b en 8c en beantwoord die volgende vrae:
Verduidelik TWEE kenmerke wat die argitekte gebruik het om kinders
aan te moedig om naby die natuur te wees.
Hoe het die argitekte lig en skaduwee geskep?
Hoe en hoekom het die argitekte 'n blomvormige struktuur in die
panoramiese gesig op die gebou in FIGUUR 8b geskep?
Lewer kommentaar op die keuse en impak van kleur in die interieur in
FIGUUR 8c. (8)
8.2 Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture.
Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Funksie
Gebruik van materiale en tegniek(e)
Stilistiese en/of dekoratiewe kenmerke
Moontlike invloede
Omgewingskwessies
Wat het die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in die projek
beskou? (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
FIGUUR 8a: Fabio Venturi (Terramanzi Group), Green School South Africa (Groen Skool
Suid-Afrika) (GSSA), Paarl (Wes-Kaap), beton en herwinde materiale, 2022.
FIGUUR 8b: Die boonste foto dui 'n lugaansig op die FIGUUR 8c: Binne-aansigte
skool aan. Die onderste foto toon die groot vensters van die skool.
wat verseker dat die skool se tuine uit al die Foto's deur Graham Wood.
klaskamers en ander geboue sigbaar is.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper