Skip to content

Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12202420 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN VISUELE KUNSTE/V1 MEI/JUNIE 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. Merkers mag SLEGS die eerste vyf antwoorde merk. 2. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. 3. Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer, maar die vrae kan in 'n holistiese wyse beantwoord word. Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde wat puntsgewys geskryf is kan nie volpunte kry nie. 4. EEN punt moet afgetrek word as daar geen vergelyking gemaak is nie in 'n vraag wat kandidate versoek om te vergelyk. 5. Kandidate MOET hulle eie bestudeerde kunswerke in die tweede deel van elke vraag gebruik. • Hulle MAG NIE kunswerke wat in die vraestel verskyn as hulle voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik nie. • Hulle MAG NIE dieselfde bestudeerde kunswerke in verskillende vrae gebruik nie. 6. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. Volpunte kan nie toegeken word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie. 7. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 8. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 9. Dit is BAIE BELANGRIK vir merkers om die volgende te oorweeg: • Baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. • Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet kandidate krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van toepassing. • Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. Krediet moet aan laterale denke gegee word. • Dit is belangrik dat argumente beredeneer/gemotiveer/gestaaf en gekwalifiseer word deur verwysing na bronne/kunswerke. • Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te penaliseer vir wat hulle nie weet nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne 10. Hierdie nasienriglyne kan ook as 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. 11. Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES KODE 7 • Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 80–100% • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6 • Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 70–79% lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon uitstekende insig en begrip. 5 • Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 60–69% • Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. 4 • Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 50–59% • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. 3 • Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Bevredigend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 40–49% • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. 2 • Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Elementêr politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 30–39% • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. 1 • Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 0–29% lewer. • Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie. • Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD. Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies, moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Phillemon Hlungwani en Jonathan Guy-Gladding beeld tonele uit van mense wat water versamel of drink as deel van hul alledaagse lewe. FIGUUR 1a: Phillemon Hlungwani, Byala Leswinene eka vanau ta tshovela leswinene (As jy 'n goeie saadjie in jou kinders plant, sal jou oes goed wees), houtskool en pastelle op paper, datum onbekend. FIGUUR 1b: Jonathan Guy-Gladding, Stand Pipe #3 (Standpyp #3), olieverf op doek, c. 2019. 1.1 Kandidate moet FIGURE 1a en 1b bespreek deur na die volgende te verwys: FIGUUR 1a: • Kleur and lyn Die algehele voorkoms van die kunswerk is monochromaties met gekose areas van kleur in die kleredrag en die emmer. Die kunstenaar het gedempte kleure in die kleredrag gebruik om 'n kontras te skep met die figure teen die ligter agtergrond. Die sterk vertikale lyne deur die staande figure geskep kontrasteer met die horisontale lyn van die plantegroei. Daar is herhalende boogvormige lyne in die agtergrond wat die ronde struktuur waarin die kinders staan, eggo. Sagte en wasige lyne is sigbaar in die voue van die klere, die plantegroei en die skaduwees op die grond wat kontrasteer met die dun harde omlyning van die figure. • Fokuspunt. Verduidelik jou antwoord. Die meisie met die rooi rok kyk direk na die kyker en word omraam deur die twee figure weerskante van haar. Dit maak haar die fokuspunt. (Kandidate kan 'n verskillende fokuspunt staaf in die kunswerk met redes.) • Liggaamshoudings en gesigsuitdrukkings van die figure Die kinders is gewillig om die daaglikse taak om water te gaan haal uit te voer. Hulle het kalm gesigsuitdrukkings. Die jong seun in die blou hemp klou vas aan die meisie in rooi. Die meisie in die blou romp met haar rug na die kyker, gaan voort met die taak om water op te vang. Die res van die kinders staan kiertsregop. Die meisie aan die heel regterkant van die komposisie wat in geel en groen geklee is, kyk weg van die groep. Sy staan met haar regterhand op haar heup en is ongeïnteresserd in die aktiwiteite om haar. • Hoe vorm water 'n deel van die storie in elke kunswerk? Die kunswerk beeld die daaglikse taak uit om water te gaan haal in landelike gebiede waar families nie toegang tot water in hul huise het nie. Die kinders is hierdie belangrike taak gegee wat herlei na die titel van die kunswerk. Hulle word verantwoordelikheid geleer en die waarde van water op 'n jong ouderdom. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 1b: • Kleur en lyn FIGUUR 1b bestaan uit helder en lewendige naturalistiese kleure. Die sement- en klipstrukture word uitgebeeld in gedempte gryse en bloue om diepte te skep. Die helder blou uniform komplementeer die warm rooi-bruin gelaatskleur van die meisie. Die komposisie word gedomineer deur sterk vertikale lyne soos gesien in die betonstaanpyp, die lopende water, die sinkplaatlyne, gekraakte muur en die meisie se bene. • Fokuspunt. Verduidelik jou antwoord. Die meisie se gesig word verlig deur die helderder kleure om die aksie van waterdrink die fokuspunt te maak. • Liggaamshoudings en gesigsuitdrukkings van die figure Die meisie is gebukkend om die lopende water te bereik. Een hand vang water op om te drink en die ander arm hou haar rok vas om te voorkom dat dit nat sal word. Haar liggaamshouding wys sy is gefokus daarop om water te drink. • Hoe vorm water 'n deel van die storie in elke kunswerk? Die meisie het gestop om water te drink by die standpyp op haar daaglikse roete na skool. Die standpyp en area om dit lyk oud soos gesien in die groen kleur van die mos. Die standpyp lyk asof dit baie gebruik is en wys die belangrikheid van water vir ons daaglikse bestaan. (10) 1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat hulle bestudeer het en wat die lewe van mense in die gemeenskap reflekteer, bespreek. Hulle kan die volgende riglyne gebruik: • Onderwerpe • Invloede • Formele kunselemente • Media en tegniek • Betekenis/boodskappe (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Die San-mense was die vroegste jagterversamelaars in Suider-Afrika. Lady Skollie is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat geïnspireer is deur die lewensreis wat ons kan sien in San Rotskuns. FIGUUR 2a: Kopie van San Rotskuns skildery. FIGUUR 2b: Lady Skollie, Lust Politics (Wellus politiek), muurskildery, 2017. 2.1 Kandidate moet FIGURE 2a en 2b vergelyk deur die volgende riglyne te gebruik. • Kleur In beide FIGURE 2a en 2b is daar warm, aardse kleure soos oranjes, oker-gele, bruine en swart. In FIGUUR 2a bestaan die agtergrond uit getekstureerde oker- gele, oranjes en bruine met swart figure bo-op terwyl in FIGUUR 2b die agtergrond wit of ongeverf gelos is in kontras met die aardse kleure. Die vroulike figuur in FIGUUR 2b het oordrewe rooi naels, geel piesangs op haar romp en 'n geel stralekrans. • Vereenvoudiging en verwringing Die figure in FIGUUR 2a is vereenvoudig in twee-dimensionele vorms soos plat silhouette. Hulle arms en bolywe is verleng. Soortgelyk beeld FIGUUR 2b 'n twee-dimensionele vroulike figuur uit met verlengde arms, bene, hande en voete. In die geel sirkel van haar hare het die kunstenaar lyntekeninge geskep van 'n groep figure wat na San Rotskuns figure lyk. • Beweging In FIGUUR 2a hardloop die meeste figure in een rigting met knopkieries en spiese in julle hande. Die beweging word beklemtoon deur die posisie van die koppe, arms en bene van die figure. Sommige van die figure lyk asof hulle val of spring. In kontras is die sentale figuur in FIGUUR 2b staties en beweging word gewys in haar arms en bene. Sy sit met haar bene oopgesprei asof sy hurk. Sy het vyf verlende arms wat opgelig is asof sy waai en dans of uitreik na iets. Sy vertoon ook soos 'n spinnekop met bewegende ledemate. Die romp gevorm deur die piesangs skep ook 'n gevoel van beweging. Die figure in haar hare lyk asof hulle dans of spring soortgelyk aan FIGUUR 2a. • Herhaling In FIGUUR 2a skep die herhalende wit lyne op al die figure patrone en skep detail terwyl in FIGUUR 2b die vel lyk asof sy 'n patroonagtige diervel dra. Die patrone van die ledemate en liggaam is onreëlmatig met vloeiende vorms wat ligaamskontoere volg. Die herhalende vorms van die piesang skep die romp van die vroulike figuur. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne 2.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat hulle bestudeer het en wat 'n diep verbintenis met Afrika en/of inheemse kunsvorms uitbeeld. Hulle kan die volgende riglyne gebruik. • Onderwerpe • Styl en tegniek • Invloed van inheemse kunsvorms • Betekenis/boodskappe (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOSIO-POLITIESE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970s EN 1980s Visuele beelde van oorlog beklemtoon ongeregtighede en kan ons help om die lyding van mense te verstaan. FIGUUR 3a: Pablo Picasso, Massacre in Korea (Slagting in Korea), olie op doek, 1951. FIGUUR 3b en 3c: Leon Golub, Vietnam II, akriel op doek, 1973. Ongeregtigtigheid: Gebrek aan regverdigheid of 'n skending van die regte van 'n ander. 3.1 Kandidate moet die volgende riglyne gebruik om die vraag te beantwoord Hoe word ongeregtighede en lyding in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b uitgebeeld? • Die uitbeelding van die twee groepe mense en moontlike betekenisse van hul klere, gesigsuitdrukkings en aksies in beide FIGURE 3a en 3b. FIGUUR 3a: In FIGUUR 3a is daar twee aparte groepe van mense. Aan die linkerkant, is daar 'n groep regop, naakte vrouens en kinders. Daar is 'n kind wat spring na die vroulike figuur met haar hand op haar bors. Langs haar is daar 'n vroulike figuur met haar hande oop en nog 'n figuur wat haar kind styf teen haar bors vashou. Aan die regterkant is daar 'n groep soldate in wapentuig en helms wat hulle gewere en swaard op die groep vrouens rig. Hulle is opgestel een voor die ander om 'n soliede eenheid te skep wat aanbeweeg na die vroue. Die vroue se naaktheid beklemtoon hul weerloosheid. Hulle kon moeders gewees het wat hul vreesbevange kinders probeer beskerm. Daar is een kind wat op die grond speel en onbewus is van die gevaar. Die groep van vroue en kinders is nie 'n bedreiging vir die groep soldate met hul beskermende drag en wapens nie. Die soldate se identiteite word weggesteek deur hul helms en hulle kom voor as roboties sonder medelye. Twee van die vrouens se gesigte is verdraaid om hul angstigheid te wys, terwyl twee kalm en gevries voorkom. Die vroue veg nie en kom voor as onskuldige slagoffers, terwyl die soldate uiters kragtig voorkom. FIGUUR 3b: In FIGUUR 3b is daar 'n groep gewapende soldate voor 'n weermagtenk. Hulle rig hul gewere na 'n groep vlugtende slagoffers aan die regterkant. Daar is meer beweging aan die regterkant van die komposisie soos die slagoffers beweeg maar die soldate stil is voor die aanval. Die vlugtende figure is gemaklik geklee asof hul daaglikse lewe onderbreek is. Hulle is nie 'n bedreiging vir die soldate nie aangesien hulle nie aangetrek is vir oorlog nie en ook het hulle nie wapens nie. Hul uitgestrekte arms suggereer dat hulle onverwags betrap is en die beweging van hul liggame wys dat hulle wanhopig probeer om van die soldate te ontsnap. Ons sien die vrees en afgryse in die gesigsuitdrukking van die seun in die voorgrond. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne • Bespreek die komposisie en die impak daarvan in beide FIGURE 3a en 3b In FIGUUR 3a is die fokuspunt die vroue aangesien die gewere as komposionele lyne na hulle wys. Die kunswerk is gebalanseerd met twee groepe wat gelyke gewig dra aan elke kant. Tog word hulle nie as gelyk gewys nie, maar Picasso beklemtoon die teenstrydigheid tussen die twee groepe deur hul weerskante van die komposisie te plaas. In FIGUUR 3b die fokuspunt is die seun met die oop mond aangesien hy in die voorgrond is en die een arm agter hom trek die aandag na hom. (Die kandidate mag 'n verskillende fokuspunt staaf). Die slagoffers en soldate is geplaas aan die teenoorgestelde kante van die komposisie met 'n groot, leë ruimte wat hul skei. • Vergelyking van kleur en styl van FIGURE 3a and 3b In FIGUUR 3a suggereer die liggrys bloue van die vroulike liggame die dood aangesien hul amper leweloos voorkom. Die gedempte kleur van die soldate wys dat hul hulle menslikheid as 'n uitkoms van die oorlog verloor het. Die grond onder die vroue is rooi en kom voor as bloedbevlek. Die helderder groene en bloue van die landskap kontrasteer met die somber kleure van die figure. Die skildery is ekspressief weens die bepekte kleurpalet, die donker omlynings, ekspressiewe gesigsuitdrukkings van die vroue en hul verwringde en vereenvoudigde liggame. Die liggame van die soldate is hoekig en gehard. FIGURE 3b is ook ekspressief. Die gebruik van bruine, swarte en donker gryse (houtskool) gee die gevoel van 'n gebrande oppervlak en is verskillend van die koue kleure in FIGUUR 3a. Die tekstuur van die agtergrond en figure se velle lyk baie grof. Die verf is aangewend met rowwe kwashale in tipe van 'n herhalende patroon wat herinner aan die patroon van kamoeflering. (10) 3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke (EEN werk per kunstenaar) wat sosio-politiese kwessies ontbloot, bespreek. Die volgende riglyne moet gebruik word: • Komposisie • Medium(s) en tegniek(e) • Styl • Verduidelik die sosio-politieke kwessies aangespreek in die kunswerke. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK VAN LANDELIKE SUID-AFRIKA Die Keiskamma Kunsprojek is 'n gemeenskapsgebaseerde werkswinkel in die Oos- Kaap. Die projek was begin deur 'n mediese dokter en kunstenaar, Carolyn Hofmeyr, wat tapeserrie onderrig het om die gemeenskap op te hef. Deur die projek het sy gemeenskaplede gehelp om toegang tot mediese sorg vir MIV/Vigs pasiente te kry. Twintig jaar later, is die Keiskamma Kunsprojek nog steeds florerend en het dit lede van die gemeenskap bemagtig. Tapisserie: 'n Tapisserie is 'n geborduurde twee-dimensionele kunswerk gemaak van wol of gare. FIGUUR 4: Siyabonga Maswana and Sanela Maxengana (Keiskamma Kunsprojek), Our Vision for Africa (Ons visie vir Afrika), tapisserie, 2020. 4.1 Kandidate moet FIGUUR 4 bespreek volgends die volgende riglyne. • Wat vertel die titel ons van die kunswerk Die titel is Ons visie vir Afrika. In die titel, is hulle visie hul hoop vir Afrika asof hulle 'n positiewe toekoms vir die land kan sien. Daar is toegang tot gesondheidsorg, werk en reis wat 'n visie van landelike Afrika vry van armoede en 'n sukkel bestaan voorstel. • Simbolisme/betekenis van die vliegtuig en die opkomende son Die vliegtuig bo regs in die tapisserie lyk asof dit opwaarts vlieg na opstyging. Die vliegtuig is 'n simbool van reis wat geassosieer word met besigheids- geleenthede en rykdom. Die opwaartse hoek van die vliegtuig veronderstel 'n opwaartse baan. Die strale van die son skyn oor die bo-kant van die tapisserie. Hulle staan uit in die komposisie. Die sonstrale word geassosieer met optimisme en stel positiwiteit en hoop voor. • Identifiseer nog EEN visuele beeld en die betekenis Die hospitaal onder in die middel van die tapisserie kan geïdentifiseer word deur die rooi kruis en die woord 'hospital'. Dit wys toegang tot gesondheidsorg. Daar is visse in die water onder links in die tapisserie. Die rye bome stel georganiseerde landbou voor. Dit stel die geleenthede vir mense om van die land te lewe deur visvang of om landbougewasse te groei. Die bakkie en trekker beeld ook georganiseerde landbou-aktiwiteite uit. Die sokkerspelers onder regs dra dieselfde truie wat dui dat hulle in 'n span speel. Dit kan geleenthede gee vir die lede van die gemeenskap om uit te blink in sport of ontspanningstyd met sport deur te bring. (Kandidate moet krediet ontvang vir 'n breër reeks interpretasies wat nie hier genoem is nie.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne Gebruik van helder kleure In FIGUUR 4 is helder primêre en sekondêre kleure gebruik. Ons sien helder blou in die middel met die bakkie en beide donker en ligte blou in die lug. Daar is rooi in die sokkerspelers in die voorgrond, die trekker en sommige van die helder gekleurde huise. Daar is geel in die son. Daar is ook sekondêre kleure dwarsoor die tapisserie in die groene van die landskap en oranje huise. Die kleure is helder, versadig en verskerp om 'n lewendige, besige en optimistiese stemming te skep. • Gebruik van lyn In sommige dele van die tapisserie is daar swart buitelyne om vorms, soos in die berge, die hospitaal en sommige van die geboue. Die lyn versterk die (10) ongelyke vorm van die berge, vliegtiuig en die geometriese vorms van die geboue. Dit laat hulle uitstaan. Daar is ook plekke in die tapisserie waar daar geen buitelyne is nie, soos waar grys pad die groen velde ontmoet. • Aktiwiteite van die menslike figure In FIGUUR 4 is die mense besig en van die gemeenskap. Daar is mense wat hul fietse ry, die boer ry 'n trekker, jong mense speel sokker en 'n paartjie heel onder teen die rant, loop na die hospitaal. Dit is 'n lewendige gemeenskap. 4.2 Kandidate moet TWEE kunswerke, kunsvlyt of geestelike werke wat hulle bestudeer het van landelike Suid-Afrika bespreek. Die volgende kan as riglyne gebruik word: ● Onderwerp ● Tegniek/e en materiale ● Formele kunselemente ● Invloede (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORËRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID- AFRIKA. 'Ek het 'n liefdes-haat verhouding met die materiale wat ek in my kuns gebruik. Ek word geïnspireer deur dit en ek is gewalg deur dit. Tom Deininger Tom Deininger skep grootskaalse drie-dimensionele collages van rommel en donasies van afvalprodukte. Die naby aansigte in Figure 5b en 5c verwys na die kunswerk5a FIGUURS 'Portret' inFIGUUR and 5c: Tom 5a. Deininger, Portrait, recycled materials, date unknown. 5.1 Kandidate moet FIGURE 5a en 5c bespreek deur die volgende riglyne te gebruik: • Die gebruik van voorwerpe om kleur, vorm en tekstuur te skep soos gesien in die detail in FIGUUR 5c. In FIGUUR 5c het die kunstenaar dele van poppe op die vel van die gesig gebruik. Daar is klerehangers en bandkassette in die hare en bottelproppe op die ooglede en wenkbroue. 'n Stuk pienk speelgoed sit onder die neus, die sool van 'n skoen was onder die lippe as 'n baard geplaas en verskillende tipes maas is vir die ligte dele in die gesig gebruik. (Kandidate kan addisionele items wat nie hier gelys is nie, identifiseer.) Die kunstenaar het die voorwerpe sorgvuldig geplaas volgens kleur en toonwaardes van die portret. Hy het die verskillende toonwaardes van die voorwerpe gekies om gradering van toon te suggereer om volume te skep byvoorbeeld op die portret se wang. Hy bou ook op die voorwerpe op, om fisiese volume te skep soos ons in die neus kan sien, waar die oranje voorwerpe die neusbrug vorm. In sommige dele skep die voorwerpe 'n tekstuur soortgelyk aan die gelaatstrekke wat hulle beskryf, soos die objekte op die snor en baard wat opgebou is in 'n teksturele oppervlak. Daar is gladde voorwerpe om die iris van die oog voor te stel. In ander plekke soos die ooglede is die tekstuur onverwags soos in die hobbelrige teksture van botteldoppies wat verskil van die tekstuur van vel. • Die impak van skaal en hoe die kunswerk vertoon word in FIGUUR 5a FIGUUR 5a wys die skaal in verhouding met die venster in die ruimte waar dit uitgestal is. Ons kan sien die gesig is betekenisvol groter as lewensgrootte. Die skaal van die voorwerpe wat in die gesig gebruik is, soos die poppe, wys ook die skaal van die kunswerk. Die kunswerk hang vanaf die vloer en is weg van die muur. Die kunstenaar verhef die voorwerpe vanaf die grond af. Ons is gewoond daaraan om sulke voorwerpe as 'n hoop rommel op die grond te sien. Van 'n afstand smelt die voorwerpe saam om 'n realistiese portret te vorm, maar as van naby gesien, raak die drie-dimensionaliteit van die aangeplakte voorwerpe sigbaar in reliëf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne • Hoe Deininger ons verhouding met die weggooi-materiale (rommel) wat hy gebruik verander. Die kunstenaar het iets mooi geskep uit dinge wat weggegooi word. Dit lyk asof hy die vuil rommel skoongemaak het voor herbenutting in sy kuns. Hy het die voorwerpe heel gelos sodat ons dit kan sien en bewus raak van die wese van voorwerpe en die groot hoeveelhede van voorwerpe wat van ontslae geraak word. Deininger laat ons die waarde sien in die dinge wat ons weggooi. (8) 5.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle enige TWEE kontemporêre kunswerke wat van nuwe of alternatiewe media gebruik maak om kunswerke te skep (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek. Die volgende kan as riglyne gebruik word: • Beskrywing • Gebruik van nuwe of alternatiewe media en /of tegnieke • Invloede • Betekenisse/boodskappe (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA In Post-Apartheid Suid-Afrika bly identiteitskwessies ontwikkel om by te dra tot ons idee van 'self' in Suid-Afrika. Die kunswerke in FIGURE 6a en 6b vertel elk ‘n storie oor die rol van sellulêre fone in kontemporêre identiteit. Gelykenis (Parable): 'n Eenvoudige storie gebuik om ‘n morele les te illustreer. Oneindige (Self-perpetuating): Aanhoudende of konstante herhalende aksie/gedrag. FIGUUR 6a: Welcome Danca, So near and yet so far (So naby maar tog so ver), olie en akriel op doek, 2021. FIGUUR 6b: Diane Victor, The parable of the selfie and the self-perpetuating problem (Die gelykenis van die 'selfie' en die oneindige probleem), houtskool, pastelle en as op papier, 2015. 6.1 Die kandidate moet die kunswerke in FIGURE 6a en 6b vergelyk, Hulle moet die volgende riglyne gebruik om te verduidelik hoe elke kunstenaar die impak van sellulêre fone uitbeeld. • Die aksies, kleredrag en omgewing van die figure In FIGUUR 6a is daar 'n man en dogtertjie wat rug-aan-rug sit op 'n boks met 'n kussing. Beide van hulle kyk stip na hul selfone. Hulle is geklee in stedelike ontspanningsdrag. Hulle sit buite in 'n landelike area aangesien daar heuwels en hutte in die verte is. Daar is geen elektriese ligte nie. In kontras, in FIGUUR 6b, is daar 'n groep vroue in 'n stedelike ruimte. Dit lyk asof hulle bo-op 'n wolkekrabber is, aangesien daar die geboue in die verte te sien is. Die vroue loop in 'n ry en elkeen hou 'selfie' stok vas. Hulle is modieus geklee behalwe vir die enkele naakfiguur wat tweede van agter geïdentifiseer kan word. Aan die regterkant sien ons die bene van 'n figuur wat van die gebou afgeval het. • Kleur FIGUUR 6a die figure is blou gekleur deur die beligting van die blou lig van hul selfone. Die selfoon se lig beïnvloed die hele omgewing en omskep die hele omgewing in verhoogte neon kleure. Die grond is 'n versadigde pienk met neon geel op die figure, kussing en skoene. Daar is 'n sterk kontras tussen die helder gele, rooie en pienke teen die blou van die figure. Die dogtertjie verdwyn amper in die grys agter haar. FIGUUR 6b is nie so kleurvol nie en is beperk tot swart en wit. Die suiwer wit van die papier kontrasteer met die donker gryse van die geskakeerde areas met soliede swart wat in die buitelyne, hare en klere gesien kan word. • Fokuspunt Die fokuspunt van FIGUUR 6a is die man omdat hy die grootste figuur is en hy is sentraal tot die komposisie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne Die fokuspunt van FIGUUR 6b is die vrou in die gestreepte rok wat die groep lei aangesien sy in die middel van die komposisie is. • Die rol van die sellulêre fone om identiteit te beheer In FIGUUR 6a, die twee figure is oorgeneem deur hul verslawing aan die blou lig van die selfoon. Hulle is fisies getransformeer na 'n onnatuurlike skakering van blou. Die figure is verwydered van mekaar en hul omgewing. Die man het geen interaksie met die kind nie. Hulle is verwyderd van hul tradisionele identiteit saangesien hulle oorgeneem word deur hul selfone. In FIGUUR 6b, is hulle behep met dokumentering van foto’s van hulself die heeltyd. Hulle voorkoms is belangriker as wie hulle is of waar hulle is. Hulle stop nie eers om, te kyk waar hulle gaan nie. Hulle identiteit word bepaal deur hul aanlynstatus en erkenning. (10) 6.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars ná 1994 wat hulle bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) en wat hul identititeit ondersoek, bespreek. Hulle kan die volgende kan as riglyn gebruik word: • Onderwerp/beskrywing • Medium(s) en tegniek(e) • Formele kunselemente • Betekenisse /boodskappe (10) [20] VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Geslagsrolle word aan kinders geleer. Seuns word dikwels geleer om aktief, rof en taai te wees, terwyl meisies voorberei word om mooi en sag te wees. FIGUUR 7b is ‘n detail van die kunswerk in FIGUUR 7a. Liggaamsoefeninge ook as fisiese opvoeding of oefening bekend ('P.T./physical training'): Harnas/Wapenrusting beskermende items wat gedurende konflik gedra word ('Armour'): FIGUUR 7a and 7b (detail): Haidee Nel, Infantry children / Kaalvoetsoldate (Bare foot soldiers), beeldhou-installasie, gemengde media (sement, plastiek, metaal, kwasse en marmer), 2015. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 17 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 7c: J.P. Meyer, P.T. (Physical Training) (Liggaamsoefening), olie op bord, 2015 7.1 Kandidate moet die manier waarop kunstenaars in FIGURE 7a en 7c geslagsrolle uitgebeeld het bespreek deur die volgende riglyne te gebruik. • Kleur in FIGUUR 7a In FIGUUR 7a, is die jong meisies geklee in grys rokke met spatsels helder pienk op die rokke en nog helderder pienk op hul helms. Hulle staan op 'n pienk betonvierkant. Pienk word gewoonlik met meisies geassosieer en jong meisies word dikwels in ligte pienk geklee om hul identiteit te identifiseer. • Kleur in FIGUUR 7c In FIGUUR 7c is die oorheersende kleure verskillende bloue met groen skakerings in die landskap. Die gebruik van kleur blou is 'n stereotipiese kleur geassosieer met seuns. Die sagte tone van die ligblou word gekontrasteer deur die soliede harde swart in die landskap en in die kleredrag van die figure. • Die herhaling van figure, hul liggaamshoudings en harnasse in FIGURE 7a Die meisies is in 'n organiseerde formasie geplaas wat soldate naboots. Hulle is ewe ver uitmekaar geplaas in rye, elke meisie op haar eie blok. Hulle staan regop met hul voete effens uitmekaar en kyk na voor met hul vuiste gebal langs hul sye. Die rokke is verskillend in styl en met verskillende spatsels pienk verf. Al die beelde het identiese gesigte en liggame. Sommige van die meisies het metaalkrae of skouerkussings as metaal harnasse en almal dra helms. Sommige van die helms is toe en bedek totaal die gesigte, terwyl ander oop en ontbloot is. In werklikheid is die kwaliteit van die meisies se rokke en vel sag en delikaat, tog het die kunstenaar die meisies as hard en swaar uitgebeeld, • Die herhaling van figure, aktiwiteite en klerdrag in FIGURE 7c Die seuns is in rye geplaas vir fisiese opleiding. Daar word van hulle verwag om deel te neem aan dieselfde aktiwiteit van gewigte optel, maar hulle kry dit nie almal reg om dit op dieselfde pas te doen nie. Die seuns in die agtergrond lyk asof hulle sukkel en kan nie by bly by die ander seuns nie. Die seuns in die voorgrond het alreeds hul gewigte in die lug opgestoot en hul bene en liggame is alreeds reguit. Die seuns is almal geklee in dieselfde donker kleurige kort broeke wat hul fisiese oefening uniform kon gewees het. Die twee seuns in die middel van die komposisie dra nie hemde nie, moontlik as gevolg van die hitte of inspanning van die aktiwiteit. Dit ontbloot hul jong liggame wat nie gespierd is nie. • Die kwasse op die helms in -FIGURE 7a en 7b (detail) Die helder gekleurde kwasse is 'n belangrike deel van die ontwerp wat herinner aan die antieke Romeine se helms. Die gebruik van die kwasse herinner ons aan kinders wat hul optooi in speletjies en enige voorwerp gebruik om 'n rol te speel. Hulle is 'n speelse teenwig vir die ernstige gevoel van die werk. Die gebuigde kwashare verwys na die maniere waarop meisies se hare dikwels losraak uit hul versorgde poniesterte, vlegsels of bollas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 18 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne • Die geslagsrolle gevorm in FIGURES 7a Die herhalende gelaatstrekke en liggaamshoudings maak dat ons die beeldhouwerke as poppe interpreteer. Die helms en harnasse wys vir ons dat daar 'n bedoeling is om die meisies teen die gevare in die samelewing te beskerm en hul onskuld te bewaar. Hulle is beperk tot klein blokke en is nie die vryheid gegee om vrylik rond te beweeg nie en gedwing om te konformeer aan die samelewing se verwagtings. Daar is verskille in die verskillende helms aangesien party figure meer beskerm is en ander minder beskermend. Hulle leer op 'n jong ouderdom dat hulle 'n behoefte aan beskerming het. (Die kandidate kan 'n verskillende interpretasie in verband met geslag staaf). • Die geslagsrolle gevorm in FIGURES 7c Die seuns word opgelei om fisiese krag en deursettingsvermoë te ontwikkel in wat lyk na 'n herhalende aktiwiteit, Die seuns word gedissiplineer om the (10) konformeer and reëls te volg. Die samelewing dikwels assosieer gespierde liggame met manlikheid. 7.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wat geslagskwessies as 'n tema gebruik, bespreek. Die volgende kan as 'n riglyn gebruik word: • Onderwerp/beskrywing • Komposisie (10) • Styl en tegnieke [20] • Geslagskwessies aangespreek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 19 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA VOLHOUBARE ARGITEKTUUR Die Green School South Africa in die Wes-Kaap is gebou deur argitekte wat sensitief is oor die plaaslike omgewing en dierlewe. Die gebou is omgewingsvriendelik, geskep deur FIGUUR 8a: Fabio Venturi (Terramanzi-Groep), Green School South Africa (Groen plaaslike material met sisteme wat energie skep, afval suiwer asook herwinning. Skool Suid-Afrika) Suid-Afrika (GSSA), Paarl, Wes-Kaap, beton en herwonne materiale, 2022. Die argitekte het doelbewus areas vir boerdery en voedselproduksie geskep. Dit wys hul bewussyn van die verhouding tussen die skool en die gemeenskap. FIGUUR 8b: Boonste foto wys 'n panoramiese aansig van die skool. Onderste foto wys die groot venster wat verseker dat die skooltuine sigbaar is van al die klaskamers en FIGURE 8b en 8c verwys na die gebou vertoon in FIGURE 8a. ander geboue. FIGUUR 8c: Interieur aansigte van die skool. Foto’s deur Graham Wood. 8.1 Deur te verwys na FIGURE 8a, 8b en 8c moet kandidate die volgende riglyne \ bespreek: • Verduidelik TWEE kenmerke wat die argitekte gebruik het om kinders aan te moedig om naby die natuur te wees. In FIGUUR 8a is die geboue omring met gemeenskaplike buitenste ruimte wat lyk asof dit speelapparate het. Die kinders sal hierdie ruimte gebruik as hulle tussen geboue beweeg en dit is waarskynlik dat dit 'n speelarea is wat gebruik sal word deur die kinders wat van al die geboue kom. Daar is 'n groentetuin wat voor die gebou groei wat te siene is in die voorgrond van die foto van FIGUUR 8a. Die kinders sal die groente kan sien groei vanaf die skool se vensters. Die klaskamers en ander geboue is saam met paadjies soos 'linte'. • Hoe het die argitekte lig en skaduwee geskep? Die groot venster gesien in FIGUUR 8b sal lig laat instroom in die gebou. Die helder interieur aansig in FIGUUR 8c demonstreer hoeveel natuurlike lig die ruimte binnekom. Die klein gekleurde sirkels funksioneer as vensters wat lig in die ruimte inlaat. In FIGUUR 8a kan ons sien dat die gebou so geplaas is om skadu oor die buiteruimtes te gooi waar die kinders sal speel sonder om geaffekteer te word deur die warm son. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 20 DBE/Mei/Junie 2024 NSS – Nasienriglyne • Hoe en hoekom het die argitekte 'n blomvormige struktuur in die voëlperspektief-aansig van die gebou in FIGUUR 8b geskep Die gegolfde plaatdakke van elke gebou is gevorm soos blomblare of segmente van vrugte. Die geboue is in 'n kort afstand van mekaar geplaas en gedraai sodat die dakke soos blomblare lyk as dit van bo gesien word. Dit is 'n omgewingsbewuste gebou wat ontwerp is deur argitekte wat bewus van die impak van die gebou op die natuurlike omgewing. As van bo-af beskou word lyk die gebou nie soos 'n konvensionele roosteragtige mensgemaakte struktuur nie, maar roep dit eerder organiese vorms uit die natuurlike wêreld op. • Lewer kommentaar op die keuse en impak van kleur in die interieur in FIGUUR 8c In FIGUUR 8c is daar bleek, neutrale gekleurde mure in die interieur. Die neutrale geverfde mure lyk asof hulle van hout, kurk of ruwe beton gemaak is. Dit verwys na die natuurlike omgewing buite die geboue. Daar is egter ook helder kleure. Die primêre kleure (blou, geel en rooi) is gebruik in die glas van die klein kajuitvensters en die hangende voël formasies soos gesien in die boonste beeld in FIGUUR 8c. Hierdie helder kleure bring plesier in die ruimte wat gepas is in 'n skool vir kinders. (8) 8.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture bespreek deur na die volgende riglyne te verwys: • Funksie • Gebruik van material en tegniek/e • Stilistiese en/of dekoratiewe kenmerke • Moontlike invloede • Omgewingskwessies • Wat het die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in die projek beskou. (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all