You're offline
Skip to content
Question paper

Grade 4 Afrikaans Script November 2022

Subject: Afrikaans FalGrade 420228 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
1 TOM NEWBY SCHOOL Kwartaal 4 Formele Assessering Vak Afrikaans Addisionele Taal Eksaminator Mev. PE Theron Datum November 2022 Totaal 40 Punte Tyd 1 uur 30 min Graad 4 Moderator Mev. M Steyn Spesiale instruksies/ Instruksies toerusting  Lees jou vrae goed deur.  Moenie enige oop spasies los nie.  Skryf netjies en leesbaar.  Geen woordeboeke mag gebruik word nie. Hierdie assessering is opgestel met die gebruik van notas en inligting beskikbaar in die Tom Newby inligting materiaal. Die memorandum of rubriek is opgestel tot ‘n standaard, maar alternatiewe antwoorde of opinies word in ag geneem. Naam: __________________________ Van: ______________________ Graad 4: _____ Hierdie vraestel bestaan uit: Vraag 1: Literêre / nie-literêre teks (15) Vraag 2: Visuele teks (10) Sterkte Vraag 3: Opsomming (5) met die Vraag 4: Taalstrukture en -konvensies (10) toets! Vraag 1: Literêre/ nie-literêre teks: [15] Lees die teks deur en beantwoord die vrae wat volg. Die Khumalo-gesin Mnr. en mev. Khumalo het met twee kinders, Sipho en Londiwe, op ʼn plaas gewoon. Mev. Khumalo en Londiwe het elke Woensdag vars brood gebak en die hokke skoongemaak. Die Songezo, De Bruin en Mahlangu gesinne het graag by die
2 Khumalo gesin gekuier. Die kinders het na die hoenders en eende gekyk. Mnr. Khumalo het beeste en skape aangehou. Eendag het die gesin piekniek gehou wat bestaan het uit kaas, aartappelskyfies en vleis toe ʼn vreeslike ongeluk gebeur het. Die groen trekker se remme het onklaar geraak en stadig teen die berg begin afloop. Mnr Khumalo het hard geskree om sy gesin te waarsku. Die trekker het oor die kos tot in die dam geloop. Die gesin het die trekker probeer stop, maar het ook in die dam beland. Mnr Khumalo het die beeste gebruik om die trekker uit die dam te trek. Almal was bly dat niemand seergekry het nie. Geskryf deur: PE Theron Aantal woorde: 150 Vrae: 1.1. Omkring die letter langs die korrekte antwoord. (1) Wat is die titel (naam) van die storie? A) Plaas B) Die Khumalo-gesin C) Piekniek D) Gesinslewe 1.2. Omkring die letter langs die korrekte antwoord. (1) Wie het twee kinders gehad? A) Mnr. en mev. Khumalo B) Mnr. en mev. Songezo C) Mnr. en mev. De Bruin D) Mnr. en mev. Mahlangu 1.3. Is die volgende sin Waar of Vals? (1) Die Khumalo-gesin woon op ʼn plaas. ______________________
3 1.4 Is die volgende sin Waar of Vals? (1) Mev Khumalo en Londiwe het elke dag brood gekoop. __________________ 1.5. Op watter dag van die week bak Mev. Khumalo brood? (1) ______________________________________________________________ 1.6. Hoeveel gesinne het graag by die Khumalo-gesin gekuier? (1) ______________________________________________________________ 1.7. Watter kleur is die trekker? (1) ______________________________________________________________ 1.8. Waarna kyk die kinders op die plaas? (1) ______________________________________________________________ 1.9. Watter diere hou Mnr. Khumalo aan? (1) ______________________________________________________________ 1.10 Watter kos was daar by die piekniek? (1) ______________________________________________________________ 1.11. Wie het hard geskree? (1) ______________________________________________________________ 1.12. Waarom het Mnr Khumalo sy gesin gewaarsku? (1) ______________________________________________________________ 1.13. Waarmee trek hulle die trekker? (1) ______________________________________________________________ 1.14. Is almal bly of hartseer aan die einde van die storie? (1) ______________________________________________________________
4 1.15. Het jy van die storie gehou? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) ______________________________________________________________ Totaal Vraag 1 [15] Vraag 2: Visuele teks [10] Kyk na die prent en beantwoord die volgende vrae. 2.1. Wat is in die glas? Omkring die letter van die antwoord wat jy kies. (1) A) Milo B) Koffie C) Melk D) Water
5 2.2. Kies die kleur van die vark? Omkring die letter van die antwoord wat jy kies. (1) A) Pienk B) Wit C) Bruin 2.3. Is die volgende sin waar of vals? (1) Die gans lê teen die boom. _____________________ 2.4. Is die volgende sin waar of vals? (1) Die skoenlapper is geel. _______________ 2.5. Omkring die regte antwoord. (1) Watter tipe dier sien jy in ʼn hok met sy kop uit lê? A) voёl B) hond C) vark 2.6. Hoeveel klein kuikentjies het die hoender hen? (1) _____________________________________________________________ 2.7. Watter rooi vrugte hang aan die boom? (1) _____________________________________________________________ 2.8. Waar is die visnet op die prent? (1) _____________________________________________________________ 2.9. Wat gaan mamma hen bak? (1) _____________________________________________________________ 2.10. Is die diere in die prent gelukkig of ongelukkig? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ Totaal Vraag 2 [10]
6 Vraag 3: Opsomming [5] Rangskik die volgende sinne in die regte volgorde. Skryf die letter wat pas, langs die nommer neer. A. Aan die einde was almal gelukkig omdat niemand beseer was nie. (1) B. Daar gebeur ʼn ongeluk omdat die groen trekker se remme nie werk nie. (1) C. Die trekker loop oor die kos tot waar dit in die dam stop. (1) D. Die gesin hou piekniek met lekker kos. (1) E. In die begin lees ons van die Khumalo-gesin wat op ʼn plaas woon. (1) 3.1. 3.2. 3.3. 3.4. 3.5. Totaal Vraag 3 [5] Vraag 4: Taal in konteks [10] 4.1. Omkring die korrekte sinoniem vir kyk. (1) sien hoor lag 4.2. Omkring die korrekte antoniem vir vinnig. (1) loop stadig spoed 4.3. Gee die meervoud vir hok. (1) Een hok, baie ________________. 4.4. Omkring die korrekte homofoon in die sin. (1) Daar is ( vier / vuur ) gesinne in die Khumalo storie.
7 4.5. Onderstreep die werkwoord in die volgende sin. (1) Mev. Khumalo bak die brood. 4.6. Omkring die regte betekenis vir die idioom: (1) Sy oë is groter as sy maag. A) Hy is baie honger. B) Hy het meer ingeskep as wat hy kan eet. C) Hy het baie groot oё. 4.7. Omkring die regte sinsoort vir die sin. (1) “Help my, stop daai trekker!” skree Mnr. Khumalo. A) Bevelsin B) Vraagsin C) Stelsin D) Uitroepsin 4.8. Skryf die sin oor met die regte hoofletter. (1) sipho is die seun op die plaas. ______________________________________________________________ 4.9. Verdeel die volgende woord in lettergrepe. (1) ongeluk = _________________________________ 4.10. Verbind die volgende twee sinne met die woord tussen hakies. (1) Die Khumalo-gesin woon op ʼn plaas. Hulle het beeste. (want) ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ Totaal Vraag 4 [10] Groot total [40]
8 Graad 4 Afrikaans Addisioneel November Toets 2022 Formele Assessering (Vir onderwyser gebruik alleenlik) Naam en Van: ____________________________________________ Klas: 4 ___________ Vraag 1: Vraag 1.1 1.1 1.1 1.1 1.1 1.1 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 nommer 0 1 2 3 4 5 Moontlike 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 punt Leerder Punte Totaal:_____ Vraag 2: Vraag 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 2.9 2.10 nommer Moontlike 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 punt Leerder punte Totaal:_____ Vraag 3: Vraag nommer 3 Moontlike punt 5 Leerder punt Vraag 4: Vraag 4.1 4.2 4.3 4.4 4.5 4.6 4.7 4.8 4.9 4.10 nommer Moontlike 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 punt Leerder punte Totaal:_____

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 4 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 4 Afrikaans Script November 2022 | Hlayiso