You're offline
Skip to content
Memorandum

Grade 4 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021 Marking Guideline

Subject: Afrikaans FalGrade 420214 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Blouberg Ridge Primary School Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onderwysers: ………………………… Nasienriglyne Graad 4 Datum: 30 Junie 2021 Tydsduur: 1 uur Eksaminator: N. Pretorius Moderator: ………………… Taak 5: Reaksie op ‘n teks Totaal: 40 Pieter, Thabo en die bokke Pieter en Thabo is neefs. Hulle kuier by hulle ouma vir die vakansie. Ouma is dorp toe om inkopies (shopping) te doen. Pieter en Thabo wag vir Ouma. Ouma het teruggekom met ‘n paar sakkies groente. Die seuns het Ouma gehelp om die sakkies te dra. Toe het hulle ook gehelp om alles gereed te kry vir die besoekers wat kom. Daar was net genoeg groente om twee klein potte groente te kook. Almal het lekker saam geëet, maar hulle was nog honger. Ouma is baie hartseer, want sy het nie genoeg geld gehad om baie groente te koop nie. Ouma gaan wys vir almal die leë (empty) tuin waar die bokke al die groente opgevreet het. Die volgende oggend toe Ouma by die venster uitgekyk het, het sy Pieter, Thabo en al die bure se kinders gesien. Hulle was besig om in die tuin te spit en saailinge (seedlings) te plant. Ouma het ook die nuwe hek gesien wat vanself kan toemaak agter haar. Dit sal die bokke uit die tuin hou. (Aangepas uit Afrikaans EAT DBE-boek Graad 4 Boek 2 bl. 24) Bladsy 1 van 4
Vraag 1: Literêre teks [15] 1.1) Kies die korrekte antwoord tussen hakies: (Vlak 1) (3) a) Die (bokke/skape) het al die groete in die tuin opgevreet. b) Ouma het (twintig/twee) potte groente gekook. c) Thabo en Pieter het ‘n nuwe (hek/muur)gebou. 1.2) Plaas die sinne in die korrekte volgorde van 1 – 3 volgens die storie: (Vlak 2) (3) a) Almal is nog baie honger. _______3______ b) Die besoekers kom vir ete. _______2______ c) Ouma is terug van die winkels af met groente. _______1_____ 1.3) Pas die woord in kolom B by die betekenis is kolom A. Skryf die letter in kolom C. (Vlak 3) (6) Kolom A Kolom B Kolom C 1. Mense wat by jou kom kuier. A. groente 1. D 2. Kos wat gesond is vir mense. B. neef 2. A 3. ‘n Emosie wat ons voel. C. bure 3. E 4. Waar ons groente, plante en blomme groei. D. besoekers 4. F 5. Jou tannie en oom se seun. E. hartseer 5. B 6. Mense wat langs jou woon. F. ‘n tuin 6. C 1.4) Beantwoord die volgende vrae in volsinne: (Vlak 4 en 5) (3) a) Hoekom hou die meeste kinders nie van groente nie? Dit proe sleg. Enige gepaste antwoord.  b) Hoe sou jy voel as jy nie genoeg kos het om te eet nie? Ek sou hartseer voel en dalk skaam, want ek wil nie vir nog kos vra nie. (Enige gepaste andwoord).  c) Wat kon Ouma saam met die groente vir hulle gegee het om die kos meer te maak?Sy kon rys, brood, of vleis ook bedien. (enige gepaste antwoord)  Bladsy 2 van 4
Vraag 2: Visuele tekste [10] Voltooi die sinne met die woorde uit die blokke. Prent 1 (5) hoender familie gelukkig sewe twee Die 1.1familie eet saam aandete. Daar is 1.2sewe mense in die familie. 1.3 Twee van die familielede is kinders. Almal lyk baie 1.4 gelukkig.  Een van die goed wat hulle gaan eet is 1.5 hoender.  [Bron: https://www.google.com/Ffamily-eating-together-clipart-black-and-white-] Prent 2 (5) strand warm sandkasteel pappa sussie Dit is ‘n heerlike 2.1 warm, somers dag. Die familie is saam op die 2.2 strand. Mamma en 2.3 sussie sit onder die sambreel. Hulle bou ‘n 2.4 sandkasteel. 2.5 Pappa en boetie speel met die bal. [bron:https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2F www.freepik.com%2Fpremium-vector%2Fhand-drawn-family-beach_] Vraag 3: Opsomming [5] Nommer die instruksies, 1-5, oor hoe om ‘n toebroodjie te maak. a) Eet die broodjie. 5 b) Kry twee snye brood, die botter, die kaas, ‘n mes en ‘n bord. 1 c) Sit die kaas op die brood en plaas die ander sny brood bo-op. 3 d) Smeer die botter op die een sny brood. 2 e) Sny die toebroodjie met ‘n mes in die helfde en plaas die toebroodjie op die bord. 4 Bladsy 3 van 4
Vraag 4: Taalstrukture en –konvensies [10] 4.1) Vervang die onderstreepte woord met die korrekte sinoniem: Ouma sien uit na die familie se besoek. kuier  (1) 4.2) Vervang die onderstreepte woord met die korrekte antoniem: Die inkopies was spotgoedkoop. peperduur (1) 4.3) Kies die korrekte voorsetsel tussen hakies: a) Pieter plant groente (in/op) die tuin. (1) 4.4) Voltooi die volgende tabel met die korrekte trappe van vergelyking: Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap groot grootste a) groter (1) 4.5) Verbind die twee sinne met die voegwoord. Herskryf die sin. Die kinders is kwaad. Die bokke het al die groete geëet. (,want) Die kinders is kwaad, want die  bokke het al die groente geëet. (moet komma en klein letter hê.) (1) 4.6) Vul die korrekte voornaamwoord in. Kies ‘n voornaamwoord uit die blok. my hy sy hulle Pieter en Thabo bly by hulle ouma. (1) 4.7) Vervang die onderstreepde woord met die korrekte meervoud. Ouma wil twee hek vir haar tuin hê. hekke (1) 4.8) Kies die korrekte verkleinwoord tussen hakies. Die baba (boktjie/bokkie) eet die sagte blare uit die tuin. (1) 4.9) Identifiseer die korrekte sinsoort. Die tuin lyk so mooi. (stelsin/bevelsin/uitroepsin/vraagsin) (1) 4.10) Skryf die sin korrek volgens STOMPI. (1) Die familie eet vanoggend ontbyt saam.  S v1 T O M Bladsy 4 van 4

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 4 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all