You're offline
Skip to content
Question paper

Grade 4 Afrikaans FAL Final Examination 2019

Subject: Afrikaans FalGrade 420215 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Blouberg Ridge Primary School Grade 4 Afrikaans FAL Final Examination Paper 2019 Leesbegrip: ‘n Storie Lees die volgende storie en beantwoord dan die vrae wat volg: Tweeling speel tennis Dit is Dinsdagmiddag en tyd vir die tweeling om by die skool te gaan tennis speel. Tennis is hulle gunsteling sportsoort. Ongelukkig sal Wagter nie kan saamgaan nie, want hy jaag altyd die bal en dra dit weg. Hy moet maar by die huis bly en met Fielies speel. "Het jy jou tenniskolf, Chris?" vra Marie. "Ag, man, wanneer sal jy onthou dis nie 'n tenniskolf nie, maar 'n tennisraket?" roep Chris uit. "Het jy die tennisbal?" "Ja," sê Chris. Wagter sal nie weer die bal wegdra nie. Kom ons loop." Nie lank daarna nie is die tweeling by die tennisbaan. Mnr. Nel, hulle tennisafrigter, roep hulle: "Kom, kom, ons wag al vir julle!" "Middag Meneer,” sê hulle saam. Chris sê hardop: "Ek moet vandag op en wakker wees!” "Dis reg, Chris," sê mnr. Nel. "Onthou om skuins te staan as jy die bal slaan. En Marie, moenie vergeet om jou oë op die bal te hou nie." Gou is die twee op die baan. Hulle speel teen twee skoolmaats en almal geniet die spel. Soms slaan die kinders die bal onder die net deur en dan bo-oor die boom. "Mik jy na die maan, Chris?" vra mnr. Nel. "Nee, Meneer, maar ek het amper 'n voëltjie raakgeslaan!" antwoord hy. Mnr. Nel lag lekker. Soms prys hy hulle as hulle mooi houe slaan. As hulle foute maak, help hy hulle reg. Al is hy streng, ho u die kinders baie van mnr. Nel. [Aangepas uit Uiltjie Taalreeks Graad 4/Standerd 2] Bladsy 1 van 5
1. Kies die korrekte antwoord tussen hakies: (4) 1.1 Mr. Nel is die kinders se (afrigter / meneer). 1.2 Chris het amper (Fielies / ‘n voëltjie) raakgeslaan. 1.3 Die tweeling speel tennis in die (middag / oggend). 1.3 Wagter is die tweeling se (kat / hond). 2. Plaas die sinne in die korrekte volgorde van 1 – 4: (4) 2.1 Mr. Nel wag al by die tennisbaan vir die kinders. _____ 2.2 Marie en Chris neem hul tennisrakette na die tennisbaan. _____ 2.3 Die tweeling en hul skoolmaats geniet die spel. ____ 2.4 Wagter moet by die huis bly, wanneer die tweeling tennis oefen. _____ 3. Pas die woorde in kolom A by die regte betekenis in kolom B. (4) Skryf slegs die letter in kolom C. Kolom A Kolom B Kolom C 3.1 skoolmaat a) Antoniem van onthou. 3.1 3.2 tweeling b) Vriende wat dieselfde skool as jy bywoon. 3.2 3.3 afrigter c) Boeties en sussies wat op dieselfde dag gebore is. 3.3 3.4 vergeet d) Iemand wat jou leer hoe om sport te speel. 3.4 4. Voltooi die volgende sinne deur die korrekte woorde uit die blok te kies. (4) vergeet fout hard geniet 4.1 Marie _______________ die naam van haar tennisraket gereeld. 4.2 Die tweeling _______________ dit om tennis te speel. 4.3 Mr. Nel help die kinders reg wanneer hulle ‘n _______________ maak. 4.4 Die kinders slaan die bal te _______________, dan trek dit ver oor die boom. 5. Waarom moet jy jou oog op die bal hou wanneer jy tennis speel? (1) _________________________________________________________________________________ Bladsy 2 van 5
6. Hou jy van tennis? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) ________________________________________________________________________________ 7. Hoe sou jy voel as jy ‘n tenniswedstryd wen? (1) ________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________ Visuele teks Kyk na die volgende prent en voltooi dan die sinne wat volg. (5) raket hoed bal afrigter tennis Die meisie leer hoe om _______________ te speel. Haar _______________ leer haar om die _______________ met ‘n _______________ te slaan. Sy moet ‘n _______________ dra sodat haar gesig nie brand nie. Leesbegrip totaal: _______ /20 + ______ /5 = ______/25 Bladsy 3 van 5
Taalstrukture en –konvensies Vraag 1: Meervoude en verkleinwoorde (2) Voltooi die tabel deur die meervoude en verkleinwoorde van die volgende woorde te geskryf: Woord Meervoud Verkleinwoord 1.1 bal balle 1.2 boom boompie Vraag 2: Sinonieme en Antonieme (2) Gee die korrekte sinoniem en antoniem vir die vetgedrukte woord: Wagter is ‘n baie mooi hond. 3.1 Sinoniem: _______________ 3.2 Antoniem: _______________ Vraag 3: Verlede en Toekomende tyd (Werkwoorde) (2) Skryf die volgende sin in die toekomende en verlede tyd: Die tweeling speel elke Dinsdag tennis. 3.1 Verlede tyd: ___________________________________________________________________________________ 3.2 Toekomende tyd: ___________________________________________________________________________________ Vraag 4: Ontkennende vorm (2) Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm: 4.1 Chris vergeet sy tennisraket by die huis. ___________________________________________________________________________________ 4.2 Het Marie al die balle opgetel? ___________________________________________________________________________________ Bladsy 4 van 5
Vraag 5: Voegwoorde (1) Vebind die volgende twee sinne deur die voegwoord in hakies te gebruik: 5.1 Die tweeling is baie hartseer. Hulle het die wedstryd verloor. (, want) ____________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________ Vraag 6: Lydende en bedrywende vorm (1) Skryf die volgende sin in die lydende vorm. 6.1 Die kinders slaan die bal. ____________________________________________________________________________________ Vraag 7: Voornaamwoorde (2) Vul die ontbrekende voornaamwoorde in: 7.1 Die tweeling is baie lief vir Wagter, hy is _______________ hond. 7.2 Marie sê die rooi raket is _______________ en die groen een is Chris s’n. Vraag 8: Voorsetsels (2) Voltooi die volgende sinne met gepaste voorsetsels uit die blok: 8.1 Die kinders speel tennis _______________ die tennisbaan. vir op oor langs 8.2 Die tweeling is mal _______________ die afrigter, want hy is vriendelik. Vraag 9: Trappe van vergelyking (2) Voltooi die sinne deur die trappe van vergelyking in te skryf. 9.1 Chris oefen _____________. Marie oefen harder, maar Mr. Nel oefen die ______________. Vraag 10: Geslag (2) 10.1 Marie is ‘n (seun / meisie) en Mr. Nel is haar (onderwyseres / onderwyser) Vraag : Intensiewe vorm (2) Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies: 6.1 Die bal vlieg (baie vinnig) _______________ deur die lug. 6.2 Die tennisbaan is (baie warm) _______________ vandag. Bladsy 5 van 5

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 4 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 4 Afrikaans FAL Final Examination 2019 | Hlayiso