Blouberg Ridge Primary School
Grade 4
Afrikaans FAL
Final Examination Paper 2019
Marking Guidelines
Leesbegrip: ‘n Storie
Lees die volgende storie en beantwoord dan die vrae wat volg:
Tweeling speel tennis
Dit is Dinsdagmiddag en tyd vir die tweeling om by die skool te gaan tennis
speel. Tennis is hulle gunsteling sportsoort. Ongelukkig sal Wagter nie kan
saamgaan nie, want hy jaag altyd die bal en dra dit weg. Hy moet maar by
die huis bly en met Fielies speel.
"Het jy jou tenniskolf, Chris?" vra Marie. "Ag, man, wanneer sal jy onthou dis nie
'n tenniskolf nie, maar 'n tennisraket?" roep Chris uit. "Het jy die tennisbal?"
"Ja," sê Chris. Wagner sal nie weer die bal wegdra nie. Kom ons loop."
Nie lank daarna nie is die tweeling by die tennisbaan. Mnr. Nel, hulle
tennisafrigter, roep hulle: "Kom, kom, ons wag al vir julle!"
"Middag Meneer,” sê hulle saam. Chris sê hardop: "Ek moet vandag op en
wakker wees!”
"Dis reg, Chris," sê mnr. Nel.
"Onthou om skuins te staan as jy
die bal slaan. En Marie, moenie
vergeet om jou oë op die bal te
hou nie."
Gou is die twee op die baan.
Hulle speel teen twee skoolmaats
en almal geniet die spel. Soms
slaan die kinders die bal onder
die net deur en dan bo-oor die die boom.
"Mik jy na die maan, Chris?" vra mnr. Nel. "Nee, Meneer, maar ek het amper 'n
voëltjie raakgeslaan!" antwoord hy. Mnr. Nel lag lekker. Soms prys hy hulle as
hulle mooi houe slaan. As hulle foute maak, help hy hulle reg. Al is hy streng, hou
die kinders baie van mnr. Nel.
[Aangepas uit Uiltjie Taalreeks Graad 4/Standerd 2]
Bladsy 1 van 5
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all
Grade 4 Afrikaans FAL Final Examination 2019 Marking Guidelines
Afrikaans Fal · Grade 4 · November Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 5 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 4
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- November Exam
- Pages
- 5
- File size
- 348.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 5
Document textSearch extracted text and jump to a page.
1. Kies die korrekte antwoord tussen hakies: (4)
1.1 Mr. Nel is die kinders se (afrigter / meneer).
1.2 Chris het amper (Fielies / ‘n voëltjie) raakgeslaan.
1.3 Die tweeling speel tennis in die (middag / oggend).
1.3 Wagter is die tweeling se (kat / hond).
2. Plaas die sinne in die korrekte volgorde van 1 – 3: (4)
2.1 Mr. Nel wag al by die tennisbaan vir die kinders. 3
2.2 Marie en Chris neem hul tennisrakette na die tennisbaan. 2
2.3 Die tweeling en hul skoolmaats geniet die spel. 4
2.4 Wagter moet by die huis bly, wanneer die tweeling tennis oefen. 1 _____
3. Pas die woorde in kolom A by die regte betekenis in kolom B. (4)
Skryf slegs die letter in kolom C.
Kolom A Kolom B Kolom C
3.1 skoolmaat a) Antoniem van onthou. 3.1 B
3.2 tweeling b) Friende wat die selfde skool as jy bywoon. 3.2 C
3.3 afrigter c) Boeties en sussies wat op dieselde dag gebore is. 3.3 D
3.4 vergeet d) Ieman wat jou leer hoe om sport te speel. 3.4 A
4. Voltooi die volgende sinne deur die korrekte woorde uit die blok te kies. (4)
vergeet fout hard geniet
4.1 Marie vergeet die naam van haar tennisrakel gereeld.
4.2 Die tweeling geniet dit om tennis te speel.
4.3 Mr. Nel help die kinders reg wanneer hulle ‘n fout maak.
4.4 Die kinders slaan die bal te hard, dan trek dit ver oor die boom.
Bladsy 2 van 5
5. Waarom moet jy jou oog op die bal hou wanneer jy tennis speel? (1)
Jy moet na die bal kyk, anders sal jy die bal nie raakslaan nie. (gepaste antwoord)
6. Hou jy van tennis? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
Ja, dit hou my fiks. (gepaste antwoord en rede)
Nee, ek kan nie die bal raakslaan nie.
7. Hoe sou jy voel as jy ‘n tenneswedstyd wen? (1)
Ek sou baie gelukkig wees. Ek sal opgewonde wees. (Enige gepaste antwoord)
Visuele teks
Kyk na die volgende prent en voltooi dan die sinne wat volg. (5)
raket hoed bal afrigter tennis
Die meisie leer hoe om tennis te speel. Haar afrigter leer haar om
die bal met ‘n raket te slaan. Sy moet ‘n hoed dra sodat haar
gesig nie brand nie.
Bladsy 3 van 5
Taalstrukture en –konvensies
Vraag 1: Meervoude en verkleinwoorde (2)
Voltooi die tabel deur die meervoude en verkleinwoorde van die volgende woorde te
geskryf:
Woord Meervoud Verkleinwoord
1.1 bal balle balletjie
1.2 boom bome boompie
Vraag 2: Sinonieme en Antonieme (2)
Gee die korrekte sinoniem en antoniem vir die vetgedrukte woord:
Wagter is ‘n baie mooi hond.
3.1 Sinoniem: pragtig
3.2 Antoniem: lelik
Vraag 3: Verlede en Toekomende tyd (Werkwoorde) (2)
Skryf die volgende sin in die toekomende en verlede tyd:
Die tweeling speel elke Dinsdag tennis.
3.1 Verlede tyd:
Die tweeling het elke Dinsdag tennis gespeel.
3.2 Toekomende tyd:
Die tweeling sal elke Dinsdag tennis speel.
Vraag 4: Ontkennende vorm (2)
Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm:
4.1 Chris vergeet sy tennisraket by die huis.
Chris vergeet nie sy tennisraket by die huis nie.
4.2 Het Marie al die balle opgetel?
Nee, Marie het nie al die balle opgetel nie.
Bladsy 4 van 5
Vraag 5: Voegwoorde (1)
Vebind die volgende twee sinne deur die voegwoord in hakies te gebruik:
5.1 Die tweeling is baie hartseer. Hulle het die wedstryd verloor. (, want)
Die tweeling is baie hartseer, want hulle het die wedstryd verloor.
Vraag 6: Lydende en Bedrywende vorm (1)
Skryf die volgende sin in die lydende vorm.
6.1 Die kinders slaan die bal.
Die bal word deur die kingers geslaan.
Vraag 7: Voornaamwoorde (2)
Vul die ontbrekende voornaamwoord in:
7.1 Die tweeling is baie lief vir Wagter, hy is hulle hond.
7.2 Marie sê die rooi raket is hare en die groen een is Chris s’n.
Vraag 8: Voorsetsels (2)
Voltooi die volgende sinne met gepaste voorsetsels uit die blok:
8.1 Die kinders speel tennis op die tennisbaan. vir op
oor langs
8.2 Die tweeling is mal oor die afrigter, want hy is vriendelik.
Vraag 9: Trappe van vergelyking (2)
Voltooi die sinne deur die trappe van vergelyking in te skryf.
9.1 Chris oefen hard. Marie oefen harder, maar Mr. Nel oefen die hardste.
Vraag 10: Geslag (2)
10.1 Marie is ‘n (seun / meisie) en Mr. Nel is haar (onderwyseres / onderwyser).
Vraag : Intensiewe vorm (2)
Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies:
6.1 Die bal vlieg (baie vinnig) blitsvinnig deur die lug.
6.2 Die tennisbaan is (baie warm) vuurwarm vandag.
Bladsy 5 van 5
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Grade 4 Afrikaans Exam November 2021

Question paper
Grade 4 Afrikaans FAL Final Examination 2019

Question paper
Grade 4 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021

Question paper
Grade 4 Afrikaans Exam June 2021 1

Question paper
Grade 4 Afrikaans Script November 2022

Question paper
2020 NOVEMBER EXAM PAPER GR4 AFR EAT
More from Grade 4 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.











