Skip to content

History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 1220159 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2015 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 14 bladsy-addendum. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2015 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLE- STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig gebruik. 6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2015 SSE AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM. VRAAG 1: HOE HET DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE SOWJETUNIE NA 1945 OP DIE POLITIEKE ONTWIKKELINGE IN EUROPA GEREAGEER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer die term ystergordyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Waarom het Churchill beweer dat Oos-Europa se onafhanklikheid bedreig was? (1 x 2) (2) 1.1.3 Verduidelik wat Churchill met die stelling 'wat hulle (Sowjetunie) begeer, is die vrugte van oorlog' bedoel het. (2 x 2) (4) 1.1.4 Watter stappe, volgens Churchill, moes Westerse moondhede doen om die verspreiding van Sowjet-invloed in Europa te voorkom? (2 x 1) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Waarom, volgens Stalin, was Churchill 'n bedreiging vir wêreldvrede en sekuriteit? (1 x 2) (2) 1.2.2 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Stalin Sowjet-vriendelike regerings in Oos-Europa gevestig het. (2 x 2) (4) 1.2.3 Verduidelik tot watter mate jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sou beskou vir 'n geskiedkundige wat die vestiging van Sowjet-vriendelike regerings in naoorlogse Europa navors. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Watter boodskappe dra die visuele bron oor met betrekking tot Stalin se optrede in naoorlogse Europa? Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3.2 Noem enige VIER lande wat onder Sowjet politieke en ekonomiese beheer gekom het. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2015 SSE 1.4 Raadpleeg Bron 1A en 1C. Verduidelik hoe die spotprenttekenaar se uitbeelding van Stalin in Bron 1C Churchill se mening oor die Sowjetunie in Bron 1A ondersteun. Motiveer jou antwoord deur die bewyse in albei bronne te gebruik. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Identifiseer enige TWEE doelwitte van die Verenigde State van Amerika se buitelandse beleid wat Truman in 1947 in sy toespraak voor die Kongres genoem het. (2 x 1) (2) 1.5.2 Wat verstaan jy onder die term totalitarisme? (1 x 2) (2) 1.5.3 Verduidelik hoe Truman die vestiging van Sowjet-vriendelike regerings in Oos-Europa beskou het. Gebruik bewyse in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.5.4 Gee TWEE maniere, volgens Truman, waarop die Verenigde State van Amerika die 'vry mense' van Europa kon ondersteun. (2 x 1) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Westerse moondhede en die Sowjetunie na 1945 op die politieke ontwikkelinge in Europa gereageer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2015 SSE VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE INGRYPING TUSSEN 1974 EN 1976 KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA VERERGER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Identifiseer die VIER lande (buite Afrika) wat voor en na onafhanklikheid in Angola betrokke was. (4 x 1) (4) 2.1.2 Definieer die term supermoondhede in die konteks van die Koue Oorlog in Angola. (1 x 2) (2) 2.1.3 Verduidelik waarom die volgende lande na 1975 in Angola betrokke geraak het: (a) Verenigde State van Amerika (1 x 2) (2) (b) Suid-Afrika (1 x 2) (2) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Waarom, volgens die bron, het Fidel Castro besluit om troepe na Angola te stuur? (2 x 1) (2) 2.2.2 Verduidelik waarom die Amerikaanse regering 'verkies (het) om hulle betrekkinge met die apartheidsregime as onbelangrik af te maak'. (1 x 2) (2) 2.2.3 Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse Kongres die president se versoek vir bykomende fondse om die operasie in Angola te befonds, verwerp? (3 x 1) (3) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik waarom China bereid was om met die vorming van 'n koalisieregering in Angola te help. (2 x 2) (4) 2.3.2 Waarom, volgens die I Wor Kuen, was die Sowjetunie in Angola betrokke? (3 x 1) (3) 2.3.3 Wat was die hoofrede vir die Verenigde State van Amerika se betrokkenheid by Angola? (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik tot watter mate 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as bruikbaar sal beskou vir navorsing oor die motiewe van die supermoondhede se ingryping in Angola. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2015 SSE 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprent oordra oor die Sowjetunie se betrokkenheid by Angola. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.4.2 Lewer kommentaar op die titel van die spotprent, 'Op die vingers tik' ('Knuckle-rapping'), in die konteks van hoe die Verenigde State van Amerika op die Sowjetunie in Angola gereageer het. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer Bron 2C en 2D. Verduidelik op watter maniere die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2C oor die Amerika se betrokkenheid by Angola, weerspreek (teenspreek). (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe buitelandse ingryping tussen 1974 en 1976 Koue Oorlog- spanning in Angola vererger het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2015 SSE VRAAG 3: WATTER UITWERKING HET DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN DIE 1950's OP RASSEVERHOUDINGE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Gee TWEE redes, in die bron genoem, waarom die 1954-hoog- geregshofbeslissing 'n deurslaggewende tree vir die desegregasie van skole in die Verenigde State van Amerika was. (2 x 1) (2) 3.1.2 Noem die TWEE instellings, in die bron genoem, waarna die hooggeregshofbeslissing van 1956 uitgebrei (verleng) is. (2 x 1) (2) 3.1.3 Waarom, dink jy, het die hooggeregshof beslis dat desegregasie 'met die grootste spoed' voortgaan? (1 x 2) (2) 3.1.4 Definieer die term desegregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.5 Watter faktore, in die bron genoem, het skole gemotiveer om in 1957 met die desegregasieproses te begin? (2 x 1) (2) 3.1.6 Verduidelik of President Eisenhower se besluit om in 1957 federale troepe na Little Rock te stuur, billik was. (2 x 2) (4) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Wat, dink jy, was die hoofdoel van hierdie foto? (1 x 2) (2) 3.2.2 Waarom het wit Amerikaanse ouers besluit om hulle kinders toe te laat om deel van hierdie byeenkoms te wees? (1 x 2) (2) 3.2.3 Die vlae van beide die Konfederasie en die Verenigde State van Amerika kan in die foto gesien word. Verduidelik waarom jy dink een van die jong betogers verkies het om die Konfederasie-vlag te swaai. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2015 SSE 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Wat het President Eisenhower gemotiveer om op 24 September 1957 sy toespraak vanuit die Withuis te lewer? (2 x 1) (2) 3.3.2 Verduidelik waarom plaaslike owerhede nie in staat was om die gewelddadige teenstand wat in 1957 in Little Rock plaasgevind het, uit te skakel nie. (2 x 2) (4) 3.3.3 President Eisenhower het 'n uitvoerende bevel uitgevaardig vir troepe om federale wetgewing in Little Rock af te dwing. Gee TWEE redes, in die bron genoem, vir hierdie besluit. (2 x 1) (2) 3.3.4 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as bruikbaar sal beskou wanneer die federale regering se betrokkenheid by Central High School nagevors word. (2 x 2) (4) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Noem die TWEE kwessies wat Jackie Robinson verplig het om hierdie brief aan President Eisenhower te skryf. (2 x 1) (2) 3.4.2 Wat vertel Jackie Robinson se bywoning van die 'spitsberaad van swart Amerikaner-leiers' jou van sy houding teenoor segregasie? (1 x 2) (2) 3.4.3 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik of die doelwitte van die prosegregasieleiers bereik is. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die gevolge wat die desegregasie van Central High School in die 1950's op rasseverhoudinge in die VSA gehad het, verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2015 SSE AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Ten spyte van die ontplooiing van troepe (soldate), wapens en ammunisie het die Verenigde State van Amerika nie daarin geslaag om die verspreiding van kommunisme in Viëtnam te voorkom nie. Bespreek krities die geldigheid van hierdie stelling met verwysing na die betrokkenheid van die Verenigde State van Amerika by die Viëtnam-oorlog tussen 1965 en 1975. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Nóg die Kongo nóg Tanzanië was suksesvol om na onafhanklikheid in die 1960's hulle ekonomieë tot volle sterkte te ontwikkel. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur relevante bewyse te gebruik. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING Verduidelik tot watter mate die Black Panther-party in die 1960's die filosofie van Swart Mag suksesvol in die Verenigde State van Amerika bevorder het. Gebruik relevante bewyse om jou antwoord te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all