Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2015
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)

View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 382.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2015
SSE – Memorandum
BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
KOGNITIEWE GEWIGSTOEKENNING
HISTORIESE VAARDIGHEDE
VLAKKE VAN VRAE
• Onttrek inligting in bronne
• Selektering en organisasie van
relevante inligting in bronne 30%
VLAK 1
• Definieer historiese (15)
begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse in
bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry in
(20)
bronne
• Analiseer bewyse in bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse
in bronne
• Skakel met bronne om
bruikbaarheid, betroubaarheid,
eensydigheid en beperkings vas 30%
VLAK 3 te stel (15)
• Vergelyk en kontrasteer
interpretasies en perspektiewe in
die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• Wanneer oopeinde- brongebaseerde vrae geassesseer word, moet
leerders krediet ontvang vir enige ander relevante antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2015
SSE – Memorandum
OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae eis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaar voeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks
feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal
bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
benadering moedig die leerder aan om 'n individuele mening aan te bied deur
gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om 'n argument te
ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer te
skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook
ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om
die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van
opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse.
Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese
assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien
die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die skryfwerk moet regmerkies
toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt
('bullet') in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/
aspek wat volledig gekontekstualiseer is en 'n relevante
slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt in die nasienriglyn/
memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar
dus 7 regmerkies wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in
die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel
moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n
Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding,
gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om die inhoudsvlak
(op die matriks) vas te stel.
C VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die
matriks) van die aanbieding bepaal.
C VLAK 4
P VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
C VLAK 4
} 26–27
P VLAK 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2015
SSE – Memorandum
GLOBALE ASSESSERING VAN OPSTELLE: TOTALE PUNTE: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms Poging Weinig of
beplande en beplande en en beplan en bewyse van ʼn aangewend om geen poging
gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerde ʼn antwoord te om die opstel
opstel. opstel. opstel. Getuienis en beplande struktureer. te struktureer
Goeie sintese 'n Relevante Poog om ʼn gebruik tot 'n argument. Grootliks nie.
van inligting. argumentslyn is duidelike sekere mate om Poog om ʼn beskrywend,
'n Goed gevolg. argument te argument te argumentslyn of poog om
gebalanseerde, Bewyse gebruik ontwikkel. ondersteun. vol te hou. argument te
INHOUD oorspronklike om die Gevolgtrekking Slotsom bereik Gevolgtrekking ontwikkel.
en onafhanklike argument verkry uit op nie duidelik Geen poging om
argumentslyn is te verdedig. bewyse om die grond van ondersteun deur ʼn gevolgtrekking
ontwikkel met Poog om ʼn argumentslyn te getuienis. getuienis nie. te bereik nie.
bewyse. onafhanklike ondersteun.
Argument gevolgtrekking
deurgaans uit die bewyse
volgehou en te verkry om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
is bereik uit
bewyse
gebruik om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudkeuse ten volle
relevant tot die 47–50 43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudkeuse relevant 43–46 40–42 38–39
tot die argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
genoegsaam en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante
inhoudkeuse.
VLAK 3
Inhoudkeuse hou
verband met die
vraag, maar
beantwoord dit nie.
26–27 24–25 20–23
Hou soms nie verband
met die vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord.
20 –23 18–19 14–17
Inhoud skraal
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie.
14 –17 0–13
Ontoereikend of
irrelevante inhoud
* Riglyne vir die toekenning van ‘n punt vir Vlak 1
• Vraag is glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =0
• Vraag sluit basisese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie =1-6
• Vraag is ontoereikend en vaag beantwoord; geen poging om die opstel te struktureer nie = 7 – 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE IDEOLOGIE VAN SWART BEWUSSYN DIE STUDENTE
VAN SOWETO BEÏNVLOED OM DIE APARTHEIDSREGERING IN DIE
1970's UIT TE DAAG?
1.1
1.1.1 [Verduideliking van historiese konsep in Bron 1A – V1]
• SB moedig swart Suid-Afrikaners aan om selfvertroue te hê, trots te wees
en in hulself te glo
• SB het beweer dat swart Suid-Afrikaners nie hulself as minderwaardig
teenoor wit Suid-Afrikaners moet beskou nie
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse in Bron 1A – V1]
• Selfhaat
• Lae selfbeeld
• Minderwaardige onderrig
• Minderwaardige waardes
• Minderwaardige oortuigings (enige 3 x 1) (3)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Die kleur van jou vel bepaal nie wie of wat jy is nie
• Jou houding en sielkundige toestand weerspieël wat jy van jouself dink
• Jou houding bepaal wie jy is, nie die kleur van jou vel nie
• As jy die kleur van jou vel aanvaar, het jy jouself bevry
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Verduideliking van bewyse in Bron 1A – V2]
• Biko het 'n proses van sielkundige emansipasie (selfbevryding) voorgestel.
• Biko het die bevryding van die persoon 'as geheel' voorgestel
• Biko het die bevryding van sielkundige, fisiese en spirituele onderdrukking
voorgestel
• Biko het metafisiese opstand en politieke mobilisering voorgestel
• Biko het die verwerping van alles wat swart mense tot slaaf maak,
voorgestel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse in Bron 1A – V1]
• Die ideologie van Swart Bewussyn het die idee van swart Suid-Afrikaners
as slawe verwerp
• Die ideologie van Swart Bewussyn was die wete dat swart Suid-Afrikaners
as 'n verenigde groep sosiaal, polities en ekonomies onoorwinbaar sou
wees. (2 x 1) (2)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 1B – V1]
• Dit het die manier waarop jong swart Suid-Afrikaners gedink het, verander.
• Dit het hulle selfbeeld 'n hupstoot gegee. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2015
SSE – Memorandum
1.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
• Dit was moeilik om in 'n vreemde taal te leer
• Die instel van Afrikaans het veroorsaak dat swart Suid-Afrikaanse studente
'n minderwaardigheidskompleks ontwikkel het
• Die instel van Afrikaans het veroorsaak dat swart Suid-Afrikaanse studente
onbevoeg voel
• Die instel van Afrikaans het veroorsaak dat baie swart Suid-Afrikaanse
studente gevoel het dat hulle intellektueel minderwaardig was
• Die instel van Afrikaans het 'n negatiewe invloed op die akademiese
vordering van studente gehad (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
• Studente het hulle eksamens gedruip
• Studente kon nie die Afrikaanse taal verstaan nie/ skielike verskuiwing na
Afrikaans
• Die studente kon nie die tegniese terme en jargon verstaan wat nou in
hulle vakke gebruik is nie (1 x 2) (2)
1.2.4 [Vertolk en evalueer bewyse in Bron 1B – V3]
STEM SAAM
• Swart Suid-Afrikaanse studente het nie die taal verstaan nie
• Swart Suid-Afrikaanse studente het gesukkel om in 'n vreemde taal te leer
• Swart Suid-Afrikaanse studente het minderwaardig gevoel
• Swart Suid-Afrikaanse studente het die taal met die onderdrukker
geassosieer
• Swart Suid-Afrikaanse studente het hulle eksamens gedruip
• Enige ander relevante antwoord
OF
STEM NIE SAAM NIE
• Nie alle leerlinge het teen die onderrig in Afrikaans geprotesteer nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
• Studente was teen die gebruik van Afrikaans as ʼn onderrigmedium in skole
gekant
• Die studente wou hê dat Afrikaans as ʼn onderrigmedium afgeskaf word
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.6 [Vergelyking van bewyse in die geskrewe en visuele bron in Bron 1B – V3]
• Die geskrewe bron beklemtoon dat studente ongelukkig was oor die instel
van Afrikaans as onderrigmedium terwyl die visuele bron toon hoe
studente teen die instel van Afrikaans as 'n onderrigmedium betoog.
• Die geskrewe bron beklemtoon studente wat protesaksies organiseer,
terwyl die visuele bron studente toon wat hul ongelukkigheid met die
gebruik van Afrikaans (plakkaat: Afrikaans moet afgeskaf word),
demonstreer.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2015
SSE – Memorandum
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 1C – V1]
• Orlando West Junior High School
• Morris Isaacson High School
• Orlando West High School (3 x 1) (3)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Die ouers en onderwysers het die studente ondersteun omdat hulle nie
wou hê dat die leerders in die taal van die onderdrukker onderrig moet
word nie.
• Die ouers en onderwysers wou nie die leerders aan die eise van die
apartheidsregering onderwerp nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 1C – V1]
• Weiering of verwerping van die implementering van 'n wet/stelsel
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.3.4 [Onttrekking van bewyse in Bron 1C – V1]
• Die reaksie van die Soweto-studente wat die betoging op 16 Junie
bygewoon het, het die verwagtinge van die organiseerders oortref
• 30 000 stuente het die dag by Orlando West High School bymekaar gekom
(1 x 2) (2)
1.3.5 [Verduideliking van inligting in Bron 1C – V2]
Die slagspreuke was doeltreffend, want:
• Druk die woede van die gemeenskap uit
• Wys dat hulle vasbeslote was om die mag by die wit minderheidsregime af
te neem
• Wys dat hulle vasbeslote was om bevry te word
• Wys dat hulle nie wou stop voordat die regering in die hande van die
mense was nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.4 [Interpretasie, evaluering en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Steve Biko het jong, swart Suid-Afrikaners geïnspireer om op te tree (Bron
1A)
• Swart Bewussyn was 'n filosofie wat selfbeeld, trots en 'n regmatige plek in
die samelewing aangemoedig het (Bron 1A)
• Leerders kon nie die inhoud en terminologie van die vakke wat hulle in die
skool gehad het, verstaan nie. (Bron 1B)
• As gevolg hiervan het hulle hul eksamens gedruip (eie kennis)
• Hulle het in protes in die strate betoog (Bron 1B)
• Ondersteun deur hulle ouers en onderwysers (Bron 1C)
• Het as 'n vreedsame betoging begin (Bron 1C)
• Baie lewens is verloor (Bron 1C)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2015
SSE – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv. toon min
of geen begrip van hoe die ideologie van Swart
Bewussyn die studente van Soweto beïnvloed het
VLAK 1 om die apartheidsregering in die 1970's uit te daag PUNTE
nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband het
die onderwerp bv. toon gedeeltelike begrip van hoe
die ideologie van Swart Bewussyn die studente van
VLAK 2 Soweto beïnvloed het om die apartheidsregering in PUNTE
die 1970's uit te daag. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse wat op die onderwerp fokus,
bv. toon 'n deeglike begrip van hoe die ideologie van
Swart Bewussyn die studente van Soweto beïnvloed
VLAK 3 het om die apartheidsregering in die 1970's uit te
PUNTE
daag.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 2: WAS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL OM SUID-AFRIKA
SE VERDEELDE VERLEDE TE GENEES?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – V1]
• Om ernstige menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 plaasgevind
het, te ondersoek en die aard, oorsake en omvang daarvan te bepaal
• Om amnestie toe te staan aan oortreders wat alle relevante feite oor
misdade wat in die nastreef van 'n politieke doelwit gepleeg is, volledig
onthul het
• Om slagoffers van ernstige menseregteskendings te identifiseer, te vind
en vergoeding aan te beveel
• Om 'n verslag saam te stel met aanbevelings wat gemik is op die
voorkoming van menseregteskendings in die toekoms (enige 2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – V1]
• Die jare van die apartheidsregering is as die wreedste beskou as gevolg
van die implementering van beleide van diskriminasie teen swart Suid-
Afrikaners (1 x 2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Apartheid het die menseregte van die meeste Suid-Afrikaners geskend
• Apartheid het op grond van velkleur teen Suid-Afrikaners gediskrimineer
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A – V1]
• Om amptelike kwytskelding toe te staan vir 'n polities gemotiveerde
misdaad/om berou te toon en om vergifnis te vra
• Uitsluiting van vervolging na bekendmaking
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V3]
Kandidate moet aandui in watter mate die bron BRUIKBAAR of NIE
BRUIKBAAR is nie en hul antwoord met relevante bewyse motiveer.
BAIE BRUIKBAAR
• Verduidelik die doelwitte van die stigting van die WVK
• Gee 'n oorsig van die tydperk van ondersoek
• Gee redes waarom daar 'n behoefte aan die WVK was
• Gee inligting oor die drie Komitees wat die werk van die WVK gedoen het
• Enige ander relevante antwoord
MINDER BRUIKBAAR
• Dit gee 'n eensydige siening/bevooroordeeld oor waarom die WVK gestig
is
• Mense wat teen die stigting van die WVK gekant was, word nie genoem
nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.1.6 [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – V1]
• Die Komitee vir Menseregteskendings
• Die Komitee vir Amnestie
• Die Komitee vir Rehabilitasie en Vergoeding (3 x 1) (3)
2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Oortreders en slagoffers moes voor die WVK verskyn en 'n volledige
onthulling doen
• Oortreders en slagoffers moes voor die WVK verskyn en die waarheid
onthul
• Mense moes polities gemotiveerde misdade gepleeg het om amnestie te
kon ontvang (tussen 1960 en 1994)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse in Bron 2B – V1]
• Die Amnestiekomitee het verhoed dat enige siviele saak of eis teen die
oortreders ingestel kan word.
• Die Amnestiekomitee en verhoed dat die familie regstappe kon doen
• Die Amnestiekomitee het die familie nie toegelaat om 'n siviele eis teen
Steve Biko se moordenaars in te stel nie, omdat hulle 'n volledige
onthulling gedoen het.
• Die Amnestiekomitee is nie deur Steve Biko se nalatenskap beïnvloed toe
die oortreders oor sy dood verhoor is nie.
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Hy het geweet dat die WVK nie 'n hof van die gereg is nie
• Hy wou nie sy betrokkenheid in die pleeg van menseregteskendings
gedurende die apartheid era bekendmaak nie
• Hy het dit gesien as ʼn ‘heksejag’ teen wit Suid-Afrikaners
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.2.4 [Uittreksel uit bewyse van Bron 2B – V1]
• 'n Verdere voorbeeld van die probleme met die amnestieproses kan gesien
word in die uitdagings met dr. Wouter Basson '
• ... baie selferkende moordenaars en martelaars, of die leierskap wat
opdrag vir sulke dade gegee het, [bly] op vrye voet en in 'n posisie van
mag in die nuwe bedeling.'
• 'Na herhaalde en mislukte pogings om inligting oor sy aktiwiteite tydens
apartheid uit dr. Basson te kry, is die saak uiteindelik na die staat se
vervolgingsgesag verwys.' (enige 1 x 1) (1)
2.3
2.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• In die uitbeelding lyk dit asof dr. Basson nie bekommerd is oor die
bevindinge en werk van die WVK nie
• Dr. Basson het ʼn negatiewe houding teenor die WVK getoon
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Dr. Basson wou hê dat die WVK ontbind sodat hy nie vervolg sou word nie
• Die gebruik van die woorde 'chemiese proses vir beskerming teen die
WVK' is 'n duidelike aanduiding dat dr. Basson nie voor die WVK wou
verskyn nie
• Die woorde 'vermy kontak totdat WVK spontaan ontbind' suggereer dat
dr. Basson sy verskyning voor die WVK wou probeer uitstel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2C – V3]
Krediet moet gegee word aan kandidate as hulle in hul antwoord verwys
na die woord ‘albei bronne’
• Bron 2C beeld dr. Basson se onverskillige/ negatiewe houding teenoor die
WVK wat die amnestieproses gedwarsboom het, uit, terwyl geskrewe
bewyse in Bron 2B aandui dat dr. Basson geweier het om voor die
Amnestiekomitee te verskyn en dus die WVK van sy volledige onthulling
van hoe hy chemiese oorlogvoering gebruik het terwyl hy vir die
apartheidsregime gewerk het, ontneem het. Dit het die menseregte van
politieke aktiviste geskend
• Bron 2C wys dat dr. Basson die stryd teen die WVK-verhore gewen het.
Volgens Bron 2B het dr. Basson nooit die verhore bygewoon nie en
uiteindelik die saak gewen, en dus een van die doelwitte van die WVK,
naamlik volledige onthulling deur die oortreders wat mensregteskendings
gepleeg het, verontagsaam het
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.5
2.5.1 [Verduideliking van historiese konsep in Bron 2D – V1]
• Dit is 'n poging om eertydse vyande saam te bring/ kompromis/ reünie/
begrip, asook om vergifnis te vra
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Beide PW Botha en Mangosuthu Buthelezi het hulle grondwetlike reg om
nie voor die WVK te verskyn nie, uitgeoefen
• Albei leiers het die samestelling van die WVK bevraagteken
• Die WVK kon hulle nie dwing om te verskyn nie
• PW Botha het die WVK 'n 'sirkus'/ ‘heksejag’ genoem
• Buthelezi het nie geglo dat die WVK die regte en effektiewe instrument
was om nasionale versoening te bring nie
• Beide PW Botha en Mangosuthu Buthelezi was bang om voor die WVK te
verskyn as gevolg van die beweerde gruweldade wat hulle gepleeg het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Die Biko-familie het die grondwetlikheid van die amnestieproses
bevraagteken
• Die Biko-familie wou nie hê dat Biko se moordenaars vrygespreek
word/amnestie ontvang nie
• Die Biko-familie wou hê die moordenaars moet in 'n hof verskyn
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/2015
SSE – Memorandum
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:
Kandidate moet 'n standpunt kies en verduidelik of die amnestieproses
van die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se verdeelde verlede te
genees.
Suksesse
• Die Wet op die Bevordering van Nasionale Versoening en Eenheid het 'n
mandaat aan die WVK verskaf om menseregteskendings wat tussen 1960
en 1994 gepleeg is, te ondersoek. (Bron 2A)
• Daar is gehoop dat hierdie proses tot die onthulling van die waarheid,
versoening, amnestie en genesing sou lei. (Eie kennis)
• In baie gevalle het die onthulling van die waarheid tot versoening,
vergifnis, afsluiting en genesing gelei. (Eie kennis)
• Die Amnestiekomitee kon die meeste apartheidsvoetsoldate dagvaar om
getuienis te lewer. Dit het die WVK toegelaat om verdere ondersoeke te
doen om die waarheid te onthul. (Bron 2C)
• Sommige slagoffers van menseregteskendings (bv. Mtimkulu, Ndwandwe
en Trust Feed-families) het voor die WVK verskyn (eie kennis) en is met
die oortreders versoen.
• Baie oortreders (bv. Brian Mitchell, Adriaan Vlok, Gideon Nieuwoudt,
Jacques Hechter en Paul van Vuuren) het voor die WVK verskyn en
amnestie ontvang.
• Enige ander relevante antwoord
Mislukkings
• In die geval van Steve Biko se moord, het amnestie nie tot genesing gelei
nie (Bron 2B)
• Die Biko-familie wat gekant teen amnestie vir diegene wat vir Steve Biko
se moord verantwoordelik was (Bron 2B)
• Genesing was onvolledig omdat vergoeding aan slagoffers onvoldoende
was (Bron 2B)
• Dr. Wouter Basson het geweier om getuienis te lewer voor die WVK, wat
genesing moeilik gemaak het (Bron 2C)
• Die feit dat baie oortreders nie gedwing kon word (dr. Wouter Basson) om
voor die WVK te verskyn nie, het die WVK oneffektief gemaak in die soeke
na die waarheid (Bron 2B)
• Sommige slagoffers het gevoel dat die WVK die oortreders bevoordeel het
deur die amnestieproses. (Bron 2D)
• Baie leiers (PW Botha, Mangosuthu Buthelezi) het geweier om voor die
WVK te verskyn (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/2015
SSE – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv. toon
min of geen begrip of die amnestieproses van die
WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se PUNTE
VLAK 1
verdeelde verlede te genees nie 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon 'n begrip of die
amnestieproses van die WVK daarin geslaag het PUNTE
VLAK 2
om Suid-Afrika se verdeelde verlede te genees. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip
of die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se
PUNTE
VLAK 3 verdeelde verlede te genees.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat begrip van die onderwerp aandui.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 3: WAAROM HET SUID-AFRIKA 'N LID VAN DIE BRIC-GROEP
GEWORD?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 3A – V1]
• Brasilië
• Rusland
• Indië
• China (enige 2 x 1) (2)
3.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
• President Zuma het Suid-Afrika as 'n strategies en ekonomies volhoubare
bestemming op die Afrika-kontinent bemark wat as 'n ingangspunt vir die
res van Afrika dien
• President Zuma het die land as 'n poort na Afrika bemark omdat Suid-
Afrika 'n baie belangrike streeksinvloed bly as gevolg van die grootte van
sy ekonomie
• President Zuma het Suid-Afrika as die setel waarvandaan globalisering na
die res van Afrika suid van die Sahara versprei word, bemark
• President Zuma het Suid-Afrika bemark as 'n bewese leier in NEPAD en
dit het deur Suid-Afrika se rol in die sake van Afrika bewys dat Suid-Afrika
die poort na Afrika is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1]
• Dit is 'n ekonomie met 'n lae tot gemiddelde per kapita-inkome
• Dit is 'n nasie met sosiale of sake-aktiwiteit wat in die proses van vinnige
groei en industrialisering is
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
• Die BRIC-beraad is in China gehou om Suid-Afrika as 'n amptelike lid van
BRICS te verwelkom
• Die beraad het erkenning aan Suid-Afrika as 'n steeks- ekonomiese en
politieke mag in Afrika gegee
• BRIC het verander na BRICS (Suid-Afrika het 'n lid van die BRIC-groep
geword).
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.5 [Onttrekking van bewyse in Bron 3A – V1]
• Meer handel met BRIC-lande
• Meer beleggingsgeleenthede
• Direkte handel in eie geldeenheid met BRIC-lede
• Beskerming van BRIC-lede teen die wisselvallige internasionale
geldeenhede (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/2015
SSE – Memorandum
3.1.6 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3A – V3]
• Die bron is bruikbaar omdat dit toon hoe Suid-Afrika uitgenooi is om 'n lid
van die BRIC-groep te word (President Zuma het steun gewerf by BRIC-
lande om 'n lid te word)
• Die bron is bruikbaar omdat die bewyse die datum noem waarop Suid-
Afrika 'n lid van BRIC geword het (Suid-Afrika het in Desember 2010 'n lid
geword)
• Die bron is bruikbaar omdat die bewyse toon hoe BRIC na BRICS
verander het toe Suid-Afrika 'n nuwe lid geword het
• Die bron is bruikbaar omdat die BRICS-groep erkenning aan Suid-Afrika
se lidmaatskap gegee het deur die vyfde beraad in Durban te hou
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Suid-Afrika het die BRICS-beraad aangebied
• Suid-Afrika het die kleinste ekonomie onder die BRICS-lande
• Suid-Afrika word deur die ander BRIC-lande as 'n pion gebruik
• Suid-Afrika se rol in die BRICS-groep het 'n minimale impak
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• President Zuma was gelukkig dat Suid-Afrika die BRICS-beraad aanbied
• President Zuma was gelukkig/tevrede dat Suid-Afrika 'n lid van die BRIC-
groep geword het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3 [Vergelyk bewyse in Bron 3A en 3B – V3]
• Bron 3A noem dat die BRICS-beraad in China gehou is (2011), waar Suid-
Afrika uitgenooi is om lid van BRIC te word, terwyl Bron 3B toon dat Suid-
Afrika die BRICS beraad gehou het
• Bron 3A noem dat Suid-Afrika uitgenooi is om 'n lid van die BRIC-groep te
word, terwyl Bron 3B bewyse toon dat Suid-Afrika 'n lid van die BRICS-
groep geword het.
• Beide bronne 3A en 3B toon die lande wat die BRICS beraad bygewoon
het
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.4
3.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Suid-Afrika is ekonomies nie so sterk soos die ander BRICS-lede nie/
Suid-Afrika se teenwoordigheid vertraag BRICS
• Suid-Afrika se ekonomie is te klein in verhouding tot die ander BRICS-lede
• Suid-Afrika se lidmaatskap is swak in vergelyking met die ander BRICS-
lande.
• Suid-Afrika se ekonomiese groei is te klein om 'n lid van die BRICS-groep
te wees.
• Ander ontwikkeldende lande (Saoedi-Arabië, Meksiko) het eerder verdien
om lede van die BRICS-groep te wees, omdat hulle ekonomieë groter en
sterker is.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/2015
SSE – Memorandum
3.4.2 [Onttrekking van inligting in Bron 3C – V1]
• Die res van Afrika sal na verwagting 'n gemiddeld van 7% oor die kort- tot
mediumtermyn groei (Suid-Afrika se groei oor die kort- tot mediumtermyn
sal laer as ander lande in Afrika wees.) (1 x 2) (2)
3.4.3 [Onttrekking van inligting in Bron 3C – V1]
• Faksionalisme binne die regerende party
• Suid-Afrika het fokus verloor
• Valse aanspraak ('Entitlement') (2 x 1) (2)
3.5
3.5.1 [Onttrekking van inligting in Bron 3D – V1]
• Suid-Afrika is 'n land ryk aan minerale
• Suid-Afrika is die grootste produsent van sommige minerale
• Suid-Afrika is die grootste goudprodusent
• Suid-Afrika bied hoogs gesofistikeerde myndienste
• Suid-Afrika kan nasionale belange en waardes, menseregte, demokrasie
en goeie regering bevorder (enige 2 x 1) (2)
3.5.2 [Onttrekking van inligting in Bron 3D – V1]
• China (1 x 1) (1)
3.5.3 [Onttrekking van inligting in Bron 3D – V1]
• Suid-Afrika se missie is om nasionale belange en waardes te bevorder
• Suid-Afrika bevorder menseregte
• Suid-Afrika bevorder demokrasie
• Suid-Afrika bevorder goeie regering
• Suid-Afrika bevorder die Afrika-agenda (enige 3 x 1) (3)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hul antwoorde insluit:
• Suid-Afrika is in 2010 genooi om by die BRICS-groep aan te sluit (Bron
3A)
• President Zuma het die land as die poort na Afrika bemark (Bron 3A)
• President Zuma het gesê dat dit belangrik was om deel van die BRICS-
groep te wees (Bron 3A)
• Lidmaatskap van BRICS het ekonomiese en politieke voordele (Bron 3A)
• Suid-Afrika het in 2011 'n lid van die BRICS-groep geword
• Die vyfde BRICS-beraad is in 2013 in Suid-Afrika gehou (Bron 3B)
• Suid-Afrika se mineraalrykdom word beskou as 'n positiewe bydrae tot die
BRICS-groep (Bron 3D)
• Handel tussen Suid-Afrika en BRICS-lede het aansienlik toegeneem
(Bron 3D)
• Suid-Afrika se bydrae kan ook in terme van ontwikkeling wees
(bevordering van menseregte, demokrasie en goeie regering) (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 18 DBE/2015
SSE – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv. toon
geen of min begrip van waarom Suid-Afrika 'n lid
van die BRIC-groep geword het nie PUNTE
VLAK 1 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf 0–2
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom
Suid-Afrika 'n lid van die BRIC-groep geword het. PUNTE
VLAK 2 • Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n 3–5
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip
van waarom Suid-Afrika 'n lid van die BRIC-groep
geword het. PUNTE
VLAK 3
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde 6–8
paragraaf wat begrip van die onderwerp toon
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 19 DBE/2015
SSE – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die stelling akkuraat is of nie. Hulle moet fokus op PW Botha
se grondwethervorminge wat nie aan die eise van onderdrukte Suid-Afrikaners voldoen
het nie. Hierdie veranderinge het 'n vloed van volgehoue, massagedrewe opstande
ontketen wat nie voorheen in Suid-Afrika ervaar is nie. Hulle moet die aard van die
verset waarmee anti-apartheidsorganisasies begin het en hoe dit deur die 1980's
volgehou is, bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate behoort die volgende aspekte by hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en fokus op hoe PW Botha se
hervorminge tot landswye opstande gelei het omdat dit nie aan die eise van die
meerderheid Suid-Afrikaners voldoen het nie. Hulle moet toon hoe weerstand tot die
beëindiging van Apartheid gelei het.
UITBREIDING
• Botha se beleid van ‘Totale aanslag’ en ‘Totale Strategie’
• Botha poog om apartheid te hervorm deur in 1983 die driekamerregering in te stel.
• Die stigting van die UDF in reaksie op die driekamerregering-stelsel
• Die eerste veldtog van die UDF was nie 'Don't Vote' (Moenie stem nie)-veldtog (Om
Kleurlinge en Indiërs aan te moedig om nie in verkiesings vir die driekamerregering
te stem nie) en die 'Million Signature' (Miljoen Handtekeninge)-veldtog ('n petisie
teen apartheid)
• Die verskerping van die interne weerstand, bv. gewelddadige betogings in die
Vaaldriehoek
• Die Vaal Civic Association het boikotte gereël (polisie het die burgerleiers
gearresteer, die Vaal-townships het met massabetogings begin, raadslede is
vermoor, skole het met boikotte begin)
• Die regering het opeenvolgende toestande van nood afgekondig in 1985 en 1986
om teenkanting teen apartheid te stuit, maar dit was 'n mislukking.
• Die rol van unies (die stigting van COSATU was 'n keerpunt in die stryd om vryheid
en demokrasie; die African Food Canning Workers' Union het 'n oproep gedoen vir
die eerste nasionale staking)
• Hierdie stakings was daarop gemik om die werkstoestande van werkers te verbeter
en het politieke regte ingesluit
• Stryd om onderwys – 'Education Crisis Committee', COSAS en NUSAS het die
'Education Charter' (Onderwysmanifes)-veldtog ens. geloods.
• Die rol van die veldtog om diensplig af te skaf (wit Suid-Afrikaanse mans het
diensplig in die weermag teengestaan. Baie wit soldate het gevoel dit is verkeerd
om townshipopstande te probeer onderdruk)
• Die veldtog om diensplig af te skaf het die 'Troepe uit die Townships'-veldtog
geloods. Jong wit mans het geweier om in die Suid-Afrikaanse weermag te dien.
• Die rol van Black Sash (hulle het Apartheid teengestaan en humanitêre hulp aan
slagoffers van Apartheid gegee).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 20 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol in die stryd teen Apartheid gespeel (dit het
die ekonomie beïnvloed, en die verswakkende ekonomie het wit Suid-Afrikaners
negatief beïnvloed).
• Die rol en impak van die Mass Democratic Movement (MDM)
• Teen die einde van 1989 was die land onregeerbaar en die apartheidsregering is
geforseer om met die bevrydingsbewegings te onderhandel
• Enige ander relevante inligting
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking
opsom. [50]
Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hul antwoord met relevante bewyse
ondersteun.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 21 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 5
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui in watter mate die leiers van verkillende politieke organisasies
in staat was om uitdagings op die pad na demokrasie te bowe te kom.
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en die verskeie uitdagings wat tot die
ineenstorting van die onderhandelingsproses gelei het en die politieke rolspelers
wat die situasie gered het, aandui.
UITBREIDING
• De Klerk het in 1989 aan bewind gekom
• Mandela is uit die tronk vrygelaat
• Politieke en burgerorganisasies is ontban
• Grootte Schuur-minuut (samesprekings tussen ANC en NP)
• Geweld in die Vaaldriehoek
• Pretoria-minuut
• Vergadering van politieke partye – CODESA 1 (20 Desember 1991)
• Verklaring van Voorneme
• Voortslepende geweld op passasierstreine aan die Rand
• Referendum vir alleenlik wittes (1992)
• CODESA 2 (2 Mei 1992)
• Boipatong-slagting en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)
• Massabetogings deur anti-apartheidsorganisasies om De Klerk se regering te dwing
om dwarsdeur die land met integriteit te onderhandel
• Bhisho-slagting (Gqozo) en die effek daarvan op die onderhandelingsproses
(7 September 1992)
• Rekord van verstandhouding – Meyer en Ramaphosa
• Multiparty- Onderhandelingsforum – regse aanval deur die AWB by die
Wêreldhandelsentrum
• Oorgangsklousule deur Slovo
• Moord van Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
• Datum van die eerste demokratiese verkiesing vasgestel
• Mandela as eerste swart president verkies
• Enige ander relevante antwoord
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking
opsom [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 22 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 6
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. Hulle moet 'n
redenasie gee of die ineenstorting van die Sowjet unie grootliks verantwoordelik was
vir politieke veranderings wat na 1989 in Suid-Afrika voorgekom het. Hulle moet 'n
standpunt inneem en hulle antwoord met historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet noem in watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie
verandering in Suid-Afrika beïnvloed het en of ander faktore ook tot verandering
bygedra het, en hulle redenasie met relevante bewyse ondersteun.
UITBREIDING
Kandidate wat met die stelling saamstem, moet die volgende punte by hulle antwoord
insluit:
• Impak van Glasnost en Perestroïka
• In die 1980's het die Suid-Afrikaanse regering voor 'n veranderde wêreldorde
gestaan
• Suid-Afrika het as gevolg van sy beleid van apartheid geïsoleerd geraak
• Die meeste van Suid-Afrika se buurlande het onafhanklik geraak
• Aan die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer
• Die kommunistiese regimes van Oos-Europa het ineengestort
• Die Berlynse Muur is afgebreek
• Veranderinge in die wêreld het bygedra tot die einde van apartheid
• Die ineenstorting van die USSR het die ANC van sy hoofbron van ondersteuning
ontneem
• Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen 'n kommunistiese aanslag
wou beskerm, het onrealisties geword
• Westerse wêreldmagte het die voorstel dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en
deur 'n politieke oplossing oplos, ondersteun
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party-regering nie wit oorheersing
onbepaald kon volhou nie.
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord op
die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling is nie
• Dit was duidelik dat die volgehoue onderdrukking van swart Suid-Afrikaners nie
politieke stabiliteit sou verseker nie.
• Die regering het begin glo dat hervorming die ontwikkeling van 'n sterk swart
middelklas wat as 'n 'skans teen revolusie' sal dien, sou moes insluit.
• PW Botha se beleid van 'totale strategie' het nie gewerk nie
• Die sekuriteitsmagte en noodtoestande het nie townshipopstande gekeer nie
• Teen die laat 1980's was die Suid-Afrikaanse ekonomie in 'n toestand van depressie
• PW Botha het 'n beroerte gehad en is deur FW de Klerk opgevolg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 23 DBE/2015
SSE – Memorandum
• FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n
sameswering uit Moskou is nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om samesprekings met die bevrydingsorganisasies
te begin
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n 'nuwe en regverdige konstitusionele bedeling'
aangekondig
• Dit het die einde van Apartheid aangekondig
• Enige ander relevante antwoord
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met 'n relevante gevolgtrekking
saamvat
Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hul antwoord met relevante
bewyse ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum