Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2016
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers %20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)





View all





History Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 688.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2016
SSE – Addendum
VRAAG 1: WAS DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF 1947
SUKSESVOL MET DIE VOORKOMING VAN DIE VERSPREIDING VAN
KOMMUNISME NA GRIEKELAND?
BRON 1A
Hierdie bron deur Denise M Bostdorff gee 'n oorsig van waarom die Verenigde State
van Amerika besluit het om in 1947 Griekeland en Turkye met ekonomiese en militêre
bystand te help.
'n Bitter winter in 1947 het die Britse ekonomie geknou en in Februarie het Eerste
Minister Clement Attlee en sy regering besluit dat hulle nie meer die Griekse regering
kon ondersteun of kon voortgaan om hulp aan hulle buurland, Turkye, te stuur nie.
Die Britse Ambassade het op Vrydag 21 Februarie die Minister van Buitelandse Sake,
George Marshall, se kantoor gekontak met diplomatieke notas waarin verduidelik is dat
Britse hulp op 31 Maart gestaak sou word. Omdat Marshall alreeds die stad verlaat het
ten einde 'n afspraak om 'n toespraak te lewer na te kom, is afskrifte van die notas by
Loy Henderson, die Direkteur van Afrika-sake, gelos; hierdie notas is later vir Marshall
afgelewer. Henderson en sy kollega, Jack Hickerson, die Direkteur van Europese
Sake, het daarna afskrifte van die notas na Dean Acheson, die Adjunk-minister van
Buitelandse sake [vir die VSA] geneem …
Die Britse versoek dat die Amerikaners verantwoordelikheid vir Griekeland aanvaar,
het 'n uiters simpatieke gehoor in Henderson gevind, wat al lankal ten gunste van 'n
ontoegeeflike houding teenoor die Sowjette was, en ook in Acheson, wat 'n noue
verwantskap met Henderson gehad het en deur sy argumente oorreed is. Inteendeel,
die dag voor die nuus oor die Britse onttrekking, het Henderson 'n verslag aan
Acheson voorgelê wat bystand aan Griekeland aangemoedig het.
Acheson het die dokument geredigeer om 'n groter indruk van dringendheid te laat.
Acheson het byvoorbeeld die titel van 'Krisistoestand in Griekeland' na 'Krisis en
Dreigende Moontlikheid van Ondergang in Griekeland' verander. Alhoewel Marshall
saamgestem het dat Griekeland hulp moes kry, was hy minder dramaties as Acheson
wat Griekeland uitgebeeld het as 'n ernstige krisis wat dringend vinnige reaksie vereis
het. Toe Acheson daardie naweek vir Truman gebel het, was die President alreeds
bereid om aansienlike bystand aan Griekeland en Turkye te bied.
[Uit http://archive.vod.umd.edu/internat/truman1947int.htm.
Toegang op 22 Oktober 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 1B
Hierdie bron is 'n uittreksel uit President Harry S Truman se toespraak op
12 Maart 1947 voor 'n gesamentlike sitting van die Amerikaanse Kongres. Sy
toespraak, wat as 'Die Truman-leer' bekend geword het, was gedurende die Koue
Oorlog die dryfkrag van die Verenigde State van Amerika se buitelandse beleid.
Dit is belangrik om daarop te let dat die Griekse regering ons hulp gevra het met die
doeltreffende benutting van finansiële en ander hulp wat ons aan Griekeland kan
verleen, en om hulle openbare administrasie te verbeter. Dit is uiters belangrik dat ons
die gebruik van enige fondse wat aan Griekeland beskikbaar gestel word op so 'n wyse
sal kontroleer dat elke dollar wat spandeer word, sal bydra om Griekeland
selfonderhoudend te maak en sal help om 'n ekonomie te bou waarin 'n gesonde
demokrasie kan floreer.
Geen regering is perfek nie. Een van die hoofdeugde (-kenmerke) van 'n demokrasie is
egter dat die gebreke altyd sigbaar is en met demokratiese prosesse kan dit uitgewys
en reggestel word. Die regering van Griekeland was nie perfek nie. In die verkiesing
wat verlede jaar gehou is, was vyf en tagtig persent (85%) van die lede van die
verteenwoordigers wat tot die Griekse Parlement verkies is, demokrate. Buitelandse
waarnemers, waaronder 692 Amerikaners, het hierdie verkiesing as 'n regverdige
uitdrukking van die sienswyse van die Grieke beskou.
Alhoewel demokrasie geseëvier het, sal die Verenigde State van Amerika nie alles
oorsien (duld) wat die Griekse regering gedoen het of gaan doen nie. 'Ons het in die
verlede ekstremistiese (radikale) maatreëls deur regs- of linksgesindes veroordeel en
ons veroordeel dit ook nou. Ons het in die verlede verdraagsaamheid aanbeveel, en
ons beveel ook nou verdraagsaamheid aan …'
[Uit http://www.learner.org/workshops/primarysources/coldwar/docs/truman.html.
Toegang verkry op 2 Oktober 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 1C
Hierdie uittreksel is uit 'n artikel geneem wat in 1947 in die Pionerskaya Pravda
verskyn het. Dit beklemtoon hoe die Sowjette die Verenigde State van Amerika se
bystand aan Griekeland en Turkye beskou het.
President Truman het die volgende beginsels van Amerikaanse buitelandse beleid
aangekondig: Die Verenigde State sal oral reaksionêres en fasciste, wat haatdraend
teenoor hulle eie mense is, maar wat aan die ander kant gereed is om hulle land onder
Amerikaanse beheer te plaas, met wapens en geld ondersteun.
Twee lande wat hiervoor geskik is, is onmiddellik gevind, Griekeland en Turkye.
In werklikheid het albei nou onder Amerikaanse heerskappy gekom. Amerikaners bou
hulle militêre basisse daar, Amerikaanse kapitaliste maak besighede oop en koop alles
wat lyk asof dit winsgewend is. Hiervoor ontvang die Griekse en Turkse reaksionêres
wat in beheer is geld en wapens van die Amerikaners vir die stryd teen hulle eie
mense.
Maar Griekeland en Turkye is te klein en Amerikaanse aptyte is groot. Amerikaanse
ekspansioniste (diegene ten gunste van Amerikaanse uitbreiding of oorheersing)
droom van die hele Europa, of ten minste van Wes-Europa. Om direk voor te stel dat
Europese lande, soos Griekeland en Turkye, Amerikaanse kolonies word, is 'n bietjie
ongemaklik. En dus is die Marshall-plan in Amerika ontwikkel. Daar is aangekondig dat
die Verenigde State Europese lande wie se ekonomieë deur die oorlog vernietig is,
wou help om dit te herstel. Baie het dit geglo. Maar dit was gou duidelik dat die
Marshall-plan eenvoudig 'n slinkse (slim) manier was om die hele Europa aan
Amerikaanse kapitaal (geld) te onderwerp.
[Uit Russia: A Modern History deur D Warnes]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 1D
Hierdie bron is 'n Russiese spotprent. Dit toon 'Uncle Sam' (VSA) wat die Griekse
regering ondersteun deur kommunistiese 'opstandelinge' (rebelle) uit te forseer. Die
spotprenttekenaar is onbekend.
[Uit http://www.johndclare.net/cold-war8.htm. Toegang op 17 September 2015 verkry.]
Uncle Sam (VSA) gebruik Griekse
'n geweer met 'n dollarteken kommunistiese
(Amerikaanse geld) daarop. opstandelinge
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2016
SSE – Addendum
VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE GESKIEDKUNDIGES DIE SLAG VAN
CUITO CUANAVALE BESKOU?
BRON 2A
Hierdie bron deur Gary Baines verduidelik die verskillende maniere waarop die Slag
van Cuito Cuanavale onthou word.
Met die nadering van die 25ste herdenking van die Slag van Cuito Cuanavale word die
polemiek (geskil) oor wie hierdie beslissende (belangrike) geveg (slag) in die
geskiedenis van suidelike Afrika gewen het, weer gevoer.
… Die Slag van Cuito Cuanavale het van September 1987 tot Julie 1988, in drie fases,
geduur … Die SAW het 'n taktiese oorwinning by die Lombarivier behaal, waar die
opmars van FAPLA (die militêre vleuel van die MPLA) in hul spore gestuit is. Maar die
terugslag (verset) teen hulle daaropvolgende (latere) frontaanvalle op goed versterkte
opstellings by Tumpo was 'n deurslaggewende terugslag in die SAW se poging om
Cuito Cuanavale en die vliegveld te verower. Die dooiepunt is gebreek deur 'n
Kubaanse mag wat die SAW uitoorlê het en na Namibië se suidelike grens opgeruk
het. Die verlies van die Suid-Afrikaanse Lugmag se oorheersing het beteken dat die
grondmagte moes terugval of voor die moontlikheid te staan sou kom dat swaar
verliese gedurende 'n wanordelike stormloop suid gely sou word …
Verdedigers (Ondersteuners) van die SAW haal sonder uitsondering statistiek aan wat
'bewys' dat sy vyande by Cuito Cuanavale verreweg groter verliese ten opsigte van
personeel en materiaal as hulle gely het. Dit was sonder twyfel die geval. Maar die
uitkoms van 'n geveg kan nie aan sulke statistiek gemeet word nie …
Die SAW … het dalk baie gevegte gewen, hoewel nie die oorlog nie, want die regering
in Pretoria (Suid-Afrika se administratiewe hoofstad) was genoodsaak om 'n SWAPO-
regering, waarteen hy so lank geveg het om te voorkom, in Namibië te aanvaar.
Alhoewel die SAW daarop aangedring het dat hulle nooit verslaan is nie, is die
politieke stelsel van wit mag en bevoorregting, wat dit vir so lank verdedig het,
afgebreek (ongedaan gemaak).
[Uit http://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale#comment -0.
Toegang op 20 Oktober 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 2B
Hierdie uittreksel deur Andreas Velthuizen is geneem uit 'n artikel wat in die
South African Journal of Military Studies verskyn het. Dit lewer kommentaar op die
langtermynbetekenis van die Slag van Cuito Cuanavale in suidelike Afrika.
Die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale het SWAPO (South West Africa People's
Organisation), en ander wat vir onafhanklikheid gestry het, hernude selfvertroue
gegee. Die militêre balans in suidelike Afrika is verander ten gunste van bevryding
en die selfbeskikking van swart mense. Die ernstige ekonomiese beperkings op
Suid-Afrika, tesame met sy militêre terugslag in Angola en die besef dat hy nie die
oorlog kon wen nie, het die balans ten gunste van Namibiese onafhanklikheid verskuif.
Die Kubaanse teenwoordigheid op die Namibiese grens in 1988 het beteken dat
Suid-Afrika vir die eerste keer 'n militêre agterstand gehad het en dat die veel
gevreesde bedreiging van 'n konvensionele oorlog in Namibië 'n moontlikheid kon
word. Dit sou 'n deurslaggewende invloed op onderhandelinge vir vrede in Angola en
onafhanklikheid vir Namibië hê. Terwyl daar tydens die onderhandelinge saamgestem
is oor die onttrekking van Kubaanse troepe uit Angola en die hervestiging van ANC
militêre kampe in Uganda, was dit geen terugslag in vergelyking met die enorme
omvang (skaal) van die strategiese oorwinning vir die vryheidsbewegings nie.
Volgens Ronnie Kasrils, ongeag aan watter kant van die gevegslinies die protagoniste
(leierfigure) gedien het, het die afsluiting van die skandelike tydperk van kolonialisme
en apartheid in ons streek, wat so verweef (onderling verbind) met die deurbraak by
Cuito Cuanavale is, almal bevry en die weg gebaan vir progressiewe vooruitgang tot
almal se voordeel. Baie van daardie generaals en politici wat steeds hardnekkig
daarop aanspraak maak dat die SAW by Cuito Cuanavale geseëvier het, geniet eintlik
voordelige besigheidsgeleenthede met hulle voormalige Angolese vyande.
[Uit Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol. 37, Nr. 2, 2009]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 2C
Hierdie uittreksel is geneem uit 'n artikel getiteld 'The Battle of Cuito Cuanavale –
Cuba's Mythical Victory' wat deur Richard Allport geskryf is. Dit voer aan dat die
Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en hulle bondgenote minder verliese gedurende die
Slag van Cuito Cuanavale gely het en daarom as oorwinnaars beskou moet te word.
DIE MITE (NIE WAAR NIE)
Die Angolese Minister van Verdediging en ander amptelike Angolese en Kubaanse
bronne het in 1988 daarop aanspraak gemaak dat 'n Suid-Afrikaanse aanval wat uit
tot 9 000 troepe met 500 tenks, 600 artillerieveldgewere en talle vliegtuie bestaan het,
die dorp Cuito Cuanavale in Angola aangeval het. Volgens hulle weergawe het die
aanval misluk te danke aan 'n dapper verdedigingspoging deur Kubaanse en Angolese
troepe, en die Suid-Afrikaners het 50 vliegtuie, 47 tenks en honderde manne verloor.
DIE REALITEIT (DIE WAARHEID)
Die Kubaanse propaganda-weergawe van hierdie 'heldhaftige geveg' is deur baie
mense in die Weste geglo en die ware feite het eers na die beëindiging van die oorlog
aan die lig gekom. Toe die Kubane en Angolese teen die einde van 1987 hulle
sogenaamde groot oorwinning behaal het, was hulle alreeds besig met
vredesonderhandelinge in Angola, met hulle Sowjetondersteuners wat openlik gesê
het dat die oorlog daar nie gewen kon word nie … Die Suid-Afrikaners was die ware
oorwinnaars in die Cuito-veldtog …
Die uitslag van die veldtog tot en met April 1988 was dat 4 785 aan die
Kubaanse/Fapla-kant gesterf het, met 94 tenks en honderde oorlogsvoertuie
wat vernietig is, teenoor 31 Suid-Afrikaners wat gesneuwel het, 3 tenks wat
vernietig is (SAW-tenks is na die Lombarivier-veldtog in die oorlog begin gebruik) en
11 SAW-pantserkarre en troepvoertuie wat verloor is. 'n Totaal van 9 Migs (vliegtuie) is
vernietig en slegs 1 Mirage (vliegtuig) van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SAL) is
afgeskiet.
Die Kubane het na 13 jaar in Angola steeds nie hulle doelwit om UNITA te vernietig en
as 'bevryders' in Namibië in te marsjeer, bereik nie. Hulle het die Suid-Afrikaners sleg
onderskat en tot hulle eie verlies uitgevind dat hulle teen hoogs opgeleide,
oorlogsgeharde troepe te staan gekom het.
[Uit http://www.rhodesia.nl/cuito.htm. Toegang op 20 Oktober 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 2D
Hierdie foto deur die Suid-Afrikaanse joernalis John Liebenberg, toon 'n Suid-
Afrikaanse Weermag-konvooi wat op 30 Augustus 1988 uit Angola na Namibië onttrek.
Die konvooi ry onderdeur 'n banier waarop 'WELCOME WINNERS/WELKOM
WENNERS' staan.
[Uit http://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale#comment-0.
Toegang op 20 Oktober 2015 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/2016
SSE – Addendum
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE IN 1957
GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
ERVAAR?
BRON 3A
Hierdie bron fokus op Daisy Bates se verduideliking van hoe Goewerneur Faubus in
September 1957 probeer het om die integrasie van Central High School te keer. Daisy
Bates was die president van die National Association for the Advancement of Coloured
People (NAACP) en 'n mentor vir die Little Rock Nege.
Faubus se beweerde rede vir die uitroep van die troepe was dat hy inligting ontvang
het dat karavane motorvoertuie vol wit heerssugtiges (rassiste) van oor die hele staat
na Little Rock op pad was. Daarom het hy Central High School as verbode terrein vir
Negers* (swart Amerikaners) verklaar. Om een of ander onverklaarbare (onverwagte)
rede het hy bygevoeg dat Horace Mann, 'n Neger*-hoërskool, verbode terrein vir wittes
sou wees.
Toe, uit die hoogste kantoor van die staat Arkansas, het Goewerneur Orval Eugene
Faubus die berugte woorde, 'bloed sal in die strate vloei' indien Neger*-leerders in
Central High School geïntegreer word, kwytgeraak.
Faubus het met sy halfdosyn onbedagsame woorde bygedra tot die massahisterie
(paniek) wat die stad Little Rock vir 'n hele paar maande in sy greep gehad het.
Die burgers van Little Rock het op 3 September bymekaargekom om na die
ongelooflike spektakel (toneel) te staar van 'n leë skoolgebou wat deur 250 troepe van
die Nasionale Garde omring is. Teen ongeveer kwart oor agt (08:15) die oggend het
leerders van Central High School begin om deur die ry troepe van die Nasionale Garde
te loop, almal behalwe die nege swart Amerikaanse leerders.
Ek was die hele dag met hulle ouers in verbinding. Hulle was verward, en hulle was
bang. Soos wat die ouers aan hulle vrese uiting gegee het, het hulle aangehou om
Goewerneur Faubus se woorde te herhaal dat 'bloed in die strate van Little Rock sou
vloei' indien hulle tienerkinders sou probeer om Central High, die skool waarheen hulle
deur die skoolraad gestuur is, by te woon.
[Uit http//www.centralhigh57.org. Toegang op 6 September 2015 verkry.]
*Neger: 'n Neerhalende term wat gebruik is om na swart Amerikaners te verwys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 3B
Hierdie bron is uit 'n les met die titel, 'Every Person Has a Story of Courage: The Little
Rock Nine' geneem. Dit is vir Amerikaanse Geskiedenis-leerders van Graad 5 tot 12
beplan en het op kwessies in verband met die integrasie van Central High School
gefokus.
Die volgende Maandag, 23 September, moes die Little Rock-polisie 'n weerbarstige
skare, wat vinnig tot meer as 1 000 mense gegroei het, beheer terwyl die nege swart
Amerikaanse leerders twee weke nadat die skool begin het die skool deur 'n sydeur
binnegegaan het. Die skare se aandag is afgelei toe party van die betogers vier swart
Amerikaanse verslaggewers buite die skool gejaag en geslaan het. Die polisie en
skoolamptenare het teen middagete gevrees dat party mense in die skare sou probeer
om die skool te bestorm en het die nege leerders vir hulle eie veiligheid verwyder. Little
Rock se burgemeester, Woodrow Mann, het die Federale Regering om hulp genader
en President Eisenhower het Uitvoerende Bevel 10730 uitgevaardig, wat eenhede van
die Amerikaanse Weermag se 101 Lugtransport-divisie ingestuur het en die Arkansas
Nasionale Garde gefederaliseer het.
Amerikaanse weermagtroepe het die 'Little Rock Nege', soos hulle bekend geword het,
op 25 September 1957 in Central High School in begelei. Na weke van wanorde
waarin hulle probeer het om op hoogte met hulle werk te bly sonder om skool by te
woon, het die leerders onder soldatebewaking na hulle klasse gegaan. Goewerneur
Faubus het op televisie verskyn en gesê dat Little Rock 'nou 'n besette gebied' was.
Die meeste van die afdwingingspligte is op 1 Oktober aan die troepe van die Arkansas
Nasionale Garde oorgedra, terwyl die Amerikaanse weermagtroepe teen die einde van
November heeltemal verwyder is. Op 25 Oktober, een maand nadat hulle onder
begeleiding van federale troepe aangekom het, het die Little Rock Nege vir die eerste
keer in burgerlike voertuie skool toe gery.
[Uit http://www.nps.gov.chs/learn/education. Toegang op 19 Februarie 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 3C
Hierdie foto wys twee van die Little Rock Nege-leerders, Thelma Mothershed en
Melba Pottilo, wat die skool op 25 September 1957 verlaat. Hulle is deur swaar
gewapende federale troepe uit Central High School na 'n weermagmotor begelei.
Uit http://www.theguardian.com/world/gallery/2010/sep/07/little-rock-nine-desegregation-pictures.
Toegang op 22 Desember 2015 verkry.]
Thelma Mothershed Melba Potillo
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/2016
SSE – Addendum
BRON 3D
Hierdie bron is 'n uittreksel uit 'n onderhoud wat in 1999 met Jane Emery ('n wit
Amerikaanse leerder en mederedakteur van The Tiger, Central High se skoolkoerant)
gehou is. Sy fokus op hoe sy besluit het om Ernest Green te ondersteun terwyl hy in
Mei 1958 by Central High School gematrikuleer het.
… Naby die einde-van-die-jaar-matrikulasie(-plegtigheid) het mev. Huckaby [die
prinsipaal van die meisies by Central High School] vyf van ons na haar kantoor geroep
… en sy het gesê … [tydens die matrikulasie(-plegtigheid)] sou een van ons vyf saam
met Ernest Green moes loop. Ons kon besluit wat ons wou doen, en Ernest sou
verstaan as ons ongemaklik sou voel …
Vyf van ons is ingebring … en ek was die middelste een, dus, van die vyf mense, sou
ek die een wees, en aangesien hulle nie geweet het wie afwesig sou wees nie, sou
hulle vyf van ons roep. En ek het nie geweet dat ek die een sou wees nie. En ek het
gesê: 'Ek het nie 'n probleem nie, ek sal saam met hom loop,' en ek het regtig gedink
dit is simpel. En ek het niks daarvan gedink nie.
[Toe] begin ons obsene (onbeskofte) telefoonoproepe by ons huis kry. My ma het
regtig bang begin word. Ek bedoel dinge soos … 'Is jy 'n Neger*(swart Amerikaner)-
bewonderaar, gaan jy saam met hom loop? Wil jy hê jou dogter moet met 'n Neger
(swart Amerikaner) trou?' En dit het tot laat in die aand aangehou en my ma het die
foon van die mikkie afgehaal, maar sy was absoluut tot die dood toe bang, jy weet asof
die huis opgeblaas sou word … Ek was kwaad vir die [wit Amerikaners] wat dit gedoen
het, hulle het my regtig kwaad gemaak. Dit het my egter net meer vasbeslote gemaak
om saam met hom te loop. En ek het saam met hom geloop, dit was die eerste keer
wat ek met hom gepraat het.'
[Uit https://www.facinghistory.org/sites/default/files/publications/Little_Rock.pdf.
Toegang op 4 Januarie 2016 verkry.]
*Neger: 'n Neerhalende term wat gebruik is om na swart Amerikaners te verwys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/2016
SSE – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
http//www.centralhigh57.org
http://archive.vod.umd.edu/internat/truman1947int.htm
http://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale#comment -0
http://www.johndclare.net/cold-war8.htm
http://www.learner.org/workshops/primarysources/coldwar/docs/truman.html
http://www.rhodesia.nl/cuito.htm
http://www.theguardian.com/world/gallery/2010/sep/07/little-rock-nine-desegregation-
pictures
https://www.facinghistory.org/sites/default/files/publications/Little_Rock.pdf]
http://www.nps.gov.chs/learn/education
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol. 37, Nr. 2, 2009
Warnes, D. 1984. Russia: A Modern History (Unwin Hynman Limited, London)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)
Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Addendum

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper