Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2016
MEMORANDUM
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 




%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)
View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 462.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2016
SSE – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting uit 30%
VLAK 1
bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid,
eensydigheid en beperkings vas te stel 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ()
• Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2016
SSE – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2016
SSE – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevant tot 47–50 43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAS DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF 1947
SUKSESVOL MET DIE VOORKOMING VAN DIE VERSPREIDING VAN
KOMMUNISME NA GRIEKELAND?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• In 1947 het 'n bitter winter die Britse ekonomie verwoes (1 x 1) (1)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Clement Attlee (1 x 1) (1)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Loy Henderson
• Dean Acheson
• Jack Hickerson
• George Marshall (enige 2 x 1) (2)
1.1.4 [Analise van bewyse in Bron 1A – V2]
• Om dit te laat lyk soos 'n baie dringende saak
• Hy wou sy wens (om Griekeland by te staan) la
• at bewaarheid
• Hy wou hê dat George Marshall moes besef dat die situasie in Griekeland
kritiek was
• 'n Ernstige krisis – dringend/ vinnige antwoord
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Finansiële ondersteuning
• Ondersteuning in die verbetering van sy openbare administrasie (2 x 1) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
• Truman wou hê dat die geld vir ekonomiese herstel in Griekeland
gebruik moes word
• Om Griekeland selfonderhoudend te maak
• Die geld moet nie misbruik word vir 'n ander projek nie
• Om demokrasie/kapitalisme te beskerm
• Vir die doel van toerekenbaarheid
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 1B – V1]
• 'n Regeringstelsel gebaseer op die wil van die mense
• 'n Regering waar die mense verteenwoordig word deur verkose
verteenwoordigers
• Die burgers van die land neem aktief deel in die besluite wat oor sake handel
wat hulle en die gemeenskap oor die algemeen raak
• 'n Politieke sisteem in die Koue Oorlog wat hom met kapitalisme vereenselwig
teenoor kommunisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• 85% (1 x 1) (1)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Het wapens aan hulle voorsien
• Het finansiële ondersteuning/geld aan hulle verleen (2 x 1) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Amerika het militêre basisse gebou
• Amerikaanse kapitaliste open baie besighede
• Amerikaners het besluit om enige iets te koop wat vir hulle winsgewend lyk
(3 x 1) (3)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Dit was 'n Amerikaanse manier om markte uit te brei sonder om noodwendig
gasheerlande met hulle ekonomiese probleem te help
• Dit was 'n subtiele manier om lande ekonomies afhanklik van Amerika te maak
• Die kommuniste verwys daarna as 'Dollar-imperialisme'/om polities
ekonomiese swak lande te domineer
• Dit was 'n vorm van neokolonialisme
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.4 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
Kandidate moet aandui of die bron BRUIKBAAR is of NIE BRUIKBAAR
NIE en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.
BRUIKBAAR
• Dit was 'n uittreksel uit 'n artikel wat gepubliseer is in 'n Sowjetkoerant
(Pionerskaya Pravda)
• Dit voorsien die Sowjet perspektief oor die VSA se stuitingsbeleid
• Die artikel is in 1947 gepubliseer tydens die hoogtepunt van die Koue Oorlog in
Europa
• Dit verskaf inligting oor hoe die VSA van plan was om Griekeland en Turkye te
ondersteun
• Enige ander relevante antwoord
OF
NIE BRUIKBAAR NIE
• Dit kan beskou word as eensydige inligting uit 'n Sowjetperspektief
• Die inligting kon beskou word as Sowjetpropaganda teen Amerika se
stuitingsbeleid
• Die inligting is krities oor die Amerikaanse buitelandse beleid
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2016
SSE – Memorandum
1.4
1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Amerika ondersteun die Griekse regering met finansiële hulp (dollarteken op
die geweer)
• Amerika ondersteun die Griekse regering met militêre hulp (die geweer)
• Amerika dryf die kommuniste uit Griekeland
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die kommunistiese rebelle wou nie finansiële bystand van die VSA hê nie
• Die kommunistiese rebelle het geweier om demokrasie/kapitalisme te aanvaar
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D – V3]
• Bron 1C: Amerikaanse buitelandse beleid het bepaal dat hulle enige land met
wapens en geld sal ondersteun en in Bron 1D: Amerika word gewys as dié
een wat Griekeland met geld (dollarteken) en wapens (gewere) ondersteun
• Bron 1C: Amerika ondersteun die Griekse regering 'in hulle stryd teen hulle eie
mense' en in Bron 1D: Die rebelle geklee in Griekse tradisionele drag dui aan
dat hulle antidemokratiese magte is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse in relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• VSA was suksesvol omdat hulle die verantwoordelikheid geneem het om
Griekeland en Turkye te ondersteun (Bron 1A)
• VSA kondig sy beleid oor die voorkoming van die verspreiding van
kommunisme deur middel van militêre en finansiële ondersteuning aan
(Bron 1B, 1C en 1D)
• Die Truman-leer is gebruik om die verspreiding van kommunisme te voorkom
deur finansiële en militêre ondersteuning te verleen aan ekonomies verwoeste
lande (Bron 1B, 1C en 1D)
• Marshall-plan het finansiële hulp verleen om die verspreiding van
kommunisme te beperk (Bron 1C en 1D)
• Die VSA beïnvloed die prokapitalistiese Griekse regering (eie kennis)
• Die VSA beheer die toesig oor fondse aan die Griekse regering (Bron 1B)
• Rebelle word uitgedryf uit Griekeland met Amerikaanse hulp (Bron 1D)
• Griekeland het 'n demokratiese en kapitalistiese land geword (eie kennis) wat
toon dat die VSA suksesvol was in die voorkoming van die verspreiding van
kommunisme
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2016
SSE – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe suksesvol die Verenigde
State van Amerika (VSA) was met die voorkoming
PUNTE
van die verspreiding van kommunisme na
VLAK 1 0–2
Griekeland vanaf 1947 nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp bv. toon begrip oor hoe
suksesvol die Verenigde State van Amerika (VSA)
PUNTE
VLAK 2 was met die voorkoming van die verspreiding van
3–5
kommunisme na Griekeland vanaf 1947.
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip
oor hoe suksesvol die Verenigde State van Amerika
(VSA) was met die voorkoming van die verspreiding PUNTE
VLAK 3
van kommunisme na Griekeland vanaf 1947. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE GESKIEDKUNDIGES DIE SLAG VAN
CUITO CUANAVALE BESKOU?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Die kontroversie oor wie die vernaamste kerngeveg in Suidelike Afrika gewen
het was verby
• Of die SAW die Slag van Cuito Cuanavale gewen het of nie gewen het nie
• Wie het die Slag van Cuito Cuanavale gewen (enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Weerstand teen sy frontaanval op goed-versterkte posies by Tumpo het 'n
beslissende terugslag bewys aan die SAW se poging om Cuito Cuanavale en
sy vliegveld te verower
• Die verlies van die Suid-Afrikaanse Lugmag se lugoorheersing
• SAW het swaar verliese in die gesig gestaar as hulle nie sou onttrek nie
(enige 2 x 1) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Hulle het geglo dat hulle die Slag van Cuito Cuanavale gewen het omdat die
SAW minder verliese ondervind het/ hulle het hulle argument op statistieke
gebaseer
• Die SAW het 'n taktiese oorwinning by die Lombarivier behaal
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die SAW het beweer dat hulle die Slag van Cuito Cuanavale gewen het (op
die basis van minder verliese) maar op die langtermyn het hulle nie daarin
geslaag om Angola te verslaan nie
• Die SAW het 'n taktiese oorwinning by die Lombarivier behaal maar kon nie
die algehele geveg wen nie
• Alhoewel die SAW daarin geslaag het om te voorkom dat FAPLA/Kubaanse
magte UNITA vernietig, het Savimbi nie aan bewind gekom in Angola nie
• Suid-Afrika het beheer oor Suidwes-Afrika verloor toe Namibië in 1989 onder
SWAPO onafhanklik geword het
• SAW kon nie die ondersteuning van die kommunistiese MPLA aan SWAPO in
Namibië keer nie
• SAW het geveg om die wit oorheersing in Suid-Afrika te behou. Kort na die
Slag van Cuito Cuanavale is die bevrydingsorganisasies onthef en
demokratiese verkiesings is in 1994 gehou
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Verduideliking van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 2A – V3]
• Die skrywer is 'n professionele geskiedkundige wat wyd belese was oor die
onderwerp en het verskillende perspektiewe oor die onderwerp bespreek
• Die bron is saamgestel gedurende die 25ste herdenking van die Slag van
Cuito Cuanavale
• Die bron voorsien 'n reeks verskillende sieninge (gebalanseerde
interpretasies) oor die Slag van Cuito Cuanavale
• Die bron voorsien 'n reeks 'feitelike' details oor die Slag van Cuito Cuanavale
asook 'n analise van die uitkoms
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Die bron voorsien relevante en insiggewende inligting vir sy
navorsingsdoeleindes
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Dit het hernieude vertroue aan die bevrydingsbewegings (SWAPO) gegee
• Die militêre magsbalans het in die guns van bevryding en selfbeskikking vir
Afrikane verander
• Ernstige ekonomiese beperkings op Suid-Afrika en sy militêre terugslae in
Angola het die magsbalans ten gunste van Namibië se onafhanklikheid
geswaai
• Suid-Afrika was militêr gekniehalter as gevolg van die teenwoordigheid van
Kubane in Angola
• Die Kubaanse teenwoordigheid op die Namibiese grens in 1988 het 'n
beslissende invloed op vredesonderhandelings in Angola gehad
• Suid-Afrika was gewillig om te onderhandel in die lig van Namibië se
onafhanklikheid (enige 2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
(a)
• Kubaanse troepe is uit Angola onttrek (1 x 1) (1)
(b)
• Die ANC het hulle militêre kampe van Angola na Uganda hervestig
(1 x 1) (1)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Kasrils het geglo dat die Slag van Cuito Cuanavale alle partye wat betrokke
was in die konflik bevoordeel/bevry
• Die einde van Namibiese kolonisasie en apartheid word beskou as uitkomste
van die Slag van Cuito Cuanavale
• Die vrede tussen Suid-Afrika en Angola na die Slag van Cuito Cuanavale het
nuwe besigheidsgeleenthede geskep
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3 [Vergelyk inligting in Bron 2A en 2B – V3]
• Beide Bron 2A en 2B toon dat die militêre magsbalans verskuif het as
gevolg van die Slag van Cuito Cuanavale – die SAW het mag verloor oor
Kubaanse en bevrydingsmagte
• Beide Bron 2A en 2B verwys na bewerings wat deur SAW generaals
gemaak is dat Suid-Afrika minder verliese gely het en daarom die Slag van
Cuito Cuanavale 'gewen' het
• Beide Bron 2A en 2B gee te kenne dat selfs al sou die SAW beweer dat
hulle nie verslaan is by die Slag van Cuito Cuanavale nie, was dit steeds 'n
belangrike faktor in die beëindiging van apartheid en bevryding van Namibië
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Die 'mite' dat die Suid-Afrikaanse offensief verslaan is by die Slag van Cuito
Cuanavale deur Kubaanse en Angolese troepe
• Suid-Afrika het 50 vliegtuie, 47 tenks en honderde manne verloor (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/2016
SSE – Memorandum
2.4.2 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2C – L1]
• Die verspreiding van vals/onakkurate inligting of idees om opsetlik mense se
opinie te verander, bv. Kuba en Angola was seëvierend na die Slag van Cuito
Cuanavale
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• 'Die Kubaanse propaganda weergawe van hierdie heroïese slag'
• 'Dit was nie eers tot na die oorlog dat hierdie feite opgekom het nie'
• Kuba en Angola was alreeds besig met vredesonderhandelings
• 'Die Suid-Afrikaners was die werklike wenners …'
• '4 785 mense het gesneuwel aan die Kubaanse/FAPLA-kant, 94 tenks en
honderde oorlogsvoertuie is vernietig teenoor 31 Suid-Afrikaners wat gesterf
het, 3 tenks vernietig en 11 gepantserde voertuie en troepvoertuie wat verloor
is'
• 'Na 13 jaar in Angola het die Kubane steeds nie hulle doel bereik nie…'
(enige 2 x 1) (2)
2.4.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Kubane en Angolese het in Angola onderhandel vir vrede
• Die skrywer het geredeneer dat Suid-Afrika 'n beslissende oorwinning behaal
het by die Slag van Cuito Cuanavale – hulle het min manne of gepantserde
voertuie verloor
• Die skrywer het beweer dat Kubaanse bronne Suid-Afrikaanse verliese oordryf
het (bv. Slegs 3 tenks is vernietig en nie die 47 wat die Kubane beweer nie)
• Die Kubane beweer dat 'honderde manne' doodgemaak is, maar die skrywer
redeneer dat slegs 31 SAW soldate doodgemaak is
• Die skrywer beweer dat die Kubane nie daarin geslaag het om UNITA (wat
deur Suid-Afrika ondersteun is) te verslaan nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5
2.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Die SAW was die oorwinnaars ('WENNERS') in die Slag van Cuito Cuanavale
• Die SAW wat onttrek uit Angola
• Enige ander relevante antwoord
(enige 1 x 2) (2)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
Kandidate moet aandui of hulle met die bron SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM
NIE en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.
STEM SAAM ('WENNERS')
• Die SAW het baie minder ongevalle en militêre verliese gely as die Kubane, dit
is gebruik as bewys dat hulle die oorlog gewen het
• Die Kubane en die Angolese het alreeds vir vrede onderhandel
• Die banier wys dat hulle die 'wenners' was
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/2016
SSE – Memorandum
STEM NIE SAAM NIE (NIE 'WENNERS' NIE)
• Dit kon deel van Suid-Afrikaanse propaganda gewees het om te beweer dat
die SAW die Slag van Cuito Cuanavale gewen het
• Die SAW het nie daarin geslaag om Cuito Cuanavale te verower nie en het
hulle troepe onttrek na Namibië wat 'n bewys is dat hulle nie die Slag van
Cuito Cuanavale gewen het nie
• SAW kon nie SWAPO stop om seker te maak dat Namibië onafhanklikheid
verkry nie
• Die politieke landskap in die streek het verander, Namibiese onafhanklikheid
het tot tydelike vrede in Angola gelei
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse in relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Suid-Afrikaanse generaals en sommige geskiedkundiges het geredeneer dat
die Slag van Cuito Cuanavale 'n militêre oorwinning vir Suid-Afrika was (Bron
2A, 2B, 2C en 2D)
• SAW het minder soldate en militêre hardeware verloor as Kuba en Angola en
het nie daarin geslaag om UNITA te verslaan nie – gebruik hierdie as bewys
van die SAW oorwinning (Bron 2A, 2B, 2C en 2D)
• Baines (Bron 2A) en Kasrils (Bron 2B) het voorgestel dat selfs as die SAW die
Slag van Cuito Cuanavale gewen het, het hulle die politieke oorlog verloor
want Namibië het onafhanklik geraak en Apartheid het kort daarna geëindig
• Sommige geskiedkundiges het op die noue militêre winste en verliese by Cuito
Cuanavale (1987-1988) gefokus (Bron 2D)
• Sommige skrywers het op langtermyn politieke implikasies van die Slag van
Cuito Cuanavale gefokus deur die magsbalans in die streek te verskuif
(Bron 2A en 2B)
• Die Slag van Cuito Cuanavale het ekonomiese en politieke voordele vir Suid-
Afrika gehad (vermindering van uitgawes op wapens, handel met Angola)
(Bron 2B en eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe verskeie geskiedkundiges PUNTE
VLAK 1
die Slag van Cuito Cuanavale beskou het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
met die onderwerp bv. toon begrip oor verskeie
geskiedkundiges die Slag van Cuito Cuanavale beskou PUNTE
VLAK 2
het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip oor
hoe verskeie geskiedkundiges die Slag van Cuito
PUNTE
VLAK 3 Cuanavale beskou het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE IN 1957
GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
ERVAAR?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• Ontvang inligting dat karavane motorvoertuie vol wit heerssugtiges na Little
Rock oppad is (1 x 2) (2)
3.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – L2]
• Swart Amerikaanse leerlinge sou nie toegelaat word om by Central High
School in te skryf nie
• Wit konserwatiewes het geweld gebruik om integrasie by Central High School
te keer
• Faubus dreig swart Amerikaanse student dat hulle doodgemaak sou word
indien hulle Central High School binnegaan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 3A – L1]
• 'n Proses wat swart Amerikaanse studente toegelaat het om dieselfde skool as
wit Amerikaanse studente by te woon
• Om swart Amerikaanse en wit Amerikaanse studente saam te bring by Central
High School
• Om segregasie by Central High School te beëindig deur seker te maak dat
swart Amerikaners skool bywoon
• Rasse vermenging van studente (swart Amerikaners en wit Amerikaners) by
Central High School
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• Deurmekaar
• Vreesbevange
• Het hulle vrese gelug deur die woorde 'bloed sal in die strate van Little Rock
vloei' te herhaal (enige 2 x 1) (2)
3.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – L2]
• Hulle is deur Faubus se toespraak geïntimideer (die aand van
3 September 1957) dat 'bloed in die strate sal vloei'
• Die NAACP raai swart Amerikaanse studente aan om nie skool by te woon nie
• Hulle ouers het vir hulle veiligheid gevrees
• Gevrees hoe wit Amerikaanse segregasioniste sou reageer
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Deur 'n sydeur (1 x 1) (1)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Die skare het die swart Amerikaanse verslaggewers weggejaag
• Hulle het swart Amerikaanse verslaggewers geslaan (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/2016
SSE – Memorandum
3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – L2]
• Wou bystand gehad het sodat wet en orde gehandhaaf kon word
• Geweld het buite beheer geraak en was moeilik om te hanteer
• Die Nasionale Garde en die polisie kon nie die skare beheer nie
• Om nege swart Amerikaanse studente te beskerm
• Om te help met die afdwinging van integrasie by Central High School
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Het die Little Rock Nege na en van Central High School begelei
• Het hulle beskerm terwyl hulle in die klasse was (enige 1 x 2) (2)
3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – L2]
• Swart Amerikaanse studente is na en van die skool begelei deur die federale
troepe
• Federale troepe was swaar bewapen
• Die Federale regering het beplan om integrasie by voorheen wit Amerikaanse
skole af te dwing
• Die situasie by Little Rock was wisselvallig
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – L2]
• Die federale troepe moes die onbedwingbare en gewelddadige skare beheer
• Om te toon dat hulle geweld sou gebruik indien nodig
• Om swart Amerikaanse studente teen skade/gevaar te beskerm
• Die Nasionale Garde en die polisie kon nie die skare beheer nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 3B en 3C – L3]
• In Bron 3B het die burgemeester van Little Rock, Woodrow Mann vir die
federale troepe gevra vir bystand terwyl in Bron 3C gesien kan word dat die
troepe by Central High School geplaas is
• In Bron 3B het president Eisenhower die VS federale troepe beveel wat die
Little Rock Nege na Central High School op 25 September 1957 begelei terwyl
Bron 3C die troepe wys wat sommige van die Little Rock Nege onder
bewaking na 'n weermagmotor neem vir hulle veilige rit huis toe na skool
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• Om hulle te sê dat een van hulle saam met Ernest Green by sy graduering
moes stap (enige 1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/2016
SSE – Memorandum
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• 'Ek het geen probleem'
• 'Ek sal saam met hom stap'
• 'Ek het niks daarvan gedink nie'
• 'My net meer vasbeslote gemaak dat ek saam met hom sal stap. 'En ek het
saam met hom gestap'
• ‘Ek was kwaad vir die [wit Amerikaners] wat dit gedoen het hulle het my regtig
kwaad gemaak (enige 2 x 1) (2)
3.5.3 [Die vasstelling van die betroubaarheid van bewyse in Bron 3D – L3]
• Dit is 'n uittreksel uit 'n onderhoud met Jane Emery, 'n wit kontemporêre
Amerikaanse student by Central High School/eerstehandse inligting
• Die onderhoud is gevoer tussen mev. Huckaby (Prinsipaal) en vyf dogters
Jane Emery was mederedakteur van The Tiger skoolkoerant
• Dit werp lig op die radikale houding wat reeds by Central High School bestaan
het voor die gradueringseremonie
• Dit voorsien inligting dat nie alle wit Amerikaners teen desegregasie was nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse in relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Little Rock Goewerneur, Faubus het nie die desegregasie van Central High
School ondersteun nie (eie kennis)
• Faubus het die veiligheid van swart Amerikaners bedreig deur te sê dat 'bloed
in die strate sal vloei' (Bron 3A)
• Ouers was getraumatiseerd deur dreigemente ( vreesbevange, deurmekaar en
bang) (Bron 3A)
• Wit Amerikaanse studente moes Central High School deur 'n sydeur ingaan
wat hulle moraal geaffekteer het (Bron 3B)
• Hulle is om veiligheidsredes uit Central High School verwyder (Bron 3B)
• Begelei na en van die skool en beskerm terwyl hulle in die klasse was
(Bron 3B en 3C)
• Kon slegs een maand nadat die skool heropen het, burgerlike vervoer gebruik
(Bron 3B)
• Ernest Green kon nie 'n gelei kry vir sy gradueringseremonie nie (Bron 3D)
• Deur sommige wit Amerikaanse studente verstoot en geteister (eie kennis)
• Hulle gesinne is geïntimideer deur die konserwatiewe wit Amerikaners (eie
kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/2016
SSE – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor watter uitdagings die Little Rock
Nege gedurende die integrasie van Central High School PUNTE
VLAK 1
in 1957 ervaar het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
met die onderwerp bv. toon begrip oor watter uitdagings
die Little Rock Nege gedurende die integrasie van PUNTE
VLAK 2
Central High School in 1957 ervaar het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip oor
watter uitdagings die Little Rock Nege gedurende die
PUNTE
VLAK 3 integrasie van Central High School in 1957 ervaar het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet vermeld of hulle met die stelling saamstem al dan nie. Hulle moet
beklemtoon hoe die militêre taktieke en strategieë wat die Amerikaanse weermag tussen
1963 en 1975 teen die Viëtkong gebruik het, gelei het tot hulle onvermoë om die oorlog te
wen. 'n Analise van hoe die Viëtkong Amerikaanse militêre taktieke en strategieë verydel
het moet ook uitgebrei word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n gedagterigting inneem en aandui of die militêre taktiek
van die VSA weermag hulle oorlogspoging teen die Viëtkong gekompromitteer het.
UITBREIDING
• Redes vir die VS betrokkenheid in Viëtnam: stop die verspreiding van kommunisme/
domino teorie/stuitingsbeleid
• Villagisation was 'n strategiese hamlet program (VSA en Suid-Viëtnam se regering
het nuwe dorpies gestig wat bewaak is in 'n poging om dorpenaars van guerrillas te
skei). Dit was 'n mislukking, want die meeste dorpenaars het die Viëtkong ondersteun
• Gebruik van die Golf van Tonkin insident lei daartoe dat die VS Kongres uiteindelik
die Golf van Tonkin-resolusie uitgevaardig het wat President Johnson breë militêre
magte gegee het om die oorlogspoging in Viëtnam te eskaleer
• President Johnson gee instruksies vir die massa lugaanval 'Operasie Rolling
Thunder' wat nie die verlangde effek gehad het nie bv. Ho Chi Minh-roete het aktief
gebly. Die burgerlike ongevalle het baie Viëtnamese teen die VSA laat draai en meer
Amerikaners het nie die oorlog ondersteun nie – VSA se militêre taktiek is bewys as
oneffektief teen guerrilla oorlogvoering
• 'Operasie Ranch Hand' waar chemikalieë gebruik is bv. Agent Orange om woude te
vernietig, Agent Blue om oeste te vernietig en die verwoesting van Napalm het
ondersteuning negatief beïnvloed. Chemikalieë het meer burgerlikes affekteer as wat
vyandige soldate het
• VSA het soek- en vernietig sendings gebruik wat gelei het tot die Mai Lai-bloedbad in
Maart 1968 en het gelei tot groot getalle burgerlike sterftes. Beide die Viëtnamese
burgers en Viëtkong het hierdie daad betreur en wraak gesweer
• VSA het jong en onervare soldate gestuur, die gemiddelde ouderdom was 19 jaar,
teen harde oorlogsugtige Viëtnamese soldate met uitstekende guerrilla-taktiek. Die
Amerikaanse soldate was nie gewoond aan die weer, terrein en klimaat nie. Diensplig
ontduiking het tot negatiewe reaksie uit die tuisfront gelei
• AmerikaanseVS troepe het in die buiteland geveg teen 'n nasionalistiese weermag
wat vir die bevryding van hulle eie land geveg het
• Die rol van die media, studente (Kent Universiteit-opstande), musici en
ontwapeningsbewegings het die VS regering onder druk geplaas om uit Viëtnam te
onttrek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Tet-offensief, 31 Januarie 1968, deur die Viëtkong het bewys dat die VSA nie die
oorlog kon wen nie omdat sy eie basisse vatbaar was vir aanvalle en meer as 80%
van stede en dorpe het in die hande van die Viëtkong beland
• Nixon se Viëtnamisering-beleid het gefaal asook die bombardering van Noord-
Viëtnam, Laos en Kambodja, insluitend WHAM (Winning hearts and minds of the
Vietnamese) wat 'n poging van die VSA was om uit die oorlog te onttrek en om hulle
'aansien' te red
• Die VSA het hulle troepe onttrek teen 1973 en Saigon het in 1975 geval
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die politieke en ekonomiese beleid wat van die 1960's tot die 1980's in
die Kongo (onder Mobutu Seso Seko) geïmplementeer is, krities vergelyk teenoor dié wat
in Tanzanië (deur Julius Nyerere) geïmplementeer is as hulle die opstel skryf.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of die politieke en ekonomiese beleid van
die Kongo en Tanzanië dieselfde/verskillend was en aandui hoe hulle hulle argument
gaan ondersteun.
UITBREIDING
Ooreenkomste (Politieke beleid)
• Die Kongo en Tanzanië het een-party regeringstelsels ingestel
• Die Kongo en Tanzanië het geglo in ʼn gesentraliseerde stabiele en eenheidstaat
• Die Kongo en Tanzanië het verkiesings gehou
• Die Kongo en Tanzanië het die belangrikheid van Afrikanisasie (Zaierinasie en
villigasation respektiewelik) beklemtoon
• Enige ander relevante antwoord
Ooreenkomste (Ekonomiese beleid)
• Die Kongo en Tanzanië het 'n een-produk stelsel van kolonialiste geërf
• Teen onafhanklikheid het albei vervaardigingsnywerhede gekort
• Die Kongo en Tanzanië het min opgeleide tegnici en ingenieurs gehad
• Mobutu en Nyerere het die land en nywerhede genasionaliseer
• Nie die Kongo of Tanzanië het oliereserwes gehad nie, so albei het 'n ekonomiese
krisis in die gesig gestaar toe oliepryse in die 1970's gestyg het
• Beide Mobutu (1970's) en Nyerere (1980's) moes sektore van die ekonomie
privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis
• Beide lande het lenings uit die buiteland en buitelandse organisasies verkry: Van die
1960's het die Kongo finansiële hulp uit die kapitalistiese weste ontvang; terwyl
Tanzanië van die 1980's gedwing is om lenings van die Wêreldbank te verkry en
onderwerp is aan strukturele aanpassing-beleid
• Geen land het geseëvier in die ontwikkeling van 'n betekenisvolle
vervaardigingsnywerheid nie
• Beide lande het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en minerale
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/2016
SSE – Memorandum
Verskille (Politieke beleid)
• Kapitalisme in die Kongo en Afrika Sosialisme in Tanzanië
• Politiek onstabiliteit in die Kongo versus die vreedsame oorgang in Tanzanië
• In die Kongo het kleptokrasie tot korrupsie gelei toe amptenare hulle mag misbruik
het, in Tanzanië het die Leierskapkode ʼn hoe vlak van aanspreeklikheid vereis
• In die Kongo het Mobuto Sese Seko etnisiteit en stamwese aangemoedig terwyl in
Tanzanië het Nyerere stamwese afgekeur
Verskille (Ekonomiese beleid)
• Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel aanvaar; terwyl Tanzanië 'n
sosialistiese ekonomiese model aangeneem het
• Die Kongo het sterk op buitelandse hulp en kundiges vanaf die vroeë 1960's gesteun;
terwyl Tanzanië probeer het om selfstandig te raak en het neokolonialisme verwerp
• Die Kongo het daarop gemik om die ekonomie te industrialiseer en die
vervaardiginggrondslag te ontwikkel; terwyl Tanzanië sy landbougrondslag opgebou
het, villagisation beleid van Ujaama
• Die Kongo se ekonomie is gekenmerk deur sy elitisme en sy baantjies vir boeties;
terwyl Tanzanië korrupsie van regeringsamptenare deur die 'leierskapskode' probeer
verminder het
• Die Kongo se ekonomie het groot verskille in rykdom tussen rykes en armes
opgelewer; terwyl Tanzanië probeer het om sy ekonomiese ongelykheid te verminder
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet sê tot watter mate die beginsel van selfstandigheid suksesvol deur
Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther-party in die VSA geïmplementeer is
en hulle argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die beginsel van selfstandigheid
suksesvol deur Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther-party
geïmplementeer is en aandui hoe hulle hulle argument sal ondersteun.
UITBREIDING
• Redes vir die opkoms van die Swartmagbeweging
• Die filosofie van die Swartmagbeweging in die VSA gedurende die 1950's
Malcolm X
• Malcolm X was 'n sterk spreker en 'n toegewyde menseregte aktivis
• Malcolm X het geglo in swart afskeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) en hy is
'n voorstaander van selfrespek en selfdissipline
• Glo in die konsep swart selftrots en selfagting/selfrespek 'Swarttrots'
• Wou hê dat swart Amerikaners op enige moontlike maniere teen wit Amerikaanse
owerhede moes opstaan in die strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid
• Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier vir selfverdediging teen diegene wat
swart Amerikaners aanval
• Enige ander relevante antwoord
Stokely Carmichael
• Hy word die voorsitter van die SNNC (Student Non-Violent Coordinating Committee)
in 1966 en besluit om die leringe van die Swartmagbeweging te aanvaar
• Hy word 'n voorstaander van die beginsels van Swartmag (om dinge op jou eie te
doen; politiek in hul eie gemeenskappe te beheer; trots te wees op eie kultuur en
hulself te verdedig teen rasse onderdrukking en manipulasie)
• Het geglo dat niegewelddadigheid 'n strategie was wat nie werk nie as gevolg van
aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teen swart Amerikaners gebruik is
• Hy is 'n voorstaander vir die uitsluiting van 'wit' liberales as 'n filosofie vir swart
Amerikaners
• Hy was ten gunste van Afrikadrag en Afrikahaarstyle as 'n simbool van Swarttrots
• Het die filosofie van ‘Black is beautiful’ aangemoedig
• Het aangesluit by die Black Panther-party (vir selfverdediging) wat die Swartmag/
'Swarttrots' filosofie in werking gestel het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 23 DBE/2016
SSE – Memorandum
Black Panther
• Black Panther-party is gestig deur Bobby Searle en Huey Newton
• Hulle was betrokke by die inwerkingstelling en ondersteuning van
gemeenskapsprogramme en voedingskemas sowel as teen armoede-sentrums; vir
die verdediging teen polisiebrutaliteit, het gefokus op sosio-ekonomiese
omstandighede van swart Amerikaners en het ook gemeenskaps-
oorlewingsprogramme bedryf
• Tien (10) punt-plan het gedien as die Black Panther-manifes wat hulle maatskaplike,
politieke en ekonomiese doelwitte bevat het
• Die Black Panther-party het betrokke geraak in straatpatrollies, het polisie aktiwiteite
gemonitor en het hulself verdedig deur gewere te dra (militante aanslag) en die
aanhoudende polisiebrutaliteit en teistering van jong swart mans te stop
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)
Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum