Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 14 bladsy-addendum.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 394.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLE-
STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: WAS DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF 1947
SUKSESVOL MET DIE VOORKOMING VAN DIE VERSPREIDING VAN
KOMMUNISME NA GRIEKELAND?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, het Brittanje besluit om
sy finansiële ondersteuning en hulp aan Griekeland en Turkye te
onttrek? (1 x 1) (1)
1.1.2 Noem die Britse eerste minister wat besluit het om hulp aan
Griekeland en Turkye te onttrek. (1 x 1) (1)
1.1.3 Identifiseer TWEE amptenare wat verseker het dat die Verenigde
State van Amerika bystand aan Griekeland en Turkye verleen het.
(2 x 1) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar op waarom die Adjunk-minister van
Buitelandse Sake van die Verenigde State van Amerika besluit het
om die verslag wat aan George Marshall oorhandig is, te redigeer.
(2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Noem TWEE maniere waarop die Verenigde State van Amerika
Griekeland ondersteun het. (2 x 1) (2)
1.2.2 Waarom het President Truman verklaar dat streng toesig gehou
moes word oor Amerikaanse fondse wat aan Griekeland gegee is?
(2 x 2) (4)
1.2.3 Definieer die begrip demokrasie in die konteks van die Koue
Oorlog in Europa. (1 x 2) (2)
1.2.4 Watter persentasie van die verkose lede van die Griekse parlement
was demokrate? (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2016
SSE
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Identifiseer TWEE aanduidings in die bron dat die VSA
reaksionêres en fasciste ondersteun het. (2 x 1) (2)
1.3.2 Noem DRIE ontwikkelings wat in Griekeland en Turkye
plaasgevind het as gevolg van Amerika se invloedsfeer. (3 x 1) (3)
1.3.3 Verduidelik wat jy dink geïmpliseer word deur die stelling dat 'die
Marshall-plan eenvoudig 'n slinkse (slim) manier was om die hele
Europa aan Amerikaanse kapitaal (geld) te onderwerp'. (2 x 2) (4)
1.3.4 Lewer kommentaar op of jy die inligting in hierdie bron bruikbaar
sou vind wanneer die stuitingsbeleid (inperkingsbeleid) van die
VSA nagevors sou word. (2 x 2) (4)
1.4 Bestudeer Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprent oorgedra word.
Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
1.4.2 Waarom, dink jy, is die mense deur die VSA as 'kommunistiese
opstandelinge' beskou? (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik die inligting in beide Bron 1C en 1D en verduidelik hoe die bewyse in
Bron 1D die inligting in Bron 1C oor die VSA se verskaffing van hulp aan
Griekeland in 1947 ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe suksesvol die Verenigde State van Amerika (VSA) vanaf 1947
was met die voorkoming van die verspreiding van kommunisme na
Griekeland. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2016
SSE
VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE GESKIEDKUNDIGES DIE SLAG VAN
CUITO CUANAVALE BESKOU?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die Slag van Cuito Cuanavale as
kontroversieel beskou? (1 x 2) (2)
2.1.2 Identifiseer TWEE redes in die bron, waarom die Suid-Afrikaanse
grondmagte besluit het om voor die verowering van Cuito
Cuanavale te onttrek. (2 x 1) (2)
2.1.3 Waarom, dink jy, het sommige mense geglo dat die SAW die Slag
van Cuito Cuanavale gewen het? Gebruik bewyse in die bron om
jou antwoord te ondersteun. (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar op wat die skrywer bedoel het met die frase,
'Die SAW … het dalk baie gevegte gewen, hoewel nie die oorlog
nie'. (2 x 2) (4)
2.1.5 Verduidelik waarom 'n leerder wat die uitkoms van die Slag van
Cuito Cuanavale navors, die inligting in die bron bruikbaar sou
vind. (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Kies TWEE bewyse in die bron wat aandui dat die Slag van Cuito
Cuanavale 'n positiewe invloed op die Namibiese vryheids-
beweging gehad het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Wat, volgens die bron, was die gevolg van vredesonderhandelings
in Angola vir:
(a) Kuba (1 x 1) (1)
(b) Die African National Congress (ANC) (1 x 1) (1)
2.2.3 Verduidelik hoe Ronnie Kasrils op die uitkoms van die Slag van
Cuito Cuanavale gereageer het. (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die mening
ondersteun wat in Bron 2A oor die Slag van Cuito Cuanavale gegee is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2016
SSE
2.4 Lees Bron 2C.
2.4.1 Wat, volgens die bron, was 'die mite' met betrekking tot die uitkoms
van die Slag van Cuito Cuanavale? (1 x 2) (2)
2.4.2 Definieer die begrip propaganda in die konteks van die uitkoms van
die Slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2)
2.4.3 Identifiseer enige TWEE frases in die bron wat toon dat die skrywer
nie geglo het dat die Kubane die Slag van Cuito Cuanavale gewen
het nie. (2 x 1) (2)
2.4.4 Verduidelik waarom die skrywer daarop aanspraak gemaak het dat
Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. Gebruik
bewyse in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Watter boodskap oor die Slag van Cuito Cuanavale word deur die
foto oorgedra? (1 x 2) (2)
2.5.2 Verduidelik of die SAW as 'WENNERS' van die Slag van Cuito
Cuanavale beskou kan word. Gebruik inligting in die bron asook
jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe verskillende geskiedkundiges die Slag van Cuito Cuanavale
beskou het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE IN 1957
GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
ERVAAR?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Waarom, volgens die bron, het Goewerneur Faubus gevra dat
troepe in 1957 na Central High School ontplooi moes word? (1 x 2) (2)
3.1.2 Verduidelik wat Goewerneur Faubus geïmpliseer het met die
volgende stelling: ' "bloed sal in die strate vloei" as Neger-leerders
in Central High School geïntegreer word.' (2 x 2) (4)
3.1.3 Definieer die begrip integrasie in die konteks van die gebeure/
verwikkelings by Central High School in 1957. (1 x 2) (2)
3.1.4 Hoe, volgens die bron, het swart Amerikaanse ouers gereageer op
die gebeure wat op 3 September 1957 by Central High School
ontvou het? (2 x 1) (2)
3.1.5 Verduidelik waarom jy dink die nege swart Amerikaanse leerders
nie op 3 September 1957 Central High School bygewoon het nie.
(2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Gebruik die inligting in die bron en sê hoe die Little Rock Nege
Central High School binnegegaan het. (1 x 1) (1)
3.2.2 Beskryf hoe die skare gereageer het op die swart Amerikaanse
verslaggewers wat buite Central High School bymekaargekom het.
(2 x 1) (2)
3.2.3 Verduidelik waarom Burgemeester Woodrow Mann genoodsaak
was om hulp by die Federale Regering te versoek om die krisis by
Central High School op te los. (2 x 2) (4)
3.2.4 Watter bewyse in die bron gee te kenne dat die Verenigde State
van Amerika se weermag in September 1957 'n belangrike rol by
Central High School gespeel het? (1 x 2) (2)
3.3 Gebruik Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskappe, dink jy, word deur hierdie foto oorgedra?
(2 x 2) (4)
3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom swaar gewapende federale troepe op 25 September 1957
na Central High School ontplooi is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2016
SSE
3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting
in Bron 3B ondersteun met betrekking tot die ontplooiing van federale troepe
na Central High School in 1957. (2 x 2) (4)
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Gee EEN rede waarom mev. Huckaby die meisieleerders voor die
matrikulasieplegtigheid na haar kantoor laat kom het. (1 x 1) (1)
3.5.2 Haal TWEE bewyse in die bron aan wat te kenne gee dat Jane
Emery 'n antisegregasionis was. (2 x 1) (2)
3.5.3 Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in hierdie bron as 'n
betroubare bewys sou beskou wanneer jy die ervarings van die
Little Rock Nege by Central High School navors. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik watter uitdagings die Little Rock Nege gedurende die integrasie
van Central High School in 1957 ervaar het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2016
SSE
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Dit was grootliks die militêre taktiek wat die Verenigde State van Amerika (VSA) se
weermag teen die Viëtkong gebruik het wat bygedra het tot sy onvermoë om in die
vroeë 1970's die oorlog in Viëtnam te wen.
Stem jy met hierdie bewering saam? Gebruik relevante geskiedkundige bewyse van
die oorlog in Viëtnam om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Bespreek krities die politieke en ekonomiese beleid wat in die Kongo ingestel is (deur
Mobutu Sese Seko) in vergelyking met dit wat tussen die 1960's en die 1980's in
Tanzanië (deur Julius Nyerere) ingestel is.
Gebruik relevante voorbeelde uit post-koloniale Kongo en Tanzanië om jou argument
te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
Een van die fundamentele beginsels van die Swartmagbeweging was om selfstandig
te wees en dinge vir hulleself te doen.
Verduidelik tot watter mate die beginsel van selfstandigheid suksesvol in die 1960's
deur Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther-party in die Verenigde State
van Amerika geïmplementeer is.
Gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum