Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 14 bladsy-addendum.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 317.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-ORGANISASIE
(SASO) SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970's
BEÏNVLOED OM DIE APARTHEIDSREGIME UIT TE DAAG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die bron, is SASO gestig? Gee TWEE redes.
(2 x 1) (2)
1.1.2 Verduidelik die invloed van die Swartbewussynsfilosofie op swart
Suid-Afrikaanse studente. (1 x 2) (2)
1.1.3 Definieer die term Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.4 Hoe, volgens die bron, het Barney Pityana NUSAS beskou? (1 x 2) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Watter rol het Onkgopotse Tiro in die mobilisering van swart
Suid-Afrikaanse studente gespeel? (1 x 2) (2)
1.2.2 Verduidelik waarom, na jou mening, SASO besluit het om in die
vroeë 1970's die 'hele stelsel van gesegregeerde onderwys' uit te
daag. (1 x 2) (2)
1.2.3 Lewer kommentaar op hoe swart Suid-Afrikaanse studente
gereageer het nadat Tiro uit die Universiteit van die Noorde se
Turfloop-kampus geskors is. (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik op watter maniere die SASO-publikasie, Newsletter,
swart Suid-Afrikaanse studente beïnvloed het. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Haal TWEE slagspreuke aan wat in die foto getoon word. (2 x 1) (2)
1.3.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink sommige van die leerlinge in
die foto 'n saluut met 'n gebalde vuis gegee. (2 x 2) (4)
1.3.3 Verduidelik tot watter mate jy die inligting in hierdie bron as
bruikbaar sou beskou wanneer die rol wat SASO in die Soweto-
opstande gespeel het, bestudeer word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2016
SSE
1.4 Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
bewyse in Bron 1C ondersteun oor die rol wat SASO in die 1970's in die
bewusmaking van swart Suid-Afrikaanse studente gespeel het. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Hoe, volgens die bron, het die verkryging van onafhanklikheid in
Angola en Mosambiek die Swartbewussynsbeweging beïnvloed?
(1 x 2) (2)
1.5.2 Wie, volgens die bron, was die president van SASO? (1 x 1) (1)
1.5.3 Waarom, dink jy, het Jimmy Kruger besluit om die FRELIMO-
saamtrekke te verban wat geskeduleer was om in Durban en
Turfloop plaas te vind? (2 x 2) (4)
1.5.4 Noem enige DRIE leiers van SASO/BPC in die bron wat die
FRELIMO-saamtrekke georganiseer het. (3 x 1) (3)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe SASO swart Suid-Afrikaanse studente in die 1970's beïnvloed
het om die apartheidsregime uit te daag. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2016
SSE
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL MET DIE ONTHULLING VAN MENSEREGTE-
SKENDINGS WAT IN DIE APARTHEIDSERA GEPLEEG IS?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK as 'n belangrike keerpunt in
die geskiedenis van Suid-Afrika beskou? (1 x 2) (2)
2.1.2 Verduidelik EEN van die kompromieë wat deur beide groepe
aangegaan is met betrekking tot die skending van menseregte wat
in die apartheidsera gepleeg is. (1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die volgende terme in jou eie woorde:
(a) Herstellende geregtigheid (1 x 2) (2)
(b) Vergeldende geregtigheid (1 x 2) (2)
2.1.4 Noem enige DRIE mandate van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie. (3 x 1) (3)
2.1.5 Verduidelik, in jou eie woorde, waarom Dullah Omar in sy
1994-verklaring na die woord 'waarheid' verwys het. (1 x 2) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Hoe, volgens die bron, het die Bongolethu Drie gesterf? (1 x 2) (2)
2.2.2 Verduidelik hoe die getuienis van die ooggetuie en die polisie oor
die dood van die Bongolethu Drie verskil het. (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Volgens die spotprent, wie het die Waarheids-en-
Versoeningskommissie as 'n 'heksejag' beskou? (1 x 1) (1)
2.3.2 Noem enige TWEE menseregteskendings, soos dit in die bron
uitgebeeld word, wat die Nasionale Party wou wegsteek. (2 x 1) (2)
2.3.3 Verduidelik waarom, na jou mening, die Nasionale Party die
'menseregteskendings' wou toesmeer. (2 x 2) (4)
2.3.4 Lewer kommentaar op die woorde in die spotprent, 'DIE TRUUK IS
OM SO HARD TE SKREE DAT ONS SOOS SLAGOFFERS SAL
LYK', in die konteks van menseregteskendings wat in die
apartheidsera gepleeg is. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2016
SSE
2.4 Vergelyk Bron 2A en 2C. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne verskil
met betrekking tot die rol van die Waarheids-en-Versoeningskommissie
(WVK) in die hantering van menseregteskendings. (2 x 2) (4)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Gee TWEE redes, soos in die bron voorgestel, waarom dit nodig
was om die verlede te onthou. (2 x 1) (2)
2.5.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe die onthou van die verlede tot nasiebou kon bygedra het.
(2 x 2) (4)
2.5.3 Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir 'n
historikus wat die WVK bestudeer. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
of die Waarheids-en-Versoeningskommissie suksesvol was met die
onthulling van menseregteskendings wat in die apartheidsera gepleeg is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: HOE HET DIE OORHEERSING VAN WÊRELDKAPITALISME IN DIE
1980's DIE LEWENS VAN GEWONE AFRIKANE BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Waarom, volgens die bron, is daar na die 1980's as die 'verlore
dekade' verwys? (1 x 2) (2)
3.1.2 Identifiseer DRIE redes in die bron waarom Afrikaregerings nie
behoorlike openbare dienste in stand kon hou nie. (3 x 1) (3)
3.1.3 Verduidelik die impak wat onderpresterende Afrika-ekonomieë op
staatsdienswerkers gehad het. (2 x 2) (4)
3.1.4 Noem die eerste Afrikaland wat 'n lening vir strukturele aanpassing
by die Wêreldbank gekry het. (1 x 1) (1)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Definieer die term programme vir strukturele aanpassing in die
konteks van wêreldkapitalisme. (1 x 2) (2)
3.2.2 Verduidelik hoe die implementering van die programme vir strukturele
aanpassing tot die verarming van die werkersklas in ontwikkelende
lande aanleiding gegee het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
bron vir 'n historikus wat die uitwerking van die programme vir
strukturele aanpassing op gewone Afrikaburgers bestudeer. (2 x 2) (4)
3.3 Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 3A en 3B mekaar ondersteun
met betrekking tot die implementering van die programme vir strukturele
aanpassing in Afrika. (2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3C.
3.4.1 Gebruik die inligting in die spotprent en jou eie kennis en verduidelik
wat jy verstaan onder die byskrif, 'DIE IMF SE
VERSLANKINGSPLAN: KYK HOE SMELT DIE GEWIG WEG ..!'.
(1 x 2) (2)
3.4.2 Watter boodskappe word in RAAMPIE 1 van die bron oorgedra?
Gebruik die visuele bewyse in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.4.3 Verduidelik die impak van die IMF se verslankingsplan op die
ekonomiese behoeftes van gewone mense wat in ontwikkelende
lande woon, soos in RAAMPIE 2 getoon. (2 x 2) (4)
3.4.4 Hoe, volgens RAAMPIE 3, het die IMF se verslankingsplan gewone
Afrikane wat in ontwikkelende lande woon, beïnvloed? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2016
SSE
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Lewer kommentaar op UNICEF se sienings oor die programme vir
strukturele aanpassing in Afrika. (2 x 2) (4)
3.5.2 Noem TWEE negatiewe uitwerkings van die implementering
van programme vir strukturele aanpassing op die mense
van Afrika. (2 x 1) (2)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die oorheersing van wêreldkapitalisme in die 1980's die lewens van
gewone Afrikane beïnvloed het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2016
SSE
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
In die 1980's het PW Botha se regering onversetlike hervormingsmaatreëls ingestel
wat met massagebaseerde interne weerstand deur progressiewe nierassige
organisasies begroet is.
Is dit 'n akkurate assessering van hoe gebeure in die 1980's ontvou het? Ondersteun
jou argument met relevante historiese bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Daar was nooit 'n moontlikheid dat die oorgang na demokrasie in Suid-Afrika maklik
sou wees nie. Die hoop en optimisme wat Nelson Mandela in 1990 met sy vrylating uit
die tronk begroet het, het gou tot 'n einde gekom soos wat die werklikheid om 'n nuwe
toekoms vir Suid-Afrika te beding in alle erns begin het.
Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die onderhandelingsproses wat
tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 tot
grootskaalse politieke veranderinge in Suid-Afrika bygedra het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 EC June 2016 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum