Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 421.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V2
Downloaded from
2
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
te stel 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ().
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
3
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die
regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek
oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
4
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
5
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
6
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE ORGANISASIE
(SASO) SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE GEDURENDE DIE
1970'S BEÏNVLOED OM DIE APARTHEIDSREGIME UIT TE DAAG?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• NUSAS was 'n liberale organisasie wat gedomineer is deur blanke Suid-
Afrikaanse studente
• Swart Suid-Afrikaanse studente het toenemend ontevrede geraak met
NUSAS se onvermoë om diep rassistiese strukture en beleide van beide
die regering en universiteite aan te spreek
• Hulle is gemotiveer deur die opkoms van die Swartbewussynsfilosofie
(enige 2 x 1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Dit het hulle geleer om onafhanklik van blanke Suid-Afrikaanse studente te
wees
• Dit het hulle geleer om die inisiatief te neem en in hulself te glo sodat die
omstandighede verander kon word
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.1.3 [Verduideliking van 'n histories konsep uit Bron 1A – V1]
• 'n Filosofie wat 'n voorstander is van selfstandigheid, selfhandhawing,
sielkundige vryheid en trots onder Swart Suid-Afrikaners
• 'n Filosofie waarvan Steve Biko en ander aktiviste voorstanders was sodat
swart Suid-Afrikaners onafhanklik van ander rasse rakende die stryd vir
gelykheid en geregtigheid kan wees
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Pityana het gevoel dat NUSAS 'n lekker vriendelike klub was, net nog 'n
speletjie wat jy speel terwyl jy by die universiteit is/het nie van NUSAS
gehou nie as gevolg van die tekort aan deursigtigheid rakende studente
ongelukkigheid (1 x 2) (2)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Tiro het studente gemobiliseer deur hulle ontevredenheid na vore te bring
(1 x 2) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• SASO wou transformasie in die onderwyssisteem hê sodat swart Suid-
Afrikaanse studente gelyke opvoeding ontvang
• SASO wou die praktyk van Bantoe onderwys wat die grondslag was van
aparte opvoeding, beëindig
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
7
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Studente het klasse geboikot
• Studente het landswyd protesteer
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die publikasie het die denke van swart studente bemagtig sodat hulle
krities kon dink oor die onderdrukkende politieke sisteem van daardie tyd
• SASO se 'Newsletter' het 'n intellektuele en ideologiese gesprek onder
swart Suid-Afrikaners aangemoedig
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Afrikaans moet afgeskaf word
• Vandag is die begrafnis van die Boere Taal (2 x 1) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Dit demonstreer die gees van weerstand/uitdaging teen Bantoe-onderwys
• Dit was ʼn simbool van swartmag wat apartheid/Bantoe-onderwys
teengestaan het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
Die Bron is tot 'n groot mate bruikbaar omdat:
• Dit gee visuele bewyse oor hoe SASO studente beïnvloed het om aan die
Soweto-opstand deel te neem
• Dit nuwe slagspreuke toon wat gebruik is wat deur SASO geinspireer is
• Dit toon hoe SASO studente gemobiliseer het teen Afrikaans as
onderrigmedium en studente met gebalde vuiste saluut
• Dit toon die ontevredenheid met apartheidsimbole
• Enige ander relevante antwoord
OF
Die Bron is tot 'n minder mate bruikbaar omdat:
• Dit net een visuele bron is van die Soweto-opstand en tog was SASO
verantwoordelik vir die mobilisering van meeste studente in Soweto
• Daar kon vir die foto geposeer wees
• Dit wys slegs 'n aantal studente – dit wys nie die volle prentjie van die
optog nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van bewyse van die geskrewe en visuele Bronne 1B en 1C – V3]
• Bron 1B wys dat SASO aandadig was aan die organisering van die
klasboikotte aan die Universiteit van die Noorde (Turfloop Kampus) teen
aparte onderwys van swart Suid-Afrikaanse studente, terwyl Bron 1C wys
hoe swart Suid-Afrikaanse studente klasse boikot teen die Afrikaanse taal
wat deur SASO-leiers en aktiviste as 'n groot aanhangsel van Bantoe
onderwys beskou is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
8
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
• Bron 1B vermeld dat die idees van Swartbewussyn tussen die jeug in
swart Suid-Afrikaanse skole versprei het wat hulle inspireer om die beleid
van Bantoe onderwys uit te daag, terwyl Bron 1C die tartende gemoed
onder swart Suid-Afrikaanse studente gedurende die Soweto-opstand wys
wat die beleid van Bantoe onderwys uitgedaag het.
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.5
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Het 'n radikale uitwerking op die Swartbewussynsbeweging
• Die onafhanklikheid van die twee lande het die leiers en aktiviste van SBB
geïnspireer wat besef het dat dit moontlik was om die onderdrukkende
sisteem van die apartheidsregime in Suid-Afrika te verslaan.
• Vir die swart Suid-Afrikaanse studente het dit 'n nuwe begin aangedui vir
die vryheidstryd teen die apartheidsregime
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Muntu Myeza (1 x 1) (1)
1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die saamtrek het swart Suid-Afrikaners geïnspireer om die regering omver
te werp
• Die saamtrek sou die ondersteuning onder die lede van die
Swartbewussynsbeweging laat toeneem/ verkry publisiteit
• Kruger het gevoel dat FRELIMO met kommunisme geassosieer word (4)
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2)
1.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Muntu Myeza
• Zithulele Cindi
• Saths Cooper
• Mosiuoa (Terror) Lekota
• Aubrey Mokoape
• Strini Moodley
• Nkwenkwe Nkomo
• Kaborane 'Kaunda' Sedibe
• Pandelani Nefolovhodowe (enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
9
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• SASO het swart Suid-Afrikaanse studente georganiseer om die beleid van
die apartheidsregime uit te daag (Bron 1A)
• SASO het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om onafhanklik van blanke
Suid-Afrikaners op te tree (Bron 1A en 1D)
• SASO was aandadig in die verspreiding van die idees van
Swartbewussyn onder swart Suid-Afrikaners (Bron 1A)
• SASO leiers Tom Manthata, Fanyana Mazibuko en Aubrey Mokoena het
die onderdrukkende aard van die Bantoe-onderwysstelsel blootgestel
(Bron 1B en eie kennis)
• SASO leiers en aktiviste was aanmatigend en toon selfvertroue om die
apartheidsregime uit te daag (Bron 1B en eie kennis)
• SASO het swart Suid-Afrikaanse onderwysers aangemoedig om die idees
van Swartbewussyn onder hul studente te versprei (eie kennis)
• Sommige leiers van SASO het die gang van gebeure beïnvloed wat
aanleiding gegee het tot die Soweto-opstand van 1976 (Bron 1C en eie
kennis)
• SASO beplan en organiseer saamtrekke vir swart Suid-Afrikaners om hul
teenkanting teen die apartheidsisteem bekend te maak (Bron 1D)
• SASO het wye geskilpunte geopper rakende die onderdrukking van swart
Suid-Afrikaners (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse. bv. toon
geen of min begrip van hoe SASO swart Suid-
Afrikaanse studente gedurende die 1970's beïnvloed
PUNTE
VLAK 1 het om die apartheid regime uit te daag.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband
met die onderwerp bv. toon begrip van hoe SASO
swart Suid-Afrikaanse studente gedurende die 1970's PUNTE
VLAK 2
beïnvloed het om die apartheid regime uit te daag. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. Toon 'n deeglike begrip
van hoe SASO swart Suid-Afrikaanse studente
gedurende die 1970's beïnvloed het om die apartheid
VLAK 3 regime uit te daag. PUNTE
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde 6–8
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
10
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL IN DIE BLOOTSTELLING VAN MENSEREGTE
GRUWELDADE WAT GEDURENDE DIE APARTHEIDSERA
GEPLEEG IS?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Die WVK was 'n produk van die onderhandelingsproses wat ten doel
gehad het om 300 jaar van kolonialisme en apartheid te beëindig (1 x 2) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Amnestie sal aan oortreders wie menseregteskendings gepleeg het
toegestaan word (1 x 2) (2)
2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 2A – V1]
(a)
• 'n Geregtelike stelsel wat versoening aanmoedig gebaseer op die vertel
van die waarheid en die openbaring van berou vir gruweldade wat
gepleeg is
• 'n Geregtelike stelsel wat genesing /herstelling/versoening tussen die
slagoffers en oortreders aanmoedig (2)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2)
(b)
• Straf vir menseregteskendings wat tydens die apartheidsera gepleeg is
• 'n Geregtelike stelsel wat strewe na wraak en straf vir
menseregteskendings
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Om getuie te wees vir misdade verbonde aan menseregteskendings
• Om amnestie aan oortreders te verskaf vir misdade verbonde aan
menseregteskendings, gruweldade, reparasies en rehabilitasie
• Om misdade wat verband hou met menseregteskendings, reparasies
en rehabilitasie op te teken (enige 3 x 1) (3)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die doel van die WVK was om die waarheid uit te vind
• Dullah Omar wou hê dat die waarheid gehoor moes word
• Dullah Omar wou hê dat die waarheid erken moes word sodat ware
rekonsiliasie kon plaasvind
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Hulle was deur die polisie doodgeskiet (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
11
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
2.2.2 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Ooggetuie: Skote is uit die huis gevuur
Die polisie: Twee kinders is geskiet terwyl hulle met die skare geveg het
• Ooggetuie: Die polisie het 'n petrolbom gemaak en dit langs die liggaam
van die kind geplaas
Die polisie: Die kinders het probeer om die huis aan die brand te steek
• Ooggetuie: Die polisie het uit die huis gekom
Die polisie: Die skare het die huis aangeval wat die polisie bewaak het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Die Nasionale Party (NP) (1 x 1) (1)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Staatsterrorisme
• Marteling
• Moordbendes
• Persone wat om politieke redes gehang is
• Verbannings
• Aangehoudenes wat vermoor was (enige 2 x 1) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit was die Nasionale Party se laaste poging om die menseregte
skendings wat hulle gepleeg het onder die dekmantel te vee
• Die Nasionale Party wou die blaam verskuif vir die regering se
betrokkenheid in politieke misdade wat hulle gepleeg het
• Die Nasionale Party wou nie erkenning aanvaar vir die
menseregteskendings wat hulle gepleeg het terwyl hulle aan bewind was
nie
• Die Nasionale Party wou die waarheid verbloem oor die
menseregteskendings wat deur hul apartheid regering gepleeg is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Die NP moes luidkeels protesteer sodat dit nie moes lyk dat hulle die
oortreders is nie – hulle wou die aandag van hulle aftrek
• Die NP het die beskuldigings verwerp wat teen hulle gemaak is
• Die Nasionale Party wou die blaam van hulle af wegskuif en nie
verantwoordelikheid aanvaar vir menseregteskendings wat hulle gepleeg
het nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
12
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2A en 2C – V3]
• Bron 2A: Het die vertel van stories van menseregteskendings
aangemoedig terwyl in
Bron 2C: Die Nasionale Party probeer het om stories van
menseregteskendings te verdoesel
• Bron 2A: Oortreders was aangemoedig om misdade wat hulle teen
politieke aktiviste gepleeg het te erken terwyl in
Bron 2C: NP probeer die misdade versteek wat hulle teen politieke
aktiviste gepleeg het
• Bron 2A: WVK het die stories opgeteken wat by die verskillende verhore
vertel was terwyl in
Bron 2C: Die NP willens en wetens probeer het om bewyse van
menseregteskendings wat hulle teen politieke aktiviste gepleeg het te
versteek sodat dit van die WVK se rekords uitgesluit kon word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5
2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Sodat Suid-Afrika nooit weer die gruweldade herhaal wat in die verlede
gepleeg is nie
• Om die spoke van die verlede te begrawe
• Om diegene te onthou wat gely het
• Om die waardigheid van slagoffers en agtergeblewenes te herstel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 1) (2)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Erken dat mense se lyding bygedra het tot die genesing van die bevolking
• Die genesingsproses moet alle rolspelers insluit om te sorg dat die
bevolking genees
• Herstelling van menslike en burgerlike waardigheid sou bygedra het tot
nasiebou
• Rekonsiliasie tussen die oortreder en die slagoffer sou die proses van
nasiebou gehelp het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5.3 [Vasstel van die bruikbaarheid van Bron 2D – V3]
BRUIKBAAR omdat:
• Dit beklemtoon die bewyse dat die WVK proses van genesing volkome sal
sal wees indien dit beide die slagoffer en die oortreder bereik
• Die WVK het daarin geslaag om die ondersteuners van apartheid te laat
erken en te aanvaar dat 'apartheid verkeerd' was
• Dit het die ondersteuners van apartheid genees
• Slagoffers moes weet dat hul lyding en verlies deel was van die bevolking
se genesingsproses
• Die WVK het daarin geslaag om die waardigheid van die slagoffers en
agtergeblewenes gedurende die genesingsproses te herstel
• Die bron noem die politieke aktiviste wat doodgemaak is
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
13
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
JA – SUKSEVOL
• Herstellende eerder as vergeldende geregtigheid was gekies om rekonsiliasie
teweeg te bring (Bron 2A)
• WVK het getuienis van misdade aangehoor verbonde aan menseregte
skendings (Bron 2A)
• Die WVK het stories opgeteken van beide slagoffers en oortreders wat vertel
was (Bron 2A)
• Oortreders het hul misdade wat hulle gepleeg het erken (Bron 2A)
• Die moord van die Bongolethu Drie beklemtoon die gruwelike menseregte-
skendings wat die polisie gepleeg het (Bron 2B)
• Die regering het uit hul pad gegaan om te probeer om die gewelddadige
misdade onder die dekmantel te vee wat deur sy agente gepleeg is (Bron 2B)
• Die NP was skuldig aan staatsterrorisme, moordbendes, politieke ophangings,
marteling, verbannings, moord op aangehoudenes (Bron 2C)
• Die NP het probeer om gruwelike menseregteskendings wat gepleeg was
verdoesel is (Bron 2C)
• Dit is belangrik om die gruweldade van die verlede te onthou sodat ons nie
dieselfde foute in die toekoms maak nie (Bron 2D)
• Familie lede was in staat om die oortreders te ontmoet (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
OF
NEE – ONSUKSESVOL
• Slegs in sommige gevalle het die WVK amnestie aan oortreders toegestaan
(Bron 2A)
• Slegs menseregteskendingsis bekend gemaak (Bron 2C)
• Die WVK is bestempel as 'n 'hekse jag' wat probeer om antwoorde te kry
(Bron 2C)
• Nie alle oortreders het na vore gekom nie (eie kennis)
• Nie alle stories is vertel nie (eie kennis)
• Nie alle slagoffers kon afsluiting van die WVK proses kry nie (eie kennis)
• Sleutelrolspelers het geweier om getuienis oor menseregteskendings wat deur
die apartheidsregering gepleeg is te lewer (eie kennis)
• Menige slagoffers het nie antwoorde omtrent hul geliefdes gekry nie (eie
kennis)
• Menige slagoffers se families weet nie hoe hulle gesterf het nie/vermoor was
nie of waar hul oorskotte begrawe is nie (eie kennis)
• Die WVK was beperk deur die tydperk (1960 – 1994) (own knowledge)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
14
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse bv. toon
geen of min begrip om te verduidelik of die Waarheids-
en-Versoeningskommissie suksesvol was in die
blootstelling van menseregteskendings wat gedurende PUNTE
VLAK 1
die apartheidsera gepleeg is. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp bv. toon begrip om te
verduidelik of die Waarheids-en-
Versoeningskommissie suksesvol was in die PUNTE
VLAK 2
blootstelling van menseregteskendings wat 3–5
gedurende die apartheidsera gepleeg is.
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon 'n deeglike begrip of
die WVK suksesvol was in die blootstelling van
menseregteskendings wat gedurende die
PUNTE
VLAK 3 apartheidsera gepleeg is.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
15
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 3: HOE HET DIE OORHEERSING VAN WÊRELDKAPITALISME
GEDURENDE DIE 1990's DIE LEWENS VAN GEWONE AFRIKANE
BEÏNVLOED?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Afrika se ekonomiese agteruitgang het gedurende die 1980's skerp gestyg
(1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Afrikaregerings was deur skuld vermink
• Afrikaregerings het hul ekonomiese bronne wanbestuur
• Afrikaregerings se belasting inkomste het in duie gestort (3 x 1) (3)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Afrika staatsamptenare het minder verdien en dit beïnvloed hul moraal
• Afrika staatsamptenare het minder verdien en dit beïnvloed hul eerlikheid
• Afrika staatsamptenare het minder verdien en dit beïnvloed hul
doeltreffendheid
• Die koopkrag van staatsamptenare het in Tanzanië met 90% gedaal
• Duisende gekwalifiseerde Afrika staatsamptenare het bedank
• Duisende gekwalifiseerde Afrika staatsamptenare het hul onderskeie
lande verlaat (uitvloei van kundigheid) vir beter werksgeleenthede
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Senegal (1 x 1) (1)
3.2
3.2.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 3B - V1]
• Strukturele aanpassingsprogramme was programme wat deur
ontwikkelingslande aangeneem is omdat hulle ekonomiese bystand van
die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds nodig gehad het
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot verarming van
die werkende klas omdat die markte geliberaliseer is wat bygedra het tot
hoër voedselpryse
• Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
die werkende klas omdat subsidies op verbruikersgoedere onttrek is
• Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
die werkende klas omdat die plaaslike geldeenhede gedevalueer is
• Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
die werkende klas omdat salarisbevriesing en afdankings dit vir hulle
moeilik gemaak het om hul lewensstandaard te handhaaf
• Strukturele aanpassingsprogramme het aanleiding gegee tot die verarming
van die werkende klas omdat die regering minder spandeer het op
maatskaplike dienste wat bygedra het tot heffings op gesondheidsdienste
en onderwys wat hulle nie kon bekostig nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
16
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
• Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
die werkende klas omdat heffings op maatskaplike dienste aanleiding
gegee het tot die afname van die kwaliteit van hul leefstyl, swakker
gesondheid, hoër sterftesyfers
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Vasstel van die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]
Kandidate moet aandui of die bron BRUIKBAAR of NIE BRUIKBAAR is
en hul antwoord met bewyse staaf
BRUIKBAAR
• Die bron wys die invloed van die IMF en Wêreldbank op Afrikalande
• Die informasie in die bron kom ooreen van dit wat in ander bronne geskryf
word
• Die bron gee informasie oor hoe kritici voel oor die strukturele
aanpassingsprogramme
• Enige ander relevante antwoord
OF
NIE BRUIKBAAR
• Die bron is die uitgangspunte van twee skrywers op SAPs en dit mag
eensydig wees
• Die bron gee nie genoeg informasie oor die uitwerking van SAPs nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3 [Vergelyking van informasie in Bronne 3A en 3B – V3]
• Bron 3A wys die redes waarom Afrikalande strukturele aanpassings-
enings van die Wêreldbank benodig het terwyl Bron 3B wys hoe die
implementering van strukturele aanpassingsprogramme in Afrikastate nie
die ekonomieë van die state verbeter het nie
• Bron 3A wys hoe Afrikastate strukturele aanpassingslenings van die
Wêreldbank gekry het om hul ekonomieë te verbeter terwyl Bron 3B wys
dat Afrikalande wie strukturele aanpassingslenings van die Wêreldbank
gekry opdragte gegee was om hul ekonomieë te herstruktureer om dit in
lyn met die voorgeskrewe beleide van die Wêreldbank te bring (2 x 2) (4)
3.4
3.4.1 [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
• Die opskrif impliseer dat strukturele aanpassingsprogramme in
ontwikkelingslande ingestel was
• Die opskrif impliseer dat die instelling van strukturele
aanpassingsprogramme 'n negatiewe uitwerking op die ekonomiese
welstand van die gewone burgers van Afrika gehad het
• Die opskrif impliseer dat die instelling van strukturele
aanpassingsprogramme ekonomiese swaarkry vir gewone Afrika burgers
tot gevolg gehad het
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
17
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
3.4.2 [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
• Dit wys dat gewone Afrika burgers oor die algemeen goed gevoed was
voor die instelling van die IMF verslankingsplan
• Dit wys dat gewone Afrika burgers voedsel in oorvloed gehad het voor die
instelling van die IMF se verslankingsplan
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.4.3 [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
• Afrikaregerings het begin om minder geld te spandeer op gesondheidsorg
wat 'n las vir die gewone burger beteken het
• Afrikaregerings het begin om minder geld op voedselsubsidies te spandeer
wat aanleiding gegee het verdere verarming
• Afrikaregerings het begin om minder geld te spandeer op die produksie van
plaaslike produkte wat boerdery negatief beïnvloed het
• Gewone Afrikaburgers kon nie die gewone basiese goedere wat hulle nodig
gehad wat hulle moes handhaaf (voed) bekostig nie en daarom was dit
maklik om gewig te verloor
• Afrikamarkte was oop gemaak wat goedkoop invoere in die land toegelaat
het wat die plaaslike produsente geaffekteer het.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Dit gee aanleiding tot verarming en uiteindelik die dood van Afrika burgers
(1 x 2) (2)
3.5
3.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• UNICEF het strukturele aanpassingsprogramme as 'n mislukking beskou
• UNICEF het daarop gewys dat die meeste van die 26 lande geen kapitale
groei getoon het nie
• UNICEF het daarop gewys dat die meeste van die 26 lande min belê het in
maatskaplike besteding
• UNICEF het daarop gewys dat die meeste van die 26 lande nie enige
industriële groei of uitvoer groei getoon het nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Dit het aanleiding gegee tot verhoogde armoede in ontwikkelende lande
• Daar was ongelyke verdeling van inkomste tussen rykes en armes (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
18
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit die relevante Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Gedurende die 1980s en 1990s het Afrikalande aanpassing en
hervormingsprogramme met verskeie voorwaardes aanvaar (Bron 3A)
• Afrikalande is beveel om hul ekonomieë te herstruktureer (oopmaak van
hul markte, verkoop van alle regeringsondernemings, herwaardering van
hul geldeenhede) (Bron 3B)
• Die herstrukturering maatreëls het aanleiding gegee tot ekonomiese
swaarkry vir die armes (inkomste het gedaal, die stedelike armes het gely
omdat ingevoerde verbruikersgoedere duur was) (Bron 3B)
• Afrika vervaardigers kon nie byhou met goedkoop ingevoerde goedere nie
wat aanleiding gee tot bankrotskap (Bron 3B)
• Die onttrekking van subsidies het voedselpryse opgestoot (Dit het die
lewensstandaard van die armes beïnvloed) (Bron 3B)
• Die implementering van IMF en Wêreldbank beleide het verdeling tussen
rykes en armes veroorsaak (Bron 3C)
• Die implementering van strukturele aanpassingsprogramme het
verminderde spandering op noodsaaklike items vir die armes beteken,
regerings het begin om minder te spandeer op maatskaplike dienste.
(Bron 3C)
• Die implementering van strukturele aanpassingsprogramme het beteken
dat arm Afrikane minder toegang tot gesondheidsdienste, voedsel
subsidies gehad het en plaaslike boere het swaargekry as gevolg van
goedkoop invoere (Bron 3C)
• Strukturele aanpassingsprogramme het aanleiding gegee tot hongerte,
hongersnood en dood (Bron 3C)
• Meeste van die 26 Afrikastate wat die programme geïmplementeer het
volgens UNICEF 'n agteruitgang in die opeenhoping van kapitaal gewys en
buitelandse direkte beleggings en industriële groei (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse bv. toon geen of
min begrip van hoe die oorheersing van wêreldkapitalisme
gedurende die 1980's die lewens van gewone Afrikane
PUNTE
beïnvloed het.
VLAK 1 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die onderwerp
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
met die onderwerp bv. toon begrip van hoe die oorheersing
van wêreldkapitalisme gedurende die 1980's die lewens PUNTE
VLAK 2 van gewone Afrikane beïnvloed het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon 'n deeglike begrip van
hoe die oorheersing van wêreldkapitalisme gedurende die
1980's die lewens van gewone Afrikane beïnvloed het. PUNTE:
VLAK 3
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf 6–8
en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
19
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die stelling akkuraat is of nie. Hulle moet fokus op hoe PW
Botha se regering streng hervormings maatreëls ingestel het en die weerstand wat
progressiewe nie-rassistiese organisasies begin het wat aanleiding gegee het tot die
val van die apartheidsisteem.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en aandui hoe gebeure in die
1980's ontvou het.
UITBREIDING
• Botha kondig die totale strategie en totale aanval beleid aan
• Botha se pogings om apartheid te hervorm deur die instelling van die Driekamer
parlement in 1983
• Die stigting en reaksie van die UDF tot die Driekamerparlement stelsel
• Die eerste veldtog van die UDF was die 'Don't Vote' Veldtog (Om Kleurlinge en
Indiërs te ontmoedig om in die verkiesings vir die Driekamerparlement te
stem; 'Million Signature' Veldtog)
• Die versterking van die interne weerstand bv. gewelddadige protes in die Vaal
Driehoek en elders in Suid-Afrika
• Die Vaal Civic Association het huurboikotte georganiseer (Die Vaal woonbuurte
begin met rollende massa aksie; raadslede word vermoor; skole het met boikotte
begin)
• PW Botha het opeenvolgende noodtoestande in 1985 en 1986 afgekondig om die
teenkanting teen apartheid te stop maar dit was onsuksesvol.
• Die rol van vakbonde (Die stigting van COSATU was 'n keerpunt in die stryd vir
vryheid en demokrasie; die African Food Canning Workers Union kondig die
eerste nasionale staking aan)
• Hierdie stakings was gemik op die verbetering van werkers se
werksomstandighede wat politieke regte ingesluit het
• Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol gespeel in die stryd teen apartheid (Dit
het die ekonomie affekteer; die verswakte ekonomie het 'n negatiewe uitwerking
op blanke Suid-Afrikaners gehad)
• Die Onderwysstryd – Education Crisis Committee, COSAS en NUSAS begin die
'Education Charter Campaign, ens.
• Die rol van die End Conscription Veldtog (Blanke Suid-Afrikaanse mans het
konskripsie tot die weermag weerstaan; Menige blanke Suid-Afrikaanse soldate
het gevoel dat dit verkeerd was om opstande in die woonbuurte te onderdruk)
• Die rol van Black Sash (Hulle het Apartheid teengestaan, het humanitêre bystand
aan slagoffers van Apartheid gegee)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
20
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
• Die rol en invloed van die Massa Demokratiese Beweging (MDB) deur weerstand
te bied teen PW Botha se regime
• Teen die einde van 1989 het die land onregeerbaar geword en die regering het
begin om met die vryheidsbewegings te onderhandel
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting.
[50]
Indien kandidate aandui dat die stelling nie akkuraat is nie, moet hulle hul
argument ondersteun met relevante bewyse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
21
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruikte maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die stelling krities bespreek en hul gedagterigting ondersteun met
relevante bewyse. Hulle moet bespreek hoe die werklikhede van onderhandeling vir 'n
nuwe toekoms vir Suid-Afrika in erns begin het na die vrylating van Nelson Mandela in
1990 uit die tronk.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die stelling krities bespreek en aandui hoe moeilik die
onderhandelingsproses was wat in Suid-Afrika tussen 1990 tot 1994 geskied het.
UITBREIDING
• De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990
• Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP
• Die verwydering van beperkings op COSATU en AZAPO
• De Klerk se besluit om vir Mandela uit die tronk vry te laat op 11 Februarie 1990
wat die weg gebaan het vir onderhandeling
• Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC afvaardiging onder
leiding van Nelson Mandela, NP afvaardiging onder leiding van FW De Klerk).
• Apartheidswette opgehef soos die Reservering van die Wet op Aparte Geriewe
• Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC stem in om die wapenstryd op te hef)
• KODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO, KP en PAC/300
afgevaardigdes)
• Geweld begin in sommige dele van die land soos die Rand en Natal
• Slegs blanke referendum en sy invloed (Maart 1992)
• KODESA 2 (2 Mei 1992) stort in duie. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe
grondwetlike liggaam en tussentydse grondwet nie
• NP wou minderheidsveto hê terwyl die ANC 'n tussentydse regering vir nie langer
as 18 maande wou hê en 'n gewone meerderheidsregering
• Boipatong massaslagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
• Bisho massamoorde het die onderhandelingsproses van die baan gestuur
(7 September 1992)
• Rekord van Verstandhouding geteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer
(NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die uitwerking op Suid-Afrika
• Veelparty onderhandelings Forum
• Ver-regse beweging (AWB) val die Wêreld handelsentrum aan en sy uitwerking
• Sonsondergangsklousule voorgestel deur Joe Slovo het onderhandelings
dooiepunt gebreek
• Verkiesingsdatum – 27 April 1994 word aangekondig
• ANC wen die verkiesing en Mandela word die eerste swart President van Suid-
Afrika
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2
Downloaded from
22
hlayiso.com DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruikte maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie in
1989 bygedra het tot belangrike politieke vernaderings in Suid-Afrika. Deur 'n gedagte
rigting te volg moet kandidate wys hoe die vaI van die Sowjetunie verandering in Suid-
Afrika verhaas het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die
Sowjetunie bygedra tot politieke verandering in Suid-Afrika
UITBREIDING
• Suid-Afrika het geïsoleer geraak
• Gorbachev se beleid van Perestroika en Glasnost en sy invloed op Suid-Afrika
• Teen die einde 1989 was die Sowjetunie besig om te disintegreer en die
kommunistiese regimes in Oos Europa was besig om ineen te stort
• Die Berlynse Muur het geval en dit gee aanleiding tot verreikende gevolge vir Suid-
Afrika
• Veranderinge in die wêreld lewer 'n bydrae tot die einde van apartheid
• Die ineenstorting van die USSR het die ANC van sy hoof ekonomiese en militêre
ondersteuners beroof
• Sosialisme was nie meer 'n ernstige opsie vir die ANC nie
• Die Nasionale Party se aanspraak dat dit Suid-Afrika beskerm teen 'n
kommunistiese aanslag het onrealisties geword
• Onttrekking van steun van Brittanje; VSA en die Weste en die uitwerking op Suid-
Afrika
• Instelling van sanksies/boikotte deur die Westerse moondhede op Suid-Afrika
• Westerse wêreld moondhede het die idee ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme
vreedsaam en demokraties oplos
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie blanke heerskappy
onbepaald kon handhaaf nie
• Invloedryke Nasionale Party lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord
vir vereistes van blanke kapitalisties ontwikkeling was nie
• Daar was geen twyfel dat die voordurende onderdrukking van swart Suid-
Afrikaners nie politieke stabiliteit sal handhaaf nie
• Die regering het begin glo dat hervorming die onwikkeling van 'n sterk swart middel
klas moet insluit wat as 'n 'verskansing teen rewolusie' sal dien.
• De Klerk het begin aanvaar dat swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie 'n
sameswering was onder leiding van Moskou nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om met progressiewe bevrydingsorganisasies
samesprekings te begin.
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ''n nuwe en regverdige grondwetlike bedeling'
aangekondig wat die einde van apartheid aangedui het
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting.
TOTAAL: [50]
150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 EC June 2016 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum