Skip to content

History Grade 12 P1 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201614 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2016 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2016 NSS – Addendum VRAAG 1: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA NA 1945 FINANSIËLE HULP AAN EUROPESE LANDE VERLEEN? BRON 1A Die uittreksel hieronder skets waarom die Europese Herstelprogram na 1945 in Europa geïmplementeer is. Die nasleep (nadraai) van die Tweede Wêreldoorlog was dat Wes-Europa in puin gelê het. Die oorlog het landerye verwoes en infrastruktuur vernietig, wat die grootste gedeelte van Europa in ontsettende nood gedompel het. Die Minister van Buitelandse Sake, George Marshall, het op 5 Junie 1947 die Europese Herstelprogram aangekondig. Om te voorkom dat die Sowjetunie vyandig raak, het Marshall aangekondig dat die doel van die hulp aan Wes-Europa heeltemal humanitêr was en hy het selfs hulp aan die kommunistiese state in die Ooste aangebied. Die Kongres het Truman se versoek om oor vier jaar 17 miljard dollar na Groot-Brittanje, Frankryk, Wes-Duitsland, Italië, Nederland en België te stuur, goedgekeur. Die Marshall-plan het 'n ekonomiese wonderwerk in Wes-Europa teweeggebring. Teen die teikendatum van die program vier jaar later het Wes-Europese nywerhede twee keer soveel goedere vervaardig as in die jaar voor die oorlog uitgebreek het. Party Amerikaners het oor die koste gekla, maar die nasie het in die jare van die Marshall-plan meer aan drank spandeer as wat hulle oorsee na Europa gestuur het. Die hulp het ook rekordhandelsvlakke met Amerikaanse firmas tot gevolg gehad, wat 'n na-oorlogse ekonomiese oplewing in die Verenigde State aangevuur het. Laastens, en tot groot vreugde van Truman, moes geeneen van hierdie Wes-Europese nasies vir die duur van die Koue Oorlog 'n ernstige bedreiging van kommunistiese oorname die hoof bied nie. [Uit http://www.ushistory.org/us/52c.asp. Toegang op 15 Februarie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 1B Hierdie bron is deur 'n akademikus, Scott D Parrish, van die Universiteit van Texas in die Verenigde State van Amerika, geskryf. Hy het Evgenii Varga (Sowjet-akademikus en -ekonoom) se verwerping van die Marshall-plan ontleed. Varga het 'n ekonomiese verduideliking aan die hand gedoen, waarin hy aanvoer dat 'die ekonomiese situasie in die Verenigde State die beslissende faktor was toe die Marshall-plan-voorstel geopper is. Die Marshall-plan is eerstens bedoel as 'n wyse waarop die verwagte ekonomiese krisis, waarvan niemand in die Verenigde State die koms kan ontken nie, versag kan word'. Varga het toe die omvang van die ekonomiese krisis, wat hy verwag het die Verenigde State gou sou inhaal, kortliks beskryf. Hy het gedurende hierdie krisis 'n afname van twintig persent in produksie verwag, wat tot die ontstaan van 'n mensemassa van tien miljoen werkloses sou lei en verwoesting in die Amerikaanse bankstelsel sou saai. Wat die politieke uitwerking van hierdie ekonomiese probleme betref, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat 'die ontploffing van die ekonomiese en finansiële krisis sal lei tot 'n beduidende val in die aansien van die buitelandse beleid van die Verenigde State, wat hoop om die rol van stabiliseerder van internasionale kapitalisme te speel'. Varga het geskryf dat die Marshall-plan 'n poging was om hierdie krisis te voorkom. Na sy mening het die Verenigde State verplig gevoel om uitvoere te vermeerder om die begin van 'n ernstige ekonomiese depressie te voorkom. Om so 'n toename in uitvoere te bewerkstellig, sou die Verenigde State krediet aan Europese lande toestaan, selfs al kon hulle dit nie terugbetaal nie. Varga het opgemerk dat hierdie optrede veral vir 'monopolie- kapitaal' voordelig sou wees. Hy het afgesluit: 'Teen hierdie agtergrond gesien, is die idee agter die Marshall-plan die volgende: As dit in die Verenigde State se belang is om Amerikaanse goedere ter waarde van etlike miljarde dollar oorsee aan bankrot leners op krediet te verkoop, dan moet daar gepoog word om die maksimum politieke voordeel uit hierdie krediete te trek.' [Uit https://www.wilsoncenter.org/sites/default/files/ACFB73.pdf. Toegang op 8 Februarie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 1C Hierdie spotprent is in 1948 in die Krokodil, 'n Sowjet-tydskrif, gepubliseer. Dit beeld die uitwerking van die Marshall-plan uit. Die Verenigde State van Amerika, wie se gesig as 'n een-dollar- muntstuk uitgebeeld word (Amerikaanse geldeenheid) Verskillende Europese lande wat Marshall-hulp ontvang het [Uit Essential Modern History deur S Waugh] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 1D Hierdie bron is deur William R Keylor geskryf. Hy ontleed die uitwerking van die implementering van die Marshall-plan op beide Wes-Europese lande en die Verenigde State van Amerika. Die ekonomiese gevolge van die Marshall-plan het sy skrywers se mees optimistiese verwagtinge oortref. Die Europese nywerheidsvervaardiging het teen 1952, die afsluitdatum van die Amerikaanse hulpprogram, tot 35 persent en landbouproduksie tot 10 persent bo die vooroorlogse vlak gestyg. Die nasies van Wes-Europa wat hulp ontvang het, het uit die dieptes van ekonomiese wanhoop 'n tydperk van ekonomiese uitbreiding aangepak, wat 'n mate van voorspoed aan hul bevolkings sou besorg en wat in die donker tye van 1947 ondenkbaar was. Intussen het die skenkernasie groot handelsvoordele uit sy ruimhartige finansiële skenking (hulp) getrek, soos die Marxisties-Leninistiese kritici voorspel het: meer as twee derdes van die Europese invoere volgens die plan het van die Verenigde State gekom, wat groter wins beteken het vir Amerikaanse ondernemings wat in die uitvoerhandel betrokke was, asook meer werksgeleenthede vir die werkers wat in hulle diens was. Dit is te betwyfel dat die fenomenale (buitengewone) groei van die Amerikaanse ekonomie in die welvarende era van die vyftigs en die vroeë sestigs sou plaasgevind het sonder die stimulus wat verskaf is deur bestellings vir hulle goedere en dienste van die ander nasies van die nywerheidswêreld oorkant die Atlantiese Oseaan wat besig was om hulle oorlogvernielde ekonomieë te herbou. [Uit The Twentieth-Century World, An International History deur WR Keylor] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2016 NSS – Addendum VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE VIR SUIDELIKE AFRIKA? BRON 2A Hierdie bron fokus op die menings van die historici Irina Filatova en Apollon Davidson, oor die betekenis van die Slag van Cuito Cuanavale, wat tussen 1987 en 1988 in Angola gelewer is. Uit die oogpunt van die Sowjet-weermag, die Angolese, Kubane, die Suid-Afrikaanse regering ná apartheid en baie navorsers was die Slag van Cuito Cuanavale die keerpunt van die oorlog, waarna al die hoofdoelwitte van die oorlog bereik is: Suid-Afrika moes sy troepe onttrek, Angola het relatiewe vrede bekom en Namibië sy onafhanklikheid. Uit die oogpunt van die Suid-Afrikaanse weermag was daar nooit 'n 'Slag van Cuito Cuanavale' nie, want, volgens Generaal J Geldenhuys, 'was dit hoegenaamd nie van enige strategiese belang nie. Dit het geen rol gespeel uit watter hoek jy ook al daarna kyk nie'. In werklikheid 'het die Sowjet-alliansie verloor, want hulle kon nie daarin slaag om Savimbi te verslaan en sy hoofkwartier, Jamba, te verwoes nie …'. Ons sal hierdie argument aan militêre geskiedkundiges oorlaat … Maar uit 'n propaganda-oogpunt was dit rampspoedig … Russiese navorsers dink dat Cuito Cuanavale en die Kubaanse aanval in die suidweste (van Angola) die magsbalans van magte in die streek verander het en 'n gunstige klimaat vir die Angolese-Namibiese skikking ('New York Accords') geskep het ... Die waarheid is dat, al kan die Suid-Afrikaanse Weermag aanspraak maak op hoeveel veldslagte wat hulle ook al op die slagveld gewen het, hulle die deurslaggewende politieke slag verloor het, en die oorlog daarmee saam. [Uit The Hidden Thread. Russia and South Africa in the Soviet Era deur I Filatova en A Davidson] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 2B Die uittreksel hieronder is uit 'n toespraak geneem wat op 5 Desember 1988 deur Fidel Castro (leier van Kuba) gelewer is by 'n byeenkoms in Havana wat deur duisende mense bygewoon is. Castro het die betrokkenheid van Kubaanse troepe by die Slag van Cuito Cuanavale verdedig. Die Angolese regering het aan ons (Kuba) die verantwoordelikheid gegee om Cuito Cuanavale te verdedig en alle nodige maatreëls is getref om nie net die Suid-Afrikaners te keer nie, maar om Cuito Cuanavale in 'n hinderlaag te verander, 'n hinderlaag waarin die Suid-Afrikaners hulle vasgeloop het. In Cuito Cuanavale het die Suid-Afrikaanse weermag sy tande regtig gebreek (sy byt werklik verloor) ... Die Verenigde State het al vir 'n geruime tyd met Angola vergader en hulleself as bemiddelaars (onderhandelaars) tussen die Angolese en die Suid-Afrikaners voorgehou om 'n vreedsame oplossing te vind, en so het die jare verbygegaan. Maar terwyl hierdie sogenaamde onderhandelings met die Verenigde State as bemiddelaars plaasgevind het, het die Suid-Afrikaners ingegryp en probeer om die Angolese situasie op militêre wyse op te los, en miskien sou hulle dit reggekry het as dit nie was vir die moeite wat ons land (Kuba) gedoen het nie. Die magsverhouding het in werklikheid radikaal verander. Die Suid-Afrikaners het 'n verpletterende nederlaag by Cuito Cuanavale gely en die ergste het nog vir hulle voorgelê … Daar is oomblikke wanneer moeilike en bitter besluite geneem moet word, en toe daardie oomblik aangebreek het, het ons party en ons gewapende magte nie vir 'n oomblik gehuiwer nie. Ek glo dat dit gehelp het om 'n politieke ramp te voorkom, 'n militêre ramp vir Angola, vir Afrika en vir alle progressiewe magte. Ek glo dat ons optrede (by Cuito Cuanavale) die vooruitsigte vir die vrede wat tans in die streek heers, 'n deurslaggewende hupstoot gegee het. th [Uit In Defence of Socialism: Four Speeches on the 30 Anniversary of the Cuban Revolution deur F Castro] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 2C Hierdie bron, deur Christopher Saunders, verduidelik die rol wat die supermoondhede gespeel het om te verseker dat die Angola/Namibië-verdrag ('New York Accords') onderteken word. Die Verdrag is op 22 Desember 1988 deur Kuba, Angola en Suid-Afrika by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York onderteken. Die finale ooreenkoms het iets vir elke betrokke party ingehou, soos Crocker (Adjunkminister van Afrika-aangeleenthede in die Verenigde State van Amerika) maande lank suksesvol aangevoer het die geval sou wees … Die manier waarop die krisis opgelos is, het die twee supermoondhede nouer as ooit vantevore laat saamwerk, veral in die Gesamentlike Moniteringskommissie wat gestig is om te verseker dat die ooreenkomste nagekom sou word. Hierdie hoofstuk handel oor … waarom die krisis (by Cuito Cuanavale in 1988) opgelos is soos dit gedoen is en nie in iets baie ernstigers ontwikkel het nie. Gorbachev se bewindsaanvaarding (1985) en die ontwikkeling van sy 'nuwe denke' was die sleutel wat nuwe samewerking met die VSA moontlik gemaak het. Dit het vir alle partye moontlik geword om te besef dat hulle voordeel uit hierdie skikking kon trek. Kuba en Suid-Afrika moes albei uit Angola onttrek … Hulle het onttrek in die konteks van 'n nuwe verhouding wat tussen leierpersoonlikhede, wat by die onderhandelings betrokke was, gevorm is en 'n nuwe houding teenoor die Sowjetunie onder die Suid-Afrikaners, wat kommunisme nie meer as 'n monster beskou het en die USSR nie meer as die een wat die subkontinent wou oorheers nie … Die supermoondhede het 'n deurslaggewende rol in die oplossing van hierdie krisis gespeel … [Uit Cold War in Southern Africa. White Power and Black Liberation, geredigeer deur S Onslow] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 2D Hierdie foto toon 'n aantal leiers wat op 22 Desember 1988 die New York-verdrag by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York onderteken. Sittend van links na regs is: Magnus Malan, Minister van Verdediging (Suid-Afrika), Roelof Frederik ('Pik') Botha, Minister van Buitelandse Sake (Suid-Afrika), Javier Pérez de Cuéllar, Sekretaris-generaal van die VN, George Shultz, Minister van Buitelandse Sake (Verenigde State van Amerika), Alfonso Van-Dunem, Minister van Buitelandse Sake (Angola), António dos Santos Franҫa (Angolese verteenwoordiger), Isidoro Malmierca Peoli, Minister van Buitelandse Sake (Kuba) en Generaal Abelardo Colomé Ibarra (Kuba). [Uit http://downloads.unmultimedia.org/photo/ltd/high/272/272982.jpg?s=4F0232819DA6CCCD391 EC97A2A1B59BD&save. Toegang op 25 Oktober 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2016 NSS – Addendum VRAAG 3: VOOR WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN 1957 TE STAAN GEKOM? BRON 3A Hierdie bron fokus op die prosesse wat plaasgevind het voordat die Little Rock Nege in 1957 by Central High School kon inskryf. … teen die somer van 1957 het skoolamptenare 17 swart Amerikaanse leerders gekies uit die meer as 200 persone wat vir toelating by Central High School aansoek gedoen het. Skoolamptenare het baie aansoekers afgekeur omdat hulle punte nie hoog genoeg was nie. Ander is afgekeur omdat amptenare nie gedink het dat hulle die druk sou kon hanteer om 'n klein minderheid te wees in 'n skool wat oorweldigend wit was nie, … Nog ander swart leerders het uit hulle eie onttrek nadat die superintendent vir hulle gesê het dat hulle nie toegelaat sou word om aan sport of enige ander buitemuurse aktiwiteite deel te neem nie. 'n Aantal ouers het ook hulle kinders onttrek uit vrees vir hulle veiligheid namate teenkanting teen integrasie in die somer van 1957 in Little Rock en elders al hoe luider geword het. Teen die tyd dat die skool moes heropen, was slegs nege swart Amerikaanse leerders bereid om by Central High School skool te gaan … Ten spyte van die gesprekke op TV en die radio en die koerante het die 'Little Rock Nege' nie geglo dat integrasie tot geweld in Little Rock sou lei nie. Die eerste aanduiding wat ek daarvan gekry het, was die aand voor ons skool toe sou gaan. Goewerneur Faubus het op TV verskyn en aangedui dat hy die (Arkansas) Nasionale Garde wou ontplooi om ons toegang tot Central te keer omdat hy gedink het dat ons lewens in gevaar was. Hy het dit vir ons eie 'beskerming' gedoen. Dit was selfs op daardie stadium sy redenasie. Hy het gesê dat die troepe voor die skool sou wees en dat hulle ons toegang tot Central sou blokkeer vir ons eie beskerming asook vir die beskerming en kalmte van die stad. [Uit https://www.facinghistory.org/sites/default/files/publications/Choices_Little_Rock.pdf. Toegang op 11 Februarie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 3B Hierdie bron fokus op Elizabeth Eckford se ondervinding op 4 September 1957, haar eerste dag by Central High School. Die eerste toneel wat Eckford gesien het toe sy 'n blok van Central High School af uit die bus geklim het, was 'n see kwaai gesigte. Sy het probeer om na die skool toe te loop, maar 'n spottende skare het haar pad versper. Haar knieë het gebewe terwyl sy heeltemal alleen deur die skare gebeur het. Sy het hard probeer om nie haar vrees te wys nie. 'Dit was die langste blok wat ek nog ooit in my hele lewe geloop het,' het sy later gesê. Eckford was een van nege leerders wat vrywillig onder die eerste swart Amerikaners sou wees om by Central High School skool te gaan. Toe sy daardie oggend skool toe gegaan het, het Eckford gedink dat daar moeilikheid kon wees. Sy het egter nie geweet dat sy honderde kwaai wit mense sou sien wat van vroeg daardie oggend af vir haar gewag het nie. Skielik het daar 'n uitroep deur die skare getrek. Elizabeth Eckford het probeer om die skool binne te gaan. Eckford het na die Nasionale Garde teruggedraai, maar hulle het niks gedoen nie. Sy het teruggeloop na die bushalte en op die bankie gaan sit. Die skare het haar weer omsingel. 'Kry 'n tou. Sleep haar na hierdie boom toe! Kom ons reken af met hierdie neger*.' 'n Wit vrou het haar pad deur die skare oopgeveg en geskree: 'Los hierdie kind uit. Hoekom treiter julle haar? Oor ses maande gaan julle jul koppe in skaamte laat sak.' Die vrou, Grace Lorch, het langs Eckford op die bank gaan sit. Sy het haar arm om die meisie gesit en daar gebly tot die bus gekom het. Mev. Lorch het saam met Eckford gery tot sy afgeklim het by die skool waar haar ma skoolgehou het. [Uit http://www.ahsd.org/social_studies/williamsm/The%20Mob%20at%20Central%20High%20School.pdf. Toegang op 20 Februarie 2016 verkry.] *Neger: 'n Afbrekende (neerhalende) term wat gebruik is om na swart Amerikaners te verwys Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 3C Hierdie foto toon Elizabeth Eckford by die bushalte buite Central High School, omring deur 'n skare wit Amerikaanse segregasioniste. Grace Lorch, 'n lid van die plaaslike National Association for the Advancement of Coloured People (NAACP), word met haar arm om Elizabeth Eckford gesien. [Uit http://coolchicksfromhistory.tumblr.com. Toegang op 20 Februarie 2016 verkry.] GRACE LORCH ELIZABETH ECKFORD Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2016 NSS – Addendum BRON 3D Hierdie uittreksel fokus op gebeure wat op 5 September 1957 by Daisy Bates se huis plaasgevind het. Dit was nadat die Little Rock Nege die vorige dag verhinder is om Central High School binne te gaan. … Die Nege het by die Bates-huis bymekaargekom. Dit was die eerste keer dat Elizabeth vir Daisy Bates ontmoet het. Segregasioniste, verslaggewers en Faubus sou haar later daarvan beskuldig dat sy Elizabeth opsetlik in die skare in gestuur het om simpatieke publisiteit te wen. Nou het Elizabeth haar ook beskuldig: 'Waarom het jy my vergeet?' het sy gevra, met wat Bates, wat in 1999 oorlede is, later 'koue haat in haar oë' genoem het. Tot vandag toe glo Elizabeth dat Bates, wat nou deur almal opgehemel (geprys) word ('n hoofstraat naby Central High School is na haar vernoem), die swart leerders as weinig meer as voetsoldate in 'n saak gesien het en gemaak het dat hulle jammerlik onvoorbereid vir hulle beproewing was. Die Little Rock Nege het vir twee en 'n halwe week by die huis gebly terwyl prokureurs, regters en politici oor hulle lot gekibbel (gestry) het. Intussen het die beeld van Elizabeth en Hazel Bryan regoor die wêreld geflits … Langston Hughes het in die Chicago Defender geskryf: hierdie 'een, verlate klein Neger-meisie' sou meer saak maak as al die ander sogenaamde belangriker spelers in die drama. Die wêreldpers het Elizabeth geprys en haar aanvallers veroordeel. 'n Federale regter het weer vir Faubus beveel om sy inmengery te staak en die swart kinders toe te laat. Weereens is 'n datum vasgestel: 23 September. Weereens het Daisy Bates die swart families in kennis gestel. Teen hierdie tyd het die Eckfords 'n telefoon aangeskaf, maar Daisy het 'n gesprek met hulle gevrees; hoe kon sy Elizabeth se ma vra om haar dogter weer in die skare in te stuur? Bates het aangehou om hulle tot onderaan haar lys af te skuif. Birdie Eckford het egter weer ingestem om Elizabeth te laat gaan, en toe die swart kinders die volgende oggend by die Bates-huis bymekaargekom het, was sy een van die eerstes wat daar aangekom het. [Uit http://www.vanityfair.com/news/2007/09/littlerock200709. Toegang op 19 Februarie 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2016 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Castro, F. 1989. In Defence of Socialism: Four Speeches on the 30th Anniversary of the Cuban Revolution (Pathfinder, 1989) Filatova I en Davidson A. 2013. The Hidden Thread. Russia and South Africa in the Soviet Era (Jonathan Ball, Cape Town) http://coolchicksfromhistory.tumblr.com http://downloads.unmultimedia.org/photo/ltd/high/272/272982.jpg?s=4F0232819DA6CCC D391 EC97A2A1B59BD&save http://www.ahsd.org/social_studies/williamsm/The%20Mob%20at%20Central%20High%2 0School.pdf http://www.ushistory.org/us/52c.asp http://www.vanityfair.com/news/2007/09/littlerock200709 https://www.facinghistory.org/sites/default/files/publications/Choices_Little_Rock.pdf https://www.wilsoncenter.org/sites/default/files/ACFB73.pdf Keylor, WR. 1984. The Twentieth-Century World – An International History (Oxford University Press, New York) Onslow (ed.). Cold War in Southern Africa. White Power and Black Liberation (Routledge, London) Waugh, S. 1988. Essential Modern History (Oxford University Press, Harlow) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all