Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 24 pages.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 417.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
te stel 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken ();
(1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
___________ . __________________________ . _________________________
_____________________________________________ . _________________
√√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan
die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Antwoord sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE DIE SOWETO-
OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED?
1.1
1.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 1A – V1]
• 'n Filosofie wat selfvertroue, selfhandhawing en trots onder swart Suid-
Afrikaners bevorder
• 'n Filosofie wat deur Steve Biko en ander aktiviste gepropageer is vir
swart Suid-Afrikaners om onafhanklik van ander rasse te wees rakende
die stryd om gelykheid en geregtigheid
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Dit is 'n feit in die geskiedenis dat die 16 Junie 1976 opstand onder die
direkte invloed van die Swartbewussynsbeweging, sy ideologie en sy
leierskap plaasgevind het
• Op 28 Mei 1976 het die Suid-Afrikaanse Studentebeweging, 'n studente
komponent van die BCM, sy Algemene Studenteraadsvergadering gehou
waar die punt oor Afrikaans as onderrigmedium bespreek is (2 x 1) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Die saak oor Afrikaans as onderrigmedium (1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Seth Mazibuko: het leierskap getoon deur die prefekte van die skole te
mobiliseer om uit een mond te praat rakende die verwerping van Afrikaans
as 'n onderrigmedium by skole in Soweto; leier van SASM in Soweto
• Tsietsi Mashinini: was 'n invloedryke leier deur massa betogings op 16
Junie 1976 uit te roep en hy was ook verantwoordelik vir die stigting van 'n
Aksiekomitee wat die Soweto-opstand aangevoer het; leier van SASM in
Soweto
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Wiskunde
• Geskiedenis
• Aardrykskunde (3 x 1) (3)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die apartheidsregering het nie omgegee vir die uitdagings wat swart
studente/leerlinge in die gesig gestaar het oor die gebruik van die
Afrikaanse taal nie
• Die regering wou die studente wys dat hulle die magte gehad het om te
besluit oor enige skoolbeleid omdat die geld wat gebruik is om skole te
bedryf van die regering afkomstig was
• Die apartheidsregering het nie jong swart Suid-Afrikaanse leerlinge as 'n
bedreiging beskou nie
• Die apartheidsregering het die mag van swart Suid-Afrikaanse studente
onderskat
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die studente wou hulle woede en teenkanting toon teen die gebruik van
Afrikaans as 'n onderrigmedium
• Om meer leerlinge te mobiliseer om deel te neem aan die massa aksie
• Om aan die apartheidsregering te wys dat hulle braaf genoeg was om die
mag van die onderdrukkende apartheidstelsel in die gesig te staar/aan te
vat
• Die studente wou die aandag van die land en die wêreld trek op die
negatiewe impak wat Bantoe-onderwys op swart Suid-Afrikaanse studente
gehad het
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3 [Vasstelling van die nut (bruikbaarheid) van bewyse in Bron 1B of 1C – V3]
Kandidate kan of BRON 1A of BRON 1B kies:
BRON 1A
• Die bron voorsien spesifieke historiese datums wat deurslaggewend/
noodsaaklik was vir die beplanning en organisering van die optog in
Soweto
• Die bron bevat waardevolle inligting oor die rol van leierfigure soos Don
[Tsietsi] Mashinini, Seth Malibu, ens. in die beplanning van die Soweto-
opstand
• Die bron wys duidelik dat die Swartbewussynsfilosofie die studente van
Soweto beïnvloed het om op te tree teen Bantoe-onderwys
• Enige ander relevante antwoord
BRON 1B
• Die bron is 'n ooggetuie verslag van die gebeure wat op 16 Junie 1976
ontvou het
• Die bron beskryf die sleutel historiese gebeure wat tot die opstand op 16
Junie 1976 gelei het, plaasgevind het baie duidelik en spesifiek die rol van
SASM
• Die bron gee inligting oor die slagspreuke wat studente gedurende die
protes op 16 Junie 1976 gebruik het
• Die bron gee inligting oor die rol wat wit polisieamptenare gespeel het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4
1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Die polisie het met dodelike/brutale mag tydens die Soweto-opstand
opgetree
• Die trauma en pyn wat deur Antoinette Pieterson en Mbuyisa Makhubu
ondervind is
• Die bravade en passie van Mbuyisa Makhubu
• Die solidariteit van swart Suid-Afrikaanse studente
• Die pyn en trauma wat swart Suid-Afrikaanse studente ondervind het
gedurende die Soweto-opstand
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Die foto toon hoe gehard en brutaal die apartheidsregime was in die
behandeling van swart Suid-Afrikaanse kinders
• Die foto het gelei tot die verdere veroordeling van die apartheidsregering
• Dit het solidariteit in die stryd teen onderdrukking versterk
• Dit het die stryd van swart Suid-Afrikaanse studente teen Afrikaans as
onderrigmedium gesimboliseer
• Dit toon die bravade van swart Suid-Afrikaanse studente teen die
apartheidsregime
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.5. [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C – V3]
• Bron 1B skets hoe leerlinge van Soweto reageer het op die gedrag van die
polisie terwyl Bron 1C die reaksie van Antoinette Pieterson en Mbuyisa
Makhubu toon teenoor die dood van Hector Pieterson/die gevolge van die
polisie se optrede
• Bron 1B verwys na die dood van die leerlinge op 16 Junie 1976 en die
bystand wat aan gewonde leerlinge gegee is terwyl Bron 1C toon hoe
Mbuyisa Makhubu die lewelose liggaam van Hector Pieterson dra
• Bron 1B beskryf die gebeure op die oggend van 16 Junie 1976 terwyl
Bron 1C die foto toon wat geneem is op die oggend van 16 Junie 1976
• Bron 1B beskryf die hartseer/ verdriet wat Antoinette Pieterson ondervind
het terwyl Bron 1C die hartseer wat Antoinette Pieterson ondervind het,
toon (4)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2)
1.6
1.6.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Die regering het die skole gesluit
• Plaas die Suid-Afrikaanse weermag op gereedheidsgrondslag
• Die regering het uiterste geweld en onderdrukking gebruik (2 x 1) (2)
1.6.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Waar die regering geboue opgerig het
• Het subsidies toegeken
• Het onderwysers betaal (3 x 1) (3)
1.6.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Hulle het nie die persoonlike ondervinding gehad van die effek van
Bantoe-onderwys en rasse onderdrukking nie
• Hulle het die opstand as 'n strategie/sameswering deur swart Suid-
Afrikaners om die regering omver te werp (Kommunistiese aanval) beskou
• Hulle het nie omgegee vir die lewens swart Suid-Afrikaanse kinders nie
• Wit Suid-Afrikaanse kinders was nooit onderdruk nie en het beter onderrig
ontvang
• Die regering wou die Afrikaanse taalbeleid verdedig (2)
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1.7 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Swart Suid-Afrikaanse studente het bewus geraak van die gevare van
Bantoe-onderwys (eie kennis)
• Swart Suid-Afrikaanse studente van Soweto het 'n sin van aanmatiging
getoon toe hulle die taalbeleid op 16 Junie 1976 uitgedaag het (Bron 1B)
• Swart Suid-Afrikaanse studente het onafhanklik van wit Suid-Afrikaanse
opgetree (Bron 1B)
• Swart Suid-Afrikaanse studente het eenheid en solidariteit gedurende die
Soweto-opstand geopenbaar (Bron 1B en 1C)
• Swart Suid-Afrikaanse studente en hulle ouers het die inisiatief geneem om
die apartheidsregering uit te daag om hulle self te bevry
• Swart Suid-Afrikaanse studente was vreesloos teenoor die apartheidsregime
(Bron 1D en eie kennis)
• SASM was 'n Swartbewussyn geïnspireerde studente organisasie en was die
instrument in die beplanning van die Soweto-opstand (eie kennis)
• Onderwysers was politieke aktiviste gedurende die Soweto-opstand en was
lede van SASO en het swart Suid-Afrikaanse studente beïnvloed met die
idees van Swartbewussyn (eie kennis)
• Die Soweto-opstand was hoofsaaklik 'n stryd om die denke van swart mense
teen die indoktrinasie van Bantoe-onderwys te indoktrineer (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van hoe die
Swartbewussynsfilosofie die Soweto-opstand van PUNTE
VLAK 1
1976 beïnvloed het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip van hoe
die Swartbewussynsfilosofie die Soweto-opstand PUNTE
VLAK 2
van 1976 beïnvloed het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
van hoe die Swartbewussynsfilosofie die Soweto-
PUNTE
VLAK 3 opstand van 1976 beïnvloed het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE SUKSESVOL
IN DIE HANTERING VAN DIE ONREGTE VAN DIE VERLEDE?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Om die skeiding (gaping) tussen die onderdrukkende Nasionale Party en
die demokratiese Suid-Afrika te oorbrug (1 x 2) (2)
2.1.2 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 2A – V1]
• Die oortreders wou kwytskelding hê vir die politieke misdade wat teenoor
politieke aktiviste gepleeg is bv. Nokuthula Simelane
• Vergifnis vir politieke misdade wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Ontvoering
• Marteling
• Verdwyning
• Moord (enige 2 x 1) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Coetzee het sy bewyse voorgelê om die Soweto Intelligensie-eenheid
(SIU) te beskerm terwyl Nimrod Veyi se bewyse was om die werke van
die SIU bloot te lê
• Coetzee wou nie die owerhede wat die instruksies gegee het om politieke
aktiviste te vermoor impliseer nie en wou daarom die waarheid verdoesel
terwyl Nimrod Veyi inligting gegee het oor die plek waar die oorskot van
Nokuthula Simelane begrawe is om amnestie te verkry
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die Mpumalanga regering het 'n standbeeld opgerig ter ere van Nokuthula
Simelane as 'n herinnering aan die rol wat sy in die bevrydingstryd
gespeel het
• Mark Kaplan produseer 'n dokumentêr oor die lewe en verdwyning van
Nokuthula Simelane (2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Dit toon Desmond Tutu en Alex Boraine wat die gruweldade ondersoek
wat in Suid-Afrika gepleeg is
• Dit was 'n moeilike taak om al die gruweldade wat gepleeg is te ondersoek
• Die skedels toon die gruweldade wat gepleeg is wat die WVK gepoog het
om te ondersoek
• Die name toon die plekke waar hierdie gruweldade wat die WVK
ondersoek het gepleeg is
• Die name van die oortreders (Niewoudt, Barnard) wat gruweldade gepleeg
het en wat die WVK gepoog het om te ondersoek
• Die boodskappe wys dat die WVK nie vergeldingsgeregtigheid soos
getoon deur die vrou in die bron, ondersteun het nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
(a)
• Die verwysing na Boipatong (wat op 17 Junie 1992 gebeur het) dui die
plek aan waar gruweldade deur koshuisinwoners wat 45 mense dood
(politieke misdade) gelaat het, gepleeg is
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2)
(b)
• Die verwysing na Niewoudt dui die naam aan van 'n oortreder wat
verantwoordelik was vir gruweldade (politieke misdade)
• Hy is aangekla vir die marteling en moord op Steve Biko
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (4)
2.2.3 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 2B – V3]
Hierdie bron is bruikbaar omdat:
• Dit toon dat die WVK gelei is deur Tutu en Boraine wie gepoog het om die
gruweldade te ondersoek wat gedurende die apartheidsregering in Suid-
Afrika gepleeg is
• Dit identifiseer die hoof oortreders wat verantwoordelik was vir hierdie
gruweldade (apartheidsmisdade)
• Dit werp lig op die plekke waar hierdie gruweldade (apartheidsmisdade)
gepleeg is
• Dit impliseer dat die WVK ten gunste was van herstellende geregtigheid
en nie vergeldingsgeregtigheid nie
• Die WVK was oorweldig deur die aantal sake wat hulle moes ondersoek
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Dit sou openbaar wat met haar dogter gebeur het
• Dit sou openbaar wie haar dogter ontvoer/gemartel/vermoor/begrawe het
(enige 1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Willem Helm Johannes Coetzee
• Anton Pretorius
• Frederick Barnard Mong
• Msebenzi Timothy ‘Vastrap’ Radebe (enige 3 x 1) (3)
2.3.3 [Haal bewyse uit Bron 2C aan – V2]
• Ernestina Simelane het haar dogter gewaarsku dat ‘die polisie haar soek’
• Ernestina Simelane het haar dogter vertel dat ‘die polisie haar wou
arresteer’
• Ernestina Simelane het haar dogter gewaarsku om ‘nie terug huis toe te
kom nie’ (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2A en 2C – V3]
• Albei bronne 2A en 2C beklemtoon die intensie van die Simelane-familie
om uit te vind waar hulle dogter, Nokuthula was
• Albei bronne 2A en 2C noem die betrokkenheid van die veiligheidtak
polisieman in die verdwyning van Nokuthula
• Albei bronne 2A en 2C beklemtoon dat die moordenaars van Nokuthula
wie voor die WVK verskyn het om aansoek te doen vir amnestie
• Albei bronne 2A en 2C dui aan dat Nokuthula in Swaziland was
• Albei bronne 2A en 2C dui aan dat Nokuthula ontvoer, gemartel en
vermoor is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5
2.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika sedert die WVK tot
stand gekom het en dat oortreders vervolg sou word
• Dit was die eerste keer sedert die WVK aanbevelings gemaak het dat die
NVG op hierdie manier gereageer het
• Die NVG het genesing in hierdie saak gebring sodat die familie van
Nokuthula Simelane die waarheid sou geweet het oor hulle dogter se
verdwyning
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Vervolging is aanbeveel (1 x 1) (1)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit.
Kandidate moet standpunt inneem en verduidelik of die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) as suksesvol beskou kan word in die
hantering van die onregte van die verlede
SUKSESVOL
• WVK se doel was om herstellende geregtigheid te verkry (eie kennis)
• Die WVK het 'n platform geskep vir slagoffers en oortreders om hulle
stories te vertel (eie kennis)
• In sommige gevalle het oortreders vergifnis nagestreef en het antwoorde
aan families verskaf (eie kennis)
• Oortreders kon om amnestie aansoek doen (Bron 2A)
• Vergoeding was minimaal maar is deur party slagoffers ontvang (eie
kennis)
• Vergoeding het gehelp dat slagoffers weer hulle waardigheid kon behaal
(eie kennis)
• Die WVK is daarom beskou as suksesvol omdat dit bygedra het tot
nasiebou en versoening (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
NIE SUKSESVOL NIE
• Niemand het verantwoordelikheid aanvaar vir Nokuthula Simelane se
verdwyning nie (Bron 2A)
• Oortreders is nie verantwoordelik gehou vir hulle dade nie omdat hulle vir
amnestie kon aansoek doen (Bron 2A)
• Die WVK het nie antwoorde aan almal verskaf wat vrae oor die
verdwyning van hulle geliefdes gehad het nie (Bron 2C)
• Die WVK is beskou as 'n heksejag wat ou wonde oopgekrap het (eie
kennis)
• Die WVK het nie sy doel om versoening te bring, bereik nie (eie kennis)
• Die regering het nie opgetree volgens die aanbevelings van die WVK nie
(Bron 2D)
• Die Simelane-familie se siviele saak het die NVG gedwing om tot aksie oor
te gaan (Bron 2D)
• Die NVG het 'n jaar later gereageer toe hulle aangekondig het dat die
oortreders vervolg gaan word (Bron 2D)
• Daarom word die WVK twintig jaar later beskou as onsuksesvol in die
adressering van die onregte van die verlede (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen
of min begrip of die Waarheids-en-Versoeningskommissie
PUNTE
VLAK 1 suksesvol was in die adressering van die onregte van die
0–2
verlede.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband met
die onderwerp, bv. toon begrip of die Waarheids-en-
Versoeningskommissie suksesvol was in die adressering PUNTE
VLAK 2
van die onregte van die verlede. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf te
skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip of die
Waarheids-en-Versoeningskommissie suksesvol was in
PUNTE
VLAK 3 die adressering van die onregte van die verlede.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 3: HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME VIR
STRUKTURELE AANPASSING (PSA) DEUR INTERNASIONALE
FINANSIËLE INSTELLINGS AFRIKALANDE BEÏNVLOED?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Die skuldkrisis van die 1980's (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
• Wêreldbank (2 x 1) (2)
3.1.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Handelsliberalisering verwys na ontwikkelende lande wat hulle markte
oopmaak vir buitelandse handel en belegging wat Afrika aan Westerse
markte
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Dat noodsaaklike dienste teruggehou is van die armes
• Die praktyk waar slegs die rykes noodsaaklike dienste kon bekostig
• Uitdiensstelling wat 'n las op die staat geplaas het om maatskaplike hulp te
verleen
• Dat die staat sy verantwoordelikhede teenoor die armes laat verdwyn het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Dit het regerings gedwing om subsidies vir basiese goedere te verminder
wat die armes seergemaak het
• Dit het die ekonomie Afrikalande vernietig
• Dit het die ongelykhede tussen armes en rykes vergroot
• Dit het bygedra tot armoede en hongersnood in Afrika
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Om geld te druk
• Om geld te leen
• Om uitgawes te verminder en belasting te verhoog
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.2.3 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]
Kandidate kan kies of die inligting in die bron BRUIKBAAR tot 'n groot
mate is of BRUIKBAAR tot 'n mindere mate is en hulle antwoord met
relevante bewyse ondersteun.
BRUIKBAAR TOT 'N GROOT MATE
• Dit gee insig op die redes waarom ontwikkelende lande lenings by die
Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank gesoek het
• Dit gee insig in die redes waarom die Internasionale Monetêre Fonds en
die Wêreldbank op programme vir strukturele aanpassing aangedring het
• Oor hoe programme vir strukturele aanpassing die armes geaffekteer het
• Enige ander relevante antwoord
OF
BRUIKBAAR TOT 'N MINDERE MATE
• Dit is slegs die siening van die adjunk president van die Wêreldbank oor
die redes vir die implementering van programme vir strukturele aanpassing
• Die siening oor die redes vir die implementering van programme vir
strukturele aanpassing is nie gebalanseerd nie omdat die siening van
diegene wat geaffekteer word, afwesig is/ nie gekonsulteer is nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3A en 3B – V3]
• Beide Bron 3A en 3B lig toe hoe die van programme vir strukturele
aanpassing op ontwikkelende nasies opgelê is
• Beide Bron 3A en 3B lig toe hoe regerings uitgawes moes verminder om
te kwalifiseer vir lenings by die Internasionale Monetêre Fonds
• Beide Bron 3A en 3B lig die impak wat die strukturele
aanpassingsprogramme op die armes gehad het, toe
• Beide Bron 3A en 3B lig die styging van pryse op goedere toe
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4
3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• In 1997 het die groei stadiger plaasgevind tot 0,4%
• In 1998 het per capita inkomste met 0,8% geval
• In 1999 het die Wêreldbank 'n verdere afname van 0,4% in groei/inkomste
geprojekteer (3 x 1) (3)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Die skuldlas van Afrika het aansienlik toegeneem
• Lande in Afrika het 'n swak groeikoers getoon
• Die meerderheid van die bevolking in Afrika het nie daarin geslaag om
hulle toegang tot onderwys, gesondheidsorg en basiese behoeftes te
verbeter nie (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Skuldterugbetalings is 4,3% van Sub-Sahara-Afrika se Bruto Nasionale
Produk
• Die implementering van strukturele aanpassingsprogramme het die
ekonomieë van die meeste Afrikalande verarm
• Dit sal 'n sound ekonomiese praktyk wees omdat die terugbetaling van
lenings onrealisties is omdat te veel geld uit Afrikalande stroom
• Daardie hulpbronne (geld) kan gebruik word om die ekonomie met 'n volle
persentasiepunt te laat groei
• Afrika het enorme skuld gehad en is verarm
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5
3.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Die boodskap bevraagteken die Weste se motiewe vir die kansellering van
die skuld van Afrikalande
• Die bron herinner die Weste aan die ekonomiese uitbuiting van
Afrikalande (koloniale uitbuiting, verknegting en diefstal van Afrika se
natuurlike hulpbronne)
• Die bron toon die onverdraagsaamheid van die Weste teenoor die
welstand van Afrika (Die uitreiking van 'n sertifikaat van 'skuld kansellering'
is van min waarde omdat nie al die skuld gekanselleer is nie. Afrika word
steeds uitgebuit as gevolg van uitstaande lening terugbetalings,
rentekoerse op daardie lenings en neokolonialisme)
• Die bron toon die arrogante houding van die Weste teenoor die
ekonomiese welstand van Afrika omdat die opskrif wil hê dat Afrika die
uitbuiting van die verlede moet vergewe. Geen melding word gemaak van
die huidige ekonomiese uitbuiting van Afrika deur die Weste
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
(a)
• Die Weste word uitgebeeld as lande wat bevoordeel word uit die
ekonomiese onderwerping van Afrikalande (Weste word uitgebeeld as goed
gevoed, goed aangetrek, het toegang tot mediese sorg, brille, ens.)
• Die Weste word uitgebeeld as die lande wat beheer uitoefen oor die
ekonomiese welstand van Afrikane (die Weste word uitgebeeld as groter as
Afrika)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
(b)
• Afrikalande word uitgebeeld as lande wat swaargekry het onder die uitbuiting
van die Weste (Die Afrikaan in die spotprent lyk ondervoed, swak en
armoedig)
• Afrikalande word uitgebeeld asof hulle aan die genade van die Weste
oorgelaat is vir hulle ekonomiese welstand (Oorhandiging van 'n sertifikaat)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit.
• Die skuldkrisis van die 1980's het die Weste die geleentheid gegee om
Afrikalande te onderdruk (Bron 3A)
• Die Wêreldbank en die IMF het programme vir strukturele aanpassing op
Afrikalande wat geld moes leen om skuld te betaal, afgedwing (Bron 3A)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
het privatisering van industrieë tot gevolg gehad wat regerings uitgawes laat
verminder het en gebruikersfooie afgedwing het wat arm lande geaffekteer
het (Bron 3A)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
het inmenging in Afrika se interne sake tot gevolg gehad (arbeidswette wat
aangepas moes word om ontwikkelende lande te pas) (Bron 3A)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
het tot gevolg gehad dat die IMF die ekonomiese toestand in Afrika
voorgeskryf het (Bron 3A)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
het geen ekonomiese groei in Afrikalande tot gevolg gehad nie (Bron 3C)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
het meer skuld, geen verbetering in gesondheidsorg en onderwys aan
burgers in Afrika tot gevolg gehad (Bron 3C)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
het tot gevolg gehad dat die skuldlas 4,3% van Sub-Sahara Afrika se BNP
was (Bron 3C)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing toon hoe die
Weste bevoordeel is uit die ekonomiese onderwerping van Afrika (Bron 3D)
• Die implementering van programme vir strukturele aanpassing toon hoe
Afrika gely het as gevolg van die ekonomiese onderwerping deur die Weste
(Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 18 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse. bv. toon
geen of min begrip van hoe die implementering van
programme vir strukturele aanpassing (PSA) deur
PUNTE
VLAK 1 internasionale finansiële instellings Afrikalande
0–2
geaffekteer het nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate
verband met die onderwerp bv. toon begrip van hoe
die implementering van programme vir strukturele
PUNTE
VLAK 2 aanpassing (PSA) deur internasionale finansiële
3–5
instellings Afrikalande geaffekteer het.
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon 'n deeglike begrip
van hoe die implementering van programme vir
strukturele aanpassing (PSA) deur internasionale PUNTE
VLAK 3 finansiële instellings Afrikalande geaffekteer het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 19 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's SUID-AFRIKA
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate PW Botha se poging om die ‘grand’
apartheidsbeleid te hervorm te doen gekry het met massa interne weerstand van
gewone gemeenskapsorganisasies. Kandidate moet redeneer hoe massa weerstand
volgehou is wat uiteindelik die apartheidsregering gedwing het om te onderhandel met
anti-apartheidsorganisasies.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate PW Botha se hervormings
uitgedaag is deur gemeenskapsgebaseerde organisasies omdat dit nie die
versoeke van die meerderheid Suid-Afrikaners aangespreek het nie. Hulle moet
toon hoe weerstand gelei het tot die val van 'grand' (groot) apartheid.
UITBREIDING
• PW Botha se beleid van ‘Totale Aanslag’ en ‘Totale Strategie’
• Botha se poging om apartheid te hervorm (afskaffing van Paswette, wetgewing
van vakbonde) deur die instelling van die Driekamerparlement in 1983
• Die stigting en reaksie van die UDF tot die Driekamerparlement-stelsel
• Die eerste veldtog van die UDF was die 'Don't Vote Veldtog (om Kleurlinge en
Indiërs te ontmoedig om deel te neem aan die verkiesing van die
Driekamerparlement; 'Million Signature' Veldtog teen die Driekamerparlement)
• Die toename van interne weerstand bv. Gewelddadige protes in die Vaal
Driehoek en elders in Suid-Afrika
• Die Vaal Burgervereniging het huurboikotte georganiseer (Die Vaal townships het
aanhoudende massa aksies onderneem; raadslede is doodgemaak; skole is
geboikot)
• PW Botha het agtereenvolgende noodtoestande in 1985 en 1986 verklaar om die
teenkanting teen apartheid te stuit, maar was onsuksesvol
• Die rol van vakbonde (Die stigting van COSATU was 'n keerpunte in die stryd om
vryheid en demokrasie; Die African Food Canning Workers Union het die eerste
nasionale staking uitgeroep)
• Hierdie stakings was bedoel om die werksomstandighede van werkers, wat
politieke regte ingesluit het, te verbeter
• Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol in die stryd teen Apartheid gespeel (Dit
het die ekonomie geaffekteer; die dalende ekonomie het 'n negatiewe impak op
wit Suid-Afrikaners gehad)
• Onderwysstryd – Onderwys Krisis Komitee, COSAS en NUSAS het die
'Onderwys Oktrooi Veldtog' (Education Charter Campaign), ens. geloods
• Die rol van die End Conscription Veldtog (Blanke Suid-Afrikaanse mans het teen
verpligte militêre diens opgestaan; Menige blanke Suid-Afrikaanse soldate het
gevoel dat dit verkeerd was om opstande in die woonbuurte te onderdruk)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 20 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Die rol van Black Sash (Hulle het apartheid teengestaan, het humanitêre bystand
aan slagoffers van apartheid gegee)
• Die rol van die SARK teen die apartheidsregering
• Die rol en invloed van die Massa Demokratiese Beweging (MDM) deur weerstand
te bied teen PW Botha se regime
• Teen die einde van 1989 het die land onregeerbaar geword en die regering het
begin om met die vryheidsbewegings te onderhandel
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 21 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die rol wat leierskap, onderhandelings en kompromis in 1994 in die
geboorte van 'n demokratiese Suid-Afrika gespeel het, krities bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe insidente van geweld wat Suid-Afrika in die
vroeë 1990s geteister het en aandui hoe die rol van leierskap, onderhandelings en
kompromis bygedra het tot die totstandkoming van 'n demokratie in Suid-Afrika in
1994.
UITBREIDING
• De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990 (Leierskap)
• Die ontbanning van politieke en burgerorganisasies soos die ANC en SAKP
• Die verwydering van beperkings op COSATU en AZAPO (Leierskap)
• De Klerk se besluit om vir Mandela uit die tronk vry te laat op 11 Februarie 1990 wat
die weg gebaan het vir onderhandeling (Leierskap en kompromis)
• Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC afvaardiging onder
leiding van Nelson Mandela, NP afvaardiging onder leiding van FW De Klerk)
(Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die wapenstryd op te hef)
(Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Derdemag geweld in Natal tussen Inkatha, dihe ANC en die apartheidsregering
• KODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO, KP en PAC/300 afgevaardigdes)
(Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Geweld begin in sommige dele van die land soos die Transvaal en Natal
• Slegs blanke referendum en sy invloed (Maart 1992) (Leierskap)
• KODESA 2 (2 Mei 1992) stort in duie. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe
grondwetlike liggaam en tussentydse grondwet nie (Leierskap, onderhandelings en
kompromis)
• NP wou minderheidsveto hê terwyl die ANC 'n tussentydse regering vir nie langer as
18 maande wou hê en 'n gewone meerderheidsregering
• Boipatong massaslagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
• Bisho-slagting het die onderhandelingsproses van die baan gestuur (7 September
1992)
• Rekord van Verstandhouding geteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer
(NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die uitwerking op Suid-Afrika
• Regsgesinde (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum en sy gevolge – Junie 1993
St James massaslagting deur APLA – Julie 1993
• Heidelberg taverne massaslagting deur APLA – Desember 1993
• Veelparty Onderhandelingsforum (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 22 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Sonsondergangsklousule voorgestel deur Joe Slovo het die dooiepunt in die
onderhandelings verbreek (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Shell House massaslagting en sy uitwerking – Maart 1994
• Verkiesingsdatum – 27 April 1994 word aangekondig
• ANC wen die verkiesing en Mandela word die eerste swart President van Suid-Afrika
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 23 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELD ORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling nie. Hulle
moet aandui of die val van die Sowjetunie grootliks verantwoordelik was vir die
politieke veranderings wat in 1989 in Suid-Afrika plaasgevind het. Hulle moet 'n
gedagterigting inneem en hulle antwoord met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui of die val van die Sowjetunie in 1989 gedien het
as 'n belangrike katalisator (sneller) vir die politieke transformasie wat in Suid-
Afrika voorgekom het en hulle gedagterigting ondersteun.
UITBREIDING
Kandidate kan die volgende punte insluit indien hulle saamstem met die bewering.
• Die impak van die disintegrasie van die Sowjetunie in 1989 op Suid-Afrika
• Gorbachev se hervormingsbeleid van Glasnost en Perestroika
• Die kommunistiese regimes in Oos-Europa het ineengestort
• Die Berlynse Muur het geval
• Veranderinge in die wêreld het bygedra tot die beëindiging van apartheid
• Die val van die USSR het die ANC van sy hoof ondersteuningsbron ontneem
(finansieël, militêr en moreel en sy gevolge)
• Die Nasionale Party se bewering dat hulle Suid-Afrika teen 'n kommunistiese
aanval beskerm, het onrealisties begin lyk
• Westerse wêreldmoondhede het die idee ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme
vreedsaam en demokraties oplos
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie blanke heerskappy
onbepaald kon handhaaf nie
• Invloedryke Nasionale Party lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord
vir vereistes van blanke kapitalistiese ontwikkeling was nie
• Die Slag van Cuito Cuanavale en sy gevolge
• Die veiligheidsmagte en die noodtoestand kon nie township-opstande keer nie
• Teen die laat 1980's was die Suid-Afrikaanse ekonomie in 'n staat van depressie
• Die rol van besigheidsleiers in Suid-Afrika se politieke transformasie
• PW Botha kry 'n beroerte en word opgevolg deur FW De Klerk
• De Klerk het begin aanvaar dat swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie
'n sameswering was onder leiding van Moskou nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om met progressiewe bevrydingsorganisasies
samesprekings te begin.
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n 'nuwe en regverdige grondwetlike bedeling'
aangekondig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 24 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Dit het die einde van apartheid aangedui
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante
bewyse ondersteun [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum