Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 475.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
VLAK 1 • Selektering en organisasie van relevante inligting uit 30%
bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
VLAK 2 40%
• Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid,
VLAK 3 eensydigheid en beperkings vas te stel 30%
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ()
• Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
_______________________________________________
Vlak 2
• Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Antwoord sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
struktureer nie = 1– 6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA NA 1945
FINANSIËLE HULP AAN EUROPESE LANDE VERLEEN?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Wes-Europa in puin gelê
• Landerye verwoes
• Infrastruktuur vernietig
• Europa ontsettende nood gedompel (enige 2 x 1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Om Europese lande te help herstel nadat hulle deur die Tweede Wêreldoorlog
platgeslaan is
• Die program het finansiële hulp aan alle Europese lande verleen om hulle
ekonomieë te verbeter
• Die VSA het dit gebruik as 'n program om die verspreiding kommunisme na
Europese lande te keer
• Hulle het om humanitêre redes bystand verleen
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Groot Brittanje
• Frankryk
• Wes-Duitsland
• Italië
• Nederland
• België (enige 2 x 1) (2)
1.1.4 [Analise van inligting uit Bron 1A – V2]
• Wes-Europese industrieë produseer tweemaal soveel as in die jare voor die
oorlog
• Rekordvlakke van Europese handel met Amerika
• Grootskaalse herbou van die infrastruktuur
• Dit het gelei tot 'n vinnige ekonomiese herstel van Europese lande
• Dit het ʼn kommunistiese oorname van Wes-Europa voorkom
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Om die verwagte ekonomiese krisis in die VSA te versag
• VSA het ʼn twintig persent afname in produksie verwag... wat tot werkloosheid
sou lei
• Dit sou bewys dat die veral voordelig sou wees vir monopolie kapitaal(1 x 2) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Amerika moes sy uitvoere verhoog
• Amerika sou krediet aan Europese lande moes toestaan (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1.2.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1B – V1]
• Amerika se strategie (om geld te gee/ goedere aan Wes-Europa te verkoop) om
beheer te hê oor die ekonomieë van Wes-Europese lande (en om die
verspreiding van kommunisme te voorkom)
• 'n Ekonomiese sisteem wat deur 'n groep ryk mense/maatskappye/lande
beheer word
• 'n Ekonomiese sisteem wat deur voordeelgrense beheer word/ gebaseer is op
privaat eienaarskap/ deur 'n vryemarksisteem gekarakteriseer word
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1A of 1B – V3]
Kandidate moet aandui watter bron (1A of 1B) meer BRUIKBAAR is en hulle
antwoord met relevante bewyse ondersteun.
BRON 1A
• Dit verskaf inligting oor die bedoeling van die Marshall-plan volgens George
Marshall
• Dit voorsien die Amerikaanse (Westerse) perspektief van die Marshall-plan
• Dit toon die prestasies van die Marshall-plan
• Dit toon die datum, bedrag en lande wat betrokke was in die Marshall-plan
• Enige ander relevante antwoord
BRON 1B
• 'n Bron wat deur 'n akademikus, Scott D Parrish, van die Universiteit van Texas
geskryf is
• Dit analiseer Varga ('n Sowjet ekonoom) se siening van die Marshall-plan
• Dit verskaf 'n Sowjet/kommunistiese perspektief van die Marshall-plan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4
1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Europa (knielend) word getoon as onderdanig aan Amerikaanse mag/kapitaal
• Dit toon 'n 'baas' as ʼn vet kapitalis (VSA) ‘kneg’ wat kniel (Europese lande)
verhouding
• Die Verenigde State van Amerika het finansiële hulp (Marshall-hulp) aan
Europese lande verskaf
• Die Sowjets sien die VSA as die een wat geld gebruik om sy doel te bereik –
'dollar diplomasie/ imperialisme'
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Amerika gebruik sy geld om Europese lande te domineer
• Dit toon dat die VSA sy beleid van 'Dollar Imperialisme' in Europese lande
toepas
• Die VSA wou Europese lande beheer/ domineer
• Die VSA word getoon as ongevoelig, onmenslik en gesigloos
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1.5 [Vergelyking van inligting in Bron 1B en 1C – V3]
• In Bron 1B gee Varga te kenne dat die hoofrede vir die Marshall-plan was om
die VS ekonomie te bevoordeel; In Bron 1C word die VSA uitgebeeld asof hulle
van geld gemaak is (het 'n gesig wat lyk soos 'n dollar-muntstuk)
• In Bron 1B gee Varga te kenne dat die VS die Marshall-plan tot sy eie politieke
voordeel gebruik het; In Bron 1C word Europese lande (diegene wat kniel)
getoon wat onderdanig is aan die superioriteit van Amerika.
• Beide (Bron 1B en 1C) gee te kenne dat die VSA se motief met die Marshall-
plan was om ekonomiese en politieke mag oor Wes-Europese lande te verkry -
'Dollar Imperialisme'
• Beide (Bron 1B en 1C) toon die superieure status van die VSA
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.6
1.6.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Europese industriële produksie het met 35% bo die vooroorlogse vlakke gestyg
• Europese landbouproduksie het met 10% bo die vooroorlogse vlakke gestyg
• Wes-Europese nasies het ʼn tydperk van ekonomiese uitbreiding aangepak
(enige 2 x 1) (2)
1.6.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Die VSA ondervind groot handelsvoordele uit sy finansiële hulp aan Wes-
Europese lande
• Amerika gee finansiële hulp omdat hulle voordeel daaruit wou trek
• Twee derdes van die invoere het van die VSA gekom
• Meer werksgeleenthede vir VSA werkers
• Hoër profyt vir Amerikaanse firmas
(enige 1 x 2) (2)
1.6.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Amerika het bestellings vir goedere en dienste uit Europa ontvang wat
verhoogde produksie verseker het
• Amerika se ekonomie het gefloreer omdat hulle nie grootskaalse werkloosheid
ondervind het nie
• Amerika ontvang betalings vir lenings wat aan Europese lande gegee is
• Lande wat Marshall-hulp ontvang het, is verplig om VS goedere te koop
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
1.7 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit.
• Om humanitêre redes in die konteks van die na-oorlogse krisis (Bron 1A)
• Om die verspreiding van kommunisme in Europa te voorkom (Bron 1A)
• Om die ekonomiese herstel van Europa na die Tweede Wêreldoorlog te
bevorder (Bron 1A en1D)
• Om die verwagte na-oorlogse ekonomiese krisis in die VSA te versag (Bron 1B
en 1D)
• Om die kapitalistiese ekonomiese stelsel/ monopolie kapitaal te bevoordeel
(Bron 1B en 1D)
• Om politieke beheer oor Europa te verkry (Bron 1B en 1C)
• Om VS 'Dollar Diplomasie/ Imperialisme' te bevorder (Bron 1B en 1C)
• Om die bedreiging van werkloosheid in die VSA te verminder (Bron 1D)
• Om 'n invloedsfeer in Europa te vestig (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip oor waarom die Verenigde State van Amerika na PUNTE
VLAK 1
1945 finansiële hulp aan Europese lande verleen het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom die Verenigde
PUNTE
VLAK 2 State van Amerika na 1945 finansiële hulp aan Europese
3–5
lande verleen het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
oor waarom die Verenigde State van Amerika na 1945
PUNTE
VLAK 3 finansiële hulp aan Europese lande verleen het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
VIR SUIDELIKE AFRIKA?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Al die hoofdoelwitte van die oorlog is bereik
• Suid-Afrika onttrek sy troepe
• Angola het relatiewe vrede bereik
• Namibië het onafhanklikheid verkry (enige 2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Sowjets het nie daarin geslaag om Savimbi te verpletter nie
• Sowjets het nie daarin geslaag om Savimbi se hoofsetel by Jamba te vernietig
nie (2 x 1) (2)
2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2A – V1]
• Die verspreiding van verkeerde inligting oor die uitkoms van die slag van Cuito
Cuanavale om doelbewus mense se siening oor wie die oorlog gewen het te
beïnvloed
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die militêre oorwinning deur die SAW by Cuito Cuanavale was oor die
langtermyn minder belangrik as die daaropvolgende verskuiwing van die
magsbalans
• Alhoewel die SAW op oorwinning by Cuito Cuanavale aanspraak gemaak, het
die apartheidstaat die 'oorlog' verloor, want Namibië het in 1990
onafhanklikheid verkry
• Dit het tot beëindiging van wit minderheidsregering in Suid-Afrika (1994) gelei
• Suid-Afrika kon nie Angola gedwing het om kapitalisme te aanvaar nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Die Angolese regering het Kuba die verantwoordelikheid aangesê om Cuito
Cuanavale te verdedig
• Om die Suid-Afrikaanse opmars na Cuito Cuanavale te keer
• Om 'n hinderlaag vir die Suid-Afrikaners op hulle weg na Cuito Cuanavale te
stel (enige 1 x 2) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
Kandidate kan tot 'n groot mate saamstem
• Die Suid-Afrikaanse weermag het groot verliese in die Slag van Cuito
Cuanavale gely
• Die Kubane het die Suid-Afrikaanse weermag verslaan en was die oorwinnaars
• Die Suid-Afrikaanse weermag het oneffektief geword
• Suid-Afrika onttrek uit Angola
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Kandidate kan tot 'n mindere mate saamstem
• Kuba kon nie die SAW en UNITA oorwin nie
• SAW het minder ongevalle as Cuba gehad
• SAW het beweer dat die oorname van Cuito Cuanavale nooit hulle doel was
nie
• SAW het Namibië as oorwinnaars ingeval
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Die Verenigde State van Amerika het as bemiddelaars probeer optree
• Die Verenigde State van Amerika het probeer om vrede na die streek te bring
• Verenigde State van Amerika het opgetree as bemiddelaar/ onderhandelaar
tussen Angola en Suid-Afrika
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Die Kubane het die Suid-Afrikaners gekeer om verder in Angola op te mars
• Die Kubaanse oorwinning oor SAW het Suid-Afrikaners meer gewillig gemaak
om 'n ooreenkoms te bereik
• Die Kubane het 'n politieke en ekonomiese 'rampspoed' voorkom
• Na die Slag van Cuito Cuanavale het die magsbalans in Angola 'radikaal
verander'
• Namibië het onafhanklikheid verkry
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Die finale ooreenkoms het iets vir elke betrokke party ingehou (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Die supermoondhede het 'n Gesamentlike Moniterings Kommissie tot stand
gebring om toesig te hou oor die ooreenkoms (1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Vanaf die mid-1980's was daar groter samewerking tussen die VSA en die
USSR
• Gorbachev (die Sowjetleier) het 'n nuwe denkwyse (perestroika en glasnost)
uitgevoer wat samewerking met die VSA bevorder het
• Die nuwe denkwyse in die USSR het die vrees vir 'n kommunistiese aanslag
verminder
• Die apartheidsregering was meer gewillig om uit Angola te onttrek
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Suid-Afrika
• Angola
• Kuba (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.4.2 [Verduideliking van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 2D – V3]
Kandidate moet aandui of die bron BRUIKBAAR TOT ʼn GROOT MATE IS of
BRUIKBAAR TOT ʼn MINDERE MATE en hulle antwoord met relevante bewyse
ondersteun.
BRUIKBAAR TOT ʼn GROOT MATE
• Dit voorsien die name en range van politieke leiers wat die New York
Ooreenkoms onderteken het
• Die foto illustreer dat die politieke situasie in suidelike Afrika van internasionale
belang was
• Die onafhanklikheid van Namibië is deur die Verenigde Volke Organisasie
gefasiliteer
• Dit toon watter organisasies uit die New York Ooreenkoms uitgesluit is, bv.
SWAPO, die Namibiese vryheidsbeweging het geen rol gespeel nog het Jonas
Savimbi of UNITA 'n rol gespeel nie
• Dit gee historici 'n duidelike beeld van die formaliteite en protokol wat
gepaardgegaan het met die ondertekening van die bilaterale en drieledige
ooreenkomste (New York Ooreenkomste)
• Dit toon dat Suidelike Afrika gesoek het na ʼn vreedsame resolusie in die konflik
• Enige ander relevante antwoord
OF
BRUIKBAAR TOT ʼn MINDERE MATE
• Dit verduidelik nie waarom sommige mense in die onderhandelings ingesluit is
en ander uitgelaat is nie
• Die bron is beperk tot een moment in die geskiedenis van suidelike Afrika (daar
was baie ander gebeure en prosesse wat in die laat 1980's plaasgevind het)
• Die foto verduidelik nie die proses hoe die leiers tot die besluit gekom het om
die ooreenkoms te onderteken nie
• Die foto gee geen details van die bepalings in die ooreenkomste en of dit
onderhou is nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyk inligting in Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2C lig die rol toe wat die Verenigde State van Amerika gespeel het in die
bemiddeling van die vredesooreenkoms; Bron 2D toon die bilaterale en
drieledige ooreenkomste wat in die Verenigde State van Amerika onderteken is
en die VS Staatsekretaris (George Shultz) wat by die tafel saam met Angola,
Suid-Afrika en Kubaanse amptenare sit en teken (selfs al was VS gebied of
troepe nie betrokke nie)
• Bron 2C beweer dat beide Kuba en Suid-Afrika hulle troepe uit Angola moes
onttrek na die Slag van Cuito Cuanavale; In Bron 2D word die Kubaanse en
Suid-Afrikaanse amptenare getoon terwyl hulle die drieledige ooreenkoms
onderteken
• Bron 2C toon ʼn nuwe samewerking tussen die VSA en die USSR en in Bron 2D
word die samewerking tussen die VSA en Kubaanse afgevaardigdes in die
Verdrag gesien
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die SAW het terugslae gely by Cuito Cuanavale wat getoon het dat hulle nie
onoorwinlik was nie, hulle kon gekeer word (Bron 2B)
• Die apartheidsregering is tot kompromis en onderhandeling gedwing as gevolg
van die Slag van Cuito Cuanavale (New York Ooreenkoms) (Bron 2A, 2B, 2C
en 2D)
• Die oorwinning deur Kubaanse magte by Cuito Cuanavale het nuwe vertroue
gegee aan vryheidsbewegings in suidelike Afrika (Bron 2A, 2B en 2D)
• Die magsbalans in suidelike Afrika het in die guns van vryheidsbewegings
geswaai na die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 2A, 2C en 2D)
• Die oorwinning oor die SAW by Cuito Cuanavale het die weg gebaan vir die
onafhanklikheid van Namibië van Suid-Afrika (Bron 2A, 2B, 2C en 2D)
• Na die Slag van Cuito Cuanavale het die buitelandse troepe uit Angola onttrek,
alhoewel die burgeroorlog aangehou het (Bron 2A, 2B en 2C)
• Na die Slag van Cuito Cuanavale was die apartheidsregering meer gewillig om
politieke gevangenes vry te laat en met vryheidsbewegings te onderhandel (eie
kennis)
• Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van wat die gevolge van die Slag van Cuito PUNTE
VLAK 1
Cuanavale op suidelike Afrika was. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
met die onderwerp, bv. toon begrip van wat die gevolge van PUNTE
VLAK 2
die Slag van Cuito Cuanavale op suidelike Afrika was. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
van wat die gevolge van die Slag van Cuito Cuanavale op
PUNTE
VLAK 3 suidelike Afrika was.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE GEDURENDE
DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN 1957 IN DIE
GESIG GESTAAR?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Skoolamptenare het slegs 17 swart Amerikaanse leerders uit 200 aansoekers
gekies
• Hulle grade was nie hoog genoeg nie
• Amptenare het nie gedink dat hulle die druk sou kon hanteer van die feit dat
hulle 'n klein minderheid was in 'n oorwegend wit skool... (2 x 1) (2)
3.1.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3A – V1]
• 'n Proses wat toegelaat het dat swart Amerikaanse studente dieselfde skool as
wit Amerikaanse studente bywoon
• Om swart Amerikaanse en wit Amerikaanse studente by Central High School
byeen te bring
• Rasse vermenging van studente (bv. swart Amerikaners en wit Amerikaners)
byvoorbeeld by Central High School
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2
• Hierdie studente het deur 'n streng keuringsproses gegaan voordat hulle
aanvaar kon word by Central High School
• Baie ander swart Amerikaanse studente wat geïdentifiseer was, het nie aan die
keuringskriteria voldoen nie
• Hulle is verstandelik en geestelik voorberei om die druk te kan hanteer
• Daar was teenkanting teen integrasie by Central High School deur
segregasioniste
• Sommige swart Amerikaanse aansoekers het onttrek uit vrees vir hulle
veiligheid/ op hulle eie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Om te keer dat swart Amerikaanse studente Central High School bywoon
• Hy sê dat hy dit vir die beskerming van swart Amerikaanse studente gedoen
het
• Vir die kalmte van die stad
• Lewens is bedreig (Swart Amerikaanse leerlinge) (enige 1 x 2) (2)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• 'n See van kwaai gesigte (1 x 1) (1)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Spottende skare
• ʼn Geskreeu
• Knieë het gebewe
• Kry 'n tou
• Sleep haar oor hierdie boom
• Kom ons sorg vir hierdie 'neger' (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Hulle was teen die integrasieproses wat by Central High School plaasgevind
het
• Hulle is deur Faubus beveel om nie swart Amerikaanse studente op hulle
skoolkampus toe te laat nie
• Hulle het die bende wit segregasioniste ten volle ondersteun
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]
Die bewyse in die bron is bruikbaar omdat dit inligting verskaf oor:
• Wat met Elizabeth Eckford op haar eerste dag by Central High School gebeur
het
• Oor die keuse wat deur Elizabeth Eckford gemaak is om Central High School
by te woon
• Oor die keuse wat deur Grace Lorch gemaak is om Elizabeth Eckford by te
staan
• Oor die keuse wat deur die skare gemaak is om Elizabeth Eckford te intimideer
en te beledig
• Oor die keuse wat deur die Nasionale Garde gemaak is om Elizabeth Eckford
nie te verdedig nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Nie alle wit Amerikaners was teen integrasie nie
• Sommige wit Amerikaners het openlik hulle ondersteuning vir integrasie getoon
bv. Grace Lorch
• Elizabeth Eckford is gekeer om Central High School binne te gaan as gevolg
van die teistering van segregasioniste
• Integrasie van Central High School het intense media belangstelling gelok
• Om die graad van rassisme in die Suidelike State aan die kaak te stel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Grace Lorch was teen segregasie en het integrasie ondersteun
• Grace Lorch was 'n lid van die NAACP
• Grace Lorch was lankal betrokke by die Burgerregtebeweging
• Grace Lorch het simpatie gehad / jammer gevoel teenoor Elizabeth Eckford
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4 [Vergelyking van inligting in Bron 3B en 3C – V3]
• Bron 3B staaf dat 'n spottende bende Elizabeth Eckford se toegang na Central
High School geblokkeer het en Bron 3C toon 'n bende wat Elizabeth Eckford
omring
• Albei bronne (3B en 3C) toon dat Grace Lorch Elizabeth Eckford bygestaan het
• Bron 3B beweer dat Grace Lorch haar arm om Elizabeth Eckford gesit het om
haar te troos wat duidelik is in Bron 3C
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Beskuldig haar daarvan dat sy Elizabeth Eckford opsetlik na die bende gestuur
het
• Om openbare simpatie te wen (2 x 1) (2)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Nou het Elizabeth haar ook beskuldig
• 'Waarom het jy my vergeet'
• ‘Koue haat in haar oë’
• 'Het die studente slegs gesien as voetsoldate in 'n saak'
• 'Het hulle jammerlik onvoorbereid in hulle beproewing gelos' (enige 2 x 1) (2)
3.5.3 [Analise van bewyse in Bron 3D – V2]
• Elizabeth Eckford het nie inmekaar gestort/ gehuil voor haar teisteraars nie/sy
is geprys vir haar bravade
• Elizabeth Eckford het opgestaan vir dit wat sy geglo het reg was (integrasie
moes by Central High School plaasvind)
• Elizabeth Eckford se beeld in die wêreldpers het die VS Kongres gedwing om
standpunt in te neem teen segregasioniste
• Hulle het die aanvallers veroordeel oor hulle rassisme
• Die skare is veroordeel omdat hulle Elizabeth Eckford geïntimideer/ geteister
het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Goewerneur Faubus het aan die Nasionale Garde gesê om te voorkom dat die
Little Rock Nege Central High School binnegaan (Bron 3A)
• Segregasioniste wou die integrasie van Central High School keer (eie kennis)
• Die Little Rock Nege kon nie op die eerste dag skool toe gaan nie (Bron 3D)
• Elizabeth Eckford se pad is geblokkeer deur die bende van wit Amerikaanse
segregasioniste (Bron 3B)
• Die Nasionale Garde het Elizabeth Eckford nie teen die bende beskerm nie
(Bron 3B)
• Die bende het Elizabeth Eckford gedreig (Bron 3B)
• Institusionele rassisme soos 'n Apteekeienaar wat geweier het dat Grace Lorch
sy telefoon gebruik om 'n huurmotor te bestel (eie kennis)
• 'n Verlate wit Amerikaanse vrou (Grace Lorch) het Elizabeth Eckford teen die
bende beskerm (Bron 3B en 3C)
• Die Little Rock Nege moes na Daisy Bates se huis toe gaan omdat die
segregasioniste hulle nie wou toelaat om in Central High School in te gaan nie
(Bron 3D)
• Die Little Rock Nege het baie skooldae verloor (Bron 3D)
• Politici het oor hulle lot gekibbel (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van die uitdagings wat die Little Rock Nege
PUNTE
VLAK 1 gedurende die integrasie van Central High School in 1957 in
0–2
die gesig gestaar het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
die onderwerp, bv. toon begrip van die uitdagings wat die
PUNTE
VLAK 2 Little Rock Nege gedurende die integrasie van Central High
3–5
School in 1957 in die gesig gestaar het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
van die uitdagings wat die Little Rock Nege gedurende die
integrasie van Central High School in 1957 in die gesig PUNTE
VLAK 3
gestaar het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Daar word van kandidate verwag om te verduidelik tot watter mate die taktiek en
strategieë wat die Viëtkong gebruik het suksesvol was in die stuiting van kapitalisme
gedurende die oorlog in Viëtnam (1965 – 1975). 'n Skets van die taktieke en strategieë
wat deur die Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) geïmplementeer is, moet uitgelig word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate kan verduidelik tot watter mate die taktieke en strategieë
suksesvol was om die verspreiding van kapitalisme te stuit tussen 1965 en 1975 en
aandui hoe hulle dit gaan ondersteun.
UITBREIDING
• Die Viëtkong het ʼn oorlog van nasionale bevryding/ onafhanklikheid/ stryd om
soewereiniteit gevoer/ VSA was in Viëtnam om ideologiese redes (Domino teorie/
stuiting van kapitalisme)
• Villagisation/ Strategiese Hamlet Program (waar die VSA en Suid-Viëtnam regering
nuwe dorpies gestig het en probeer het om boere van die guerrillas te skei) was
onsuksesvol
• Viëtnamese boere was self guerrillas(Vietkong) en was nie maklik identifiseerbaar
deur VSA soldate nie
• Viëtkong het suksesvolle guerrilla taktiek gebruik (valdeure, ondergrondse tonnels,
verassingsaanvalle, tref en trap ens)
• Viëtkong was hoogs ervare as gevolg van die bevrydingsoorloë teen koloniale
regering/ die VSA het konskripsie vir jong onervare soldate ingestel, die VS weermag
was nie opgelei in guerrilla taktiek nie
• Ho Chi Minh-roete het voorrade wat vanaf Noord-Viëtnam na Suid-Viëtnam geneem
om die Viëtkong by te staan
• Die Viëtkong taktieke het geen sigbare teikens vir die aanval van Amerikaanse soldate
getoon nie; Die VSA se lugbombardering ‘Operasie Rolling Thunder’ van 1965
(konvensionele oorlogvoering) was onsuksesvol
• Die Viëtkong het die ondersteuning van die boere verkry deur vir hulle grond te belowe
(meerderheid van Viëtnamese was boere)
• 'Operasie Ranch Hand' (die gebruik van chemikalieë om woude te vernietig (Agent
Orange) en oeste/gewasse (Agent Blue) die effek van napalm op die Viëtnamese het
hulle teen die VSA laat draai en die guerrillas te ondersteun
• Die TET-offensief (Januarie 1968) (Die VS het dorpe en stede beheer wat deur
guerrillas in hinderlae gelê is) en media dekking in die VSA
• Die Vietkong het groot ondersteuning van die Viëtnamese bevolking gewen/ President
Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts and minds of
the Vietnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek en om hulle
'aansien te red'
• Die Viëtnamiseringsbeleid het daartoe gelei dat die VSA alle troepe teen 1973 onttrek
het en Noord-Viëtnam het beheer oor Saigon geneem in 1975
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet beide, goeie en slegte leierseienskappe van Mobutu Sese Seko en
Julius Nyerere identifiseer. Dit kan die handhawing van die regsorde, eerlikheid, omsien
na die belange van alle burgers, bevordering van ekonomiese groei en politieke stabiliteit
insluit. Kandidate moet dan relevante bewyse verskaf om te toon of Mobutu en Nyerere
goeie of slegte leierseienskappe gehad het.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die vraag krities bespreek en aandui of Mobutu en Nyerere
goeie of slegte leierseienskappe gehad het.
UITBREIDING
Polities
• Die eienskappe van goeie leierskap behoort die volgende in te sluit: handhawing van
die regsorde, om te sien na die belange van alle burgers van die land, hou van vrye en
regverdige veelpartyverkiesings, beskerming van die burger- en menseregte van
almal, bevordering van stabiliteit en nasionale samehorigheid
• Mobuto Sese Seko (Kongo) het aan bewind gekom deur ʼn staatsgreep en Nyerere
(Tanzanië) was verkies
• Beide Mobutu Sese Seko en Nyerere het 'n eenpartystaat ingestel
• Hulle lande het ook nie vrye en regverdige veelpartyverkiesings gehou nie. Beide het
geargumenteer dat hierdie regeringsvorm meer toepaslik was vir Afrika as wat 'n
Westerse styl demokrasie was
• In beide lande is opposisiepartye die swye opgelê en daar was bewyse van
inhegtenisname en menseregteskendings van dié wat teen die leierskap gepraat het
• Die tydperk na onafhanklikheid in die Kongo is gekenmerk deur geweld en politieke
oproer; In Tanzanië was daar min konflik tydens onafhanklikheid en die land het
polities stabiel gebly
• Die Kongo was etnies hoogs versplinter met leiers wat in kompetisie was met mekaar;
Tanzanië was verenig as een land onder Nyerere se leierskap, hy het 'n nasionale
identiteit aangemoedig en daar was min etniese konflik
Ekonomies
• Fokus op die respektiewe land se doelwit om te ontwikkel of die 'ekonomie' te
diversifiseer; wetgewing moet in plek wees om ekonomiese groei te bevorder;
werkverskaffing om alle burgers te bevoordeel; om met korrupsie om te gaan
• Mobutu se ekonomiese beleid is gekenmerk deur nepotisme en kleptokrasie wat gelei
het tot die vorming van 'n ryk, magtige elite wat trou gesweer het aan Mobutu; Nyerere
het 'n Leierskapskode ingestel om korrupsie te voorkom onder werknemers in die
openbare sektor. Nyerere het die plig van Tanzaniërs om alle mense in die nasie te
ontwikkel, beklemtoon
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Gedurende Mobutu se bewind het hy kapitalisme bevorder en buitelandse belegging
maar inflasiekoerse het 100% bereik en maatskaplike welsyn is besnoei; Nyerere
bevorder Ujaama, Afrika Sosialisme en selfonderhouding, maar die ekonomie het in
die laat 1970's ineengestort en Tanzanië is gedwing om IMF lenings te verkry en om
strukturele aanpassingsprogramme te aanvaar/ beide lande het buitelandse hulp
aanvaar
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die Swartmagbeweging op die bevordering van die
swartmagfilosofie, inboeseming van rasse-trots en die ontwikkeling van selfrespek onder
swart Amerikaners gedurende die 1960's in die VSA gefokus het. Kandidate moet
relevante bewyse gebruik om hulle argument te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat die Swartmagbeweging
betrokke was in die bevordering van swart mag, die inboeseming van swarttrots en die
ontwikkeling van selfrespek onder swart Amerikaners. Kandidate moet 'n
gedagterigting volg en aandui hoe hulle dit gaan ondersteun.
UITBREIDING
• Redes vir die opkoms van die Swartmagbeweging: lewe in krotbuurte en slum-
areas/swak behuising; fasiliteite met swak hulpbronne (skole, gesondheid, ens.);
tekort aan werk en armoede; stadige pas van verandering/verlies aan geloof in die
Burgerregtebeweging
Pogings om die Swartmagfilosofie te bevorder
• Die rol van Malcolm X: (was invloedryk deur: beoefening van swart skeiding/
afsondering, baklei vir selfbeskikking en die voorstaan van selfrespek en selfdissipline)
• Die rol van Stokely Carmichael wat die beginsels van swart mag (om dinge op hulle
eie te doen, om politiek in hulle gemeenskappe te beheer, trots te wees op hulle eie
kultuur, om hulleself te verdedig teen rasse onderdrukking en manipulasie) beoefen
het en in 1966 het hy die Swartmagslagspreuk, 'Black is beautiful' gewild gemaak
• Die rol van die Black Panther-party (vir selfverdediging) – het die swart mag-/
swarttrotsfilosofie in werking gestel
Pogings om rassetrots in te boesem:
• Aanvaarding van Afrika-identiteit
• Bevordering van die konsep van Afrika-identiteit deur slagspreuke soos: 'Black is
beautiful', bevordering van Afrohaarstyl en Afrika-drag
• Erkenning van Afrika-erfenis, musiek en literatuur
• Die Tienpuntplan van die Black Panther-party (het sy maatskaplike, politieke en
ekonomiese doelwitte gedek)
Pogings om selfrespek te ontwikkel
• Selfgelding (bv. rasse-opstande in Watts, Detroit en Newark)
• Wou hê dat swart Amerikaners teen wit Amerikaanse owerhede opstaan in die
strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid op welke manier ook al
• Die Black Panther-party se Tienpuntplan
• Gemeenskap ontwikkelingsprogramme (bv. gratis ontbyt ens.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Opvoedkundige programme (bv. die onderrig van Afrika geskiedenis)
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Indien kandidate nie saamstem nie met die siening nie moet hulle hulle argument
met relevante bewyse ondersteun
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum