Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 329.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE DIE SOWETO-
OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Wat verstaan jy onder die Swartbewussynsfilosofie? (1 x 2) (2)
1.1.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die
Soweto-opstande regstreeks deur die ideologie van die
Swartbewussynsbeweging beïnvloed is. (2 x 1) (2)
1.1.3 Wat, volgens die bron, is op 28 Mei 1976 by SASM se algemene
raadsvergadering bespreek? (1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar oor die rolle wat Seth Mazibuko en Tsietsi
Mashinini in die mobilisering van die Soweto-leerders gespeel het.
(2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Haal DRIE skoolvakke uit die bron aan wat die apartheidsregering
wou hê swart Suid-Afrikaanse leerders in Afrikaans as die
onderrigmedium moes leer. (3 x 1) (3)
1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die apartheidsregering nie op SASM se versoek
gereageer het om Afrikaans as onderrigmedium af te skaf nie.
(2 x 2) (4)
1.2.3 Waarom, dink jy, het leerders besluit om tydens die optog
slagspreuke te dreunsing en plakkate te swaai? (1 x 2) (2)
1.3 Raadpleeg Bron 1A en 1B. Verduidelik watter EEN van die bronne (Bron 1A
of Bron 1B) jy dink die bruikbaarste sal wees vir 'n historikus wat navorsing
doen oor hoe die gebeure in Soweto in Junie 1976 ontvou het. (2 x 2) (4)
1.4 Bestudeer Bron 1C.
1.4.1 Watter boodskappe word deur die foto oorgedra? (2 x 2) (4)
1.4.2 Verduidelik waarom hierdie foto deur Sam Nzima plaaslik sowel as
internasionaal 'n ikoniese beeld geword het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2016
NSS
1.5 Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
in Bron 1C ten opsigte van die Soweto-opstande ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik Bron 1D.
1.6.1 Hoe, volgens die bron, het die apartheidsregering gereageer op
die gebeure wat in Soweto plaasgevind het? (2 x 1) (2)
1.6.2 Noem DRIE redes wat Andries Treurnicht gegee het om die
Suid-Afrikaanse regering se taalbeleid te regverdig. (3 x 1) (3)
1.6.3 Waarom het die leiers van die apartheidsregime op 'n ander
manier as swart ouers op die Soweto-opstande gereageer? (1 x 2) (2)
1.7 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Swartbewussynsfilosofie die Soweto-opstande van 1976
beïnvloed het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL MET DIE HANTERING VAN DIE ONREGTE VAN DIE
VERLEDE?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 2) (2)
2.1.2 Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK-verhore.
(1 x 2) (2)
2.1.3 Identifiseer die TWEE misdade waarvan die oortreders in Nokuthula
Simelane se saak aangekla is. (2 x 1) (2)
2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Willem Coetzee en Nimrod Veyi se getuienis oor die
verdwyning van Nokuthula Simelane mekaar weerspreek het.
(2 x 2) (4)
2.1.5 Lewer kommentaar op die manier waarop Nokuthula Simelane se
nalatenskap herdenk is. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Verduidelik die boodskappe wat die bron oor die werk van die WVK
oordra. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.2.2 Waarom, na jou mening, het die spotprenttekenaar verwys na:
(a) Boipatong (1 x 2) (2)
(b) Niewoudt (1 x 2) (2)
2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom 'n historikus die inligting in die bron nuttig sou vind. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Wat, volgens Ernestina Simelane, sou 'n nuwe verhoor oor haar
dogter se verdwyning onthul? (1 x 2) (2)
2.3.2 Identifiseer enige DRIE apartheid-veiligheidspolisiemanne wat die
staat beweer het vir die moord op Nokuthula Simelane
verantwoordelik was. (3 x 1) (3)
2.3.3 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat Ernestina
Simelane haar dogter oor haar veiligheid gewaarsku het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2016
NSS
2.4 Verwys na Bron 2A en 2C. Verduidelik hoe die inligting oor Nokuthula
Simelane se verdwyning in albei bronne ooreenkom. (2 x 2) (4)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik waarom, volgens Desmond Tutu, die NVG se besluit
om Simelane se beweerde moordenaars aan te kla 'betekenisvol
en geskiedkundig' is. (2 x 2) (4)
2.5.2 Watter aanbeveling het die WVK in 2002 aan die NVG gedoen?
(1 x 1) (1)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik of die WVK suksesvol was met die hantering van die onregte van
die verlede. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME VIR
STRUKTURELE AANPASSING (PSA) DEUR INTERNASIONALE
FINANSIËLE INSTELLINGS AFRIKALANDE BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Waarom, volgens die bron, het die regering in Washington besluit
om die ekonomieë van Derdewêreld-lande te onderdruk?
(1 x 2) (2)
3.1.2 Noem die TWEE internasionale finansiële instellings in die bron
wat programme vir strukturele aanpassing op ontwikkelende lande
afgedwing het. (2 x 1) (2)
3.1.3 Definieer die term liberalisering van die handel in die konteks van
globalisering. (1 x 2) (2)
3.1.4 Verduidelik hoe die privatisering van industrieë Afrikalande
beïnvloed het. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Lewer kommentaar op waarom Leach beweer het dat programme
vir strukturele aanpassing omstrede was. (2 x 2) (4)
3.2.2 Hoe, volgens Serageldin, moes die gaping tussen besteding en
inkomste in ontwikkelende lande gevul word? (3 x 1) (3)
3.2.3 Verduidelik tot watter mate jy dink hierdie bron bruikbaar is vir 'n
historikus wat navorsing doen oor hoe programme vir strukturele
aanpassing op ontwikkelende lande afgedwing is. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne
ooreenkom met betrekking tot die impak wat programme vir strukturele
aanpassing op ontwikkelende lande gehad het. (2 x 2) (4)
3.4 Gebruik Bron 3C.
3.4.1 Gee DRIE redes in die bron wat te kenne gee dat dit lyk asof die
'ekonomiese Renaissance' vir Afrika verby is. (3 x 1) (3)
3.4.2 Haal enige TWEE bewyse uit die bron aan wat toon dat die IMF
Afrika in die steek gelaat het. (2 x 1) (2)
3.4.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink skuldkansellasie vir lande in
Afrika noodsaaklik geword het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2016
NSS
3.5 Raadpleeg Bron 3D.
3.5.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprenttekenaar oor
skuldkansellasie oordra. (2 x 2) (4)
3.5.2 Hoe beeld die spotprenttekenaar die volgende uit:
(a) Die Weste (1 x 2) (2)
(b) Afrika (1 x 2) (2)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die implementering van programme vir strukturele
aanpassing deur internasionale finansiële instellings Afrikalande beïnvloed
het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Verduidelik tot watter mate PW Botha se poging om in die vroeë 1980's die beleid
van 'grand' (groot) apartheid te hervorm met grootskaalse verset deur
gemeenskapsorganisasies op voetsoolvlak begroet is.
Ondersteun jou argumente met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Die geweld wat Suid-Afrika in die vroeë 1990's geteister het, het amper die
onderhandelingsproses en die geboorte van 'n demokratiese en vrye Suid-Afrika
gekelder.
Bespreek hierdie bewering krities met verwysing na die rol wat leierskap,
onderhandelinge en kompromieë in 1994 in Suid-Afrika se verkryging van demokrasie
gespeel het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 was 'n belangrike katalisator (sneller) vir
die politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argumente deur te verwys na
relevante gebeure wat tussen 1989 en 1990 die politieke landskap in Suid-Afrika
gevorm het. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum