Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 335.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA NA 1945
FINANSIËLE HULP AAN EUROPESE LANDE VERLEEN?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Noem TWEE maniere waarop Wes-Europese lande deur die
Tweede Wêreldoorlog geraak is. (2 x 1) (2)
1.1.2 Verduidelik in jou eie woorde waarom George Marshall in die laat
1940's besluit het om die Europese Herstelprogram in werking
te stel. (2 x 2) (4)
1.1.3 Haal enige TWEE lande uit die bron aan wat Marshall-hulp
ontvang het. (2 x 1) (2)
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Marshall-plan na bewering 'n 'ekonomiese wonderwerk
in Wes-Europa teweeggebring' het. (2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Waarom, volgens Varga, het die Verenigde State van Amerika die
Marshall-plan geïmplementeer? (1 x 2) (2)
1.2.2 Kies TWEE bewyse uit die bron wat aandui dat die Verenigde State
van Amerika die Marshall-plan gebruik het om 'n ekonomiese krisis
te voorkom. (2 x 1) (2)
1.2.3 Definieer die term monopolie-kapitaal in jou eie woorde in die
konteks van die Marshall-plan. (1 x 2) (2)
1.3 Raadpleeg Bron 1A en 1B. Verduidelik watter EEN van die bronne (1A of 1B)
die bruikbaarste sou wees vir 'n historikus wat die implementering van die
Marshall-plan bestudeer. (2 x 2) (4)
1.4 Verwys na Bron 1C.
1.4.1 Watter boodskappe, dink jy, word in die spotprent oor Europa se
verhouding met die Verenigde State van Amerika gedurende die
Koue Oorlog oorgedra? Gebruik die visuele leidrade in die bron om
jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
1.4.2 Verduidelik waarom jy dink die gesig van die figuur in die spotprent
as 'n muntstuk uitgebeeld word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2016
NSS
1.5 Bestudeer Bron 1B en 1C. Verduidelik op watter maniere die bewyse in
hierdie bronne mekaar ondersteun oor hoe kommuniste die Marshall-plan
beskou het. (2 x 2) (4)
1.6 Raadpleeg Bron 1D.
1.6.1 Haal enige TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat
Wes-Europese lande ekonomiese sukses geniet het nadat hulle
hulp van die Marshall-plan ontvang het. (2 x 1) (2)
1.6.2 Watter kritiek, volgens die bron, is deur Marxisties-Leninistiese kritici
teenoor die skenkernasie (VSA) uitgespreek? (1 x 2) (2)
1.6.3 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Amerikaanse ekonomie in die 1950's en vroeë 1960's
gefloreer het. (2 x 2) (4)
1.7 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom die Verenigde State van Amerika na 1945 finansiële hulp
aan Europese lande verleen het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
VIR SUIDELIKE AFRIKA?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Haal enige TWEE moontlike redes uit die bron aan oor waarom die
Slag van Cuito Cuanavale die 'keerpunt van die oorlog' was. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, volgens Generaal Geldenhuys, het die Sowjet-alliansie die
Slag van Cuito Cuanavale verloor? Gee TWEE redes vir jou
antwoord. (2 x 1) (2)
2.1.3 Verduidelik die term propaganda in die konteks van die uitkoms van
die Slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar op wat jy dink geïmpliseer word deur die stelling
dat die Suid-Afrikaners 'op die slagveld gewen het', maar 'die
deurslaggewende politieke slag verloor het'. Ondersteun jou
antwoord met relevante bewyse. (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron, het die Angolese regering Kuba versoek
om by Cuito Cuanavale betrokke te raak? (1 x 2) (2)
2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
tot watter mate jy saamstem met Castro se stelling: 'In Cuito
Cuanavale het die Suid-Afrikaanse weermag sy byt werklik verloor.'
(2 x 2) (4)
2.2.3 Lewer kommentaar op die rol wat die Verenigde State van Amerika
in die laat 1980's in Angola gespeel het. (2 x 2) (4)
2.2.4 Verduidelik waarom Castro geglo het dat Kuba se betrokkenheid
by die Slag van Cuito Cuanavale die 'vooruitsigte vir (die) vrede ...'
'n 'hupstoot gegee het'. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Waarom, volgens Saunders, was al drie regerings bereid om die
Angola/Namibië-verdrag te onderteken? (1 x 2) (2)
2.3.2 Watter bewys in die bron gee te kenne dat die Verenigde State van
Amerika en die Sowjetunie saamgewerk het om die krisis in
suidelike Afrika op te los? (1 x 2) (2)
2.3.3 Verduidelik hoe Gorbachev se bewindsaanvaarding in die
Sowjetunie die situasie in Angola beïnvloed het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2016
NSS
2.4 Bestudeer Bron 2D.
2.4.1 Noem enige TWEE 'partye' (lande) wat die driesydige ooreenkoms
(New York-verdrag) op 22 Desember 1988 onderteken het.
(2 x 1) (2)
2.4.2 Verduidelik tot watter mate 'n historikus wat die geskiedenis van
suidelike Afrika in die laat 1980's bestudeer, die inligting in hierdie
bron bruikbaar sal vind. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D ondersteun ten opsigte van die rol wat die Verenigde
State van Amerika in die laat 1980's in die oplossing van die krisis in suidelike
Afrika gespeel het. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
gevolge van die Slag van Cuito Cuanavale vir suidelike Afrika verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: VOOR WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE
GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN
1957 TE STAAN GEKOM?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat
skoolamptenare aansoeke vir toelating tot Central High School
afgekeur het. (2 x 1) (2)
3.1.2 Verduidelik die term integrasie in die konteks van die krisis wat in
1957 by Central High School plaasgevind het. (1 x 2) (2)
3.1.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink slegs nege swart
Amerikaanse leerders toegelaat is om by Central High School skool
te gaan. (2 x 2) (4)
3.1.4 Waarom, volgens die bron, het Goewerneur Faubus besluit om die
(Arkansas) Nasionale Garde te ontplooi? (1 x 2) (2)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Volgens die bewyse in die bron, wat het Elizabeth Eckford gesien
toe sy uit die bus geklim het? (1 x 1) (1)
3.2.2 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat Elizabeth
Eckford beledig is. (3 x 1) (3)
3.2.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink die Nasionale Garde geen
poging aangewend het om Elizabeth Eckford teen die beledigings by
te staan nie. (2 x 2) (4)
3.2.4 Verduidelik die bruikbaarheid van die bewyse in hierdie bron vir 'n
historikus wat navorsing doen oor die keuses wat mense ten opsigte
van die integrasie by Central High School gemaak het. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskappe dra die foto omtrent Elizabeth Eckford se eerste
dag by Central High School oor? (2 x 2) (4)
3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en sê waarom,
dink jy, Grace Lorch besluit het om Elizabeth Eckford
by te staan. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer Bron 3B en 3C. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 3B
die inligting in Bron 3C ondersteun ten opsigte van die uitdagings wat die
leerders by Central High School die hoof moes bied. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2016
NSS
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Waarvan, volgens die bron, het segregasioniste, verslaggewers en
Faubus vir Daisy Bates beskuldig? (2 x 1) (2)
3.5.2 Kies enige TWEE bewyse uit die bron wat te kenne gee dat
Elizabeth Eckford met Daisy Bates ontevrede was. (2 x 1) (2)
3.5.3 Verduidelik waarom jy dink dat die internasionale pers besluit het
om Elizabeth Eckford te prys en haar aanvallers te veroordeel.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik voor watter uitdagings die Little Rock Nege gedurende die
integrasie van Central High School in 1957 te staan gekom het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Verduidelik tot watter mate die taktieke en die strategieë wat die Viëtkong teen die
Verenigde State van Amerika se weermag gebruik het, daarin geslaag het om die
verspreiding van kapitalisme in Viëtnam tussen 1965 en1975 te stuit.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Mobutu Seso Seko en Julius Nyerere het beide goeie leierskapseienskappe getoon
nadat onafhanklikheid van koloniale regering in die 1960's verkry is.
Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die politieke en ekonomiese beleid
wat beide leiers vanaf die 1960's tot die 1970's in hulle onderskeie lande
geïmplementeer het. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
Die Swartmagbeweging was gemoeid met die bevordering van swart mag, die inskerp
van swart trots en die kweek van selfrespek onder swart Amerikaners in die 1960's.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum