Skip to content

History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12201814 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 FEBRUARIE/MAART 2018 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum VRAAG 1: WAAROM HET DIE APARTHEIDSREGIME DIE SWARTBEWUSSYNSLEIER, BANTU STEPHEN BIKO, AANGEHOU? BRON 1A Die bron hieronder fokus op die stigting en invloed van die Swartbewussynsbeweging (SBB). Die Swartbewussynsbeweging was besig om 'n teenwoordigheid in die land te word. Nie net by tersiêre instellings nie, maar ook in die media, by skole, by gemeenskapsteaters en by gebeure wat die patroon van kalmte verbreek het wat op die verbanning van die ANC en PAC gevolg het. Maar die beweging het ook begin verliese lei, waarvan Onkgopotse Tiro moontlik die eerste een was toe hy uit die Turfloop Universiteit (Limpopo) geskors is. Nog 'n terugslag was in Desember 1972 met die tragiese dood van Mthuli Shezi, toe hy voor 'n aankomende trein gestoot is, nadat hy 'n swart vrou verdedig het wat deur 'n spoorwegamptenaar mishandel is. Hierdie insident toon die uitdagings waarmee SB-aktiviste gekonfronteer is in 'n poging om normale verhoudinge in 'n abnormale gemeenskap te probeer bewerkstellig. Die staat het in Maart 1973 begin opgetree en Drake Koka en Bokwe Mafuna (SB-leiers), wat by unieprojekte betrokke was, verban. Steve Biko en Barney Pityana is ook in dieselfde maand verban. Mosibudi Mangena is in Augustus 1973 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy na bewering twee polisiemanne gewerf het om by die wapenstryd aan te sluit. Tiro is in Januarie 1974 deur 'n pakketbom gedood nadat hy in Botswana in ballingskap was. [Uit http://www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko. Toegang op 2 Desember 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder verduidelik hoe Bantu Stephen Biko en sy vriend, Peter Jones, op 19 Augustus 1977 naby King William's Town arresteer en aangehou is. Die Suid-Afrikaanse polisie het padblokkades opgestel om politieke aktiviste te arresteer. By die padblokkade buite Grahamstad het die polisie Steve Biko en Peter Jones gevra om uit te klim en om die kattebak oop te maak. Jones, wat bestuur het, het hul instruksies gevolg, maar het gesukkel om die kattebak oop te kry. Die motor se kattebak moes op 'n spesiale manier, wat slegs aan Rams Ramokgopa by Zanempilo bekend was, oopgemaak word. Terwyl Jones aan die kattebak geruk het, het die polisie hom aanhoudend daarvan beskuldig dat hy 'n terroris was wat op pad was om Biko te besoek, terwyl Biko stil in die passasiersitplek gesit het. Jones het probeer om nie 'n ophef van sy gesukkel met die kattebak te maak nie en het een van die polisiemanne genooi om te probeer. Na 'n ruk het die senior beampte, Kolonel Alf Oosthuizen, die eenheid opdrag gegee om die padblokkade op te pak en om Steve en Jones na die nabygeleë polisiestasie in Grahamstad te neem. Oosthuizen het saam met Steve in Ramokgopa se motor gery terwyl Jones saam met die ander beamptes gery het. Die polisie het die motor deeglik by die polisiestasie deursoek. Jones onthou dat 'hulle selfs die as in die asbak deursoek het. Dit was nou duidelik dat dit geen grap was nie'. Hulle het Jones se beursie gevind wat, behalwe vir 'n bedrag van R43,00, sy identiteitsdokument bevat het. En toe skree Oosthuizen in Afrikaans: 'As jy Peter Cyril Jones is, dan wie is daai groot man?' Steve het besef hoe ongemaklik die situasie vir sy vriend was. Jones sou uit beginsel nie Steve se identiteit bekend maak nie en hy sou homself eerder aan marteling en gevangenisstraf onderwerp het. Die polisie sou wel later in elk geval uitvind. Steve het tussenbeide getree: 'Ek is Bantu Steve Biko.' En toe was daar stilte. 'Biko?' het Oosthuizen geantwoord en die B verkeerd uitgespreek. 'Nee, Bantu Steve Biko,' het Biko teruggeantwoord, terwyl hy die B's in sy naam nie uitgespreek het nie. Die twee mans is geskei. Jones is na die Algoa Polisiestasie geneem en Steve na die Walmer Polisiestasie, beide in Port Elizabeth, ongeveer 250 km van King William's Town af. Dit was die laaste keer dat ek my comrade lewendig of dood gesien het. [Uit Biko, A Biography deur X Mangcu] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 1C Die bron fokus op Jimmy Kruger se reaksie op die dood van Stephen Bantu Biko. Dit is geneem uit 'n artikel met die titel Young Black Leader Dies in Detention in South Africa, Raising Fears of New Unrest deur John Burns. In mnr. Kruger se aankondiging het hy gesê dat mnr. Biko op 18 Augustus 1977 gearresteer is op grond van 'n artikel in die Wet op Terrorisme wat voorsiening maak vir onbepaalde aanhouding sonder verhoor. Die Minister van Justisie het gesê dat mnr. Biko gearresteer is omdat hy daarvan verdink is dat hy swartes in die Port Elizabeth-omgewing, 150 myl suid van King William's Town, tot onrus aangehits het en ook vir die opstel van dokumente wat 'geweld en brandstigting' deur swartes wat apartheid, die amptelike stelsel van rasse-oorheersing, omver wou werp. Die verklaring het gesê dat mnr. Biko in 'n tronk in Port Elizabeth aangehou is en daar of in die tronkhospitaal gebly het totdat hy die Sondagaand na 'n hospitaal in Pretoria, 800 myl noordwes van daar, oorgeplaas sou word. Hy het 24 uur later gesterf. Die verklaring het gesê dat mnr. Biko aanhoudend geweier het om die kos en water te nuttig wat aan hom gegee is nadat hy een week voor sy dood met sy hongerstaking begin het. Dit het beweer dat die polisiedokters hom drie keer in die eerste vier dae van sy staking ondersoek het, maar daar is bevind dat hy 'geen fisiese probleem' gehad het nie. Die verklaring op Sondag het bygevoeg dat mnr. Biko teen die sewende dag van sy hongerstaking 'gelyk het of hy siek was' en hy is onmiddellik na Pretoria oorgeplaas, waar hy weer deur 'n polisiedokter ondersoek is en mediese behandeling gekry het. 'Hy het dieselfde nag gesterf,' het die verklaring gesê. [Uit http://www.nytimes.com/learning/general/onthisday/big/0912.html#article. Toegang op 10 Desember 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 1D Die hoofopskrif in die koerant hieronder het op 7 Oktober 1977 in die Rand Daily Mail verskyn. Die artikel is deur Helen Zille geskryf na haar ondersoek na die omstandighede waaronder Stephen Bantu Biko vermoor was. 'n 'Mail'-spesiale ondersoek Die dokters wie Biko in aanhouding gesien het – 'n volledige verslag in môre se Inside Mail [Uit Rand Daily Mail, 7 Oktober 1977] DR. TUCKER DR. LANG Geen teken van hongerstaking – Biko-dokters Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum VRAAG 2: WAAROM IS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEID-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AS OMSTREDE BESKOU? BRON 2A Die bron hieronder fokus op die stigting van die Waarheids-en-versoeningskommissie in 1995. Die hoofdoelwit van die WVK was om 'n beeld, so volledig moontlik, te kry oor growwe menseregteskendings tussen Maart 1960, die maand van die Sharpeville-slagting en die daaropvolgende begin van die gewapende bevrydingstryd en 10 Mei 1994, die datum van Nelson Mandela se inhuldiging as die eerste demokraties verkose Staatspresident van Suid-Afrika. Die Waarheids-en-versoeningskommissie word deur drie subkomitees bygestaan: die Menseregteskendingskomitee, die Amnestiekomitee en die Vergoeding-en- Rehabilitasiekomitee. Die 1993 Tussentydse Grondwet het spesifiek vir 'n amnestieproses voorsiening gemaak, maar het nie voorgeskryf wat dit sou behels nie. Alhoewel die onderneming om oortreders te vrywaar 'n bitter pil was, veral vir diegene in die anti-apartheidsbeweging, het die meeste kommentators saamgestem dat die momentum na verandering daarsonder fundamenteel ondermyn sou word. Amnestie sou toegestaan word waar aansoekers alle relevante feite volledig onthul het en slegs vir handelinge 'geassosieer met 'n politieke oogmerk gepleeg in die verloop van die konflikte van die verlede'. [Uit Common Past, Divided Truth: The Truth and Reconciliation Commission in South Africa – Public Opinion deur G Theissen] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 2B Die bron hieronder evalueer die werk van die Amnestiekomitee van die Waarheids-en- versoeningskommissie. Die Amnestiekomitee was een van drie komitees wat deur die WVK daargestel is om aandag te gee aan politieke misdade wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is. Dit het ongeveer 7 050 amnestie-aansoeke ontvang. Nie almal het met hierdie unieke model van geregtigheid saamgestem nie. Naomi Tutu, dogter van Aartsbiskop Desmond Tutu, het gesê dat sy aanvanklik teen amnestie gekant was omdat sy gedink het 'dat dit die maklike uitweg was' en 'dat dit gelyk het asof ons mense 'n present gee'. Sy het die besorgdheid van baie Suid-Afrikaners uitgespreek, dat dit 'n gevoel was dat die mense letterlik met moord wegkom'. Baie Afrikaners het gedink dat dit afbrekend kon wees, dat haat in die land lewendig gehou sou word eerder as om vorentoe te beweeg en om van die verlede af weg te beweeg. Inteendeel, in 'n opname in 1998 het 72% blankes gevoel dat die WVK rasseverhoudinge versleg het. Volgens Antjie Krog is dit moeilik om die sukses van die WVK in Suid-Afrika te bepaal. Sy het gesê: 'As jy die WVK slegs as 'n middel beskou om amnestie te gee, dan het dit redelik geslaag … As die WVK as 'n liggaam beskou word om die waarheid vas te stel, het dit ook redelik gevaar om die feitlike waarheid vas te stel, om te bepaal 'wat gebeur het'. Dit was baie minder suksesvol om Suid-Afrikaners oor die morele waarheid van die vraag 'Wie is verantwoordelik?' te oortuig. Indien die idee agter die WVK-proses in Suid- Afrika was om te voorkom dat menseregteskendings ooit weer plaasvind, dan het die kommissie misluk … . Die grootste vraag is egter of die WVK-proses versoening bewerkstellig het. Min mense glo dat dit geslaag het. [Uit https://mrdivis.files.wordpress.com/2014/06/08/trcs-past-and-present/ Toegang op 16 Desember 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 2C Die bron hieronder verduidelik die Waarheids-en-versoeningskommissie se besluit om amnestie aan lede van die African National Congress (ANC) te gee. Die Suid-Afrikaanse Persvereniging (SAPV) het die persverklaring hieronder op 2 Desember 1977 gedoen. KAAPSTAD: 2 Desember 1997 – SAPV WVK BLY STIL OOR OMSTREDE AMNESTIEBESLUITE Die Waarheids-en-versoeningskommissie se Amnestiekomitee het Dinsdag geweier om redes te gee vir sy omstrede besluit om algemene amnestie aan 37 African National Congress-lede, insluitend Adjunk-president Thabo Mbeki, toe te staan. Die weiering volg op herhaalde pogings die afgelope twee dae deur onder andere die Suid-Afrikaanse Persvereniging om duidelikheid by komiteelede oor hulle besluit, wat wyd gekritiseer word, te kry. Baie van die ANC-aansoekers, onder andere 'n aantal kabinetsministers, is amnestie toegestaan op grond van hulle gesamentlike aanvaarding van verantwoordelikheid vir handelinge soos uiteengesit in die party se aansoek aan die WVK. Waarnemers het egter die manier waarop die ANC-lede vir amnestie gekwalifiseer het bevraagteken omdat hulle nie oor enige oortreding of weglating waarvoor hulle krimineel vervolg kon word of siviel verantwoordelik gehou kon word, gebieg het nie. Koerantartikels het 'n beroep op die komitee gedoen om te verduidelik hoe hulle besluit het om amnestie aan die ANC-lede asook aan die WVK-voorsitter, Aartsbiskop Desmond Tutu se seun, Trevor, te gee. Die amnestiekomitee het dit egter Dinsdag duidelik gemaak dat dit nie bereid was om by 'n openbare debat betrokke te raak nie. Komiteevoorsitter, Regter Hassen Mall, het by die komitee se besluit gebly om amnestie op grond van gesamentlike verantwoordelikheid aan die ANC-lede toe te staan, het die komitee se uitvoerende sekretaris, Martin Coetzee, die SAPV meegedeel. [Uit http://www.justice.gov.za/trc/media%5C1997%5C9712/s971202c.htm. Toegang op 23 November 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 2D Die spotprent deur Zapiro het op 19 Maart 1998 in die Mail and Guardian verskyn. Dit beeld die kwessie van algehele amnestie uit. WVK NP ANC STADIG NOU … GEE HIER! ALGEMENE AMNESTIE EEN OF ANDER TYD SAL EK WIL DIT DOEN! JY DIT MOET PRYSGEE. [Uit http://truth.wwl.wits.ac.za/files/3_2/3129-1-4-001art.jpg. Toegang op 5 Desember 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum VRAAG 3: HOE BUIT MULTINASIONALE MAATSKAPPYE, SOOS McDONALD'S, WERKERS UIT? BRON 3A Die bron hieronder fokus op hoe multinasionale korporasies ('MNCs') sake doen. Dit is 'n artikel geskryf deur J Skrocki met die titel Broken Promises: Globalisation and BP Oil. In 'n wêreld wat gedurig verander en onderling verbind is, is daar geleenthede vir wêreldwye korporasies om deur manipulasie (misbruik) en uitbuiting te werk. Hulle het die mag om dit te doen, en die geskiedenis bewys dat kortpaaie neem maatskappye in staat stel om wins te maksimeer. Die wêreldhandelstelsel stel baie lande in staat om goedere in te voer waartoe hulle andersins nie toegang sou hê nie. As gevolg van die vinnig globaliserende mark verskuif multinasionale korporasies egter hulle maatskappye na ontwikkelende lande in die buiteland. Dit stel hulle in staat om voordeel uit goedkoop arbeid te trek en om hulle produkte teen 'n laer markprys te verkoop. In werklikheid het 'n multinasionale korporasie dan sy hoofkwartier in een land, maar doen besigheid in meer as een land. Multinasionale korporasies doen op die volgende maniere besigheid: alleenbemarking ('franchising'), takke, filiale (dogtermaatskappye), gesamentlike ondernemings … 'n Mens kan aanvoer dat baie van die pilare van die Westerse samelewing ook die fondasies van multinasionale korporasies voorstel. Die verbruikers-(handels-)ideale van ontwikkelde nasies wat hierdie multinasionale korporasies oplewer, dui aan dat ekonomiese sukses voorkeur geniet. Die Westerse samelewing neem aan die produksie-, verbruiks- en opruimingsiklusse deel, wat almal verteenwoordigend van sekere dele van die materiële ekonomie is. Multinasionale korporasies gryp in om aan die hoë aanvraag te voldoen deur produkte teen die laags moontlike pryse te verkoop. [Uit http://aese.psu.edu/students/research/ced-urj/news/2014/broken-promises-globalization-and-bp-oil. Toegang 12 Desember 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder is die standpunt van die omgewingsorganisasie, Greenpeace. Dit fokus op McDonald's se sakepraktyk in die wêreldmark. Soos alle multinasionale maatskappye, stel McDonald's net in geld belang en om wins te maak uit wie en uit wat hulle ook al kan. McDonald's se jaarverslae praat van 'Wêreldoorheersing' – hulle doelwit is om meer en meer winkels oor die wêreld heen oop te maak, maar hulle voortdurende wêreldwye uitbreiding beteken groter eenvormigheid, minder keuses en die ondermyning van plaaslike gemeenskappe. McDonald's adverteer hul kos as 'voedsaam', maar in werklikheid is dit gemorskos wat 'n hoë vet-, suiker- en soutinhoud en min vesel en vitamiene het. Hierdie soort dieet vergroot die risiko van hartsiektes, kanker, diabetes en ander siektes. Hulle kos bevat ook baie chemikalieë, waarvan sommige swak gesondheid en hiperaktiwiteit by kinders kan veroorsaak. Moet ook nie vergeet dat vleis die grootste oorsaak van voedselvergiftiging is nie. McDonald's was in 1991 in die Verenigde Koningryk (VK) die oorsaak van 'n groot uitbraak van voedselvergifting waartydens mense ernstige nierversaking gekry het. Werkers in die kitskosbedryf kry swak salarisse. McDonald's betaal nie oortydtariewe nie selfs al werk die werkers baie lang ure. Druk vir hoër wins en laer loonkoste lei tot 'n personeeltekort, wat beteken dat personeel harder en vinniger moet werk. As gevolg hiervan is ongelukke (veral brandwonde) algemeen. Die meeste van die werknemers is mense wat min werksgeleenthede het en gedwing word om hierdie uitbuiting te aanvaar, en boonop is hulle verplig om ook nog 'te glimlag'! Geen wonder dat die personeelomset by McDonald's hoog is nie, wat dit bykans onmoontlik vir werknemers maak om by werkersunies aan te sluit wat vir beter voorwaardes kan beding; iets wat McDonald's, wat nog altyd teen unies gekant was, baie goed pas. [Uit http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html. Toegang op 24 November 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 3C Die spotprent toon werknemers (links) by McDonald's wat staak vir hoër lone, en oorgewig klante (regs). M Lester het op 31 Augustus 2013 die spotprent met die titel 'McDonald's Health Care' vir die New York Daily News geteken. [Uit http://www.nydailynews.com/opinion/bramhall-cartoons-august-2d3-gallery- Toegang verkry op 15 November 2016.] ONS HOËR EK GEE NIE OM McDonald's- STAAK LONE OM MEER TE klante BETAAL SOLANK DIT VIR 'N GOEIE DOEL IS NIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum BRON 3D Die bron fokus op hoe burgerregte-aktiviste in die middel 1980's teen die multinasionale kosafsetpunt, McDonald's, in opstand gekom het. Die titel is Wat is Verkeerd met McDonald's? 'n Groot aantal mense en organisasies kritiseer McDonald's oor 'n groot verskeidenheid kwessies. Londen Greenpeace het in die middel 1980's baie van daardie stukkies kritiek saamgevoeg en gevra vir 'n jaarlikse Wêreldprotesdag teen McDonald's. Dit vind jaarliks op 16 Oktober plaas, met protesoptogte en betogings regoor die wêreld. McDonald's, wat jaarliks 'n fortuin op advertensies spandeer, probeer om die wêreldwye kritiek stil te maak deur met geregtelike optrede te dreig teen diegene wat uitpraat. Baie mense is geforseer om te onttrek omdat hulle te min geld het om 'n saak te beveg. Maar Helen Steel en Dave Morris, twee ondersteuners van Londen Greenpeace het hulleself in 'n groot lastersaak in die Verenigde Koninkryk (VK) se Hooggeregshof verdedig. Geen regshulp is beskikbaar nie, dus moet hulle hulleself verteenwoordig. McDonald's was betrokke by 'n groot toesmeerdery en het geweier om groot hoeveelhede relevante dokumente beskikbaar te stel. Die aangeklaagdes is ook die reg tot 'n jurie geweier. Ongeag die feit dat alles teen hulle gekant was, het Helen en Dave die bordjies verhang en die waarheid blootgelê deur McDonald's se besigheidpraktyke openbaar te maak. Verset teen die $30 biljoen-'n-jaar-kitskosreus groei steeds. Dit is belangrik om op staan teen intimidasie (dreigemente) en om vryheid van spraak te verdedig. Saam kan ons terugveg teen die instansies en die mense in magsposisies wat ons lewens en ons planeet oorheers, en ons kan 'n beter samelewing sonder uitbuiting skep. Werknemers kan en moet saamstaan om vir hul regte en menswaardigheid te veg. Mense word al hoe meer bewus van die behoefte om ernstig oor die kos wat ons en ons kinders eet, te dink. Mense in arm lande organiseer hulleself om op te staan teen multinasionale (maatskappye) en banke wat die wêreldekonomie domineer. Omgewings- en diereregteverset en veldtogte is orals aan die toeneem. Waarom nie saamstaan in die stryd vir 'n beter wêreld nie? Praat met vriende en familie, bure en werk vriende oor hierdie kwessies. [Uit http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html. Toegang op 24 November 2016 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: http://www.justice.gov.za/trc/media%5C1997%5C9712/s971202c.htm http://www.nytimes.com/learning/general/onthisday/big/0912.html#article http://www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko http://aese.psu.edu/students/research/ced-urj/news/2014/broken-promises-globalization- and-bp-oil. http://truth.wwl.wits.ac.za/files/3_2/3129-1-4-001art.jpg http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html. http://www.nydailynews.com/opinion/bramhall-cartoons-august-2d3-gallery http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html. Krog A. 1998. Country Of My Skull (Broadway Books) Mangcu X. 2012. Biko, A Biography (N.B. Publishers, South Africa) Rand Daily Mail, 7 October 1977 Theissen, G. 1999. Common Past, Divided Truth: The Truth and Reconciliation Commission in South Africa – Public Opinion The Citizen, 15 May 2017 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all