Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 248.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: WAAROM HET DIE APARTHEIDSREGIME DIE SWART-
BEWUSSYNSLEIER, BANTU STEPHEN BIKO, AANGEHOU?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Noem DRIE plekke in die bron waar die Swartbewussynsbeweging
gewild geword het. (3 x 1) (3)
1.1.3 Hoe, volgens die bron, het Mthuli Shezi gesterf? (1 x 2) (2)
1.1.4 Noem DRIE metodes wat die apartheidsregime gebruik het om
swart politieke aktiviste te teister. (3 x 1) (3)
1.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe die apartheidsregime in 1973 teen die Swartbewussyns-
beweging opgetree het. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Waarom, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse polisie
padblokkades opgestel? (1 x 2) (2)
1.2.2 Wat het Kolonel Oosthuizen aangespoor om Steve Biko en
Peter Jones na 'n polisiestasie in Grahamstown te neem? (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik waarom jy dink Biko besluit het om homself by die
polisiestasie te identifiseer. (1 x 2) (2)
1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom die polisie besluit het om vir Biko en
Peter Jones van mekaar te skei. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Waarom, volgens die Minister van Justisie, is Biko gearresteer? ,
(2 x 1) (2)
1.3.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor hoe Biko vermoor is.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie artikel op die voorblad van die
Rand Daily Mail gepubliseer is. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar op die koeranthoofopskrif 'Geen teken
van hongerstaking – Biko-dokters' in die konteks van hoe Biko
vermoor is. (2 x 2) (4)
1.5 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C verskil van
die inligting in Bron 1D ten opsigte van Steve Biko se dood. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom die apartheidsregime die Swartbewussynsleier, Bantu Stephen Biko,
aangehou het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 2: WAAROM IS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AS OMSTREDE BESKOU?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 2) (2)
2.1.2 Noem DRIE subkomitees van die WVK waarna in die bron verwys
word. (3 x 1) (3)
2.1.3 Definieer die konsep amnestie in die konteks van die
WVK-verhore. (1 x 2) (2)
2.1.4 Waarom, dink jy, was anti-apartheidsaktiviste teen die toestaan
van amnestie aan oortreders gekant? (1 x 2) (2)
2.1.5 Wat, volgens die bron, was die TWEE voorvereistes waarvolgens
amnestie toegeken is? (2 x 1) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron, is die Amnestiekomitee gestig? (1 x 2) (2)
2.2.2 Wat was Naomi Tutu se aanvanklike opinie oor die WVK se
amnestieproses? (1 x 2) (2)
2.2.3 Verduidelik waarom 72% van wit Suid-Afrikaners gevoel het dat die
WVK rasseverhoudinge versleg het. (2 x 2) (4)
2.2.4 Lewer kommentaar op of jy met Antjie Krog se standpunt
saamstem dat die WVK minder suksesvol was om 'Suid-Afrikaners
oor morele waarheid ... te oortuig'. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Aan wie, volgens die bron, is algemene amnestie deur die WVK
toegestaan? (1 x 1) (1)
2.3.2 Waarom, volgens die inligting in die bron, is die WVK se besluit
van 1997 as omstrede beskou? (1 x 2) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink waarnemers krities was oor
die WVK se besluit om amnestie aan lede van die ANC toe te
staan. (2 x 2) (4)
2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom 'n historikus wat navorsing oor die amnestieproses van die
WVK doen die bron bruikbaar sou vind. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2.4 Bestudeer Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskappe word in die spotprent oorgedra ten opsigte van
algemene amnestie met verwysing na die volgende:
(a) Nasionale Party (NP) (1 x 2) (2)
(b) African National Congress (ANC) (1 x 2) (2)
2.4.2 Lewer kommentaar op wat jy dink geïmpliseer is met die woorde in
die spraakborrel: 'STADIG NOU … EEN OF ANDER TYD SAL JY
DIT MOET PRYSGEE' in die konteks van die amnestieverhore wat
deur die WVK gehou is. (2 x 2) (4)
2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom die amnestieproses van die Waarheids-en-versoeningskommissie as
omstrede beskou is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 3: HOE BUIT MULTINASIONALE MAATSKAPPYE SOOS
McDONALD'S WERKERS UIT?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Noem DRIE maniere in die bron waarop globale (wêreldwye)
maatskappye toegelaat is om bedryf te word. (3 x 1) (3)
3.1.2 Definieer die konsep multinasionale maatskappye in die konteks
van globalisering. (1 x 2) (2)
3.1.3 Waarom, volgens die bron, was dit vir multinasionale maatskappye
moontlik om hul maatskappye na ontwikkelende lande te verskuif?
(2 x 1) (2)
3.1.4 Lewer kommentaar op hoe jy dink multinasionale maatskappye
Westerse lande bevoordeel het. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die bron, was McDonald's se enigste doel? (1 x 1) (1)
3.2.2 Waarom het Greenpeace nie McDonald's se visie vir 'wêreldwye
oorheersing' ondersteun nie? (1 x 2) (2)
3.2.3 Hoe, volgens die bron, is klante deur kos wat hulle by McDonald's
gekoop het, geaffekteer? Gee TWEE voorbeelde. (2 x 1) (2)
3.2.4 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe McDonald's hulle werknemers uitgebuit het. (2 x 2) (4)
3.3 Gebruik Bron 3C.
Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word ten opsigte
van:
3.3.1 McDonald's-werknemers (1 x 2) (2)
3.3.2 McDonald's-klante (1 x 2) (2)
3.4 Bestudeer Bron 3B en Bron 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B en
Bron 3C ten opsigte van die behandeling van werknemers by McDonald's-
kosafsetpunte ooreenstem. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.5 Raadpleeg Bron 3D.
3.5.1 Verduidelik hoe Greenpeace in Londen op McDonald's se
kosprodukte gereageer het. (2 x 2) (4)
3.5.2 Lewer kommentaar op die strategieë wat McDonald's gebruik het
om sy kritici (teenstanders) stil te maak. (2 x 2) (4)
3.5.3 Noem die TWEE respondente (gedaagdes) wat 'n lastersaak teen
McDonald's gemaak het. (2 x 1) (2)
3.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik tot
watter mate 'n historikus wat navorsing oor burgerlike organisasies
se reaksie op McDonald's doen hierdie bron bruikbaar sal vind.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe multinasionale maatskappye, soos McDonald's, werknemers uitbuit. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Boikotte, disinvestering en sanksies deur die internasionale anti-apartheidsbewegings
was grootliks verantwoordelik vir die uiteindelike val van PW Botha se regime in die
1980's.
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argumente met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Die geweld en die onsekerheid wat Suid-Afrika gedurende die vroeë 1990's ervaar het,
het die pad na demokrasie amper onmoontlik gemaak.
Verduidelik tot watter mate jy met die stelling hierbo saamstem. Ondersteun jou
argumente met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 was 'n draaipunt vir Suid-Afrika.
Bespreek hierdie stelling krities, met verwysing na hoe gebeure in die Sowjetunie
politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het, beïnvloed het. [50]
TOTAAL: 150
Copyright reserved
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum