Skip to content

History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220189 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA IN 1962 KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERERGER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Gebruik Bron 1A. 1.1.1 Wie, volgens die bron, was Fidel Castro se TWEE mees vertroude raadgewers? (2 x 1) (2) 1.1.2 Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.3 Wat, volgens die bron, 'het hom (Castro) in die arms van die Sowjets ingedryf'? (1 x 1) (1) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die VSA bondgenote regoor Oos-Europa gehad het. (1 x 2) (2) 1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bron, het aanleiding daartoe gegee dat Kennedy 'n dringende vergadering met sy raadgewers belê het? (2 x 1) (2) 1.2.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink President Kennedy en sy raadgewers besluit het om intelligensie-offisiere te ondervra. (1 x 2) (2) 1.2.3 Wat het daartoe aanleiding gegee dat President Kennedy ExComm gestig het? (1 x 2) (2) 1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom jy hierdie bron vir navorsing oor die Kubaanse Missielkrisis bruikbaar sal vind. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprent ten opsigte van die Kubaanse Missielkrisis oordra. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3.2 Lewer kommentaar oor die betekenis van die volgende in die spotprent: (a) Die hamer en sekel op die missiel (1 x 2) (2) (b) Die opskrif 'Los dit' (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS 1.4 Raadpleeg Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewys in Bron 1C ondersteun ten opsigte van die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba. (4) 1.5 Lees Bron 1D. 1.5.1 Hoe, volgens die inligting in die bron, het die Sowjetunie sy verhouding met ander lande beskou? (3 x 1) (3) 1.5.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat toon dat die Sowjetregering bekommerd was oor die VSA se posisie oor die Kuba-aangeleentheid. (2 x 1) (2) 1.5.3 Lewer kommentaar op wat jy dink met die stelling dat 'Kuba aan die Kubaanse volk behoort' geïmpliseer word. (2 x 2) (4) 1.5.4 Verduidelik waarom jy dink Andrei Gromyko beweer het dat Kuba nie 'n bedreiging vir die VSA ingehou het nie. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in 1962 in Kuba Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie vererger het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE MAGTE NA ONAFHANKLIKHEID IN ANGOLA INGEMENG? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Noem enige TWEE faktore in die bron wat Angola se oorgang na onafhanklikheid 'bederf' het. (2 x 1) (2) 2.1.2 Verduidelik die term outoritêre in die konteks van Portugese koloniale heerskappy van Angola. (1 x 2) (2) 2.1.3 Lewer kommentaar op die invloed wat die Alvor-ooreenkoms op Angola se weg na onafhanklikheid gehad het. (2 x 2) (4) 2.1.4 Waarom, volgens die inligting in die bron, het die oorgangsregering in Angola ineengestort? (2 x 1) (2) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Wat, dink jy, het daartoe aanleiding gegee dat die News Diary of Lisbon hierdie foto gepubliseer het? (2 x 2) (4) 2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sal vind wanneer die onderhandelingsproses wat in Alvor plaasgevind het, bestudeer word. (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik waarom jy dink Victoria Brittain beweer het dat Angola se onafhanklikheid beide 'politieke en emosionele' betekenis ver anderkant die vasteland gehad het. (2 x 2) (4) 2.3.2 Haal TWEE redes uit die bron aan wat te kenne gee dat buitelandse moondhede geïnteresseerd was in Angola nadat dit onafhanklikheid verkry het. (2 x 1) (2) 2.3.3 Waarom, volgens die bron, het die VSA in 1975 die geskiedenis van Angola vervals? (1 x 2) (2) 2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die rol wat die regering van die Verenigde State voor die 1975-verkiesing in Angola gespeel het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS 2.4 Lees Bron 2D. 2.4.1 Waarom, volgens die bron, het die Angolese Regering van Nasionale Eenheid ineengestort? (1 x 2) (2) 2.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Generaal Geldenhuys die Angolese burgeroorlog as 'n verlenging van die Koue Oorlog beskou het. (2 x 2) (4) 2.4.3 Haal enige TWEE lande uit die bron aan wat die MPLA ondersteun het. (2 x 1) (2) 2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne soortgelyk is met betrekking tot die opbou van Koue Oorlog-spanning in die 1970's in Angola. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe buitelandse magte ná onafhanklikheid in Angola ingemeng (8) het. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's OP SWART AMERIKANERS GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Hoe, volgens die inligting in die bron, is die Swartmagbeweging gestig? (1 x 1) (1) 3.1.2 Definieer die konsep Swart Mag in die konteks van burgerlike protes wat in die 1960's in die VSA plaasgevind het. (1 x 2) (2) 3.1.3 Hoe, volgens die inligting in die bron, het Amerikaners gereageer op die stigting van die Swartmagbeweging? Gee TWEE voorbeelde in die bron. (2 x 1) (2) 3.1.4 Noem DRIE uitdagings in die bron wat swart Amerikaners in die 1960's in die gesig gestaar het. (3 x 1) (3) 3.1.5 Verduidelik waarom jy dink jong swart Amerikaners nie die Burgerregtebeweging ondersteun het nie. (2 x 2) (4) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Identifiseer enige TWEE maniere in die bron oor hoe koalisies gevorm is. (2 x 1) (2) 3.2.2 Verduidelik waarom Stokely Carmichael beweer het dat nie almal in die Verenigde State van Amerika die Swartmagfilosofie ondersteun het nie. (2 x 2) (4) 3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom 'n historikus wat navorsing oor die oorsprong van die Swartmagbeweging doen hierdie bron bruikbaar sal vind. (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat die bron oordra met betrekking tot die Swartmagfilosofie. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.3.2 Lewer kommentaar op wat jy dink met die woorde, 'MAG EN GELYKHEID' in die konteks van die Swartmagbeweging geïmpliseer word. (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in Bron 3B ondersteun met betrekking tot die Swartmagbeweging. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.-Mrt. 2018 NSS 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Hoe, volgens die inligting in die bron, het die FBI probeer om die aktiwiteite van swart politieke bewegings te beperk? Gee TWEE voorbeelde. (2 x 1) (2) 3.5.2 Verduidelik waarom jy dink 'die mees intensiewe operasies' van die FBI teen die Swartmagbeweging en die Black Panther-party gerig was. (2 x 2) (4) 3.5.3 Haal TWEE redes uit die bron aan wat te kenne gee dat lede van die Black Panther-party onder skoot gekom het. (2 x 1) (2) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter invloed die Swartmagbeweging in die 1960's op swart Amerikaners gehad het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.-Mar. 2018 NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae nie. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA Mao Zedong se beleid was om tussen 1958 en 1969 Kommunistiese China se industriële en landbou-uitset te verhoog. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Verduidelik tot watter mate die beleid van Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere in die 1960's en die 1970's die ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling van hulle onderskeie lande beïnvloed het. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING Die Burgerregtebeweging het in die 1960's verskeie vorme van protes, wat die lewens van swart Amerikaners verbeter het, onderneem. Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all