Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220149 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE-OO O N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT HEDE AFDELING B: OPSTELTIPE-VRAE VRAAG 4: BURGERLIKE W STA D, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA: DI K ISIS VA APA TH ID I DI 1980’s VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde-vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die D D vraag kan of ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig gebruik. 6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 7. Nommer die antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord is in die ADDENDUM. VRAAG 1: WATTER ROL HET STEVE BIKO IN SUID-AFRIKA SE BEVRYDINGSTRYD GEDURENDE DIE 1970’s GESPEEL? Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Omskryf die volgende begrippe in jou eie woorde: (a) Onderdrukking (1 x 2) (2) (b) Swart Bewustheid (1 x 2) (2) 1.1.2 Volgens die bron, identifiseer die TWEE politieke partye wat gedurende die 1960’s in Suid-Afrika verban was. (2 x 1) (2) 1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik wat Biko met die volgende woorde bedoel het: “Ons word onderdruk, nie as individue nie, nie as Zoeloes, Xhosas, Vendas of Indiërs nie. Ons word onderdruk omdat ons swart is.” (2 x 2) (4) 1.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die Swartbewussynsbeweging byval by alle swart Suid-Afrikaners gevind het. (2 x 1) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, om te verduidelik waarom Swart Gemeenskapsprogramme geïmplementeer was. (2 x 2) (4) 1.2.2 Watter TWEE trustfondse was, volgens die bron, deur Biko gestig om swart Suid-Afrikaners op te hef? (2 x 1) (2) 1.2.3 Identifiseer die kliniek wat net buite King William’s Town deur Biko en dr. Ramphele opgerig was. (1 x 1) (1) 1.2.4 “Baie mense is deur die apartheidsregering in hegtenis geneem.” Waarom dink jy het die regering op hierdie wyse gereageer? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2014) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Haal bewyse uit die bron wat die doelwitte van die Swartbewussynsbeweging beskryf. (Geskrewe bron) (3 x 1) (3) 1.3.2 Verduidelik of jy dink Mandela se siening van Biko geregverdig kan word. (2 x 2) (4) 1.3.3 Lewer kommentaar oor die betekenis van Mandela se verklaring: “Biko het gehelp om ʼn demokratiese Suid-Afrika te vorm” in die konteks van die rol van die Swartbewussynsbeweging in die 1970’s. (2 x 2) (4) 1.3.4 Verduidelik die boodskap wat hierdie plakkaat oor die nalatenskap van Biko oordra. (2 x 2) (4) 1.3.5 Tot watter mate sal jy saamstem met Mandela se siening oor Biko se bydrae tot die bevrydingstryd? (2 x 2) (4) 1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die bydrae van Steve Biko tot die Suid-Afrikaanse bevrydingstryd verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: TOT WATTER MATE WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS- KOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL OM MET SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE TE DEEL? Bestudeer Bronne 2A, 2B en 2C om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde: (a) Apartheid (1 x 2) (2) (b) Amnestie (1 x 2) (2) 2.1.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui hoe die WVK te werke gegaan het. (4 x 1) (4) 2.1.3 Waarom dink jy het die ANC op ʼn beleid van ‘vergeet en vergewe’ na 1994 besluit? (1 x 2) (2) 2.1.4 Verduidelik of jy die WVK as slagoffer-vriendelik, of as oortreder- vriendelik beskou. (1 x 2) (2) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Waarom, volgens Standpunt 1, het Phillip voor die WVK verskyn? (1 x 1) (1) 2.2.2 Gebruik bewyse uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die doelwitte van die WVK in Standpunt 1 genoem word. (2 x 2) (4) 2.2.3 Verduidelik die verskil tussen regstellende en strafbare geregtigheid. (2 x 2) (4) 2.2.4 Lewer kommentaar oor die redes waarom sommige mense nie bereid was om die oortreders te vergewe nie. (1 x 2) (2) 2.2.5 Volgens Standpunt 2, identifiseer DRIE families wat teen die toestaan van amnestie aan oortreders gekant was. (3 x 1) (3) 2.2.6 Verduidelik of die standpunt van die families wat strafbare geregtigheid ondersteun het, geregverdig kan word. Verskaf redes vir jou antwoord. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2014) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Watter boodskap dra die spotprenttekenaar oor met betrekking tot P.W. Botha se reaksie teenoor die doelwitte van die WVK? (2 x 2) (4) 2.3.2 Wie was die voorsitter van die WVK? Gebruik die visuele leidraad in die bron om die vraag te beantwoord. (1 x 2) (2) 2.3.3 Waarom het P.W. Botha en ander Nasionale Party ministers geweier om voor die WVK te verskyn? Ondersteun jou antwoord met ʼn relevante rede. (1 x 2) (2) 2.3.4 Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn student wat navorsing oor die suksesse en mislukkings van die WVK doen. (2 x 2) (4) 2.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy evalueer of die WVK ʼn sukses of, ʼn mislukking was. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP AFRIKA NA 1989 GEHAD? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik die term globalisasie. (1 x 2) (2) 3.1.2 Wat, volgens die bron, was die hoofoorsaak van globalisasie? (1 x 2) (2) 3.1.3 Haal bewyse uit die bron aan wat die idee ondersteun dat groot maatskappye (TNK) meer voordeel uit globalisasie trek. (2 x 1) (2) 3.1.4 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik watter ander faktore tot die proses van globalisasie bygedra het. (1 x 2) (2) 3.1.5 Identifiseer VIER transnasionale korporasies (groot maatskappye) wat globale handelsmerke regoor die wêreld verkoop. Gebruik visuele leidrade uit die bron om jou antwoord te ondersteun. (4 x 1) (4) 3.1.6 Hoe ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met betrekking tot globalisasie? (2 x 2) (4) 3.1.7 Verduidelik of die visuele bron bevooroordeeld vir ʼn historikus sal wees. (2 x 2) (4) 3.2 Lees Bron 3B. 3.2.1 Watter TWEE faktore, volgens die bron, het kapitalisme die enigste opsie vir ekonomiese ontwikkeling vir Derdewêreldlande gemaak? (2 x 1) (2) 3.2.2 Verduidelik die betekenis van die volgende aanhaling: “Die Weste het die geleentheid aangegryp om die uitdeel van ontwikkelingshulp aan die eise vir politieke verandering te koppel.” (2 x 2) (4) 3.2.3 Tot watter mate het Afrika voordeel getrek uit ekonomiese globalisasie? Verduidelik jou antwoord deur na die bron te verwys. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2014) 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Noem EEN rede vanuit die bron wat verduidelik waarom multinasionale korporasies politieke druk op regerings geplaas het om hul voorwaardes te aanvaar. (1 x 1) (1) 3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik watter gunstige ekonomiese omstandighede multinasionale maatskappye sal lok om in ʼn land te belê. (2 x 2) (4) 3.3.3 Watter halfrond het, volgens die bron, die meeste voordeel uit globalisasie getrek? (1 x 1) (1) 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Watter boodskap probeer die spotprenttekenaar met betrekking tot Suid-Afrika se bydrae tot BRICS oordra? (1 x 2) (2) 3.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis verduidelik waarom BRICS gestig was. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van globalisasie op Afrika verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELTIPE-VRAE Beantwoord ten minste EEN opstel-vraag, maar NIE meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT 1980’s Verduidelik tot watter mate die interne versetbeweging in Suid-Afrika tot die verbrokkeling van apartheid in die 1980’s bygedra het. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN AANVAARDING VAN DIE VERLEDE “Die pad na ʼn nuwe demokratiese Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 het glad en sonder hindernisse verloop.” Evalueer die geldigheid van hierdie stelling en ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE-OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE Bespreek krities hoe die ineenstorting van kommunisme en die USSR die weg gebaan het vir onderhandeling tussen die ANC en die apartheidsregering na 1989. [50] GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all