You're offline
Skip to content
Question paper

History P2 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 1220229 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EXEMPLAR GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie AFDELING. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) GEREAGEER OP DIE APARTHEIDSHERVORMINGS WAT IN 1983 DEUR PW BOTHA INGESTEL IS? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Noem TWEE apartheidswette in die bron wat PW Botha afgeskaf het terwyl hervormings aan die apartheidsbeleid aangebring het. (2 x 1) (2) 1.1.2 Verduidelik wat met die stelling, '… wat hy (PW Botha) in gedagte gehad het, nie hervorming was nie, maar eerder 'n herformulering (herstrukturering) van apartheid' geïmpliseer word. (1 x 2) (2) 1.1.3 Definieer die konsep driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom jy dink die swart meerderheid uit die nuwe wetgewing uitgesluit is. (2 x 2) (4) 1.1.5 Identifiseer VIER wetgewende magte in die bron wat die wit minister oor swart stedelike rade gehad het. (4 x 1) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Waarom, volgens die bron, het eerw. dr. Allan Boesak na die stigting van die UDF as 'n historiese oomblik verwys? Gee EEN rede. (1 x 2) (2) 1.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die vergadering wat deur die UDF saamgeroep is, nie slegs 'n byeenkoms van losse individue was nie. (1 x 2) (2) 1.2.3 Verduidelik die betekenis van eerw. dr. Allan Boesak se stelling: 'Die tuislandbeleid vorm die basis van die moedswillige uitsluiting van 80% van ons nasie uit die nuwe politieke bedeling.' (2 x 2) (4) 1.2.4 Waarom sou 'n historikus hierdie bron as betroubaar beskou met betrekking tot die stigting van die UDF? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2021 NSS 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik wat geïmpliseer word met die woorde op die plakkaat, 'MOENIE IN DIE APARTHEIDVERKIESINGS STEM NIE!', in die konteks van die UDF se weerstand teen die instelling van die driekamerparlement in 1983. (1 x 2) (2) 1.3.2 Lewer kommentaar op die slagspreek, 'VOORWAARTS NA VRYHEID' wat deur die UDF ondersteuners vasgehou word in die konteks van die weerstand teen PW Botha se apartheids- hervormings. (1 x 2) (2) 1.4 Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die inligting in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die UDF se interne weerstand teen apartheidshervormings in 1983. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Identifiseer die kieserdeelname aan die verkiesings vir die driekamerparlement (in persentasies) vir die volgende gemeenskappe: (a) Indiërs (1 x 1) (1) (b) Kleurlinge (1 x 1) (1) 1.5.2 Verduidelik die term boikot in die konteks van die UDF se reaksie gedurende die verkiesings vir die driekamerparlement. (1 x 2) (2) 1.5.3 Waarom, dink jy, het twee-derdes van die wit kiesers, in 'n referendum wat in November 1983 gehou is, die grondwet ondersteun? (1 x 2) (2) 1.5.4 Lewer kommentaar op waarom die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake geglo het dat Botha se hervormings ' 'n stap in die regte rigting' was. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die United Democratic Front gereageer het op die apartheidshervormings wat in 1983 deur PW Botha ingestel is. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD VAN DIE POLITIEKE AKTIVIS, GRIFFITHS MXENGE, HANTEER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Wie, volgens die bron, kon na vore kom om by die WVK aangehoor te word? (1 x 1) (1) 2.1.2 Definieer die konsep amnestie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.3 Waarom, dink jy, het die verhore by die WVK internasionale nuus geword? (1 x 2) (2) 2.1.4 Maak 'n lys van enige DRIE mandate van die WVK soos in die bron genoem. (3 x 1) (3) 2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom jy dink die Menseregteskendingskomitee menseregte- skendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is, ondersoek het. (1 x 2) (2) 2.1.6 Noem TWEE voorwaardes, volgens die bron, waaraan oortreders van menseregteskendings moes voldoen voordat amnestie aan hulle toegestaan kon word. (2 x 1) (2) 2.2 Gebruik Bron 2B. 2.2.1 Waarom het die WVK besluit om hierdie plakkaat te ontwerp? (1 x 2) (2) 2.2.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink die WVK die woorde, 'AS JOU MA GEMARTEL IS: PA VERMOOR IS … SOU JY STILBLY', in die konteks van die WVK-verhore op die plakkaat gebruik het . (2 x 2) (4) 2.2.3 Verduidelik die konsep versoening in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Noem enige TWEE moordenaars in die bron wat van die moord op Griffiths Mxenge beskuldig is. (2 x 1) (2) 2.3.2 Waarom, dink jy, het Dirk Coetzee die ANC-kaders (soldate) betrek by (beskuldig van) die moord van Griffiths Mxenge? (2 x 2) (4) 2.3.3 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat die moord van die anti-apartheidsaktivis, Griffiths Mxenge, ondersoek. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2021 NSS 2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C die inligting in Bron 2B ondersteun met betrekking tot die WVK se beroep op slagoffers en oortreders om by openbare verhore te verskyn. (2 x 2) (4) 2.5 Raadpleeg Bron 2D. 2.5.1 Identifiseer enige TWEE oortreders in die bron wat amnestie vir die moord op Griffiths Mxenge by die WVK ontvang het. (2 x 1) (2) 2.5.2 Haal TWEE redes uit die bron aan waarom die WVK amnestie aan die moordenaars van Griffiths Mxenge verleen het. (2 x 1) (2) 2.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Mxenge-familie teleurgesteld was met die WVK se besluit om amnestie vir die moord op Griffiths Mxenge toe te staan. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die moord van politieke aktivis, Griffiths Mxenge, hanteer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE WÊRELDWYE COVID-19-PANDEMIE OP SUID-AFRIKA GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Haal die uitwerking van die opkoms van globalisering op die volgende uit die bron aan: (a) Die wêreld (1 x 1) (1) (b) Mense (1 x 1) (1) 3.1.2 Volgens die bron, hoe is die vrye beweging van mense, goedere en dienste wat deur globalisering teweeggebring is: (a) Voordelig vir die wêreld (1 x 1) (1) (b) Nadelig vir die wêreld (1 x 1) (1) 3.1.3 Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe tegnologiese vordering bygedra het daartoe dat Covid-19 'n wêreldwye pandemie word. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Noem die internasionale organisasie wat die Covid-19-uitbreking tot 'n wêreldwye pandemie verklaar het. (1 x 1) (1) 3.2.2 Verduidelik die term pandemie in die konteks van Covid-19. (1 x 2) (2) 3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom dit vir die Suid-Afrikaanse regering nodig was om maatreëls in te stel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. (2 x 2) (4) 3.2.4 Noem TWEE hoërisikolande in die bron waarop die Suid- Afrikaanse regering 'n reisverbod ingestel het. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2021 NSS 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Identifiseer EEN negatiewe ekonomiese aanwyser in die bron genoem, wat deur die Covid-19 pandemie vererger is. (1 x 1) (1) 3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die Covid-19-pandemie baie swart vroue sonder enige manier om 'n inkomste te verdien, gelaat het. (2 x 2) (4) 3.3.3 Waarom, volgens die bron, is meer Suid-Afrikaners nou bang vir werkloosheid as vir die Covid-19 pandemie? Gee TWEE redes. (2 x 1) (2) 3.3.4 Gee TWEE redes in die bron genoem, waarom townships Covid-19-brandpunte geword het. (2 x 1) (2) 3.3.5 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir 'n student wat navorsing doen oor die ekonomiese impak wat die grendeltydperk op townships en informele nedersettings in Suid-Afrika het. (2 x 2) (4) 3.4 Lees Bron 3D. 3.4.1 Verduidelik wat die spotprenttekenaar met die byskrif, 'TUSSEN DIE DUIWEL EN DIE DIEP BLOU SEE', bedoel met betrekking tot die posisie van die armes. (1 x 2) (2) 3.4.2 Watter boodskappe word deur die spotprenttekenaar oorgedra met betrekking tot die Covid-19-pandemie? Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.5 Bestudeer Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in Bron 3D ondersteun met betrekking tot die impak wat die grendeltydperk op armes het. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik watter impak die wêreldwye Covid-19-pandemie op Suid-Afrika het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA Bespreek krities hoe Steve Biko en die filosofie van Swart Bewussyn swart Suid-Afrikaners gemobiliseer het om in die 1960's en 1970's die apartheidsregering uit te daag. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Verduidelik tot watter mate toegewydheid en kompromie sleutelrolle gespeel het om die onderhandelingsproses aan die gang te hou wat uiteindelik in 1994 tot 'n nuwe demokrasie in Suid-Afrika gelei het. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE Mikhail Gorbachev se hervormings in die Sowjetunie (Perestroika en Glasnost) het vanaf 1989 tot die geboorte van 'n nuwe era van samewerking tussen die African National Congress (ANC) en die Nasionale Party in Suid-Afrika gelei. Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all