Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2022 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202226 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2022 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 2 bladsye met data. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL VIER afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir Delphi as programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word om die vrae te beantwoord. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data- uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die Delphi- programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op al die drukstukke verskyn. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2022 NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende:  Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is: DataAFRNov2022.exe  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: #TIME4RRR&$ Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids ('folder') DataAFRNov2022 beskikbaar wees: Vraag 1: Vraag 3: Vraag1_P.dpr logo.jpeg Vraag1_P.dproj SonkragAanleg_U.pas Vraag1_P.res Vraag3_P.dpr Vraag1_U.dfm Vraag3_P.dproj Vraag1_U.pas Vraag3_P.res Vraag3_U.dfm Vraag3_U.pas Vraag 2: Vraag 4: ConnectDB_U.dcu rrr.jpeg InsamelingDB - Copy.mdb Vraag4_P.dpr InsamelingDB.mdb Vraag4_P.dproj Vraag2_P.dpr Vraag4_P.res Vraag2_P.dproj Vraag4_U.dfm Vraag2_P.res Vraag4_U.pas Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2022 NSS AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):  Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 wat volg, beskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2022 NSS 1.1 Knoppie [1.1 - Eienskappe] Skryf kode om die eienskappe van paneel pnlV1_1 soos volg te verander:  Stel die kleur op geel ('yellow').  Stel die skrif ('font') op skuinsgedruk ('italics').  Verander die opskrif ('caption') na 'Ek hou van programmering!'. Voorbeeld van afvoer: (3) 1.2 Knoppie [1.2 - Verlofmaand] 'n Werknemer selekteer die maand waarin hy/sy verlof wil neem. Die maatskappy is van Junie tot Augustus gesluit en verlof kan nie gedurende hierdie tydperk geneem word nie. Die kombinasieblokkie ('combo box') cmbV1_2 is met die name van die maande van Januarie tot Desember gevul. Die gebruiker moet 'n maand uit kombinasieblokkie cmbV1_2 selekteer. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die maand wat uit kombinasieblokkie cmbV1_2 geselekteer is.  As die maatskappy in die geselekteerde maand oop is, vertoon 'n boodskap op die etiket ('label') lblV1_2 deur hierdie formaat te gebruik: "Jou verlof in " <maand> " is toegestaan."  As die maatskappy gedurende die geselekteerde maand gesluit is, doen die volgende: o Vertoon 'n boodskap op die etiket lblV1_2 deur hierdie formaat te gebruik: "Maatskappy gesluit, selekteer 'n ander maand." o Maak die seleksie van die maand uit kombinasieblokkie cmbV1_2 skoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2022 NSS Voorbeeld van afvoer as April geselekteer is: Voorbeeld van afvoer as Julie geselekteer is. (7) 1.3 Knoppie [1.3 - Bereken] Die resultaat van die volgende formule word benodig: C=√ Die gebruiker moet die waardes vir A en B in die redigeerblokkies ('edit boxes') wat voorsien is, insleutel. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die waarde van A uit redigeerblokkie edtV1_3_1 en die waarde van B uit redigeerblokkie edtV1_3_2.  Gebruik geskikte wiskundige funksies om die waarde van C te bereken, met gebruik van die formule wat voorsien is.  Vertoon die afgekapte ('truncated') waarde van C in redigeerblokkie edtV1_3_3. Voorbeeld met die waardes van 3.15 (A) en 1.07 (B) as toevoer en die resultaat (C) as afvoer: (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2022 NSS 1.4 Knoppie [1.4 - Punte] Die aantal vakke waarvoor leerders ingeskryf het, wissel. Die punte wat 'n leerder vir elke vak behaal het, moet ingesleutel word en die gemiddelde punt moet bereken word volgens die getal punte wat ingesleutel is. Skryf kode om die volgende te doen:  Laat die gebruiker toe om die punte wat 'n leerder per vak behaal het, in te sleutel, beginnende by vak nommer 1.  Gebruik 'n voorwaardelike lus en 'n toevoerblokkie ('input box') om die punte in te sleutel. Die lus moet getermineer word as 'n punt van -1 ingesleutel word.  Soos wat punte ingesleutel word, moet 'n genommerde lys met vakke en punte in die redV1_4-afvoerarea vertoon word, soos getoon in die voorbeelde wat volg.  Nadat die lus vir toevoer getermineer is, bereken die gemiddelde punt wat die leerder behaal het. Vertoon die gemiddelde punt in die redV1_4- afvoerarea, geformateer tot TWEE desimale plekke. Voorbeeld van toevoer van punte: Voorbeelde van afvoer: Punte vir twee vakke en die gemiddeld: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2022 NSS Punte vir agt vakke en die gemiddeld: (11) 1.5 Knoppie [1.5 - Anagram] Twee woorde moet geanaliseer word om te bepaal of die woorde 'n perfekte anagram vorm of nie. 'n Perfekte anagram is wanneer 'n ander woord gevorm word deur die letters van die oorspronklike woord te herrangskik. Byvoorbeeld, die woord kat is gevorm uit die woord tak, keur uit reuk en sweet uit weste. Kode is voorsien om twee woorde uit redigeerblokkies ('edit boxes') edtV1_5_1 en edtV1_5_2 te verkry en na kleinletters ('lower case') om te skakel. Skryf kode om te bepaal of die twee woorde wat uit die redigeerblokkies verkry is, 'n anagram vorm of nie en vertoon 'n gepaste boodskap in memo memV1_5. Voorbeelde van toevoer en afvoer: (11)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2022 NSS AFDELING B VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING Die Collect-a-Can-herwinningsinisiatief het 'n databasis ontwikkel met die naam InsamelingDB.mdb, wat inligting oor die insameling van blikkies van kliënte vir die jaar 2020 tot 2022 bevat. 'n Toepassing word benodig wat die InsamelingDB.mdb-databasis sal gebruik om die data en betalings aan kliënte wat aan die kontant-vir-blikkies-inisiatief deelneem, te bestuur. Die databasis bevat twee tabelle met die name tblKliente en tblBlikInsameling. Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp van die InsamelingDB.mdb-databasis en die inhoud daarvan. Doen die volgende:  Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2- lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder op die seleksie van oortjieblad ('tab sheet') Vraag 2.2 - Delphi-kode getoon word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2022 NSS  Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.  Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te beantwoord. LET WEL:  Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word voorsien om die data wat in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.  Die inhoud van die databasis is met 'n wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE in staat wees om toegang tot die inhoud van die databasis te verkry deur Microsoft Access te gebruik NIE.  Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel. MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.  TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder beskryf word. Veranderlike Datatipe Beskrywing tblKliente TADOTable Verwys na die tabel tblKliente tblBlikInsameling TADOTable Verwys na die tabel tblBlikInsameling 2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL] Voorbeeld van die gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2022 NSS LET WEL:  Gebruik SLEGS SQL-kode om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te beantwoord.  Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navraag te vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig. Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 hieronder beskryf word, uit te voer. 2.1.1 Knoppie [2.1.1 - Bloemfontein-kliënte] Vertoon al die besonderhede van kliënte wat in Bloemfontein bly uit die tblKliente-tabel, volgens die KlientVan-veld gesorteer. Voorbeeld van afvoer: (4) 2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Eerste maand] Vertoon die InsamelID, InsamelDatum en GetalBlikkies van insamelings wat in Januarie gedoen is. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (3) 2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Soek] Kode is voorsien om 'n letter in te sleutel deur 'n toevoerblokkie ('input box') te gebruik. Die letter word in 'n veranderlike met die naam sLetter gestoor. Vertoon AL die besonderhede van kliënte wie se KlientID begin met die letter wat ingesleutel is. Voorbeeld van afvoer as die letter J ingesleutel is: (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2022 NSS 2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Kliënte se verdienstes] Kliënte sal R8,00 ontvang vir elke kilogram blikkies wat ingesamel is. Die maatskappy gebruik die formule: 1 kilogram = 76 blikkies. Bereken en vertoon die totale bedrag wat elke kliënt sal ontvang vir die blikkies wat hulle ingesamel het, na geldeenheid geformateer. Vertoon die KlientNaam-veld en die totale bedrag wat ontvang sal word deur die veldnaam Totale Bedrag te gebruik. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (8) 2.1.5 Knoppie [2.1.5 - Dateer op] Die besonderhede van 'n spesifieke insameling blikkies is verkeerd ingesleutel. Verander die besonderhede van rekord C003 in die tblBlikInsameling-tabel soos volg:  GetalBlikkies: 250  'n Betaling is nie gemaak nie Kode is voorsien om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat 'n rekord in die databasis verander is. (4) 2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode] LET WEL:  Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.  GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2022 NSS Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2: 2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Voeg in] Skryf kode om 'n nuwe rekord by die tblKliente-tabel te voeg. Die besonderhede van die kliënt is soos volg: Kliënt se ID: CHA01 Kliënt se naam: Charles Kliënt se van: du Boit Adres: Van Wouw Straat 24 Stad: Kaapstad Voorbeeld van die eerste vier rekords van die tblKliente-tabel wat toon dat die rekord van die nuwe kliënt suksesvol in die tabel bygevoeg is: (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2022 NSS 2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Persentasie] Die maatskappy wil die getal blikkies wat deur 'n spesifieke kliënt in 'n spesifieke jaar ingesamel is, bereken as 'n persentasie van die totale getal blikkies wat in daardie spesifieke jaar deur die maatskappy ingesamel is. Die gebruiker moet die volgende doen:  Selekteer 'n kliënt uit die DBGrid deur op die rekord te klik.  Selekteer 'n jaar uit die radiogroep ('radio group') rgpV2_2_2. Kode is voorsien om die jaar wat uit die radiogroep rgpV2_2_2 geselekteer is, te verkry. Gebruik die redV2_2_2-afvoerarea om die inligting wat hieronder genoem word, te vertoon. Skryf kode om die volgende te doen:  Vertoon die naam en van van die kliënt wat geselekteer is.  Bepaal en vertoon die totale getal blikkies wat vir die geselekteerde jaar deur die kliënt ingesamel is.  Bepaal en vertoon die totale getal blikkies wat vir die geselekteerde jaar deur die Collect-a-Can-maatskappy ingesamel is.  Bereken watter persentasie van die totale getal blikkies wat in die geselekteerde jaar ingesamel is, deur die kliënt ingesamel is. Vertoon die persentasie geformateer tot twee desimale plekke. Voorbeeld van afvoer as die kliënterekord met KlientID BUS06 en die jaar 2022 geselekteer is: Voorbeeld van afvoer as die kliënterekord met KlientID CHR08 en die jaar 2021 geselekteer is: (13)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2022 NSS AFDELING C VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING Die sektor vir volhoubare energie wil rekord hou van die sonkragaanlegte in die land en hulle kapasiteit om die krag wat hulle opwek, te vermeerder. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.  Maak die onvolledige objekklas SonkragAanleg_U.pas oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag3_U.pas-lêer en die SonkragAanleg _U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):  Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg, gespesifiseer is. LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruikersgedefinieerde metodes byvoeg NIE, tensy dit eksplisiet in die vraag aangedui word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2022 NSS 3.1 Die onvolledige objekklas (TSonkragAanleg) wat voorsien is, bevat die verklaring van vier attribute wat 'n SonkragAanleg-objek beskryf. Die attribute vir 'n SonkragAanleg-objek is soos volg verklaar: Attribute Beskrywing fAanlegKode 'n Unieke kode vir die sonkragaanleg fGetalPanele Die getal panele wat by die aanleg geïnstalleer is fKragPerPaneel Die maksimum krag per paneel in kilowatt-uur (kWh) fSeisoen Die seisoen waarin krag opgewek gaan word – Somer, Herfs, Winter, Lente Kode is voorsien vir die volgende toegangsmethodes ('accessor methods'):  getAanlegKode wat die fAanlegKode-attribuut terugstuur  getGetalPanele wat die fGetalPanele-attribuut terugstuur  getSeisoen wat die fSeisoen-attribuut terugstuur Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5 hieronder beskryf word. 3.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die kode van die aanleg, die getal panele en die krag per paneel as parameters sal ontvang. Ken die parameterwaardes aan die onderskeie attribute toe. Ken die verstekwaarde 'Somer' aan die seisoen-attribuut toe. (5) 3.1.2 Skryf die kode vir 'n metode met die naam inkGetalPanele wat 'n waarde as parameter ontvang en die fGetalPanele-attribuut met die waarde wat ontvang is, te vermeerder. (4) 3.1.3 Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam setSeisoen wat 'n waarde as parameter ontvang en die fSeisoen- attribuut stel na die waarde wat ontvang is. (3) 3.1.4 Skryf 'n metode met die naam berekenKapasiteit wat die inligting wat volg, gebruik om die kragopwekkingskapasiteit van die panele te bereken wat in die huidige seisoen geïnstalleer is. Stuur die resultaat as 'n reële waarde terug. Die seisoen bepaal die ure sonlig per dag wat gebruik kan word om sonkrag te genereer, soos in die volgende tabel getoon: SEISOEN URE SONLIG PER DAG Somer 10 Herfs 8 Winter 6 Lente 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2022 NSS Die formule om die opwekkingskapasiteit (GC) van die sonkragaanleg te bereken, is soos volg: (8) 3.1.5 Skryf 'n toString-metode om 'n string met al die attribute van die objek in die volgende formaat terug te stuur: Aanlegkode: <AanlegKode> Getal panele: <GetalPanele> Krag per paneel: <KragPerPaneel> Seisoen: <Seisoen> (3) 3.2 'n Onvolledige program is in die Vraag 3-lêergids voorsien. Die program bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n objekveranderlike met die naam objAanleg. Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 hieronder beskryf word, uit te voer. 3.2.1 Knoppie [3.2.1 - Instansieer objek] Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die aanlegkode uit die redigeerblokkie edtV3_2_1_Kode, die getal panele uit die spin-redigeerder ('spin edit') sedV3_2_1 en die krag per paneel uit die redigeerblokkie edtV3_2_1_Krag.  Gebruik die inligting om 'n nuwe SonkragAanleg-objek te instansieer.  Gebruik die toString-metode om die inligting van die SonkragAanleg-objek in die 'rich edit' redV3 te vertoon. Voorbeeld van toevoer en afvoer: (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2022 NSS 3.2.2 Knoppie [3.2.2 - Vermeerder panele] Soos wat die behoefte aan meer krag ontstaan, kan panele bygevoeg word om die aanleg se kragopwekkingskapasiteit te vergroot. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die waarde van die getal panele wat bygevoeg moet word uit die spin-redigeerder ('spin edit') sedV3_2_2.  Roep die inkGetalPanele-metode met die waarde uit die spin- redigeerder as argument.  Roep die relevante objekmetodes om die volgende in die 'rich edit' redV3 te vertoon: o Die aanlegkode o Die getal panele nadat die waarde van die attribuut vermeerder is Voorbeeld van toevoer en afvoer: (4) 3.2.3 Knoppie [3.2.3 - Dateer seisoen op] Die getal ure vir die opwekking van krag verskil volgens seisoen. Die gebruiker moet die seisoen uit die kombinasieblokkie ('combo box') cmbV3_2_3 selekteer. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die geselekteerde seisoen uit die kombinasieblokkie cmbV3_2_3.  Roep die setSeisoen-metode deur die waarde van die kombinasieblokkie as argument te gebruik.  Gebruik die toString-metode om die inligting van die opgedateerde Aanleg-objek in die 'rich edit' redV3 te vertoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2022 NSS Voorbeeld van toevoer en afvoer: (3) 3.2.4 Knoppie [3.2.4 - Bereken] Die maksimum kragkapasiteit wat deur die panele opgewek kan word, moet bereken word. Skryf kode om die volgende in die 'rich edit' redV3 te vertoon:  Die seisoen as deel van die afvoerstring.  Die resultaat van die berekenKapasiteit-metode na 'n string omgeskakel. Die eenheid 'kW' moet ook vertoon word. Voorbeeld van afvoer: (4)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en die vormklas in.  Stoor jou program.  Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/November 2022 NSS AFDELING D VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING Muntoutomate kan gebruik word om items soos lekkergoed, skyfies, koeldrank, ens. uit te gee. 'n Omgekeerde muntoutomaat kan vir herwinningsdoeleindes gebruik word. Jou skool wil omgekeerde muntoutomate ('reversed vending machines') op die skoolgrond gebruik om bottels en blikkies te herwin. 'n Leerder sal 'n aantal bottels of blikkies in die omgekeerde muntoutomaat deponeer/ingooi en sal dan vergoed word. Een van die omgekeerde muntoutomate sal in 'n klas met 10 leerders getoets word. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/November 2022 NSS Die volgende skikkings is in die program voorsien:  'n Skikking arrName wat die name van tien leerders in 'n klas bevat: arrName: array [1 .. 10] of String = ( 'Ruth', 'Nicole', 'Loyiso', 'Chris', 'William', 'Thabo', 'Vusi', 'Peter', 'Jenny', 'Tommy');  'n Tweedimensionele skikking, arrOutomaat, wat die tipe items wat deur die leerders herwin is, stoor. Die skikking is gedeeltelik gevul en laat toe dat tot 15 items deur elk van die 10 leerders in die klas herwin kan word: arrOutomaat: array [1 .. 10, 1 .. 15] of String = (('K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('B', 'B', 'B', 'K', 'K', 'K', 'B', 'B', 'B', 'K', 'K', 'K', 'K', 'K', ''), ('', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('K', 'K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('B', 'B', 'K', 'K', 'B', 'B', 'K', 'K', 'K', 'K', 'B', 'K', 'K', 'B', ''), ('K', 'K', 'B', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('K', 'B', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('B', 'B', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''), ('B', 'K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '')); Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3 hieronder beskryf word. 4.1 Knoppie [4.1 - Vertoon] Die name van leerders is in die skikking arrName voorsien. 'n Ooreenstemmende lys met items wat vir elke leerder herwin is, is in die skikking arrOutomaat voorsien. Die items in die skikking arrOutomaat word voorgestel deur die letters 'B' of 'K' te gebruik, waar 'B' 'n bottel en 'K' 'n blikkie verteenwoordig. Kode is voorsien om die opskrif te vertoon. Skryf kode om die inhoud van skikkings arrName en arrOutomaat in die volgende formaat te vertoon: <Naam><tab><herwinde item><herwinde item><herwinde item>... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/November 2022 NSS Voorbeeld van afvoer: (5) 4.2 Knoppie [4.2 - Bereken] Leerders wat die muntoutomaat gebruik om items te herwin, sal soos volg vir elke item vergoed word: ITEM WAT HERWIN IS BEDRAG BETAAL Bottel (B) R2.15 Blikkie (K) R0.75 Skryf kode om die volgende in die 'rich edit' redV4 te vertoon:  Die naam van elke leerder en die totale bedrag wat elke leerder gaan ontvang vir die bottel- en blikkie-items wat die leerder in die muntoutomaat gesit het.  Die naam (name) van die leerder(s) wat die grootste bedrag gaan ontvang. Voorbeeld van afvoer: (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/November 2022 NSS 4.3 Knoppie [ 4.3 - Voeg item by] Die gebruiker moet die volgende doen as 'n leerder 'n item wil byvoeg om herwin te word:  Selekteer die naam van die leerder uit die lysblokkie ('list box') lstV4.  Selekteer die tipe item wat vir herwinning uit die radiogroep rgpV4 bygevoeg moet word. Die geselekteerde bottel- of blikkie-item moet dan by die volgende beskikbare leë ruimte in die skikking arrOutomaat gevoeg word, by die indeks wat met die naam van die geselekteerde leerder ooreenstem. 'n Geskikte boodskap moet vertoon word as die muntoutomaat-ruimte vir die gespesifiseerde leerder vol is. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die naam van die leerder uit die lysblokkie lstV4 en die item wat herwin moet word uit die radiogroep rgpV4.  Vertoon 'n geskikte boodskap as nóg die naam nóg die item geselekteer is.  As 'n oop ruimte in die skikking vir die spesifieke leerder beskikbaar is: o Voeg die geselekteerde herwinde item (B of K) by die skikking arrOutomaat by die korrekte indeks vir die leerder wat geselekteer is. o Vertoon die inhoud van die skikking arrName en die opgedateerde skikking arrOutomaat nadat elke item bygevoeg is.  As daar geen spasie in die skikking vir die gespesifiseerde leerder beskikbaar is nie, vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die muntoutomaat vol is. Voorbeeld van afvoer as 'n naam of item nie geselekteer is nie: Voorbeeld van afvoer as die naam 'Nicole' en die item 'Bottel' geselekteer is: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 24 DBE/November 2022 NSS Voorbeeld van afvoer as 'n poging aangewend is om nog 'n item vir die naam 'Nicole' by te voeg: (11)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING D: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/November 2022 NSS INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 DATABASIS-INLIGTING VRAAG 2: Die databasis InsamelingDB bestaan uit tabel tblKliente en tblBlikInsameling. Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg: Tabel: tblKliente Hierdie tabel bevat besonderhede van die kliënte. Veldnaam Datatipe Beskrywing KlientID Text (5) Unieke ID vir die kliënt KlientNaam Text (15) Die naam van die kliënt KlientVan Text (15) Die van van die kliënt Adres Text (20) Die adres van die kliënt wat vir die oplaai van blikkies gebruik word Stad Text (15) Die stad waar die kliënt woon Voorbeeld van die rekords in die tblKliente-tabel: Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2022 NSS Tabel: tblBlikInsameling Hierdie tabel bevat inligting van die al die insamelings. Veldnaam Datatipe Beskrywing InsamelID Text (5) Unieke kode vir elke insameling InsamelDatum Date/Time Datum van die insameling GetalBlikkies Number Heelgetal-waarde wat die getal blikkies wat ingesamel is, aandui Betaal Boolean 'n Boolese waarde wat aandui dat die kliënt betaling ontvang het vir die blikkies wat ingesamel is KlientID Text (5) Die ID van die kliënt wat die blikkies ingesamel het Voorbeeld van die eerste tien rekords in die tblBlikInsameling-tabel: LET WEL:  Konneksiekode is gegee.  Die databasis word met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot databasis kan verkry nie. Kopiereg is voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all