Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 Memo
Grade 12 Information Technology Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 457.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C (1)
1.1.2 B (1)
1.1.3 C (1)
1.1.4 A (1)
1.1.5 C/D (1)
1.2 1.2.1 H (Transaksie) (1)
1.2.2 K (Skikking) (1)
1.2.3 J (Agterdeur ('Backdoor')) (1)
1.2.4 I/R (JavaScript/Python) (1)
1.2.5 A (Kopiereg) (1)
1.2.6 O (Sinchronisasie) (1)
1.2.7 E ( Drywer) (1)
1.2.8 B ( Gebruikersregte) (1)
1.2.9 D (Kunsmatige Intelligensie) (1)
1.2.10 C (Aanpasbaarheid) (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 2.1.1 (a) DIMM - gleuwe (1)
(b) Grepe ('bytes') / MG (‘MB’) / GG ('GB') (1)
2.1.2 Enige TWEE GPU hardeware spesifikasies:
Spoed/aantal kerne/tipe verwerker
Spoed/grootte/tipe van ETG ('RAM')
Gleuf-tipe van die GPU (2)
2.1.3 (a) ZIF -inpropgleuf (1)
(b) Redes vir punt-tot-punt konneksie:
SVE moet groot hoeveelhede data/hoër werkslading oordra na
en vanaf die ETG.
Punt-tot-punt konneksie is toegewy tot 'n enkele komponent
OF bus word tussen baie komponente gedeel. (2)
2.2 2.2.1 Sagteware wat aktiwiteite op 'n rekenaarstelsel beheer/bestuur. (1)
2.2.2 Enige TWEE fuksies van ‘n bedryfstelses:
Verskaf gebruikerskoppelvlak
Bestuur prosesse en take
Bestuur die geheue
Bestuur die toevoer en afvoer/randapparatuur/hardeware en
sagteware
Bestuur berging
Bestuur sekuriteit (2)
2.3 2.3.1 Virtuele geheue (1)
2.3.2 Hoe virtueele geheue werk:
Wanneer meer toepassings oopgemaak word, is daar nie meer
beskikbare ETG vir die stelsel nie.
Prosesse wat nie aktief gebruik word nie, word na virtuele geheue
geskuif (spesiale berging) om spasie op die ETG vir ander
toepassings beskikbaar te maak. (2)
2.4 2.4.1 'n Sagteware-gogga is 'n fout in die sagteware (1)
2.4.2 Enige EEN voorbeeld van hoe die sagteware-gogga blootgestel kan
word:
Verkeerde/onakkurate berekende waardes
Ineenstorting van stelsel ('crash')/looptydfout
Wanfunksionering van stelsel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
2.5 Enige EEN manier om ongemagtigde toegang tot sagteware te
voorkom:
Gebruik wagwoorde/toegangsbeheer.
Installeer anti-virus ('anti-malware')/anti-spioenasieware.
Stel 'n brandmuur ('firewall') op.
Fisiese toegang beperk (toesluit, ens.). (1)
2.6 2.6.1 Enige TWEE beperkings wat verband hou met mobiele toestelle in
vergelyking met rekenaar:
Klein skerm
Klein sleutelbord
Beperkte verwerkingsvermoë
Beperkte berging
Beperkte mobiele bedryfstelsel
Mobiele toestelle is nie uitbreibaar/opgradeerbaar (2)
2.6.2 Konvergensie (1)
2.7 2.7.1 Albei skakel programme om na masjienkode. (1)
2.7.2 Enige TWEE redes waarom 'n kompileerder 'n beter keuse as 'n
interpreteerder sou wees:
‘n Kompileerder kompileer die hele program op een slag, waar ‘n
interpreteerde dit een lyn op ‘n slag doen.
‘n Kompileerder verskaf ‘n lys van foute waar ‘n interpreteerder
stop by die eerste fout.
‘n Gekompileerde program het nie ‘n kompileerder nodig om kode
uit te voer nie, waar ‘n interpreteerder nodig is om uit te voer (maak
‘n uitvoerbare program). (2)
2.8 2.8.1 Enige EEN rede waarom dit nodig is om items op ‘n tafelrekenaar op
te ruim en te rangskik:
Maklik om die programme op te spoor
Beter organisasie
Verhoed deurmekaarspul
Verhoog stoorspasie/verwyder onnodige lêers (1)
2.8.2 Vir die bedryfstelsel om die regte sateware identifiseer om die tipe
leêr oop te maak.
Aanvaar ook:
Vir die bedryfstelsel om die tipe lêer te identifiseer (1)
sodat die lêer oopgemaak kan word. (1) (2)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 3.1.1 (a) UTP/Ethernet kabels
Aanvaar ook: Optiesevesel (1)
(b) Enige EEN:
Radiogolwe
Wi-Fi
Mikrogolwe (1)
3.1.2 Enige TWEE voordele van die installering van 'n kabellose
netwerk:
Mobiliteit
Geen kabels word gebruik nie
Kostebesparing
Maklik om op te stel/koppel (2)
3.1.3 Enige EEN funksie wanneer geen internettoegang op 'n netwerk is
nie:
Oordrag van lêers/Kommunikasie tussen rekenaars
Deel van lêers/toepassings/sagteware hulpbronne
Deel van hardeware/noem 'n spesifieke hardewaretoestel (1)
3.2 3.2.1 Enige TWEE redes hoekom eweknie is minder geskik omdat
Minder veiligheid (‘less secure’) in terme van toegang tot
hulpbronne bestuur
Moeilik om groot aantal rekenaars te bestuur
Verskaf nie gesentraliseerde stoorplek/dienste nie
Meer geneig om kwaadwillge sagteware (malware) te versprei (2)
3.2.2 BitTorrent (1)
3.2.3 Enige EEN rol van bedienner:
'n Bediener stel hulpbronne beskikbaar (sagteware, stoorplek,
ens.)
Dien as 'n aanteken-beheerder
Bestuur sekuriteitsinstellings op die netwerk (1)
3.2.4 Wanneer die skakelaar ('switch') faal, sal al die rekenaars wat aan
die skakelaar gekonnekteer is nie toegang tot die netwerk kry nie
(enkel punt van mislukking). (1)
3.3 3.3.1 (a) HTTP is die protokol wat definieer hoe webtuistes, en hulle
inhoud oor die Web oorgedra word. (1)
(b) HTTPS maak voorsiening vir veilige/geënkripteerde oordrag van
webinhoud. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
3.3.2 Enkodering van data:
Om die formaat van die data te verander vir transmissie oor
verskillende mediums. (2)
3.4 3.4.1 'n Webtuiste bevat 'n aantal verwante webblaaie. (1)
3.4.2 (a) Om 'n hoë plasing in soektog-resultate/toename in hoeveelheid
verkeer op die webtuiste te verseker deur die ontwerp van
webblaaie te verander. (1)
(b) Die byvoeg van spesifieke sleutelwoorde/frases wat met die
manier waarop soekenjins na inhoud soek verband hou. (1)
3.5 CSS skei die formatering van die HTML en versamel alles in een plek, in 'n
.css lêer . Wanneer veranderinge aan die formatering van webtuiste gedoen
moet word, word net die CSS-lêer verander en dit word outomaties na alle
webblaaie opdateer.
Konsepte:
Formatering is in ‘n enkele .css lêer geplaas.
Formatering word op alle webblaaie toegepas. (2)
3.6 3.6.1 Enige TWEE Toegangspunt ('hotspot')-risikos:
Netwerk mag dalk nie beveilig/geënkripteer nie.
Blootstelling tot inbraak/hacking.
Moontlike risiko vir die verspreiding van skadelike sagteware.
Afloer ('shoulder surfing').
Sein/toegangspunt spoefing ('signal/hotspot spoofing'). (2)
3.6.2 'n VPN skep 'n geënkripteerde konneksie na 'n privaat netwerk
oor 'n publieke netwerk/Internet om toegang te kry met dieselfde
sekuriteit as 'n direkte lokale konneksie.
Konsepte:
Kommunikasie is geënkripteer.
Konnekteer na ‘n privaat netwerk oor ‘n publieke
netwerk/internet.
Dieselfde sekuriteit as ‘n plaaslike konneksie/veilige konneksie. (3)
3.7 3.7.1 Die maatskappy sal inligting op die webtuiste hê wat oor tyd
dieselfde bly / nie nodig om gereeld opgedateer te word nie. (1)
3.7.2 Enige TWEE voordele vir die gebruikers van dinamiese webblaaie:
Hulle kan relevante/pasgemaakte weergawes van die
webblaaie ontvang.
Webblaaie laat interaksie met gebruikers toe.
Inhoud is meer waarskynlik op datum.
Gebruikers kan nou ook bydraers van inhoud wees. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
3.7.3 (a) 'n Stel data wat data beskryf en addisionele inligting gee oor die
data. (1)
(b) 'n Soektog sal plaasvind met gebruik van die metadata van die
relevante inhoud op die internet, en sal die gebruiker se
toepaslike inligting se veband hiermee gebruik om
soekresultate te lewer wat uniek by die gebruiker pas.
Konsepte:
Die metadata word met die gebruiker se soektog
resultate/navraag vergelyk.
Verskaf die gebruiker met pasgemaak/geskikte resultate. (2)
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
4.1.1 Enige EEN voorbeeld van onsigbare data-insameling:
Aankoopgewoontes/-voorkeure
Aankoopvoorkeur-ure
Geslag-/familie-samestelling
Of die persoon troeteldiere het
OF enige ander geldige voorbeeld (1)
4.1.2 Enige EEN rede waarom ‘n maatskappy onsigbare data wil vaslê:
Om te beplan watter ander produkte in voorraad gehou kan
word.
Antisipeer die behoeftes van die kliënt.
Geteikende bemarking.
OF enige ander geldige voorbeeld (1)
4.1.3 Enige TWEE meganismes van onsigbare datavaslegging:
Vorms - voltooi vorms
E-Tol – deur E-tolhekke gaan
Selfoonrekords
Aanlyn aktiwiteite – Internet soektogte, aanlyn aankope, ens.
GPS-navigasie – Gebruik van Google Maps, ens.
Sekuriteitskamera se beeldmateriaal – Biometrie
Agterground-stemopneming deur toestelle
Toegangskontrolestelsel – Ingaan by perseel/erf
Slim toestelle/IoT
RFID (2)
4.2 4.2.1 Enige TWEE maniere om die geldigheid van data wat vasgelê is te
verseker:
Kontroleer formaat
Kontroleer datatipe
Kontroleer reikwydte
Teenwoordigheidskontrole ('presence check')
Kontrolegetal ('check digit')
Kontroleer uniekheid (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
4.2.2 'n Unieke waarde, primêre.sleutel, sal aan elk van die kliënte
toegeken word.
OF
Enige korrekte voorbeeld van ‘n unieke veld verwant aan ‘n kliënt. (1)
4.3 4.3.1 (a) Data-oortolligheid ('redundancy') (1)
(b) 'n Opdateringsonreëlmatigheid ('update anomaly') vind plaas
wanneer een rekord nie verander kan word sonder dat 'n
aantal ander rekords ook verander moet word nie. (2)
4.3.2 (a) Een-tot-Een (1)
(b) Een-tot-Baie (1)
4.4 4.4.1 Saamgestelde sleutel ('compound'/'composite key') (1)
4.4.2 Insamelingsnommer OF ander toepaslike nuwe veld
Aanvaar ook: Autonumber-veld (1)
4.4.3 Short Text (1)
4.4.4 Die data wat in die veld van die vreemde sleutel ('foreign key')
voorkom moet reeds as 'n inskrywing in die tabel waar die veld die
primêre sleutel is voorkom.
OF
Geen rekord in die sekondêre/baie-tabel mag na 'n rekord in die
primêre/een-tabel verwys wat nie bestaan nie. (1)
4.4.5 (a) Waar (1)
(b) Vals (1)
(c) Vals (1)
(d) Vals (1)
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Enige EEN rede vir die gebruik van modulêre programmering:
Verhoed die herhaling van kode.
Metodes kan geroep word en maklik in meer as een klas gebruik
word.
Bevorder leesbaarheid.
Maklik om te ontfout.
Samewerking tussen programeerders. (1)
5.1.2 Enige EEN van die volgende:
Prosedure stuur nie noodwendig 'n waarde terug nie waar ‘n
funksie moet 'n waarde terug stuur.
‘n Funksie het ‘n datatipe wat met die naam van die funksie
geassosieer word, wat werk soos ‘n veranderlike vir die roep
waarde, waar ‘n prosedure dit nie het nie.
‘n Prosedure is ‘n onafhanklike roep, waar ‘n funksie deel van ‘n
ander stelling moet wees. (1)
5.2. 5.2.1 Geldig (1)
5.2.2 Geldig (1)
5.3 5.3.1 Defensiewe programmering gebruik kode om foute te voorkom/te
hanteer wat kan veroorsaak dat die normale uitvoering van die
program staak. (2)
5.3.2 (a) Enige EEN moontlike rede om ‘n oorloopfout te voorkom:
Wanneer die waarde wat in 'n veranderlike gestoor moet
word te groot is, of buite die reikwydte van die datatipe val.
Eindelose lus.
(1)
(b) Enige een van die volgende:
Data validering.
Uitsonderingshanteringstegnieke.
Enige voorbeelde van verdedigingsprogrammering b.v. toets
vir deel deur nul. (1)
5.4 5.4.1 Instansieer/Skep/Inisialiseer 'n objek. (1)
5.4.2 getMaatskappyNaam (1)
5.4.3 (a) MaatskappyNom (1)
(b) Die maatskappynommer identifiseer die maatskappy op 'n
unieke wyse en moet nie verander word nie. (1)
Aanvaar ook - MaatskappyNaam in (a) met korrekte motivering in
(b).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
5.4.4 (a) Sommige van die attribute is publiek verklaar/attribute moet
privaat wees.
OF
Dui aan die spesifieke voorbeelde (+ Kontaknommer
+ GetalWerkers) (1)
(b) Deur 'n attribuut publiek te verklaar is dit direk toeganklik van
buite die klas wat onbedoelde/onvoorsiene effekte kan hê. (2)
5.5 5.5.1 Aantal herhalings is nie vooraf bekend nie (1)
5.5.2 iGetal := RandomRange(1,11);
While (iGetal = 5) OR (iGetal = 8) do
iGetal := RandomRange(1,11); (4)
TOTAAL AFDELING E: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Elektroniese rommel verwys na elektroniese toestelle of items wat
verband hou met elektroniese toestelle wat verouderd is/nie langer
benodig word nie. (1)
6.1.2 Bevat giftige/skadelike stowwe. (1)
6.1.3 Enige TWEE maniere om elektroniese rommel te verminder:
Hou ou toestelle/ vervang slegs wanneer nodig.
Verleng lewe van elektronika. Koop 'n omhulsel, hou toestel
skoon, voorkom oorlaai van battery.
Skenk/verkoop gebruikte elektronika.
Herwin elektronika en batterye.
Hervul drukker se inkhouer. (2)
6.1.4 Die skyf moet formatteer/skoongemaak/fabriekteruggestel word (of
enige manier om toegang tot data permanent te vernietig) sodat
toegang tot/herwinning van enige perskoonlike inligting nie deur
ander verkry/gedoen kan word nie. (1)
6.2.1 (a) Met POP word jou e-pos afgelaai na jou toestel en uitgevee
op die bedienner (tensy jy die standaardverstellings verander).
Met IMAP, bly e-pos op die bediener , en jy kan maklik met
jou e-pos werk vanaf 'n verskeidenheid toestelle. (2)
(b) Enige EEN negatiewe effek van gemorspos('spam'):
Gemorspos versoorsaak/genereer onnodige verkeer op die
Internet en maak dit stadig.
Dit benadeel werknemer se produktiwiteit/werknemers moet
deur gemorspos werk om dit wat hulle soek te vind.
Gemorspos kan skadelike sagteware bevat wat toestelle
kan infekteer. (1)
(c) Enige TWEE moontlike redes hoe om fopnuus('fake news') te
identifiseer:
Oorweeg die bron van die nuus .
Kontrolleer die verwysings van die outeur.
Gebruik gesonde verstrand (herken onrealistiese nuus) .
Kruisverwys die inhoud met:
Betroubare nuustuistes.
Aanhalings en verwysing wat gegee word.
Feit-kontroleringswebtuistes ('fact-checking websites').
Spesialiste in veld. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
6.2.2 (a) Die lêer moet na die wolk-bergspasie opgelaai word en
gedeel word.
OF
Enige geldige voorbeeld van wolk-bergspasie/diens bv. Google
drive, OneDrive, WeTransfer, TeamViewer, ens. / FTP. (1)
(b) Enige EEN risiko vir die stuur van ‘n aanhangsel met wolk-
bergspasie:
Beperkte stoorspasie in met gratis weergawes van dienste
beskikbaar.
Die diens mag dalk nie goeie sekuriteitspraktyke hê nie.
Die diens mag dalk nie goeie rugsteunbeleide hê nie.
Die diens mag hulle dienste beter voorstel as wat dit werklik
is ('oversell'). (1)
(c) 'n Aanlynstoorplek vir lêers om gedeel/afgelaai/
stroom(streaming) te word. (1)
(d) Toegang tot die wolk ('cloud') kan van enige plek en enige tyd
verkry word. (1)
6.3 6.3.1 (a) Dit is sagteware wat voorkom asof dit nuttig/onskuldig is, maar
as dit geïnstalleer is laat dit die aanvaller toe om die
geïnfekteerde rekenaar oor 'n afstand ('remotely') te beheer. (1)
(b) Enige TWEE maniere hoe Trojaanse kwaadwillige sagteware
geïnfekteer kan wees:
Maak geïnfekteerde aanhegsels ('attachment') in epos oop
Aflaai/installeer ('torrent') lêer wat afgelaai word.
Aflaai/installeer geïnfekteerde lêers van kwaadaardige
webtuistes.
Beantwoord gespoefde gesels-boodskappe ('chat
messages').
Maak/installeer ‘n Trojaanse lêer op ‘n verwyderbare
stoorstelsel oop. (2)
6.3.2 Enige TWEE redes hoekom ‘n webwerf ingedring word:
Steel gebruikers se persoonlike inligting (epos-adres,
wagwoorde, kredietkaart-inligting) vir identiteitsdiefstal.
Skend ('Deface') die webtuiste of plaas politieke
boodskappe op die webtuiste.
Herlei verkeer van die webtuiste na 'n
uitvissings('phishing')webtuiste. (2)
6.4 6.4.1 'n Verspreide databasis is waar 'n databasis versprei/gestoor is
oor bedieners in afsonderlike plekke. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
6.4.2 Duplisering is wanneer elke aparte tuiste 'n kopie van die
hele/gedeelde databasis het.
Verdeling ('Partitioning') is wanneer elke tuiste sy eie data
bestuur/stoor. (2)
6.4.3 Wanneer data gedupliseer is, werk elke tuiste met sy eie kopie van
die data en datastelle wat oor tyd sal begin om te verskil.
Sinchronisasie sal seker maak dat veranderinge oor al die datastelle
gedoen word om probleme te voorkom. (2)
6.5 6.5.1 Besluitsteunstelsel / BSS ('DSS') (1)
6.5.2 Menslike kundigheid is in sagteware ingekodeer om 'n reël-
gebaseerde stelsel te skep wat besluite kan neem, gebaseer op die
toevoer wat van 'n stelsel soos in Vraag 6.5.1 genoem af verkry
is. (2)
6.6 6.6.1 Sagteware wat beskikbaar is met toegang tot die bronkode ('source
code') waar die gebruiker dit kan verander en aanpas. (1)
6.6.2 Enige EEN tipe van lêer wat wat deur ‘disk clean-up’ verwyder sal
word:
Tydelike/oortollige lêers
Gekaste ('cached') webblaaie (1)
6.6.3 (a) Die gaping tussen die wat toegang tot rekenaars en die
internet het en die wat nie het nie. (1)
(b) Enige TWEE faktore wat bydra tot die digitale kloof:
Tekort aan finansiële hulpbronne om tegnologie te bekom
Verskil in vlakke van opvoeding
Die ouderdomsgapings
Gestremdhede
Te kort aan ondersteunende infrastruktuur
Vrees vir IKT ('ICT') (2)
6.7 6.7.1 RPA - Gebruik vir herhalende, reël-gebaseerde prosesse deur
robotika te gebruik.
Hiper-outomatisering – KI ('AI') besluit op die beste strategie vir
take. (2)
6.7.2 Enige TWEE konsepte moet bespreek word:
Robotte kan werkers vervang
Robotte kan werkersproduktiwiteit verhoog
Robotte kan take doen wat krag en goeie gesondheid vereis
Robotte kan gevaarlike take oorneem (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
6.8 6.8.1 Virtuele realiteit vervang werklikheid met sagteware.
'Augmented reality' vul realiteit aan deur sagteware te gebruik om
regte wêreld ervaring by te voeg.
Aanvaar ook voorbeelde van elk. (2)
6.8.2 Gemengde realiteit ('Mixed reality') super-indrukwekkende
('imposes') rekenaargegenereerde objekte waarmee die gebruiker
interaksie kan hê. (1)
TOTAAL AFDELING F 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo
More from Grade 12 Information Technology

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 November 2024 NSC QP

Memorandum