NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2021
LEWENSWETENSKAPPE
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers %202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)

View all





Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape June 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.
1.1.1 Watter van die volgende selstrukture is die plek waar DNS/DNA-
replikasie plaasvind?
A Nukleus
B Ribosoom
C Nukleolus
D Growwe endoplasmiese reticulum
1.1.2 Een van die funksies van die amnion is om ...
A as ʼn reserwe voedselvoorraad te dien.
B oorsprong aan die plasenta te gee.
C te voorkom dat die ontwikkelende fetus rondbeweeg.
D die vloeistof wat die embrio teen beserings beskerm, te beskerm.
1.1.3 Watter EEN van die volgende beskryf die verskil tussen DNS/DNA en
RNA korrek?
DNS/DNA RNA
A Deoksiribose suiker Ribose suiker
B Urasiel Timien
C Enkelstring Dubbelstring
D Die aantal sitosien-en Die aantal sitosien- en
guanienstikstofbasisse guanienstikstofbasisse is dieselfde
verskil
1.1.4 Die ABO-bloedgroepstelsel by die mense is ʼn outosomale eienskap met
drie allele wat soos volg lyk: IA, IB, i.
Daar bestaan vier verskillende bloedgroepe in hierdie stelsel. Hulle is
groepe A, B, AB en O.
In ʼn gesin van vier kinders het elke kind ʼn verskillende bloedgroep met
betrekking tot hierdie geen.
Die ouers se fenotipes moet ... wees.
A AB en O
B A en B
C B en AB
D O en B
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
1.1.5 ʼn Homoloë chromosoompaar wat by normale meiose betrokke is, dra die
allele soos hieronder getoon.
Q q
R R
T t
g g
Chromosome wat in eiers waargeneem is, sluit die volgende in:
A B C D
Q q q r
r Q R R
T G T t
G g g g
1.1.6 ʼn Homosigotiese resessiewe individu word met ʼn heterosigotiese
individu gekruis.
Wat is die kanse dat ʼn nakomeling met ʼn homosigotiese resessiewe
genotipe verkry kan word?
A 25%
B 50%
C 75%
D 100%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 5
1.1.7 Die hoeveelheid DNS/DNA in verskillende soorte hoender is bepaal.
Die volgende resultate is verkry.
SELTIPE PIKTOGRAMME VAN DNS/DNA
R 2,55
S 2,61
X 1,26
Y 2,54
Uit hierdie gegewens is dit redelik om af te lei dat die sel ... waarskynlik
ʼn sperm is.
A seltipe R
B seltipe S
C seltipe X
D seltipe Y
1.1.8 Bestudeer die diagram hieronder.
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die benoemde
strukture korrek?
A 3 – blindevlek; 4 – choroïed
B 2 – glasvog; 1 – suspensoriese ligamente
C 5 – optiese senuwee; 7 – pupil
D 6 – konjunktiva; 3 – geelvlek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
1.1.9 DNS/DNA-profiele van ʼn moeder en vader en vier kinders word in die
diagram hieronder getoon.
moeder
kind 2 vader kind 4
kind 3
kind 1
Watter kind het die KLEINSTE waarskynlikheid om die biologiese
nakomeling van hierdie paartjie te wees?
A Kind 1
B Kind 2
C Kind 3
D Kind 4 (9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 7
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Hol balletjie selle wat uit die sigoot gevorm word
1.2.2 Die tipe bevrugting wat met viviparie geassosieer word
1.2.3 Die bindings tussen aminosure in ʼn proteïenmolekule
1.2.4 ʼn Bloedvat in die naelstring wat voedingstowwe na die fetus vervoer
1.2.5 ʼn DNS/DNA gedeelte wat die kode vir ʼn spesifieke eienskap bevat
1.2.6 Klein buisies wat in die timpaniese membraan geplaas is om
vloeistof uit die middeloor te dreineer
1.2.7 Ineengestrengelde netwerk van chromosome wat binne die kern
geleë is (7 x 1) (7)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM І KOLOM ІІ
1.3.1 ʼn Tipe ontwikkeling in voëls A: Altrisiële ontwikkeling
waar die kleintjies kort nadat B: Prekosiële ontwikkeling
hulle uitgebroei het, kan
rondbeweeg
1.3.2 Al die gene in al die A Genotipe
chromosome van ʼn spesie B: Genoom
1.3.3 ʼn Voordeel van die A: Voorsien voeding
amniotiese eier B: Beskerm teen uitdroging
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
1.4 By tamatieplante word die kleur van die stam deur twee allele beheer, pers (P) en
groen (p). Die tipe blaar word ook beheer deur twee allele, gesnyde blaar (L) en
aartappel-tipe blaar (l).
Die Punnet-vierkant hieronder toon die resultate van ʼn kruising tussen ʼn plant met
ʼn pers stam en gesnyde blare en ʼn plant met ʼn groen stam en aartappeltipe blare.
Ouer 1
Gamete PL Pl pL pl
pl PpLl (Z) ppLl ppll
1.4.1 Gee die:
(a) Genotipe van ouer 1 (2)
(b) Genotipe van plant Z (1)
1.4.2 Watter persentasie plante het groen stingels met aartappeltipe blare? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 9
1.5 Die diagram hieronder stel ʼn refleksboog voor.
1.5.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Impulse na die selliggaam oordra (2)
(b) Die geleiding van impulse in een rigting beheer (2)
(c) Impulse vanaf die sensoriese neuron na die korrekte motoriese
neuron stuur (2)
1.5.2 Gee slegs die LETTER van die:
(a) Effektor (1)
(b) Neuron wat beskadig is as iemand pyn kan voel, maar nie op die
stimulus kan reageer nie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
1.6 Die diagram hieronder stel die struktuur van die manlike voortplantingstelsel
voor.
1.6.1 Identifiseer:
(a) C (1)
(b) D (1)
1.6.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Spermselle en urine uit die liggaam neem (2)
(b) Die manlike geslagshormoon testosteroon produseer (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 11
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die volgende diagram stel stadiums van proteïensintese voor.
Molekuul X
Stadium 1
Molekuul Y in die kern
E
F
Molekuul Z
Stadium 2
buite die kern
2.1.1 Identifiseer:
(a) Struktuur E (1)
(b) Molekuul X (1)
2.1.2 Gee die funksie van molekuul Y in proteïensintese. (1)
2.1.3 Noem en beskryf die gebeure wat by stadium 2 plaasvind, soos in die
diagram hierbo getoon. (6)
2.1.4 Die volgorde van stikstofbasisse wat hieronder getoon word, is ʼn
gedeelte van ʼn DNS/DNA-molekuul.
AAA-GTA-CTG-CGC
(a) Wat stel A in hierdie volgorde voor? (1)
(b) Gee die ooreenstemmende volgorde stikstofbasisse wat in
molekuul Y aangetref word. (2)
(c) Gee die ooreenstemmende antikodon wat ooreenstem met
basisdrietal 2 van links na regs in die ry hierbo gegee. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
2.2 Die diagramme hieronder toon ʼn paar homoloë chromosome tydens meiose.
Diagram I toon die hele chromosome en Diagram II is ʼn vergrote aansig van die
omkringde gedeelte in Diagram I.
Diagram I
Diagram II
2.2.1 Noem die fase tydens meiose waar die rangskikking van chromosome
soos hierbo voorkom, waargeneem kan word. (1)
2.2.2 Noem en beskryf die proses wat in die omkringde gebied in Diagram I
plaasvind. (5)
2.2.3 Verduidelik die belangrikheid van die proses genoem in
VRAAG 2.2.2 vir gametogenese. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 13
2.3 Hemofilie is ʼn geslagsgekoppelde-genetiese toestand wat veroorsaak word
deur ʼn resessiewe alleel wat op die X-chromosoom (Xh) gedra word. Die
volgende diagram toon ʼn gedeelte van ʼn gesin waarin sommige lede hemofilie
het. Hemofiliese individue is ingekleur in die diagram.
2.3.1 Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word. (1)
2.3.2 Hoeveel:
(a) Kinders is manlik (1)
(b) Mans het hemofilie (1)
2.3.3 Gebruik toepaslike letters om die genotipe van elk van die volgende
aan te dui:
(a) Individu 1 (1)
(b) Individu 2 (1)
2.3.4 Deur gebruik te maak van ʼn genetiese kruis toon die persentasie kans
vir individu 7 wat heterosigoties is en individu 8 om ʼn hemofiliese seun
te hê. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
2.4 Die onderstaande grafiek toon die resultate van die mate(graad) van
konveksiteit van die lens van ʼn deelnemer wat oor ʼn tydperk gemeet is.
Gedurende die aangeduide tyd is die deelnemer gevra om na ʼn voorwerp te
kyk wat nader aan of verder weg van die deelnemer af beweeg kon word.
2.4.1 Noem die proses wat die vorm van die lens verander het. (1)
2.4.2 Gee die LETTER op die grafiek wat die tydperk gedurende die
ondersoek aandui, waarop die voorwerp:
(a) Na die deelnemer beweeg (1)
(b) Die naaste aan die deelnemer was (1)
2.4.3 Beskryf hoe ʼn duidelike beeld gedurende periode C op die grafiek
gehandhaaf word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 15
2.5 Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van die follikel wat na die
produksie van struktuur A lei.
A B C
2.5.1 Identifiseer:
(a) Struktuur C (1)
(b) Proses B (1)
2.5.2 Noem die hormoon wat deur die follikel afgeskei word voordat proses
B plaasvind. (1)
2.5.3 Verduidelik die gevolge by 'n 25-jaar oue vrou tydens die ovariale
siklus indien haar pituïtêre klier nie hormone afskei nie. (4)
2.5.4 Verduidelik die belangrikheid van struktuur C om konstant te bly
nadat proses B plaasgevind het. (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
VRAAG 3
3.1 Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike oor.
1 2
3
6
4
5
3.1.1 Identifiseer dele gemerk 2 en 3. (2)
3.1.2 Gee EEN funksie van elk van die dele gemerk 5 en 6. (2)
3.1.3 Beskryf die rol wat die deel gemerk 2 speel om balans, wanneer die
posisie van die kop verander, te handhaaf. (5)
3.1.4 As strukture gemerk 1 nie aan mekaar geheg is nie, verduidelik dan
kortliks die impak wat dit op die gehoor sou hê. (3)
3.2 Lees die uittreksel hieronder.
Die Europese mielieboorder-mot, Ostrinia nubilalis, is ʼn plaag. Die larwes
ontwikkel binne-in mieliestamme en vreet die inhoud en verswak die stingels
sodat die plante ineenstort.
Die bakterie, Bacillus thuringiensis ('Bt'), produseer ʼn proteïen wat die larwes
van motte en skoenlappers vergiftig. Dit kan van Bt-kulture geïsoleer en as
vloeistowwe verpak word om op die oppervlak van plante gespuit te word.
Die geen wat vir die giftige proteïen kodeer, is ook geïsoleer en opgeneem in
ʼn geneties gemodifiseerde stam mielies genaamd Bt-mielies. Dit maak dat die
weefsels van die plant giftig is vir die mieliesmot.
3.2.1 Beskryf EEN nadeel van Europese koringboorder-mot by plante. (2)
3.2.2 ʼn Boer wil die opbrengs van mielies verhoog.
Verduidelik waarom jy nie sou aanbeveel om die ongemodifiseerde
mielies met Bt-toksien te bespuit nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 17
3.2.3 Sommige wetenskaplikes het verskillende maniere om mielies teen die
mieliesboorder-mot te beskerm, ondersoek.
Die metode wat hulle gevolg het word hieronder beskryf:
− Etlike honderde mieliesaailinge is in drie afsonderlike, maar naby
geleë plotte, in dieselfde landery geplant
− Die saailinge in die drie erwe is soos volg behandel:
Plot A was onbehandel
Plot B is daagliks met Bt-toksien gespuit
Plot C die saailinge wat geplant is, was geneties gemodifiseerde
Bt-mielies
− Op die eerste dag van elke week het een wetenskaplike om die rand
van ʼn stuk grond geloop en die aantal mielieplante wat ineengestort
het, getel
− Elke plot het ʼn wetenskaplike gehad wat verantwoordelik was vir die
telling
Die resultate word in die onderstaande tabel aangetoon.
Aantal mielieplante wat sedert die laaste
weektelling ineengestort het
Weeknommer Plot A Plot B Plot C
1 0 0 1
2 0 0 0
3 18 22 21
4 0 0 0
5 5 1 0
6 14 11 12
7 5 2 1
8 12 0 1
9 17 1 0
10 30 6 0
11 32 13 1
12 41 17 0
Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
3.2.4 Waarom is Plot A by die ondersoek ingesluit? (2)
3.2.5 Bereken die gemiddelde aantal mielieplante wat onderskeidelik in Plot B
en C ineengestort het. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
3.2.6 Op grond van die berekeninge wat in VRAAG 3.2.5 gedoen is, watter
gevolgtrekkings kan gemaak word met betrekking tot die effektiwiteit
van die metode wat in Plot B en C gevolg word, om mielies teen die
mielieboorder-mot te beskerm. (2)
3.2.7 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die betroubaarheid
van hierdie ondersoek verseker het. (2)
3.2.8 Beskryf EEN manier waarop hierdie ondersoek ongeldig is. (1)
3.3 Die diagram hieronder toon dele van die menslike senuweestelsel.
3.3.1 Gee TWEE redes waarom mense ʼn senuweestelsel nodig het. (2)
3.3.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat die volgende funksie
het:
(a) Laat kommunikasie tussen serebrale hemisfere toe (2)
(b) Beheerrefleksaksies (2)
3.3.3 Verduidelik elk van die volgende waarnemings deur te verwys na die
funksie en die gedeelte van die brein wat aangedui is:
(a) Skade aan die deel gemerk D lei tot die dood, selfs al
funksioneer al die ander dele van die brein en die liggaam (2)
(b) ʼn Bloedklont in die regter helfte van die deel wat A gemerk is,
kan verlamming in die linkerarm tot gevolg hê (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LEWENSWETENSKAPPE 19
3.4 Die onderstaande diagram stel 'n ontwikkelende fetus in 'n menslike liggaam
voor.
R
S
V
T
U
3.4.1 Identifiseer:
(a) S (1)
(b) T (1)
3.4.2 Noem EEN funksie van die vloeistof wat V gemerk is. (1)
3.4.3 Noem TWEE stelsels in die liggaam van die baba wat die funksie van
deel S oorneem sodra die baba gebore is. (2)
3.4.4 Tabuleer EEN verskil in die samestelling van die bloed in 'n aar en in 'n
slagaar wat in struktuur T voorkom. (3)
3.4.5 Verduidelik wat die vorming van 'n ander ovum (eiersel) voorkom terwyl
die fetus in 'n menslike liggaam ontwikkel. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum