NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en ʼn addendum met 2 bylaes.
Skip to contentAll 2024 papers 


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 779.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
• BYLAE A vir VRAAG 1.3
• BYLAE B vir VRAAG 2.2
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
7. Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy
anders aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Oom James het ʼn huis gekoop en besluit om opknappingswerk aan die
sitkamerarea te doen. Hy beplan om een van die mure in hierdie sitkamer te
verander.
Hieronder is die muur wat hy beplan om te verander.
Hoogte = 2,1 m
Lengte = 370 cm
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
1.1.1 Definieer die term omtrek. (2)
1.1.2 Herlei die lengte van die muur na meter. (2)
1.1.3 Bereken die omtrek van die muur.
Jy mag die volgende formule gebruik:
O = lengte + lengte + hoogte + hoogte (2)
1.2 Jameson sal ʼn klubfietsrytrofee wen as hy minstens 600 km se fietsryafstand in
ʼn tydperk van sewe maande kan aflê. Hy ry soos volg:
• Die Wingerdwedren in Februarie (75 myl)
• Die Oseaan-tot-Oseaan-wedren in Maart (114,3 km)
• Die Karoo Pretwedren in April (271 km) en
• Die Charity Pret Sprint (148,1 km) was sy laaste deelname in Junie.
LET WEL: 1 km = 0,6214 myl
1.2.1 Bereken, in km, die afstand wat hy in die Wingerdwedren gery het. (2)
1.2.2 Vervolgens, bepaal die totale afstand wat deur Jameson oor die tydperk
aangeteken is. Gee jou antwoord in kilometer (km). (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2024)
1.3 Die roetekaart van die Medihelp Stellenbosch-fietstoer word in BYLAE A getoon.
Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.3.1 Noem EEN dorp wat direk op die roete geleë is. (2)
1.3.2 Hoeveel waterpunte is beskikbaar op die Medihelp Stellenbosch-
fietstoer? (2)
1.3.3 Watter nasionale pad kruis die roete? (2)
1.3.4 In watter algemene rigting is Stellenbosch vanaf Pniel? (2)
1.3.5 Identifiseer die bergpas wat op die roete geleë is. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 2
2.1 Mnr. Salters het van Oos-Londen na Johannesburg, via Bloemfontein, gereis om
bokse saad af te lewer.
Die kaart hieronder toon die nasionale paaie van Suid-Afrika.
[Aangepas uit https://images.google.co.za]
Gebruik die kaart hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
2.1.1 Identifiseer die tipe skaal wat op die kaart gebruik word. (2)
2.1.2 Noem slegs TWEE nasionale paaie waarop mnr. Salters van Oos-
Londen na Johannesburg via Bloemfontein sal ry. (2)
2.1.3 Skryf die algemene rigtings neer wat ʼn persoon vanaf Kaapstad na
Garies, en van Garies na Upington sal reis. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2024)
2.1.4 Mnr. Salters se vrou wil gedurende die Desembervakansie Walvisbaai
in Namibië besoek. Mnr. Salters sê sy sal ʼn paspoort nodig hê om
Walvisbaai te besoek.
Gee ʼn rede waarom sy vrou ʼn paspoort sal benodig om Walvisbaai te
besoek. (2)
2.1.5 Die brandstoftenk van mnr. Salters se voertuig het ʼn kapasiteit van
75 liter. Hy beweer dit gaan hom 4% meer kos as hy sy motor in die
binneland volmaak, pleks van by die kus.
LET WEL: Brandstofkoste
➢ Binneland: R22,49
➢ Kus: R21,77 [Bron: AA Petrolprys Januarie 2024]
Verifieer, met die nodige berekeninge, of sy bewering geldig is of nie. (5)
2.2 Die Krugerwildtuin is ʼn gewilde toeristebestemming. Sommige inligting oor
die park word hieronder gegee:
Die spoedbeperking binne die park is:
• 50 km/h op teerpaaie
• 40 km/h op grondpaaie
Hektye:
• Toegangshekke open om 05:30
• Kamphekke open om 04:30
• Alle hekke sluit om 18:30
BYLAE B toon ʼn uittreksel van ʼn kaart van die Krugerwildtuin en TABEL 2
toon die afstande tussen kampe en hekke.
Gebruik die inligting hierbo en BYLAE B om die vrae wat volg te beantwoord.
2.2.1 Gee EEN moontlike rede waarom daar spesifieke tye vir die oop- en
toemaak van hekke by die park is. (2)
2.2.2 Bepaal die verskil in die aantal hoofkampe en ander kampe op hierdie
deel van die kaart. (2)
2.2.3 As Odwa Skukuza om 17:15 verlaat en die park verlaat deur die
Numbi-hek, bepaal die tyd wat hy die Numbi-hek sal bereik.
Die volgende formule mag gebruik word:
Afstand = spoed × tyd
LET WEL: Die afstand op die grondpad is dieselfde as die afstand
op die teerpad. (5)
2.2.4 Gee ʼn moontlike rede waarom die meeste mense wat die park besoek,
verkies om op die grondpaaie, pleks van die teerpaaie te reis. (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
VRAAG 3
3.1 In ʼn Wiskundige Geletterdheid-klaskamer hou ʼn onderwyser kleurpotlode in drie
identiese silindriese houers. Hierdie potlode bly in die houers totdat dit gebruik
word of verlore gaan. Hieronder is ʼn voorbeeld van ʼn afbeelding van die houer
met die kleurpotlode en die diagram van die silindriese houer.
(Diagram is NIE volgens skaal geteken NIE.)
Voorbeeld van beeld van houer Diagram van silindriese houer met
met kleurpotlode afmetings
Deursnee = 83 mm
Hoogte = 22 cm
3.1.1 Die deursnee van een van die kleurpotlode is 6 mm en die lengte is
16,7 cm. Verifieer, met die nodige berekeninge, dat 39 kleurpotlode in
DRIE van die silindriese houers kan pas. (9)
3.1.2 Die onderwyser pak van die kleurpotlode soos volg in elk van die houers:
3 pienk, 2 swart, 2 pers en 3 oranje potlode. Bereken die waarskynlikheid
dat indien ʼn kleurpotlood uit AL die houers geneem word, sal dit ʼn pers
potlood wees. Gee jou finale antwoord tot DRIE desimale plekke. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2024)
3.2 Uitnodigingskaartjies vir ʼn partytjie is in ʼn reghoekige vorm, met ʼn sirkelfoto van
die verjaarsdagmeisie in die middel van die uitnodigingskaartjie. ʼn Voorbeeld van
die uitnodigingskaartjie word hieronder gegee asook ʼn diagram met afmetings.
Voorbeeld van prentjie van Diagram van uitnodigingskaartjie met
uitnodiging sonder foto afmetings
3.2.1 (a) Bereken die oppervlakte van die reghoekige uitnodigingskaartjie
tot die naaste mm2.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlakte van ʼn reghoek = lengte × breedte (3)
(b) Vervolgens, bereken die oppervlakte van die reghoekige
uitnodigingskaartjie sonder die foto tot die naaste mm2.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlakte van sirkel = π × radius2. Gebruik π = 3,142 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
3.2.2 Een van die gaste koop ʼn geskenk wat in ʼn reghoekige boks verpak is
soos hieronder getoon. Sy moet die geskenkboks met geskenkpapier
toedraai.
Afmetings van die boks is:
Lengte = 38,8 cm
Breedte = 27,5 cm
Hoogte = 30 cm
Bereken die totale oppervlakte in cm2 van die papier wat benodig word
om die geskenkboks mee toe te draai.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Totale oppervlakte van geskenkboks = 2 (lengte × breedte) +
2 (breedte × hoogte) + 2 (lengte × hoogte) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2024)
3.3 Elektrisiteit het ʼn skaars hulpbron in Suid-Afrika geword. Gevolglik ondersoek
die land alternatiewe bronne om elektrisiteit op te wek. Een alternatiewe bron
om elektrisiteit op te wek is ʼn windturbine wat roterende lemme gebruik soos in
die prent en diagram hieronder getoon.
Beeld van windturbine Diagram van windturbine
Die windturbine is bo-op ʼn 50 m hoë toring gemonteer.
Die lengte van elke lem is 31 m.
3.3.1 Bepaal die lengte van die deursnee van die sirkel wat die lemme skep
soos hulle draai. (2)
3.3.2 Bereken die maksimum hoogte vanaf die grond tot by die punt van ʼn lem
as die turbine draai. (2)
3.3.3 Bereken die omtrek van die sirkel wat deur die lemme gemaak word
wanneer dit twee keer draai.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Omtrek = 2 × π × radius, gebruik π = 3,142 (2)
3.3.4 Gestel elke huishouding benodig daagliks 25 kWh elektrisiteit.
As een windturbine daagliks 1 750 kWh elektrisiteit produseer, bereken
hoeveel huishoudings daagliks van elektrisiteit van een so ʼn turbine
voorsien kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 11
3.4 Sandra was haar skottelgoed drie keer daagliks met die hand in TWEE identiese
silindriese wasbakke. Sy gebruik een wasbak om skottelgoed te was en die ander
om dit af te spoel. Elke wasbak het ʼn radius van 30 cm en ʼn diepte van 45 cm,
soos in die diagram hieronder getoon.
Silindriese wasbak met afmetings
Afmetings:
Radius = 30 cm
Hoogte = 45 cm
30 cm
45 cm
Sandra vul elke wasbak tot driekwart (¾) van sy kapasiteit wanneer sy die
skottelgoed was of uitspoel.
Bereken hoeveel water (in liter) sy daagliks sal gebruik om skottelgoed met die
hand te was en af te spoel. (LET WEL: 1 000 cm3 = 1 liter)
Jy mag die volgende formule gebruik:
Volume = π × r2 × h, gebruik π = 3,142 (5)
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 4
4.1 Mnr. en mev. Thana het Vrydag in Phuket, Thailand gaan inkopies doen en daarna
om 15:30 by ʼn hotel aangemeld. Hulle het die volgende Dinsdag om 10:00 van
die hotel vertrek. Hulle het ʼn klein silindriese geskenkboks vir hul dogter gekoop
om haar oorbelle en hare-bykomstighede in te hou, soos hieronder getoon.
d
Afmetings:
Deursnee = 10 cm
Hoogte = 20 cm
LET WEL:
Oppervlakte van ʼn sirkel = 3,142 × radius2
Volume van ʼn silinder = 3,142 × radius2 × hoogte
[Bron: www.google.com]
4.1.1 Verifieer, met die nodige berekeninge dat die aantal ure wat mnr en mev.
Thana in die hotel gebly het, minder as 90 uur was. (5)
4.1.2 Die volume van hul dogter se silindriese geskenkboks is 1 571 cm3 met
ʼn deursnee van 10 cm. Bereken die hoogte van die silindriese
geskenkboks. (4)
4.1.3 Die bo- en onderkant van die silindriese geskenkboks is gemaak van ʼn
spesiale soort hout wat R144,65/m2 kos. Bereken die totale koste van die
hout om die bo- en onderkant van die silindriese geskenkboks te maak,
as die oppervlakte van die bokant 78,55 cm2 is. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 13
4.2 Me. Harker het ʼn bouer gevra om ʼn skaaltekening van ʼn voorgestelde
opknapping aan haar huis te teken. Die vloerplan van die voorgestelde
opknapping word hieronder getoon.
N
4.2.1 Die gemete lengte van die hoofslaapkamer is 3,4 cm. Gebruik die
gegewe skaal om die werklike lengte van die hoofslaapkamer te
bereken. (2)
4.2.2 Wat is die waarskynlikheid om ʼn deur te kies wat na die oostelike kant
oopmaak? (2)
4.2.3 Aangesien die huis in Suid-Afrika geleë is, verduidelik watter kamer
jy dink die meeste son sal kry. (2)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Errata
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2024 Errata

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Addendum