Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP

Question paperMathematical LiteracyGrade 1220249 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, insluitend ʼn antwoordblad. Hosted by https://www.ecexams.co.za
Downloaded from hlayiso.com 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel bestaan uit VIER VRAE. Beantwoord AL die vrae. 2. Begin ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 5. Gebruik die ANTWOORDBLAD aangeheg om VRAAG 3.6 te beantwoord. 6. Jy mag ʼn goed gekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik tensy anders vermeld. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge. 9. Rond jou finale numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Die parkeertariewe by BT Ngebs winkelsentrum in Mthatha word hieronder gegee. Die tarief word per uur of ʼn deel daarvan gehef. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 1: PARKEERTARIEF BY BT NGEBS PARKEERTARIEWE UUR TARIEF 0–1 uur R5,00 1–3 uur R10,00 3–4 uur R15,00 4–5 uur R20,00 5–6 uur R25,00 6 + ure R45,00 Verlore kaartjie R70,00 Oornag R100,00 VRYWARING VAN AANSPREEKLIKHEID Saipark, BT Ngebs-winkelsentrum en/of hul werknemers, agent of subkontrakteurs sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade van watter aard ook al veroorsaak, wat deur die kliënt gely word ten opsigte van enige voertuig of enige goedere wat by Saipark gelaat of gedeponeer word nie, BT Ngebs-winkelsentrum/of hul werknemers, agent, of subkontrakteurs, terwyl sodanige voertuig of goedere op die perseel van BT Ngebs winkelsentrum is, selfs waar die verlies deur die nalatigheid of growwe nalatigheid van Saipark, BT Ngebs-winkelsentrum en/of hul werknemers of subkontrakteurs veroorsaak word. 1.1.1 Skryf die bedrag neer wat ʼn kliënt wat 2,5 uur spandeer, sal betaal. (2) 1.1.2 Definieer die term “deel daarvan” in die gegewe konteks. (2) 1.1.3 Op ʼn Swart Vrydag spesiale aanbod hoef klante slegs 75% van die gewone tarief te betaal. Bereken die bedrag wat deur ʼn kliënt wat 4,25 uur in die winkelsentrum deurbring betaal word. (2) 1.2 Die totale aantal gekwalifiseerde onderwysers in Suid-Afrika in 2022 was 490 993. 68% van die onderwysers is vroulik. 1.2.1 Is die data diskreet of deurlopend? (2) 1.2.2 Skryf die aantal gekwalifiseerde onderwysers in woorde. (2) 1.2.3 Bepaal hoeveel onderwysers manlik is. (3) 1.2.4 Druk die aantal vroulike onderwysers tot die totale aantal gekwalifiseerde onderwysers as ʼn verhouding uit. Skryf jou verhouding in die vorm 1 : … (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2024) 1.3 Kies die toepaslike opsie vir die volgende gegewe stellings. Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer, byvoorbeeld, 1.3.3 E. A – Seker B – Onmoontlik C – Gelyke kans D – Minder waarskynlik 1.3.1 Die waarskynlikheid om ʼn leerder te kies wat Wiskundige Geletterdheid en Wiskunde doen. (2) 1.3.2 Die waarskynlikheid om ʼn belastingbetaler te kies wat al die drie kortings by ʼn plaaslike skool sal ontvang. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 VRAAG 2 Daniel is ʼn 53-jarige man wat ʼn maandelikse bruto salaris van R32 500 verdien. Hy dra elke maand 7,5% van sy salaris tot pensioen by. Hy dra by tot ʼn mediesefonds vir homself, sy vrou en drie kinders. Gebruik die belastingtabel hieronder om die vrae wat volg te beantwoord. TABEL 2: 2023 BELASTINGJAAR (1 MAART 2022 – 28 FEBRUARIE 2023) BELASBARE INKOMSTE BELASTINGKOERSE (R) 1 – 226 000 18% van belasbare inkomste 226 001 – 353 100 40 680 + 26% van belasbare inkomste bo 226 000 353 101 – 488 700 73 726 + 31% van belasbare inkomste bo 353 100 488 701 – 641 400 115 762 + 36% van belasbare inkomste bo 488 700 641 401 – 817 600 170 734 + 39% van belasbare inkomste bo 641 400 817 601 – 1 731 600 239 452 + 41% van belasbare inkomste bo 817 600 1 731 601 en hoër 614 192 + 45% van belasbare inkomste bo 1 731 600 BELASTINGKORTINGS Primêre korting R16 425 Sekondêre korting – 65 jaar en ouer R9 000 Tersiêre korting – 75 jaar en ouer R2 997 MEDIESE BELASTING KREDIETTARIEWE Belastingbetaler R347 per maand Belastingbetaler + eerste afhanklike R694 per maand Elke addisionele afhanklike R234 per maand [Aangepas uit www.sars.gov.za. Toegamg op 10 Januarie 2024 verkry.] 2.1 Bepaal die jaarlikse bydrae tot pensioen. (3) 2.2 Daniel beweer dat sy belasting meer as 15% van sy maandelikse bruto salaris is. Toon, met berekeninge, dat sy stelling GELDIG is of nie. (9) 2.3 Toon hoe R239 452 in belastingkategorie 6 bereken word. (3) 2.4 Daniel het ʼn enkelbedrag ontvang omdat hy 20 jaar by dieselfde maatskappy gewerk het. Die maatskappyreël is om 80% van hul maandelikse bruto salaris aan werknemers toe te ken. Daniel het die bedrag wat hy ontvang het belê in ʼn rekening wat 11,5% p.j. bied, jaarliks saamgestel. Bereken hoeveel hy na drie jaar sal ontvang. (6) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2024) VRAAG 3 Die provinsiale getal kiesers wat na die eerste registrasie in November 2023 aangeteken is, word in die tabel hieronder getoon. Gebruik die tabel om die vrae wat volg, te beantwoord. TABEL 3: PROVINSIALE AANTAL GEREGISTREERDE KIESERS PROVINSIE AANTAL GEREGISTREERDE PERSENTASIE KIESERS Oos-Kaap 3 348 392 12,47 Vrystaat 1 422 384 5,3 Gauteng 6 274 046 23,37 KwaZulu-Natal A 20,76 Mpumalanga 1 965 259 7,32 Noord-Kaap 634 792 2,3 Limpopo 2 714 474 10,11 Noordwes 1 718 340 6,4 Wes-Kaap 3 198 146 B Totaal 26 850 972 100 [Aangepas uit www.elections.org.za. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.] 3.1 Bepaal watter provinsie die minste getal kiesers aangeteken het. (2) 3.2 Daar is twee maniere om die waarde van A te bereken. Gebruik albei metodes om die aantal kiesers wat in KwaZulu-Natal geregistreer is, te bereken en verduidelik waarom die antwoorde verskil. (6) 3.3 Toon dat die persentasie kiesers in die Wes-Kaap 11,91% is. (3) 3.4 Bereken die gemiddelde aantal kiesers in Suid-Afrika per provinsie. (4) 3.5 Bepaal die interkwartielreeks vir die aantal geregistreerde kiesers. (6) 3.6 Gebruik die voorsiene ANTWOORDBLAD om die lyngrafiek vir die persentasie kiesers per provinsie te trek. (4) 3.7 Gee ʼn moontlike rede waarom die aantal geregistreerde kiesers belangrik vir politieke partye is. (2) 3.8 Bepaal die waarskynlikheid, as ʼn desimale, afgerond tot 3 desimale plekke om ʼn geregistreerde kieser wat in die Kaapse provinsie(s) woonagtig is, te kies. (3) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 VRAAG 4 Die wensokkerspan is $7 miljoen in die Afrika-Nasiesbeker (African Cup of Nations) belowe. Die span, insluitend die tegniese personeel, het ʼn totale aantal van 30 lede. Hulle gaan die $7 miljoen gelykop deel. 4.1 4.1.1 Skryf die wengeld in syfers. (2) 4.1.2 Bepaal hoeveel elke lid sal ontvang as hulle die toernooi wen. Rond die antwoord tot die naaste 1 000 af. (3) 4.2 Die Suid-Afrikaanse krieketspan het tot in die halfeindstryd in die Krieketwêreldbeker 2023 deelgeneem. Daar was twee hoofborge uit verskillende lande. Hulle het hul eie geldeenheid gebruik om spelers vir verskillende toekennings te betaal, soos die meeste sesse wat aangeteken is, speler van die wedstryd en speler van die toernooi. Gebruik die wisselkoerse wat hieronder gegee word om die vrae wat volg, te beantwoord. TABEL 4: WISSELKOERS VAN DIE KOOP EN VERKOOP VAN BUITELANDSE VALUTA GELDEENHEID KOOP VERKOOP Amerikaanse dollar $ R19,1305 R18,9739 Britse pond £ R24,3861 R23,9202 4.2.1 Daar word 2,5% kommissie gehef wanneer dit na plaaslike geldeenheid omgeskakel word. Bereken hoeveel in die speler se rekening in Rand gedeponeer sal word as hy $5 000 en £2 000 van die twee hoofborge gekry het. (6) 4.2.2 Gee ʼn moontlike rede waarom daar ʼn verskil tussen die koop en verkoop van buitelandse valuta is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2024) 4.3 Die diagram hieronder toon die uitgawes van die metropolitaanse munisipaliteite van Suid-Afrika in die jaar geëindig 2022. WERKLIKE UITGAWES SOOS OP 31 DESEMBER 2022 Buffelstad; Tshwane-stad; R322 364 Nelson R548 275 Mandelabaai; R254 270 Mangaung; R201 676 Kaapstad; R1 023 970 Ekurhuleni-stad; R1 483 188 Johannesburg-stad; R1 858 467 eThekwini; R668 101 [Aangepas uit www.gov.local-government.gov.za. Toegang op 6 Januarie 2024 verkry.] 4.3.1 Hoeveel provinsies het metropolitaanse munisipaliteite in die land? (2) 4.3.2 Benoem die tipe grafiek wat gebruik is om die werklike uitgawes in die metropolitaanse munisipaliteite van Suid-Afrika voor te stel. (2) 4.3.3 Toon aan dat die waarskynlikheid om ʼn munisipaliteit te kies wat ʼn uitgawe van hoogstens R0,7 miljoen het, 62,5% is. (4) 4.4 Thandi koop en verkoop skryfbehoeftepakkies by skole in haar gemeenskap. Die tabel hieronder toon die koste en inkomste per skryfbehoeftepak. TABEL 5: KOSTE EN INKOMSTE PER PAK Aantal 0 10 20 30 40 50 60 pakke Koste van R6 000 R9 500 R13 000 R16 500 R20 000 R23 500 R27 000 pakke Inkomste van 0 R7 500 R15 000 R22 500 R30 000 R37 500 R45 000 pakke 4.4.1 Definieer die term gelykbreek in die gegewe konteks. (2) 4.4.2 Noem die tipe koste wat R6 000 verteenwoordig. (2) 4.4.3 Bepaal hoeveel pakke Thandi moet verkoop om gelyk te breek. (4) [29] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 ANTWOORDBLAD NAAM VAN LEERDER: ______________________________ GRAAD 12: _________ VRAAG 3.6 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all