Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ʼn addendum met 2 bylaes.
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)



%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 364.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 1.1
BYLAE B vir VRAAG 2.2
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 BYLAE A verteenwoordig die Krugerwildtuin met alle kampe en hekke.
1.1.1 Noem die land langs die Krugerwildtuin soos op die bylae aangedui. (2)
1.1.2 Hoeveel tentkampe word op die kaart gewys? (2)
1.1.3 Hoeveel hekke is op die kaart? (2)
1.1.4 Watter soort kamp is Laer-Sabie? (2)
1.2 Hieronder is ʼn tafeltennis-spaan met afmetings. Gebruik die inligting hieronder om
die vrae wat volg, te beantwoord.
1.2.1 Skryf die hoogte van die spaan in sentimeter. (2)
1.2.2 Wat is die verskil in meter tussen die breedte van die handvatsel van die spaan,
en die breedte van die spaan? (3)
1.2.3 Skryf die hoogte van die spaan tot die breedte van die spaan as ʼn verhouding,
in sy eenvoudigste vorm. (3)
1.3 ʼn Spysenier het ligte versnaperinge vir ʼn tafeltenniswedstryd voorberei en spelers
word toegelaat om te kies, en die keuses is soos volg: ʼn muffin of ʼn toebroodjie met
ʼn Coke, sap of gebottelde water.
1.3.1 Daar is 14 paartjies en sy moet nog 3 pakke ligte versnaperinge voorberei.
Hoeveel ligte versnaperinge sal sy moet voorberei? (2)
1.3.2 Skryf die aantal kombinasie opsies neer waaruit hulle kan kies. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 2
2.1 Die afstandkaart hieronder wys (in km) die afstand tussen dorpe in Suid-Afrika.
Beantwoord die vrae hieronder wat op die afstandkaart gebaseer is.
[Bron: https://www.aroundaboutcars.com/more-info/south-african-road-distances. Toegang op 19
Oktober 2021 verkry.]
2.1.1 Wat is die afstand in meter tussen Oos-Londen en Mafikeng? (3)
2.1.2 ʼn Gesin reis van Kaapstad na Johannesburg en gaan dan na Bloemfontein. Die
gesin beweer die totale afstand wat afgelê is, is 40 km meer as die afstand tussen
Kaapstad en Nelspruit. Bewys met berekeninge of hul eis geldig is of nie. (6)
2.1.3 Bereken die tyd in ure en minute wat hulle sal neem om van Polokwane na Port
Elizabeth te reis as hulle teen ʼn gemiddelde spoed van 105 km/uur ry en twee
pouses van 1 uur 15 minute in totaal het.
Jy mag die formule gebruik: Afstand = Spoed x Tyd (6)
2.2 BYLAE B verteenwoordig die Comrades-marathonroete wat ʼn afstand van 90 km
tussen Durban en Pietermaritzburg is.
2.2.1 Watter tipe skaal word op die kaart gewys? (2)
2.2.2 Gebruik die gegewe skaal om die afstand in meter tussen Hillcrest en Pinetown
te bereken. Rond jou finale antwoord tot die naaste meter af. (4)
2.2.3 Gee die algemene rigting vanaf Camperdown na Westville. (2)
2.2.4 Op die kaart word getoon dat 870 m = 2 850 voet. Bepaal, afgerond tot twee
desimale syfers, dat die omskakelingsfaktor in die vorm van 1 voet = … cm is. (4)
2.2.5 David Vazi het per motor na die Comrades-marathon gedurende 2019 gereis.
Sy petrolverbruik is 10 km per liter. Hy besluit om per vliegtuig van Durban na
Pietermaritzburg te reis. As die petrolprys R16,98 per liter is, bereken die koste
van ʼn retoerreis tussen Polokwane en Durban.
LET WEL: Verwys na die afstandskaart in VRAAG 2.1. (5)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 3
3.1 Tafeltennis is ʼn baie gewilde sport by die Olimpiese Spele. Hieronder is ʼn diagram van
die afmetings van ʼn tafeltennis-tafel.
LET WEL: Die net het ʼn oorhang van 15,25 cm aan beide kante.
3.1.1 Bepaal die lengte van die net in cm. (3)
3.1.2 Bereken die verskil tussen die lengte en breedte van die tafel in mm. (3)
3.1.3 Tafeltennis-spelers soos alle sportspelers is ernstig oor hul fiksheidvlakke.
ʼn Wedstryd het om 10:08 begin en vir 1 uur 58 minute geduur. Hoe laat het die
wedstryd geëindig? (3)
3.1.4 Een van die spelers voer aan dat die hoogte van die tafel vanaf die bodem
(grond) tot by die bokant van die net 60 cm minder is as die breedte van die
tafel. Bewys met berekeninge of sy argument geldig is of nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2022)
3.2 ʼn Wiskundige geletterdheid onderwyseres maak in haar klas onderrighulpmiddels
vir die les-onderwerp oor meting. Sy teken die figure, verf dit en plak dit op die
klaskamermure vas. Die figuur hieronder met afmetings is een van haar
onderrighulpmiddels.
20 cm
120 cm
100 cm 60 cm
20 cm
cm
60 cm
40 cm
3.2.1 ʼn Leerder gebruik ʼn tou om die omtrek van die gekleurde figuur te meet.
Wat is die lengte van die tou wat gebruik word? (3)
3.2.2 Bereken die totale oppervlakte van die figuur in m2.
Jy mag die formule gebruik:
Oppervlakte van ʼn reghoek is = Lengte x Wydte (5)
3.2.3 Sy verf hierdie figuur met twee lae verf en het twee figure vir haar klas
voorberei. As een liter verf 6,2 m2 bedek, bepaal (afgerond tot TWEE
desimale plekke) die aantal liter verf wat benodig word om twee figure te
verf. (5)
3.2.4 Die verkoopsman by die hardewarewinkel het gesê dat een 500 mℓ-blik verf
nie voldoende is om die twee figure heeltemal te verf nie. Verifieer, met die
nodige berekeninge, of sy stelling geldig is. (3)
[29]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
VRAAG 4
Hieronder is ʼn sitplekplan vir ʼn teater.
4.1
4.1.1 Wat is die waarskynlikheid om ʼn sitplek H uit sitplekke in die middelblok te
kies? Gee jou antwoord as ʼn persentasie. (3)
4.1.2 Wat is die sitpleknommer vir ʼn persoon wat aan die regterkant van die verhoog
sit, vierde ry vanaf die verhoog, eerste sitplek vanaf die gang tussen die
middelblok en syblok? (2)
4.1.3 Wat is die totale aantal sitplekke in rye D, E, en H? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2022)
4.2 LMI (Liggaamsmassa-indeks) is ʼn getal wat uit ʼn persoon se gewig en lengte
bereken word. Hoe hoër die LMI, hoe hoër is ʼn persoon se risiko om
gesondheidsprobleme te hê. Vir die berekeninge van LMI kan jy gebruik:
(Hoogte in m)2 x LMI = Gewig in kg
Hieronder is ʼn tabel wat LMI en gesondheidsrisiko’s wat daarmee verband hou toon:
LMI KLASSIFIKASIE GESONDHEIDSRISIKO
<18,5 Ondergewig Minimaal
18,5‒24,9 Normaal Minimaal
25‒29,9 Oorgewig Verhoog
30‒34,9 Vetsugtig Hoog
35‒39,9 Uiters vetsugtig Baie hoog
>40 Sieklike vetsugtig Uiters hoog
4.2.1 Wat is die maksimum LMI vir ʼn oorgewig persoon? (2)
4.2.2 Mary het ʼn gewig van 95 kg en ʼn hoogte van 1,7 m. Sy noem dat haar
gesondheidsrisiko minimaal is. Gebruik ʼn berekening om te verifieer of haar
stelling geldig is. (4)
4.2.3 Wat kan Mary doen om haar gesondheidsrisiko te verbeter? Noem TWEE
lewenstylveranderinge. (4)
[19]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata