Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 630.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC Supplementary Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae aandagtig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Jy mag 'n nieprogrammeerbare/wetenskaplike sakrekenaar en teken-/
wiskundige instrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad verskyn aan die einde van die vraestel.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help.
VRAAG INHOUD PUNTE TYD
1 Meervoudigekeuse-vrae 20 15 minute
2 Veiligheid 10 10 minute
3 Gereedskap en Toerusting 12 10 minute
4 Materiale 13 10 minute
5 Terminologie 30 20 minute
6 Hegtingsmetodes 25 25 minute
7 Kragte 30 30 minute
8 Instandhouding 15 15 minute
9 Stelsels en Beheer 25 25 minute
10 Turbines 20 20 minute
TOTAAL 200 180 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 A.
1.1 Watter veiligheidsmaatreël is op die MIG/MAGS-sweisproses van
toepassing?
A Gebruik altyd 'n vonkaansteker om die brander aan die brand te steek
en nie 'n vuurhoutjie of 'n sigaretaansteker nie.
B Die sweiser is ten volle geïsoleer met stewels en handskoene.
C Maak die silinderkleppe vinnig oop.
D Maak voorsiening vir suurstof- en asetileenlekke. (1)
1.2 Watter hardheidstoetser gebruik 'n staalbal om die hardheid van staal te
bepaal?
A Vickers-toetser
B Rockwell-toetser
C Victor-toetser
D Brinell-toetser (1)
1.3 'n Gasanaliseerder word tydens die brandstofmengsel-instelling van 'n
motorenjin gebruik. Watter EEN van die volgende is die KORREKTE
oorsaak van 'n hoë koolstofmonoksiedlesing?
A Lae kompressie
B Geslyte kleppe
C 'n Verstopte lugfilter
D Geslyte suierringe (1)
1.4 Die funksie van die trektoetser:
A Om die drukspanning en breekstootspanning op 'n stuk materiaal te
bepaal
B Om 'n trekspanning op 'n ondersteunde balk te demonstreer
C Om die defleksie van 'n eenvoudig ondersteunde balk te demonstreer
D Om die trekspanning, breektrekspanning en persentasie verlenging op
'n stuk materiaal te bepaal (1)
1.5 Wanneer koolstofstaal teen 'n eenvormige tempo verhit word, styg die
temperatuur eweredig tot 700 °C. Die temperatuur bly dan vir 'n rukkie
konstant. Hierdie punt staan as die … bekend
A afkoelingspunt
B smeltpunt
C laer kritieke punt
D verhittingspunt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.6 Staal kan verhard en teen 'n temperatuur tussen 885 °C en 925 °C
uitgegloei word. Watter persentasie koolstofinhoud sal hierdie verharding en
uitgloeiing toelaat? Gebruik die yster-koolstof-ewewigsdiagram in
FIGUUR 1.1 hieronder.
1 000
AC3
900 AC3
Temperatuur – °C
800
720 AC1 AC1
700
600
0 0,2 0,4 0,6 0,8 1,0 1,2 1,4
% – Koolstofinhoud
FIGUUR 1.1
A 0,60%
B 0,20%
C 0,80%
D 0,40% (1)
1.7 Noem die gereedskapstuk wat gebruik word om die snybeitel haaks met die
as van die werkstuk op te stel wanneer 'n skroefdraad in die draaibank
gesny word:
A Skroefsteekmeter
B Skroefdraad-ringmaat
C Skroefdraadsetmaat
D Skroefmaat (1)
1.8 Wat is die standaardverhouding van 'n tapse spy?
A 1 in 50
B 1 in 100
C 1 in 150
D 1 in 75 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.9 Watter defek kom as 'n groef direk langs die rande van 'n sweislas in die
moeder-/basismetaal voor?
A Insnyding
B Slakinsluiting
C Poreusheid
D Onvolledige indringing (1)
1.10 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n destruktiewe toets?
A X-straaltoets
B Kleurstofdeurdringingstoets
C Ultrasoniese toets
D Buigtoets (1)
1.11 Drukspanning kan as 'n interne krag in materiaal, wat weerstand bied teen
'n …, gedefinieer word.
A skuiflas
B treklas
C druklas
D lineêre las (1)
1.12 Watter EEN van die volgende stellings omskryf Pascal se wet?
A Die oppervlakte is omgekeerd eweredig aan die druk daarop
uitgeoefen, indien die temperatuur konstant bly.
B Die druk uitgeoefen op die oppervlak van 'n vloeistof in 'n geslote
hidrouliese stelsel word in gelyke mate in alle rigtings oorgedra.
C Die druk is eweredig aan die volume, indien die temperatuur konstant
bly.
D Die volume is omgekeerd eweredig aan die druk daarop uitgeoefen,
indien die temperatuur verhoog. (1)
1.13 Die volgende stelling beskryf 'n voordeel van 'n bandaandrywingstelsel in
vergelyking met 'n rataandrywingstelsel:
A Sterker
B Het geen smering nodig nie
C Verander rigting
D Meer duursaam (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.14 Bereken die vormverandering wanneer 'n trekkrag 'n spanning van 6 MPa in
'n werkstuk veroorsaak. Die materiaal het 'n elastisiteitsmodule van 3 GPa:
A 2 x 103
B 500
C 1,8 x 109
D 2 x 10-3 (1)
1.15 Wat is die samestelling van snyvloeistof?
A Oplosbare olie en water
B Ghries en water
C Enjinolie en water
D Masjienolie en water (1)
1.16 Waarvoor staan die afkorting EBE ('ECU') by voertuigbeheerstelsels?
A Ekonomiese beheereenheid
B Elektroniese beheereenheid
C Elektriese beheereenheid
D Enjinbeheereenheid (1)
1.17 Hoe word die superaanjaer aangedryf?
A Hidrouliese aandrywing
B Gasaandrywing
C Pneumatiese aandrywing
D Meganiese aandrywing (1)
1.18 Tydens 'n gasturbinetoepassing word die hulpkrageenheid beskryf as 'n …
gasturbine ontwerp vir hulpkrag.
A groot
B mediumgrootte
C groter
D klein (1)
1.19 Krag is 'n vektoreenheid wat deur … gekenmerk word.
A slegs grootte
B slegs rigting
C grootte en rigting
D volume en rigting (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.20 Wat stel punt D in FIGUUR 1.2 voor?
D
AB C
SPANNING
E
VORMVERANDERING
FIGUUR 1.2
A Eweredigheidsgrens
B Maksimum vormverandering
C Maksimum spanning
D Elastisiteitsgrens (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1 Alle persoonlike- en omgewingsveiligheidsmaatreëls is reeds nagekom
wanneer 'n vlakslyper gebruik word. Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat
slegs van toepassing is terwyl die vlakslyper gebruik word. (3)
2.2 Gee TWEE redes waarom die drukmeter van 'n hidrouliese pers gereeld
getoets moet word. (2)
2.3 Hoekom is dit belangrik dat die koperpunte van die puntsweiser tydens
gebruik konstant koel gehou moet word? (1)
2.4 Beskryf die posisie van die volgende met betrekking tot die
silinderlekkasietoets:
2.4.1 Slag (1)
2.4.2 Suier (1)
2.4.3 Kleppe (1)
2.5 Teen watter hoek tot die laer moet 'n laertrekker gebruik word? (1)
[10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1 Verduidelik hoe 'n voltmeter en 'n ammeter aan 'n stroombaan gekoppel
word. (2)
3.2 Beskryf die doel van die volgende toetse:
3.2.1 Balkbuigtoets (2)
3.2.2 Silinderlekkasietoets (2)
3.3 Toe Johnny 'n droë kompressietoets uitgevoer het, het die toets getoon dat
die eerste silinder 'n baie lae lesing het. Nadat 'n nat toets uitgevoer is, was
die lesing hoër. Watter afleiding kan Johnny uit die toets maak? (2)
3.4 FIGUUR 3.1 hieronder toon 'n kompressietoetser wat gebruik word om die
druk van 'n silinder te toets. Benoem onderdeel A–D.
A
B
C
D
FIGUUR 3.1 (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 4: MATERIALE
4.1 Noem TWEE eienskappe van elk van die volgende mikroskopiese strukture
van staal:
4.1.1 Ferriet (2)
4.1.2 Perliet (2)
4.2 Bepaal die mikroskopiese struktuur wat die samestelling van yster en
koolstof (ysterkarbied) deur die analise van staal en gietyster die beste
beskryf. (2)
4.3 Die tabel hieronder dui die koolstofinhoud, tipiese gebruike, hitte-
behandeling en eienskappe van staal aan. Skryf die antwoord op
VRAAG 4.3.1, 4.3.2 en 4.3.3 in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOOLSTOF- TIPIESE HITTE-
EIENSKAPPE
INHOUD GEBRUIKE BEHANDELING
Laag
4.3.1 Uitgloeiing Sterk; duursaam
0,1–0,25%
Medium Krukas; tange; Taai; harde
4.3.2
0,25–0,55% skroewedraaiers oppervlak
Hoog Snygereedskap;
Verharding 4.3.3
0,55–1,00% vere; hamers (3)
4.4 Definieer die volgende terme met verwysing na die yster-koolstof-
ewewigsdiagram:
4.4.1 Laer kritieke punt (AC 1 ) (2)
4.4.2 Kritieke temperatuur (2)
[13]
VRAAG 5: TERMINOLOGIE
5.1 Verduidelik stapsgewys hoe 'n metrieke V-skroefdraad met 'n steek van
1,5 mm op 'n senterdraaibank gesny word. (11)
5.2 Bereken die snydiepte van 'n metrieke V-skroefdraad met 'n steek van
2,5 mm wanneer die saamgestelde-beitelslee-metode gebruik word. (3)
5.3 Bereken die eenvoudige indeksering wat nodig is om 'n rat met 82 tande
te sny. (3)
5.4 Die lengte van 'n parallelspy is 102 mm. Bereken:
5.4.1 Die diameter van die as (3)
5.4.2 Die wydte van die spy (3)
5.4.3 Die dikte van die spy (3)
5.5 Toon, met behulp van netjiese benoemde sketse, die verskil tussen
opfreeswerk en klimfreeswerk aan. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 6: HEGTINGSMETODES
6.1 FIGUUR 6.1 toon 'n sweismasjien met verskillende toebehore.
FIGUUR 6.1
6.1.1 Identifiseer die sweismasjien in FIGUUR 6.1. (1)
6.1.2 Benoem onderdeel A–G in FIGUUR 6.1. (7)
6.2 Verduidelik die werkbeginsel van die X-straaltoetstoerusting soos van
toepassing op 'n sweislas. (6)
6.3 Noem DRIE voordele van afgeskermde metaalboogsweiswerk
(MIGS/MAGS). (3)
6.4 Wat is die doel van 'n buigtoets? (2)
6.5 Noem TWEE oorsake van die volgende sweisdefekte:
6.5.1 Onvolledige indringing (2)
6.5.2 Sweiskraters (2)
6.6 Watter TWEE aspekte met betrekking tot sweistegnieke moet tydens
boogsweis in gedagte gehou word? (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 7: KRAGTE
7.1 Vier kragte van 150 N, 210 N, 250 N en 360 N onderskeidelik, soos getoon
in FIGUUR 7.1 hieronder, werk op dieselfde punt in. Bereken die grootte en
die rigting van die ewewigskrag vir hierdie stelsel van kragte.
250 N
210 N
110°
45°
360 N
150 N
FIGUUR 7.1 (15)
7.2 'n Vierkantige staalstaaf, met 100 mm x 100 mm-sye, word aan 'n drukkrag
van 80 kN onderwerp. Bepaal, deur middel van berekeninge, die spanning
in die materiaal. (5)
7.3 Definieer Hooke se wet. (3)
7.4 FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
stutte, A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings word op die
balk uitgeoefen, asook 'n eenvormige verspreide belasting van 50 N/m, oor
die hele linkerhelfte van die balk.
Bepaal, deur middel van berekeninge, die groottes van die reaksies in
stut A en B.
50 N/m eenvormige 400 N 600 N
verspreide belasting
1,5 m 5m 2m 4,5 m
A B
FIGUUR 7.2 (7)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 8: INSTANDHOUDING
8.1 Noem TWEE voordele van 'n snyvloeistof. (2)
8.2 Definieer voorkomende instandhouding. (1)
8.3 Motorvervaardigers beveel aan dat die tydreëlketting van 'n voertuigenjin
elke 90 000 km vervang moet word. Beantwoord die vrae wat volg.
8.3.1 Gee TWEE redes waarom 'n kettingaandrywing bo 'n band-
aandrywing verkies word. (2)
8.3.2 Gee TWEE redes waarom 'n gerekte ketting vervang moet word. (2)
8.3.3 Verduidelik puntsgewys hoe jy die tydreëlketting van 'n enjin sal
verwyder en vervang. (6)
8.4 Waarom is dit wenslik dat enjinolie 'n hoë flitspunt moet hê? (2)
[15]
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER
9.1 FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n ratstelsel wat gebruik word om 'n hysmasjien
te beheer. Die dryfrat het 50 tande en roteer teen 660 r/min. Die tussenrat
wat gebruik word om die draairigting te verander, draai teen 1 000 r/min.
Die gedrewe rat het 60 tande.
Rat C
Rat A
Rat B
Rat-C
Rat-A
Rat-B
Tussenrat
Dryfrat
Gedrewe rat
FIGUUR 9.1
Bepaal, deur middel van berekeninge:
9.1.1 Die getal tande van die tussenrat (3)
9.1.2 Die rotasiefrekwensie van die gedrewe rat in omwentelinge per
sekonde (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
9.2 Die dryfkatrol van 'n bandaandrywingstelsel roteer teen 1 640 r/min. Die
dryfkatrol het 'n diameter van 175 mm en die gedrewe katrol se diameter is
80 mm. Die banddikte is 12 mm.
Neem die banddikte in aanmerking en bepaal, deur middel van berekeninge:
9.2.1 Die rotasiefrekwensie van die gedrewe katrol in revolusies per
sekonde (3)
9.2.2 Die bandspoed van die stelsel (3)
9.3 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om skrootmetaal vir herwinning saam te
pers. Die spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.2
hieronder voorgestel.
Ø 38 mm Ø 150 mm
240 N
Las = ? N
Suier A
Suier B
FIGUUR 9.2
Bepaal, deur middel van berekeninge:
9.3.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in
ewewig is (3)
9.3.2 Die krag uitgeoefen deur suier B (4)
9.4 Beskryf die doel van die voertuigenjin-beheerstelsel. (4)
9.5 Beskryf die doel van die sluitweerremstelsel (ABS). (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 10: TURBINES
10.1 Noem TWEE positiewe invloede wat 'n waterturbine op die omgewing en die
samelewing sal hê. (2)
10.2 Definieer die volgende terme rakende 'n waterturbine:
10.2.1 Soortlike spoed (2)
10.2.2 Vryloopspoed (2)
10.3 Noem die funksie van 'n stoomturbine. (2)
10.4 Noem DRIE tipes stoomturbines. (3)
10.5 Wat is die voordeel van die gebruik van gasturbines op vlootvaartuie? (2)
10.6 Definieer aanjagingsdruk. (2)
10.7 Verduidelik puntsgewys die werking van 'n dubbelskroef-drukaanjaer
('supercharger') (5)
[20]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 1 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 12
1. BANDAANDRYWINGS
πDN
1.1 Bandspoed =
60
π ( D + t )× N
1.2 Bandspoed = (t = banddikte)
60
1.3 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × wydte)
diameter van gedrewe katrol
1.4 Spoedverhouding =
diameter van dryfkatrol
1.5 N 1 D1 = N 2 D2
π( D + d ) ( D − d )2
1.6 Oopbandlengte = + + 2c
2 4c
π( D + d ) ( D + d ) 2
1.7 Gekruisteband lengte = + + 2c
2 4c
2π NT
1.8 Drywing ( P ) =
60
T1
1.9 Verhouding tussen die stywe kant en slap kant =
T2
(T1 − T2 ) π D N
1.10 Drywing (P) = waar T1 = krag in die stywe kant
60
T2 = krag in die slap kant
T1 − T2 = effektiewe krag (Te )
T1
1.11 Wydte =
toelaatbare trekkrag
2. WRYWINGKOPPELAARS
2.1 Wringkrag ( T ) = µWnR
waar µ = wrywingskoëffisiënt
W = totale druk
n = getal wrywingsoppervlakke
R = effektiewe radius
2π NT
2.2 Drywing ( P ) =
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3. SPANNING EN VORMVERANDERING
krag F
3.1 Spanning = of (σ= )
oppervlakte A
verandering in lengte ( ΔL )
3.2 Vormverandering ( ε ) =
oorspronklike lengte ( L )
spanning σ
3.3 Young se modulus ( E ) = of ( )
vormverandering ε
Oppervlakteronde staaf =
πD 2
en Oppervlakteronde pyp =
π D2 − d 2( )
3.4 4 4
Oppervlaktevierkantige staaf = L2 en Oppervlaktevierkantige pyp = L2 − l 2
4. HIDROULIKA
krag ( F )
4.1 Druk ( P ) =
oppervlakte ( A )
4.2 Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte ( l of s )
4.3 Arbeid verrig = krag × afstand
πD 2
4.4 Oppervlakte =
4
F1 F2
4.5 =
A1 A2
5. RATAANDRYWINGS
2π NT
5.1 Drywing ( P ) =
60
produk van die getal tande op gedrewe ratte
5.2 Ratverhouding =
produk van die getal tande op dryfratte
N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
5.3 =
N uitset produk van die getal tande op dryfratte
5.4 Wringkrag = krag × radius
5.5 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
Steeksirkeldiameter ( SSD )
5.6 Module ( m ) =
Getal tande ( T )
5.7 N 1T1 = N 2T2
sirkelsteek ( SS ) × getal tande ( T )
5.8 Steeksirkeldiameter ( SSD ) =
π
5.9 Buitediameter ( BD ) = SSD + 2 module
5.10 Addendum ( a ) = module ( m )
5.11 Dedendum ( b ) = 1,157 m of Dedendum ( b ) = 1,25 m
5.12 Snydiepte ( h ) = 2,157 m of Snydiepte ( h ) = 2,25 m
5.13 Vry ruimte ( c ) = 0,157 m of Vry ruimte ( c ) = 0,25 m
5.14 Sirkelsteek ( SS ) = m × π
6. KATROLAANDRYWINGS
6.1 N 1 D1 = N 2 D2
2π NT
6.2 Drywing ( P ) =
60
diameter van gedrewe katrol
6.3 Spoedverhouding =
diameter van dryfkatrol
7. SPYE
diameter van as
7.1 Wydte van spy =
4
diameter van as
7.2 Dikte van spy =
6
7.3 Lengte van spy = 1,5 × diameter van as
7.4 Tapsheid van spy = 1 : 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
8. HEFBOME
las ( W )
8.1 Meganiese voordeel ( MA ) =
hyskrag ( F )
8.2 Insetbeweging ( IM ) = hyskrag × afstand beweeg deur hyskrag
8.3 Uitsetbeweging ( OM ) = las × afstand beweeg deur las
insetbeweging
8.4 Snelheidsverhouding ( VR ) =
uitsetbeweging
9. SKROEFDRAAD
9.1 Steekdiameter = buitediameter − ½ steek
9.2 Steekomtrek = π × steekdiameter
9.3 Styging = steek × getal beginne
9.4 Hoogte van skroefdraad = 0,866 × steek (P)
9.5 Diepte van skroefdraad = 0,613 × steek (P)
hoogte
9.6 Getal draaie =
styging
10. INDEKSERING
CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR GATSIRKELS IN PLAAT
Gatsirkels
Kant 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Kant 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
40
Indeksering =
n
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Eng)

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum