Skip to content

Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paperMechanical TechnologyGrade 12201422 pages

Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MEGANIESE TEGNOLOGIE NOVEMBER 2014 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies wat op die ANTWOORDEBOEK verskaf word. 2. Lees AL die vrae aandagtig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af. 7. Jy mag 'n nieprogrammeerbare/wetenskaplike sakrekenaar en teken-/ wiskundige instrumente gebruik. 8. Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word. 9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. 'n Formuleblad verskyn aan die einde van die vraestel. 12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help. VRAAG INHOUD PUNTE TYD 1 Meervoudigekeuse-vrae 20 15 minute 2 Veiligheid 10 10 minute 3 Gereedskap en Toerusting 12 10 minute 4 Materiale 13 10 minute 5 Terminologie 30 20 minute 6 Hegtingsmetodes 25 25 minute 7 Kragte 30 30 minute 8 Instandhouding 15 15 minute 9 Stelsels en Beheer 25 25 minute 10 Turbines 20 20minute TOTAAL 200 180 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2014 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 A. 1.1 Watter veiligheidmaatreël is van toepassing op die freesmasjien in terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)? A Skerms kan verwyder word terwyl materiaal gesny word. B Moenie moersleutels of sleutels op roterende dele van 'n masjien los nie. C Maak seker dat die wyserplaat op die dwarsslee op '0' gestel is. D Gebruik die tafel van die freesmasjien as 'n aambeeld. (1) 1.2 Watter EEN van die volgende veiligheidmaatreëls is van toepassing op die silinderlekkasietoetser? A Gebruik water om stof om die vonkprop te verwyder. B Verseker dat die hoogspanningsleiding na die vonkproppe gekoppel is. C Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie. D Oorskry die voorgeskrewe druk in die silinder. (1) 1.3 Wat is die funksie van 'n gasanalisator? A Analiseer inlaatgasse B Analiseer oliegasse C Analiseer brandstofgasse D Analiseer uitlaatgasse (1) 1.4 Watter eienskap van materiaal word met 'n Brinell-toetser getoets? A Treksterkte B Elastisiteit C Hardheid D Brosheid (1) 1.5 Hoe beïnvloed hoë koolstofinhoud die kwaliteit van koolstofstaal? A Maak dit taai B Maak slegs die oppervlak sag C Maak dit maklik om te sweis D Maak dit smeebaar (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2014 NSS 1.6 Watter EEN van die volgende is 'n eienskap van perliet? A Dit is rekbaar B Dit is elasties C Dit is smeebaar D Dit raak bros (1) 1.7 Identifiseer die tipe freesproses wat in FIGUUR 1.1 hieronder getoon word. SNYERS WERKSTUK FIGUUR 1.1 A Vlakfreeswerk B Groepfreeswerk C Syfreeswerk D Koppelfreeswerk (1) 1.8 Watter EEN van die volgende stellings definieer die steek van 'n skroefdraad? A Die afstand vanaf een kruinpunt van 'n skroefdraad na die volgende ooreenstemmende kruinpunt op die skroefdraad B Die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad na 'n punt op die flank C Die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad na die senterlyn D Die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad na 'n punt met ooreenstemmende diepte (1) 1.9 Watter mengsel van trae afskermingsgasse word in die MIGS/MAGS- sweisproses gebruik? A Argon en asetileen B Argon en koolstofdioksied C Argon en monoksied D Argon en helium (1) 1.10 Watter EEN van die volgende sweislastoetsmetodes gebruik klankgolwe? A X-straalinspeksie B Vrybuigtoets C Ultrasoniese toets D Keepbreektoets (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 5 DBE/November 2014 NSS 1.11 Bereken Young se elastisiteitsmodulus vir 'n metaal met 'n vormveranderingswaarde van 2 x 10-3 wat deur spanning van 6 MPa veroorsaak word: A 12 MPa B 3 MPa C 12 GPa D 3 GPa (1) 1.12 Watter EEN van die volgende stellings beskryf Hooke se wet oor spanning in materiale? A Vormverandering is omgekeerd eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie. B Vormverandering is direk eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie. C Vormverandering is omgekeerd eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens oorskry word. D Vormverandering is direk eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens oorskry word. (1) 1.13 Die balk in FIGUUR 1.2 hieronder verkeer in ewewig. Bereken die afstand tussen die steunpunt en die 9 kN-las. 9 kN 3 kN ? mm 600 mm FIGUUR 1.2 A 300 mm B 200 mm C 150 mm D 600 mm (1) 1.14 SAE 80-olie word vir … gebruik. A ratkassmering B enjinsmering C outomatieseratkas-smering D kragstuursmering (1) 1.15 Wat word onder die term viskositeit verstaan met verwysing na vloeistowwe? A Meting van die weerstand teen kook B Meting van die weerstand teen skuiming C Meting van die weerstand teen stolling D Meting van die weerstand teen vloei (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 6 DBE/November 2014 NSS 1.16 Watter EEN van volgende stellings beskryf Boyle se wet oor 'n gegewe massa gas? A Die volume van die gas is omgekeerd eweredig aan die druk op die gas, indien die temperatuur konstant bly. B Die volume van die gas is direk eweredig aan die druk op die gas, indien die temperatuur konstant bly. C Die druk op die gas is direk eweredig aan die volume van die gas, indien die temperatuur konstant bly. D Die volume van die gas is omgekeerd eweredig aan die druk op die gas, indien die temperatuur toeneem. (1) 1.17 'n Voordeel van 'n lugsakstelsel teenoor veiligheidsgordels in 'n motorvoertuig is dat lugsakke ... A baie goedkoper is. B nie deur passasiers geaktiveer hoef te word nie. C ongelukke voorkom. D die binnekant van die voertuig beskerm. (1) 1.18 Traksiebeheer in 'n motorvoertuig dien die volgende doel: A Brandstofverbruik neem toe B Voorkom koppelaarglip C Verminder enjinslytasie D Verhoed wieltolling en -glip (1) 1.19 Watter metode word gebruik om 'n turbo-aanjaer aan te dryf? A Kettingaandrywing B Bandaandrywing C Gasaandrywing D Rataandrywing (1) 1.20 Die DRIE fases van 'n gasturbine: A Inlaatpoort, verkoeling, turbine B Kompressie, ontbranding, stukrag C Kompressie, inlaatpoort, turbine D Verkoeling, inlaatpoort, kompressie (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 7 DBE/November 2014 NSS VRAAG 2: VEILIGHEID 2.1 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer gassilinders hanteer word. (3) 2.2 Waarom is dit noodsaaklik om 'n sweishelm/-skerm tydens boogsweising te gebruik? (1) 2.3 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word voordat jy op 'n senterdraaibank begin werk. (2) 2.4 Wanneer jy 'n gegewe taak op 'n freesmasjien voltooi het, watter veiligheidsaspekte moet jy in ag neem voordat jy die masjien verlaat? (1) 2.5 Wat is die maksimum afstand wat die gereedskaprus vanaf die slypwiel van 'n bankslypmasjien gestel behoort te word? (1) 2.6 'n Gasanalisator word gebruik om die uitlaatgasse van 'n motorvoertuig te ontleed. Waarom is dit belangrik om seker te maak dat daar geen lekplekke in die uitlaatpyp of inlaatspruitstuk is nie? (2) [10] VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING 3.1 Wanneer 'n droë kompressietoets op die eerste silinder van 'n vierslag- vonkontstekingenjin uitgevoer word, is die uitslag baie laag in vergelyking met die enjinspesifikasie. Noem TWEE moontlike oorsake van die lae kompressie in die eerste silinder. (2) 3.2 Die meeste sweismaatskappye gebruik meestal MIGS/MAGS- sweistoerusting vir hulle sweiswerk. 3.2.1 Gee TWEE redes waarom trae gas tydens MIGS/MAGS-sweising gebruik word. (2) 3.2.2 Noem TWEE voordele van MIGS/MAGS-sweising. (2) 3.3 Wanneer 'n silinderkop gemonteer word, moet die klepveer voor installering getoets word. Noem TWEE redes waarom die klepveer getoets moet word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 8 DBE/November 2014 NSS 3.4 FIGUUR 3.1 toon 'n multimeter wat gebruik word om verskillende elektriese komponente en elektriese kringbane te toets. Benoem deel A–D. A B C D FIGUUR 3.1 (4) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 9 DBE/November 2014 NSS VRAAG 4: MATERIALE 4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n yster-koolstof-ewewigsdiagram. Beantwoord die vrae wat volg. 1000 AC3 900 AC3 E Temperatuur (°C) 800 C D 720 AC1 AC1 700 600 A B 0 0,2 0,4 0,6 0,8 1,0 1,2 1,4 % koolstofinhoud FIGUUR 4.1 4.1.1 Benoem deel A–E. (5) 4.1.2 Wat stel die kritieke punt AC 1 voor? (2) 4.2 Noem TWEE kenmerke van elk van die volgende mikroskopiese strukture: 4.2.1 Sementiet (2) 4.2.2 Ferriet (2) 4.3 Verduidelik die samestelling van ousteniet. (2) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 10 DBE/November 2014 NSS VRAAG 5: TERMINOLOGIE 5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n skets van 'n metrieke V-skroefdraad. Benoem deel A–G. E D A B C SENTERLYN G F FIGUUR 5.1 (7) 5.2 Identifiseer die freesproses wat in FIGUUR 5.2 hieronder getoon word. FIGUUR 5.2 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 11 DBE/November 2014 NSS 5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n skets van 'n spygleuf wat met 'n 12 mm wye freessnyer op 'n 48 mm diameter as gesny word. Beantwoord die vrae wat volg. D C E B A FIGUUR 5.3 5.3.1 Identifiseer die snyer wat gebruik word om die spygleuf te sny. (1) 5.3.2 Benoem deel A–E. (5) Bepaal met behulp van berekeninge: 5.3.3 Die wydte van die spy (2) 5.3.4 Die dikte van die spy (2) 5.3.5 Die lengte van die spy (2) 5.3.6 Die afstand tussen die winkelhaak en die kant van die freessnyer wat na die winkelhaak toe wys (3) 5.4 Bereken die indeksering wat nodig is om 'n rat met 14 tande te sny. (4) 5.5 Noem TWEE metodes wat gebruik word om skroefdraad op 'n senterdraaibank te sny. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 12 DBE/November 2014 NSS VRAAG 6: HEGTINGSMETODES 6.1 Gee DRIE redes vir van elk van die volgende sweisdefekte: 6.1.1 Poreusheid (3) 6.1.2 Slakinsluiting (3) 6.2 Verduidelik die prosedure wat gevolg word tydens 'n keepbreektoets op 'n sweislas. (5) 6.3 Verduidelik hoe 'n kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas uitgevoer word om te bepaal of daar eksterne sweisdefekte is. (5) 6.4 Noem TWEE voordele van nievernietigende toetse bo vernietigende toetse soos van toepassing op die toetsing van sweislasse. (2) 6.5 FIGUUR 6.1 hieronder toon die MIG/MAGS-sweisproses. Benoem deel A–G. D E C F B G A FIGUUR 6.1 (7) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 13 DBE/November 2014 NSS VRAAG 7: KRAGTE 7.1 Vier kragte van onderskeidelik 3 kN, 2,1 kN, 2,5 kN en 3,6 kN het dieselfde aangrypingspunt, soos in FIGUUR 7.1 hieronder getoon. 2,5 kN 2,1 kN 90° 60° 3,6 kN 3 kN FIGUUR 7.1 Bepaal deur middel van berekeninge: (WENK: Teken die kragtediagram oor om die horisontale en vertikale komponent van elke krag aan te toon.) 7.1.1 Die som van die horisontale komponente (6) 7.1.2 Die som van die vertikale komponente (6) 7.2 'n Trekkrag van 50 kN word op 'n ronde staaf met 'n diameter van 50 mm en 'n oorspronklike lengte van 3 m uitgeoefen. Bepaal met behulp van berekeninge: 7.2.1 Die spanning in die materiaal (4) 7.2.2 Die vormverandering indien die finale lengte van die staaf 3,005 m is (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 14 DBE/November 2014 NSS 7.3 Wat stel punt A–E in FIGUUR 7.2 hieronder voor? D AB C E SPANNING VORMVERANDERING FIGUUR 7.2 (5) 7.4 FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte, A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings word op die balk uitgeoefen, asook 'n eenvormig verspreide belasting van 100 N/m oor 'n lengte van 6 meter van die balk. 1 400 N 2 500 N 100 N/m 2m 6m 4m A B FIGUUR 7.3 Bepaal, deur berekeninge en die draaimoment-metode te gebruik, die grootte van die reaksies in stut A en B. (6) [30] VRAAG 8: INSTANDHOUDING 8.1 Waar gebruik ons HD-olie (hoogdrukolie) ('EP oil')? (1) 8.2 Waarvoor staan die volgende afkortings met verwysing na olie? 8.2.1 SAE (1) 8.2.2 ATF (1) 8.3 Noem TWEE eienskappe van ghries. (2) 8.4 Noem TWEE maniere om 'n V-bandaandrywing in stand te hou. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 15 DBE/November 2014 NSS 8.5 Gee DRIE redes vir koppelaarglip. (3) 8.6 Die eienaar van 'n ligte motorvoertuig ondervind 'n probleem met die koppelaar wat gly. Noem die komponente van die koppelaar wat vervang moet word om die probleem op te los. (3) 8.7 Noem die gevolg indien die viskositeit van enjinolie wat in 'n vierslagenjin gebruik word, te laag is. (2) [15] VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER 9.1 FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel op die as van 'n elektriese motor. Dryfrat A het 40 tande en kam in met rat B (56 tande) op 'n tussenas. Op hierdie tussenas is nog 'n dryfrat, C (28 tande), wat met 'n rat D (76 tande) op die uitsetas inkam. D = 76T A = 40T Uitsetas Elektriese motor Tussenas C = 28T B = 56T FIGUUR 9.1 Bepaal, deur middel van berekeninge, die rotasiefrekwensie van die elektriese motor indien die uitsetas teen 800 r/min moet roteer. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 16 DBE/November 2014 NSS 9.2 'n Waterpomp moet teen 3 840 r/min vanaf 'n katrol met 'n diameter van 160 mm, wat teen 'n spoed van 1 440 r/min roteer, aangedryf word. Die trekkrag in die stywe kant van die band is 320 N. Die verhouding tussen die trekkrag in die stywe kant tot die trekkrag in die slap kant is 2,5 : 1. NDR = 1 440 r/min DDR = 160 mm NDN = 3 840 r/min DDN = ? mm T2 DRYF- GEDREWE KATROL KATROL T1 = 320 N FIGUUR 9.2 Bepaal deur middel van berekeninge: 9.2.1 Die diameter van die katrol wat op die waterpomp benodig word (3) 9.2.2 Die drywing oorgedra (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 17 DBE/November 2014 NSS 9.3 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om goedere op te lig wanneer dit in trokke gelaai word. Die spesifikasies van die stelsel word in FIGUUR 9.3 hieronder voorgestel. Ø 30 mm Ø 130 mm ?N Las = 2 000 kg Suier A Suier B FIGUUR 9.3 Bepaal die volgende deur middel van berekeninge: 9.3.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer die stelsel in ewewig is (3) 9.3.2 Die krag wat op suier A uitgeoefen moet word (4) 9.4 Beskryf die werking van die enjinbeheerstelsel van 'n motorvoertuig. (4) 9.5 'n Sluitweerremstelsel ('ABS') werk doeltreffend onder sekere omstandighede. Noem hierdie omstandighede wanneer gerem word. (2) [25] VRAAG 10: TURBINES 10.1 Wat is die funksie van 'n stoomturbine? (2) 10.2 Verduidelik die volgende drukaanjaer-terme: 10.2.1 Aanjaagdruk (2) 10.2.2 Digtheidsverhouding (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 18 DBE/November 2014 NSS 10.3 FIGUUR 10.1 hieronder toon 'n waterturbine wat 'n generator aandryf. Beantwoord die vrae wat volg. C B D E A F FIGUUR 10.1 10.3.1 Identifiseer die tipe turbine wat in FIGUUR 10.1 getoon word. (1) 10.3.2 Benoem deel A–F. (6) 10.3.3 Noem DRIE voordele van die turbine in FIGUUR 10.1 hierbo. (3) 10.4 Wat is die doel van die morssluis ('waste gate') wat in 'n turbo-aanjaer gebruik word? (2) 10.5 Waarom word 'n turbo-aangejaagde enjin met 'n olieverkoeler toegerus? (2) [20] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 1 DBE/November 2014 NSS FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 12 1. BANDAANDRYWINGS πDN 1.1 Bandspoed = 60 π ( D + t )× N 1.2 Bandspoed = (t = banddikte) 60 1.3 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × wydte) diameter van gedrewe katrol 1.4 Spoedverhouding = diameter van dryfkatrol 1.5 N 1 D1 = N 2 D2 π( D + d ) ( D − d )2 1.6 Oopbandlengte = + + 2c 2 4c π( D + d ) ( D + d ) 2 1.7 Gekruisteband lengte = + + 2c 2 4c 2π NT 1.8 Drywing ( P ) = 60 T1 1.9 Verhouding tussen die stywe kant en slap kant = T2 (T1 − T2 ) π D N 1.10 Drywing (P) = waar T1 = krag in die stywe kant 60 T2 = krag in die slap kant T1 − T2 = effektiewe krag (Te ) T1 1.11 Wydte = toelaatbare trekkrag 2. WRYWINGKOPPELAARS 2.1 Wringkrag ( T ) = µWnR waar µ = wrywingskoëffisiënt W = totale druk n = getal wrywingsoppervlakke R = effektiewe radius 2π NT 2.2 Drywing ( P ) = 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2014 NSS 3. SPANNING EN VORMVERANDERING krag F 3.1 Spanning = of (σ= ) oppervlakte A verandering in lengte ( ΔL ) 3.2 Vormverandering ( ε ) = oorspronklike lengte ( L ) spanning σ 3.3 Young se modulus ( E ) = of ( ) vormverandering ε 3.4 Oppervlakteronde staaf = πD 2 en Oppervlakteronde pyp = ( π D2 − d 2 ) 4 4 Oppervlaktevierkantige staaf = L2 en Oppervlaktevierkantige pyp = L2 − l 2 4. HIDROULIKA krag ( F ) 4.1 Druk ( P ) = oppervlakte ( A ) 4.2 Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte ( l of s ) 4.3 Arbeid verrig = krag × afstand πD 2 4.4 Oppervlakte = 4 F1 F2 4.5 = A1 A2 5. RATAANDRYWINGS 2π NT 5.1 Drywing ( P ) = 60 produk van die getal tande op gedrewe ratte 5.2 Ratverhouding = produk van die getal tande op dryfratte N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte 5.3 = N uitset produk van die getal tande op dryfratte 5.4 Wringkrag = krag × radius 5.5 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2014 NSS Steeksirkeldiameter ( SSD ) 5.6 Module ( m ) = Getal tande ( T ) 5.7 N 1T1 = N 2T2 sirkelsteek ( SS ) × getal tande ( T ) 5.8 Steeksirkeldiameter ( SSD ) = π 5.9 Buitediameter ( BD ) = SSD + 2 module 5.10 Addendum ( a ) = module ( m ) 5.11 Dedendum ( b ) = 1,157 m of Dedendum ( b ) = 1,25 m 5.12 Snydiepte ( h ) = 2,157 m of Snydiepte ( h ) = 2,25 m 5.13 Vry ruimte ( c ) = 0,157 m of Vry ruimte ( c ) = 0,25 m 5.14 Sirkelsteek ( SS ) = m × π 6. KATROLAANDRYWINGS 6.1 N 1 D1 = N 2 D2 2π NT 6.2 Drywing ( P ) = 60 diameter van gedrewe katrol 6.3 Spoedverhouding = diameter van dryfkatrol 7. SPYE diameter van as 7.1 Wydte van spy = 4 diameter van as 7.2 Dikte van spy = 6 7.3 Lengte van spy = 1,5 × diameter van as 7.4 Tapsheid van spy = 1 : 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2014 NSS 8. HEFBOME las ( W ) 8.1 Meganiese voordeel ( MA ) = hyskrag ( F ) 8.2 Insetbeweging ( IM ) = hyskrag × afstand beweeg deur hyskrag 8.3 Uitsetbeweging ( OM ) = las × afstand beweeg deur las insetbeweging 8.4 Snelheidsverhouding ( VR ) = uitsetbeweging 9. SKROEFDRAAD 9.1 Steekdiameter = buitediameter − ½ steek 9.2 Steekomtrek = π × steekdiameter 9.3 Styging = steek × getal beginne 9.4 Hoogte van skroefdraad = 0,866 × steek (P) 9.5 Diepte van skroefdraad = 0,613 × steek (P) hoogte 9.6 Getal draaie = styging 10. INDEKSERING CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR GATSIRKELS IN PLAAT Gatsirkels Kant 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43 Kant 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66 40 10.1 Indeksering = n Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Mechanical Technology

View all