Skip to content
Practical assessment task

Mechanical Technology PAT GR 12 2016 Afr

Grade 12 Mechanical Technology practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Mechanical TechnologyGrade 12201625 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com MEGANIESE TEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 24 bladsye en 'n 1 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 2 DBE/PAT 2016 NSS INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4 2.1 Administrasie van die PAT 4 2.2 Assessering van die PAT 4 2.3 Moderering van die PAT 5 3. RIGLYNE/INSTRUKSIES VIR DIE LEERDER 5 3.1 Instruksies vir die leerder 5 3.2 Fase 1: Kwartaal 1: Dwarspenhamerkop 5–7 3.3 Fase 2: Kwartaal 2: Motorstut/Bokkie 8–10 3.4 Fase 3: Kwartaal 3: Instandhouding: Kompressie- en silinderlekkasietoetse 11–18 3.5 Fase 4: Kwartaal 1–3: Dwarspenhamersteel 19–20 4. AFWESIGHEID/TAKE NIE INGELEWER NIE 21 5. TYDSBESTEK 21 6. VERKLARING VAN EGTHEID 22 7. BRONNELYS 23 7.1 Verwysings 23 7.2 Toerusting en masjiene 23 7.3 Gereedskap 23 7.4 Materiaallys 24 8. GEVOLGTREKKING 24 BYLAE A: Rubriek (Toleransies) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 3 DBE/PAT 2016 NSS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, MEGANIESE TEGNOLOGIE en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Enige professie vereis dat sy lede grondige kennis in beide teorie en praktyk moet hê, Meganiese Tegnologie is geen uitsondering nie. Daar word beklemtoon dat die doel van die praktiese assesseringstaak nie is om opgeleide ambagsmanne op te lewer nie, maar 'n Meganiese tegnologie-leerder in die breedste sin. 'n Nasie se ware rykdom lê in sy mannekrag en die doel van onderwys/opleiding moet dan wees om die talente van leerders te ontwikkel sodat hulle 'n bydrae tot die welstand van die gemeenskap kan maak deur wetenskaplike en tegnologiese hulpbronne met die grootste effektiwiteit te gebruik en voortgaan om dit te ontwikkel. Om 'n Meganiese Tegnologie-leerder vir een of meer van hierdie aktiwiteite voor te berei, moet sy/haar opleiding die volgende ontwikkel/kweek: • 'n Ingesteldheid/Houding waar die leerder selektief idees kan verwerk, bewyse en feite kan insamel, logiese afleidings kan maak en dit met kreatiwiteit en verbeelding op goeie wyse kan gebruik • 'n Vermoë om idees en inligting duidelik deur middel van spraak, skryf en tekeninge weer te gee • 'n Bereidwilligheid en vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar en uit te voer, om besluite te maak en om deur ervaring te leer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 4 DBE/PAT 2016 NSS So 'n ingesteldheid/houding kan nie alles in 'n klaskamer bereik word nie. 'n Grondige kennis van ingenieurswetenskap is belangrik om die Meganiese Tegnologie-leerder met die nodige praktiese vermoëns vir die verlangde prosesse toe te rus. Daar is nie 'n plaasvervanger vir die gevoel om 'n voorwerp in 'n werkswinkel te maak nie. Opleiding in die kuns om voorwerpe te maak, is die noodsaaklike brug tussen vakteorie en vakpraktyk. Praktiese toepassing in die werkswinkel moet derhalwe 'n interessante en uitdagende ervaring op fisiese en intellektuele vlak wees wat die leerder aanmoedig om sy/haar inisiatief, nuuskierigheid en toegewydheid te gebruik om kennis te bekom. Leer deur toe te kyk moet beperk word. 'n Mate van verantwoordelikheid tydens praktiese toepassing is baie belangrik as 'n prikkel en om selfvertroue te ontwikkel. 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 2.1 Administrasie van die PAT Onderwysers word versoek om kopieë van die onderskeie fases en assesseringskriteria van die PAT-dokument te maak. Hierdie dokumente moet aan die begin van die jaar aan die leerders versprei word. Die praktiese assesseringstaak vir graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern geassesseer. Onderwysers moet sperdatums vir die verskillende fases van die PAT gee (verwys na die KABV-dokument). Op hierdie manier kan die leerders hul eie vordering maklik monitor. Wanneer formele assessering plaasvind, is dit die onderwyser se verantwoordelikheid om dit te administreer. Die PAT (alle fases) moet in die eerste drie kwartale afgehandel word. Die PAT moet onder beheerde omstandighede voltooi word (verwys na die Meganiese Tegnologie-KABV-riglyne, Graad 10–12). 2.2 Assessering van die PAT Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te verseker dat hy/sy op dreef is/vordering maak. Beide formele en informele assessering moet in die verskillende fases waaruit die PAT bestaan, toegepas word. Informele assessering kan slegs toegepas word om die vordering van die fase waarmee die leerders besig is, te monitor. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en dit moet aangeteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 5 DBE/PAT 2016 NSS 2.3 Moderering van die PAT Die fasetake (fase 1–4) saam met die assesseringsvereistes en punte behaal, moet gedurende die moderering van die PAT aan die moderator voorgelê word. Vir modereringsdoeleindes moet die moderator, waar nodig, 'n leerder kan versoek om die funksie en bedryfsbeginsels te verduidelik en ook om die vaardighede wat deur die vermoënstake aangeleer is, te toon. By voltooiing sal die moderator, indien nodig, die punte van die groep opwaarts of afwaarts aanpas afhangende van die besluit wat uit die moderering voortspruit. 3. LEERDERRIGLYNE 3.1 Instruksies vir die leerder • Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit vier fases, een per kwartaal van kwartaal 1 tot 3. Fase 4 moet in die eerste kwartaal begin word en in die derde kwartaal voltooi word. • Alle fases moet voltooi word. In fase 1 moet leerders 'n dwarspenhamerkop maak. Die steel sal in fase 4 vervaardig word (kwartaal 1 tot 3). • Leerders moet aktief aan alle praktiese assesseringstake deelneem. • Leerders wat nie saamwerk nie, sal punte verloor of 'n nulpunt ontvang vir daardie betrokke afdeling van die werk. • Leerders wat onveilig in die werkswinkel optree en ander leerders in gevaar stel, sal uit die werkswinkel verwyder word en addisionele korrektiewe take kry om hulle veiligheidsbewustheid te verbeter. 3.2 Fase 1: Kwartaal 1: Dwarspenhamerkop Die hamersteel word in fase 4 gemaak as gevolg van die beskikbaarheid van masjinerie, bv. te min draaibanke vir die aantal leerders. Dit gee leerders die geleentheid om die hele jaar op die masjinerie te werk. FIGUUR 1: DWARSPENHAMERKOP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 6 DBE/PAT 2016 NSS 3.2.1 Fase 1: Spesifikasies BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID Dwarspen- Enige van die 16 x 16 x 75 mm 1 hamerkop volgende: • Aluminium • Sagtestaal 3.2.2 Fase 1: Gereedskap en toerusting • Handgereedskap • Spiraalboorpunte en tappe ('Twist drill bits and taps') • Staanboor • Freesmasjien 3.2.3 Fase 1: Prosesse • Vyl die kante van die materiaal haaks en merk die gat en die kante af. • Boor die 8,5 mm-gat en tap die gat – M10 x 1,5. • Frees die dwarspengedeelte van die kop. • Vyl die dwarspen en poleer. 3.2.4 Fase 1: Tydsbestek • Aanvangsdatum: Januarie 2016 • Voltooiingsdatum: Maart 2016 3.2.5 Fase 1: Assessering • Puntestaat: TABEL 1 • Rubriek: BYLAE A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 7 DBE/PAT 2016 NSS VAK: MEGANIESE TEGNOLOGIE SKOOL: JAAR: 2016 ONDERWYSER: GR: 12 GETAL LEERDERS: DATUM BEGIN: DATUM VOLTOOI: PROJEK: FASE 1: DWARSPENHAMERKOP BLADSY: VAN NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Vyl een sykant en een 5 kopkant plat Merk die gat vir boorwerk en ook die 10 dwarspenprofiel af Boor en tap die gat vir 10 hamersteelpassing Opstel in freesmasjien 10 Frees die dwarspen 5 Merk die onderkant en kante af en vyl volgens 5 die tekening Afwerking 5 Tyd (-1 vir elke dag laat) TOTAAL 50 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: HANDTEKENING VAN DEPARTEMENTSHOOF: HANDTEKENING VAN HOOF: HANDTEKENING VAN MODERATOR: TABEL 1: PUNTESTAAT: DWARSPENHAMERKOP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 8 DBE/PAT 2016 NSS 3.3 Fase 2: Kwartaal 2: Motorstut/Bokkie ('Motor trestle') As gevolg van die uiteenlopende behoeftes van die leerders en die beskikbaarheid van materiaal en toerusting word die ontwerp van die motorstut aan die leerders en onderwysers oorgelaat. Die materiaallys en gereedskap/ toerusting wat gebruik moet word, moet deur die leerders en verantwoordelike onderwyser geïdentifiseer en beplan word. Die vervaardigingsprosesse moet volgens die fasette in die puntestaat wees. Die volgende voorbeelde word gegee: FIGUUR 2: MOTORSTUT/BOKKIE – VOORBEELD 1 FIGUUR 3: MOTORSTUT / BOKKIE – VOORBEELD 2 (UITSKUIFAANSIG) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 9 DBE/PAT 2016 NSS FIGUUR 4: MOTORSTUT/BOKKIE – VOORBEELD 2 (GEKOMBINEERDE AANSIG) 3.3.1 Fase 2: Gereedskap en toerusting benodig • MIG/MAG-sweismasjien • Boorpers • Spiraalboorpunt ('Twist drill bit') • Bolpenhamer • Senterpons • Ingenieurswinkelhaak • Staalliniaal • Kraspen • Afmerkblou • Hoekslyper • Guillotine • Draadborsel • Vyl • Veiligheidstoerusting 3.3.2 Fase 2: Tydsbestek • Aanvangsdatum: April 2016 • Voltooiingsdatum: Junie 2016 3.3.3 Fase 2: Assessering • Puntestaat: TABEL 2 • Rubriek: BYLAE A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 10 DBE/PAT 2016 NSS VAK: MEGANIESE TEGNOLOGIE SKOOL: JAAR: 2016 ONDERWYSER: GR: 12 AANTAL LEERDERS: DATUM BEGIN: DATUM VOLTOOI: PROJEK: FASE 2: MOTORSTUT BLADSY: VAN NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Berei die materiaal vir 15 die pype voor Boor die gate op 15 die pype Berei die sykante/pote 10 voor Berei die basis voor 10 Hegsweis al 20 die onderdele Buig en hegsweis die bopunt van die 5 verstelbare pyp Permanente sweis van 10 al die items Akkuraatheid en 10 werking Afwerking 5 Tyd (-1 vir elke dag laat) TOTAAL 100 TOTAAL 50 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: HANDTEKENING VAN DEPARTEMENTSHOOF: HANDTEKENING VAN HOOF: HANDTEKENING VAN MODERATOR: TABEL 2: PUNTESTAAT – MOTORSTUT Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 11 DBE/PAT 2016 NSS 3.4 Fase 3: Kwartaal 3: Instandhouding: Kompressie- en silinderlekkasie- toetse 3.4.1 Inleiding Die onderwyser moet aan die leerders verduidelik watter kennis en vaardighede gedurende hierdie fase geassesseer sal word, asook die tyd om hierdie fase te voltooi. Aktiwiteituitkomste: • Leerders pas teoretiese kennis in die praktyk toe • Veiligheid, gereedskap, instandhouding en stelsels en beheer • Korrekte gebruik van gereedskap en toerusting • Gebruik toerusting om lae kompressie of ander foute in die enjinsilinder te diagnoseer LET WEL: • Hierdie take moet onder die toesig van die onderwyser geskied en die leerder moet geassesseer word terwyl hy/sy die take uitgevoer. • Leerders moet op die werkkaart verskaf die vrae beantwoord, bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies terwyl hierdie taak uitgevoer word. 3.4.2 Fase 3: Kompressietoets – vrae • Beantwoord die vrae op WERKKAART 1. 3.4.3 Fase3: Kompressietoets – prosedure: • Gebruik die spesifikasiehandleidings om lesings vir die enjin wat jy gebruik, te bekom. • Doen 'n droëkompressietoets op 'n viersilinder-vierslagpetrolenjin en teken die bevindings op WERKKAART 2 aan. • LET WEL: Die leerder moet redes gee vir sekere aksies wanneer die taak voltooi word en dit aanteken. 3.4.4 Fase 3: Silinderlekkasietoets • Gebruik spesifikasiehandleidings om lesings vir die enjin wat jy gebruik, te bekom. • Voer eksperiment/simulasie uit en teken die bevindings op WERKKAART 3 aan. • LET WEL: Die leerder moet redes gee vir sekere aksies wanneer die taak voltooi word en dit aanteken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 12 DBE/PAT 2016 NSS WERKKAART 1: FASE 3: KOMPRESSIETOETS – VRAE NAAM: EKSAMENNOMMER: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Wat is enjin- 4 kompressie en hoe werk dit? 2. Wat kan die uitwerking 4 van lae en hoë kompressie in 'n enjin wees? 3. Wanneer moet die 4 kompressie in 'n enjin nagegaan word en hoekom? 4. Noem die TWEE 2 kompressietoetse wat op 'n petrolenjin uitgevoer word. 5. Wat is die doel 2 daarvan om olie in die silinder te spuit? TOTAAL – Kompressietoets – vrae 16 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 13 DBE/PAT 2016 NSS WERKKAART 2: FASE 3: KOMPRESSIETOETS – PROSEDURE NAAM: EKSAMENNOMMER: PROSEDURE REDE PUNT TOTAAL Kry enjin op 2 werktemperatuur Draai vonkproppe 2 effens los Watter aksie moet 2 plaasvind voor die vonkproppe verwyder word? Verwyder lugfilter 2 Verwyder HS-draad 2 van spoel Maak versneller 2 volledig oop Doen kompressietoets 4 op elke silinder en teken lesings aan Vergelyk met 2 vervaardiger se spesifikasies Wat is die verskil 2 tussen 'n kompressietoets en 'n silinderlekkasietoets? TOTAAL: Kompressietoets – prosedure 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 14 DBE/PAT 2016 NSS WERKKAART 3: FASE 3: SILINDERLEKKASIETOETS – PROSEDURE NAAM: EKSAMENNOMMER: PROSEDURE REDE PUNT TOTAAL Draai enjin tot 2 BDP nr. 1-silinder ontbrand Koppel lekkasie- 2 toetserpyp aan silinder Maak 2 saamgeperste lug oop Neem lesing van 2 meter Luister by 2 luginlaat Luister by uitlaat 2 Luister by olie- 2 hervulgat TOTAAL – Silinderlekkasietoets – prosedure 14 TOTAAL – Kompressietoets – vrae (WERKKAART 1) 16 TOTAAL – Kompressietoets – prosedure (WERKKAART 2) 20 TOTAAL – Silinderlekkasietoets – prosedure (WERKKAART 3) 14 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 15 DBE/PAT 2016 NSS 3.4.5 Fase 3: Gereedskap en toerusting • Handgereedskap • Viersilinder-, vierslagpetrol en dieselenjin • Kompressietoetser • Silinderlekkasietoetser • Olie en oliekan • Vervaardiger se spesifikasies vir die enjin 3.4.6 Fase 3: Tydsbestek • Aanvangsdatum: Julie 2016 • Voltooiingsdatum: Augustus 2016 3.4.7 Fase 3: Assessering • Puntestaat: TABEL 3, 4 en 5 • Rubriek: BYLAE A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 16 DBE/PAT 2016 NSS VAK: MEGANIESE TEGNOLOGIE SKOOL: JAAR: 2016 ONDERWYSER: GR: 12 AANTAL LEERDERS: DATUM BEGIN: DATUM VOLTOOI: PROJEK: FASE 3: KOMPRESSIETOETS BLADSY: VAN NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 KOMPRESSIETOETS – VRAE Wat is enjinkompressie 4 en hoe werk dit? Wat kan die uitwerking van lae en hoë 4 kompressie in 'n enjin wees? Wanneer moet die kompressie in 'n enjin 4 nagegaan word en hoekom? Noem die TWEE metodes wat gebruik word om 2 kompressietoetse op petrolenjins uit te voer. Wat is die doel daarvan om olie in die silinder 2 te spuit? TOTAAL 16 TABEL 3: PUNTESTAAT: KOMPRESSIETOETS – VRAE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 17 DBE/PAT 2016 NSS NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 KOMPRESSIETOETS – PROSEDURE Kry enjin op 2 werkstemperatuur Draai vonkproppe effens 2 los Watter aksie moet plaasvind voordat die 2 vonkproppe verwyder word? Verwyder lugfilter 2 Verwyder HS-draad 2 van spoel Maak versneller volledig 2 oop Doen kompressietoets op elke silinder en teken 4 lesings aan Vergelyk met vervaardiger se 2 spesifikasies Wat is die verskil tussen 'n kompressietoets en 'n 2 silinderlekkasietoets? TOTAAL 20 TABEL 4: PUNTESTAAT: KOMPRESSIETOETS – PROSEDURE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 18 DBE/PAT 2016 NSS NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 SILINDERLEKKASIE- TOETS – PROSEDURE Draai enjin tot BDP no. 1- 2 silinder ontbrand Koppel lekkasietoetser- 2 pyp aan silinder Maak saamgeperste 2 lug oop Neem lesing van meter 2 Luister by luginlaat 2 Luister by uitlaat 2 Luister by oliehervulgat 2 TOTAAL – PUNTESTAAT 3 14 TOTAAL – PUNTESTAAT 2 20 TOTAAL – PUNTESTAAT 1 16 GROOTTOTAAL 50 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: HANDTEKENING VAN DEPARTEMENTSHOOF: HANDTEKENING VAN HOOF: HANDTEKENING VAN MODERATOR: TABEL 5: PUNTESTAAT: SILINDERLEKKASIETOETS – PROSEDURE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 19 DBE/PAT 2016 NSS 3.5 Fase 4: Dwarspenhamersteel M10 x 1.5 6 ø10 Ø16 16 25 25 25 180 FIGUUR 5: DWARSPENHAMERSTEEL 3.5.1 Fase 4: Spesifikasie BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID Dwarspenhamer- Enige van die Ø16 x 185 mm 1 elk steel volgende: • Aluminium • Sagte staal 3.5.2 Fase 4: Gereedskap en toerusting • Handgereedskap • Spiraalboorpunte ('Twist drill bits') en snyblokke ('dies') • Staanboor • Freesmasjien • Senterdraaibank 3.5.3 Fase 4: Prosesse • Vlak beide kante van die steel • Senterboor beide kante • Draai tot verlangde diameters • Frees heksagoon/seskant op een punt • Kartel, draai taps en sny skroefdraad soos die tekening 3.5.4 Fase 4: Tydsbestek • Aanvangsdatum: Januarie 2016 • Voltooiingsdatum: Augustus 2016 3.5.5 Fase 4: Assessering • Puntestaat: TABEL 6 • Rubriek: BYLAE A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 20 DBE/PAT 2016 NSS VAK: MEGANIESE TEGNOLOGIE SKOOL: JAAR: 2016 ONDERWYSER: GR: 12 AANTAL LEERDERS: DATUM BEGIN: DATUM VOLTOOI: PROJEK: FASE 4 : DWARSPENHAMERSTEEL BLADSY: VAN NAME VAN LEERDERS PUNTE FASETTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Afvlak en senterboor 5 Draai Ø10 mm diameter 15 Bereken draaddiepte 5 M10 x 1,5 Sny M10 x 1,5-draad op 15 senterdraaibank Bereken indeksering 5 Bereken snydiepte 15 Sny heksagoon 10 Kartel handvatsel 10 Sny gleuwe op 10 handvatsel Montering 10 Tyd (-1 vir elke dag laat) TOTAAL 100 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: HANDTEKENING VAN DEPARTEMENTSHOOF: HANDTEKENING VAN HOOF: HANDTEKENING VAN MODERATOR: TABEL 6: PUNTESTAAT – FASE 4: DWARSPENHAMERSTEEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 21 DBE/PAT 2016 NSS 4. AFWESIG/TAKE NIE INGELEWER NIE Indien 'n leerder se praktiese assesseringstaak vir 'n geldige rede onvolledig of onbeskikbaar is, sal die leerder drie weke voor die aanvangsdatum van die finale jaareindeksamen gegee word om die uitstaande taak in te lewer. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal 'n nulpunt aan die leerder vir daardie PAT komponent toegeken word. 'n Leerder se uitslae word as onvolledig beskou indien hy/sy nie enige komponent van die PAT ingedien het nie. Gebaseer op die Hoof van die Assesseringsliggaam se besluit, sal hy/sy nog 'n geleentheid gegun word. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal die punte vir hierdie komponente uitgelaat word en die finale punt vir Meganiese Tegnologie sal aangepas word vir bevorderingsdoeleindes ten opsigte van die voltooide take. 5. TYDGLEUWE Januarie: Fase 1: Begin die vervaardigingstaak (terminologie) Fase 4: Fase 1 (hamerkop) vorm deel van fase 4, maar sal slegs in fase 1 geassesseer word Maart Fase 1: Voltooi die vervaardigingstaak aan die einde van kwartaal 1 April: Fase 2: Begin die sweisstaak (hegting) Fase 4: Projek onder konstruksie Junie: Fase 2: Voltooi die sweisstaak aan die einde van die kwartaal 2 Julie: Fase 3: Begin die instandhoudingstaak Fase 4: Projek onder konstruksie Augustus: Fase 3: Voltooi die instandhoudingstaak aan die einde van kwartaal 3 Fase 4: Voltooi aan die einde van kwartaal 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 22 DBE/PAT 2016 NSS 6. VERKLARING VAN EGTHEID NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN LEERDER: (VOLLE NAME EN VAN) EKSAMENNOMMER: NAAM VAN ONDERWYSER: SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die projek wat vir assessering ingedien is my eie oorspronklike werk is en nie vantevore vir moderering ingedien is nie. ______________________________ ____________ HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM Sover my kennis strek is die verklaring deur die kandidaat hierbo waar en ek aanvaar dat die werk wat aangebied is sy of haar eie is. ________________________________ ____________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 23 DBE/PAT 2016 NSS 7. LYS VAN HULPBRONNE 7.1 Verwysings Goodwin, C, Lategan, A & Meyer, D. 2013. Meganiese Tegnologie Graad 12. Future Managers: Kaapstad 7.2 Toerusting en masjiene • Draaibank • Freesmasjien • Boormasjien • MIG-sweismasjien • Boogsweismasjien • Kragsaag • Slypmasjien • Vierslagpetrolenjin • Guillotine • Hoekslyper • Lugkompressor • Lugspuitpistool • Veiligheidstoerusting 7.3 Gereedskap: • Handgereedskap • Afmerkgereedskap • Kompressietoetser • Silinderlekkasietoetser • Presisiemeetgereedskap (mikrometer; skuifpasser; wyserplaattoetser) • Snytappe en snymoere • Freessnyers • Draaibankgereedskap Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 24 DBE/PAT 2016 NSS 7.4 Materiaallys: HOEVEEL- ITEM NR. BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE HEID 1. Dwarspen- Enige van die 16 x 16 x 75 mm 1 van hamerkop volgende: • Aluminium • Sagte staal 2. Dwarspen- Enige van die Ø16 x 185 mm 1 van hamersteel volgende: • Aluminium • Sagte staal 8. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie DBE/PAT 2016 NSS BYLAE A RUBRIEK (TOLERANSIES) DRAAIWERK VYLWERK FREESWERK Gemeet op Gemeet op TOLERANSIE DIAMETER LENGTE 4 plekke 4 plekke vir plat oppervlakke + 0,03 + 0,09 + 0,09 + 0,09 - 0,03 - 0,09 - 0,09 - 0,09 7 0,03 = 100% 0,09 = 100% 0,09 = 100% 0,09 = 100% 6 0,06 = 80% 0,18 = 80% 0,18 = 80% 0,18 = 80% 5 0,09 = 70% 0,22 = 70% 0,22 = 70% 0,22 = 70% AFWYKING 4 0,12 = 60% 0,27 = 60% 0,27 = 60% 0,27 = 60% 3 0,18 = 40% 0,36 = 40% 0,36 = 40% 0,36 = 40% 2 0,21 = 20% 0,45 = 20% 0,45 = 20% 0,45 = 20% 1 0,24 = 0% 0,54 = 0% 0,54 = 0% 0,54 = 0% Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Mechanical Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Mechanical Technology

View all