Skip to content
Practical assessment task

Mechanical Technology PAT GR 12 2021 (Automotive) Afr

Grade 12 Mechanical Technology practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 47 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Mechanical TechnologyGrade 12202147 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGTAKE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 47 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/PAT 2021 NSS INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. INLEIDING/AGTERGROND 3 2. ONDERWYSERRIGLYNE 4 2.1 Administrasie van die PAT 4 2.2 Assessering van die PAT 4 2.3 Moderering van die PAT 4 2.4 Gevolge van afwesigheid/nie-inlewering van take 4 2.5 Verklaring van Egtheid 5 3. LEERDERRIGLYNE 6 Instruksies aan die leerder 6 4. SPESIALISERING 7 MOTORKUNDE 7 5. GEVOLGTREKKING 47 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/PAT 2021 NSS 1. INLEIDING/AGTERGROND Die 18 Nasionale Kurrikulumverklaringvakke wat 'n praktiese komponent insluit, bevat almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT). Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerswetenskap, Gasvryheidstudie, Toerisme  TEGNOLOGIE: Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp. 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die PAT laat die onderwyser toe om direk en sistematies toegepaste vaardighede waar te neem. Die PAT omvat die toepassing van kennis, vaardighede en waardes van die vak en tel 25% van die totale promosie/sertifiseringspunt uit 400 vir die vak. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Enige professie vereis dat sy lede grondige kennis in beide teorie en praktyk moet hê en MEGANIESE TEGNOLOGIE is geen uitsondering nie. Daar word beklemtoon dat die doel van die praktiese assesseringstaak is om 'n vaardige leerder in elke spesialiseringsveld te lewer. 'n Nasie se ware rykdom lê in sy mannekrag en onderwys wat moet streef om die talente van leerders te ontwikkel sodat hy/sy 'n bydrae tot die welvaart van die gemeenskap kan maak, deur die gebruik en ontwikkeling van wetenskaplike en tegnologiese hulpbronne. Om 'n leerder in MEGANIESE TEGNOLOGIE se spesialiseringsvelde voor te berei, moet op die volgende gefokus word:  'n Gesindheid waar die leerder selektief idees, bewyslewering en feite kan gebruik om logiese afleidings te maak, om dit kreatief met verbeelding aan te wend;  'n Vermoë om idees en inligting deur middel van spraak, skryf, tekeninge en vervaardiging weer te gee en  'n Bereidwilligheid en vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar en uit te oefen, om besluite te neem en om deur ervaring te leer. Hierdie doelwitte kan nie alles in die klaskamer bereik word nie. 'n Grondige kennis van ingenieurswetenskappe is belangrik vir die MEGANIESE TEGNOLOGIE-leerder met die nodige praktiese vermoë toe te rus vir die verlangde prosesse. Praktiese opleiding is die toepassing van die vereiste essensiële vaardighede om die vakteorie en die praktyk in lyn te bring. Praktiese toepassing in die werkswinkel moet derhalwe 'n interessante en 'n uitdagende ondervinding wees om die leerder fisies en intellektueel te ontwikkel. Die leerders moet hul inisiatief, nuuskierigheid en volhoubaarheid om te leer ten toon stel. Die gee van 'n sekere vlak van verantwoordelikheid gedurende praktiese toepassing is belangrik vir die stimulering en ontwikkeling van selfvertroue. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/PAT 2021 NSS 2. ONDERWYSERRIGLYNE 2.1 Administrasie van die PAT Onderwysers word versoek om kopieë van die onderskeie spesialisering-PAT-dokumente te maak. Hierdie dokumente moet aan die begin van die jaar aan die leerders uitgedeel word. Die praktiese assesseringstaak vir Graad 12 word ekstern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer. Onderwysers moet teikendatums vir die verskillende fasette van die PAT aanheg (verwys na die KABV-dokument). Op hierdie manier kan die leerders hul eie vordering monitor. Wanneer formele assessering plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om dit te administreer. Die PAT moet binne die eerste drie kwartale afgehandel word. Die PAT moet onder gekontroleerde omstandighede afgehandel word. (Verwys na Meganiese Tegnologie SPESIALISERING: KABV Graad 10–12.) 2.2 Assessering van die PAT Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om te verseker dat die nodige leiding en ondersteuning aan die leerder gegee word. Beide formele en informele assessering moet toegepas word om die ontwikkeling van die betrokke vaardighede te verseker. Informele assessering kan toegepas word om slegs die vordering van die leerder te monitor. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen en aangeteken word. 2.3 Moderering van die PAT Die take, projek, assesseringsvereistes en puntestate moet gedurende die moderering van die PAT aan die moderator voorgelê word. Die moderator moet 'n leerder kan versoek om die funksies, beginsels en vaardighede te verduidelik tydens die modereringsproses wat aangeleer is. Wanneer die moderering voltooi is, kan die moderator, indien nodig, die punte van die groep op- of af aanpas, afhangende van die besluit wat uit die moderering voortspruit. 2.4. Gevolge van afwesighede/nie-inlewering van take Indien 'n leerder se praktiese assesseringstaak, met 'n geldige rede, nie voltooi of nie beskikbaar is nie, sal die leerder tyd gegee word tot drie weke voor die aanvangsdatum van die finale einde-van-die-jaar-eksamen om die uitstaande taak in te dien. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal 'n nulpunt vir hierdie PAT- komponent aan die leerder toegeken word. 'n Leerder se uitslae word as onvoltooid beskou indien hy/sy nie enige komponent van die PAT ingedien het nie. Gebaseer op die hoof van die assesseringsliggaam se besluit, sal hy/sy 'n volgende kans gegun word. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT- vereiste te voldoen, sal die punte vir daardie komponente uitgelaat word en die finale punt vir Meganiese Tegnologie sal ten opsigte van die voltooide take vir bevorderingsdoeleindes aangepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/PAT 2021 NSS 2.5 Verklaring van Egtheid NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN LEERDER: (VOLLE NAAM/NAME EN VAN) NAAM VAN ONDERWYSER: Ek verklaar hiermee dat die projek wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is en nie vantevore vir moderering ingedien is nie. HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo waar en ek aanvaar dat die werk wat aangebied is, sy/haar eie is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/PAT 2021 NSS 3. LEERDERRIGLYNE Instruksies aan die leerder  Die PAT bestaan uit 'n spesialiseringstaak in Motorkunde. Die praktiese werk word oor die eerste drie kwartale versprei, soos in hierdie dokument uiteengesit. (Sien KABV- dokument.)  Alle take moet volgens die tydraamwerk soos uitgesit in elk van die take, voltooi word.  Leerders word versoek om aktief aan alle praktiese assesseringstake deel te neem.  Leerders wat nie saamwerk nie, sal punte verloor of selfs 'n nulpunt ontvang vir die betrokke afdeling van die werk.  Leerders wat onveilig in die werkswinkel optree en ander leerders in gevaar stel, sal bykomende korrektiewe take opgelê word om hulle veiligheidsbewustheid te verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/PAT 2021 NSS 4. SPESIALISERING MOTORKUNDE Kwartaal: 1 tot 3 Begindatum: Januarie 2021 Voltooiingsdatum: Augustus 2021 INLEIDING:  Hierdie afdeling bestaan uit AGT praktiese take (kies enige VIER van die AGT gegewe take, naamlik): o TAAK 1: Kompressietoets o TAAK 2: Silinderlekkasietoets o TAAK 3: Gasanaliseringstoets o TAAK 4: Wielbalansering o TAAK 5: Laaistelsel o TAAK 6: Verkoelingstelseltoets o TAAK 7: Brandstofstelseltoets o TAAK 8: Meting van enjinkomponente  Dit bestaan ook uit EEN verpligte taak, naamlik: o TAAK 9: Enjins – Klepverstelling LET WEL: VOER ENIGE VIER VAN DIE AGT TAKE UIT. TAAK 9 IS VERPLIGTEND. LET WEL: Getal take = 5 (4 + 1)) Die onderwyser moet aan die leerders verduidelik watter kennis en vaardighede tydens hierdie take geassesseer sal word, asook die tyd om elke taak te voltooi. Aktiwiteitsuitkoms:  Leerders pas teoretiese kennis in die praktyk toe met betrekking tot: o Veiligheid, gereedskap, instandhouding en stelsels en beheer o Korrekte gebruik van gereedskap en toerusting o Gebruik van toerusting om lae kompressie of ander foute in die enjinsilinder te diagnoseer  Hierdie take moet onder die toesig van die onderwyser voltooi word en die leerders moet geassesseer word terwyl hulle die take uitvoer.  Die leerders moet vrae beantwoord, bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies op die gegewe werkkaart, terwyl hulle hierdie take uitvoer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 1: Kompressietoets – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 1.1. TAAK 1: Kompressietoets – Prosedure  Voer die take soos op WERKKAART 1.2 uit.  Gebruik die spesifikasiehandleiding om lesings te bekom vir die enjin wat jy gebruik om die kompressietoets uit te voer.  Voer 'n droë en nat kompressietoets op 'n viersilinder-vierslagpetrolenjin uit en teken die bevindings aan. TAAK 1: Kompressietoets – Gevolgtrekking  Gebruik die bevindings op WERKKAART 1.2 om die gevolgtrekkings op WERKKAART 1.3 aan te teken. LET WEL: Die leerder moet bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies wanneer hy/sy hierdie taak voltooi. TAAK 2: Silinderlekkasietoets – Vrae en Prosedure  Beantwoord die vrae op WERKKAART 2.1 en 2.2. TAAK 2: Silinderlekkasietoets – Prosedure  Voer 'n silinderlekkasietoets op 'n viersilinder-vierslagpetrolenjin uit en teken die bevindings op WERKKAART 2.3 aan. LET WEL: Die leerder moet bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies wanneer hy/sy hierdie taak voltooi. TAAK 3: Gasanaliseringstoets – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 3.1. TAAK 3: Gasanaliseringstoets – Prosedure  Voer die take soos op WERKKAART 3.2 uit.  Gebruik die spesifikasiehandleiding om die lesings te bekom vir die enjin wat jy gebruik om die gasanaliseringstoets uit te voer. TAAK 3: Gasanaliseringstoets – Gevolgtrekking  Teken die bevindings op WERKKAART 3.3 aan. LET WEL: Die leerder moet bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies wanneer hy/sy hierdie taak voltooi. TAAK 4: Wielbalansering – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 4.1. TAAK 4: Wielbalansering – Prosedure  Voer die take soos op WERKKAART 4.2 uit.  Gebruik die wielbalanseerder om die toets uit te voer. TAAK 4: Wielbalansering – Prosedure  Maak gevolgtrekkings en teken die bevindings op WERKKAART 4.3 aan. LET WEL: Die leerder moet bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies wanneer hy/sy hierdie taak voltooi. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 5: Laaistelsel – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 5.1. TAAK 5: Laaistelsel – Prosedure  Voer die laaistelselprosedures op 'n alternator, onderdele, uitmekaar haal, toetsing en aanmekaarsit uit en teken daarna die bevindings op WERKKAART 5.2 aan. LET WEL: Die leerder moet bevindings aanteken en redes gee vir sekere aksies wanneer hy/sy hierdie taak voltooi. TAAK 6: Verkoelingstelseltoets – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 6.1. TAAK 6: Verkoelingstelseltoets – Prosedure  Voer die verkoelertoetsprosedures op 'n verkoelerdop en verkoeler uit, en teken die bevindings op WERKKAART 6.2 aan. TAAK 7: Brandstofstelseltoets – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 7.1. TAAK 7: Brandstofstelseltoets – Prosedure  Voer die brandstofstelseltoetsprosedures op 'n brandstofstelsel uit en teken die bevindings op WERKKAART 7.2 aan. TAAK 8: Meting van enjinkomponente en enjinberekeninge – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 8.1. TAAK 8: Meting van enjinkomponente en enjinberekeninge – Prosedure  Voer die take op WERKKAART 8.2. TAAK 9 (VERPLIGTEND) TAAK 9: Enjins – Kleppe – Vrae  Beantwoord die vrae op WERKKAART 9.1. TAAK 9: Enjins – Kleppe – Prosedure  Voltooi WERKKAART 9.2. VOORSTEL: Doen TWEE take in Kwartaal 1, TWEE take in Kwartaal 2 en die Verpligte Taak in Kwartaal 3. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 1: KOMPRESSIETOETS – VRAE WERKKAART 1.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Verduidelik die term 2 enjinkompressie. 2. Noem DRIE oorsake van 3 lae kompressie in 'n enjin. 3. Noem DRIE uitwerkings van lae kompressie in 'n 3 enjin. 4. Noem TWEE kompressie- toetse wat op 'n 2 binnebrandenjin uitgevoer kan word. 5. Na watter kompressietoets kan die 3 lesing hoër wees, en waarom? 6. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word 2 wanneer jy 'n kompressie- toets uitvoer. TOTAAL – Kompressietoets – vrae 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 1: KOMPRESSIETOETS – PROSEDURE WERKKAART 1.2 NAAM: PROSEDURE REDE PUNT TOTAAL Skakel die enjin aan om 2 werkstemperatuur te kry. Maak om die vonkproppe skoon voordat jy dit 2 verwyder. Verwyder die 4 vonkproppe. Verwyder die lugfilter. 2 Skakel die ontstekingstelsel af; so 2 nie, haal die hs.-draad uit die spoel. Maak die versnellerklep 2 vol oop. Voer die kompressietoets op elke silinder uit om 4 lesings te verkry. 1. 2. Teken die lesings aan. 3. 4. 4 Voer 'n nat kompressie- toets op die silinder met 3 die laagste lesing uit. TOTAAL – Kompressietoets – prosedure 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 1: KOMPRESSIETOETS – GEVOLGTREKKING WERKKAART 1.3 NAAM: Resultate van die silinderkompressietoets wat uitgevoer is: PROSEDURE GEVOLGTREKKING PUNT TOTAAL Nakoming van veiligheidsprosedures 2 tydens die uitvoering van die kompressietoets Moontlike oorsake van drukverskille tussen 4 silinders na die droë kompressietoets Gevolgtrekkings na die 2 nat kompressietoets Vervang vonkproppe, elektriese verbindings en 2 hs.-drade. TOTAAL – Kompressietoets – gevolgtrekking 10 TOTAAL – Kompressietoets – vrae Werkkaart 1.1 15 TOTAAL – Kompressietoets – prosedure Werkkaart 1.2 25 TOTAAL – Kompressietoets – gevolgtrekking Werkkaart 1.3 10 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 2: SILINDERLEKKASIETOETS – VRAE WERKKAART 2.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Wat is die verskil tussen die silinderkompressietoets 2 en die silinderlekkasietoets? 2. Gee 'n rede waarom 'n silinderlekkasietoets op 'n 2 binnebrandenjin uitgevoer word. 3. Noem DRIE oorsake van silinderlekkasies op 'n 3 binnebrandenjin. 4. Hoe sou jy die oorsake van lekkasies op 'n 3 binnebrandenjin bepaal? Noem DRIE prosedures. TOTAAL – Lekkasietoets – vrae 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 2: SILINDERLEKKASIETOETS – PROSEDURE WERKKAART 2.2 NAAM: 1. Voer die silinderlekkasietoets, in die korrekte volgorde, op 'n viersilinder-vierslagpetrolenjin uit. TOTAAL – Lekkasietoets – prosedure 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 2: SILINDERLEKKASIETOETS – PROSEDURE WERKKAART 2.3 NAAM: Resultate van die silinderlekkasietoets uitgevoer: PROSEDURE RESULTAAT PUNT TOTAAL Verkry die 2 silinderkompressiedruk. Verwyder al die 2 vonkproppe. Suier by BDP op 2 kompressieslag Sluit die krukas. 2 Skroef die silinderkoppelslang in die 2 vonkpropgat. Verbind die lekkasie- toetser met die 2 kompressor. Stel die kompressor- 2 reguleerder in. Kalibreer die lekkasie- 2 toetser. Verbind lekkasietoetser met die 2 silinderkoppelslang. Lees die persentasie 2 lekkasie. Bepaal die oorsaak van 2 die lekkasie. TOTAAL – Lekkasietoets – prosedure (Resultate) 20 TOTAAL – Lekkasietoets – vrae Werkkaart 2.1 10 TOTAAL – Lekkasietoets – prosedure Werkkaart 2.2 20 TOTAAL – Lekkasietoets – prosedure (Resultate) Werkkaart 2.3 20 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 16 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 3: GASANALISERING – VRAE WERKKAART 3.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Waarom word 'n gasanaliseerder op 'n 3 binnebrandenjin gebruik? 2. Wanneer is dit nodig om die uitlaatgasse van 'n 2 binnebrandenjin te analiseer? 3. Wat beïnvloed behoorlike en volledige ontbranding onder 5 verskillende werkstoestande? Noem VYF sulke invloede. 4. Noem DRIE moontlike oorsake van hoë CO- 6 lesings. 5. Noem VIER moontlike oorsake van hoë NOX- 4 lesings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 17 DBE/PAT 2021 NSS 6. Gee VIER redes vir hoë 2 CO2-lesings. 7. Gee TWEE redes vir lae 2 O2-lesings. 8. Noem VIER voorsorgmaatreëls wat getref moet word 4 wanneer die gasanaliseerder gebruik word. TOTAAL – Gasanalisering – vrae 28 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 18 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 3: GASANALISERING – PROSEDURE WERKKAART 3.2 NAAM: 1. Voer 'n gasanaliseringstoets op 'n binnebrandenjin uit en volg die korrekte volgorde. TOTAAL – Gasanalisering – prosedure 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 19 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 3: GASANALISERING – RESULTATE WERKKAART 3.3 NAAM: Resultate van die gasanaliseringsprosedure op 'n binnebrandenjin: PROSEDURE RESULTAAT PUNT TOTAAL CO – lesing 2 Gevolgtrekking 2 HC – lesing 2 Gevolgtrekking 2 CO2 – lesing 2 Gevolgtrekking 2 TOTAAL – Gasanalisering – resultate 12 TOTAAL – Gasanalisering – vrae Werkkaart 3.1 28 TOTAAL – Gasanalisering – prosedure Werkkaart 3.2 10 TOTAAL – Gasanalisering – resultate Werkkaart 3.3 12 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 20 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 4: WIELBALANSERING – VRAE WERKKAART 4.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Wat is doel van 3 wielbalansering? 2. Noem DRIE gevolge van ongebalanseerde 3 wiele op 'n motorvoertuig. 3. Waarom is dit nodig dat die wielbalanseer- masjien in 'n goeie 1 werkende toestand moet wees? 4. Wat is die funksies van 3 die wielgewighamer? 5. Noem VIER vooraf- kontroles wat voor 4 wielbalansering uitgevoer moet word. 6. Definieer statiese balans van 'n wiel-en- 2 bandsamestelling. 7. Definieer dinamiese balans van 'n wiel-en- 2 bandsamestelling. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 21 DBE/PAT 2021 NSS A B C 8. FIGUUR 4.1.8 dui verskillende bandslytasietoestande 3 aan. Noem die oorsaak van ELKE toestand. FIGUUR 4.1.8 A– B– C– 9. Noem VIER veiligheidmaatreëls wat uitgevoer moet word 4 wanneer wielbalansering gedoen word. TOTAAL – Wielbalansering – vrae 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 22 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 4: WIELBALANSERING – PROSEDURE WERKKAART 4.2 NAAM: 1. Balanseer 'n wiel-en-bandsamestelling en gebruik die korrekte volgorde. TOTAAL – Wielbalansering – prosedure 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 23 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 4: WIELBALANSERING – RESULTATE WERKKAART 4.3 NAAM: Balansering van 'n wiel-en-bandsamestelling: PROSEDURE RESULTAAT PUNT TOTAAL Toestand van wiel-en- 2 bandsamestelling Gee die lesings van die tekort aan balansering 3 op die wielbalanseerder Prosedure wat volg 3 Finale resultaat 2 TOTAAL – Wielbalansering – resultate 10 TOTAAL – Wielbalansering – vrae Werkkaart 4.1 25 TOTAAL – Wielbalansering – prosedure Werkkaart 4.2 15 TOTAAL – Wielbalansering – resultate Werkkaart 4.3 10 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 24 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 5: LAAISTELSEL – VRAE WERKKAART 5.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Noem die funksie van 2 die alternator. 2. Bespreek die basiese werksbeginsel van die 3 alternator. 3. Noem DRIE metodes om die uitsetfrekwensie 3 van die alternator te verhoog. 4. Noem die funksies van 3 die stator. 5. Benoem onderdele A–C van die rotor in 3 FIGUUR 5.1.5. FIGUUR 5.1.5 A– B– C– Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 25 DBE/PAT 2021 NSS VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 6. Wat is die funksies van 3 die rotorsamestelling? 7. Wat is die funksies van die glipring en borsel- 2 samestelling? 8. Wat is die funksie van 2 die diode? 9. Wat is die funksie van 2 die gelykrigter? 10. Wat is die funksie van 2 die hittedissipeerder? 11. Wat is die doel van die 3 spanningsreguleerder? 12. Wat is die funksie van 2 die kapasitor? TOTAAL – Laaistelsel – vrae 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 26 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 5: LAAISTELSEL – PROSEDURE WERKKAART 5.2 NAAM: FIGUUR 5.2.1 VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL A. B. C. 1. Benoem enige VYF onderdele D. (A–H) van die 5 alternator in E. FIGUUR 5.2.1. F. G. H. 2. Noem VIER veiligheids- maatreëls wat met betrekking tot 4 die laaistelsel nagekom moet word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 27 DBE/PAT 2021 NSS 3. Demonteer, toets en monteer 'n alternator in die korrekte volgorde. (11) TOTAAL – Laaistelsel – prosedure 20 TOTAAL – Laaistelsel – vrae Werkkaart 5.1 30 TOTAAL – Laaistelsel – prosedure Werkkaart 5.2 20 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 28 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 6: VERKOELINGSTELSELTOETS – VRAE WERKKAART 6.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Wat is die funksie van die 2 verkoelingstelsel? 2. Noem die tipe metaal wat vir die vervaardiging van 2 die verkoelerkern en -tenks gebruik word. 3. Noem VIER veiligheidsvereistes om in ag te neem wanneer die 4 verkoelingstelseltoets opgestel word. 4. Noem DRIE vervaardiger- spesifikasies wat vereis word om 'n 3 verkoelingstelseltoets uit te voer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 29 DBE/PAT 2021 NSS 5. Noem die funksie van die 2 termostaat. 6. Wat is die funksie van die verkoelerdop? 2 7. Identifiseer onderdele A–E van die verkoelerdop en 5 verkoelernek in FIGUUR 7.1.6 FIGUUR 7.1.6. A– B– C– D– E– TOTAAL – Verkoelingstelseltoets – vrae 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 30 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 6: VERKOELINGSTELSELTOETS – PROSEDURE WERKKAART 6.2 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Voer 'n verkoelerdruktoets 12 in die korrekte volgorde uit. 2. Voer 'n verkoelerdoptoets 6 uit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 31 DBE/PAT 2021 NSS MOONTLIKE REGSTELLENDE 3. FOUT PUNT TOTAAL OORSAKE MAATREËLS Die hittemeter dui aan dat die enjin oorverhit. Identifiseer SES 12 moontlike foute/oorsake en regstellende maatreëls. TOTAAL – Verkoelingstelsel – prosedure 30 TOTAAL – Verkoelingstelsel – vrae 20 TOTAAL – Verkoelingstelsel – prosedure 30 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 32 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 7: BRANDSTOFSTELSELTOETS – VRAE WERKKAART 7.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Noem die funksie van die 2 brandstofdruktoetser. 2. Noem TWEE tipes 2 brandstofpompe. 3. Noem SES voorkomingsmaatreëls wat gevolg moet word 6 wanneer die brandstofdruktoetser opgestel word. 4. Noem VIER vervaardiger- spesifikasies wat vereis word wanneer 'n 4 brandstoftoets uitgevoer word. 5. Noem die funksie van 'n 2 brandstoffilter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 33 DBE/PAT 2021 NSS REGSTELLENDE FOUT MAATREËL 6. Noem DRIE moontlike foute en hul regstellende 6 maatreëls vir lae brandstofdruk. TOTAAL – Brandstofstelseltoets – vrae 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 34 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 7: BRANDSTOFSTELSELTOETS – PROSEDURE WERKKAART 7.2 NAAM: Voer die brandstofstelseltoets in die korrekte volgorde uit. PROSEDURE GEVOLGTREKKING PUNT TOTAAL Verkry die brandstofdruk- 1 spesifikasies. Verkry die korrekte koppelstuk volgens die pyp- 1 grootte. Plaas die brandstofdruk- toetser stewig aan die brandstoftenk se kant, 2 blokkeer die toetser aan die enjin se kant. Skakel die aansitskakelaar aan en af nadat die volle 2 druk bereik is. Gaan die brandstofdruk op 3 die meter na. Laat die druk vry en koppel ook aan die brandstofpyp 2 aan die enjin se kant. Skakel die aansitskakelaar aan en af nadat die volle 2 druk bereik is. Gaan die brandstofdruk op 2 die meter na. Gaan die reguleerder se 2 vakuumpyp vir nattigheid na. Gaan vir lekkende inspuiters 4 na. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 35 DBE/PAT 2021 NSS Kontroleer die brandstofleweringstempo. Verlig die brandstofdruk van 2 die brandstofstelsel. Ontkoppel die brandstofpyp. 1 Plaas brandstofpyp in 1 maatbeker. Skakel die aansitskakelaar 1 aan. Meet die brandstofleweringsvolume na 2 EEN minuut. TOTAAL – Brandstofstelseltoets – prosedure 28 TOTAAL – Brandstofstelseltoets – vrae Werkkaart 7.1 22 TOTAAL – Brandstofstelseltoets – prosedure Werkkaart 7.2 28 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 36 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 8: METING VAN ENJINKOMPONENTE EN ENJINBEREKENINGE – VRAE WERKKAART 8.1 NAAM: VRAAG ANTWOORD PUNT TOTAAL 1. Verduidelik wat met 2 slagvolume bedoel word. 2. Definieer vryvolume. 2 3. Wat verstaan jy onder die term kompressie- 2 verhouding? 4. Beskryf DRIE metodes waarop die 3 kompressieverhouding in 'n enjin verhoog kan word. 5. Beskryf DRIE metodes waarop die 3 kompressieverhouding in 'n enjin verlaag kan word. TOTAAL – Meting van enjinkomponente – vrae 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 37 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 8: METING VAN ENJINKOMPONENTE EN ENJINBEREKENINGE – PROSEDURE WERKKAART 8.2 NAAM: Meet die silinderboor en krukastap van 'n binnebrandenjin. Beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 8.2.1: ENJINBLOK, KRUKAS EN SUIERSTANG-SAMESTELLING 1. Verkry spesifikasies vir die volgende: KOMPONENT SPESIFIKASIE PUNT TOTAAL 1.1 Grootkop-astap 1 1.2 Hoof-astap 1 1.3 Silinderboordiameter 1 1.4 Slaglengtes 1 1.5 Vry ruimte van laers 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 38 DBE/PAT 2021 NSS 2. Meet hoof-astap Nr._______ Spesifikasie: FIGUUR 8.2.2: HOOF-ASTAP DIMENSIE AFMETING PUNT TOTAAL A1 2 A2 2 B1 2 B2 2 2.1 Ovaliteit: A1 – B1 = 1 A2 – B2 = 1 2.2 Taps: A1 – A2 = 1 B1 – B2 = 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 39 DBE/PAT 2021 NSS 3. Meet silinderboor Nr._______ Spesifikasie: FIGUUR 8.2.3: SILINDERBOOR DIMENSIE AFMETING PUNT TOTAAL A1 2 A2 2 B1 2 B2 2 3.1 Ovaliteit: A1 – B1 = 1 A2 – B2 = 1 3.2 Taps: A1 – A2 = 1 B1 – B2 = 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 40 DBE/PAT 2021 NSS 4. Bereken kompressieverhouding. 4.1 Meet die volgende dimensies soos hieronder gelys: DIMENSIE AFMETING PUNT TOTAAL Slaglengte 2 Boordiameter 2 Gebruik die volgende data om die kompressieverhouding te bereken: 4.2 Slaglengte = 80 mm Boordiameter = 70 mm Vry volume = 35 cm3 2 3 TOTAAL – Meting van enjinkomponente – prosedure 38 TOTAAL – Meting van enjinkomponente – vrae 12 TOTAAL – Meting van enjinkomponente – prosedure 38 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 41 DBE/PAT 2021 NSS DIE VOLGENDE TAAK IS VERPLIGTEND. TAAK 9: ENJINS – KLEPVERSTELLING – VRAE (Viersilinder-SI-enjin) WERKKAART 9.1 NAAM: 1. FIGUUR 9.1.1 toon die klepsamestelling van 'n binnebrandenjin. Beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 9.1.1: KLEPSAMESTELLING 1.1 Benoem onderdele A–D in FIGUUR 9.1.1. A– B– C– D– (4) 1.2 Noem TWEE tipes kleppe wat in die verbrandingskamer van 'n SI-enjin gevind word en noem die funksie van ELK. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 42 DBE/PAT 2021 NSS 2. FIGUUR 9.1.2 dui die nok-/krukas-uitleg van 'n binnebrandenjin aan. Beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 9.1.2 2.1 Identifiseer die tipe aandrywing getoon in FIGUUR 9.1.2. (2) 2.2 Benoem onderdele A–D wat in FIGUUR 9.1.2 aangedui word. A– B– C– D– (4) 2.3 Noem die funksie van deel B in die stelsel wat in FIGUUR 9.1.2 aangedui word. (2) 2.4 Noem TWEE voordele van die tipe aandrywing in FIGUUR 9.1.2. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 43 DBE/PAT 2021 NSS 3. Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot die instelling van die klepspeling. 3.1 Gee die rede waarom die enjin by normale werkstemperatuur moet wees. (2) 3.2 Gee TWEE redes waarom die speling vir elke tipe klep verskil. (2) 3.3 Gee TWEE redes waarom die oppervlakte vir elke tipe klep verskil. (2) 3.4 Noem TWEE skadelike effekte van oormatige klepspeling. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 44 DBE/PAT 2021 NSS 3.5 Noem TWEE effekte op die werkverrigting van 'n SI-enjin indien die klepspeling te klein is. (2) TOTAAL – Enjins – Kleppe – vrae 28 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 45 DBE/PAT 2021 NSS TAAK 9: ENJINS – KLEPVERSTELLING – PROSEDURE (VERPLIGTEND)) WERKKAART 9.2 NAAM: KLEPVERSTELLING Stel die klepspelings op 'n binnebrandenjin terwyl jy die korrekte volgorde van gebeure volg. PROSEDURE RESULTATE PUNT TOTAAL Verkry spesifikasies van speling van inlaatklep en 3 speling van uitlaatklep. Die enjin moet op normale werkstemperatuur wees as 1 dit WARM is. Kies die korrekte meetlemme/voelermaat- 1 lemme daarvolgens. Nommer 1 suier by BDP op 2 die drukslag. Stel silinder 1 se kleppe. 2 Nommer 3 suier by BDP op 2 die drukslag. Stel silinder 3 se kleppe. 2 Nommer 4 suier by BDP op 2 die drukslag. Stel silinder 4 se kleppe. 2 Nommer 2 suier by BDP op 2 die drukslag. Stel silinder 2 se kleppe. 2 Tipe krukas/nokas- 1 aandrywing TOTAAL – Enjins – Kleppe – prosedure 22 TOTAAL – Enjins – Kleppe – vrae Werkkaart 9.1 28 TOTAAL – Enjins – Kleppe – prosedure Werkkaart 9.2 22 GROOTTOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 46 DBE/PAT 2021 NSS MEGANIESE TEGNOLOGIE MOTORKUNDE PUNTESTAAT GRAAD 12 DATUM LEERDERS PUNTE TAKE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 KOMPRESSIE- TOETS 50 TAAK 1 SILINDER- LEKKASIETOETS 50 TAAK 2 GAS- ANALISERINGS- 50 TOETS TAAK 3 WIEL- BALANSERING 50 TAAK 4 LAAISTELSEL 50 TAAK 5 VERKOELING- STELSELTOETS 50 TAAK 6 BRANDSTOF- STELSELTOETS 50 TAAK 7 METING VAN ENJIN 50 TAAK 8 ENJINS – KLEPPE 50 TAAK 9 GROOTTOTAAL 250 FINALE PAT-PUNT 100 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN VAKHOOF HANDTEKENING VAN MODERATOR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Motorkunde 47 DBE/PAT 2021 NSS 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Mechanical Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Mechanical Technology

View all