Skip to content
Practical assessment task

Mechanical Technology PAT GR 12 2021 (Welding and Metalwork) Afr

Grade 12 Mechanical Technology practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Mechanical TechnologyGrade 12202122 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGTAKE GRADE 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 2 DBE/PAT 2021 NSS INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. INLEIDING/AGTERGROND 3 2. ONDERWYSERRIGLYNE 4 2.1 Administrasie van die PAT 4 2.2 Assessering van die PAT 4 2.3 Moderering van die PAT 4 2.4 Gevolge van afwesigheid/nie-inlewering van take 4 2.5 Verklaring van Egtheid 5 3. LEERDERRIGLYNE 6 Instruksies aan die leerder 6 4. SPESIALISERING 7 SWEIS- EN METAALWERK 7 5. GEVOLGTREKKING 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 3 DBE/PAT 2021 NSS 1. INLEIDING/AGTERGROND Die 18 Nasionale Kurrikulumverklaringvakke wat 'n praktiese komponent insluit, bevat almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT). Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerswetenskap, Gasvryheidstudie, Toerisme  TEGNOLOGIE: Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp. 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die PAT laat die onderwyser toe om direk en sistematies toegepaste vaardighede waar te neem. Die PAT omvat die toepassing van kennis, vaardighede en waardes van die vak en tel 25% van die totale promosie/sertifiseringspunt uit 400 vir die vak. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Enige professie vereis dat sy lede grondige kennis in beide teorie en praktyk moet hê en MEGANIESE TEGNOLOGIE is geen uitsondering nie. Daar word beklemtoon dat die doel van die praktiese assesseringstaak is om 'n vaardige leerder in elke spesialiseringsveld te lewer. 'n Nasie se ware rykdom lê in sy mannekrag en onderwys wat moet streef om die talente van leerders te ontwikkel sodat hy/sy 'n bydrae tot die welvaart van die gemeenskap kan maak, deur die gebruik en ontwikkeling van wetenskaplike en tegnologiese hulpbronne. Om 'n leerder in MEGANIESE TEGNOLOGIE se spesialiseringsvelde voor te berei, moet op die volgende gefokus word:  'n Gesindheid waar die leerder selektief idees, bewyslewering en feite kan gebruik om logiese afleidings te maak, om dit kreatief met verbeelding aan te wend;  'n Vermoë om idees en inligting deur middel van spraak, skryf, tekeninge en vervaardiging weer te gee en  'n Bereidwilligheid en vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar en uit te oefen, om besluite te neem en om deur ervaring te leer. Hierdie doelwitte kan nie alles in die klaskamer bereik word nie. 'n Grondige kennis van ingenieurswetenskappe is belangrik vir die MEGANIESE TEGNOLOGIE-leerder met die nodige praktiese vermoë toe te rus vir die verlangde prosesse. Praktiese opleiding is die toepassing van die vereiste essensiële vaardighede om die vakteorie en die praktyk in lyn te bring. Praktiese toepassing in die werkswinkel moet derhalwe 'n interessante en 'n uitdagende ondervinding wees om die leerder fisies en intellektueel te ontwikkel. Die leerders moet hul inisiatief, nuuskierigheid en volhoubaarheid om te leer ten toon stel. Die gee van 'n sekere vlak van verantwoordelikheid gedurende praktiese toepassing is belangrik vir die stimulering en ontwikkeling van selfvertroue. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 4 DBE/PAT 2021 NSS 2. ONDERWYSERRIGLYNE 2.1 Administrasie van die PAT Onderwysers word versoek om kopieë van die onderskeie spesialisering-PAT-dokumente te maak. Hierdie dokumente moet aan die begin van die jaar aan die leerders uitgedeel word. Die praktiese assesseringstaak vir Graad 12 word ekstern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer. Onderwysers moet teikendatums vir die verskillende fasette van die PAT aanheg (verwys na die KABV-dokument). Op hierdie manier kan die leerders hul eie vordering monitor. Wanneer formele assessering plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om dit te administreer. Die PAT moet binne die eerste drie kwartale afgehandel word. Die PAT moet onder gekontroleerde omstandighede afgehandel word. (Verwys na Meganiese Tegnologie SPESIALISERING: KABV Graad 10–12.) 2.2 Assessering van die PAT Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om te verseker dat die nodige leiding en ondersteuning aan die leerder gegee word. Beide formele en informele assessering moet toegepas word om die ontwikkeling van die betrokke vaardighede te verseker. Informele assessering kan toegepas word om slegs die vordering van die leerder te monitor. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen en aangeteken word. 2.3 Moderering van die PAT Die take, projek, assesseringsvereistes en puntestate moet gedurende die moderering van die PAT aan die moderator voorgelê word. Die moderator moet 'n leerder kan versoek om die funksies, beginsels en vaardighede te verduidelik tydens die modereringsproses wat aangeleer is. Wanneer die moderering voltooi is, kan die moderator, indien nodig, die punte van die groep op- of af aanpas, afhangende van die besluit wat uit die moderering voortspruit. 2.4. Gevolge van afwesighede/nie-inlewering van take Indien 'n leerder se praktiese assesseringstaak, met 'n geldige rede, nie voltooi of nie beskikbaar is nie, sal die leerder tyd gegee word tot drie weke voor die aanvangsdatum van die finale einde- van-die-jaar-eksamen om die uitstaande taak in te dien. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal 'n nulpunt vir hierdie PAT-komponent aan die leerder toegeken word. 'n Leerder se uitslae word as onvoltooid beskou indien hy/sy nie enige komponent van die PAT ingedien het nie. Gebaseer op die hoof van die assesseringsliggaam se besluit, sal hy/sy 'n volgende kans gegun word. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal die punte vir daardie komponente uitgelaat word en die finale punt vir Meganiese Tegnologie sal ten opsigte van die voltooide take vir bevorderingsdoeleindes aangepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 5 DBE/PAT 2021 NSS 2.5 Verklaring van Egtheid NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN LEERDER: (VOLLE NAAM/NAME EN VAN) NAAM VAN ONDERWYSER: Ek verklaar hiermee dat die projek wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is en nie vantevore vir moderering ingedien is nie. HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo waar en ek aanvaar dat die werk wat aangebied is, sy/haar eie is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 6 DBE/PAT 2021 NSS 3. LEERDERRIGLYNE Instruksies aan die leerder  Die PAT bestaan uit 'n spesialiseringstaak in Sweis- en Metaalwerk. Die praktiese werk word oor die eerste drie kwartale versprei, soos in hierdie dokument uiteengesit. (Sien KABV- dokument.)  Alle take moet volgens die tydraamwerk soos uitgesit in elk van die take, voltooi word.  Leerders word versoek om aktief aan alle praktiese assesseringstake deel te neem.  Leerders wat nie saamwerk nie, sal punte verloor of selfs 'n nulpunt ontvang vir die betrokke afdeling van die werk.  Leerders wat onveilig in die werkswinkel optree en ander leerders in gevaar stel, sal bykomende korrektiewe take opgelê word om hulle veiligheidsbewustheid te verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 7 DBE/PAT 2021 NSS 4. SPESIALISERING SWEIS- EN METAALWERK Kwartaal: 1 tot 3 Begindatum: Januarie 2021 Voltooiingsdatum: Augustus 2021 Volg die volgende kriteria en standaarde:  Die ontwerp van die ingeboude braai word in gegewe figure getoon.  Afmetings kan volgens persoonlike vereistes verander word, maar nie die ontwerp nie.  Die wydte, hoogte en diepte van die braai kan verander word.  Hou bekostigbaarheid in gedagte. (Standaardafmetings van plaatmetaal)  Die skoorsteenkap is volgens eie ontwerp. Maak tekeninge en maatvorms.  Alle afmetings moet binne ±2 mm van die vereiste afmetings wees.  Gereedskap en toerusting moet NIE beskadig word NIE.  Alle toepaslike veiligheidsmaatreëls moet nagekom word.  Alle slak moet van die sweislasse verwyder word.  Nadat alle afmetings uitgemerk is, moet punte aangeteken word.  Alle rande moet baardvry wees.  Die projek moet goed voorgelê word. BRONNE BENODIG VIR DIE PAT: KOMPONENTE MATERIAAL MATES HOEVEELHEDE Bene 2 mm plaatmetaal 200 x 50 4 Basis 2 mm plaatmetaal 400 x 300 1 Agterkant en sye 2 mm plaatmetaal 1 000 x 400 1 Vuurroosterstutte 2 mm plat staaf/ 300 x 20 x 20 4 hoekyster Aspan 2 mm plaatmetaal 430 x 320 1 1,6 mm gestrekte Vuurrooster 390 x 280 1 metaal ('mesh') 6 mm ronde staaf/ Vuurroosterraam ± 1 400 1 10 mm plat staaf Oorgangstuk 2 mm plaatmetaal Volgens maatvorm 1 Skoorsteen 2 mm plaatmetaal 150 x 400 4 Skoorsteenkap 0,8–2 mm plaatmetaal Eie ontwerp 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 8 DBE/PAT 2021 NSS FIGUUR 1 toon die ingeboude braai. FIGUUR 1: INGEBOUDE BRAAI Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 9 DBE/PAT 2021 NSS FIGURE 2, 3 en 4 toon die herd (dop), roosterstutte en pote. 400 FIGUUR 2: HERD (DOP) MET ROOSTERSTUTTE EN POTE FIGUUR 3: ROOSTERSTUT FIGUUR 4: POTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 10 DBE/PAT 2021 NSS MEGANIESE TEGNOLOGIE SWEIS- EN METAALWERK PUNTESTAAT – HERD (DOP), ROOSTERSTUTTE, ROOSTER, POTE EN ASPAN GRAAD 12 DATUM PROJEK INGEBOUDE BRAAI LEERDERS PUNTE FASETTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Dop: sny- en buigwerk 15 Dop- en basissweiswerk 15 Stutte: sny- en 10 sweiswerk Poot: snywerk 10 Poot: buig- en sweiswerk 10 Rooster: sny- en 15 sweiswerk Aspan: sny- en buigwerk 15 Aspan: sweiswerk 10 TOTAAL 100 VERWERK 50 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN VAKHOOF HANDTEKENING VAN MODERATOR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 11 DBE/PAT 2021 NSS FIGURE 5 en 6 toon die braairooster en aspan. 280 390 FIGUUR 5: BRAAIROOSTER 320 430 FIGUUR 6: ASPAN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 12 DBE/PAT 2021 NSS FIGURE 7 en 8 toon die oorgangstuk. 200 75 300 150 75 125 150 125 FIGUUR 7: OORGANGSTUK FIGUUR 8: ISOMETRIESE OORGANGSTUK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 13 DBE/PAT 2021 NSS FIGUUR 9 toon die skoorsteen. FIGUUR 9: SKOORSTEEN-ONTWIKKELING Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 14 DBE/PAT 2021 NSS OORGANG: BEREKENINGE Doen al die nodige berekeninge vir die oorgangstuk en maak 'n templaat. (15) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 15 DBE/PAT 2021 NSS MEGANIESE TEGNOLOGIE SWEIS- EN METAALWERK PUNTESTAAT – OORGANGSTUK EN SKOORSTEEN GRAAD 12 DATUM PROJEK INGEBOUDE BRAAI LEERDERS PUNTE FASETTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Oorgangstuktemplaat se 15 berekeninge Templaat skets op 15 karton Oorgang se uitmerk en 15 uitsny Oorgang-las 15 Skoorsteen: snywerk en 15 sweiswerk Skoorsteen: inlas by 15 oorgang Samestelling van skoorsteen, oorgang en 10 herd (dop) TOTAAL 100 VERWERK 50 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN VAKHOOF HANDTEKENING VAN MODERATOR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 16 DBE/PAT 2021 NSS SKOORSTEENKAP Kriteria vir die skoorsteenkap:  Ontwerp 'n skoorsteenkap wat bo-op die skoorsteen pas vir beskerming en om te voorkom dat voorwerpe in die skoorsteen afval.  Die skoorsteenkap-ontwerp moet op die keëlontwikkelingsbeginsels gebaseer wees. BESKRYWING MATERIAAL Skoorsteenkap 0,8–2 mm plaatmetaal 4 x stutte 2 mm plaatmetaal FIGUUR 10 toon voorbeelde van skoorsteenkappe. FIGUUR 10: SKOORSTEENKAPPE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 17 DBE/PAT 2021 NSS NAAM: 2. Sweis – Skoorsteenkap: 2.1 Teken netjiese vryhandsketse van TWEE moontlike opsies vir die skoorsteenkap. OPSIE 1 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 18 DBE/PAT 2021 NSS OPSIE 2 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 19 DBE/PAT 2021 NSS 2.2 Kies die opsie wat jy gaan gebruik en motiveer jou keuse. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 20 DBE/PAT 2021 NSS MEGANIESE TEGNOLOGIE SWEIS- EN METAALWERK PUNTESTAAT – SKOORSTEENKAP (EIE ONTWERP) GRAAD 12 DATUM PROJEK INGEBOUDE BRAAI LEERDERS PUNTE FASETTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Tekeninge 15 (Eie ontwerp) Ontwikkeling van 15 skoorsteenkap Maatvorm/Templaat 10 Heg van kap aan 10 skoorsteen TOTAAL 50 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN VAKHOOF HANDTEKENING VAN MODERATOR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 21 DBE/PAT 2021 NSS MEGANIESE TEGNOLOGIE SWEIS- EN METAALWERK PUNTESTAAT – SAMESTELLING EN TOTALE GRAAD 12 DATUM PROJEK INGEBOUDE BRAAI LEERDERS PUNTE FASETTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Dop, roosterstutte, rooster, pote en 100 aspan Oorgangstuk en 100 skoorsteen Skoorsteenkap 50 TOTAAL 250 TOTALE PAT-PUNT 100 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER HANDTEKENING VAN VAKHOOF HANDTEKENING VAN MODERATOR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 22 DBE/PAT 2021 NSS 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Mechanical Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Mechanical Technology

View all