Downloaded from hlayiso.com
MEGANIESE TEGNOLOGIE
(MOTORKUNDE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGTAKE (PAT)
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 42 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
%20MG%20Eng--b8312fc4-1011-4937-9064-e8f6e98e0522/v1-4e35b18b278ef13f27db/card.webp)
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)



%20MEMO%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--7f4dc60c-5288-4a1e-b8b0-d1750f26c19f/v1-8c4fd157b15dbe2fd703/card.webp)
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afrikaans_hlayiso.com_--f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f/v1-60c224a1f4f80b992ccd/card.webp)
View all%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--f03288e3-d3c2-4c65-a019-d4693dd07869/v1-b380482b98e169026524/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--50e6656e-8501-472e-91a3-2266ca02468e/v1-e46de5ee84c6eb3e8e36/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--1523a16f-2012-4f13-a922-86cbb5900666/v1-5068227f3cbbba17b78f/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1/v1-28cf2259fca9bcde2f63/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826/v1-b299996dbfd99aec246f/card.webp)
Mechanical Technology PAT GR 12 2022 (Automotive) Afr
Grade 12 Mechanical Technology practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 42 pages. Read online or get the free PDF download.
Mechanical Technology · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 42 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 42
- File size
- 758.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 42
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/PAT 2022
NSS
INHOUDSOPGAWE
BLADSY
1. INLEIDING/AGTERGROND 3
2. ONDERWYSERRIGLYNE 4
2.1 Administrasie van PAT 4
2.2 Assessering van PAT 4
2.3 Moderering van PAT 4
2.4 Gevolge van afwesigheid/nie-inlewering van take 4
2.5 Verklaring van Egtheid 5
3. LEERDERRIGLYNE 6
Instruksies aan die leerder 6
4. SPESIALISERING 7
MOTORKUNDE 7
TAAK 1: Druk- en silinderlekkasietoets (VERPLIGTEND) 9
TAAK 2: Gasanaliseringstoets 16
TAAK 3: Wielbalansering 21
TAAK 4: Laaistelsel 25
TAAK 5: Brandstofdruktoets 27
TAAK 6: Meet enjinkomponente 30
TAAK 7: Gerekenariseerde diagnostiese skandeerder 36
5. OPSOMMENDE PUNTESTAAT – TOTALE 39
6. BYLAE A 40
7. GEVOLGTREKKING 42
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/PAT 2022
NSS
1. INLEIDING/AGTERGROND
Die 18 Nasionale Kurrikulumverklaringvakke wat 'n praktiese komponent insluit, bevat almal 'n
praktiese assesseringstaak (PAT). Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerswetenskap, Gasvryheidstudie, Toerisme
TEGNOLOGIE: Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie
en Ingenieursgrafika en -ontwerp.
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle
leerders ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die
eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek
wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis
gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van
vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie.
Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne
die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae
ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die PAT laat die onderwyser toe om direk en sistematies toegepaste vaardighede waar te neem.
Die PAT omvat die toepassing van kennis, vaardighede en waardes van die vak en tel 25% van
die totale promosie/sertifiseringspunt uit 400 vir die vak.
Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer.
Enige professie vereis dat sy lede grondige kennis in beide teorie en praktyk moet hê en
MEGANIESE TEGNOLOGIE is geen uitsondering nie. Daar word beklemtoon dat die doel van die
praktiese assesseringstaak is om 'n vaardige leerder in elke spesialiseringsveld te lewer. 'n Nasie
se ware rykdom lê in sy mannekrag en onderwys wat moet streef om die talente van leerders te
ontwikkel sodat hy/sy 'n bydrae tot die welvaart van die gemeenskap kan maak, deur die gebruik
en ontwikkeling van wetenskaplike en tegnologiese hulpbronne.
Om 'n leerder in MEGANIESE TEGNOLOGIE se spesialiseringsvelde voor te berei, moet op die
volgende gefokus word:
'n Gesindheid waar die leerder selektief idees, bewyslewering en feite kan gebruik om
logiese afleidings te maak, om dit kreatief met verbeelding aan te wend;
'n Vermoë om idees en inligting deur middel van spraak, skryf, tekeninge en vervaardiging
weer te gee en
'n Bereidwilligheid en vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar en uit te oefen, om besluite
te neem en om deur ervaring te leer.
Hierdie doelwitte kan nie alles in die klaskamer bereik word nie. 'n Grondige kennis van
ingenieurswetenskappe is belangrik vir die MEGANIESE TEGNOLOGIE-leerder met die nodige
praktiese vermoë toe te rus vir die verlangde prosesse. Praktiese opleiding is die toepassing van
die vereiste essensiële vaardighede om die vakteorie en die praktyk in lyn te bring.
Praktiese toepassing in die werkswinkel moet derhalwe 'n interessante en 'n uitdagende
ondervinding wees om die leerder fisies en intellektueel te ontwikkel. Die leerders moet hul
inisiatief, nuuskierigheid en volhoubaarheid om te leer ten toon stel. Die gee van 'n sekere vlak
van verantwoordelikheid gedurende praktiese toepassing is belangrik vir die stimulering en
ontwikkeling van selfvertroue.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/PAT 2022
NSS
2. ONDERWYSERRIGLYNE
2.1 Administrasie van die PAT
Onderwysers word versoek om kopieë van die onderskeie spesialisering-PAT-dokumente te maak.
Hierdie dokumente moet aan die begin van die jaar aan die leerders uitgedeel word. Die praktiese
assesseringstaak vir graad 12 word ekstern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer.
Onderwysers moet teikendatums vir die verskillende fasette van die PAT aanheg (verwys na die
KABV-dokument). Op hierdie manier kan die leerders hul eie vordering maklik monitor. Wanneer
formele assessering plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om dit te
administreer.
Die PAT moet binne die eerste drie kwartale afgehandel word. Die PAT moet onder gekontroleerde
omstandighede afgehandel word (verwys na die Meganiese Tegnologie SPESIALISERING: KABV
Graad 10–12).
Onderwysers MOET 'n prototipe van die taak bou sodat hulle aan leerders kan toon hoe die finale
produk sal lyk. Dit sal die leerders met visuele aanbieding lei. Dit gee die onderwyser insig oor
moontlike uitdagings rakende masjiene, toerusting of materiaal en watter moontlike
vervaardigingsprosedures hy/sy in die werkswinkel moet volg om die PAT te voltooi.
LET WEL: Die leerder moet die take prakties uitvoer. Die onderwyser moet redes, bevindings,
spesifikasies, ens. wat deur die leerder verskaf word, op die werkblad aanteken.
Taak 6, die werkblad, moet aan die kandidaat gegee word, aangesien die berekeninge
gedoen moet word.
2.2 Assessering van die PAT
Gereelde deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om te verseker dat die nodige leiding en
ondersteuning aan leerders gegee word.
Beide formele en informele assessering moet uitgevoer word om die ontwikkeling van die vasgelegde
vaardighede te verseker. Informele assessering kan slegs uitgevoer word om die vordering van die
leerder te monitor. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen en aangeteken word.
Na voltooiing van elke fase in elke kwartaal, moet die punte vir die voltooide fase op die
skooladministrasiestelsel aangeteken word.
2.3 Moderering van die PAT
Die take, projek, assesseringsvereistes en puntestate moet gedurende die moderering van die PAT
aan die moderator voorgelê word.
Die moderator moet 'n leerder kan versoek om die funksies, beginsels en vaardighede wat tydens die
modereringsproses aangeleer is, te verduidelik.
Wanneer die moderering voltooi is, kan die moderator, indien nodig, die punte van die groep opwaarts
of afwaarts aanpas afhangende van die besluit voortspruitende uit die moderering.
Die taak moet duidelik met die korrekte voorletters en van elke leerder gemerk word.
2.4 Gevolge van afwesighede/nie-inlewering van take.
Indien 'n leerder se praktiese assesseringstaak met 'n geldige rede, nie voltooi of nie beskikbaar is
nie, sal die leerder drie weke voor die aanvangsdatum van die finale einde-van-die-jaar-eksamen tyd
gegee word om die uitstaande taak in te dien. Indien die leerder sou versuim om aan die uitstaande
PAT-vereiste te voldoen, sal 'n nulpunt aan die leerder vir daardie PAT-komponent toegeken word.
'n Leerder se uitslae word as onvoltooi beskou as hy/sy nie enige komponent van die PAT ingedien
het nie. Hy/Sy sal nog 'n geleentheid gegun word afhangend van die besluit van die hoof van die
assesseringsliggaam. Indien die leerder sou versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen,
sal die punte vir daardie komponent(e) uitgelaat word en die finale punt vir Meganiese Tegnologie sal
aangepas word vir bevorderingsdoeleindes ten opsigte van die voltooide take.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/PAT 2022
NSS
2.5 Verklaring van Egtheid
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
(VOLLE NAAM/NAME EN VAN)
NAAM VAN ONDERWYSER:
Ek verklaar hiermee dat die projek wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is
en nie vantevore vir moderering ingedien is nie.
HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo waar en ek aanvaar dat die
werk wat aangebied is, sy/haar eie is.
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/PAT 2022
NSS
3. LEERDERRIGLYNE
Instruksies aan die leerder
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit 'n spesialiseringstaak in Motorkunde.
Die praktiese werk word oor die eerste drie kwartale versprei, soos in hierdie dokument
uiteengesit. (Sien KABV-dokument.)
Alle take moet volgens die tydraamwerk wat by elk van die take uiteengesit is, voltooi word.
Leerders word versoek om aktief aan alle praktiese assesseringstake deel te neem.
Leerders wat nie saamwerk nie, sal punte verloor of selfs 'n nulpunt ontvang vir daardie
betrokke afdeling van die werk.
Leerders wat onveilig in die werkswinkel optree en ander leerders in gevaar stel, sal
bykomende korrektiewe take opgelê word om hulle veiligheidsbewustheid te verbeter.
Jou taak moet teen einde Augustus 2022 volledig voltooi wees om vir provinsiale en/of
nasionale moderering gereed te wees.
Jou taak moet duidelik met jou naam en van gemerk wees.
Ten minste een fase moet elke kwartaal voltooi word. Die bykomende verpligte taak moet
gedurende kwartaal 1, kwartaal 2 of kwartaal 3 voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/PAT 2022
NSS
4. SPESIALISASIE: MOTORKUNDE (SPESIFIEK)
Kwartaal: 1 tot 3
Begindatum: Januarie 2022
Voltooiingsdatum: August 2022
INLEIDING:
Hierdie afdeling bevat SEWE praktiese take
TAAK 1: Kompressie- en silinderlekkasietoets is 'n VERPLIGTE TAAK
Kies enige DRIE van die SES take 2–7 gegee, naamlik:
TAAK 2: Gasanaliseringstoets
TAAK 3: Wielbalansering
TAAK 4: Laaistelsel
TAAK 5: Brandstofdruktoets
TAAK 6: Meet enjinkomponente
TAAK 7: Gerekenariseerde diagnostiese skandeerder
LET WEL: TAAK 1 IS VERPLIGTEND.
VOER ENIGE DRIE VAN DIE ANDER SES OPDRAGTE (TAAK 2–7) UIT.
LET WEL: Aantal take = 4 (1 + 3)
Die onderwyser moet aan die leerders verduidelik watter kennis en vaardighede tydens hierdie
take geassesseer sal word, asook die tyd om elke taak te voltooi.
Uitkoms van aktiwiteit:
● Leerders pas teoretiese kennis in die praktyk toe ten opsigte van:
o Veiligheid, gereedskap, instandhouding en stelsels en beheer
o Die korrekte gebruik van gereedskap en toerusting
o Gebruik toerusting om foute in die enjin te diagnoseer
● Hierdie take moet onder toesig van die onderwyser uitgevoer word en die leerders moet
beoordeel word terwyl hulle hierdie take uitvoer.
● Die leerders moet vrae beantwoord, bevindings aanteken en redes vir sekere aksies op die
werkskaart verskaf terwyl hulle hierdie take uitvoer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 1 (VERPLIGTEND)
TAAK 1: KOMPRESSIE- EN SILINDERLEKKASIETOETSE
● WERKSKAART 1.1: KOMPRESSIE- EN SILINDERLEKKASIETOETSE – VRAE
o Beantwoord die vrae op WERKSKAART 1.1
● WERKSKAART 1.2: KOMPRESSIETOETS – PROSEDURE
o Voer die take soos op WERKSKAART 1.2 aangedui, uit en teken die bevindinge en
gevolgtrekkings op WERKSKAART 1.2 aan.
o Gebruik die spesifikasiehandleiding om lesings te kry vir die enjin wat jy gebruik om die
kompressietoets uit te voer.
o Voer 'n droë- en nat-kompressietoets op 'n viersilinder-vierslag-petrolenjin uit en teken die
bevindinge aan.
● WERKSKAART 1.3: SILINDERLEKKASIETOETS – PROSEDURE
o Voer 'n silinderlekkasietoets op 'n viersilinder-vierslag-petrolenjin uit en teken die
bevindings en gevolgtrekkings daaroor op WERKSKAART 1.3 aan.
TAAK 2: GASANALISERINGSTOETS
● WERKSKAART 2.1: GASANALISERINGSTOETS – VRAE
o Beantwoord die vrae op WERKSKAART 2.1.
● WERKSKAART 2.2: GASANALISERINGSTOETS – PROSEDURE
o Voer die take soos op WERKSKAART 2.2 aangedui, uit.
o Gebruik die spesifikasiehandleiding om lesings te kry vir die enjin wat jy gebruik om die
gasanaliseringstoets uit te voer.
TAAK 3: WIELBALANSERING
● WERKSKAART 3.1: WIELBALANSERING – VRAE
o Beantwoord die vrae op WERKSKAART 3.1.
● WERKSKAART 3.2: WIELBALANSERING – PROSEDURE
o Voer die take soos op WERKSKAART 3.2 aangedui, uit.
o Gebruik 'n wielbalanseringsmasjien om 'n wiel te balanseer.
TAAK 4: LAAISTELSEL
● WERKSKAART 4: LAAISTELSEL – PROSEDURE
o Voer die laaistelsel-toetsprosedures op 'n voertuig uit en toets dan die
alternatorkomponente soos op WERKSKAART 4.
TAAK 5: BRANDSTOFDRUKTOETS
● WERKSKAART 5.1: BRANDSTOFDRUKTOETS – VRAE
o Beantwoord die vrae op WERKSKAART 5.1.
● WERKSKAART 5.2: BRANDSTOFDRUKTOETS – PROSEDURE
o Voer die brandstofdruktoetsprosedures op 'n brandstofstelsel uit en teken die bevindinge
op WERKSKAART 5.2 aan.
TAAK 6: METING VAN ENJINKOMPONENTE EN BEREKENINGE
● WERKSKAART 6.1: METING VAN ENJINKOMPONENTE EN BEREKENINGE – VRAE
o Beantwoord die vrae op WERKSKAART 6.1.
● WERKSKAART 6.2: METING VAN ENJINKOMPONENTE EN BEREKENINGE –
PROSEDURE
o Voer die meting- en berekeningsprosedures van die enjinkomponente op 'n enjin uit en
teken die bevindinge op WERKSKAART 6.2 aan.
TAAK 7: GEREKENARISEERDE DIAGNOSTIESE SKANDEERDER
● WERKSKAART 7.1: GEREKENARISEERDE DIAGNOSTIESE SKANDEERDER – VRAE
o Beantwoord die vrae op WERKSKAART 7.1.
● WERKSKAART 7.2: GEREKENARISEERDE DIAGNOSTIESE SKANDEERDER –
PROSEDURE
o Voer die gerekenariseerde diagnostiese skanderingprosedures op 'n voertuig uit en teken
die bevindinge op WERKSKAART 7.2 aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/PAT 2022
NSS
DIE VOLGENDE TAAK IS VERPLIGTEND.
TAAK 1: KOMPRESSIE- EN SILINDERLEKKASIETOETSE – VRAE
WERKSKAART 1.1
NAAM:
VRAE PUNT TOTAAL
1.1.1 Beskryf DRIE verskille tussen die silinderkompressietoets en die
6
silinderlekkasietoets.
SILINDERKOMPRESSIETOETS: SILINDERLEKKASIETOETS:
1.1.2 Beskryf VYF veiligheidsmaatreëls wat tydens die uitvoer van die
5
kompressietoets gevolg moet word .
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/PAT 2022
NSS
1.1.3 Gee VYF oorsake van lae kompressie in 'n enjin. 5
1.1.4 Noem DRIE foute wat as gevolg van lae kompressie in 'n enjin
3
kan ontstaan .
1.1.5 Verduidelik die betekenis van die term enjinkompressie. 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/PAT 2022
NSS
1.1.6 Noem TWEE kompressietoetse wat op 'n binnebrandenjin
2
uitgevoer kan word.
1.1.7 Na watter kompressietoets kan die lesing hoër wees? 1
1.1.8 Gee TWEE redes vir die hoër kompressielesing in VRAAG 1.1.7. 2
1.1.9 Noem VYF oorsake van lekkasies in die silinder van 'n
5
binnebrandenjin.
TOTAAL – Kompressie- en silinderlekkasietoetse – Vrae 31
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 1: KOMPRESSIETOETS – PROSEDURE
WERKSKAART 1.2
NAAM:
DROË KOMPRESSIETOETS
1.2.1 Voer 'n droë kompressietoets uit.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
(a) Verkry die kompressiedrukspesifikasie. 1
(b) Sit (Start) die enjin aan. 1
REDE:
(c) Kyk of die enjin teen
2
werkstemperatuur is.
(d) Skakel die enjin af. 1
(e) Nommer die hoëspannings(HS)-vonkpropdrade volgens die silinder. 1
(f) Verwyder die hoëspannings(HS)-vonkpropdrade. 1
REDE:
(g) Maak om die
vonkproppe skoon 2
voordat jy dit verwyder.
(h) Verwyder die vonkproppe. 4
REDE:
(i) Verwyder die lugfilter. 2
(j) Skakel die ontstekingstelsel af; so nie, verwyder die hoëspannings(HS)-
1
drade van die spoel.
(k) Ontkoppel die brandstoftoevoer. 1
(l) Monteer die kompressietoetser op die silinder. 4
(m) Maak die versnelklep ten volle oop. 4
(n) Draai die enjin om die toets op elke silinder uit te voer. 4
1. 2.
(o) Teken die lesings aan. 4
3. 4.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/PAT 2022
NSS
REDE:
(p) Vergelyk die lesings. 2
TOTAAL – Droë kompressietoets – Prosedure 35
NAT KOMPRESSIETOETS
1.2.2 Voer 'n nat kompressietoets op die silinder met die laagste lesing uit.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
(a) Spuit olie in die silinder op die suier. 1
(b) Monteer die kompressietoetser. 1
(c) Maak die versnelklep ten volle oop. 1
(d) Draai die enjin 4 tot 10 keer. 1
(e) Teken die lesings aan. 1
REDE:
(f) Gevolgtrekkings na die nat
3
kompressietoets.
(g) Vervang vonkproppe (draai vonkproppe met hand in). 4
(h) Koppel die elektriese verbindings en HS-drade weer. 1
(i) Koppel die brandstoftoevoer weer. 1
TOTAAL – Nat kompressietoets – Prosedure 14
TOTAAL – Droë kompressietoets – Prosedure 35
TOTAAL – Nat kompressietoets – Prosedure 14
TOTAAL – Kompressietoets 49
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 1: SILINDERLEKKASIETOETS – PROSEDURE
WERKSKAART 1.3
NAAM:
SILINDERLEKKASIETOETS
1.3 Voer die silinderlektoets op een silinder uit.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
1.3.1 Draai die enjin kloksgewys by die voorste katrol. 1
REDE:
1.3.2 Draai die enjin totdat
die silinder op 2
kompressieslag is.
1.3.3 Draai die suier na BDP. 1
1.3.4 Sluit die krukas. 1
1.3.5 Skroef die vonkpropslangpasstuk in die vonkpropgat in. 1
1.3.6 Koppel die lekkasietoetser aan die kompressor. 1
REDE:
1.3.7 Kalibreer die
2
lekkasietoetser.
1.3.8 Koppel die lekkasietoetser aan die vonkproppasstuk. 1
1.3.9 Lees die persentasie
2
lekkasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/PAT 2022
NSS
1.3.10 Gaan na vir die
oorsaak van 8
lekkasies.
TOTAAL – Lekkasietoets – Prosedure 20
KOMPRESSIE- EN SILINDERLEKKASIETOETSE
PUNT TOTAAL
PUNTEOPSOMMING
TOTAAL – Druk- en silinderlekkasietoets – Vrae 31
TOTAAL – Kompressietoets – Prosedure 49
TOTAAL – Lekkasietoets – Prosedure 20
TOTAAL – Kompressie- en silinderlekkasietoetse 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 16 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 2: GASANALISERINGSTOETS – VRAE
WERKSKAART 2.1
NAAM:
VRAE PUNT TOTAAL
2.1.1 Wat is die doel daarvan om 'n gasanaliseerder op 'n
2
binnebrandenjin te gebruik?
2.1.2 Noem TWEE foute wat jou sal aanspoor om die uitlaatgasse van
2
'n binnebrandenjin ontleed.
2.1.3 Noem SES gasse wat deur die uitlaatgasanaliseerder ontleed kan
6
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 17 DBE/PAT 2022
NSS
2.1.4 Noem DRIE voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer
3
'n uitlaatgasanalise gedoen word.
2.1.5 Noem VIER oorsake van onbehoorlike en onvolledige ontbranding. 4
2.1.6 Wat is die ideale lug-brandstofverhouding vir 'n
1
vonkontstekingsenjin?
TOTAAL – Gasanaliseringstoets – Vrae 18
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 18 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 2: GASANALISERINGSTOETS – PROSEDURE
WERKSKAART 2.2
NAAM:
UITLAATGASANALISE
2.2 Voer 'n uitlaatgasanalise op 'n binnebrandenjin in die korrekte volgorde uit.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
2.2.1 Bekom die vervaardigers se suurstof (O2)-, koolstofmonoksied (CO)-
en koolstofdioksied (CO2)-uitlaatgasspesifikasies vir die enjin wat 3
getoets moet word.
REDE:
2.2.2 Verseker goeie
ventilasie tydens die 2
uitvoer van die toets.
REDE:
2.2.3 Bring die enjin na
2
werkstemperatuur.
2.2.4 Maak seker dat die filters op die analiseerder skoon is. 1
REDE:
2.2.5 Kyk vir enige
3
uitlaatgaslekkasies.
REDE:
2.2.6 Kyk of daar
2
vakuumlekkasies is.
REDE:
2.2.7 Skakel die
gasanaliseerder aan
(verbind kabels met 2
batterypole of gebruik
skakelaar).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 19 DBE/PAT 2022
NSS
REDE:
2.2.8 Kalibreer die
2
analiseerder.
2.2.9 Maak seker dat die toevoerslang nie beperk word nie. 1
2.2.10 Steek die sondeerder in die uitlaatpyp in. 1
2.2.11 Neem die lesings van die uitlaatgasse.
(Kies enige TWEE van die volgende drie gasse, nl. CO, O2 en CO2)
(a) CO%-resultate verkry 1
GEVOLGTREKKING:
Vergelyk CO%-lesing met
spesifikasies 4
(b) O2%-resultate verkry 1
GEVOLGTREKKING:
Vergelyk O2-lesing met
spesifikasies 4
(c) CO2%-resultate verkry 1
GEVOLGTREKKING:
Vergelyk CO2-lesing met
spesifikasies 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 20 DBE/PAT 2022
NSS
2.2.12 Ontkoppel die analiseerder. 1
2.2.13 Verwyder die sondeerder uit die uitlaatpyp. 1
2.2.14 Verwyder kondensaat uit pype. 1
TOTAAL – Gasanalisering – Prosedure 32
TOTAAL – Gasanalisering – vrae 18
TOTAAL – Gasanalisering – prosedure 32
GROOTTOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 21 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 3: WIELBALANSERING – VRAE
WERKSKAART 3.1
NAAM:
VRAE PUNT TOTAAL
3.1.1 Noem DRIE voordele daarvan om 'n motor se wiele te balanseer. 3
3.1.2 Waarom is dit nodig dat die wielbalanseringsmasjien korrek
1
gekalibreer moet wees?
3.1.3 Noem DRIE funksies van die wielgewighamer. 3
3.1.4 Definieer statiese balans van 'n wiel- en bandsamestelling. 2
3.1.5 Definieer dinamiese balans van 'n wiel- en bandsamestelling. 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 22 DBE/PAT 2022
NSS
A B C
3.1.6 FIGUUR 3.1.6
dui verskillende
bandslytasie-
toestande aan.
3
Noem die
oorsaak van
ELKE toestand
A–C.
FIGURE 3.1.6
A–
B–
C–
3.1.7 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat by die uitvoer van
3
wielbalansering in ag geneem moet word.
TOTAAL – Wielbalansering – Vrae 17
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 23 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 3: WIELBALANSERING – PROSEDURE
WERKSKAART 3.2
NAAM:
WIELBALANSERING
3.2 Balanseer 'n wiel- en bandsamestelling met gebruik van die korrekte prosedure.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
3.2.1 Kies die korrekte vellingpasstuk vir die wielvellingmaat. 1
3.2.2 Monteer die wiel korrek op die wielbalanseerder. 1
3.2.3 Kyk of die band ongelyk verweer het. 1
3.2.4 Gaan die band na vir kneusplekke, krake en beskadigde sywande. 1
3.2.5 Gaan die bandslytasie na by die bandslytasie-aanwysers (BSA). 1
3.2.6 Verwyder vreemde voorwerpe uit die velling en band. 1
3.2.7 Gaan die wielvelling na vir beskadigde wielvelrande. 1
3.2.8 Verkry die wielvellingdeursnee van die band. 1
3.2.9 Voer die wielvellingdiameter in die wielbalanseerder in. 1
3.2.10 Gaan die banddruk na. 1
3.2.11 Gebruik die meetpasser om die wielvelwydte te verkry. 1
3.2.12 Voer die wielvelwydte in die wielbalanseerder in. 1
3.2.13 Gebruik die swaai-arm om die afstand tot by die wiel te meet. 1
3.2.14 Voer die mates in die wielbalanseerder in. 1
3.2.15 Maak veiligheidsdeksel toe. 1
3.2.16 Skakel die balanseerder aan en laat die wiel draai. 1
REDE:
3.2.17 Verkry die wanbalanslesing
op die buitenste en
2
binneste deel van die
wielvelling.
3.2.18 Verwyder wielgewigte. 1
3.2.19 Skakel wielbalanseerder aan om die balans aan die buitekant van
1
die wielvelling te meet.
3.2.20 Maak veiligheidsdeksel toe. 1
3.2.21 Skakel die balanseerder aan en laat die wiel draai. 1
3.2.22 Verkry die wanbalanslesings en die ligging daarvan aan die
1
buitekant van die wielvelling.
3.2.23 Kies die korrekte gewigte. 1
3.2.24 Plaas die gewigte korrek op die wielvelling. 1
3.2.25 Skakel wielbalanseerder aan om die balans op die binneste deel
1
van die wielvelling te meet.
3.2.26 Maak veiligheidsdeksel toe. 1
3.2.27 Skakel die balanseerder aan en laat die wiel draai. 1
3.2.28 Verkry die wanbalanslesings en die ligging daarvan aan die
1
binnekant van die wielvelling.
3.2.29 Kies die korrekte gewigte. 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 24 DBE/PAT 2022
NSS
3.2.30 Plaas die gewigte korrek op die wielvelling. 1
3.2.31 Gaan weer die balansering na. 1
3.2.32 Verwyder die wiel wanneer dit gebalanseer is. 1
TOTAAL – Wielbalansering – Prosedure 33
TOTAAL – Wielbalansering – Vrae 17
TOTAAL – Wielbalansering – Prosedure 33
GROOTTOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 25 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 4: LAAISTELSEL – PROSEDURE
WERKSKAART 4
NAAM:
LAAISTELSEL (ALTERNATOR)
VRAE PUNT TOTAAL
4.1 Identifiseer enige SEWE dele (A–I) van die alternator in FIGUUR 4.1. 7
C G
A H
E I
D F
B
FIGUUR 4.1
A. B.
C. D.
E. F.
G. H.
I.
4.2 Toets die laaistelsel op 'n voertuig.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
4.2.1 Verkry die vervaardigerspesifikasies vir die
2
voertuiglaaistelsel.
4.2.2 Gaan na vir los elektriese verbindings. 1
4.2.3 Gaan die waaierband na. 1
4.2.4 Gebruik multimeter om die batteryspanning van die voertuig se luier
2
te meet.
4.2.5 Meet batteryspanning met las. 2
TOTAAL – Laaistelsel – Prosedure 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 26 DBE/PAT 2022
NSS
4.3 Toets die volgende komponente van 'n uitmekaargehaalde alternator.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
Gaan die ses diodes op die gelykrigter na.
4.3.1 Kies kontinuïteit (gonser) op die multimeter. 1
4.3.2 Koppel die multimeter aan beide kante van die diode. 6
4.3.3 Lewer verslag oor toestand van diodes. 6
Gaan stator vir kontinuïteit na.
4.3.4 Koppel die multimeter aan die gemeenskaplike verbindings en die
3
ander punt aan elk van die drie wikkelpunte onderskeidelik.
4.3.5 Lewer verslag oor die
kontinuïteit van 3
statorwikkelings.
Gaan stator na vir aardlekkasie.
4.3.6 Koppel die multimeter aan die statorraamwerk en die ander punt
3
aan elk van die drie wikkelpunte onderskeidelik.
4.3.7 Lewer verslag oor
aardlekkasie van 3
statorwikkelings.
Gaan rotor vir kontinuïteit na.
4.3.8 Koppel multimeter aan beide glipringe. 1
4.3.9 Lewer verslag oor die
kontinuïteit van 1
rotorwikkelings.
4.3.10 Gaan na of glipringe behoorlik aan rotorwikkelings gekoppel is. 2
4.3.11 Gaan glipringe vir slytasie na. 1
Gaan rotor vir aardlekkasie na.
4.3.12 Koppel multimeter aan rotorwikkeling en rotorraamwerk. 1
4.3.13 Lewer verslag oor
aardlekkasie van 1
rotorwikkelings.
4.3.14 Eindklampe/Bedekking vir slytasie. 1
4.3.15 Gaan voorste en agterste laers na 2
TOTAAL – Alternator – Prosedure 35
TOTAAL – Laaistelsel – Prosedure 15
TOTAAL – Alternator – Prosedure 35
GROOTTOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 27 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 5: BRANDSTOFDRUKTOETS – VRAE
WERKSKAART 5.1
NAAM: ________________________________________________
VRAE PUNT TOTAAL
5.1.1 Noem die funksie van die brandstofdruktoetser. 2
5.1.2 Noem TWEE metodes waarvolgens brandstofpompe op 'n
2
binnebrandenjin aangedryf word.
5.1.3 Noem die funksie van 'n brandstoffilter. 2
5.1.4 Noem TWEE funksies van 'n terugslagklep in die brandstofstelsel. 2
5.1.5 Noem TWEE moontlike foute en hul regstellende maatreëls vir lae
brandstofdruk. 4
FOUT REGSTELLENDE MAATREËL
(Enige 2 x 2)
TOTAAL – Brandstofdruktoets – Vrae 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 28 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 5: BRANDSTOFDRUKTOETS – PROSEDURE
WERKSKAART 5.2
NAAM: ________________________________________________
5.2 Voer die brandstofdruktoets in die korrekte volgorde uit.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
5.2.1 Verkry die brandstofdrukspesifikasies:
3
5.2.2 Werk in 'n goed geventileerde area. 1
5.2.3 Maak seker dat daar 'n brandblusser naby is. 1
5.2.4 Kry die korrekte passtuk volgens die pypgrootte. 1
5.2.5 Maak seker dat die toetser die druk van die brandstofstelsel kan
1
lees.
5.2.6 Maak seker dat die rubberpyp op die toetser nie verweer is nie. 1
5.2.7 Maak seker dat die toetser se drukontlasklep behoorlik werk. 1
5.2.8 Skakel ontstekingskakelaar aan en af nadat volle druk bereik is. 2
5.2.9 Monteer/Pas brandstof-
2
druktoetser op brandstoflyn.
5.2.10 Skakel ontstekingskakelaar aan en af nadat die volle druk bereik
2
is.
5.2.11 Gaan brandstofdruk op
3
meter na.
5.2.12 Stel druk vry en koppel aan brandstofpyp aan enjinkant. 2
5.2.13 Skakel ontstekingskakelaar aan en af
2
nadat volle druk bereik is
5.2.14 Gaan brandstofdruk
2
op meter na.
5.2.15 Gaan reguleerder se
2
vakuumpyp vir nattigheid na.
5.2.16 Gaan vir lekkende inspuiters 1. 2.
4
na. 3. 4.
TOTAAL – Brandstofdruktoets – Prosedure 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 29 DBE/PAT 2022
NSS
5.3 Gaan die brandstofleweringstempo na.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
5.3.1 Verkry die leweringstempo(brandstofvloeitempo)-spesifikasies. 1
5.3.2 Stel brandstofdruk uit brandstofstelsel vry. 2
5.3.3 Ontkoppel brandstofpyp. 1
5.3.4 Plaas brandstofpyp in maatbeker. 1
5.3.5 Skakel ontstekingskakelaar aan. 1
5.3.6 Meet die brandstoftoevoervolume na EEN minuut. 2
TOTAAL – Brandstofleweringstempo – Prosedure 8
TOTAAL – Brandstofdruktoets – Vrae 12
TOTAAL – Brandstofdruktoets – Prosedure 30
TOTAAL – Brandstofleweringstempo – Prosedure 8
GROOTTOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 30 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 6: MEET VAN ENJINKOMPONENTE EN BEREKENINGE – VRAE
WERKSKAART 6.1
NAAM: ________________________________________________
VRAE PUNT TOTAAL
6.1.1 Verduidelik wat met slagvolume bedoel word. 2
6.1.2 Definieer vryvolume. 2
6.1.3 Wat verstaan jy onder die term kompressieverhouding? 2
6.1.4 Beskryf DRIE metodes waarvolgens die kompressieverhouding in
3
'n enjin verhoog kan word.
6.1.5 Beskryf DRIE metodes waarvolgens die kompressieverhouding in
'n enjin verlaag kan word. 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 31 DBE/PAT 2022
NSS
6.1.6 Gebruik die volgende data om die kompressieverhouding te
bereken.
6
Slaglengte = 80 mm
Boordiameter = 70mm
Vryvolume = 35 cm3
TOTAAL – Meet van enjinkomponente en berekeninge – Vrae 18
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 32 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 6: MEET VAN ENJINKOMPONENTE – PROSEDURE
WERKSKAART 6.2
NAAM: ________________________________________________
MEET VAN ENJINKOMPONENTE
6.2 Meet die silinderboor en krukastap van 'n binnebrandenjin.
Beantwoord die vrae wat volg.
PROSEDURE
FIGUUR 6.2: ENJINBLOK-, KRUKAS- EN SUIERSTANG-SAMESTELLING
6.2.1 Verkry spesifikasies vir die volgende.
KOMPONENT SPESIFIKASIE PUNT TOTAAL
Grootkop-astap 1
Hoof-astap 1
Silinderboordiameter 1
Slaglengtes 1
Grootkoplaerspeling 1
Hooflaerspeling 1
TOTAAL – Enjinspesifikasies 6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 33 DBE/PAT 2022
NSS
6.2.2 Meet van hoof-astap.
A1 A2
B1 B1 B2 B2
A1 A2
FIGUUR 6.3: HOOF-ASTAP
AFSTAND AFMETING PUNT TOTAAL
A1 2
A2 2
B1 2
B2 2
6.2.3 Bereken die ovaliteit.
A1 – B1 = 1
A2 – B2 = 1
6.2.4 Bereken die taps.
A1 – A2 = 1
B1 – B2 = 1
TOTAAL – Meet van enjin-hoof-astap en berekeninge 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 34 DBE/PAT 2022
NSS
6.2.5 Meet die silinderboor.
B2
A2 A2
B2
B1
A1 A1
B1
FIGUUR 6.4: SILINDERBOOR
AFSTAND AFMETING PUNT TOTAAL
A1 2
A2 2
B1 2
B2 2
Slaglengte 2
6.2.6 3 Bereken die ovaliteit:
A1 – B1 = 1
A2 – B2 = 1
6.2.7 3 Bereken die taps:
A1 – A2 = 1
B1 – B2 = 1
TOTAAL – Meet van enjinsilinder en berekeninge 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 35 DBE/PAT 2022
NSS
TOTAAL – Meet van enjinkomponente en berekeninge – Vrae 18
TOTAAL – Enjinspesifikasies 6
TOTAAL – Meet van enjin-hoof-astap en berekeninge 12
TOTAAL – Meet van enjinsilinder en berekeninge 14
GROOTTOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 36 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 7: GEREKENARISEERDE DIAGNOSTIESE SKANDEERDER – VRAE
WERKSKAART 7.1
NAAM: ________________________________________________
VRAE PUNT TOTAAL
7.1.1 Waarvoor staan die volgende afkortings?
(a) ABD 1
(b) EBE 1
(c) TBE 1
(d) MLV 1
(e) VPS 1
7.1.2 Interpreteer die volgende foutkode P0171.
(a) P 1
(b) 0 1
(c) 1 1
(d) 71 1
7.1.3 Noem die VIER werksprosesse van 'n EBE. 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 37 DBE/PAT 2022
NSS
7.1.4 Noem TWEE vervaardigerspesifikasies wat vereis word om 'n
2
ABD-skandeerder op te stel.
7.1.5 Noem DRIE basiese funksies van 'n ABD-skandeerder. 3
7.1.6 Noem VIER stelsels wat die ABD kan opspoor en deur die EBE
4
bestuur word.
TOTAAL – Gerekenariseerde Diagnostiese Skandeerder – Vrae 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 38 DBE/PAT 2022
NSS
TAAK 7: GEREKENARISEERDE DIAGNOSTIESE SKANDEERDER
WERKSKAART 7.2
NAAM: ________________________________________________
GEREKENARISEERDE DIAGNOSTIESE SKANDEERDER
7.2 Voer 'n gerekenariseerde diagnostiese toets op 'n voertuig met die ABD-II-skandeerder uit.
PROSEDURE PUNT TOTAAL
7.2.1 Kyk vir ooglopende probleme:
Brandstoflekkasies en brandstofvlak.
Vakuumpype wat ontkoppel of gesplit is.
Geroeste verbindings.
Ongewone geluide, rook of reuk.
6
Gaan die lugfilter na.
Gaan die olievlak en toestand na.
Gaan die verkoelmiddelvlak en toestand na.
Gaan die batteryspanning na.
(Enige 6 x 1)
7.2.2 Kry die VIN van die voertuig. 1
7.2.3 Kry fabrikaat en model van die voertuig. 1
7.2.4 Vind die motor se ABD-II-poort. 1
7.2.5 Kry toegang tot die motor se ABD-II-poort. 1
7.2.6 Prop die diagnostiese instrument in die ABD-II-poort in. 2
7.2.7 Verkry toegang tot die diagnostiese skandeerder. 2
7.2.8 Voer die voertuig se besonderhede in die skandeerder in. 2
7.2.9 Skakel die voertuig se aansitter aan. 2
7.2.10 Voer 'n diagnostiese skandering uit. 2
7.2.11 Teken enige diagnostiese probleemkodes aan. 2
7.2.12 Vee die probleemkodes uit en sit die diagnostiese skandering weer
2
aan.
7.2.13 Interpreteer die probleemkodes en maak 'n diagnose. 4
TOTAAL – Gerekenariseerde Diagnostiese Skandeerder –
28
Prosedure
TOTAAL – Gerekenariseerde Diagnostiese Skandeerder – Vrae 22
TOTAAL – Gerekenariseerde Diagnostiese Skandeerder – Prosedure 28
GROOTTOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 39 DBE/PAT 2022
NSS
5. OPSOMMENDE PUNTESTAAT – TOTALE
MEGANIESE TEGNOLOGIE
MOTORKUNDE
PUNTESTAAT – TOTALE
GRAAD 12 DATUM
LEERDERS
PUNTE
FASETTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
FASE 1
50
TAAK ……
FASE 2
50
TAAK ……
FASE 3
50
TAAK ……
FASE 4 -
100
TAAK 1 .....
TOTAL: 250
TOTALE
100
PAT-PUNT:
NAAM EN HANDTEKENING VAN
ONDERWYSER
NAAM EN HANDTEKENING VAN
TEGNIESE DEPARTEMENTSHOOF
NAAM EN HANDTEKENING VAN
SKOOLHOOF
NAAM EN HANDTEKENING VAN
VAKMODERATOR
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 40 DBE/PAT 2022
NSS
6. BYLAE A
SPESIFIKASIEBLAD
ENJIN: BRANDSTOF:
Tipe Brandstofstelsel
Boor en slaglengte Aspirasie
Luierspoed Verbruik
Maks. krag CO-vrystellings
Maks. wringkrag CO2-vrystellings
Kompressieverhouding O2-emissies
Oliedruk Brandstoftipe
Ontstekingsvolgorde Brandstofstelsel
Verkoelerdopdruk Aspirasie
Termostaat-openingsdruk Verbruik
CO-vrystellings
TRANSMISSIE: CO2-vrystellings
Koppelaartipe en diagram O2-emissies
Ratkas
Tipe agteras SUIERS EN RINGE:
Eindaandrywing Suiervryruimte in boor
Spoed op hoogste rat per
Oorgroottes
1 000 r/min
Aantal ringe
KAPASITEITE: Groefvryruimte
Opvangbak sonder
Ringvryruimte in boor
oliefilter
Ratkas
Eindaandrywing
Verkoelingstelsel
Brandstoftenk
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 41 DBE/PAT 2022
NSS
KLEPPE: KRUKAS:
Werksvryruimte 5 hooflaers
Inlaat Ondermates
Uitlaat Vryruimte
Tyd Grootkoplaer
Inlaat oop Ondermates
Inlaat toe vryruimte
Tyd Klein entbusse
Uitlaat oop
Uitlaat toe WRINGKRAGSTELLINGS:
Klepveervrylengte Vliegwiel
Veertempo Silinderkop
Klepbeddinghoek Grootkoplaers
Kleplighoogte Hooflaers
Nokhoogte Bonok-laerkappe
ONTSTEKING EN ELEKTRIES:
Tipe vonkverdeler
Stroboskopiese stelling
Posisie van tydreëlmerke
Vonkproppe
Vonkpropgaping
Battery
Alternator
Herlaai-tempo
Tipe reëlaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 42 DBE/PAT 2022
NSS
7. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te
versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar
buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Mechanical Technology.
- Mechanical Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Mechanical Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Mechanical Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC MG QP
%20MG%20Eng--b8312fc4-1011-4937-9064-e8f6e98e0522/v1-4e35b18b278ef13f27db/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC MG QP
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC MG QP
Related documents
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afr)

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
%20MEMO%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--7f4dc60c-5288-4a1e-b8b0-d1750f26c19f/v1-8c4fd157b15dbe2fd703/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Automotive 2018 Memo (Afrikaans)
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afrikaans_hlayiso.com_--f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f/v1-60c224a1f4f80b992ccd/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Fitting And Machining 2018 QP
More from Grade 12 Mechanical Technology
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--f03288e3-d3c2-4c65-a019-d4693dd07869/v1-b380482b98e169026524/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--50e6656e-8501-472e-91a3-2266ca02468e/v1-e46de5ee84c6eb3e8e36/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--1523a16f-2012-4f13-a922-86cbb5900666/v1-5068227f3cbbba17b78f/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1/v1-28cf2259fca9bcde2f63/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826/v1-b299996dbfd99aec246f/card.webp)
Question paper